Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Almal is nie in staat om hul denke en emosies in die regte rigting te stuur nie. Dit kan jou eie broer wees en is hy dalk vir jou as logiese denker 'n voortdurende probleem. Soos die Here in Deut 15:7 – 10 sê dat jy vir jou arm broer moet sorg, moet jy ook in hierdie behoefte van hom voorsien sodat dit nie sonde in jóu word nie en die Here jou in al jou werk sal seën. Die dae wanneer dit moeilik vir jou word, onthou dan dat jy self arm en naak met 'n geweldige skuldlas voor die Here gestaan het; maar Hý het jou vergewe, geklee met liefde – jy is dit ook aan jou broer verskuldig.
DIE BESTAAN VAN AFRIKAANS (4)
(Lees reeks by Die bestaan van Afrikaans )
TAALVERPLASING BY KINDERS
Dr JC Steyn
Die taalverwisseling by die kind moet ons noodwendig sien as 'n deel van die sosialiseringsproses, soos sosioloë dit noem. Ons gaan nou kyk na die rol van die normale sosialiserende instansies in die proses van taalverwisseling.
'Taalverplasing' of 'taalverwisseling' vind onder meer en miskien veral deur middel van die gesin plaas. Dit kan op een van twee maniere gebeur:
Die ouers kan uit dieselfde taalgemeenskap kom maar om die een of ander rede besluit om van kleins af 'n ander taal met hul kinders te praat.
Byna alle Friese ouers op die platteland maak hul kinders in Fries groot, maar in die stede praat net 70 persent Fries met hul kinders. In die twintigerjare van die twintigste eeu, dus sowat 90 jaar gelede, het baie ouers in Süderlûgum in Sleeswyk met mekaar Deens gepraat en met hul kinders Duits. Sowat 60 persent van die ouers het nie hul moedertaal met hul kinders gebruik nie en daarom het die persentasie van Deenssprekende kinders in dié gebied tussen 1924 en 1931 van 60,1 tot 33,9 afgeneem.
LIEWE KIND, WEET JÝ WAT IN JOU HANDBOEK STAAN?
KRIEWELKOP
Daar word al geruime tyd voor en ná die sogenaamde Hersiene Nasionale Kurrikulum oftewel Kurrikulum 2005 oor die ANC-onderwys gevra:
Pa en Ma, weet julle wat in jul kinders se handboeke staan? Maar die tyd is nou hier om ook te vra: Liewe kind, weet jý wat in jou handboeke staan? Met die laaste vraag word egter nie bedoel of die besef van die Godlose kommunistiese leerplan tot ons deurdring nie maar of die kind wat reeds nie meer waffers vaar met taalleer vandat die ANC in beheer van skoolleerplanne is nie, nog hoegenaamd kán lees. En nou is daar nuwe kurrikulumdokumente vir standerd agt tot matriekleerlinge in die vooruitsig wat daarop neerkom dat daar met taalleer weggedoen word onder die vaandel dat dit voortaan deel van literatuur en kreatiewe skryfwerk moet wees, sommer so terloopse ietsie wat ook mettertyd sal verdwyn, en reeds besluit is dat dit ook nie afsonderlik getoets mag word nie sodat daar geen bewysbare uitsprake oor die al swakker taalwerk van leerlinge gemaak hoef te word nie.
GRASSNYER HET NIE PETROL NODIG
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
‘n Leraar was besig met huisbesoek met sy fiets, toe hy ‘n seuntjie raaksien wat op die sypaadjie ‘n grassnyer probeer verkoop. “Hoeveel wil jy vir die grassnyer hê?” vra hy. “Ek soek net genoeg geld om ‘n fiets vir my te koop,” antwoord die seuntjie. Die dominee dink ‘n bietjie en vra: “Sal jy my fiets neem in ruil vir die grassnyer?” Die seuntjie wou eers met die fiets ‘n draai ry. Toe hy terugkom, is hy gewillig om die ruil aan te gaan.
