Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Geld kan medisyne koop maar nie gesondheid nie; dit kan 'n huis koop maar nie 'n tuiste nie; dit kan geselskap koop maar nie vriendskap nie; dit kan vermaak koop maar nie geluk nie; dit kan kos koop maar nie 'n aptyt nie; dit kan 'n bed koop maar nie 'n goeie nagrus nie; dit kan 'n kruis koop maar nie 'n Verlosser nie; dit kan 'n goeie lewe koop maar nie die ewige lewe nie.
ENGELE IS WERKLIK (9)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Beskermengel
Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy rue jou voet teen 'n klip sal stamp nie.
-Psalm 91:11-12
Beskermengele bewaak groepe mense, sowel as individue. Toe Moses die Hebreeuse kinders uit die slawemy van Egipte gelei het, het God 'n magtige engel gestuur om hulle na die Beloofde Land te lei. "Ek, die Here, stuur 'n engel voor jou uit om jou op die pad te beskerm en jou na die plek toe te bring wat Ek vir jou reg gemaak het. Gee ag op die engel en luister na hom; moet jou nie teen hom verset nie" (Eks. 23:20-21). Hierdie engel het in opdrag van God gekom om God se mense te lei na die plek wat Hy vir hulle voorberei het. Die engel het direk met Moses gekommunikeer.
SKEP MOED, DAAR SKYN LIG IN DIE TONNEL!
Ons volk het nodig om moed te skep vir die toekoms in ons mooi land. Die negatiwiteit is nou meer as ooit tevore; selfs persone wat sedert 1994 geweier het om die land te verlaat oorweeg dit nou ernstig. Daarom is dit goed dat ons weer kyk na gebeure wat daartoe bydra om ons perspektief en hoop te gee. Siener van Rensburg se voorspellings oor ons land en volk is een van daardie aspekte wat ons hiermee kan help. Binne die bepaalde tydlyn het al Siener se voorspellings reeds waar geword soos o.a. oorname deur 'n swart regering, die herbou van die spoorlyn na Prieska asook die uitbrei van die hawe in Luderitz en talle ander gebeure.
As 'n mens Siener van Rensburg se profesieë oor Suid-Afrika bestudeer, besef jy dat hy in alle geval altyd in die kol was. En al ignoreer die media dit, al trap die magtige Geldmag met sy vuil pote op ons nekke, al spot jou vriende en familie daaroor, sal dit niks kan verander aan wat die ou Boereprofeet gesê het nie. As kind van die Here het Siener in sy eenvoud gewys op die gebeure soos deur die Here aan hom getoon. Daar is geen onsekerheid hieroor as dat ons vandag daaruit weer die moed en hoop moet put om op te staan en voort te veg nie. God het Suid-Afrika nie afgeskryf nie. Hy seën steeds hierdie land met talle dinge waaronder lieflike reën, iets wat net Hy kan voortbring. Hier gaan Hy sy heilige Naam voor die hele wêreld groot maak en aan elke lewende siel toon dat Hy bestaan en almagtig is.
OUERS, VERDÍÉN JUL KINDERS SE RESPEK
KRIEWELKOP
Ons 'amazing generation' van 'outoppies' en 'ouladies' wat so 'cool' voor die kinders probeer wees sodat die 'spoiled brats' moet dink ons is nie so 'bad' nie maar 'actually nice', is geensins 'n 'stunning event' nie, ook nie een 'big joke' nie, maar 'n ware 'tragedy'. 'Actually', dit 'sucks'!
Ons sien gereeld hoe vrotsig die spelling van leerlinge in eksamens is. Ons sien hoe ons kinders nie meer anders kan skryf as die kortboodskaptaal van selfone nie. Ons hoor hoe hulle nie meer die verskil tussen Afrikaanse en Engelse woorde ken nie, soos die ou grappie lui: sê asseblief vir my wat is 'n tyre in Engels...
Het die ondergang van ons taal, en selfs ons volk, dalk te make met ons ouers wat ook 'cool' wil wees in die moderne tyd, so graag 'with it' wil voel in geselskap van die jongeres? Soos byvoorbeeld die 'stunning' Rina Hugo, 'n pragtige Afrikaanse sangeres met 'n uitstekende sopraanstem en gewoonlik die beste woordformulering, maar in 'n TV-onderhoud so 'amazing' en 'cool' word oor haar 'songs' en 'trips'; of die 'sexy' Johan Stemmet wie in die TV-musiekspeletjie Noot-vir-Noot suiwer Afrikaans gepraat het, maar nou die anderskleurige gaskunstenaar en die 'crowd' probeer beïndruk met hoe 'great' dit is dat dié kleurlingsangeres so 'amazing' lyk en haar 'songs' is tog so 'fabulous'.
