Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die mens wie se gees in God geanker is, se lewensboot kan enige storm oorleef. En as jou lewenslaste te swaar word, stuur jy dit per gebedspos na Jesus. Hy verwelkom dit.
VOLKSVERRAAD (2)
Koos Bester
Lees reeks by Volksverraad
DIE AVF/ANC-OOREENKOMS
Een van die fakse wat by Radio Pretoria uitgekom het, was uit die AVF-kantoor. Dit is die "Memorandum of agreement between the African National Congress and the Afrikaner-Volksfront." Die memorandum gedateer vir ondertekening deur genl Constand Viljoen as leier van die AVF-afvaardiging en Thabo Mbeki vir 18 Desember 1993 in Johannesburg, is glad nie deur die aangewese twee onderteken nie.
Op die getikte memorandum is verskeie veranderings in handskrif aangebring deur 'n onbekende persoon.
Gegewe die inhoud van die memorandum kan met reg aangevoer word dat die AVF-leierskap totaal afgewyk het van die Konserwatiewe Party se verklaarde standpunte – soos goedgekeur deur die KP se provinsiale en spesiale kongresse – teen onderhandelings met die ANC en die besluite wat die Volksvergadering op 29 Januarie 1994 sou neem, vooruitgeloop het.
Punt 1.1 verklaar:
VOLKSVERRAAD (1)
Koos Bester
VAN KP TOT AVF
Geen enkele geskrif het dieper wonde in behoudende Afrikaner-geledere geslaan as die opsienbarende werk, VOLKSVERRAAD, van oud-Nasionale Intelligensie-agent, Piet Pretorius nie.
Dit het aanleiding gegee tot verskeie siviele gedinge. In een uitspraak ten gunste van die destydse KP-leier, dr Ferdi Hartzenberg gegee, in 'n ander teen die HNP, en in nog 'n geding teen genl Tienie Groenewald en ten gunste van die HNP en mnr Jaap Marais. Genl Groenewald het aangevoer dat mnr Marais die eintlike outeur van die boek is.
Dit is geen verrassing dat genl Groenewald met soveel wrewel teen die HNP en mnr Marais losgetrek het nie. In VOLKSVERRAAD is aangevoer dat genl Groenewald in diens van die Amerikaanse CIA sou wees; daarin is uitgewei oor genl Groenewald se broer Jan, op sy dag hoofsekretaris van die AWB en op 'n kritieke tydstip wegbreker van die AWB, se beweerde betrokkenheid by die inligtingsdienste. Die HNP het in sy lyfblad, Die Afrikaner, ook groot gewag gemaak van die bewering dat genl Groenewald die eintlike gees agter FW de Klerk se Rooi Vrydag-toespraak is, waarin die kommuniste en die ANC ontperk is.
EK IS MAAR NET AFRIKAANS
Hans du Plessis
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
"Sonder Afrikaans is ek niks," het wyle Jan Rabie by geleentheid gesê. Sonder taal is ek heeltemal niks, wil ek bysê. Ek is wat ek praat en ek praat wat ek is. Dit is taal wat van my mens maak, 'n spesifieke mens. Ek is Afrikaans omdat ek Afrikaans praat en ek praat Afrikaans omdat ek Afrikaans is, en die keuse om dit te bly, is my eie.
Ja, ek ken die statistiek, ek ken die taalkundige argumente en ek hoor die politieke retoriek, ek dink ek verstaan selfs soms die mosie. Maar maak taal dood en jy maak mense dood, want taalmoord is wettig. Natuurlik kan 'n taal doodgaan, oorle Paulus het dit hoeka vir die Korinthiërs gesê; die aarde wemel van dooie tale...
As daar een argument in die taaldebat is wat my op Engels laat lag, is dit dat Afrikaans sal bly lewe as daar mense is wat haar praat. Natuurlik is dit nodig dat iemand 'n taal praat om haar lewendig te hou, maar 'n blote praattaal se oorlewingskans is maar skraal.