Die leraar neem die grassnyer en begin die aansitter se tou trek, maar sonder sukses. Hy roep toe die seuntjie nader en sê: “Maar hierdie grassnyer kan dan nie loop nie.” Die seuntjie sê die geheim is mens moet eers 'n paar vloekwoorde los voor hy vat. Die leraar sê dat dit nie iets is wat hy doen nie, hy kan nie eers meer onthou hoe om te vloek nie. Die seuntjie glimlag tevrede en sê: “Hou maar net aan om aan die tou te trek, omie sal gou genoeg onthou.”
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (4)
JESUS DOOP ONS MET DIE HEILIGE GEES
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
Watter wonderlike Koning is Jesus nie! Hy regeer sy onderdane nie deur mag en geweld of vrees soos die owerhede van hierdie wêreld nie, maar deur die Heilige Gees; nie met dooie wette nie, maar volgens sy Woord.
Talle mense wat eenmaal die besluit geneem het om Jesus die Koning van hulle lewens te maak, het hierdie geheim al ontdek. Tog is daar baie mensewat bely dat hulle in Jesus glo maar nog nie hierdie heerlike ontdekking gemaak het nie. 'n Besluit om Jesus die HERE van jou lewe te maak, het verreikende gevolge. Indien hy so 'n besluit geneem het, is die volgende stap om toe te laat dat Jesus jou van dag tot dag lei. Daar bestaan egter baie misverstand oor hoe Jesus 'n mens deur sy Gees regeer.
- Vir die moderne mense (wat nie meer in allerlei geeste of spoke glo nie) is dit soms moeilik om 'n idee te vorm van die Heilige Gees.
DIE BYBEL SONDER DRUKPERS
DIE BYBEL (4)
(Lees reeks by DIE BYBEL)
Die “skrifgeleerdes” hou die Ou Testament lewendig en beskikbaar
Die Hebreeuse alfabet is baie oud en het waarskynlik al bestaan toe die Jode Kanaän ingeneem het. Toe al het hulle hul geestelike ervarings met God neergeskryf. Die wet is byvoorbeeld in geskrewe vorm in die ark gesit. Hoewel mense baie op mondelinge stories staat gemaak het, was die stukkies godsdienstige dokumente tog daar om hulle mondelinge tradisies in die regte rigting te laat ontwikkel. Die wet het hulle herinner aan watter God hulle aanbid en daarom was dit die fokus van hulle verhale. Behalwe die wet is daar soms ook aantekeninge gemaak oor politieke ontwikkelings, die doen en late van konings, algemene daaglikse sake, bouplanne en so meer.
Hoewel die Joodse kinders geleer is om die wet te lees en te skryf, was daar spesiale skrywers in Israel.
DIE ONTDEKKING VAN MIKROBES
WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (1)
SKOOLPROJEK
Jac Schoonens
Die groot Duitse skeikundige, Justus von Liebig, het op 'n keer gesê: "Die wetenskap moet die belangstelling van elkeen hê..." En hoewel dit reeds meer as 'n eeu gelede is dat hierdie woorde uitgespreek is, het hulle ook in ons tyd nog niks aan waarde verloor nie. Inteendeel. En van alle takke van die wetenskap is die leer van die mikrobes een van dié wat die naaste aan die daaglikse lewe van die mens staan. Daarom gaan ons in 'n volledige reeks oor die kleinste organismes in die wêreld, maar, wat die grootste invloed op ons lewens uitoefen, meer leer oor daardie vriende en vyande van ons, iets wat almal behoort te weet soos Von Liebig gesê het.
Dit is in die ou Hollandse stadjie Delft, omstreek 1675. Die voorjaarsonnetjie rig sy vrolike strale op die graggies en skilderagtige bruggies, en op "De porceleijne Fles" waar die beroemde 'Delfts blauw' gebak word, en die strale val ook deur die klein venstertjies van die huis van die koopman Antoni van Leeuwenhoek. Hier word hulle weerkaats in die glansende metaalinstrumentjies wat sorgvuldig op rakke gebêre is.