TWEEBEEN-BUFFELS, DWASE EN SOTTE
Ons leef in ‘n tyd waar onbeheerste gedrag op feitlik elke gebied eskaleer. Of dit oor morele aangeleenthede of fisieke gedrag gaan, die skade aan ons volk is groot! Die gewoonte om vir die geringste aangeleentheid in ‘n onbedaarlike woedebui los te bars met ‘n sarsie vloekwoorde wat al swetsende na iemand anders geslinger word, en of dit erger gevolge meebring soos dikwels waar padwoede ter sprake is, bly dit afbrekende gedrag wat ons volksgenote al verder uitmekaar dryf omdat ons naderhand nie meer die ware vyande raaksien nie.
Hierdie onbeteuelde woede is meesal ‘n openbaring van swakheid, onsekerheid en vrees by die vloeker. Dit gaan gewoonlik ook gepaard met ‘n gebrek aan selfvertroue. In die waan dat hy sy teëstander daarmee kan oorrompel of afskrik, takel hy dié dan met beledigings en gekruide taal.
ENGELE IS WERKLIK (8)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Die aartsengel Gabriël en Johannes die Doper
Ons kry nog 'n kragtige verhaal oor Gabriël in die Evangelie van Lukas waar hy 'n lewensveranderende boodskap aan 'n bejaarde egpaar bring. Sagaria was 'n priester en sy vrou, Elisabet, was familie van Maria, Jesus se ma. "Hulle was albei getrou aan die wet van God" (Luk. 1:6), maar Elisabet was onvrugbaar. Hulle kinderloosheid het vir hulle groot verleentheid in hulle kultuur veroorsaak. As gevolg van hulle ouderdom het hulle tot die gevolgtrekking gekom dat hulle nooit kinders sou hê nie. Toe gryp God in hulle omstandighede in.
Sagaria was 'n priester uit die diensgroep van Abia wat uit 1 000 priesters bestaan het. Israel het altesaam 20 000 priesters gehad wat in 24 subgroepe verdeel is en almal het op 'n rotasie- basis in die tempel diens gedoen. Omdat daar so baie priesters was, is die loot getrek om te besluit watter priester deur God verkies is om by die Allerheiligste in te gaan en die wierook op die altaar te brand. Die gekose priester is elke oggend deur die lot aangewys en daardie spesifieke dag is Sagaria gekies. Hierdie verkiesing het slegs een keer in 'n priester se leeftyd plaasgevind; dus was dit 'n baie groot eer. Terwyl die wierookoffer gebring is, wat twee keer per dag gebeur het, het die volk buite die tempel gebid en geglo dat hulle gebede saam met die rook opstyg tot by God.
LAAT ALLES IN LIEFDE GESKIED
Hannes Ollewagen
1 Kor. 16:5-24
“Laat alles by julle in liefde geskied.” (:14).
Die gebod van die liefde. Die gebod waarop die hele wet van God gebou is. Die liefde tot God ten eerste en ten tweede die liefde tot ons naaste en die gebooie waaraan die hele wet van God hang. “Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” (Matt. 22:40).
Die opdrag om liefde teenoor God en ons naaste te bewys kan in die Woord van God nie oorbeklemtoon word nie. Dink maar hoe gereeld die Here Jesus Christus hierdie gebod by mense ingeskerp het. Die kort tydjie wat Christus se marteldood voorafgegaan het, het Hy menigmaal gebruik om hierdie gebod van liefde by sy dissipels in te skerp. “Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.” (Joh. 15:12). “Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.” (Joh. 15:17).
MEER OOR SKRIKKELJAAR
Waar kom skrikkeljaarsdag vandaan?
Jare waarin daar ‘n ekstra dag voorgekom het is meer as 2000 jaar gelede deur Julius Caesar ondek. Die Juliaanse almanak wat natuurlik na hom vernoem is, het een belangrike reël bepaal naamlik dat elke jaar wat eweredig deur vier gedeel kon word, as ‘n skrikkeljaar bekend sou staan
'n Skrikkeljaar is 'n jaar wat 'n ekstra dag bevat om die kalenderjaar te sinkroniseer met die astronomiese jaar. Dan is daar letterlik 366 dae in daardie jaar, nie 365 dae nie.
