Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wie beheer die kontrolekamer van jóu denke? Het jy dit aan die HERE toevertrou sodat jou lewe veilig in sy Hande kan wees? Of is jyself aan die stuur daarvan? Moet dan nie verbaas wees as dinge in jou lewe verkeerd loop nie.
DIE BYBEL (12)
Dr JP Botha
HUISE IN DIE BYBELSE TYD
Omdat die Bybel oor so’n lang tyd en vir verskillende mense geskryf is, kry ‘n mens ‘n baie wye verskeidenheid woonplekke. Die heel eerste behuising in Palestina was grotte wat in die kalksteenberge uitgegrawe is. In daardie tyd was daar ook rondtrekkende groepe (nomade) waarvan die aartsvaders deel was. Hulle het natuurlik in tente gebly. Die tente was doeke wat op pale gesit is en dan ‘n groot area bedek het (nie in ‘n mooi driehoekvorm soos vandag se tente nie. Die ruimte binne-in is dan ook dikwels in kamers verdeel. Hulle kon die tente vinnig opslaan en vervoer.
Waar die mense hulle gevestig het, het hulle huise gebou. Nadat ‘n huis in Israel klaar gebou is, is dit aan die Here gewy, omdat dit as ‘n gawe uit sy hand gesien is. Hoe groot die huis was, het van die sosiale stand en rykdom van die bewoner afgehang.
MESSIAANSE MOEDERSKAP
Mev Anna van der Dussen
GESLAGSREGISTER VAN JESUS CHRISTUS NA DIE MENS
Ons glo dat ons Here Jesus Christus volkome God en volkome mens was, uitgesonderd die sonde (NGB Art 10 en 18). Jesus Christus het mens geword om aan die geregtigheidseis van God die Vader te voldoen ( HK Sondag 3). In die Kersnag is Jesus Christus in die stal van Betlehem gebore, 'n kindjie, 'n mens uit 'n vrou gebore, God wat mens geword het.
Hy is gebore soos elke ander mens uit die mensegeslag, met 'n voorgeslag in die heilshistoriese lyn.
In Matteus 1:1 lees ons 'Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham' en dan volg die name van die manlike voorgeslag van Jesus driemaal veertien geslagte, tot by Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus, wat Christus genoem word (Matteus 1:16). Ons glo en bely dat Josef nie Jesus se biologiese vader was nie. Tog word die mensheid van Jesus aan Josef se geslag gebind.
In die Bybel word Jesus al deur die profete die seun van Dawid genoem.
DIE AFRIKANER IN 'N DOODLOOP- STRAAT
Koos Bester
Daar word sedert die tagtigerjare gepraat van 'n grafskrif vir die Afrikanervolk. Mense is bereid om die Afrikanervolk dood te verklaar, ook vele wat uit die Afrikanervolk self voortgekom het. Dit is gelukkig geen mens of menslike instansie se taak om 'n volk lewend of dood te verklaar nie. Hierdie gewigtige saak is slegs die Allerhoogste beskore, Hy wat volkere en nasies in aansyn roep.
Ons is as Afrikaners nog lank voor 1994 betrokke by 'n verklaarde derde vryheidstryd. Hierdie stryd is op 20 Mei 1990 op Monumentkoppie in Pretoria by wyse van 'n plegtige onderneming en 'n gebed verklaar. 'n Beter aansporing tot omgording vir die stryd bestaan daar nie.
Was u daar?
Kan u u vandag met daardie onderneming vereenselwig?
Daardie plegtige onderneming, verwoord deur dr AP Treurnicht, het só gelui:
"Ons wat as verteenwoordigers van ons volk op 26 Mei 1990 hier op Monumentkoppie vergader is, in 'n gees van ootmoedige afhanklikheid van die Here, van toewyding aan Hom, met kinderlike geloof in sy almag en sy wyse voorsienigheid...
DIE BELEG VAN MAFEKING (4)
Lees reeks by Die Beleg van Mafeking
Dr JP Botha
DIE AANVAL OP PLATBOOMFORT
Na die Boere se nouer insluiting van Mafeking kon niemand die dorp meer ongesiens binnekom of verlaat nie en is die beweegruimte van die garnisoen en inwoners aansienlik beperk en het die beskikbare weiveld vir die dorpsvee te klein geword. Gulsige sprinkaanswerms het gedurende die vorige weke gehelp om die veld kort te hou en daarom het dit vir Baden-Powell noodsaaklik geword om ‘n poging aan te wend om die Boere op minstens een van die fronte terug te werp en hul stellings in die betrokke sektor te verower. Aangesien dit vir hom broodnodig was om met Plumer se troepemag in die noorde te probeer kontak hou, was dit die aangewese weg om die pad noordwaarts te probeer oopbreek. Hy het gereken dat as hy die Boere se Platboomfort, wat te Game Tree Hill opgerig was, kon verower, sou hy ‘n oop pad vir die Rhodesiese regimente bewerk en kon hulle van die noordekant af help om die burgermagte so besig te hou dat generaal Snyman nie in staat sou wees om enige versterkings vir ander fronte af te sonder nie en selfs genoodsaak sou word om nog meer burgers vir die beleg van Mafeking aan te vra.
