Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Onthou tog maar, dit is ewe verkeerd om almal te vertrou as om almal te wantrou...
DIE BESTAAN VAN AFRIKAANS (5)
(Lees reeks by Die bestaan van Afrikaans )
TAALVERPLASING BY VOLWASSENES
Dr JC Steyn
Taalverplasing by 'n nuwe geslag kan makliker of moeiliker gemaak word deur die houding en gedrag van die ouers en ander ouer mense. Dit is dus belangrik om te weet onder watter omstandighede ouer lede van die taalgemeenskap self 'n taalverplasing (sy dit miskien 'n onvolledige verplasing) ondergaan en wat dit is wat hulle geneë maak dat hul kinders en ander se kinders die ander taal aanneem.
'N TONG-IN-DIE-KIES-WAARHEID?
DIE DUIWEL IN DIE KERK
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Hy was ‘n bedrywige handelsreisiger wat vir die naweek spesiaal tuisgekom het met die aangename vooruitsig om in die gemeenskapsaal van die voorstad waar hy tuis was, ‘n gemaskerde bal by te woon, wat deur sy firma aan sy personeel en werkers aangebied word. Hy het uitgesien daarna en besluit dat hy dit in die mondering van die duiwel sal bywoon.
Daardie middag het hy hom geklee in die toerusting wat hy aangeskaf het, kompleet met twee bokhorinkies en die stert met ‘n weerhaak. Toe hy in die spieël kyk, het hy geskrik, want Satan het hom met ‘n dreigende grynslag begroet.
DIE TORING VAN BABEL
Lees reeks by Aan Stille Waters - Langenhoven
Soos sagmoedige Neelsie destyds gesê het: in die goeie tyd kan ons sonder 'n glimlag klaarkom; laat ons hom dan nou in die swaar tyd soek, anders gaan ons van bedruktheid dood. Maar ook nou is ons swaarste swaar maar net die swaar van ons ondankbaarheid want ons sit nog met dik snye gebotterde brood en huil oor koek, het hy bygevoeg. Laat ons dan sny vir sny van die brood met sy kwinkslae wat net Langenhoven ons kan bied in hierdie reeks met dankbaarheid afglimlag ...
DIE TORING VAN BABEL
"Maar selfs Paul Sauer kan nie 'n horlosie so stel dat hy tegelyk voor-loop en agter-loop nie; en al sê die Sappe die verskil tussen die regterhand en die linkerhand is 'n bloot professorale teorie, dan nog kos dit my die verwarring van 'n droom om 'n oorlog aan albei kante deur te sien, al is dit in die belang van Suid-Afrika en veral van die boere..."
Terwyl ek van tyd praat, een tyd en die ander tyd, val dit my by dat ek reeds, ek onthou nie waar nie, opgemerk het dat 'n man meer hoogmoedig is op die liefhebbery, waar hy 'n knoeier is, as op sy ambag waarvan hy meester is.
DRIE SUSTERS VAN DIE KAROO
LAND VAN ONS VADERS
(Lees reeks by Land van Ons Vaders)
Dolf van Niekerk
Ek ken hulle nie in die middag nie; ek ken hulle nie wanneer dit reën of in die nag nie – ek ken hulle nie in die fel sonlig wanneer die Karoo rittel en bewe van die hitte nie. Ek ken die Drie Susters net in die môre; kan jou vertel wat hulle doen terwyl die dag breek.
Ek het uit die Suide gekom: 'n dagbreek tevore weggespring, vóór Tafelberg sy nagkabaai afgegooi het, terwyl die oggendnewel oor Tafelberg se liggies soos gaas hang en die skelette van bote die gedagtes verskeep in die ruim van 'n spookskip wat ewig rusteloos sonder rus vaar en oppyl en oor die waterhorison verskiet.
Uit dié Kaap het ek noordwaarts gedraai sodat ek na baie omswerwinge die susters kon ontmoet. Want hulle is glo altyd tuis, en geen swerwer trek tevergeefs deur die Karoo nie, want die Karoo is nie suining vir ruimte nie.
