Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Onthou jy toe jy klein was het jy gebid: "Liewe Jesus ek is klein; maak my asseblief my hartjie rein."? Vandag moet jy meer as tevore vir 'n rein hart bid want Satan beur met alle mag om ons onrein te maak sodat ons nie God se belofte sal beleef nie toe Hy gesê het wie rein van hart is sal Hom eendag van aangesig tot aangesig sien.
VALENTYNSDAG
Ds A.E. van den Berg
Valentynsdag is ’n nuwe gestalte van ’n ou Romeinse fees; die fees van Lupercalis en jaarliks op 14 Februarie gevier. Die Roomse Kerk het dit later ter ere van Valentyn, ’n Roomse martelaar, Valentynsdag genoem. Valentyn was ’n priester wat in die geheim huwelike voltrek het nadat dit deur keiser Claudius verbied is omdat te veel jongmans militêre diensplig ontduik het deur te trou. Destyds kon slegs ongetroude mans by die weermag aansluit.
Toe Valentyn betrap is dat hy huwelike voltrek is hy ter dood veroordeel. Terwyl hy op die voltrekking daarvan gewag het, het talle jong verliefdes hom glo besoek met briefies oor die verkieslikheid van liefde bo oorlog. Dit laat ’n mens aan die slagspreuk van die vervloë Hippie-kultuur dink: Make love, not war.Valentyn is op 14 Februarie 269nC tereggestel.
Hy het glo net voor sy teregstelling ’n nota aan sy vriendin, die dogter van ’n gevangene, gestuur wat gelui het: “Van jou Valentyn”, ’n frase wat eeue later steeds prominent in kaartjies gebruik word. Valentyn word al eeue lank deur die Roomse Kerk as die beskermheer van verliefdes gehuldig.
ENGELE IS WERKLIK (3)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Wat is ‘n Engel?
Hierdie goddelike ontmoeting het my begrip van die onsigbare geesteryk waarin engele bestaan, verbeter en verder gevorm. Wanneer ons die bediening van die engele begin aanvaar, begin ons om die liefdevolle sorg van ons hemelse Vader te verstaan. Hy het hierdie majestueuse, kragtige wesens geskep om tydens ons aardse reis ons metgeselle te wees. In die volgende hoofstuk sal ons saam ontdek wat 'n engel is deur Skrif te bestudeer. Ek sal ook inspirerende ware verhale vertel van mense nes jy wat engele ontmoet het.
Terwyl ek ‘n klompie jaar gelede tydens ‘n konferensie lesings oor genesing aangebied het in Ogunquit, Maine, het ek gevoel die Heilige Gees lei my om ‘n lesing oor engele te gee.
Op daardie tydstip het ek beslis aan die bestaan van engele geglo, maar ek het dit nog nooit oorweeg om mense van hulle te leer of oor hulle te skryf nie.
WIE MAAK ONS GELD? (7)
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
Daar is een leuen wat ons politici en ons koerante minstens vyftig maal, indien nie honderd maal nie, vertel het: die leuen dat die Duitsers beide wêreldoorloë beplan het. Aangesien Churchill self aandadig aan die aanstigting van beide oorloë was, het hy gehoop dat deur voortdurende herhaling die leuen uiteindelik waarheid sou word, dat hy uiteindelik nie alleen die hele wêreld sou oortuig nie maar ook homself. Hy het baie goed geweet dat hy self beide wêreldoorloë kon verhoed het deur eenvoudig die waarheid te onthul. As hy te eniger tyd voor die uitbreek van Wêreldoorlog I in die Parlement opgestaan en verklaar het dat Engeland en Frankryk ’n vaste militêre verbond gesluit het en dat die Italianers slegs voorgewende bondgenote van Oostenryk en Duitsland was, dat hulle (die Italianers) in geval van oorlog beloof het om teen hulle (Oostenryk en Duitsland) oorlog te verklaar, dan sou hy ’n opskudding veroorsaak het en sou sir Edward Grey dalk moes bedank oor die leuens wat hy vertel het, maar die vrede sou bewaar gebly het en drie miljoen Britse en Statebondslewens en miljoene ander sou gespaar gebly het.
BID TEEN VERSOEKING
Hannes Ollewagen
Luk. 22:39-46
“En toe Hy op die plek kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie.” (:40).
“En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie.” (:46).
