Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die HERE het 'n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop – Psalms 147:11
'SEBLIEF, DIESELFDE ENE...
PG du Plessis
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Nou ná die reëntjie het die spul hier by ons aan die bot gegaan. Alles is aan die groei of die somer nie lank genoeg gaan wees saadskiet toe nie. Uintjies vooraan, soos altyd.
Ons is filosofies daaroor. Dis lewensfeit dat die sonde vooraan tier. 'n Mens se hart is ook maar 'n groentetuin waar jy die goeie wil laat groei en die kwade self opkom.
Jy plant, sê ek vir Mattewis, goeie voornemens, en die onkruid van jou swakhede groei die beste toe.
Vat nou die ding met Faantjie wat so gedwaal het.
Dié kom hier aan, sommer vir die kuier, want hy weet ek is ellenerig en hy't nie geld vir ander vakansie nie. Ek sê welkom, welkom, want hy's 'n aangename jong man, en hy't 'n wag in hom wat nie maklik is nie.
Sy meisie is oorsee, hy't die skoot hoog deur, hy skryf briewe met baie seëls op, dikkes. Hy kou aan penne wanneer hy sy liefde probeer in woorde kry, vind ek uit, en hy kou sy naels tot in die lewe. Van wag.
Een oggend kry ek hom waar hy in die gang op die naakte mat lê en slaap.
DIE KEEROMSTRAAT- KLIEK (2)
Lees die reeks by Die Keeromstraat-kliek
TOUTJIES AGTER SKERMS: TIELMAN ROOS (B)
Dr At van Wyk
"M.E.R. het geskryf: 'Ek het al verskillende tye van volkskrisis deurleef. Hierdie een is eienaardig; sy kenmerk is verwarring wat soms dreig om oor te gaan in paniek. Só 'n verwarring was daar nie by die Hertzog-Botha-kwessie nie, nie by die rebellie nie, nie by die oorlog tussen Engeland en die republieke nie."
Vroeg in 1932 het 'n anonieme Nataller 23 000 pond tot Roos se beskikking gestel om dit vir hom moontlik te maak om vry en ongebonde in die politiek op te tree. Hy het dit van die hand gewys uit vrees dat die geldskieter hom sy beleid sou wil voorskryf. Volgens Henry Libberman van Johannesburg het die geldmanne tog 'n houvas op Roos verkry. Sir Herbert Stanley, Britse Hoë Kommissaris in Suid-Afrika, getuig dat 'n Johannesburgse magnaat hom vertel van samesprekinge wat hy indertyd met Roos gevoer het. Dit was 'n voortsetting van onderhandelinge sedert vroeg 1930 om Roos weer in die politiek te kry. Stanley het vermoed dat die gesprekvoering 'n stadium bereik het waar Roos nie langer kon uitstel nie.
Of die anonieme magnaat sir Abe Bailey was, kan nie met sekerheid gesê word nie, maar daar is grond vir so 'n vermoede. Sir Abe en Roos het sedert 1926 al nader aan mekaar gestaan in hul begeerte om 'n middelparty, selfs 'n samesmelting van die twee hoofpartye, tot stand te bring. Mnr Charles te Water het Hertzog einde Oktober 1931 gewaarsku dat sir Abe uit Londen na Suid-Afrika vertrek het om die land van die goudstandaard te probeer afdwing.
DIE MIKROBE-SOORTE
DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (2)
SKOOLPROJEK
Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes
Jac Schoonens
Namate meer navorsers hul geleerde koppe oor die mikroskope gebuig het, was dit nodig dat die kleine diertjies van Van Leeuwenhoek 'n naam sou kry. Tot daardie tyd is veskillende name vir hulle gebruik.
In 1878 het Sédillot voorgestel om alle lewende wesentjies wat nie met die blote oog sigbaar is nie, mikrobes te noem – van die Griekse woord mikros wat 'klein' beteken.
Ons kan die mikrobes in 'n hele paar groepe onderverdeel:
SATAN SE MOORDTUIG
SIEKTE, KWALE, PYN EN LYDING
Tweederdes van die mensdom se grootste probleme is siektes, die liggaam s'n net soveel as die gees se lyding. Ons kan in die algemeen sê dat die gees en die liggaam so geïntegreerd funksioneer dat die een nie gesond kan wees indien die ander een groot lyding ervaar nie.