SA TERRORISTE- BEWEGINGS (3)
DIE SAKP, EN UMKHONTO WE SIZWE
Lees reeks by Suid-Afrikaanse Terroristebewegings
Jeanette Koekemoer
Op 'n kongres wat vanaf 29 Julie tot 1 Augustus 1921 in Kaapstad gehou is, is die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party gestig.
Die doelwit van die SAKP, en dus hul aktiwiteite en bedrywighede, was daarop toegespits om internasionale kommunisme se ideale en doelwitte te bevorder.
'n Omskrywing van kommunisme, soos vervat in die destydse SAP 3.4 lui en verlei soos volg: "Kommunisme is 'n klaslose stelsel wat enige privaatbesit verbied en absolute gelykheid vir die hele gemeenskap daarstel – onder 'n kommunistiese stelsel sal die algemene menslike ontwikkeling gepaard gaan met 'n toename in produktiwiteit weens voortdurende vooruitgang op die gebied van die wetenskap en tegnologie; openbare welvaart sal aan die orde van die dag wees, en die edel beginsel van 'elkeen volgens sy vermoë, aan elkeen volgens sy behoeftes', sal toegepas word. Kommunisme is 'n uiters georganiseerde samelewing waarin die primêre en belangrikste eis wat aan elkeen gestel word, arbeid ter wille van gemeenskaplike welsyn is, 'n noodsaaklikheid wat ook deur almal erken word en waarin die persoonlike vermoëns van elkeen tot die bewerkstelliging van die grootste moontlike mate van volkswelsyn benut sal word."
RORKESDRIFT
LAND VAN ONS VADERS
(Lees reeks by Land van Ons Vaders)
Dr WJ de Kock
Uit die pen van 'n Britse soldaat
Wanneer ek dink aan groot nagte in dié land se geskiedenis – nagte van moed, van vlug, nagte van bloed en bid - dan is die nag van 22 Januarie 1879 onder die voorste nagte. Die plek: Rorkesdrift, Natal.
Kyk daar onder, dis Buffelsrivier daar wat met sy groot kronkeldraaie na die Tugela loop en verder, baie verder tot waar ons daardie dae die forte gebou het, nog verder tot by die see waar die seesoldate was in die swaar dae van Ketsjewajo se oorlog.
En daar, effens links, kyk, dis die berg van die "Skaap se Blaarpens" – Isandhlwana – waar 1 000 mense se bloed gevloei het die oggend voor ons die Zoeloes hier gekeer het.
En hier by ons is die plek waar ons handjievol daardie nag gestaan het. Eenkant, daardie selfde woonhuis waar die Sweedse sendeling nou woon, dit was die hospitaal. Daardie kant waar hul kerk nou staan, die pakskuur. Hier was ons laer in die middel, en hier waar ons manne nog rus, onder grafstene, netjies en wit en mooi versorg, hier het hulle tussen die Zoeloes gelê.
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (6)
WAT VAN DIE GRYS GEBIEDE?
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
Ongelowige mense probeer nie om in die lig van God se waarheid te leef nie. Dalk steur hulle hul wel aan wat reg en verkeerd is, maar hiervoor gebruik hulle hul eie maatstawwe.
Met gelowiges is dit egter anders gesteld. Hulle soek lig en leiding in die Woord van God. In hierdie opsig het hulle egter 'n probleem. Omdat die Bybel meer as 2000 jaar gelede geskryf is, en die situasie waarin die gelowiges vandag leef aansienlik verander het, kom die gelowige vandag soms voor probleme te staan wat nie in die Bybelse tye bekend was nie.
DIE ÔPPERASIETJIE
Hans du Plessis
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Hospitale is deesdae ook nie meer wat dit in die outyd was nie – veral nie hier teen betaaltyd nie! Jy kry warm tee en botterbroodjies tienuur in die oggend (as jy wakker is!); poeding by middagete – en dan is dit nog lekker ook.
