Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons rebelse ou volkie verskil mos oor alles met mekaar – die komiese uitdrukking van waar vier Afrikaners bymekaar is, is daar 5 kerke, is meer waarheid as 'n grappie. Ons aanbid ook God Drie-enig op verskillende wyses. Gebruik egter die maatstaf oor "wat" reg is, nie "wie" reg is nie, dan sal jy die ware inhoud en betekenis van aanbidding ontdek. Jesus sê in Johannes 4 dat "... ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom so aanbid." Laat ons dan in Gees en Waarheid aanbid!
VIRUSSE: BLEIKMIDDELS VERSUS ALKOHOL
>
In 2014 het die Wêreld Gesondheidsorganisasie in Genève, Switerland, vergader om die
verspreiding van epidemiese en pandemiese akute infeksies te bespreek.
Die kern van die besprekings was hoofsaaklik om die verspreiding daarvan te voorkom.
Daar is bevind dat verskillende lande verskillende ontsmettingsprotokol volg onder andere
ook die soort ontsmettingsmiddels. Sommige is meer effektief teen virusse en ander weer
teen bakterië.
Dit het dus nodig geblyk om ook die gebruik van en verskil tussen ontsmetmiddels met
alkoholbasisse teenoor bleikmiddels uit te wys.
AS DIE HERE WIL
Toe ons nog kinders was het die ‘oumense’ dikwels gepraat van "as die Here wil". Sommige van ons wat nie meer so jonk is nie, doen dit steeds omdat ons die begrip daarvoor by ons ouers geleer het. Ons ouers het dikwels gesê "as dit die Here se wil is sal ons dit of dat doen" – in Latyn Deo Volente (DV). Dus, niks is vanselfsprekend nie, maar elke dag is 'n geskenk, ‘n gawe van God. Hierdie goeie ou tradisie het uit die volksmondverdwyn. Vandag hoor mens dit skaars. Is dit omdat die Grondwet nou “oppermagtig” is?
Alles dui daarop dat ons ‘n ekonomiese ramp tegemoet gaan. En by sulke gebeure moet mens vra: Cui Bono? Wie trek voordeel hieruit? As jy dít kan bepaal, dan weet jy wie die vuur aangesteek het wat nou nie geblus kan word nie. Die media, as die Judasbokke, ingespan deur die magte van onheil, verkoop steeds die storie dat dit ‘n Sjinees was wat ‘n vlermuis geëet het. Dis glo pasiënt Zero, daar waar alles begin het. Nou ja, waar nasionaal-gesinde mense dikwels deur links-liberales van samesweringsteorieë beskuldig word, klink hierdie vlermuis-storie eerder na ‘n wolhaarstorie.
COVID-19 EN MEGA-DOSISSE VITAMIEN C
Uit ‘n gesondheidsoogpunt
Wat opvallend is, is dat vitamien C steeds deur Jan Alleman as 'n onnoemenswaardige en onbelangrike aanvulling beskou word en dat dit deur die oë van dokters in jou eie omgewing net nog 'n vitamien is.
Daar is navorsingstudies by verskeie universiteite oor die wêreld deur die jare gedoen om meer oor vitamien C te wete te kom. Hiervan is twee van die uitstaandes die Mediese Sentrum van die Universiteit van Maryland in Amerika en die Oregan Staatsuniversiteit aldaar.
Sekerlik van die eerste dinge wat vroeër jare vassgestel is, is dat vitamien C 'n voedselaanvulling is wat infeksies soos verkoue help voorkom, 'n uitstekende anti-oksidant is, dat 'n tekort daaraan skeurbuik veroorsaak, en dat dit noodsaaklik is vir die vorming van kollageen in ons liggame wat osteo-artritis help voorkom en selle en aarwande genees en versterk.
Mettertyd is daar darem ook vasgestel dat vitamien C baie ander kwaliteite het wat kanker help beveg, metaboliese funksies bevoordeel, hoë bloeddruk verlaag, asma en ander allergieë help hokslaan, bloed help verdun en dat dit selfs 'n voorkomende rol by beroerte speel.
WAAROM SJINA?