VRY!
Hierdie pragtige sonnet deur AG Visser:
Op swarte agtergrond van al wat ons moet ly,
Blink as ‘n ster in duist’re nag die een woord: VRY!
U het, O Heer, ons volk met eie hand
Gelei, opdat hul rein u Woord bewaar,
Van Noord tot Suid langs weë wonderbaar
En onder vreemde sterre hier geplant.
“Om vryheidswil, verlaat die Suiderstrand,
Trek Noord en deins terug vir geen gevaar!”
‘t Was u bevel. Van Kaap tot Ewenaar
Lê nog ons bloedspoor deur die donker land!
Om weer – die vadererf verwoes, verbrand –
Na naamloos leed die onderspit te delf
In ongelyke stryd teen dwinglandy!
Ai, my! Ons ken geen ander vaderland.
Die drang na vryheid kom tog van U self;
Maak, Heer, ons volk, u Benjamin, weer vry!
SO GAAN DIT AS JY DINK JY’S WATWONDERS
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
‘n Kêrel skryf vir ons die volgende van homself:
Ek het my eie tande op ‘n baie vroeë ouderdom verloor. Dis nogal ‘n teer puntjie vir ‘n macho man wat baie gesteld is op sy uiterlike. Vanaf my tienerjare het ek baie hard aan my uiterlike gewerk. Dit was gewigoptel, hardloop, fietsry, swem, vitamines drink, rou eiers afsluk en opstootoefeninge en nog meer. Dinge wat normaalweg afwaarts moes wees, het permanent opwaarts gegaan, soos my ego. Ek was so vol van myself soos ‘n skaap wat in verlepte lusern gewei het.
Toe ontmoet ek die dolla van my drome.
DIE MOORDVIRUS (3)
Lees reeks by Die Moordvirus
EJG Norval
VIGS IN AFRIKA (1)
Dit blyk dat die eerste Afrika VIGS-gevalle vissermanne was, afkomstig van die Zaïre-kant van die Tanganjikameer, soos deur dr Piot teen die einde van die 1970's opgeteken. Die mense het aan 'n eienaardige longsiekte gely en Piot het hulle na Antwerpen oorgeplaas waar hulle ten spyte van behandeling gesterf het. Volgens Garret was die eerste VIGS-geval waarskynlik in 1977 in die Mama Yemo-hospitaal in Kinshasa, Zaïre, opgeneem en het die vrou die daaropvolgende jaar gesterf. 'n Bloedmonster van hierdie pasiënt het later bevestig dat sy aan VIGS gesterf het.
In die begin van 1983 het 'n jong Noord-Tanzaniese prostituut met VIGS-simptome gepresenteer en die storie was dat sy die virus van 'n materiaalverkoper gekry het. Die inwoners van die stat het haar toestand dadelik aan toordery toegeskryf, maar 'n Tanzaniese dokter het 'n bloedmonster geneem en dit aan die CDC vir ontleding gestuur.
Dit was daarna duidelik dat MIV ook na Afrika gekom het en die CDC het dadelik sy spanne 'safari scientists' na Afrika gestuur om die omvang van die infeksie te bepaal. Tanzaniërs wat die uitwerking van die siekte aanskou het, die uittering van en die veelvuldige Kaposi-letsels oor die hele liggaam, het aanvanklik verkies om selfmoord te pleeg deur Thiodan insekdoder te sluk wanneer hulle gehoor het dat hulle positief toets vir die nuwe siekte (wat aanvanklik die naam 'slim disease' gekry het).
WAT MIKROBES NODIG HET, EN WAT pH IS
DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (7)
SKOOLPROJEK
Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes
Jac Schoonens
" In heeltemal suiwer water is daar soveel waterstofdeeltjies aanwesig dat die pH-meter die syfer 7 aanwys. Hoe groter die getal waterstofdeeltjies hoe kleiner die pH-syfer. By 'n pH-syfer van 8 is daar 10 keer soveel waterstofdeeltjies as by pH 9. By pH 7 is dit 100 keer, by pH 6 is dit 1 000 keer, ens. By alle syfers onder 7 is die vloeistof suur, by alle syfers bokant 7 is dit alkalies."