Vóór die tyd natuurlik! As hulle jou eers in alle vrindelikheid aan die slaap gekry het, is dit nie weer dieselfde jy wat agterna wakker word nie – gelukkig vat die wakkerword heeldag. Jy slaap jou simpel sonder dat jou gewete jou pla. Al wat van die outyd oorgebly het, is dat hulle jou smoors vyfuur met 'n "Goeiemôre!" opboender en dit net om jou bed op te maak, sodat hulle vriendelik weer jou lig kan afsit en met die uitstap kan sê: "Slaap nou maar weer verder." Vyfuur in die middel van die nag! Wat kan daaraan " 'n goeie môre" wees, vra ek jou met trane in my oë?
'SEBLIEF, DIESELFDE ENE...
PG du Plessis
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Nou ná die reëntjie het die spul hier by ons aan die bot gegaan. Alles is aan die groei of die somer nie lank genoeg gaan wees saadskiet toe nie. Uintjies vooraan, soos altyd.
Ons is filosofies daaroor. Dis lewensfeit dat die sonde vooraan tier. 'n Mens se hart is ook maar 'n groentetuin waar jy die goeie wil laat groei en die kwade self opkom.
Jy plant, sê ek vir Mattewis, goeie voornemens, en die onkruid van jou swakhede groei die beste toe.
Vat nou die ding met Faantjie wat so gedwaal het.
Dié kom hier aan, sommer vir die kuier, want hy weet ek is ellenerig en hy't nie geld vir ander vakansie nie. Ek sê welkom, welkom, want hy's 'n aangename jong man, en hy't 'n wag in hom wat nie maklik is nie.
Sy meisie is oorsee, hy't die skoot hoog deur, hy skryf briewe met baie seëls op, dikkes. Hy kou aan penne wanneer hy sy liefde probeer in woorde kry, vind ek uit, en hy kou sy naels tot in die lewe. Van wag.
Een oggend kry ek hom waar hy in die gang op die naakte mat lê en slaap.
DIE KEEROMSTRAAT- KLIEK (2)
Lees die reeks by Die Keeromstraat-kliek
TOUTJIES AGTER SKERMS: TIELMAN ROOS (B)
Dr At van Wyk
"M.E.R. het geskryf: 'Ek het al verskillende tye van volkskrisis deurleef. Hierdie een is eienaardig; sy kenmerk is verwarring wat soms dreig om oor te gaan in paniek. Só 'n verwarring was daar nie by die Hertzog-Botha-kwessie nie, nie by die rebellie nie, nie by die oorlog tussen Engeland en die republieke nie."
Vroeg in 1932 het 'n anonieme Nataller 23 000 pond tot Roos se beskikking gestel om dit vir hom moontlik te maak om vry en ongebonde in die politiek op te tree. Hy het dit van die hand gewys uit vrees dat die geldskieter hom sy beleid sou wil voorskryf. Volgens Henry Libberman van Johannesburg het die geldmanne tog 'n houvas op Roos verkry. Sir Herbert Stanley, Britse Hoë Kommissaris in Suid-Afrika, getuig dat 'n Johannesburgse magnaat hom vertel van samesprekinge wat hy indertyd met Roos gevoer het. Dit was 'n voortsetting van onderhandelinge sedert vroeg 1930 om Roos weer in die politiek te kry. Stanley het vermoed dat die gesprekvoering 'n stadium bereik het waar Roos nie langer kon uitstel nie.
Of die anonieme magnaat sir Abe Bailey was, kan nie met sekerheid gesê word nie, maar daar is grond vir so 'n vermoede. Sir Abe en Roos het sedert 1926 al nader aan mekaar gestaan in hul begeerte om 'n middelparty, selfs 'n samesmelting van die twee hoofpartye, tot stand te bring. Mnr Charles te Water het Hertzog einde Oktober 1931 gewaarsku dat sir Abe uit Londen na Suid-Afrika vertrek het om die land van die goudstandaard te probeer afdwing.