“Sjina is Amerika se grootste gevaar weens die ontsaglike ekonomiese groei en uitbreiding aldaar”.
Daar moet gevra word waarom Sjina voortdurend die teiken vir soveel verskeie virussoorte is waar onder griepvirusse, longvirusse en talle ander infeksies wat gedurig die hoofsentra op die suid-oostelike hoofland tref.
‘n Hoogsverdagte feit is dat elke uitbreek daarvan deur die hoofstroom-media beskryf word as “hoogs gevaarlik vir die mens” of ‘n “dodelike virus” of ‘n “pandemie” terwyl die sterftesyfers by die meeste van hierdie gevalle besonder laag is. Op hierdie wyse word die hele wêreld saamgesleep in die drama van ‘n “pandemie” wat duidelik ontwerp word om paniek en vrees te skep.
Meer nog, dit is duidelik dat hierdie pogings ontwerp word om die aandag weg te trek van werklike probleme wat deur regerings veroorsaak word. Merendeels is dit skokkende skandale en kriminele sameswerings van die elite wat hiermee toegesmeer moet word.
AS DIE PANIEK VERBY IS...
Wanneer mense paniekerig word, soek hulle na leiding. Die Afrikaner se lot vandag is dat hy nie meer sy eie gesagsentrum het nie. Daar is nie meer een leier of party of beweging wat namens die Afrikaner praat nie. Van hulle is so bang vir stigmatisering as “rassiste” dat hulle deurentyd op twee stoele bly sit; hulle wil-wil namens die Afrikaner praat, maar skram dan telkens weg op die laaste oomblik. Soos ook die VF Plus en Solidariteit en Afriforum. Laasgenoemde twee veral het die getalle, maar weens hulle huwelik met die nuwe bestel kan hulle eenvoudig nie namens die Afrikaner praat nie. Eersgenoemde se posisie is nog erger; hulle sit pens en pootjies in die parlement waar hulle nie sal waag om goedkeurend na apartheid te verwys nie.
Nou wat het apartheid dan met die saak te make? Wel, net mooi alles.
Want ons is uitgelewer aan ‘n bestel waar die meerderheid totaal anders dink en voel oor waarheen ons op pad is en op pad moet wees. Ons het daarin geen sê nie. Ons kan as volk nie ons eie bestemming bepaal nie. Die res van die Afrikaner-organisasies het weens baie redes, maar veral ‘n gebrek aan leierskap en visie, eenvoudig nie die inherente vermoë om leiding te gee in hierdie krisistyd nie.
KORONA EN DIE NUWE WÊRELDORDE
Die Nuwe Wêreldorde op die rug van ‘n pandemie?
“Hell is empty and all the devils are here.”
The Tempest, Shakespeare
“The only thing we have to fear, is fear itself.”
Pres. Franklin D. Rooseveldt
“Wat egter die vernaamste aspek van die hele Korona-virus-sage is, is dat hierdie ‘n kriminele daad is wat die sogenaamde Holocaust en die Gulags na kinderspeletjies laat lyk.”
Nou reeds vier dekades is die wêreldheersers van die duisternis (Efesiërs 6:12) besig om met bose planne die mensdom deur middel van vrees tot absolute onderdanigheid te dwing. Al hulle pogings het tot dusver misluk. Sedert veral die aanvang van die huidige eeu is hierdie aanslae geweldig verskerp. Dink maar aan die 9/11-episode in Amerika. Daardie diaboliese gebeure het die VSA laat oorlog maak teen state wat absoluut niks met die aanvalle te doene gehad het nie. Daarna is die aandag verskuif na hoog-aansteeklike siektes en moes Amerika se grootste ekonomiese opponent, Sjina, dit ontgeld. Varkriep (wat varkboedery in Sjina geknou het en trouens na raming sowat 1,4 biljoen mense getref het) en voëlgriep (wat die hoenderboerdery aldaar byna geknak het), het aldus Amerika en die hoofstroommedia, in Sjina ontstaan en is die Sjinese te blameer vir hulle eie skade en ook die skade en gepaardgaande lyding wat wêreldwyd aangerig is. Sjina en die res van die wêreld het hierdie aanslae oorleef. Ook die grootste meerderheid van die onskuldige mense wat siek geword het.
