Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe kom Jesus aarde toe? As ‘n Regter; Openbaring is duidelik hieroor. Met sy eerste koms het Jesus as ‘n nederige dienskneg gekom. Met sy tweede kom Hy as Regter en dit gaan vreeslik wees: “En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het....” (Openb.20:11).
STAAN IN DIÉ RY OM WAPEN TE BEKOM!
Kriewelkop
As wetsgehoorsame landsburgers maar weet hoe maklik misdadigers vuurwapens bekom sal hulle nie meer die doelbewuste rompslomp om 'n wapenlisensie te bekom so geredelik verduur nie. Die polisie – en ons weet wie is die polisie deesdae - het 'n heerlike skuiwergat waarin hulle doodeenvoudig hulle vuurwapens "vermis" verklaar en kry dan nuwes - verlede jaar is R16 miljoen vir 4 000 Beretta-pistole ter vervanging van die vermiste vuurwapens opgedok. Indien 'n ander landsburger sy gelisensieerde wapen so sou laat wegraak sou hy aangekla word en nooit weer 'n wapen kon bekom nie. So het daar die afgelope 12 maande 1 335 aangetekende vuurwapens van die polisie sommer net "weggeraak" – die werklike getal sal u nooit amptelik hoor nie. Bykans 12 000 polisievuurwapens het die afgelope vyf jaar glo 'verlore' gegaan, bitter min daarvan weens die beweerde nalatigheid en diefstal, maar baie eerder deur 'n smousery daarvan aan ander misdadigers. Onthou u nog die berigte so vier jaar gelede toe 'n polisiestasie in Pretoria uitgevang is dat hulle wapens oornag verhuur teen R10 patroon daarmee saam?
CHRISTENMAN, SÊ NEE! VIR PORNOGRAFIE – WANT JY KAN! (2)
Die volledige e-boek kan ook in pdf-formaat afgelaai word by Christenman, sê NEE! vir pornografie, want jy kan!
Anita Joubert
Wat het met jou gebeur volgens die Bybel?
Satan het het ‘n geweldige slag geslaan toe hy daarin geslaag het om Teoloë en gelowiges in ons moderne samelewing te laat glo dat hy en sy demone nie werklik bestaan nie. Sodoende kon hy onverstoord met sy vernietigingswerk voortgaan, sonder enige teenkanting. Wanneer ‘n soldaat nie eers besef dat hy ‘n vyand het wat sy dood soek nie en waarteen hy moet veg nie, dan word hy sommer in sy slaap oorval. Jesus self sê in Lukas 10:18 dat Hy die Satan soos ‘n weerligstraal uit die hemel sien val het. Ons lees in ‘n hele aantal Ou Testamentiese boeke oor Satan se bedrywighede.
KOMMUNISTIESE REGIME DRUK PRIVAAT- SEKTOR DOOD
Sarie Pieterse
Dit is die plig van 'n kommunistiese owerheid om alles in sy vermoë te doen om die privaat-sektor uit die ekonomie te dwing sodat slegs die staat in beheer van die arbeidsmag is waar hy besluit wie mag werk en wie werkloos moet wees . In Suid-Afrika is die blanke die vyand van die swart regime en is dit die witman wat deur regstellende aksie vir die swartes werksplek moet maak, ongeag of die werk gedoen word of nie.
Daar is die afgelope vier maande 'n verskerpte poging deur die ANC om hierdie plan verder te voer en daarom het nog 49 306 werksgeleenthede so pas weer in Augustus verlore gegaan. Hierdie syfers is volgens die gesaghebbende Adcorp Employment Index reeds die vierde agtereenvolgende maande dat dié afwaartse pad met spoed gevolg word.
BEWONERS VAN BOSKOP
Dr JP Botha
(Uit skrywer se boek oor diereverhale: Langs die Toelanie)
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies
Oor die ruie boskop breek die dag. Reeds begin die bome swart vertoon teen die vinnig-verhelderende oosterlug daaragter. Maar vroeg reeds, nog voordat die lug selfs die geringste teken van die naderende dag verraai het, het Slink, die sekretarisvoël wat nou soos 'n roerlose nagwag bo-op die kruin van 'n groot, plat haak-en-steek links van die boskop vertoon, sy nek 'n slag lank uitgerek en sy vere effens geskud. Toe het hy sy kop maar weer onder sy vlerk ingesteek en 'n rustige môreslapie geniet.