DIE MIKROBE-SOORTE
DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (2)
SKOOLPROJEK
Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes
Jac Schoonens
Namate meer navorsers hul geleerde koppe oor die mikroskope gebuig het, was dit nodig dat die kleine diertjies van Van Leeuwenhoek 'n naam sou kry. Tot daardie tyd is veskillende name vir hulle gebruik.
In 1878 het Sédillot voorgestel om alle lewende wesentjies wat nie met die blote oog sigbaar is nie, mikrobes te noem – van die Griekse woord mikros wat 'klein' beteken.
Ons kan die mikrobes in 'n hele paar groepe onderverdeel:
SATAN SE MOORDTUIG
SIEKTE, KWALE, PYN EN LYDING
Tweederdes van die mensdom se grootste probleme is siektes, die liggaam s'n net soveel as die gees se lyding. Ons kan in die algemeen sê dat die gees en die liggaam so geïntegreerd funksioneer dat die een nie gesond kan wees indien die ander een groot lyding ervaar nie.
Nou is die vraag: waarom is daar soveel lyding, pyn en siekte in die wêreld? Ons kan dit terugherlei tot by Adam en Eva en hulle rebellie teen God in die Tuin van Eden, want toe het sonde in die wêreld gekom en sonde maak skeiding tussen God en die mens. As die mens van God geskei is, is hy weerloos teen Satan en die siektes wat hy op die mens se liggaam en gees lê. Want hy wil die kroon van God se skepping, die mens, vermoor en vernietig, en dis deur siekte en kwale wat hy dit doen.
Laat ons uit die Skrif uit oortuig word dat Satan die oorsaak van alle siekte is:
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (5)
HOE KOM MENS OP DIE GOLFLENGTE VAN DIE HEILIGE GEES?
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
Wanneer 'n soldaat, alleen in vyandige gebied, besig is met teenoperasies, dan is die beste ding waarvoor hy kan wens 'n tweerigtingradio. Kontak met sy eie hoofkwartier is van die uiterste belang:
- Sy hoofkwartier kan hom van lewensbelangrike inligting voorsien oor die vyand se bewegings. Hy kan sy besluite aan hulle oordra en met hulle uitklaar.
- Die feit dat sy mense weet waar hy is en wat met hom gebeur, kan van lewensbelang wees. Oor die radio kan hy hulp inroep. Dit is vir hom 'n versekering ingeval van nood.
Dit is presies wat die teenwoordigheid van die heilige Gees vir 'n gelowige moet beteken. As gelowiges leef ons elke dag in 'n gebied waar die vyand baas is. Ons is eintlik besig met 'n soort ondergrondse bedrywigheid in Satan se tuisarea. Die Heilige Gees is aan Christene gegee om hulle by te staan in hulle beplanning en om hulp in nood te verleen.
Die Heilige Gees was egter nie altyd so tot beskikking van die gelowiges nie. In die Ou Testament het slegs enkeles Hom ontvang – Abraham, Josef, Dawid, Daniël, Jesaja, Joël en die skrywers van die Ou Testament. Ook hulle is telkens geknaag deur die gevoel van "die afwesigheid van God". Net soos die dissipels ontsteld was oor die gedagte dat Jesus wou weggaan – eers na die doderyk, daarna na die hemel – was die mense van die Ou Testament dikwels in vertwyfeling oor waar God dan is.
DIE WIEL
PG du Plessis
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die wiel draai.
Onderdorp-kinders groei op met 'n drag griewe oor skaam-wees, ou-klere-dra, en die herinnering aan baie meerderwaardige blikke op hul verleë lewe. Hulle streef en kom bo. Hulle bly en ry blink, en hulle wys wat hulle altyd gesweer het toe hulle die binne-bitter van ek-sal-jou-wys gedra het.
Intussen gaan gesienemanskinders ten gronde, suip plase uit, bring fortuine deur, vermors erfgeld, skend familie-eer.
Nie altyd almal nie, maar altyd sommige.
Tot die dood weer sy hand oor die sand kom vee om die spulletjie gelyk te maak vir die volgende geslag se kasteeltjies.