Hierdie opdrag word twee maal in ons gelese gedeelte deur Jesus aan sy dissipels gegee. Hy benadruk aan hulle die belangrikheid van dit wat Hy hulle beveel om te doen. Jesus was ook self in hierdie tyd, in die tuin van Getsémané, in ‘n sware stryd gewikkel. Hy het geweet dat Hy op die vooraand staan van die wrede marteling, vernedering en dood wat op Hom gewag het. En Hy sou wou wens dat hierdie beker Hom kon verbygaan. Hy het egter in die gebed volhard om die versoeking te weerstaan dat sy eie wil bo God die Vader se wil sou seëvier. “En Hy het ‘n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.” (Matt. 26:39).
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (37)SLOT
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
In die arena van moed, durf en daad, het, kan en sal die Suid-Afrikaner sy man staan teen die beste in die wêreld. Waarom gryp Duitse en Engelse skrywers my oorlogsavonture aan om sensasiebeluste lesers te bevredig? Waarom skrywe hulle nie oor hulle eie mense nie? Is my avonture dan so fantasties dat dit altyd afgewater, verdraai en uit verband geruk moet word? Waarom moet daar in boeke, tydskrifte en nuusblaaie gedurig gelieg word oor wat ek gedoen en nie gedoen het nie? Selfs hier in my vaderland is daar sekere nonentiteite wat twyfel aan die waarheid van my skrywe. Is dit onbeteuelde haat of veragtelike jaloesie? Of is dit die vrug van 'n inherente minderwaardigheidskompleks wat altyd neig om alles en almal af te bring na hulle eie nederige niveau?
NEDERIGHEID
Ds A.E. van den Berg
“Hy moet meer word, maar ek minder” (Joh.3:30).
Woordvoerders praat slegs in opdrag van hooggeplaastes. Hulle is spreekbuise en sê net wat die betrokke persoon wat hulle stuur mense wil laat hoor. Daarom luister mense na woordvoerders asof die hooggeplaaste self praat. God het profete as spreekbuise gebruik en het baie van die boodskappe met die woorde “So spreek die Here” begin. Wie nie na die profete geluister het nie, het nie na God geluister nie. En dit was vir die profete ʼn baie ernstige saak, nie omdat dit hulle eer kon aantas nie, maar God s’n.
Die profete was ʼn belangrike skakel tussen God en mens. So ook die priesters ʼn skakel tussen God en hul gemeente. Dit was ʼn wisselwerking - profete was die skakel tussen God en mens en priesters die skakel tussen God en ʼn kleiner groep mense.
Die Bondsvolk het nie altyd na die profete as gesante van God geluister nie. Jesaja beween dit: “Wee die sondige nasie; die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het die Here verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai” (Jes.1:14).
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (36)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
My verblyf op Baviaanspoort
As ek 'n digter was, sou ek Baviaanspoort in liriese taal beskrywe het. Dit was dit soos 'n droom wat werklikheid geword het. Op wonderbaarlike wyse het God my deur die smeltkroes gelei. Nie dat ek dit verdien het nie, maar omrede God alleen diegene help wat bereid is om hulleself te help. Groot was hy wat eenkeer gesê het: "Alleen wie veg om sy reg, het die reg om te lewe want op hierdie aardbol is daar geen plek vir lafaards nie."
Die skepper van hierdie wysgerige slagkreet is ongelukkig nie meer daar nie. Hy het op raaiselagtige wyse verdwyn. Hy is dood. Sy naam sal egter lewe totdat hierdie planeet weer soos eens sonder mense deur die eter sweef. Die Kommunistiese vloedwaters rol onheilspellend nader. Traag, misdadig traag, kom die Weste tot besinning... Groot, onmiskenbaar groot, sal sy eendag weer aan die Westerse uitspansel verskyn ... Adolf Hitler!
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (35)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Traangas en hongerstaking
Elke sel in die Sentrale Gevangenis het twee deure. Die een aan die binnekant kan beter as 'n rooster- of traliehek beskryf word. Die een is sowat sewe duim van die ander deur.
Toe die hoofbewaarder die buitedeur toeslaan, het ek geweet wat om te verwag. Om te voorkom dat ek in die nag oorval word, het ek 'n plan bedink . Ek het 'n stuk papier in water geweek. Die skottel water in die sel is gebruik vir was- en drinkdoeleindes. Met behulp van die skêrtjie het ek die nat papier stewig in die sleutelgat van die roosterhek gestamp.
Die volgende oggend is alle gevangenes gelas om die gebou te verlaat. Die buitedeur van my sel is wyd oopgemaak. Talle bewaarders het voor my sel in die gang saamgedrom. Een het met 'n lang redenasie begin. Ek moes verstandig wees en my vrywillig oorgee, het hy gesê.