Nou dat die môrelig al haas deur elke digte bossie straal, laat Slink nie meer op hom wag nie. Hy lig sy vlerke, wip met 'n sprong oor die boom se kant en begin met kragtige vlerkslae al hoe hoër styg.
DIE BYBEL (39)
Lees reeks by DIE BYBEL
Dr JP Botha
Nogmaals ‘n verbond met Abraham
(Die geskiedenis van Abraham in Kanaän voortgesit)
Sowat 13 jaar na Ismael se geboorte verskyn die Here aan Abraham en verseker hom opnuut dat Hy ‘n verbond met hom wil sluit en dat Abram die vader van baie nasies sal wees. Ter bevestiging van hierdie belofte word Abram (“Verhewe vader”) nou Abraham, wat soos die Hebreeus vir “vader van baie” klink. Hierdie verbond wat die Here met Abraham sluit, sal ‘n blywende en ewige verbond wees. Die instelling van die besnydenis as die teken van die verbond hang ten nouste hiermee saam.
CHRISTENMAN, SÊ NEE! VIR PORNOGRAFIE – WANT JY KAN! (1)
Die volledige e-boek kan ook in pdf-formaat afgelaai word by Christenman, sê NEE! vir pornografie, want jy
Anita Joubert
Wat sê die Bybel waarheen is jy oppad?
Meneer, het jy Jesus al aangeneem as jou Verlosser en leef jy met die verwagting om hemel toe te gaan wanneer jy sterf, maar jy is vasgevang in ‘n donker magsgreep van skuldgevoelens en minderwaardigheid oor dit wat jy doen wanneer jy alleen is? Jy is lief vir jou vrou, maar
HABAKUK WORD DANIËL
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Habakuk se blikkie kondensmelk
Kom ons geniet een van Jan Spies se kostelike vertellings:
Die gemeente het vir ‘n feesgeleentheid voorberei en die predikant het die gedagte gekry om by die uitvoering van die program die aand, die boeke van die Bybel in volgorde prakties voor te stel aan die gemeente. Daarvoor het hy 66 kinders van die gemeente uitgesoek wat elkeen ‘n Bybelboek moes voorstel deur middel van ‘n plakkaat waarop die naam van die boek geskryf staan. Hulle sou dan een-een op die verhoog stap met die plakkaat om die nek en langs mekaar gaan staan totdat die hele Bybel se name in volgorde vertoon terwyl die dominee van agter die gordyn elkeen se verskyning verduidelik.
OLIEPRYSE RAAK KUNSMISBEDRYF
Die wisselvalligheid van die internasionale olieprys gee die kunsmisbedryf tans hoofbrekens, sê dr. Gert van der Linde, direkteur van die Misstofvereniging van SA. Hy sê terwyl kunsmispryse in 2007 en 2008 drasties gestyg het, het oliepryse ook ‘n drastiese styging getoon.
“Toe dié pryse weer begin daal, het die pryse van kunsmis weer begin daal,” vertel Van der Linde. Hy het tydens die 11de AMT-kongres in Pretoria sy kommer uitgespreek oor die huidige wisselvalligheid van oliepryse, asook oor voorspellings dat dit gaan styg, en die uitwerking daarvan op die bedryf.
VROU WORD RUGPYN GESPAAR...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'n Man kom by die dokter en kla oor sy seer rug. Die dokter wil weet hoe hy dit seergemaak het. Hy vertel:
"Ag dok, ek het nou die dag teruggekom van die werk en in my huis het ek besef iets is nie reg nie want my vrou het baie skuldig gelyk. Toe weet ek daar is 'n ander man êrens in die huis en ek hardloop die hele huis deur maar kon hom nie binne kry nie. Toe ek by die balkon uitkyk sien ek sowaar daar sit hy onder op die sypaadjie en sy skoene vasmaak. Toe gryp ek die stukkende yskas op die balkon en gooi die vent daarmee.
ONS NADER U TROON IN GEBEDE
Hierdie gedig is die pragtige lied wat ons so graag sing, verwerk na die bekende Duitse lied “Wir treten zum Beten vor Gott den Gerechten”:
O VADER, ONS NADER U TROON IN GEBEDE
Jan Celliers.
O Vader ons nader u troon in gebede,
Vertrouend en bouend op reg en op eer.
O, U in verlede ons hulp, hoe sou hede
voor u oog dan die bose oor ons triomfeer.
Na lye en strye het steeds u genade
ons harte se smarte verligting geskenk.
Na storme se woede het altyd die goede
soos daagraad na donker verskyn op u wenk.