So dink ek die dag toe ek by Van Niekerk se hek indraai.
ONTSTAAN VAN ONS VOLK IN 'N NEUTEDOP
SKOOLPROJEK
1602: STIGTING VAN DIE VOC
Gedurende die sestiende eeu het Nederland as 'n sterk handelsmoondheid na vore getree en daarin geslaag om regstreeks met die Ooste met sy speserye en ander kosbare handelsartikels handel te dryf. Ten einde die onderlinge wedywering tussen die tal van handelskompanjies wat só ontstaan het, uit te skakel, het daar in 1602, veral deur bemiddeling van die bekwame staatsman, Johan van Olderbarnevelt, 'n groot verenigde handelsliggaam tot stand gekom – die 'Generale Vereenighde Nederlandsche G'octroyeerde Oost-indische Compagnie', kortweg bekend as die VOC.
Die State-Generaal het aan die VOC 'n monopolie verleen om handel te dryf in die gebied vanaf die Kaap die Goeie Hoop ooswaarts tot by die straat van Magellaan. Die Hoogste gesag van die VOC het by die Here XVII berus en in die Ooste was daar 'n sentrale bestuur, nl die Goewerneur-Generaal en sy Raad van Indië, gesetel in Batavia op die eiland van Java.
BASTA MET OPGEE EN OORGEE
1906: 2011: DIE AFRIKANER WIL VOORTLEEF
Kriewelkop
"Dit is asof die Here ons patriotisme noudat ons uitgeroei is, beproef om te sien hoe sterk ons nasionaliteit is. Weet dit: as God u as Afrikaners in die wêreld gebring het, verwag Hy ook dat u as Afrikaners sal sterf."
Só het genl Beyers op hierdie dag, 19 Maart in 1906 in De Volkstem in Pretoria geskryf. Dit was kenmerkend van verskeie uitsprake deur politieke en kerklike leiers in die donker jare ná die Engelse Oorlog oor die Afrikaners se wil om voort te leef.
Ds HS Bosman sê in sy groeteboodskap van die Transvaalse Kerk aan die Kaapse Sinode: "Ons Kerk is onder, maar niet dood... ons volk is onder, maar niet dood."
En genl CR de Wet, die vasberade bittereinder, het tydens pres Kruger se begrafnis op 16 Desember 1904 gesê: "Onze plicht is het te strijden voor de toekomst."
Dít, is steeds die plig van elke reggeaarde Afrikaner, om vandag onder die hiel van 'n Swart kommunistiese regime te stry vir die toekoms van ons volk en ons kinders. Die Here beproef ons nou amper meer as tevore, en ons patriotisme is waarlik uitgeroei, van nasionalisme is daar by net 'n Gideonsbende iets van te bespeur, maar Hy verwag steeds dat ons as Afrikáners sal sterf; nie as verbasterdes, verdwaaldes en afgedwaaldes, verraaiers en oorgeërs nie. Ons plek is binne hierdie volk, só deur God bepaal, en hier moet ons stry om te oorleef, want stryd is lewe!
In die woorde van ds Ds HC de Wet : Wij blijven Afrikaners!
VOLKSBESINNING – TE LAAT? (3)
Lees reeks by Volksbesinning - Te laat?
Koos Bester
UITSTAANDE KENMERKE
Vir mnr Marais is die uitstaande kenmerke van die gebeure die volgende:
- Genl Viljoen het sy opwagting in die politiek gemaak as "militêre raadgewer" van mnr Andries Beyers se Afrikaner-Volksunie, wat hom spoedig by die NP gevoeg het;
- Die bedekte en konspiratoriese wyse waarop die AVF gestig is was " 'n klaarblyklike poging" om die regses in 'n strik te lok waar hulle die militêre pensioenarisse ten prooi sou val, daarop uit om glad nie vir De Klerk te stuit nie;
- Die AVF se aanvaarding van 'n "nie-rassige demokrasie" in onderhandelinge met 'n ANC-span onder leiding van Mbeki was die essensie van ANC/SAKP-beleid en maak 'n bespotting van die uitgangspunt van 'n Afrikaner-volkstaat.