WANDEL IN SY SPORE
Hannes Ollewagen
1 Johannes 2:3-17
“Hy wat sê dat hy wat in Hom bly, behoort self ook te wandel soos Hy gewandel het.” (:6).
Dit is mos nou ‘n onmoontlike opdrag wat God vir ons hier in sy Woord gee? Hoe kan enige een van ons soos Christus leef? Ek bedoel, Hy is immers God en daarom het Hy vlekkeloos en sondeloos hier op aarde geleef. Dit is tog nie vir enige van ons moontlik om dit te doen nie.
Dit is inderdaad nie moontlik vir enige mens om sondeloos te leef nie. Ons lees net in die vorige hoofstuk van 1 Johannes dat enigeen wat homself as sondeloos beskou, ‘n leuenaar is. “AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.” (1 Joh. 1:8). Maar tog word ons beveel om te wandel soos wat Hy gewandel het? Ons word herinner dat ons in Hom moet bly omdat ons daardeur sy lewensvoorbeeld kan navolg. Dit is wanneer ons in Hom bly dat ons gehoorsaam aan God leef. Dit is wanneer ons in Hom bly dat ons in nederige ootmoed voor God leef. Dit is wanneer ons in Hom bly dat ons ook in ons lewens vrug oplewer waardeur sy Naam verheerlik word. “Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.” (Joh. 15:4).
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (34)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
My appèl faal
Enkele weke na afloop van my appèlsaak, was ek weer een middag besig met oefeninge buite op die grasperk.
"Robey, ek glo nie jou appèl sal slaag nie," het een van die bewaarders aan my gesê.
Ek het my onmiddellik vererg en skerp geantwoord: "Jy weet niks van ‘n saak af nie en ek het jou mening ook nie nodig nie. Jou wens is natuurlik die vader van hierdie gedagte."
Daar was 'n sagte glans in sy oë toe hy weer praat: "Nee, Robey. Om die waarheid te sê ... die nuus is vanmiddag oor die radio uitgesaai."
Ek het 'n koue rilling deur my liggaam voel gaan. My lippe was skielik droog.
"Ek het niks meer verwag nie," het ek gesê. "Ek is bereid om te sterf."
WAT DOEN JY MET JOU VERLEDE?
Ds Andrè vd Berg
Die verlede is ʼn bron van kennis waardeur vertroue vir die toekoms gekweek word. Hoe positiewer daarop teruggekyk kan word, hoe helderder word die uitsig op die toekoms. Ongelukkig val baie mense só eerder in ʼn slegte verlede as, dat die toekoms by hul verbygaan. Dit maak hulle blind vir die mooi van die hede en laat hulle waarde aan dinge heg wat eerder gelaat moes word.
Die verlede is nooit belangriker as die toekoms nie. Daarom moet flaters van die verlede in die verlede gelaat word. Om dit saam te dra, is soos om ʼn bottel te laat val en die skerwe in jou broeksak te steek wat jou gedurig krap. Om op die treinspoor van die verlede te gaan lê en wag dat die toekoms oor jou loop, is baie dwaas. Al wat belangrik is, is vandag en God wil hê dat jy dit moet geniet:
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (33)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
In die Appèlhof
Op 7 Desember 1943 het die volgende berig in die pers verskyn: Robey Leibrandt Voor Appèlhof. Neem Sy Verdediging Self Waar. Uitspraak word later Gegee.
"Die appèlsaak van Sidney Robey Leibbrandt, Le Roux en Olwagen het voor die Appèlhof in Pretoria begin. Leibbrandt is op 11 Maart op aanklag van hoogverraad ter dood veroordeel, terwyl Le Roux en Olwagen elk tot vyf jaar dwangarbeid gevonnis is.
"Toe die hof gisteroggend begin, was elke beskikbare ruimte beset. Benewens die groot aantal nuuskieriges, was daar ook 'n sterk afdeling van die polisie en speurdiens in die hof aanwesig.
"Leibbrandt het sy eie verdediging waargeneem en dit binne die bestek van 'n anderhalf uur voltooi.
"Leibbrandt het die hof gisteroggend meegedeel dat hy, as 'n man wat meer as agt maande onder die skaduwee van die galg deurgebring het graag sy saak op sy eie wyse wil bepleit.
