Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Omdat misdaad deel van hul politieke mondering vorm, kan regerings wat deur geweld tot stand gekom het, slegs deur geweld in stand gehou word. Wetsgehoorsame burgers word dikwels slagoffers van mense met barbaarse neigings. Desondanks word daar van hulle verwag om die vreesaanjaende eer wat hulle te beurt geval het, gelate te aanvaar net omdat die seuns van Lucifer hulself geniet!
ASPOESTERTJIE
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (21)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Een ding het Francois Pienaar, Sprinkbokkaptein van 1993 tot 1996, darem reg gedoen – dis toe hy vertel het dat die skokloesing wat die Bokke in 1994 in die eerste toets teen die Engelse op Loftus gekry het ook sy reputasie kwaai geknou het. Hy het so 'n paar dae ná die verwoestende pak slae met 'n paar koerantmanne sit en gesels toe hy hulle vertel dat daar tog 'n verskil tussen hom en Aspoestertjie is. Toe hulle wou weet wat dit is, was sy drogerige antwoord: "Aspoestertjie hét darem by die bal aangekom!"
ONS BREEK KAROO, BASTA!
Letitia Winters
Susan Shabangu, ANC-minister van Minerale Sake, erken ruiterlik dat sy geen kennis van hidrouliese breking het, dit terwyl sy haar neus vierkantig hierin steek en nie 'n duit omgee wat die verreikende gevolge vir die Karoo en selfs verder kan inhou nie.
Hierdie erkenning het sy gister in haar onkunde kwytgeraak toe daar weer heerlik op die belastingbetaler se geld groot ontbyte in Kaapstad geëet is.
Sy het herhaaldelik gesê dat "fracking" 'n tegniese proses is wat sy nie kan bespreek voordat die taakspan wat die gevolge van die ontginningsproses navors, sy verslag aan haar voorlê nie.
Mnr. Jonathan Deal, voorsitter van die Treasure the Karoo Action Group (TKAG), is gefrustreerd omdat sy groep aansoek gedoen het dat die name van die taakspan aan die TKAG bekend gemaak word, maar dat hy geen antwoorde gekry het nie.
NIE-BLANKE 'BOERE' KOM OP SOOS BOSSIES!
Sarie Pieterse
'Werklose' vroueplaaswerkers van Ceres wil Saterdag glo 'ongebruikte' landbougrond in die omgewing ná ’n optog na die munisipale kantoor en boereverenigingkantoor op dié dorp beset. Fatima Shabodien, nogal direkteur van die organisasie 'Vroue op Plase', vertel dat vroue glo gyselaars van "die stelsel" is – dalk moet ons haar vertel dat die hele Suid-Afrika as gyselaar van die kommunistiese stelsel aangehou word want sy kan seker nie die apartheidstelsel wat al 17 jaar gelede verval het bedoel nie – maar intussen wou sy die kommunistiese 'Vrouedag' op hierdie manier vier.
Sy vertel Ceres is as een van die armste landelike munisipaliteite geïdentifiseer (sy moet dié in Transvaal kom sien waar die Swart burgemeesters en hulle maatjies letterlik alles gesteel het) maar baie min grond is glo nog deur grondhervorming op die dorp oorgedra. Veral vroueplaaswerkers is dan glo gyselaars van ’n 'diskriminerende arbeidstelsel' in die landbou.
ELKE STEM VAN ONS SUID-AFRIKA!
Daar is soms uitstekende lirieke in sommige van ons hedendaagse sangers se komposisies wat nie oor die hoof gesien behoort te word wanneer ons van liefde vir ons taal en volk getuig nie. Een daarvan is die pragtige komposisie en liriek van Rudi Claase wat saam met Corlea Botha as die sangpaar 'Ons Lieflinge' bekend gestaan het voordat hulle onlangs elkeen 'n nuwe sangmaat gekry het:
HOOR MY LIED!
Laat ons weer die woorde sê
wat goud in drome lê.
Laat ons weer die name ken
wat drome kom verleng en ewig aan sal leef.
Laat ons weer verlang na harte se gesang;
Nostalgie in ons stemme vasgevang.