Nou is die vraag: waarom is daar soveel lyding, pyn en siekte in die wêreld? Ons kan dit terugherlei tot by Adam en Eva en hulle rebellie teen God in die Tuin van Eden, want toe het sonde in die wêreld gekom en sonde maak skeiding tussen God en die mens. As die mens van God geskei is, is hy weerloos teen Satan en die siektes wat hy op die mens se liggaam en gees lê. Want hy wil die kroon van God se skepping, die mens, vermoor en vernietig, en dis deur siekte en kwale wat hy dit doen.
Laat ons uit die Skrif uit oortuig word dat Satan die oorsaak van alle siekte is:
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (5)
HOE KOM MENS OP DIE GOLFLENGTE VAN DIE HEILIGE GEES?
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
Wanneer 'n soldaat, alleen in vyandige gebied, besig is met teenoperasies, dan is die beste ding waarvoor hy kan wens 'n tweerigtingradio. Kontak met sy eie hoofkwartier is van die uiterste belang:
- Sy hoofkwartier kan hom van lewensbelangrike inligting voorsien oor die vyand se bewegings. Hy kan sy besluite aan hulle oordra en met hulle uitklaar.
- Die feit dat sy mense weet waar hy is en wat met hom gebeur, kan van lewensbelang wees. Oor die radio kan hy hulp inroep. Dit is vir hom 'n versekering ingeval van nood.
Dit is presies wat die teenwoordigheid van die heilige Gees vir 'n gelowige moet beteken. As gelowiges leef ons elke dag in 'n gebied waar die vyand baas is. Ons is eintlik besig met 'n soort ondergrondse bedrywigheid in Satan se tuisarea. Die Heilige Gees is aan Christene gegee om hulle by te staan in hulle beplanning en om hulp in nood te verleen.
Die Heilige Gees was egter nie altyd so tot beskikking van die gelowiges nie. In die Ou Testament het slegs enkeles Hom ontvang – Abraham, Josef, Dawid, Daniël, Jesaja, Joël en die skrywers van die Ou Testament. Ook hulle is telkens geknaag deur die gevoel van "die afwesigheid van God". Net soos die dissipels ontsteld was oor die gedagte dat Jesus wou weggaan – eers na die doderyk, daarna na die hemel – was die mense van die Ou Testament dikwels in vertwyfeling oor waar God dan is.
DIE WIEL
PG du Plessis
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die wiel draai.
Onderdorp-kinders groei op met 'n drag griewe oor skaam-wees, ou-klere-dra, en die herinnering aan baie meerderwaardige blikke op hul verleë lewe. Hulle streef en kom bo. Hulle bly en ry blink, en hulle wys wat hulle altyd gesweer het toe hulle die binne-bitter van ek-sal-jou-wys gedra het.
Intussen gaan gesienemanskinders ten gronde, suip plase uit, bring fortuine deur, vermors erfgeld, skend familie-eer.
Nie altyd almal nie, maar altyd sommige.
Tot die dood weer sy hand oor die sand kom vee om die spulletjie gelyk te maak vir die volgende geslag se kasteeltjies.
So dink ek die dag toe ek by Van Niekerk se hek indraai.
ONTSTAAN VAN ONS VOLK IN 'N NEUTEDOP
SKOOLPROJEK
1602: STIGTING VAN DIE VOC
Gedurende die sestiende eeu het Nederland as 'n sterk handelsmoondheid na vore getree en daarin geslaag om regstreeks met die Ooste met sy speserye en ander kosbare handelsartikels handel te dryf. Ten einde die onderlinge wedywering tussen die tal van handelskompanjies wat só ontstaan het, uit te skakel, het daar in 1602, veral deur bemiddeling van die bekwame staatsman, Johan van Olderbarnevelt, 'n groot verenigde handelsliggaam tot stand gekom – die 'Generale Vereenighde Nederlandsche G'octroyeerde Oost-indische Compagnie', kortweg bekend as die VOC.
Die State-Generaal het aan die VOC 'n monopolie verleen om handel te dryf in die gebied vanaf die Kaap die Goeie Hoop ooswaarts tot by die straat van Magellaan. Die Hoogste gesag van die VOC het by die Here XVII berus en in die Ooste was daar 'n sentrale bestuur, nl die Goewerneur-Generaal en sy Raad van Indië, gesetel in Batavia op die eiland van Java.
BASTA MET OPGEE EN OORGEE
1906: 2011: DIE AFRIKANER WIL VOORTLEEF
Kriewelkop
"Dit is asof die Here ons patriotisme noudat ons uitgeroei is, beproef om te sien hoe sterk ons nasionaliteit is. Weet dit: as God u as Afrikaners in die wêreld gebring het, verwag Hy ook dat u as Afrikaners sal sterf."