ENGELE IS WERKLIK (2)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
'n Geskenk van my Pa
Baie jare gelede, voor ek en Francis getroud is, het ek 'n ontmoeting met 'n engel gehad wat my persepsie van die onsigbare geesteryk radikaal verander het. Laat my toe om jou die geheimsinnige storie te vertel wat my bekendgestel het aan die wêreld van engele en demone, en my uiteindelik 'n beter begrip van God self laat vorm het.
Ek het pas by die huis gekom na 'n heerlike aand saam met goeie vriende en het gereedgemaak om te gaan slaap. Dit was later as my gewone slaaptyd, en 'n volle dag se werk het op my gewag by my beradingspraktyk in Clearwater, Florida. Destyds het my werksdag vroegoggend begin met gebed by my kerk, gevolg deur 'n vinnige ontbyt en agt tot tien ure se berading met my kliënte. Ek was lief vir die stil tye van innerlike genesing vir die gebroke, depressiewe en lydende mense wat na my toe gekom het. Dit was vir my 'n groot vreugde om 'n klein deeltjie van die transformasieproses van hul lewens te wees. In die proses het God se ontsaglike liefde vir elk van hulle vir my duidelik geword en bowenal vir hulle.
EERS PAAI, DAN VERRAAI
Johan Hack
Die menseheugenis is vol van verraad en word selfs in ons tydsbestek ervaar. So ontstaan ‘n gevoel van wantroue. Hierdie wantroue is egter nie altyd blywend van aard nie aangesien daar mense is wat presies weet wat om te sê om hierdie wantroue om te skakel in vertroue, meestal om hierdie mense net weer verder in ‘n donker diepe moedeloosheid te laat sink. Hierdie is die paaiers en verraaiers.
Tydens die 1992 referendum is die Afrikanervolk vertel hoe daar geen ander keuse is as om met die ANC samesprekings te hou nie, sodat ons kan voortbestaan in hierdie land. (Die land wat God aan ons geggee het.) So was die Afrikaner deur leiers van die Nasionale Party gepaai om ewe skielik te sien hoe ons land en vryheid as Afrikaner oorhandig word op ‘n skinkbord. En nou ly ons godsdiens, taal, geskiedenis en kultuur daaronder met ‘n slegte smaak van verraad in die mond terwyl ons deur die media herhaaldelik herinner word om te kou aan hierdie sogenaamde Demokrasie asof dit soetkoek is.
ENGELE IS WERKLIK (1)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Voorwoord
Dis vir my 'n geweldige voorreg om met Judith getroud te wees, en ons het al dikwels oor ontmoetings met engele gesels. Die onderwerp is so interessant dat ek Judith aangemoedig het om hieroor te skryf. Dit kombineer 'n skriftuurlike studie van engele met ervarings wat bevestig waarom engele belangrik is in ons verlossingsreis. Hulle is nie net simbolies nie; hulle is werklik en raak ons lewens aan. Lering oor engele dateer sover terug as Genesis en is so nuut soos vandeesweek se TV-programme. Boonop is ek en Judith geseënd om deur Christene omring te word wat hulle eie ongelooflike stories het van ontmoetings met engele. Net gister het een van ons personeellede by Christian Healing Ministries ons van 'n ontmoeting met 'n engel vertel.
DIEN VOOR SY AANGESIG
Hannes Ollewagen
1 Konings 3:1-28
“Toe verskyn die HERE in Gíbeon in ’n nagtelike droom aan Salomo; en God het gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.” (:5).
“Gee dus aan u kneg ’n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kan regeer? En dit was goed in die oë van die Here dat Salomo dit begeer het.” (:9&10).
Dit klink darem so lekker. Hoe gelukkige man was Salomo nie – hy het ‘n geleentheid gekry om enigiets van God te vra en God het aan hom belowe dat Hy sy wens sou vervul. Ek wonder wat ek en u sal vra indien ons hierdie geleentheid sou kry? Tog kry ons dieselfde geleentheid, maar nie alleen een maal in ons lewe nie. Ons kry die geleentheid om gereeld in gebed tot God se troon te nader en die wense van ons hart voor Hom te lê. Maar hoe lyk hierdie wense van ons – is dit so eerbaar soos hierdie wens van Salomo? Of is dit menigmaal selfsugtig en net op ons eie gerief, gemak, eer en voorspoed gefokus?