JOU KIND ‘N SEËN OF SKANDVLEK?
KINDERS EN VERANTWOORDELIKHEID
Ds A.E. van den Berg
Die lewe is ʼn lening van Godwaarmee baie verantwoordelik omgegaan moet word omdat ʼn dag gaan aanbreek dat dit terugbesorg moet word. Mense kan verantwoordelikhede ontduik, maar nie die gevolge daarvan nie. In dié opsig is die lewe soos ʼn boemerang - dit wat jy daarheen gooi, keer later na jou toe terug. Elkeen sit op een of ander tyd aan die tafel van sy eie doen en late.
“Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” (2 Kor.5:10).
Ouers wat hul kinders verantwoordelik opvoed, is ʼn seën vir ʼn gemeenskap. Hulle leer hul kinders van kleins af om verantwoordelikheid vir hul dade te neem. ʼn Kind kan ʼn seën of ʼn skandvlek wees.
GEEN STANDBEELD VIR DE KLERK!
Ná die herrie in die parlement waar FW de Klerk in die parlement uitgejou is deur Malema en sy EFF, het daar ‘n verdere herrie losgebars toe De Klerk aangehaal word daar hy gesê het dat nie alles van apartheid sleg was nie. Onmiddellik het almal op sy rug gespring en terug verwys na die VN se Konvensie op die Misdaad van Apartheid, wat in 1976 aanvaar is.
Malema, Cyril Ramaphosa, Piet Croucamp en etlike ander linkses kon nie wag om De Klerk daaroor aan te vat nie. De Klerk se vroeëre verskonings wat hy oor apartheid aangebied het, was skoon vergete.
Wat interessant is, is dat daardie Konvensie nie bindend is op state nie en daarom geen regskrag het nie. ‘n Staat moet dit uitdruklik aanvaar om bindend op hulle te wees.
Suid-Afrika het dit tot vandag toe nie aanvaar nie, alhoewel die kommunistiese regime dit nou graag aanhaal om iemand soos FW de Klerk mee by te kom.
GOD AS OPPERGESAG
Johan Hack
(Deut19:14.) “Jou naaste se grenslyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land wat die Here jou God jou sal gee om dit in besit te neem, mag jy nie verlê nie”.
Verder lees ons in verse 15-21 oor die lewering van valse getuienis en die straf.
In vandag se tyd moet ons vra: Is dit nie presies wat nou met ons as Afrikanervolk besig is om te gebeur nie, word ons grond nie presies so afgeneem nie? Word daar nie gereeld valse getuienis teen ons ingebring oor hoe ons voorvaders grond “gesteel” het nie?
Ons het die geleentheid wat ons voorvaders geskep het deur hul erfenis en strewe om dit aan ons nageslag te voorsien, verkwis.
(Deut 19:21) “En jou oog mag nie verskoon nie: lewe vir lewe,oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet”.
Direk daarna lees ons in Deut 20 van die oorlogswette:
ENGELE IS WERKLIK (7)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Aartsengele
Die volgende orde bestaan uit aartsengele. "Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan" (1 Tess. 4:16). Daar word dikwels na aartsengele verwys as "Engele van die Teenwoordigheid". Die voorvoegsel "aarts-" dui op 'n engel van hoër rang wat oor 'n groep laer engele aangestel is. Volgens tradisie is daar sewe aartsengele, maar ons vind die name van slegs drie in die Skrif. Die name van die sewe is 'n debatteerbare saak, maar ons ken drie se name: Migael, Gabriël en Rafael.
Tydens die 400 jaar tussen die skryf van die Ou en Nuwe Testamente, wat ons vandag ken as die kanonieke Bybel, is ander boeke deur Joodse rabbi's geskryf. In boeke soos Tobit, Judit en Henog vind ons verwysings na engele, byvoorbeeld Rafael in Tobit. Hierdie boeke word nie as deel van die kanon erken nie, maar wel as geleerde geskrifte deur gelowige rabbi's geskryf. Ons vind hulle in die Apokriewe.
SAGTHEID TEEN DIE WOLWE...
SAGTHEID TEEN DIE WOLWE IS WREEDHEID TEEN DIE SKAPE! (CHARLES FINNEY).