Só het genl Beyers op hierdie dag, 19 Maart in 1906 in De Volkstem in Pretoria geskryf. Dit was kenmerkend van verskeie uitsprake deur politieke en kerklike leiers in die donker jare ná die Engelse Oorlog oor die Afrikaners se wil om voort te leef.
Ds HS Bosman sê in sy groeteboodskap van die Transvaalse Kerk aan die Kaapse Sinode: "Ons Kerk is onder, maar niet dood... ons volk is onder, maar niet dood."
En genl CR de Wet, die vasberade bittereinder, het tydens pres Kruger se begrafnis op 16 Desember 1904 gesê: "Onze plicht is het te strijden voor de toekomst."
Dít, is steeds die plig van elke reggeaarde Afrikaner, om vandag onder die hiel van 'n Swart kommunistiese regime te stry vir die toekoms van ons volk en ons kinders. Die Here beproef ons nou amper meer as tevore, en ons patriotisme is waarlik uitgeroei, van nasionalisme is daar by net 'n Gideonsbende iets van te bespeur, maar Hy verwag steeds dat ons as Afrikáners sal sterf; nie as verbasterdes, verdwaaldes en afgedwaaldes, verraaiers en oorgeërs nie. Ons plek is binne hierdie volk, só deur God bepaal, en hier moet ons stry om te oorleef, want stryd is lewe!
In die woorde van ds Ds HC de Wet : Wij blijven Afrikaners!
VOLKSBESINNING – TE LAAT? (3)
Lees reeks by Volksbesinning - Te laat?
Koos Bester
UITSTAANDE KENMERKE
Vir mnr Marais is die uitstaande kenmerke van die gebeure die volgende:
- Genl Viljoen het sy opwagting in die politiek gemaak as "militêre raadgewer" van mnr Andries Beyers se Afrikaner-Volksunie, wat hom spoedig by die NP gevoeg het;
- Die bedekte en konspiratoriese wyse waarop die AVF gestig is was " 'n klaarblyklike poging" om die regses in 'n strik te lok waar hulle die militêre pensioenarisse ten prooi sou val, daarop uit om glad nie vir De Klerk te stuit nie;
- Die AVF se aanvaarding van 'n "nie-rassige demokrasie" in onderhandelinge met 'n ANC-span onder leiding van Mbeki was die essensie van ANC/SAKP-beleid en maak 'n bespotting van die uitgangspunt van 'n Afrikaner-volkstaat.
- Dit was 'n obsessie by die afgetrede generaals dat onderhandelinge die enigste wyse van politieke optrede is en daardeur is ingeval by die agenda van die ANC en die NP-regering.
- Die afgetrede generaals se volgehoue wegskram van verset langs ander weë en hul vermanings teen burgeroorlog het byvoorbaat sulke optrede as laaste opsie uitgeskakel en genl Viljoen se beeld as soldaat geweld aangedoen;
JOOD SAL HY BLY...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Twee bedelaars sit 'n kort endjie van mekaar en bedel in 'n besige straat in Rome. Een hou 'n kruis voor hom, die ander een 'n groot Dawidster. Soms kyk hulle mekaar opsommend en vyandig aan. Baie mense stap verby, kyk wrewelrig na die bedelaar met die Dawidster, en gooi telkens net geld in die hoed van die bedelaar wat met die kruis sit.
'n Priester kom verby gestap,sien die twee bedelaars en kyk 'n rukkie lank hoe die mense net aan die bedelaar met die kruis iets gee. Hy besef maar altegoed waarom dié situasie heers en besluit uiteindelik hy sal die arme bedelaar met die Dawidster 'n bietjie advies gee. Hy stap nader en sê: "My arme vriend, begryp jy nie dat jy nie hier kan sit en bedel nie? Hierdie is 'n Katolieke land; hierdie stad is die sentrum van die Katolieke Kerk.
PLESIER VOOR PLIG
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'N OPDRAG IS 'N OPDRAG
Op ‘n Saterdagoggend, diep in die Vrystaatse winter, besluit Abram de Wet hy het nou genoeg gehad van die onooglike ou ruïne van ‘n ou opstal wat reg langs sy nuwe spoghuis staan. Die ou huis het metterjare so verval dat dit net goed genoeg is vir ‘n voerskuur. Slange en rotte het die plek betrek en Abram is ‘n netjiese boer.
Hy is ook ‘n goeie sakeman. Hy besluit hy kan net sowel wins maak uit die sloping van die ou huis.