TRANSPORTRY (1)
ONS BOEREVOLK DESTYDS
(Lees reeks by Ons Boerevolk destyds)
Ons gaan in drie artikels hieroor uitwei
Die wa is die skip vir Suid-Afrika
As die beroemde digter Da Costa die kameel die lewende skip noem, wat die koers hou deur die groot sandwoestyne, dan kan ons die ossewa die skip noem wat oor die vlaktes, berge en bulte van Suid-Afrika gedien het as die enigste middel om swaar vragte te vervoer. In die dae van die goewerneurs is die osse al ingespan om te dien as trekdiere, wat uitnemend geskik was vir die vervoer van swaar vragte in ons land.
STYGENDE BRANDSTOFKOSTE
GEEN EINDE IN SIG NIE...
Dr Pieter van der Dussen
" Die Suid-Afrikaanse verbruiker is in hierdie opsig 'n gedwonge melkkoei van die oliebedryf."
Die prys van alle petrol styg vannag om twaalfuur, op 2 Maart met 43c en die prys van diesel met 63c per liter vir motordiesel (diesel met 'n swawelinhoud van 0,005%). Dit beteken dat 95-oktaanpetrol in Suid-Transvaal R9,42 en 93-oktaanpetrol R9,27 per liter sal kos. Op 'n tenk van 60 liter veroorsaak die verhoging 'n kostestyging van sowat R26,00 wat meebring dat die motoris wesenlik drie liter minder petrol as tans vir dieselfde bedrag geld ontvang. Vir diesel is die toestand selfs erger. Die prysverhoging van 63c per liter beteken dat 'n tenk van 60 liter in Maart R38,00 meer as in Februarie sal kos – die gelyke van byna vier liter.
GERHARDUS MARTHINUS MARITZ – 1 MAART 1797
"So verleng God die dae van diegene wat hulle ouers eer, in die land van hulle vaders en bewys Hy barmhartigheid aan meer as die derde en vierde geslagte van dié wat Hom liefhet en sy Gebooie onderhou."
Op 27 April 1718 gooi die 't Raadhuis van Vlissingen anker in Tafelbaai, met aan boord die jong man Jan Morits Marits (Die van Maritz is aanvanklik met 'n s gespel). Hy was 'n soldaat in diens van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie. Soldaat wou hy egter nie lank bly nie want van sy aankoms af het hy geweet dat Barntrup in Lippe en sy geboorteland, Duitsland, hom nooit weer sal sien nie en dat hierdie onbekende land sy vaderland gaan word.
DIE MANGOZ
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die trein was onderweg van Langlaagte na Korthoogte. ‘n Plattelandse kortbroekseun wat dommer gelyk het as wat hy was, sit in ‘n koepee die verbyrollende landskap lusteloos en beskou. By ‘n klein dorpie klim ‘n man in die wa. Hierdie passasier het ‘n netjiese pak klere aan en lyk slimmer as wat hy is. Groet skaars die seun.
STERF DAN! OF KIES VANDAG REG
ONS ONHERROEPELIKE VOLKSPAD
Jeanette Koekemoer
" Selfs die begeerte om uself weer op te hef, uself te bemagtig op elke kulturele gebied sodat ons weer die politieke mag kan bekom, kan net van Hom kom."
Dit was Richard Weaver wat gesê het dat daar nie iets soos internasionale "wortels" met betrekking tot kultuur bestaan nie. Hy het hom sterk uitgespreek oor die verskansing, die beskerming van 'n volk se eie kultuurwaardes wat soos 'n heiligdom bewaar moet bly indien die volk nie verdring en vertrap, vermoor en totaal uitgewis wil word nie. Wanneer die reg van 'n volk se voorkeure in sy kultuurlewe van hom ontneem word soos dit nou met die Afrikanervolk gesteld is sodat daar nie meer een voorkeur vir 'n bepaalde beginsel bestaan nie, dan word dit 'n lewe sonder beginsels en dán verval 'n volk in 'n beginsellose pad na selfvernietiging. Geen wonder daar is onder ons volksgenote soveel gevalle van depressie, selfmoord, en veral volksverraad nie want 'net dalk is daar uitkoms aan die anderkant' van die spreekwoordelike draad!
AMAJUBA... SPITSKOP...