KRUGER
DIE ROEPSTEMVAN ONS DIGTERS
Hier is een van die vroeë werke van een van ons geliefde digters, Jan Celliers. Hy het daar in 1920/21 sy eerste gedigte nog nie so mooi afgerond as wat later die geval was nie, maar kyk hoe treffend mooi is dit:
KRUGER
Soos ‘n berg, ongebuk,
breed en bonkig van stuk,
dis hy!
Die gelaat, hap vir hap
uit die kranse gekap,
elke kerf, elke knou
harde noodlot se hou;
elke moet, elke merk
vryheidsvyand se werk,
dis hy!
DIE BYBEL (38)
Lees reeks by DIE BYBEL
Dr JP Botha
Die ligging van Sodom en Gomorra
Daar is geen sekerheid oor waar die twee stede presies geleë is nie. Aan die een kant lyk die suidelike deel van die Jordaanvallei na ‘n moontlikheid, terwyl ander navorsers beweer dat die twee stede op die bodem van die Dooie See lê, net suid van die Jordaanvallei.
Abram red Lot en ontmoet Melgisedek
Die onderdane van die koning van Elam (die gebied oos van Babilonië), waaronder die konings van Sodom en Gomorra getel het, kom in opstand. Kedorlaomer, koning van Elam, het nie die opstandigheid geduld nie en verslaan die koalisie van opstandiges by die vlakte in die omgewing van die Dooie See. Lot, wat op daardie stadium in Sodom gebly het, word ook gevange geneem.
SWART KULTUUR BLY “SKIET DIE BOER”
TLU-SA MEDIAVERKLARING
UITSPRAAK DEUR DIE GELYKHEIDSHOF : “SKIET DIE BOER”
MALEMA WIL APPELLEER
Die uitspraak van regter Lamont gee gestalte aan TLU SA se pogings om haatspraak uit die Suid-Afrikaanse samelewing te verban en sodoende ’n bydrae te maak om die geweldadige viktimisasie van landbouers en plaasbewoners te stop. TLU SA doen ’n beroep op die ANC en Malema om die uitspraak te aanvaar, die vete te beëindig en om vreedsame naasbestaan en wedersydse respek tussen ras- en kultuurgroepe te bevorder. Die tyd om die verlede se gevegte ter syde te stel het aangebreek.
TLU SA doen ’n beroep op die regering om in die lig van getuienis wat gelewer was, opnuut aandag te gee aan geweldsmisdade op plase en kleinhoewes asook ander misdade wat die volhoubaarheid van landbou bedreig.
STRENG SINODE-KEURDERS
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (37)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die oud-Springbokkaptein Dawie de Villiers was in die 1960's soms baie ongewild by ondersteuners in die Noorde want hulle wou altyd vir Piet Uys in die Springbokspan gehad het. Dawie was 'n predikant en het een Sondag in Pretoria 'n kerkdiens gelei. Na die diens sê een man hoorbaar vir 'n ander: "Dit was nie 'n slegte preek nie. Om die waarheid te sê, ek dink dit was 'n baie goeie preek. Maar ek dink nog Piet Uys moes gespeel het."
In dieselfde tydperk het twee seuntjies op 'n dag in die straat staan en praat oor die Springbokspan en die keuse van Dawie bo Piet Uys. "Die keurders moes eerder vir Piet Uys gekies het," sê die een seun. "Nee, my pa sê hulle sal dit nooit doen nie," antwoord die ander wysneus. "Hulle is te bang vir die Sinode."
JAKKALS MAAK WOLF VARKWAGTER
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies
Ou Wolf was so gewoond om maar al om die ander dag as hy honger is, te gaan jag en met ‘n wildsbok huis toe te kom. As Jakkals dit dan agterkom, dink hy dadelik ‘n paar skelm planne uit hoe om ook van ou Wolf se wildsvleis in die hande te kry. Die runderpes wat oor die land uitgebreek het, het egter baie beeste van die boere laat vrek sodat hulle groot skade gely het maar baie wildsbokke het ook die lewe ingeskiet en vir tye lank het die aasvoëls floreer en feesgevier. Nadat dit alles verby is, het kos baie skaars geword, veral vir Wolf en Jakkals. Maar wild was nou so skaars dat selfs die lui Jakkals moes uitspring om te kyk of hy nie iets kan vang nie. Maar daar was niks.