“Maryna,” kondig hy die aand met slaaptyd aan. “Kom ek en jy gaan ‘n bietje vir ‘n paar dae Suidkus toe.” Maryna is vuur en vlam en die Maandag bespreek hulle ‘n woonstel in Uvongo
Abram het al die voer uit die ou huis laat verwyder en in al die vertrekke kruiwavragte droë mielieblare laat inry.
VOLKSBESINNING – TE LAAT? (2)
Lees reeks by Volksbesinning - Te laat?
Koos Bester
WANTROUE EN VERRAAD
Seker een van dié sake wat in die pad staan van eendragtige optrede deur behoudende Afrikaners, is die wantroue wat heers.
Hierdie wantroue se oorsprong is allermins spontaan, daarvoor het die inligtingsdienste, nie net van die ou en die nuwe Suid-Afrika nie maar ook dié van die buiteland, gesorg. Wat die buiteland betref moet Brittanje (M16) en Amerika (CIA) as die voorste bedrywers van veiligheidsinligting teen die behoudende Afrikaner uitgesonder word.
VOLKSBESINNING – TE LAAT? (1)
Lees reeks by Volksbesinning - Te laat?
Koos Bester
ONS VOLK SE TOESTAND
Een van die groot nadele vir 'n volk in politieke knegskap en sonder eie volksowerheid is die feit dat daar geen leier of leierskapsinstansie is wat verantwoording of die moeite doen om 'n oordeel te vel oor die toestand van daardie volk nie.
Uit die Bybel weet ons dat waar die politieke leiers (Israel se koningshuis) hierdie plig versaak het, die Here profete soos Jesaja en Jeremia geroep het om die toestand van die ouverbondsvolk aan die lig te bring. In die taal van die Bybel: die "skietlood" is ingespan om die volksbouwerk te beoordeel.
ONS VOLK VERGAAN...
WAAROM ONS VOLK DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG EN DIE STRYD OM DIE BEHOUD VAN DIE BLANK-BEHEERDE SUIDER-AFRIKAANSE STATE VERLOOR HET
Mike du Toit
Daar bestaan ‘n verskeidenheid van redes waarom ons volk die Derde Vryheidsoorlog en die stryd om die behoud van die Blank-beheerde Suider-Afrikaanse state verloor het. Sedert die sestigerjare het verskeie eksterne invloede op ons volk ingewerk terwyl net so baie interne faktore ‘n nuwe gemoedstoestand by ons volk geskep het.
Die eerste faktor wat ‘n rol gespeel het is ‘n gebrek aan kennis en insig by ons volk.
VAN LEIPOLDT SE MOOISTE
WAAR DIE KOORSBOOM
Waar die koorsboom sy geel aan die wêreld vertoon,
O wyd is die vlakte, die vlakte!
En geil is die groei van sy katdoring-kroon
Wat groei op die vlakte, die vlakte.
Met geilste klimop in geen jare gesnoei,
Waaronder die blou-apies klouter en knoei –
Die volk van die vlakte, die vlakte!
DIE WYNKELDER
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Knuppel Steyn was op skool al so voor op die wa. As hy die idee kry om geld te maak of iets nuuts te patenteer, het dit gewoonlik gewerk. Daarom was nie een van sy ou skoolmaats verbaas dat Knuppel agt jaar nadat hy die skool verlaat het, reeds ‘n skatryk man was nie. Hy het ‘n oop hart vir ander gehad, maar het hom van niemand laat ondersit nie.
As gevolg van Knuppel se rykmansposisie moes hy baie skemerkelkies en funksies en sosiale lastighede bywoon. Toe het hy weens die gemis van iemand aan sy sy wat hom kon bystaan, vir hom in die Kaap ‘n mooi blonde poppie gaan haal. Met verloop van tyd het Knuppel ontdek dat haar naam nie verniet “Flirtruida” was nie.
AFRIKAANSE TAALKWESSIES (3)
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by Afrikaanse Taalkwessies
In hierdie aflewering behandel ons 'n paar voorbeelde uit die talle kwessies waar verwarring bestaan oor 'n woord of 'n uitdrukking wat dalk reg klink maar verkeerdelik gebruik word; en hoe dit wel gebruik moet word:
Aansit x voorgee:
Jy kan kan by die tafel gaan aansit, maar jy kan nie aansit deur voor te gee dat jy siek is nie – jy gee voor dat jy siek is.
Aanstootlik x afstootlik:
Die afstootlike = walglike- vent, gee 'n mens groot aanstoot =ergerniswekkend.
Aantal x getal:
'n Groot aantal mense is vermoor = jy weet nie presies hoeveel nie; die getal van 60 mense word per dag in die Nuwe Suid-Afrika vermoor = jy weet hoeveel.