Nou het die bewerkers van onheil die boerpot getref. Hulle het klaarblyklik hulle grootste troefkaart tot nog toe gespeel: Die Korona-virus (Covid-19). Waarna hulle telkens gesoek het – massa-histerie – kon hulle nie bewerk met vorige aanvalle nie. Nou egter het die ganse wêreld soos een man agter hulle ingeval en praat almal uit dieselfde mond. En as besef word dat paniek en vrees mense en leiers grootliks tot irrasionele besluite dwing, dan behoort met nuwe oë gekyk te word na wat nou besig is om te gebeur.
JESUS ONS ENIGSTE VREDE
“Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontstel word en bang wees nie” (Joh.14:27)
Waar die Satan heers, is daar geen vrede nie. Ook nie nou in 2020 waar hernude aanslae teen die mensdom geloods word soos ook die Korona-virus nie. Dis waarom die wêreld lyk soos wat dit lyk. Satan voer heerskappy op aarde en gebruik aanloklike instrumente soos rykdom en mag om mense hom te laat dien waar daar geen vrede kan wees nie.
Johannes skryf in sy eerste Sendbrief dat “... die hele wêreld in die mag van die Bose lê” (1 Joh.5:19). Mense sloof hulle al eeue lank vir vrede af omdat hulle glo dat vrede van die wêreld ’n beter plek sal maak. Desondanks ontbreek dit die mensdom, na eeue se moeite, nog steeds aan vrede. Dinge word eerder al erger! Waarom?
KORONA-VIRUS: “AGENDA ID2020”
Peter Koenig is ‘n navorsingsvennoot by die Centre for Research on Globalization. Hy is ook ‘n ekonoom en ontleder van wêreldpolitiek. Hy het vir 30 jaar saam met die Wêreldbank en die Wêreld Gesondheidsorganisasie gewerk, lesings aan universiteite dwarsoor die wêreld gegee en is die outeur van verskeie geskrifte van belang asook mede-skrywer van The World Order and Revolution! – Essays from the Resistance.
Koenig het tydens uitgebreide navorsing uiters belangrike ontdekkings oor die ontstaan en doel van, en redes tot die histerie mbt die Korona-virus gemaak. Gelofteland sal binnekort ‘n breë oorsig-artikel daaroor plaas. Hier volg egter kortliks 'n oorsig oor die ontstaan en doel van die Korona-virus.
Eerstens wil ons weet wat die ID2020 is. Dit is ‘n alliansie van publieke- en privaat vennote insluitende die Verenigde Nasies (VN) asook siviele gemeenskappe, wat ‘n elektroniese ID-program vir algemene inentingprogramme, as platform vir digitale identiteit gebruik.
WIL JY NOU MEER!
Vladimir Putin, het op 48 jarige ouderdom in 2000 die President van Rusland geword waar hy ook ‘n groot voorstander was van die Kommunisme en ‘n hele ander klomp “verligte” sake. Hy sou tot 2024 as president aanbly.
Twintig jaar later het Putin daarin geslaag om 160 van sy Russiese politici te oorreed om hom vir nog twee termyne te laat aanbly in die Kremlin. Slegs een het daarteen gestem en drie het buite stemming gebly. Dit beteken dat Putin tot 2036 op die ouderdom van 83 die President van Rusland sal wees.
Met hierdie verloop het dit duidelik geword dat Putin nog baie veranderinge vir Rusland in die vooruitsig stel. Dat dit te make het met wat in Januarie toe hy ‘n skokkende ontdekking oor seker Russiese politici gemaak het, staan vas.
Op 10 Maart het die Duma, die Russiese Parlement, ‘n meerderheidstem uitgebring in die guns van Putin vir die moontlike konstitusionele veranderinge wat hy wil aanbring. Dit sal hom ook toelaat om tot 2036 aan bewind te bly wat genoeg tyd behoort te wees vir die veranderinge wat hy wil aanbring.
SKAAMTELOSE BUROKRASIE!
