Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die hele lewe bestaan uit nederlae, oorwinning deur opstaan, weer val en weer probeer. Oorwinning lê dus nie daarin dat jy nooit mag struikel nie, maar wel daarin dat jy sal opstaan elke keer as jy geval het.
EERBIEDIG JULLE OUERS
Hannes Ollewagen
Efésiërs 6:1-9
“KINDERS, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg. Eer jou vader en jou moeder – dit is die eerste gebod met ‘n belofte – sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.” (:1-3).
Geliefdes, ons wêreld gaan mank aan mense wat verstaan wat eerbied en respek is. Die mens van vandag het min respek vir homself en vir sy medemens. En ‘n mens wat vir homself en vir sy medemens en meerderes nie respek het nie het ook vir God geen respek nie. Ja, ‘n mens behoort te erken dat die mag wat oor hom aangestel is deur God daargestel is.
“LAAT elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom aangestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel, sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; …” (Rom. 13:1&2).
Ja, geliefdes en veral jongmense, dit sluit ook die mag in wat God in die hande van ouers geplaas het. Godvresende ouers word deur God die verantwoordelikheid opgelê om hul kinders in die tug en vermaning van die Here op ‘n Godvresende wyse groot te maak.
“En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.” (Efés. 6:4).
En daarom verwag God dat kinders hulle ouers hiervoor sal respekteer en aan hulle die nodige eerbied betoon.
1951: SA-SEEMAG HERBENOEM TOT SA VLOOT
KULTUURDAGBOEK 1 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die naam Suid-Afrikaanse Seemag word op dié dag met die naam Suid-Afrikaanse Vloot vervang. Daardie vloot het in die dekade wat gevolg het, 'n eg Suid-Afrikaanse karakter aangeneem. Nie net is die Simonstadse skeepswerf in April 1957 formeel aan die Suid-Afrikaanse Vloot oorhandig nie, maar is die titel HMSAS (Haar Majesteit se Suid-Afrikaanse Skip) voor die skeepsname in 1952 verkort tot SAS.
DIT IS WEER OUJAARSDAG
Ds A.E. vd Berg
Oujaarsdiens
“En toe hulle by Mísië kom, het hulle probeer om na Bithínië te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie”(Hand.16:7).
Ons leef net eenmaal op die aarde en nooit weer nie. Daarom moet ons alles wat eerbaar is doen om sin daaraan te gee. Wat ons nie doen nie, is ons vir altyd kwyt. Daarom is dit goed om vooruitsigte te hê. God wil dat ons hoog mik en sukses behaal. By geleentheid neem ʼn Amerikaanse onderwyseres haar klas na die Withuis en vra hulle daarna om ʼn opstel oor hul ervaring te skryf. Een seun begin dit met: “Dankie vir die geleentheid om gister my toekomstige ampswoning te kon besoek”. Hy het sommer baie hoog gemik!
Ons kan die nuwe jaar nie sonder sinvolle voornemens aanpak nie. Dit kan ʼn jaar van groot veranderings in ons land wees. Op politieke gebied moet daar ʼn waterskeiding kom. Totdat God se Woord gehoorsaam word, gaan die kerklike verwarring voortduur. Op kulturele gebied sal vrysinnige volksgenote hulself nog verder vasdraai en die volksvyand sal dit wat eerbaar is, nog verder afbreek. Gedagtes hieraan, laat baie mense wat glo dat hulle pionne op die skaakbord van die noodlot is, nie juis na die nuwe jaar en toekoms uitsien nie.
TRADISIONELE OUJAARS- GEBRUIKE
KULTUURDAGBOEK 31 DESEMBER
Dit is 'n baie ou Afrikaanse gebruik wat reeds uit die eerste kwart van die negentiende eeu dateer om op Oujaar fees te vier en die nuwe jaar in te lei met jolyt. Dit is egter 'n ouer en goeie gebruik om die jaar met 'n kerkdiens af te sluit en die nuwe jaar op dieselfde wyse te begin. By dié geleentheid kyk gelowiges in ootmoedige dankbaarheid teenoor die Here terug oor die afgelope jaar en vertrou hulle hul aan God se sorg en leiding toe vir die komende jaar. Dié diens strek daarom gewoonlik vanaf die laaste gedeelte van die ou jaar tot in die eerste minute van die nuwe jaar.