SA TERRORISTE- BEWEGINGS (2)
Lees reeks by Suid-Afrikaanse Terroristebewegings
Jeanette Koekemoer
"Dit was die buitelandse opleiding wat PAC-terroriste moes ontvang. Nadat die PAC besef het dat hulle slegs sukses kon behaal indien hulle leër goed opgelei is en opstand en geweld binnelands kon loods, het dit tot gevolg gehad dat lede landuit gestuur is om opleiding in verskeie lande te ontvang. Van die lande was onder andere Libië en Rooi China."
Alle terroristebewegings in Suid-Afrika was verbode omdat hulle strewe na bloedvergieting en omverwerping van wet en orde nie in 'n land waar beskaafde Blankes wou oorleef geduld kon word nie. Nadat De Klerk Mandela sonder 'n mandaat van die kiesers in 1992 met valse beloftes en op aandrang van die internasionale geldmag uit die tronk gehaal het, is hulle almal ontban en nou op een of ander vlak aan't stuur van hierdie voormalige Eerstewêreldland.
Die Pan African Congress (PAC), het ontstaan as gevolg van tweespalt in die geledere van die ANC. Die wrywing in die ANC het veral gedurende 1943 toe die ANC veelrassig geword het ontwikkel - geswore kommuniste soos Joe Slovo en ander was nie 'Swart' genoeg nie. Die spanning is verhoog met aanvaarding van die Freedom Charter in 1955, die 'Vryheidsmanifes' wat met kommunistiese hulp, heelwat van hulle nie Swart nie, opgestel is. Dit was vir die ontevredenes, die Swart nasionaliste, geheel en al onaanvaarbaar en hulle het toe van die ANC af weggebreek. Op 4-6 April 1956 het hierdie 'Africanists' 'n konferensie gehou waartydens die PAC gestig is.
BYBELVERTALING
Lees reeks by: DIE BYBEL
DIE BYBEL (7)
Die Bybel is vroeg reeds vertaal
Solank mense die Bybel in hulle eie taal wil lees, sal Bybelvertalings gedoen word. Toe die Jode nie meer Hebreeus kon lees nie, is die Hebreeuse Bybel drie eeue vC reeds in Grieks (die Septuagint) vertaal sodat hulle dit maklik kon lees.
In die vroeë kerk is die Bybel vinnig in’n verskeidenheid tale vertaal. Toe die kerk in Rome die godsdiens in die Weste begin domineer het, is die Bybel in Latyn vertaal. Daar is reeds in 150 nC met Latynse vertalings begin. In die vierde eeu is daar ‘n formele Latynse vertaling gedoen. Dié vertaling is die Vulgaat genoem en was die hoofvertaling wat tot met die Hervorming in die Westerse kerk gebruik is.
In ongeveer 160 nC is daar met ‘n Siriese vertaling begin en teen die einde van die eeu was daar ook ‘n Koptiese vertaling. Baie ander tale het vinnig gevolg.
DIE KEEROMSTRAAT- KLIEK (1)
INLEIDING TOT ARTIKELREEKS
Die hoofkarakter in hierdie artikels is "Die Burger', die koerant wat in die dertigerjare deur sommige bestempel is as "die siel van ons volk", en deur ander gesien is as die "smerige leuenaar van Keeromstraat.'" Laasgenoemde het gekom van genl Hertzog wat daarmee bedoel het die "ondermynende" bondgenootskap, gesetel in Keeromstraat, Kaapstad, van die Nasionale Pers en die Kaaplandse Nasionale Party. Om die 'booswigte' by naam te noem, dr DF Malan, maar veral en bowenal dr Albertus Geyer, "Ysterman", redakteur van Die Burger, en hul geesgenote in Pers en Party. (Met Die Volksblad van Bloemfontein, half onseker, in een kraal. ) Die "kliek" se sonde in die oë van genl Hertzog: hulle het sy en genl Smuts se planne gedwarsboom om van Afrikaans- en Engelssprekendes één, verenigde 'volk' te maak.
In hierdie aflewerings volg die verhaal van drie van die stormagtigste jare in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, 'n verhaal van broedertwis soos die Afrikanervolk nie weer beleef het voor in die 21e eeu nie, die politieke geskiedenis van 1932 tot 1934. In 1932 was die Nasionale Party onder Hertzog nog stewig in die saal. Maar met droogte, armblanke-werkloosheid en finansiële onrus net so erg soos in 2011, en natuurlik met Tielman Roos... kom koalisie toe in 1933; en samesmelting van die NP en die SAP in 1934.