Om te kan lewe het die mens goeie voedsel nodig, lug met voldoende suurstof, 'n temperatuur wat nie hoog en nie te laag is nie; kortom, die lewensomstandighede moet gunstig wees. Mikrobes is ook lewende wesentjies. Om te kan lewe en vermeerder moet die omgewing en die omstandighede ook vir hulle gunstig wees.
BLOEDRIVIER
Nog 'n besielende gedig deur AG Visser:
O heldeskaar wat in julle siele-angs
Julle hoë siele-adel het behou,
Aan eer en vryheid tot die dood getrou,
Vermoeid, verwond, die harde trekpad langs,
Hoe kan ons julle dank of eer betoon,
Aan julle nagedagtenis vergoed
Volharding weergaloos en stoere moed –
Ons wat op jul bloedspoor vreedsaam woon?
Geen marmersuil maak julle roem bekend,
Maar elke boerehuis wat veilig staan,
En elke ploegvoor, elke land vol graan
En elke pad is julle monument!
Vryheid het julle gedrywe, ‘n blanke wig
In donker Afrika – en daar was lig.
Mag hierdie besielende woorde elke Afrikaner wat dit lees, weer só begeester dat ons opnuut met krag sal streef om ons verlore vryheid te herwin.
VIRUSSE
DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (6)
SKOOLPROJEK
Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes
Jac Schoonens
Ten slotte nog een mikrobe waaroor ons wil praat: die virus.
Virus beteken "smetstof", en dit is dus duidelik dat dit 'n stof moet wees waardeur 'n mens besmet en siek kan word. Dit geld glad nie net vir mense nie want ook diere en plante kan deur virusse besmet word.
NIMMER OF NOU
Nog pragtige gedigte by Gedigte
Geniet saam met ons A G Visser se mooi vaderlandse gedig, Nimmer of Nou.
Wank’lende skepies op went’lende bare,
Maar ‘n standvastige hand aan die roer –
So het die Almag deur duisend gevare
Voortyds ons voorsate hierheen gevoer.
Kennelik sien ons sy hand deur die jare
Nog in die wiss’lende lot van die Boer:
Wag’lend sy wa in ‘n see van barbare,
Vas sy vertroue op God en sy roer.
Sal ons die Voortrekkerstempel bestendig –
Heer van sy hoewe en baas van sy plaas -,
Of deur verslapping ontaard en lamlendig
Op ons geboortegrond kneg word en Klaas?
Had ons die Eendrag – die Mag – van ons leuse;
Had ons die Wil om te handhaaf, te hou. . . ,
Hier lê die kruispad, en kort is die keuse,
Maklik die dwaalweg, maar. . . lank die berou!
Ja, nadat ons op ons geboortegrond die kneg en Klaas geword het, het ons nie eers meer die wil om te handhaaf en te hou nie. Presies hoe lank gaan die berou daaroor nog wees?
DIE BELEG VAN MAFEKING (3)
Dr JP Botha
Lees reeks by Die Beleg van Mafeking
Die interessante storie van LADY SARAH WILSON
Baden-Powell het gereeld van die Barolongs van by Mafeking gebruik gemaak om boodskappe na geheime agente buite Mafeking te stuur, wat dan weer onderneem het om dit aan die militêre owerheid te besorg. Een van hierdie agente, ‘n sekere mevrou Abrams wat te Taungs gewoon het, het daarin geslaag om boodskappe van Baden-Powell, wat sy deur middel van swart rapportryers bekom het, verder suidwaarts te stuur, ten spyte van die feit dat Taungs deur die Boere beset was. Hierin is sy bygestaan deur kaptein Molala, wat die boodskappers van ryperde voorsien het.
Vanaf die begin van Desember 1899 het die Boerewagte kort-kort een of meer van hierdie swart spioene gevang en van die Engelse rapporte wat hulle by hulle gehad het, onderskep. Dit het die Boere op hul hoede gestel.
Afgesien van mevrou Abrams te Taungs het Baden-Powell ook van die diens van ‘n ander vrou gebruik gemaak, naamlik lady Sarah Wilson, wat haar op die vooraand van die Oorlog te Mafeking bevind het.
DIE BYBEL (11)
Dr JP Botha
Lees reeks by DIE BYBEL
OPGRAWINGS
Die wetenskap van Argeologie help ons om deur middel van opgrawings vas te stel hoe die mense destyds geleef het, hoe die stede in die ou tyd gelyk het, waarmee die mense geëet het en wat hulle as klere gedra het. Opgrawings word sistematies gedoen en daarmee kan baie vasgestel word, maar dit bly maar net een stukkie van die groot legkaart.