VRYSTAATSE LANDSKAP
Onder hierdie opskrif het die skrywer en digter S. Ign. Mocke in 1948 hierdie pragtige natuurgedig geskryf, waarin hy die Vrystaatse landskap in die omgewing van Bothaville-Odendaalsrus besing het. Dis ons land wat nooit van ons weggeneem kan word nie.
Gee ons die eenvoud om te weet wat ons
aan jou verskuldig is, O land waarin
ons hart geluk gevind het: Uit jou grond
het ons gegroei; jou vertes het
ons oog geleer om ver te sien, die blou
afstand te skeer, oor veld en duin,
oor berg en vlei, tot waar die diep
grys lugte van jou horisonne staan:
TRANSPORTRY (2)
ONS BOEREVOLK DESTYDS
(Lees reeks by Ons Boerevolk destyds) en vorige aflewering by TRANSPORTRY (1)
Die terugreis
As die vragryer na Kimberley gelukkig was, het hy met die terugreis amper altyd weer ‘n vrag gekry in die vorm van wol of velle. Dan het die man sy bes probeer om ‘n groot terugvrag te kry. Sommige mense het selfs 36 bale wol of velle opgelaai. Dit het die wa topswaar gemaak. So ‘n wa het eenmaal op ‘n ongelyk pad tweekeer omgeval. Dit was tydrowende teëspoed. Daarom het almal maar baie versigtig gery. By elke wa was drie man om vir alles te sorg: ‘n touleier, ‘n drywer en die baas self. As daar ‘n groot klomp waens bymekaar was, moes die voorste wa die mense waarsku teen slegte plekke soos diep knikke of groot klippe in die pad. Dit was dan ‘n geroep van die een wa na die ander van “keer hot”, “pas op vir haar,” of ‘n ander waarskuwing.
VERSKEIE BEGRIPPE VAN BYBELLEES
DIE BYBEL (5)
Lees reeks by: DIE BYBEL
VERSKILLENDE MANIERE WAAROP DIE BYBEL AL GELEES IS
Die Bybel is al op baie maniere gelees en vir almal het dit geestelik iets beteken, afhangende van hoe mense die Bybel sien. Sommige lê klem op die magiese kragte van die Bybel. Die Bybel word vir sy krag gebruik en nie vir sy boodskap nie. Stukkies daarvan word om die nek gedra of onder die kopkussing gesit vir krag en beskerming. Spesiale dele uit die Bybel word ook oor en oor geresiteer om krag in die hande te kry. In baie gevalle word die Bybel oopgemaak en met die vinger op ‘n vers gedruk en dan word dit as die direkte, “natuurlike” boodskap van God gesien.
Naïef
‘n Baie algemene lees van die Bybel is impressiewe of naïewe lees. Mense tel die Bybel op, lees ‘n vers en pas dit direk op hulle geestelike lewe toe, sonder om te vra wat die gedeelte in sy oorspronklike konteks beteken het.
Dogmaties
Die Bybel is in die verlede en word nog in sommige kerke dogmaties gelees. Daar word nie gevra wat die Bybel se boodskap self is nie. Daar word eerder net bewyse (verse) uit die Bybel gesoek om die leer of tradisie van die kerk te bevestig.
DIE BESTAAN VAN AFRIKAANS (4)
(Lees reeks by Die bestaan van Afrikaans )
TAALVERPLASING BY KINDERS
Dr JC Steyn
Die taalverwisseling by die kind moet ons noodwendig sien as 'n deel van die sosialiseringsproses, soos sosioloë dit noem. Ons gaan nou kyk na die rol van die normale sosialiserende instansies in die proses van taalverwisseling.
'Taalverplasing' of 'taalverwisseling' vind onder meer en miskien veral deur middel van die gesin plaas. Dit kan op een van twee maniere gebeur:
Die ouers kan uit dieselfde taalgemeenskap kom maar om die een of ander rede besluit om van kleins af 'n ander taal met hul kinders te praat.