Boekdele is al geskryf oor die Jode en ek het gaan soek wat die woorde Antisemiet beteken. H.A.T. Woordeboek gee Antisemiet: Jode Hater Antisemities: Vyandig teen Jode Antisemitisme: Haat teen Jode - Jode Haat
Webster se Woordeboek gee vir ons doeleindes wesenlik dieselfde maar brei uit met -
’’Antisemite”: ’’One who favours the social and Political Persecution of Jews.
Antisemitism: Antagonising to the Jewish Race.
Graag konstateer ek net feite.
Skrywer is geen Jodehater nie. Leef nie vyandig teenoor een enkele Jood of groep Jode nie. Koester geen gedagte aan sosiale of Politieke vervolging nie. Koester geen vyandigheid of opstandig-making teenoor die Jode as Ras nie. Dus die woorde bogemeld, sal seer seker nie met betrekking tot skrywer gebruik of geïmpliseer kan of mag word nie. Wat ek graag wil bewerkstellig is die handelswyse van die Jood.
ENGELE IS WERKLIK (6)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Heersende engele
Thomas van Aquinas noem die tweede rang of vlak van engele die "engele van die kosmos of heelal". Op hierdie vlak vind ons die heersers, gesagvoerders en outoriteite of deugde. Tradisioneel word na hulle verwys as "engele van die wêreld-orde". Hul eienskappe is mag, wysheid en oordeelsvermoë. Dit stel hulle in staat om hul taak uit te voer.
Heersende engele fokus op die uitvoering van God se oordele, en om die pligte van laer engele te reël. Die twee engele wat in Sodom verskyn het om Lot en sy gesin te waarsku dat die stad binnekort vernietig sou word, was vermoedelik heersende engele.
AS DIE LIG VERDRYF WORD
Die onderwyskrisis
Ds A.E. van den Berg
“In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense” (Joh.1:4).
“ .... Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie.....” (Joh.8:12).
Johannes skryf dat Jesus lig en lewe is. En dis reg want waar daar lig is, lewe dinge. In duisternis is daar net die dood. Jesaja het voorspel dat Jesus as lig na die aarde sou om in mense se sonde-duister te skyn en hul donkerte op te klaar: “ Die volk wat in duisternis wandel, het ’n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het ’n lig geskyn” (Jes.9:1).
Waar Jesus nie heers nie, heers die Satan met duisternis en die dood, en sy ryk is groot: “Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê” (1 Joh.5:19).Mense sonder Jesus in hul lewe verkies die duisternis. Hoor hoe skreeu hulle tydens Jesus se verhoor: “Kruisig Hom! Kruisig Hom!”
WIE MAG IN U TENT VERTOEF?
Hannes Ollewagen
Ps. 15:1-5
“…wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg? Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek; wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;” (:1-3).
Eerlikheid, opregtheid, waarheid, deernis en omgee vir jou naaste. Dit is nou seldsame eienskappe waarvan ons hier praat. En is dit nie vreemd nie – terwyl Suid-Afrika algemeen bekend staan as ‘n “christelike land” is hierdie eienskappe nie so algemeen nie?As ons dan waarlik Christene is waarom is hierdie eienskappe waarvan God hou - dit wat vir Hom so aanneemlik is - so skaars?
Ons moet dalk vir onsself afvra met hoeveel erns ons werklik die lewende God van hemel en aarde dien. Dawid stel dit in die gelese Psalm wie in die huis van die Here mag kom – wie mag vertoef in sy tent? Dit verdien sekerlik ‘n meer breedvoerige bespreking van hoe dinge in ons tyd daar uitsien.
MISLUKKING
Ds A.E. van den Berg
Leermeester of begrafnisondernemer?
Die lewe isdikwels soos skilderwerk. Alles loop tot op ʼn puntreg waarna God ʼn streep daardeur trek en van voor af beginmoet word. Die eindresultaat is egter altyd beter. Daarbenewens kan die lewe ook met ʼn mosaïek-kunswerk vergelyk word wat uit klein stukkies gebreekte glas bestaan. As ons Hom toelaat, maak God van ons gebreekte lewensglas ʼn nuwe prentjie.
“Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword” (2 Kor.5:17).
Gevolglik is mislukkings is nie sondermeer sleg nie en dikwels die pilare waarop sukses gebou word en die eerste stap in die rigting na dit wat God van ons verlang. Sy planne met gelowiges is altyd groter as hul mislukkings. Soms is mislukkings net die lont wat iets groot aan die brand steek.