Rassehaat is ‘n feit soos ‘n koei en swartes die skuldigste daaraan. Die ANC-regime is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Eendersyds vind hulle dit skynbaar moeilik om sekere misdadigers wat aan ‘n bepaalde ras behoort te eien. Andersyds vind hulle dit geensins moeilik om rassehaters uit te wys nie, want hulle is dan almal blank! Die enigste rassehaat wat in Suid-Afrika geduld, geregverdig, gewettig en aangemoedig word, is dié van swartes teenoor blankes. Hulle kan sê net wat hulle wil, daar word niks aan hulle gedoen nie, selfs nie aan ‘n slagspreuk soos "Kill, a Boer, kill a farmer” nie! Terselfdertyd is daar vir die ANC-regime geen groter oortreding as rassisme nie en skyn selfs erger as moord, roof of verkragting te wees. Gevolglik neem baie blankes 'n apologetiese houding in van: "Noem my enigiets anders, maar asseblief net nie 'n rassis nie! "
Om blankes chronies van rassehaat te beskuldig, is natuurlik 'n gerieflike bos waaragter die ANC sy onvermoë om sinvol te kan regeer, verskuil. Swartes het ook geleer dat aanval die beste manier van verdediging is. Waar blankes altyd probeer om rassewrywing te vermy, gryp swartes weer elke geleentheid aan om dit aan te vuur.
ONS SAL HERSTEL!
KRAGTIGE DENKE, GROOT DADE EN DIEPE GELOOF
Ps.68 staan daar geskrywe: In God sal ons kragtige dade doen en Hy self sal ons vyande vertrap.
Frikkie Strauss
Baie van die ja-stemmers van 1992 sal vandag sekerlik wens dat hulle die horlosie kon terugdraai na 17 Maart 1992. Dis egter nie moontlik nie. Ons moet nou vorentoe beweeg. In die proses is daar 'n aantal werklikhede wat ons in die oë moet kyk.
Die belangrikste daarvan is dat daar vir ons en ons kinders geen toekoms is binne die politieke bedeling wat in Maart 1992 geskep is nie. Enige pogings om ons lewens en ons belange binne hierdie bedeling te beskerm kan net van korte duur en weinig waarde wees. Ons moet onsself daaruit ontworstel en weer ‘n vrye volk in ons eie land onder ons eie regering word. Dit sal kragtige denke, groot dade en diepe geloof verg.
ENGELE IS WERKLIK (12)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Die vorm van engele
Thomas van Aquinas was van mening dat engele enige vorm kan aanneem wat nodig was om hul taak af te handel. Aangesien hulle suiwer gees is en nie oor vorm beskik nie, kan hulle kies om te materialiseer in wat hy "hemelse liggame" genoem het. Ooggetuies se beskrywings van engele verskil geweldig. Sommige se engele is langer as vier meter, ander sê hulle is korter. Sommige verskyn met vlerke, ander daarsonder. Sommige se kledingstukke, velkleur en hare vertoon verskeie kleure.
Ek het al gehoor dat engele se vlerke as "sneespapier" en "deurskynende grys" en "amper vliesagtig" beskryf word. Sommige kenmerke wat gereeld beskryf word, is dat engele as helder, glansende beelde soos weerlig verskyn; dat hulle vol lig is, vurige oë het en stemme wat soos donderweer of bruisende riviere klink. Hulle beskik oor 'n energie of krag wat mense laat flou word asof hulle dood is.
GELYKSTELLINGS- GETY BEGIN SAK
Toe FW de Klerk ons volk onwettig, sonder mandaat, vir ‘n groot klomp geld en ‘n halwe Nobelprys uitverkoop en ons land aan die swart kommunistiese ANC gegee het, is daar voorgegee dat ons 'n wonderlike, vredevolle toekoms as 'n sogenaamde Reënboognasie tegemoet gaan. (Kom net eers terug na die verskil tussen 'nasie' en 'volk': 'n volk is daardie eenheid wat in dieselfde ras, taal en kultuur ingebore is, soos bloedfamilie sonder keuse; 'n nasie bestaan uit verskeie volke wat in een land saamwoon. Ons woon dus as 'n blanke, Afrikaanssprekende volk saam met talle ander volke van ander rasse en tale in Suid-Afrika, en almal saam maak die nasie van hierdie land.) Maar nooit sou ons 'n vreedsame Reënboognasie wees nie, juis as gevolg van rasse-onderskeid tussen Wit en Swart. En daarom was die beleid van afsonderlike ontwikkeling in ons land die enigste manier om vrede te handhaaf.