Byna alle Friese ouers op die platteland maak hul kinders in Fries groot, maar in die stede praat net 70 persent Fries met hul kinders. In die twintigerjare van die twintigste eeu, dus sowat 90 jaar gelede, het baie ouers in Süderlûgum in Sleeswyk met mekaar Deens gepraat en met hul kinders Duits. Sowat 60 persent van die ouers het nie hul moedertaal met hul kinders gebruik nie en daarom het die persentasie van Deenssprekende kinders in dié gebied tussen 1924 en 1931 van 60,1 tot 33,9 afgeneem.
LIEWE KIND, WEET JÝ WAT IN JOU HANDBOEK STAAN?
KRIEWELKOP
Daar word al geruime tyd voor en ná die sogenaamde Hersiene Nasionale Kurrikulum oftewel Kurrikulum 2005 oor die ANC-onderwys gevra:
Pa en Ma, weet julle wat in jul kinders se handboeke staan? Maar die tyd is nou hier om ook te vra: Liewe kind, weet jý wat in jou handboeke staan? Met die laaste vraag word egter nie bedoel of die besef van die Godlose kommunistiese leerplan tot ons deurdring nie maar of die kind wat reeds nie meer waffers vaar met taalleer vandat die ANC in beheer van skoolleerplanne is nie, nog hoegenaamd kán lees. En nou is daar nuwe kurrikulumdokumente vir standerd agt tot matriekleerlinge in die vooruitsig wat daarop neerkom dat daar met taalleer weggedoen word onder die vaandel dat dit voortaan deel van literatuur en kreatiewe skryfwerk moet wees, sommer so terloopse ietsie wat ook mettertyd sal verdwyn, en reeds besluit is dat dit ook nie afsonderlik getoets mag word nie sodat daar geen bewysbare uitsprake oor die al swakker taalwerk van leerlinge gemaak hoef te word nie.
GRASSNYER HET NIE PETROL NODIG
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
‘n Leraar was besig met huisbesoek met sy fiets, toe hy ‘n seuntjie raaksien wat op die sypaadjie ‘n grassnyer probeer verkoop. “Hoeveel wil jy vir die grassnyer hê?” vra hy. “Ek soek net genoeg geld om ‘n fiets vir my te koop,” antwoord die seuntjie. Die dominee dink ‘n bietjie en vra: “Sal jy my fiets neem in ruil vir die grassnyer?” Die seuntjie wou eers met die fiets ‘n draai ry. Toe hy terugkom, is hy gewillig om die ruil aan te gaan.
Die leraar neem die grassnyer en begin die aansitter se tou trek, maar sonder sukses. Hy roep toe die seuntjie nader en sê: “Maar hierdie grassnyer kan dan nie loop nie.” Die seuntjie sê die geheim is mens moet eers 'n paar vloekwoorde los voor hy vat. Die leraar sê dat dit nie iets is wat hy doen nie, hy kan nie eers meer onthou hoe om te vloek nie. Die seuntjie glimlag tevrede en sê: “Hou maar net aan om aan die tou te trek, omie sal gou genoeg onthou.”
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (4)
JESUS DOOP ONS MET DIE HEILIGE GEES
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
Watter wonderlike Koning is Jesus nie! Hy regeer sy onderdane nie deur mag en geweld of vrees soos die owerhede van hierdie wêreld nie, maar deur die Heilige Gees; nie met dooie wette nie, maar volgens sy Woord.
Talle mense wat eenmaal die besluit geneem het om Jesus die Koning van hulle lewens te maak, het hierdie geheim al ontdek. Tog is daar baie mensewat bely dat hulle in Jesus glo maar nog nie hierdie heerlike ontdekking gemaak het nie. 'n Besluit om Jesus die HERE van jou lewe te maak, het verreikende gevolge. Indien hy so 'n besluit geneem het, is die volgende stap om toe te laat dat Jesus jou van dag tot dag lei. Daar bestaan egter baie misverstand oor hoe Jesus 'n mens deur sy Gees regeer.
- Vir die moderne mense (wat nie meer in allerlei geeste of spoke glo nie) is dit soms moeilik om 'n idee te vorm van die Heilige Gees.