ENGELE
Ds A.E. van den Berg
“...want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie”(Ps.91:11,12)
Kinders is oorwegend bang vir die donker en loop nie sommer alleen in ʼn donker kamer in nie. Maar as ʼn ouer saamloop, verdwyn die vrees want iemand groter as hy is by hom.Soos wat ʼn mens groter word, maak ander dinge hom bang soos slegte omstandighede, siekte, misdaad, onreg ens. Bang mense vrees altyd dinge wat hulle nie verstaan nie.
Deur die bekering word ons rustiger omdat die Bybel sê dat niks met ons gebeur waarvan ons Hemelse Vader nie weet nie. “Soos ’n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die Here Hom oor die wat Hom vrees” (Ps.103:13).
Jesus stap soos ’n vader saam met sy kinders die donker kamer van die lewe in. Hy is die Een wat groter is en met Hom by ons is daar niks om te vrees nie. Hy leer ons selfs om onder slegte omstandighede ons kop in die geloof regop te hou. En daarvoor het ons sy Woord. Hoe meer ons dit lees, hoe beter verstaan ons die lewe en as dit donker in ons lewe word, hoe minder vrees ons. Wie met Jesus in die sonskyn wandel, het geen rede om die skadu’s te vrees nie!
VERRAAD
Ds A.E. van den Berg
Verraad is ʼn misdaad wat in die verlede selfs met die dood gestraf is. Nadat die groot muur van China voltooi en as ondeurdringbaar verklaar is, is dit drie maal binnegedring deur die poortwagte óm te koop. Hulle is almal tereggestel.
Verraaiers is ʼn skandvlek op ʼn volk se geskiedenis. Dwase politici is minder gevaarlik as verraaiers omdat hulle ongestoord tussen hul eie mense beweeg, soos hulle lyk en dieselfde taal praat. Dis egter die enigste ooreenkomste. Heimlik ondergrawe hulle hul eie mense en plaas hulself buite die dampkring van hul volk. Van hulle het eerbare voorsate gehad. Dit het nie verhoed dat swart kuikens uit wit eiers broei nie!
Verraad begin altyd by heimlike onderhandelings met ʼn vyand:
“Toe gaan een van die twaalf, met die naam van Judas Iskáriot, na die owerpriesters en sê: Wat wil u my gee, en ek sal Hom aan u oorlewer? En hulle het vir hom dertig silwerstukke afgeweeg” (Mt.26:14,15).
DEMOKRASIE SAL NOOIT IN AFRIKA SLAAG NIE!
Ds. A.E van den Berg
Demokrasie klink vir baie mense goed, maar is in werklikheid skadelik omdat dit van die veronderstelling uitgaan dat as mense in een opsig gelyk is, hulle in alle opsigte gelyk is. Dis ʼn baie duur misgissing. Afrika sien demokrasie verkeerdelik as ʼn geneesmiddel vir kolonialisme – gif as medisyne en medisyne as gif. Al mense wat hierby baat, is konkelaars en magsdronkaards.
Demokrasie het Afrika slegs met ʼn dun lagie beskawingvernis bedek. Dit kraak en verkrummel gereeld onder druk waarna barbarisme opvlam. Demokrasie sal nooit in Afrika slaag nie omdat die Afrika-mens uit huis uit sosialisties is.Sy tradisies enstamgebruike is sosialisties en ʼn sosialistiese gemeenskap in ʼn demokratiese mondering so gevaarlik soos ʼn pedofiel in ʼn kersvadergewaad!
Tegnies gesproke gee demokrasie 51% van ʼn gepeupel die reg om 49% eerbare burgers uit te stem. Afrika-leiers word feitlik sonder uitsondering deur ʼn dwase kieserskorps aan bewind geplaas. Gevolglik is dit vir politieke jakkalse gerieflik dat massas nie dink nie.
HERFSBLARE (1)
GESEËNDE JONGDAE BAAR GESEËNDE OUDAE
Ds Andrè van den Berg
Ouderdom is ʼn voorreg wat almal nie beskore is nie. Baie mense sterf jonk. Alhoewel ouderdom aan lewensjare gemeet word, word dit deur ʼn positiewe lewensingesteldheid bepaal en behoort mense ryper vir die lewe te maak. Ongelukkig laat sommige mense toe dat vader tyd en moeder natuur hulle te vinnig inhaal en word hulle in werklikheid oud voor hul tyd.
Die ouderdom is ʼn tyd waarin die mens na rus en vrede smag. Goeie jeugjare is hier onontbeerlik. Ons moet in die oggend van ons lewe al vir die aand daarvan voorberei. Wie sy lewe in sy jongdae nie in orde kry nie, slaag nie maklik op sy oudag daarin nie.