WAT HET MET ONS LAND GEBEUR? (2)
2. Godsverheerliking
God se uitverkorenes is daarop ingestel om Hom te verheerlik:
“Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!”(Ps.150:6).
God word op talle maniere verheerlik. Eerstens deur te bely dat Christus die Here is. Omdat hulle nie sy heerskappy wil aanvaar nie, wil die godvyandige wêreld niks daarvan weet nie.
Gelowiges verheerlik God ook in hul doen en late:
“ Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God” (1 Kor.10:31).
God word ook deur sonde, belydenis en getroue gehoorsaamheid aan sy Woord verheerlik. Van Abraham word gesê:
“En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee” (Rom.4:20).
Paulus lê egter baie sterk klem op sedelike reinheid as ʼn verheerliking van God:
1877: ADV JHH DE WAAL
KULTUURDAGBOEK 30 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Hendrik Hofmeyr (Jannie) de Waal, is op hierdie dag op Bakkerskloof, Somerset-Wes, gebore. Nadat hy sy opleiding in Kaapstad voltooi en 'n tyd lank in die onderwys gestaan het, vertrek De Waal in 1894 na Londen om hom daar as advokaat te bekwaam.
Terug in Suid-Afrika sedert 1897, sou hy die eerste advokaat word wat 'n saak in die hooggeregshof in Afrikaans bepleit.
In April 1903 aanvaar hy die redakteurskap van die maandblad De Goede Hoop. Aangesien hy 'n groot voorstander van Afrikaans as skryftaal was, maak hy wel deeglik gebruik van sy posisie om self verhale te skryf, onder meer Johannes van Wyk, wat eers as vervolgverhaal in sy tydskrif verskyn onder die skuilnaam 'Jannie'. In 1906 verskyn dit in boekvorm as eerste Afrikaanse historiese roman. So verskyn ook 'n aantal toneelstukke waarvan Anjelina die eerste is.
1831: 1e UITGAWE GRAHAM'S TOWN JOURNAL
KULTUURDAGBOEK 30 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1820 het die Britse Setlaars 'n houtpers met hulle saamgebring, maar die owerheid wat gevrees dat daarmee die openbare mening aan die Oosgrens verenig kon word, het die pers gekonfiskeer. 'n Tydlank is dit vir regeringspublikasies in Graaff-Reinet gebruik totdat Louis Henri Meurant dit op 'n veiling in 1831 gekoop het.
Op 30 Desember 1831 het die eerste uitgawe van die Graham's Town Journal verskyn en gou sou dit in die omgang tot die 'Setlaar's Bybel' gedoop word. As die enigste koerant tot 1840 buite die Kaapse Skiereiland, het dit as die spreekbuis van die Oosgrens se blankes 'n groot invloed gehad.
VERAGTELIKE BLANKE AGENTE
Adriaan Snyman
Op 17 Januarie 1916 het Siener ‘n visioen gehad wat eers in ons tyd bewaarheid sou word. In die gesig het hy gesien ons sal in die toekoms nog daal tot die vlak van die nie-blankes; selfs in ons voorkoms (kleredrag) en optrede sal ons soos hulle lyk en doen; maar nog erger, hy het ook gesê ons gaan (net soos hulle) niks vir mekaar omgee nie, mekaar uitbuit, in die rug steek, en teen betaling aan die vyand uitlewer.
Die dag toe hy hierdie gesig aan Kerneels Nieuwenhuis meegedeel het, het hy bewoë bygevoeg: “Ja, Kerneels – ons is ‘n veragtelike volk!”
Daar gaan byna nie ‘n dag verby dat die media nie hierdie skandvlek in ons volksiel met koelbloedige leedvermaak aan die wêreld uitbasuin nie, en ‘n perverse behae daarin skep om die behoudende regses as ‘n spul onopgevoede skobbejakke sonder integriteit, eer of selfrespek voor te hou.
In ‘n artikel Lies, Spies and slush-funds het ‘n nie-blanke joernalis ‘n gewetenlose komplot teen die Boere onthul. Verraderlike blanke agente van die ANC het hulself as verregse elemente voorgedoen om die behoudendes onder ons te diskrediteer.
WAT HET MET ONS LAND GEBEUR?