Opgrawings word gedoen op plekke waar die argeoloë weet of vermoed dat daar baie jare gelede mense gewoon het. Soms is daar ruïnes, maar soms is daar niks meer oor behalwe die oorblyfsels wat onder die grond versteek is nie. Op die plek word alles versigtig opgegrawe, aangeteken en bestudeer. Daar is omtrent geen einde aan wat argeoloë kry nie; van grafte en bene, meubels, implemente, kombuisware, potskerwe, juweliersware en wapens, gebalsemde diere, oorblyfsels van kos en so meer. Soos die opgrawings op ‘n plek vorder, word die groter prentjie ook geleidelik duideliker, byvoorbeeld hoe die huis gelyk het, die buurt en die dorp.
Een van die belangrikste ontdekkings van ‘n ou Romeinse hawestad is onlangs in Xanten, Duitsland gemaak, toe hulle ‘n pad oor ‘n oop veld wou bou.
WAS DIT 'N GOEIE VRYDAG?
Gister was dit die jaarlikse herdenking van die grootste weldaad wat daar ooit aan die mensdom bewys is: die kruisiging van Jesus wie in ons plek vir ons sondes moes ly sodat ons die ewige lewe kon verkry; dit was Goeie Vrydag – in elkgeval vir sommige. Vir die meeste van die Afrikanervolk was dit 'n dag van groot jolyt, sommige reeds by hul langnaweekbestemmings, ander nog op die pad. En soos tydens die meeste Paaslangnaweke was daar sommer vroeg Donderdagaand reeds 'n hele aantal sterfgevalle op die besige landspaaie in die groot uittog na plesier. Vir dié wat die uittog op die pad oorleef het, het die druk verkeer deur die nag hulle eers baie ure later laat arriveer en kon hulle seker Vrydag goed uitrus.
Maar daar was ook diegene wat, waar hulle ookal Vrydagoggend was, die behoefte gehad het om die versoeningsete saam met die HERE te eet, in die woorde van Jesus tydens sy laaste nagmaal voor sy kruisiging, "Ek het sterk verlang om hierdie pasga met julle te eet ..."
STAP SAAM AFRIKANERVOLK!
Ons hou 'n Volksoptog op 27 April 2011
Die gemelde optoggedagte is gebore uit diepe besorgdheid ten opsigte van ‘n Volk wat ‘n baie diep identiteitskrisis beleef. ‘n Toestand wat vir baie jare reeds bekend is.
Verdermeer is hierdie Volkie in die huidige demokratiese opset gereduseer tot ‘n vreemde soort minderheidsgroep. Dit bind haar in reg om Volk te wees en het haar uitgelewer aan die wêreldmanipuleerders. Die stelselmatige ineenstorting van die huidige RSA bestel, dwing hierdie Volkie om tot eenheid oor te gaan.
Dit is van uiterste belang dat hierdie Volk self haar volkskap aankondig en fisies demonstreer.
Hierdie is ‘n eerste fase-optrede waarin ‘n uitmekaar gejaagde Volk begelei word om weer die diep emosie van Volkskap te ervaar.
VAARWEL, GELIEFDE VYAND !
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Kom ons geniet saam met P G du Plessis ‘n man se frustrasie omdat sy geliefde vyand dood is en nie meer daarvan bewus sal wees hoe heerlik-intens hy sy nagedagtenis bly haat nie!
Jy kry nie ‘n grens nie, of daar word oor die ding baklei.
Bakens, penne diep onder die grond, landmeters, énigeen kan vir twee strydende partye met jota, tittel en onverstaanbare driehoeksmeting kom bewys dis só en nie anders nie, maar een van die twee gaan kwaad daar weg oor die onregverdigheid van die wiskunde, die omkoop van regeringsamptenare, die dinge wat hy gehoor het toe hy gekoop het, of wat sy pa hom nog persoonlik uitgewys het.
Hy sal sy eie landmeter kry as hy weer een kan bekostig. . .
Elke keer as ek sien hoe gooi John McEnroe sy rakette rond, of as ek verneuk voel oor ‘n lynbeslissing in die muurbal, dan besef ek weer: jy sien dinge in jou guns maklik raak, en dié waar jy dalk verneuk kan word, nog makliker. Maar in albei gevalle sien jy meestal verkeerd. Jy sien wat jy wil sien. John sien letterlik die bal wat uit is, in, al is daar met sy oog kennelik nie veel verkeerd nie – vandaar sy raket-gooiery.