DIE BYBEL SONDER DRUKPERS
DIE BYBEL (4)
(Lees reeks by DIE BYBEL)
Die “skrifgeleerdes” hou die Ou Testament lewendig en beskikbaar
Die Hebreeuse alfabet is baie oud en het waarskynlik al bestaan toe die Jode Kanaän ingeneem het. Toe al het hulle hul geestelike ervarings met God neergeskryf. Die wet is byvoorbeeld in geskrewe vorm in die ark gesit. Hoewel mense baie op mondelinge stories staat gemaak het, was die stukkies godsdienstige dokumente tog daar om hulle mondelinge tradisies in die regte rigting te laat ontwikkel. Die wet het hulle herinner aan watter God hulle aanbid en daarom was dit die fokus van hulle verhale. Behalwe die wet is daar soms ook aantekeninge gemaak oor politieke ontwikkelings, die doen en late van konings, algemene daaglikse sake, bouplanne en so meer.
Hoewel die Joodse kinders geleer is om die wet te lees en te skryf, was daar spesiale skrywers in Israel.
DIE ONTDEKKING VAN MIKROBES
WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (1)
SKOOLPROJEK
Jac Schoonens
Die groot Duitse skeikundige, Justus von Liebig, het op 'n keer gesê: "Die wetenskap moet die belangstelling van elkeen hê..." En hoewel dit reeds meer as 'n eeu gelede is dat hierdie woorde uitgespreek is, het hulle ook in ons tyd nog niks aan waarde verloor nie. Inteendeel. En van alle takke van die wetenskap is die leer van die mikrobes een van dié wat die naaste aan die daaglikse lewe van die mens staan. Daarom gaan ons in 'n volledige reeks oor die kleinste organismes in die wêreld, maar, wat die grootste invloed op ons lewens uitoefen, meer leer oor daardie vriende en vyande van ons, iets wat almal behoort te weet soos Von Liebig gesê het.
Dit is in die ou Hollandse stadjie Delft, omstreek 1675. Die voorjaarsonnetjie rig sy vrolike strale op die graggies en skilderagtige bruggies, en op "De porceleijne Fles" waar die beroemde 'Delfts blauw' gebak word, en die strale val ook deur die klein venstertjies van die huis van die koopman Antoni van Leeuwenhoek. Hier word hulle weerkaats in die glansende metaalinstrumentjies wat sorgvuldig op rakke gebêre is.
TRANSPORTRY (1)
ONS BOEREVOLK DESTYDS
(Lees reeks by Ons Boerevolk destyds)
Ons gaan in drie artikels hieroor uitwei
Die wa is die skip vir Suid-Afrika
As die beroemde digter Da Costa die kameel die lewende skip noem, wat die koers hou deur die groot sandwoestyne, dan kan ons die ossewa die skip noem wat oor die vlaktes, berge en bulte van Suid-Afrika gedien het as die enigste middel om swaar vragte te vervoer. In die dae van die goewerneurs is die osse al ingespan om te dien as trekdiere, wat uitnemend geskik was vir die vervoer van swaar vragte in ons land.
STYGENDE BRANDSTOFKOSTE
GEEN EINDE IN SIG NIE...
Dr Pieter van der Dussen
" Die Suid-Afrikaanse verbruiker is in hierdie opsig 'n gedwonge melkkoei van die oliebedryf."
Die prys van alle petrol styg vannag om twaalfuur, op 2 Maart met 43c en die prys van diesel met 63c per liter vir motordiesel (diesel met 'n swawelinhoud van 0,005%). Dit beteken dat 95-oktaanpetrol in Suid-Transvaal R9,42 en 93-oktaanpetrol R9,27 per liter sal kos. Op 'n tenk van 60 liter veroorsaak die verhoging 'n kostestyging van sowat R26,00 wat meebring dat die motoris wesenlik drie liter minder petrol as tans vir dieselfde bedrag geld ontvang. Vir diesel is die toestand selfs erger. Die prysverhoging van 63c per liter beteken dat 'n tenk van 60 liter in Maart R38,00 meer as in Februarie sal kos – die gelyke van byna vier liter.