Suid-Afrika beleef sedert 1994 ʼn sedelike vryval nadat die Christen-grondwet tot niet gemaak en die land amptelik tot ʼn wêreldstaat verklaar is. Die lugleegte wat dit gelaat het, laat misdaad hoogty vier en geweld sulke ongekende afmetings aanneem, dat mense daagliks selfs binne hul huise vir hulle lewens vrees.
Dis nie ʼn demokrasie nie maar eerder ʼn skrikbewind waar barbaarse optrede gangbaar is, plaasmoorde die hoogte inskiet, dwelmverslawing epidemiese afmetings aanneem, dissipline sienderoë kwyn, woede oral opbou en booswigte die land daagliks plunder. Aanspreeklikheid het’n stille dood gesterf, gesonde werksetiek het skaars geword en infrastrukture in duie laat stort.
Daarbenewens het onderwys ʼn ongekende laagtepunt bereik en word ʼn geslag jongmense sonder kennis van die Bybel groot. Dit voorspel niks goed vir die toekoms nie! Die vraag op almal se lippe is: Wat het met ons land gebeur? Waarom val alles uitmekaar? Wat gaan aan?
1811: MOORD OP LANDDROS A STOCKENSTRÖM
KULTUURDAGBOEK 29 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die oorsprong van die moordlustigheid en onbetroubaarheid wat swart op blank openbaar, het waarskynlik geen datumverwysing nie aangesien dit maar altyd bestaan het – en altyd sal; wie dit nie glo nie is naïef, onkundig oor die swart-kultuur en oningelig oor die verlede. Ook die gebeure op hierdie dag in 1811 getuig van die barbaarse gewelddadigheid van die swartman. Landdros Anders Stockenström was bekend vir sy ooglopende gewildheid as vriend en weldoener onder die swartes. Spesifiek onder die Kôsas het hy bekend gestaan as 'n witman met 'n oop hand.
1909: BRIEF VAN LOUIS BOTHA OOR AFRIKANERBOND
KULTUURDAGBOEK 29 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Vyf jaar voor hy sy ware kleure as verraaier en liefhebber van Brittanje tydens die rebellie wys, skryf Louis Botha op hierdie dag van sy plaas Rusthof af aan FS Malan in die Kaap dat hy – Botha – baie bly daaroor is dat Malan vir Onze Jan Hofmeyr as leier van die Afrikanerbond opgevolg het.
Hy sou verder graag die Bond landwyd as 'n sterk politieke faktor wil sien word. Maar hy het veral gehoop dat die gematigde ondersteuners van die Progressiewe Party met die ander partye soos die Bond, die Orangia-Unie en die Het Volk-party sou saamwerk.
1912: "MISHOOP"- VERGADERING; HERTZOG SE WAAKSAAMHEID- KOMITEE
KULTUURDAGBOEK 28 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Met die samestelling van die eerste Unie-kabinet wou die aangewese premier, genl Louis Botha, nie graag sy vroeëre mede-generaal van die Engelse Oorlog, genl JBM Hertzog, insluit nie. Dit was polities egter onvermydelik. Van die begin af het Hertzog, die Afrikaner in Suid-Afrika, en Botha, die konsilialis in Britse skaduwee, die toekomspad gesoek.
In 1912 het die politieke bom ná Hertzog se De Wildt-toespraak gebars. Die gevolg was dat hy uit genl Botha se nuwe Kabinet gelaat is. Maar die getroue Afrikaners het hulle om Hertzog geskaar en hom hulle persoonlike steun, voorbidding en politieke hulp aangebied.
Tielman Roos het landwyd 'n volksprotes teen Hertzog se weglating gereël. Ongeveer 5 000 Afrikaners het op hierdie dag in Pruisepark, Pretoria, regoor die standbeeld van pres Paul Kruger, byeengekom. Die platform was 'n hoop verrotte gras wat vir bemesting in die park gebruik sou word.
NARSISME
Persoonlikheidselfmoord
Ds. A.E van den Berg
Narsisme is ʼn persoonlikheidsafwyking wat weens ʼn oordrewe sin van eie belangrikheid ontstaan. Dis aan ʼn Griekse mite ontleen wat vertel van Narsissus, ʼn buitengewoon aantreklike jongman, wat ʼn profesie van ʼn blinde profeet ontvang het dat hy baie oud sou word indien hy nooit sy eie gesig sou sien nie.