Luister na die hart van Afrikaanse melodieë,
na jarelange vreugde sonder end.
Laat ons hul woorde weer laat lewe,
en oor kranse heen laat swewe.
Ewig aan in diep oranje en in blou sal ons onthou:
Elke stem van ons Suid-Afrika vir jou!
MET EISH!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (20)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
In die dae toe die provinsiale spanne nog trein gery het, reis die Vrystaters eendag ná 'n wedstryd teen die WP so kuier-kuier van die Kaap af terug Bloemfontein toe. Die manne was goed dors en om hulle drankies lekker koud te hou is die kondukteur gevra of hy nie 'n plan met ys kon maak nie.
Dis geen probleem, laat hy hulle verstaan, en gou is hy terug met die ys. En elke keer as die ys opraak en die manne vra nog, is die konduktueur die gang af en bring maar net keer op keer nog klompies ysblokkies.
ALBERT HERTZOG
ONS EIE HELDE
Lees reeks by Ons eie helde
Dr JP Botha
" Toe hulle hul planne om dr Verwoerd om die lewe te bring gefinaliseer het, het hulle met 'n swartsmeer-veldtog teen my persoon begin, want hulle wou verhoed dat ek na sy dood as leier van die Nasionale Party verkies sou word en hom sou opvolg. Intussen het hulle die man wat hulle gekroon het, vir sy rol voorberei: John Vorster. "
Ek is in daardie veelbewoë tyd, pas voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog, op 4 Julie 1899 in Bloemfontein gebore. Toe die vyandelikhede begin en my vader dadelik as regsadviseur vir die Vrystaatse burgermagte aangestel is en na die front vertrek het, kon my moeder nog enige maande lank in ons huis ongemolesteer aanbly, maar nadat lord Roberts Bloemfontein op 13 Maart 1900 ingeneem het, het die Engelse onmiddellik onwelkome aandag bestee aan veral die huisgesinne van Boere-offisiere in die veld en was ek en moeder Mynie gladnie meer veilig nie.
VARS BOKKOMS GRATIS!
Lees reeks by Uit ons fonteintjie
Hierdie is ‘n ware verhaal wat ‘n predikant vir ons vertel het. Hy was ‘n leraar in ‘n gemeente in een van die buitewyke van Londen. Hy vertel: “Op ‘n koue, winderige dag met vallende sneeu, stap ek in ‘n kort, modderige straat na my huis toe nadat ek ‘n paar gemeentelede besoek het. Dit was al sterk donker toe ‘n man met ‘n mandjie op sy kop aan die oorkant van die straat verskyn en hard begin skreeu: “Bokkoms! Drie vir ‘n rand! Mooi bokkoms, vars en goedkoop; drie vir ‘n rand!” So stap hy die straat af, steek naderhand oor en kom terug tot by die hoek waar ek staan. Ek sien hy het lus om ‘n gesprek met my aan te knoop, toe hy sê: “Meneer, wat dink u van hierdie bokkoms?"
Hy hou drie in sy hand, terwyl hy die mandjie met die res vaardig op sy kop balanseer.
DIE LAASTE POUS (4)
Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
MARIA EN DIE HEILIGES
4.1 Die Bybel swygDie Christendom het nooit soveel probleme met Maria gehad totdat die Roomse Kerk Christus verdring, ‘n troon vir haar ingerig en haar as hemelse koningin gekroon het nie. Die Nuwe Testament sê baie min oor Maria. Haar laaste aangetekende woorde is reg aan die begin van Christus se amptelike bediening toe sy tydens ‘n bruilof te Kana vir die diensknegte gesê het: “Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen” (Joh.2:5).
Nêrens is daar enige Bybelse aanduiding dat sy tot dieselfde vlak as Christus verhef, aanbid of verheerlik moes word nie. Sy was slegs geseënd omdat sy die Christuskind gebaar het en niks meer nie. Daarom het die vroeë Christelike kerk geen Mariaverering geken nie.