GERHARDUS MARTHINUS MARITZ – 1 MAART 1797
"So verleng God die dae van diegene wat hulle ouers eer, in die land van hulle vaders en bewys Hy barmhartigheid aan meer as die derde en vierde geslagte van dié wat Hom liefhet en sy Gebooie onderhou."
Op 27 April 1718 gooi die 't Raadhuis van Vlissingen anker in Tafelbaai, met aan boord die jong man Jan Morits Marits (Die van Maritz is aanvanklik met 'n s gespel). Hy was 'n soldaat in diens van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie. Soldaat wou hy egter nie lank bly nie want van sy aankoms af het hy geweet dat Barntrup in Lippe en sy geboorteland, Duitsland, hom nooit weer sal sien nie en dat hierdie onbekende land sy vaderland gaan word.
DIE MANGOZ
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die trein was onderweg van Langlaagte na Korthoogte. ‘n Plattelandse kortbroekseun wat dommer gelyk het as wat hy was, sit in ‘n koepee die verbyrollende landskap lusteloos en beskou. By ‘n klein dorpie klim ‘n man in die wa. Hierdie passasier het ‘n netjiese pak klere aan en lyk slimmer as wat hy is. Groet skaars die seun.
STERF DAN! OF KIES VANDAG REG
ONS ONHERROEPELIKE VOLKSPAD
Jeanette Koekemoer
" Selfs die begeerte om uself weer op te hef, uself te bemagtig op elke kulturele gebied sodat ons weer die politieke mag kan bekom, kan net van Hom kom."
Dit was Richard Weaver wat gesê het dat daar nie iets soos internasionale "wortels" met betrekking tot kultuur bestaan nie. Hy het hom sterk uitgespreek oor die verskansing, die beskerming van 'n volk se eie kultuurwaardes wat soos 'n heiligdom bewaar moet bly indien die volk nie verdring en vertrap, vermoor en totaal uitgewis wil word nie. Wanneer die reg van 'n volk se voorkeure in sy kultuurlewe van hom ontneem word soos dit nou met die Afrikanervolk gesteld is sodat daar nie meer een voorkeur vir 'n bepaalde beginsel bestaan nie, dan word dit 'n lewe sonder beginsels en dán verval 'n volk in 'n beginsellose pad na selfvernietiging. Geen wonder daar is onder ons volksgenote soveel gevalle van depressie, selfmoord, en veral volksverraad nie want 'net dalk is daar uitkoms aan die anderkant' van die spreekwoordelike draad!
AMAJUBA... SPITSKOP...
LAND VAN ONS VADERS
(Lees reeks by Land van Ons Vaders)
Dr WJ de Kock
Amajuba... Spitskop... Berg van die Duiwe... Colley se kop. Hoe veraf klink dit nie in die lang bloedspoor van ons geskiedenis nie? Blaai terug, laat ons lees van Brit en Boer en hoe hulle eens met die wapen in die hand teenoor mekaar gestaan het. Só was dit in Andries Pretorius se dae by Kongella, só was dit by Swartkoppies daar onder in die Vrystaat; en by Boomplaats; en toe, 'n geslag daarna, in Transvaal – die dae van Shepstone en sy anneksasie, die vreemde vlag wat oor Pretoria in 1877 gehys is; die jare van protes, van mooipraat, tot mooipraat 'n einde gekry het – by Paardekraal, Dingaansdag 1880. Met die wapen in die hand dan, as praat nie meer wou help nie.
VAN GEHEUE TOT GESKRIFTE
DIE BYBEL (3)
(Lees reeks by DIE BYBEL)
Dr JP Botha
In hierdie deel gaan ons kyk hoe die boeke van die Bybel geskryf is.
Mense in die ou tyd was vertellers
Die Evangelies is eers sowat 30 jaar of meer na die gebeurtenis waarvan dit vertel, naamlik die lewe van Jesus, geskryf. Net so is die verhale oor Abraham of Moses waarskynlik eers baie jare na die werklike gebeure geskryf.
Min mense in die ou tyd kon skryf. Daar was spesiale skrywers wat die belangrikste dokumente moes saamstel.