DIE BESTAAN VAN AFRIKAANS (8)
Lees reeks by Die bestaan van Afrikaans
POLITIEKE DWANGMAATREËLS
Dr JC Steyn
Fisieke geweld is een middel waarmee 'n magtige land teen 'n swakker volk kan optree. Gewoonlik gebruik hy meer "vreedsame" metodes.
Vanuit 'n taaloogpunt was een van die vreedsaamste imperialismes dié van die Romeine. Hulle het die lojaliteit van die oorwonne volkere probeer wen deur hulle goed te behandel, korrupsie en uitbuiting teen te gaan, paaie, besproeiingskanale en ander bouwerke op te rig en die gebied ekonomies te ontwikkel. Die verowerdes kon ook hul taal en godsdiens behou as hulle wou. Die Romeine was die ander tale van die ryk nie vyandiggesind nie al het hulle dit nie bevorder nie. In Egipte was alle amptelike kennisgewings net in Grieks en Latyn en selde of nooit in Egipties. In Judea is die keiserlike besluit in Grieks en Latyn op koperplate gegrif. Af en toe het die owerheid van hierdie beleid afgewyk. Een geval behandel die evangeliste Lukas en Johannes in die Nuwe Testament: toe Jesus Christus gekruisig is, was die opskrif bo-aan die kruis in drie tale: Grieks, Latyn en Hebreeus.
DIE MOORDVIRUS (2)
Lees reeks by Die Moordvirus
EJG Norval
WAAR EN WANNEER DIE OORSPRONG
Ons het in die eerste aflewering gelees hoe onverantwoordelik verskeie regerings in die wêreld omgegaan het met die VIGS-kwessie, hoe hulle op 'n spesifieke tydstip hulle siening daaroor verander het as gevolg van politieke druk en –invloed en dit klaarblyklik nie beveg nie omdat die wêreldbevolking minder gemaak moet word. Nou kyk ons eers na die ontstaan van die virus, waar en hoe dit bekend geword het.
Die meeste mense ken die afkorting VIGS, of waarvoor dit staan, Verworwe Immuungebrek Sindroom, (in Engels AIDS wat staan vir Aquired Immune Deficiency Syndrome). Hierdie siekte is in 1979 die eerste maal in San Francisco se Algemene Hospitaal by ‘n klompie homoseksuele opgemerk. Die benaming Gay Related Immuno Deficiency Syndrome of te wel GRIDS het dus hiervandaan sy oorsprong. Ons kan vandag in alle eerlikheid sê dat die media naas die VSA-regeringsagentskappe en mediese establishment die grootste aandeel daaraan gehad het om die wanpersepsie te skep dat VIGS ‘n homoseksuele siekte is, ‘n beskouing wat tot sneller verspreiding van die virus gelei het deur die aard en omvang daarvan te verswyg.
HET JESUS FISIESE BROERS EN SUSTERS GEHAD?
AKTUELE VRAE
Lees reeks by Aktuele vrae
Die Bybel leer ons dat Jesus broers en susters gehad het. "Is hy dan nie die timmerman se seun nie? Is sy ma nie Maria en sy broers Jakobus, Josef, Simon en Judas nie? "(Matt 13:55). Matt 12:46-47 en Markus 3:31-32 vertel van 'n tyd toe Jesus die mense onderrig het en Maria en sy fisiese broers buite die skare gestaan het omdat hulle met Hom wou praat.
Die Bybel sê in Johannes 7:5 dat selfs Jesus se broers Hom in die begin van sy bediening verwerp het: "Selfs sy broers het nie in Hom geglo nie".
WIERE EN OERDIERTJIES
DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (5)
SKOOLPROJEK
Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes
Jac Schoonens
Wiere
Wiere kan baie verskillend van vorm wees. Sommige maak lang drade; ander is rond of ovaal. 'n Besondere groep is die kristalwiere. Soos hulle naam aandui, vorm hulle kristalle met 'n kieselpantser wat uit twee helftes bestaan. Kieselaarde is niks anders as ontelbare sulke klein kieselpantsertjies nie.
Hoewel ook hierdie wiere mikroskopies klein is, staan hulle 'n trappie hoër as die swamme omdat hulle – net soos die hoër plante – bladgroen (chlorofil) kan vorm. Bowendien vorm hulle ook nog ander kleurstowwe sodat die groen kleur partykeer in blou, rooi of bruin verander word. In die daagikse lewe kan ons van die wiere sien soos hulle op nat vleigrond voorkom. Dikwels kry ons hulle ook as 'n groen skuim op damwater.
Die wiere is nogal taai.