LAND VAN ONS VADERS
(Lees reeks by Land van Ons Vaders)
Dr WJ de Kock
Amajuba... Spitskop... Berg van die Duiwe... Colley se kop. Hoe veraf klink dit nie in die lang bloedspoor van ons geskiedenis nie? Blaai terug, laat ons lees van Brit en Boer en hoe hulle eens met die wapen in die hand teenoor mekaar gestaan het. Só was dit in Andries Pretorius se dae by Kongella, só was dit by Swartkoppies daar onder in die Vrystaat; en by Boomplaats; en toe, 'n geslag daarna, in Transvaal – die dae van Shepstone en sy anneksasie, die vreemde vlag wat oor Pretoria in 1877 gehys is; die jare van protes, van mooipraat, tot mooipraat 'n einde gekry het – by Paardekraal, Dingaansdag 1880. Met die wapen in die hand dan, as praat nie meer wou help nie.
VAN GEHEUE TOT GESKRIFTE
DIE BYBEL (3)
(Lees reeks by DIE BYBEL)
Dr JP Botha
In hierdie deel gaan ons kyk hoe die boeke van die Bybel geskryf is.
Mense in die ou tyd was vertellers
Die Evangelies is eers sowat 30 jaar of meer na die gebeurtenis waarvan dit vertel, naamlik die lewe van Jesus, geskryf. Net so is die verhale oor Abraham of Moses waarskynlik eers baie jare na die werklike gebeure geskryf.
Min mense in die ou tyd kon skryf. Daar was spesiale skrywers wat die belangrikste dokumente moes saamstel.
KOM KUIER SAAM BY LEIPOLDT
EK SING VAN DIE WIND
Ek sing van die wind wat tekeer gaan;
Ek sing van die reën wat daar val;
Ek sing van ons vaal ou Karoland;
Van blomme wat bloei by die wal;
Van water wat bruis oor die klippe;
Van duikers wat draf oor die veld;
AMAJOEBA 27 FEBRUARIE 1881
DIE "DUTCH COLONISTS" SE GLORIERYKE OORWINNING
Dr JP Botha
Dit is weer tyd om een van die oortuigendste oorwinnings van ons Boerevolk oor die Engelse te herdenk en hierdie naweek sal daar weer duisende Afrikaners aan die voet van Amajoeba uitkamp en in strome die piek bestyg waar daar gesing en vlae geswaai word om ons oorwinning van 130 jaar gelede te vier. Daarom gesels ons vandag weer oor Die Slag van Majoeba wat op 27 Februarie 1881 die gevegte van die Boere se Eerste Vryheidsoorlog afgesluit het. Dit was 'n unieke gebeurtenis wat vérreikende gevolge gehad het. Indien dit vergelyk word met groot veldslae in die geskiedenis, was dit maar 'n onbeduidende geveggie waar 200 Boere die 600 Engelse van die kruin van die berg af verdryf het. Hierdie oorwinning het vir die Boere weer die onafhanklikheid van hul republiek besorg en die dunk wat hulle van die Engelse gehad het, drasties gewysig.
BOERE IN GEVAAR
Deel Een
Lees reeks by Gebeurtenisse uit die Swart oorloë 1834 -1853
Deur P P J Coetser, Sr.
"Die drama het plaasgevind ten aanskoue van duisende swartes op die berg wat dit gade geslaan het, maar die manskappe was te min om die vyand aan te val..."
Gedurende 1834 is die blanke grensbewoners gedurig geteister deur swartstrooptogte, wat hulle vee geroof het, die wagters vermoor het en na hartelus geplunder het. Die vee moes dag en nag gewapend bewaak word. Diewery en moord was aan die orde van die dag. Groepes van drie tot vier boere het op een plaas saamgetrek om mekaar te help. Hulle het toe die kraalheinings van groot doringtakke geslaan, met die stamme aan die binnekant en die hek regoor die voordeur van die woonhuis. Hulle het dan tot middernag wag gehou. Die swartes het selde na middernag toegesak, omdat daar dan nie meer genoeg tyd oor was om voor dagbreek die vee oor die grens te kry nie.
Die boere het ook kwaai waghonde gebruik. Die swartes het soms die krale in die nag aan die brand gesteek en die eienaar wat uitgekom het om ondersoek in te stel, vermoor.