Teen hierdie tyd is daar onomstootlik bewys dat die poging om ons saam te forseer op sosiale, kulturele en alle vlakke van ons samelewing, geen vredesoplossing was nie maar veroorsaak het dat ons 'n land met een van die hoogste misdaad- en onrussyfers ter wêreld geword het.
KOU JY GRUISKLIP?
Maak kopskoon saam met Klaagliedere en kry weer hoop.
J de Koning
Daar kom tye ook in die lewe van ’n gelowige dat dit werklik ellendig gaan…Alles loop skeef, alle hoop vervaag... die ergste is dat ek beleef dat die Here se hand teen my is. Hierdie skrywer was in so ’n posisie: “Ek is die man wat ellende belewe het. Die Here het my met sy toorn geslaan”. (Klaagliedere 3:1) Hy het lyding in die uiterste vorm ervaar. Hierdie swaarkry was so erg dat dit geblyk het dat bid nie eers meer help nie! “Al roep ek en al smeek ek om hulp, Hy weier om my gebed te verhoor.” (3:8) Daar was net geen uitkomkans nie. Het jy al só vasgekeer gevoel in ellende met geen uitsig op verlossing nie? “Hy het my pad met klip toegebou, vir my geen uitkomplek gelaat nie.” (3:9) Dit voel vir jou of jy klippe kou en jou tande besig is om een vir een te breek. Kyk net hoe treffend beskryf die digter dit : “Hy het my gruisklip laat kou” (3:16) Vriend, ek weet nie watter ellende of teistering jy tans beleef nie, maar hier het ons iemand met wie dit rowwer as rof gegaan het, so ons kan gerus luister wat hy te sê het.
REG VIR DIE UITDAGING?
Die tyd van groot woelinge wêreldwyd het aangebreek. Die nasies in Afrika en in Asië het vir eeue geslaap maar vanaf 1945 het hulle wakker geword en skielik weerklink die kreet van Uhuru! dwarsoor Afrika. Sedert 1945 het so baie van hierdie state onafhanklik geword dat hulle die VVO oorheers en voorskryf – die slaaf wat vir sy heer vertel wat om te doen.
WAAROM WOEL NASIES EN BEDINK VOLKE NIETIGE DINGE?
Dit is die vraag wat die Psalmdigter vra. Daar is 'n onrus en 'n onstuimigheid ook onder die nasies en die volkere van vandag. En hulle bedink allerhande dinge wat voor God as nietig gesien word, dinge wat verkeerd is en nie ewigheidswaarde hou nie. "Die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy gesalfde".
ENGELE IS WERKLIK (11)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Hoe engele verskyn
Een aand toe ek tuiskom na kerk, het ek in my slaapkamer ingestap en gevoel of ek in iets vasloop. Ek kon niks sien nie, maar my man het 'n figuur naby die plafon sien sweef. Ek het my hande uitgesteek en 'n teenwoordigheid gevoel. Dit was 'n pragtige ervaring. Ek moes seker in 'n engel se voet vasgeloop het.
Ontmoetings met engele is 'n ervaring van die hart en selde iets wat deur die gewone sintuie waargeneem word. Helen Keller het op 19 maande doof en blind geword en het in 'n wêreld van stil donkerte geleef. Uit daardie eensame plek het sy 'n diep geestelike band met die onsienlike wêreld gesoek en gevind. Later in haar lewe het sy gesê dat die mooiste dinge in die lewe nie gesien of selfs gevoel kan word nie, maar met die hart gevoel moet word. Nadat ek baie stories van besoeke van engele gehoor het, het ek besef engele verskyn in baie verskillende vorme en kan nie altyd met die menslike oog gesien word nie.
GOD LAAT MY GLO
Ds A.E. vd Berg
“Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word” (1Tim.4:9).
“Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie” (Hebr.11:1).