By geleentheid wou hy sy dors in ʼn waterpoel gaan les toe hy sy gesig sien en ter stond daarop verlief geraak het. Terwyl hy buk om van die water te drink, het die beeld van sy gesig verdwyn. Bang om dit te verloor, het hy daarna bly kyk waarna hy later van dors gesterf het en die narsingblom met sy geboë steel op daardie selfde plek opgekom het.
Hierdie mite waarsku teen oordrewe selfliefde. So ʼn selfliefde laat ʼn mens so in sy eie ego verstrengel raak, dat hy uit voeling met die werklikheid raak en as’t ware emosionele selfmoord pleeg. Mans is meer tot Narsisme geneig as vroue. Dis ʼn ergerlike persoonlikheidsversteuring wat deur ʼn samestelling van genetiese en omgewingsfaktore gevorm is. Navorsing het bevind dat buitensporige ouerbewondering, vrye teuels en gebrekkige tuisdissipline ʼn teelaarde vir Narsisme is. Gewoonlik is net een van die ouers daarvoor verantwoordelik.
1838: SLAG BY OPATEKLOOF EN UMFOLOZI- VLAKTE
KULTUURDAGBOEK 27 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
“Hierdie slag het 'n uiters betekenisvolle rol in ons geskiedenis gespeel, want indien die Zoeloes hulle oorrompel het, sou die oorwinning by Bloedrivier tot niet gemaak wees”.
Ná die Slag by Bloedrivier het die Wenkommando Dingaanstat besoek en laer op die Entonjaneni-hoogte getrek. Op 27 Desember het 'n kommando van ongeveer 300 man en 40 Port Natalse swartes uitgetrek om die Zoeloes aan te val en die beeste wat op 17 Februarie by Bloukrans gesteel is, terug te kry.
Volgens Bongoza, 'n Zoeloespioen wat hom klaarblyklik opsetlik gevange laat neem het, was die beeste in die nabygeleë Opatekloof. Pretorius se gewonde hand het begin pyn en hy het die bevel aan Karel Landman oorgedra en na die laer teruggekeer. Halfpad in die kloof af het Bongoza verdwyn en het die Zoeloe-krygers, nadat 'n deurdringende kreet vanuit die koppie weerklink het "i zi pagati (hulle is binnekant!)", uit die klowe gestorm om die kommando van die laer af te sny.
1932: SA STAP VAN GOUD- STANDAARD AF
KULTUURDAGBOEK 27 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het die Reserwebank en die vernaamste handelsbanke in 'n formele brief aan die Minister daarop gewys dat die geskil rondom die afstap van die goudstandaard onhoudbaar geword het.
Nadat Brittanje op 21 September 1931 andermaal die goudstandaard opgeskort het deur die Bank van Engeland te onthef van sy verpligting om staafgoud op aanvraag te verkoop, het die vraag ontstaan en is omvattend bespreek of Suid-Afrika Brittanje se voorbeeld moet volg. Hierdie debat het hom afgespeel in 'n toestand van ernstige ekonomiese depressie wat in Suid-Afrika en die meeste ander lande van die wêreld geheers het.
Terwyl dit in wese oor 'n ekonomiese aangeleentheid gegaan het wat op grond van ekonomiese argumente besleg moes word, het dit spoedig 'n sterk politieke inslag gekry.
1905: KERKDIENSTE
KULTUURDAGBOEK 26 DESEMBER 1905
Lees volledig by Kultuurdagboek
Dit was aan die begin van die twintigste eeu nog die gebruik om op Tweede Kersdag, Tweede Paasdag en Tweede Pinksterdag gereeld kerkdienste te hou.
Op Tweede Kersdag in 1905 het dit egter dae lank op Stellenbosch en omgewing gereën. Dit was 'n harde en aanhoudende reën en die omgewing was so deurdring van water dat daar haas geen aktiwiteite soos kerkdienste, kon plaasvind nie. Daarvandaan het die gebruik uitgesterf.
KERSBOODSKAP
ONS CHRISTUSFEES
Ds Andrè van den Berg
“Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die Here My gesalf het om ’n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart; om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis” - Jes.61:1
Dit is weer Kersfees – of soos ons eerder sê: Christusfees !