DIE BYBEL (30)
Dr JP Botha
Lees reeks by DIE BYBEL
Palestina, ‘n land van kontraste
‘n Strategiese ligging
Palestina (die huidige Israel) is – en was nog altyd – ‘n land van konflik. In die verlede het dit baie te doen gehad met die strategiese ligging van die land. Kyk ‘n mens op ‘n kaart, sien ‘n mens dat Palestina soos ‘n brug tussen die groot moondhede van die antieke tyd gelê het. Egipte was een van die groot magtige lande van daardie tyd. Die twee ander belangrike areas was Giekeland/ Italië (die Romeine) in die weste en die area na die ooste waar die hedendaagse Irak lê. Noodwendig moes hierdie groot moondhede met mekaar handel dryf, en die groot prys was natuurlik as hierdie lande mekaar kon verower, soos Alexander die Grote van Griekeland in die vierde eeu vC met Egipte en Babilonië gedoen het.
Maar hoe het die Grieke in Egipte gekom?
HENDRINA JOUBERT
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
Die vrou is die eggenote van Piet Joubert, die Transvaalse leier, en hierdie jaar 1879 is ‘n tyd van spanning en stryd. Twee jaar tevore het die Engelse die Republiek geannekseer.
Die geklop dreun deur die stilte van die voorkamer, dring tot in die agterste vertrek en vul die hele huis. Die asof alle ander geluide verstom, en ‘n lang oomblik is die hele lewe saamgetrek in ‘n gekromde kneukel wat driftig teen die hout van die voordeur hamer. Dan sit die vrou die koppie wat sy aan’t afdroog was, beslis langs die wasbalie neer, haak in die verbygaan ‘n agterlaaier van die geweerrak af en stap vorentoe.
Haar opgeskote seun het in sy kamerdeur verskyn.
Dis nag, en hulle twee is alleen op die plaas. Bang is sy nie maar ‘n mens moenie dwaas wees nie. “Wie is daar?” vra die vrou met ‘n vaste stem.
TRANSNET HAWE- OWERHEID VAT GROOT
Susan Botes
’n Aansoek om ’n tariefverhoging wat drie keer hoër is as inflasie is deur Transnet se Nasionale Hawe-owerheid (TNHO) by die hawereguleerder ingedien.
Dít terwyl die Durbanse hawe reeds as een van die duurste hawens ter wêreld geag word. Die owerheid vra om ’n verhoging van 18,06% in sy tariewe vir 2012/’13. Die uiteindelike tariefverhoging behoort egter net minder as 13% te wees weens ander faktore wat bygereken word.
Belemmer mededingendheid
Lindie Stroebel, senior ekonoom van die Landboubesigheidskamer (LBK), sê dit is net nog een van vele geadministreerde kostes wat Suid-Afrika se internasionale medediging belemmer.
“As dit net die hawens was wat só ’n tariefstyging wou instel, sou dit dalk nog aanvaarbaar gewees het. Dit is egter ’n klomp instansies wat almal hul pryse laat styg.”
ANC EN SHELL KONKEL OOR HIDROULIESE BREKING
Corli van der Merwe
Die Suid-Afrikaanse Regering staan voor ’n massiewe besluit oor hidrouliese breking(fracking) met onomkeerbare gevolge vir die toekoms van die land en sy inwoners.
Só meen mnr. Jonathan Deal, voorsitter van die Bewaar die Karoo Aksie Groep (TKAG), wat Landbouweekblad Dinsdag (16 Augustus) besoek het om die groep se standpunt oor hidrouliese breking te stel.
Navorsing is nodig
Deal het dit duidelik gemaak dat die groep nie gekant as teen die brekingsproses as sodanig nie, maar dat hulle gekant is daarteen dat met die kontroversiële mynmetode in die Karoo begin word sonder dat die nodige navorsing daaroor gedoen is.
Deal sê die TKAG is baie gefrustreerd met Susan Shabangu, die Minister van Minerale Hulpbronne, en haar departement weens gebrekkige (of geen) kommunikasie tussen nie-regeringsorganisasies en die media oor moontlike skaliegasontginning in die Karoo.