HULLE IS VOLLEERD
‘n Paar smaaklike Korsies
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Onderwyser: Koos, hoe spel jy krokodil?
Koos: K R O K O D A I L
Onderwyser: Dis verkeerd.
Koos: Mag wees, maar u het gevra hoe spel ek dit.
*
Onderwyser: Wat is die formule vir water?
Willem: H I J K L M N O
Onderwyser: Waarvan praat jy?
Willem: Gister het u gesê dis tussen H tot O. (Formule: H 2 O)
*
OORLOG: SWART TEEN WIT
Deel Vier
Lees reeks by Gebeurtenisse uit die Swart oorloë 1834 -1853
Deur P P J Coetser, Sr.
HOE DIE OORLOG VAN 1850 BEGIN HET
"Dit was enkele herinneringe aan hoe die blanke in daardie jare gedurig geteister is deur swartes se strooptogte, hoe vee geroof is, blankes vermoor is en die swartes na hartelus alles wat voorkom geplunder het, 'n wilde en gevaarlike tyd waarvan ons nageslagte moet kennis neem, want Afrika bly Afrika, en daar mag vorentoe meer beskaafde tye kom, maar solank as die swart element in ons midde is sal dit nie minder gevaarlik vir die blanke wees nie."
In 1846 het my pa 'n rukkie by Fort Brown gewoon. Gedurende die oorlog was ek nie in goewermentsdiens nie, maar het as vrye burger diens gedoen onder generaal Somerset, wat ek goed geken het. Daarna het my ouers op goewermentsgrond gaan woon naby Dubbeldrif, waar ons die water uitgehaal, 'n huis gebou en tuine en landerye aangelê het. Na verloop van vier jaar was daar weer gerugte van oorlog wat gelui het dat die Hottentotte (Cape Corps), wat as polisie in goewermentsdiens was, saam met die swartes span om oorlog te stook. Hulle slagspreuk was: "Die Engelsman kom uit die seewater uit en moet weer daarin gejaag word."
DANIE THERON - 24 FEBRUARIE 1900
BAASVERKENNER EN HELD VAN 24 FEBRUARIE 1900
Pieter Grobbelaar
"Dit was 'n waagstuk wat ek hom voorgestel het om te doen soos wat nie oortref sou word in ons ganse bloedige stryd nie," het generaal De Wet later omtrent die stuk verkennerswerk van Danie Theron gesê wat hy tussen 24 en 26 Februarie 1900 by Paardeberg onderneem het – net 'n week na kolonel Hannay se dood op 18 Februarie.
Generaal Christiaan de Wet, die vurige Vrystaatse aanvoerder, is bekommerd. Aanvanklik het die Boere die vyand swaar verliese toegedien en veral een "Swart Week" lank die magtige Britse leër laat steier. Maar nou, na vyf maande in die veld, is die Engelse besig om met hulle getalle-oorwig alle teenstand voor hulle weg te vee. Oral stoot die groot seekat sy voelers uit en wurg die Boere aan die keel. Hier by Paardeberg het hulle juis vir generaal Piet Cronjé met vierduisend burgers vasgekeer. As hulle moet swig, sal dit 'n verpletterende slag vir die Republieke wees.
OU TESTAMENT IN DRIE DELE
DIE BYBEL (2)
Dr JP Botha
Ons het die vorige keer aandag gegee aan die samestelling van die Ou en Nuwe Testament en gaan verder voort met opvolgende historiese gegewens. Naas die Bybel as bron, is ook gegewens geput uit Die Bybel A – Z (Van der Watt en Medewerkers).
Die apostels
In die Bybel-tyd was die apostels in ‘n spesiale gesagsposisie geplaas, want hulle het saam met Jesus geleef en van Hom geleer. Hulle moes daarvoor sorg dat alles wat Hy gesê en geleer het, die boodskap van die kerk moes word en dat dit nie verdraai moes word nie. As iemand getwyfel het oor wat Jesus gesê of gedoen het, het hulle vir die apostels gevra. So is verseker dat die kerk in die voetstappe van Jesus volg. Die apostels was dus die geheue van die vroegste kerk en toe hulle minder begin word, het mense die evangelies op skrif begin stel.