Hierdie fees is anders as die res van die Christelike feesdae omdat dit net van vreugde spreek. Tydens Lydenstyd raak ons bedroef as ons aan Jesus se lyding dink, maar hierdie fees is louter vreugde. Vergeef maar as mens dit soms steeds Kersfees noem aangesien die meeste mense uit gewoonte daarin vrede vind. ’n Mens sou graag van die Kersfeesgees in flesse wou opvang en elke maand een daarvan oopmaak. Dit sou ons van neerslagtigheid bevry. Dis goed om tydens hierdie fees opgewonde soos ’n kind te wees, want ons Verlosser het immers as kind na die aarde gekom. Kersfees moet egter in ’n mens se hart wees. Wie dit nie in sy hart het nie, soek tevergeefs daarna onder ’n kersboom in geskenkpapier toegedraai. Hierdie Christusfees is ’n hartsaak.
Dis ’n tyd van die jaar wat ’n mens nie alleen wil deurbring nie. Hoe vreeslik om ‘n kaggelvuur in jou hart te hê, maar niemand om langs jou te sit nie! Die hartseerste is egter wanneer mense slegs die opwinding van ’n Kersfees wil beleef, maar geen begeerte het om die Vredevors, die Een waaroor Kersfees eintlik gaan, as Verlosser en Saligmaker wil aanvaar nie!
KERSFEES
25 DESEMBER
Kersfees is naas Pinkster die hoogtepunt van ons Christelike kalender. Hoewel niemand weet wat Jesus Christus se werklike geboortedag is nie, het die Westerse kerk hierdie datum aangeneem as feesdag vir die viering daarvan. In die Afrikanerkultuur word dié dag gehuldig as 'n Sabbat, 'n Christusfees en 'n geleentheid vir families en vriende om bymekaar te kom en geskenke aan mekaar te bring.
Die viering van Kersfees is deur die kerk ingestel in die tyd van keiser Kontstantyn (4 nC).
WAAROM VIER ONS KERSFEES OP 25 DESEMBER?
Dat Jesus se geboorte op of naby aan 25 Desember geskied het, is ’n baie sterk moontlikheid. Die vroeë kerk het aan die hand van ou Joodse geskrifte die tyd van Sagaria se diensbeurt in die tempel uitgewerk. Dit was glo in September van daardie jaar. In daardie tyd het ’n engel aan hom verskyn en van Johannes (die Doper) se komende geboorte verwittig. Werk dit ’n bietjie uit - Elizabeth was ses maande swanger toe ’n engel Maria oor Jesus se komende geboorte ingelig het. Dit was dus in Maart. Die kerk het hierdie datum op 25 Maart bereken. Die geboorte van Jesus was nege maande later – 25 Desember.
Daar is talle besware teen hierdie datum. Desember is winter in die Noordelike Halfrond en herders sou kwansuis nie tydens die koue in die veld wees nie. Dis moontlik. Tog moet daar rekening gehou word dat skape die heel jaar by die tempel geslag is, hoofsaaklik skape wat in Betlehem (naby Jerusalem) aangehou is. Daarom kon dit in Desember gewees het.
HERODUS VAN KERSFEES 2020
"...is daar vandag weer ‘n Herodus oor ons en staan ons volk tans ook magteloos teenoor die volgehoue bedreiging en sistematiese vermoording en die pleeg van die gruwelikste misdade, wat met stilswyende goedkeuring van die mag wat oor ons gestel is, plaasvind, en waarvan die uitsluitlike mikpunt is om ons as 'n volk uiteindelik van ons vaderlandse bodem af weg te vee. Daarom is die felste aanslag tans, net soos toe, weer teen ons kinders gerig, om hulle met 'n diaboliese onderwysstelsel totaal te ontsiel en te omvorm tot vreemde wesens wat uiteindelik vyandig sal staan teenoor God, hul ouers en hul Afrikaner-herkoms."
Ons lees in die Skrif wat alles plaasgevind het voor, tydens en ná daardie unieke gebeurtenis met die geboorte van die Here Jesus 2020 jaar gelede, wat ons tereg die eerste Kersfees kan noem, toe engelesang oor die velde van Bethlehem weerklink het, die herders hul hulde aan die Kindjie gebring het, die wyse manne gekom en gegaan het en Josef gereed gemaak het om met Maria en Jesus na Egipte te vlug, toe Herodus die Kind se lewe bedreig het.
Wie was hierdie Herodus die Grote en waarom het hy dit gedoen?