NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Kyk rondom jou: God openbaar Homself en sy Grootheid en Almag aan ons in die natuur wat ons elke dag met ons eie oë kan aanskou. Kan jy hoegenaamd twyfel?!

DIE KAREEBOOM BY DE WILDT

LAND VAN ONS VADERS

(Lees reeks by Land van Ons Vaders)

Dolf van Niekerk

"Dit was 'n tweeledige toespraak. Die eerste gedeelte het gehandel oor Suid-Afrika Eerste, en die tweede gedeelte oor Wit Suid-Afrika. Hier het generaal Hertzog sy segregasiebeleid kort en skerp weergegee."

Mens en land. Mens en bodem. Dit groei aanhoudend – alles loop deur die tyd aaneen. Diaz se stormvaart, en sy kruis op die klipperige kus; Retief se traktaat in 'n bladsak by Dingaan se stat; die Vrystaatse vlaktes; goudgrawery onder die aarde; Yskor se roesrookskynsel teen lae wolke. Al dié dinge is saamgebind in dié land. En nog meer – vele wat op die uitdraaipaaie lê.

Dié dinge gaan ons soek – die saamspan van mensegees en land se reën en natuur en hart – soos die geskiedenis gemaak word.

Daar is 'n plek wat 'n mens met Pretoria as wegspringplek maklik kan bereik.
Wanneer jy deur Pretoria-Noord reis, kies jy Gerrit Maritzstraat en hou koers in westelike rigting op pad Brits toe. Ry en ry maar... tot by 'n vurk in die pad. Daar beduie 'n bordjie aan die motoris: Regs – na Hebron. Links – na De Wildt. Vandag draai ons dáár links. Daar is ook ander paaie wat De Wildt toe lei. Kerkstraat-Wes uit Pretoria – oor Saartjiesnek en Silkaatsnek, tot jy regs uitdraai. Of oor Hornsnek – al dié paaie lei na De Wildt. Ook 'n treinspoor lei tot daar – tot by die De Wildt-stasie. By die stasietjie bekyk 'n mens die vier windstreke... en jy soek suid.

Ons soek 'n boom. Bly suid kyk – ons soek 'n kareeboom... 'n enkele kareeboom tussen ander kareebome en doringbome. Hy staan ongeveer honderd tree suid van die stasie af. Dit lyk of daar 'n kraaltjie om die boom gebou is. Dis dié boom. Binne die omheining is daar 'n gedenkplaat, en die woorde wat jy lees, is 'n vonk wat jou gedagtes vlam gee. Dié boom het eenmaal byna gevrek. Maar toe breek die oomblik aan waarop oom Harm Oost kon uitroep: "Die ou kareeboom het herlewe! Dit was 'n stomp – nou is dit weer 'n bloeiende boom."

Hierlangs begin die Bosveld eintlik: doringbome, opslag, kareebome. En dié kareeboom wat herlewe het. Ons ken nie sy jeug nie – ons weet maar dat hy in 1912 reeds 'n aansienlike kareeboom was. En nou is dié boom 'n monument – oor wat in 1912 onder sy takke gebeur het. 'n Gebeurtenis wat wyle mnr NC Havenga in dramatiese taal beskrywe het: "En toe – skielik – moes soos 'n elektriese skok deur die land gaan, daardie De Wildt-toespraak van 'n "Suid-Afrika Eerste".

7 Desember 1912. Hulle sê dié datum verteenwoordig 'n keerpunt in die verloop van ons land se geskiedenis. Die mense het van oral af gekom dié dag. Met kar en perde, te perd, met fietse. Toe gaan staan hulle onder die bome en wag in die son. Van die stasietjie se kant af het 'n man aangekom; naderhand was hy onder die kareeboom, en hy het met die mense gepraat.

En nou staan ons onder die boom waar die man Hertzog gestaan het. Generaal – tien jaar na Vereeniging se vrede.

"Daar het hy sy tweestroombeleid teenoor die eenstroombeleid gestel wat hierop neerkom: in Suid-Afrika bestaan daar twee volke met elk 'n eie agtergrond, taal en tradisie. Hulle behoort soos twee kultuurstrome parallel langs mekaar te vloei, elk met behoud van sy eie identiteit en erfenis – totdat die tyd eendag ryp sal wees dat beide op die grondslag van nasionale onafhanklikheid en 'n beleid van Suid-Afrika Eerste, ineen sal vloei.

"Hy het in die moeiliker jare net na 1902 daarin geslaag om die neergevelde Afrikaner weer eiewaarde te gee en aan hulle nasionale selfrespek geleer. Sý optrede het grootliks daartoe gelei dat hulle weer as volksgroep saamgesnoer is en op grondslag van 'n herleefde nasionalisme, toekomsdrome kon droom."

So het die ou kareeboom algaande betekenis gekry. Maar wat is 'n boom nou eintlik – 'n boom, iewers, waar 'n man 'n oomblik in die tyd met mense in die Bosveld gestaan en praat het? Só eenvoudig is dit nie, sê Harm Oost: "Dit was 'n tweeledige toespraak. Die eerste gedeelte het gehandel oor Suid-Afrika Eerste, en die tweede gedeelte oor Wit Suid-Afrika. Hier het generaal Hertzog sy segregasiebeleid kort en skerp weergegee."