- Dit was 'n obsessie by die afgetrede generaals dat onderhandelinge die enigste wyse van politieke optrede is en daardeur is ingeval by die agenda van die ANC en die NP-regering.
- Die afgetrede generaals se volgehoue wegskram van verset langs ander weë en hul vermanings teen burgeroorlog het byvoorbaat sulke optrede as laaste opsie uitgeskakel en genl Viljoen se beeld as soldaat geweld aangedoen;
JOOD SAL HY BLY...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Twee bedelaars sit 'n kort endjie van mekaar en bedel in 'n besige straat in Rome. Een hou 'n kruis voor hom, die ander een 'n groot Dawidster. Soms kyk hulle mekaar opsommend en vyandig aan. Baie mense stap verby, kyk wrewelrig na die bedelaar met die Dawidster, en gooi telkens net geld in die hoed van die bedelaar wat met die kruis sit.
'n Priester kom verby gestap,sien die twee bedelaars en kyk 'n rukkie lank hoe die mense net aan die bedelaar met die kruis iets gee. Hy besef maar altegoed waarom dié situasie heers en besluit uiteindelik hy sal die arme bedelaar met die Dawidster 'n bietjie advies gee. Hy stap nader en sê: "My arme vriend, begryp jy nie dat jy nie hier kan sit en bedel nie? Hierdie is 'n Katolieke land; hierdie stad is die sentrum van die Katolieke Kerk.
PLESIER VOOR PLIG
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'N OPDRAG IS 'N OPDRAG
Op ‘n Saterdagoggend, diep in die Vrystaatse winter, besluit Abram de Wet hy het nou genoeg gehad van die onooglike ou ruïne van ‘n ou opstal wat reg langs sy nuwe spoghuis staan. Die ou huis het metterjare so verval dat dit net goed genoeg is vir ‘n voerskuur. Slange en rotte het die plek betrek en Abram is ‘n netjiese boer.
Hy is ook ‘n goeie sakeman. Hy besluit hy kan net sowel wins maak uit die sloping van die ou huis.
“Maryna,” kondig hy die aand met slaaptyd aan. “Kom ek en jy gaan ‘n bietje vir ‘n paar dae Suidkus toe.” Maryna is vuur en vlam en die Maandag bespreek hulle ‘n woonstel in Uvongo
Abram het al die voer uit die ou huis laat verwyder en in al die vertrekke kruiwavragte droë mielieblare laat inry.
VOLKSBESINNING – TE LAAT? (2)
Lees reeks by Volksbesinning - Te laat?
Koos Bester
WANTROUE EN VERRAAD
Seker een van dié sake wat in die pad staan van eendragtige optrede deur behoudende Afrikaners, is die wantroue wat heers.
Hierdie wantroue se oorsprong is allermins spontaan, daarvoor het die inligtingsdienste, nie net van die ou en die nuwe Suid-Afrika nie maar ook dié van die buiteland, gesorg. Wat die buiteland betref moet Brittanje (M16) en Amerika (CIA) as die voorste bedrywers van veiligheidsinligting teen die behoudende Afrikaner uitgesonder word.
VOLKSBESINNING – TE LAAT? (1)
Lees reeks by Volksbesinning - Te laat?
Koos Bester
ONS VOLK SE TOESTAND
Een van die groot nadele vir 'n volk in politieke knegskap en sonder eie volksowerheid is die feit dat daar geen leier of leierskapsinstansie is wat verantwoording of die moeite doen om 'n oordeel te vel oor die toestand van daardie volk nie.
Uit die Bybel weet ons dat waar die politieke leiers (Israel se koningshuis) hierdie plig versaak het, die Here profete soos Jesaja en Jeremia geroep het om die toestand van die ouverbondsvolk aan die lig te bring. In die taal van die Bybel: die "skietlood" is ingespan om die volksbouwerk te beoordeel.