DR HF VERWOERD
ONS EIE HELDE
Lees reeks by Ons eie helde
Dr JP Botha
Toe ek, Hendrik Frensch Verwoerd, op 8 September 1901 in Amsterdam gebore is, was die uitwissingsoorlog wat Groot Brittanje teen die Boere in Suid-Afrika gevoer het in al sy felheid aan die gang. My ouers, Wilhelm en Anje Verwoerd, het intens meegeleef met die heroïese stryd wat Transvaal en die Vrystaat teen die Engelse oormag gevoer het en het ywerig gehelp om geld in te samel om die ellende van die vroue en kinders te verlig. Toe president Kruger in die mooi dorp Hilversum naby Amsterdam kom woon, het my pa hom persoonlik gaan besoek en soveel deernis ervaar met die lot van die eensame President en sy geteisterde volk in Suid-Afrika, dat daar by hom 'n begeerte ontstaan het om na Suid-Afrika te verhuis en sy lot met dié van die dapper Boere te gaan inwerp.
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (5)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
DIE GEBOORTE VAN 'N FRONT
" Hy skets vir die simpatiseerder die oogmerk naamlik die handhawing van die vrede in die aangesig van die dreigende oorlog en uitdelging wat oor ons almal se hoof hang indien almal nie toegee aan die eise nie (presies soos FW gedoen het toe hy die blankes voor 1994 wysgemaak het dat daar nie meer 'n ander keuse is as om die land vir die Kommuniste te gee nie agv die 'verskriklike oorlog' wat ons tegemoet sal gaan – en nou het ons groter 'oorlog' as toe!)."
Die essensiële oogmerk van die kommunistiese Party van 'n land moet gekamoefleer word met 'n beweerde oogmerk van groot aantrekkingskrag. Die Kommuniste weet baie goed wat die eintike oogmerk is terwyl die meeste Frontlede slegs die kamoeflering sien.
'n Permanente kommunistiese doel is om die ewewig van die wêreld se militêre magte te laat oorslaan in die guns van kommunistiese militêre sterkte. Oral waar hulle die militêre sterkte van enige vrye land kan verswak, help hulle om hierdie doel te bereik. Een grondliggende doel is dan om al die lande wat teen die Kommunisme is, op militêre gebied te verswak. As daardie werklike oogmerk openlik verklaar moes word sou dit natuurlik nie baie mense in daardie lande werf nie.
DIE LAASTE POUS (3)
Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
BABEL EN
3.1 Satan se nabootsing
Die vermenging van Babiloniese en Roomse afgodery het tot die ontstaan van die Roomse Kerk gelei. Dit was ‘n brousel van heksery, Judaïsme en die heidendom wat met ‘n verdraaide Christendom vermeng geraak het.
“Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai” (Gal.1:6,7).
Die Christelike kerk is van meet af aan vervolg, maar het ten spyte van al die teenstand so sterk gegroei dat die Satan van strategie verander het en ‘n valse kerk onder keiser Konstantyn op die been moes bring. Die Roomse Kerk moes gelowiges mislei en van die Evangelie vervreem.
DIE AARDE HET GEBEWE! (1)
Lees meer oor aardskuddings by Aardbewings - teken van ons tyd asook Thelma Cillie se vertelling oor 1969 se aardskudding in die Boland by Die aarde het gebewe!
" Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit het in 1969 in die Ceresgebied plaasgevind. Reeds 'n geruime tyd oorskry die gemete spanningsvlakke in die aardkors in ons land dié van die aardbewings in Suid-Afrika in 1810, 1890, en 1969. Dr Chris Hartnady, navorsings- en tegniese direkteur by die aard-wetenskaplike organisasie Umvoto Africa beweer: 'Dit is nie ‘n kwessie van òf dit gaan gebeur nie, maar ‘n kwessie van wánneer. In Afrika begin die skeidinglyne van die Nubia- en Somalia-plate wat vanaf die Andrew Bain fraktuursone in die Indiese Oseaan loop, by Port Shepstone, deur Natal en Lesotho tot in Mosambiek, en al die pad deur noord-oos Afrika. Die gekompliseerde samestelling van plate in Afrika is reeds 'n geruime tyd aktief besig om te skuif met opvallende veranderinge in die noorde van Malawië.' "
Ons wil met 'n bepaalde doel die ervaring van Thelma Cillie oor die kragtige, onverwagte aardbewing wat sy en haar gesin op 29 September 1969 in die Boland oorleef het, met ons lesers in 'n reeks aflewerings deel. Daar heers toenemende kommer uit verskeie oorde oor die moontlikheid dat 'n hewige aardbewing Suid-Afrika kan tref. Dat geen mens by magte is om 'n datum aan so 'n Godsbeheerde gebeure te heg nie is so, maar die tekens word deur God aan ons gegee en ons moet ons daaraan steur, daaroor praat en ons geestelik, psigies en fisies voorberei op so 'n moontlikheid.
JBM HERTZOG
ONS EIE HELDE
Lees reeks by Ons eie helde
Dr JP Botha
Die verhaal van Barry Hertzog
Voordat ek in 'n relaas van my herkoms en vroeë jare begin vertel, wil ek sonder om my eie beuel te blaas en met dankbaarheid in 'n kort aanhaling sê wat een van ons medestryders in die politiek in 'n sekere stadium nadat my volkstaak afgehandel was, van my gesê het:
"Generaal Hertzog se karakter was, in watter opsig ook al, nie vol kinkels en knope nie. Hy het by uitnemendheid beskik oor die deug van die eenvoud. Hy was Afrikaner, gebore uit 'n Afrikaanstalige, Christelike huis, net soos sy vrou ook was. Sy huishouding was in geen opsig anders as dié wat ons as die tradisionele Afrikaanse huishouding ken nie.
IS DIE BLOED AAN DIE DEUR?
UIT ONS FONTEINTJIE
Lees reeks by Uit ons fonteintjie
Die Jode vertel hierdie wonderlike verhaal in verband met daardie vreeslike nag in Egipteland toe die Here met die tiende plaag al die oudstes in die huisgesinne van die Egiptenare laat sterf het. Om die Israeliete daarvan te vrywaar, moes hulle die bloed van die eerste geslagte paaslam aan hulle deurposte smeer, want die Here het gesê: “As Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan.” Elkeen van ons reggeaarde volksgenote behoort in 2011 elke dag te vra dat die Here se bloed ook aan ons huise se deurkosyne sal wees.
‘n Joodse vader het ‘n klein dogtertjie gehad wat ongeveer tien jaar oud was. Hy was baie lief vir haar want sy was sy enigste kind en as die eersgeborene in sy huisgesin, sou sy die een wees wat moes sterwe daardie nag as die swaard van die verderwer hulle huis sou tref.
MIEKIE-MUIS OP STREEPMUIS- DRAAI
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies
Op ‘n lae veldstoeltjie voor haar agterdeur sit Griet, die ma-muis, en kouse stop. Die lang stinkgraspol se skaduwee rek al lank oor die grond. Die son sal netnou ondergaan en sy sal moet gou maak om die stopwerk klaar te kry voordat haar man, Piet-muis en haar dogter, Sarie-muis, uit die koringland aankom. Hulle het vroeg vanmiddag al daarheen gegaan met twee okkerneutdop-emmertjies om ‘n bietjie koring te gaan oes.
DIT WAG VIR SA!
Corli van der Merwe
’n Desperate boervrou van Zimbabwe het in ’n laaste e-pos aan familie en vriende gevra vir gebede terwyl tientalle mense klippe na hul huis gegooi het.
Mev Alida du Toit (63), haar man, Dolf (67) en mnr. Du Toit se seun, Rudolph (38) is vir langer as ’n dag in hul huis vasgekeer terwyl die klippe op hul huis neergereën het en mense, met ysterstawe gewapen, om hul huis saamgedrom het.
Van die klippe was so groot (soos dié wat onnadenkende mense voor hulle huise in die straat pak sodat motors nie daar moet parkeer nie – net reg vir die klipgooiers...) dat Du Toit nie haar hande daarom kon kry nie.