Wat is vandag 100% betroubaar? Baie dinge wat al as betroubaar gereken is, was nie. Dink aan beleggingskemas wat op die ou einde onbetroubaar was. Onbetroubaarheid het ook kerk en politiek besmet.Mense is mislei om die leuen vir die waarheid en die waarheid vir die leuen aan te sien!
Heidene is egter die onsekerste van alle mense. Hulle het duisende jare gelede al geglo dat die son opkom en die maan ’n sekere siklus voltooi waarvolgens hulle geplant en geoes het. Hulle het dit egter as geheimsinnige kragte gesien wat deur gode beheer is. Daarom is daar aan hulle offers vir die vrugbaarheid van plant en dier gebring om hulle te paai om voorspoed te verseker.
Niks het sedertdien verander nie. Luister hoe praat mense oor die lewe; alles is ’n waagstuk.
HIER STAAN ONS NOU:
Ons volk is die enigste lig van hoop in 'n duister kontinent vol miljoene pikswart barbare tussen wie ons klein volkie nie nou, en ook nie tevore 'n oorlewingskans gehad het nie, was dit nie vir die unieke plan van ons Skepper met ons nie – maar nou, 'n volk in die grootste identiteitskrisis van sy bestaan.
Al lyk ons toekoms nou donker, ons het nié die stryd verloor nie - die finale geveg lê nog voor, 'n oorlog ten bloede waartydens ons net een Anker sal hê om aan vas te hou, dieselfde God wat in die begin die hemel en die aarde geskape het, toe alles woes en leeg was en daar duisternis op die groot watermassa geheers het. Maar nadat God lig gemaak het, het Hy die waters van die grond geskei en Hy het dit aarde genoem, droë grond waarin Hy plante wat saad gee laat uitspruit het; ook bome wat vrugte dra sodat die mens wat Hy sou skep daarvan kon eet en in die koelte verkwikking sou vind.
Die hele Skepping was goed maar aan 'n spesifieke stuk aarde was Hy besonder vrygewig - Hy sou later sy verstrooide volk daar versamel...
GAAN ONS VEG VIR ONS GROND?
Die Boere-soldate en -polisie wat voorheen hul vaderland verdedig het teen Brits-geїnspireerde en kommunisties-gedrewe terroristebendes, word gehoon en bespot en vervolg as misdadigers. En die Afrikanervolk word deur leuens en laster simbolies op die beskuldigdebank van die geskiedenis gestel om skuld te bely voor die vyande wat hom wil vernietig. In dié land waar ons volk gebore is, word ons nou behandel as 'n miskende en verstote "minderheid"; meer nog, as misdadigers en gehate spesie. Deur misleiding en bedrog is ons geleidelik geestelik ontwapen, later ook fisies, sodat ons bloedloos van ons geboortereg beroof kon word. Dit is die sentrale feit van die huidige Suid-Afrikaanse toestand.
Die Afrikanervolk is die een gemeenskap wat ter wille van "vrede" op elke terrein moes toegee, prysgee, weggee en opgee totdat daar niks meer was om te behou nie en sy "leiers" eerloos kon oorgee aan die vyande. En nou gaan die laaste bastion val: ons moet alles wat ons besit, ons grond en ander eiendom gratis aan die staat gee sodat ons geen plek meer het om te bestaan nie – want ons moet totaal uitgewis word!
ENGELE IS WERKLIK (10)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Engel in blou
'n Vyfjarige seun was een aand op pad om in die bed te klim. Sy ma het aangebied om saam met hom boontoe te gaan en hom in die bed te sit. "Nee dankie, Ma " sê hy toe. "Ek is nie bang nie. Die vrou met die blou klere aan is daar vir my."
Ons Here is lief daarvoor om ons te bemoedig en beskerm. Sedert daardie dag toe Linda die engele sien wagstaan het, het sy nog nooit weer getwyfel aan hulle teenwoordigheid of hulle mag om ons teen die bose te beskerm nie. Ons weet dat ons hemelse bewakers by ons is. Gelukkig word hierdie hemelse vriende aan ons gegee om tydens ons hele lewensreis by ons te bly. Hier volg een van my persoonlike verhale.