Vyftig jaar gelede onder 'n kareeboom – en dit ruk ons terug in die hede, tot vandag en die opdrag wat ons nie kan ontkom nie. En dan dink 'n mens aan die woorde van minister De Wet Nel:

"Generaal Hertzog kan met reg beskou word as die eerste Suid-Afrikaanse staatsman wat vorm, beslag en inhoud gegee het aan 'n eie Suid-Afrikaanse lewenshouding in die skepping van 'n geheelbeeld van ons kleurvraagstukke. Hy is inderdaad die argtitek van ons kleurpatroon. Hoewel ons kleurbeleid stelselmatig uit ervaring en ons volkswording gegroei het, en dus meer as driehonderd jaar in die historiese proses van Suid-Afrika gewortel is, het dit altyd 'n fragmentariese karakter gehad.
Dit was generaal Hertzog wat die kleurvraagstuk die eerste keer as 'n geheel benader het. Dit was hy wat daadwerklike stappe gedoen het om die nuwe benadering in 'n gekonsolideerde segregasiebeleid gestalte te gee."

Só kan 'n boom 'n mens laat dink. Afskeiding, het die generaal dit genoem. Ons ken dit as eiesoortige ontwikkeling. Eenmaal het NP van Wyk Louw geskrywe van die groot helderheid waarmee die generaal dié saak gesien het: "Dat Suid-Afrika nie kan voortgaan om in terme van oorheersing van die witman te dink nie. En ook nie kan dink in terme van een groot Suid-Afrikaanse bevolking nie – asof daar geen verskille is nie, asof die verskille wat daar bestaan, bloot toeval en onbelangrik is... En hoe vreemd dit ook vir meer as een mag klink – ook hier is generaal Hertzog gelei deur sy groot begrip van gelykheid, van billikheid.

"Om hierdie taak van voorbereiding van ons toekoms ten minste oor die eerste paar stappe heen te help, was die bekroning van sy politieke loopbaan. En weer sien ons hier die begrippe van billikheid en gelykberegtiging vir almal in Suid-Afrika – van die twee blanke groepe en van alle volke. Hier lê miskien Suid-Afrika se grootste toekomsbydrae. Nie slegs tot die oplossing van ons eie vraagstukke nie, maar tot dié van wêreldprobleme naamlik die vind van 'n manier van saambestaan van sulke verskillende groepe in een gebied, sonder dat 'n enkele groep 'n ander hoef te onderdruk."

As 'n kareeboom kon dink... Maar 'n boom gee skaduwee teen die son sodat die mens kan vertoef, en miskien sy grootste oomblik van insig en wete ervaar. So 'n oomblik het in De Wildt se Bosveld aangebreek dié dag. Want soos professor AN Pelzer dit stel:

"In 1912 het generaal Hertzog nog feitlik aan die begin van sy politieke loopbaan gestaan, en tog het hy op De Wildt 'n beleid uitgestippel, só volledig, só korrek dat hy in sy latere jare nie nodig gehad het om daarop terug te kom of aangrypende wysigings daarin aan te bring nie. Dit is dan ook om hierdie rede dat De Wildt 'n hoogtepunt in die generaal se lewe gevorm het. Baie van die gedagtes wat hy hier uitgespreek het, het ons reeds in die een of ander van sy vorige toesprake gehoor, maar by De Wildt word die eerste keer tegelyk en in verband met mekaar 'n aanduiding gegee van die drie hoekstene waarop sy hele latere politieke loopbaan sou berus."

Moontlik is u teen die laatmiddag nog by die boom, en sien u hoe die son watertrek oor die doringboomkruine... en die Bosveld se vinnige skemer. 'n Tarentaal roep fyn tussen die gras – laat miskien stemme tussen die bome losraak. En die padgee van mense – hopie-hopie staan en praat oor die woorde wat hulle gehoor het. Sonder om te weet dat dié woorde na vyftig jaar nog sal kring soos waterringe op 'n dam se vlak lank ná die klip ingegooi is. Dan kom daar beelde – van 1902 se vrede wat hy nooit kon aanvaar nie, 1910 se Unie wat hy ook nie as eindpunt gesien het nie... En die skimme wat met hulle perde en karre en fietse van die boom af wegry – baie wat toe sy boodskap nie verstaan het nie. Vandag word dit as vanselfsprekend aanvaar. Veral deur die jongeres, vir wie 1914, Westminister en depressie eintlik net name en datums is.

Kareebome word oud – die mens se dae gaan vinniger verby. En in die geskiedenis van 'n volk is een mens se lewe maar 'n asemstoot. Maar wat het hy nie nagelaat nie? Niks wat iewers in die verlede begrawe lê en waaraan 'n mens maar om sentimentele redes by geleentheid dink nie. Daar is nêrens eers 'n monument vir hom nie – net die kareeboom... En die kareeboom het nuwe lote uitgestoot – jong lote. Hoog, met nuwe en blink blare – tot oor vandag se jong geslag. Want alles bly jonk. En as ons by die kareeboom van De Wildt was en dit nie vergeet nie, kan ons ook dié vraag stel: "Wat  is sy nalatenskap aan die jongeres? Waarom het ons nou juis weggedraai De Wildt toe? Ons vind die antwoord by ons grootste digter, NP van Wyk Louw:
"In die eis dat ons al ons probleme gelyktydig, saam as 'n eenheid moet sien, en dat ons hulle dan ook aanpak, sal ons nooit sê: 'dit is reg maar te groot vir ons'... of, 'dit is reg maar nie prakties uitvoerbaar nie' – in hierdie gees van:  'dit is billik en daarom gáán ek dit doen', hierin lê vir my die taak wat ons van generaal Hertzog geêrf het. Want dít moet ons van ons erfenis weet:
hy het geen skat vir die sweetdoek aan ons nagelaat om te geniet nie, en nie ons probleme vir ons opgelos nie.
Hy het vir ons gelaat 'n gees en 'n taak."



Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3965 gaste aanlyn