DIE BYBEL (37)
Lees reeks by DIE BYBEL
Dr JP Botha
Abraham se verhale
Die verhale oor Abraham vind aansluiting by die Voorgeskiedenis aan die hand van die geslagsregister in Genesis 11 wat die afstamming vanaf Sem tot by Abraham aandui. Waar Genesis 11 die toenemende invloed van die sonde op die lewe van mense dramaties aantoon, gaan dit in die Abrahamsverhale om die geleidelike verwesenliking van die aanvanklike land- en nageslagbeloftes wat in Genesis 12 uitgespreek word.
Aartsvaders
Die aartsvadertydperk omsluit die lewe van Abraham, Isak en Jakob. Die Bybelprentjie oor die aartsvaders se godsdiens toon dat hulle ‘n God aanbid het wat persoonlik aan hulle verskyn het. Hulle het tot Hom gebid en offers aan Hom gebring. Seuns is kort na geboorte besny as teken dat hulle in ‘n verbondsverhouding met God staan.
BOERE- VERNEUKERY
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (36)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Destyds speel Oos-Vrystaat teen Noord-Natal in Bethlehem en die bekende karakter Frans de Jager speel teen Lappies Labuschagne wat op sy dag al vir die Piesangboere uitgedraf het. Hier kort voor die einde was die Oos-Vrystaters met twee punte agter maar hulle is darem naby die Noord-Natallers se pale, en 'n strafskop sou die wedstryd vir hulle kon beklink.
Daar's toe 'n woeste losskrum met ou Frans onder in die bondel, en skielik en baie hard gil hy: "Hei Lappies, wat byt jy my so!!?" Lappies was natuurlik nie eers naby Frans nie maar die skeidsregter het dit gehoor, sy eie gevolgtrekking gemaak en ken 'n strafskop aan Oos-Vrystaat toe.
Die skop was oor en Oos-Vrystaat wen die wedstryd – danksy Frans se skelm plan!
DUITSE WESIES (12)
KEURDER ARRIVEER IN LONDEN
(Lees vorige aflewerings onder Duitse weeskinders 1948 )
Werner (Shellack) van der Merwe
Met Schalk Botha, keurder en organiseerder, se aankoms in Londen op 29 April 1948 het dr Kriek, wie aangebied het om die Fonds gratis met die mediese keuring van die kinders behulpsaam te wees, by hom aangesluit. Die eerste taak wat die twee mans onderneem het was om aansoek te doen vir toegangspermitte tot Duitsland. Hulle is deur die Military Permit Officer meegedeel dat dit ongeveer tien dae sou neem om die permitte gereed te kry. Mnr Chitty van die Foreign Office het Botha in kennis gestel dat hy vir hom en dr Kriek die nodige vervoer- en verblyfreëlings in Duitsland sou tref. In die Britse sone sou mev M Wagstaff, hoof van die Public Health Branch in Bad Rothenfelde, Botha se kontakpersoon wees.
Alle reëlings het vlot verloop. Daar was egter nog redelike onsekerheid oor die wetlike aspekte van die aanneming van Duitse kinders. Mev Wagstaff het egter uit Bad Rothenfelde vir Chitty laat weet dat sy met die Suid-Afrikaanse militêre verteenwoordiger in Berlyn, majoor-genl Armstrong, in verbinding was en dat hy haar meegedeel het dat daar geen regsbesware teen die aanneming bestaan nie.
GEBED OM SONDEBESEF
GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK (4)
Lees reeks by GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK
Ds.Andrè van den Berg
Here, wat ‘n onwelriekende
Sonde keer alles wat U goed geskape het om in chaos. Dit bring verwildering en maak dat mense soos ontembare diere optree en mekaar gedurig wil verslind.
DIE AARDE HET GEBEWE! (3)
THELMA CILLIE
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit in 1969 in die Ceresgebied.
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)
Ons vier bolandse dorpies was stukkend. Ons harte so seer en ons so verslae en so magteloos. Selfs ons berge, onwankelbaar deur die eeue heen, lyk vandag asof hulle geween het oor hierdie vreemde ding wat met hulle gebeur; lang sandtrane loop langs die hellings af; vir altyd geskend op so 'n ongewone manier. Hierdie letsels op ons berge sal steeds dien as 'n stille getuienis om ons te herinner aan 'n nag van verskrikking en boweal aan die Almag van God.
Ons as familie het nou nie veel tyd gehad om na die welstand en moeilikhede van ons kennisse te verneem nie want ons moes nou in hierdie haglike omstandighede met die begrafnisreëlings van my moeder voortgaan. Hier was geen predikante nie. Hulle was steeds in Pretoria vir die kongres.