ENGELE IS WERKLIK (5)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Die indeling van Engele
Ek het 'n engel in liggaamlike vorm naby my aan my linkerkant gesien. Alhoewel ek dikwels visioene van engele sien, is dit slegs intellektuele visioene. Dit was ons Heer se wil dat ek die engel in hierdie visioen op hierdie manier moes sien. Hy was nie groot nie, maar klein van postuur, en absoluut pragtig. Sy gesig het gebrand asof hy een van die hoogste engele was, wat almal lyk of hulle van vuur gemaak is. Dit moet wees wat ons gerubs noem. Ek is daarvan bewus dat daar in die hemel so 'n groot verskil tussen engele is dat ek dit nie kan verduidelik nie.
Teresa van Avila
Noudat ek vir jare met my bediening besig is en die engeleryk bestudeer, het ek tot die slotsom gekom dat die hemelse skare bestaan uit tallose engele wat aan verskillende rangordes behoort. Hulle verskil ook in terme van krag, glorie, gesag en doel.
WARE RYKDOM
Hannes Ollewagen
Lukas 12:13-21
“Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees? So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.” (:20&21).
Die Here Jesus spreek in die gelese gedeelte ‘n wanpersepsie aan wat by die meeste mense al van kindsbeen af aan bestaan. Dit is daardie wanpersepsie dat ‘n mens gelukkig sal wees wanneer jy ryk is. “…want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.” (:15).
Die gedagtegang is seker dat indien ek genoeg geld het, kan ek mos doen wat ek wil. En ek kan dit boonop doen wanneer ek wil. Die gedagte hieraan wek seker by die mens die indruk van vryheid. Dit wek by die mens ‘n indruk van onafhanklikheid. En wanneer ek vry en onafhanklik is, vervaag die noodsaak van aanspreeklikheid en verantwoordbaarheid dikwels. Ek hoef aan niemand rekenskap te gee nie, want ek het niks van enigiemand nodig nie. Ek het nie ‘n verantwoordelikheid teenoor enigiemand anders nie.
WAT HET VAN ONS SEUNS GEWORD?
Ds A.E. van den Berg
“Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle” (Jes.3:12).
Luk.15 vertel die verhaal van ʼn verlore seun wat tot besinning gekom en teruggekeer het. Suid-Afrika het baie verlore seuns wat nie terugkeer nie omdat hulle verkeerd grootgemaak is. Amerika het dieselfde probleem; seuns word deur dogters oorheers. Wat lees- en skryfvaardigheid betref, is Amerikaanse seuns meer as 18 maande by dogters agter. Hulle druip meer as dogters, word meer geskors. Minder voltooi matriek as dogters.
Om dinge te vererger, raak die Westerse kultuur al hoe meer feministies; seuns word soos dogters grootgemaak. Al hoe meer vroue beklee kerk ampte; iets wat volstrek onskriftuurlik is.
God het die man en vrou se rolle duidelik onderskei. Hulle is twee helftes. Nadat Adam geskep is, het God in Eva vir hom ʼn hulp gemaak. In die huwelik word hierdie twee helftes een. God het die man as hoof van die vrou geskape en die vrou as sy hulp; nie anders om nie!
ENGELE IS WERKLIK (4)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Om die engele te hoor aanbid
Eenkeer, na 'n kragtige bedieningstyd tydens 'n konferensie, het ek uitgestrek op die vloer gelê tydens pouse en in die Here se teenwoordigheid gerus. Ek het nie besef dat ek die hele twee uur lange pouse op die vloer deurgebring het nie, en vriende het kom kyk of ek iets makeer. Ek kon die aanbiddingspan hoor opwarm, maar dit het geklink of daar nuwe instrumente bygekom het wat nie gedurende die middagsessie gespeel het nie. Ek het teen die verhoog op die vloer gelê en kon nie die verhoog sien nie.
God se teenwoordigheid het my oorweldig en ek het fisies swak gevoel. Ek kon nie regop sit nie en het op die vloer bly rus terwyl ek na die aanbiddingspan geluister het.
Die musiek en stemme wat ek gehoor het, was fenomenaal. Ek was bekommerd dat ek in die pad sou wees tydens die oefensessie en die aanbiddingstyd wat sou volg. Ek het my vriende gevra of daar niemand op die verhoog was wat opgewarm het of in die lokaal nie, en dat ek dalk musiek uit die ingangsportaal gehoor het. Ek het volgehou dat ek ’n aanbiddingsgroep gehoor het en hulle gevra om my te help regop staan sodat ek kon sien. Daar was niemand op die verhoog nie.
Robin Morrison