Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons sê dat ons magteloos is teen die onreg, pyn en kwaad in die wêreld. Gebed is 'n magtige wapen wat God sy kinders gegee het om in so 'n wêreld te oorleef.
WIE MAAK ONS GELD? (6)
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
Genl.-maj. J.F.C. Fuller (opcit. bl. 12) sê: “... Britse strategie behoort op seemag en nie landmag nie gebaseer te wees, omdat Brittanje se geografiese ligging in die eerste plek dit noodsaak. Dis gek v.d. Verenigde Koninkryk om die rol van ’n Kontinentale mag te probeer speel, ’n ding wat hy reeds sedert 1914 doen.” Op bl. 401 veklaar hy: “Selfs gedurende die kritieke 1940-somer was dit nooit ’n stryd op lewe en dood vir Engeland nie, om die eenvoudige rede dat dit nooit een kon word solank hy die see beheer nie”
Kapt. Russell Grenfell (op. cit. bl. 242/3) sê: “... die eerste oorweging vir ’n besluit op oorlog is die vraag of die betrokke land se lewensbelange sy deelname vereis. Hiervolgens behoort Engeland buite beide wêreldoorloë te gebly het soos hy suksesvol neutraal gebly het in die Franco-Pruisiese Oorlog van 1870, aangesien sy lewensbelange nog in 1914 nog in 1939 betrokke was.” Ons Superbankiers het alle rede tot tevredenheid met wat hulle tot dusver bereik het”.
DAAR IS NOG PLEK
Ds A.E. vd Berg
“... Meneer, wat u beveel het, is gedoen en daar is nog plek” (Luk.14:22).
Dit was onlangs Kersfees en min dinge so aangenaam soos ʼn Kersete saam met vriende of familie. Dis ʼn tradisie om op Kersdag saam met mense wat na aan jou is, te kuier al is dit ook elke jaar dieselfde persone.
Christus het dikwels gelykenisse vertel om mense by wyse van verhale dinge van die Koninkryk van God te leer. Verhale steek makliker by mense vas as feite. In die Gelykenis van die Groot Maaltyd is God die gasheer en vasbeslote om almal wat honger is na sy tafel te nooi. Die gelykenis roep sondaars tot redding op. Jesus is so gretig om sondaars met sy liefde, Woord en vergifnis te voed, dat Hy hulle byna wil dwing om aan te sit.
Jesus se reddingsuitnodiging word met ʼn deftige feesmaal vergelyk. Wanneer Lukas in hoofstuk 14 oor God se groot ete skryf, laat dit ʼn mens onwillekeurig aan ʼn Kersete dink omdat hierdie ete baie raakpunte met ʼn Kersmaal het. Lukas skryf van die beplanning, genooide gaste, deeglike voorbereiding en die smaaklike ete self. Dit klink amper soos ʼn Kersete.
HY HET GEKOM OM SONDAARS TE RED
Hannes Ollewagen
1 Timótheüs 1:3-20
“Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.” (:15).
God die Vader het sy geliefde Seun, Jesus Christus, met ‘n doel – ‘n spesifieke opdrag – na die aarde gestuur. Christus moes kom herstel wat deur die mens gebreek is. Daardie verhouding met ons Skepper en Vader wat deur die ongehoorsaamheid van die eerste mens onberekenbare skade gely het moes deur Hom herstel word. “Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;” (1 Kor. 15:22). Net soos wat die sonde ons van God af weg lei, het Christus gekom om ons van die sonde weg te lei en weer tot God te bring. ”Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.” (Rom. 5:10).
Die Woord is duidelik hieroor – ‘n mens word deur Christus Jesus se daad van geregtigheid geregverdig. Ons word van ons sondes gered. Ons word nie ‘n vrybrief gegee om onder die dekmantel van “Jesus het vir al my sondes gesterf” ‘n lewe van totale ongebondenheid te leef nie. Hoe word ek van die sonde gered as ek doelbewus daarin voort leef – as ek sou verkies en begeer om daarin voort te leef? Waarvan word ek dan vrygemaak?
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (32)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
My verblyf in die dodesel
Die dodesel was 'n ruim vertrek in vergelyking met die grootte van 'n sel. Dit was egter somber en koud. Geen bed, geen stoel en ook geen toilet — net 'n slopemmer met 'n swaar ketting deur 'n ring aan die muur. Die tronkowerheid was seker bang dat 'n onnutsige terdoodveroorde die emmer sou steel...
Die eerste nag in die dodesel het ek besonder vas geslaap. Die volgende oggend het die bewaarder aan diens my meegedeel dat die tronkbewaarder en nog een of twee vreemde persone by die dodesel besoek afgelê het en sou luid by die deur gestaan en gesels het, maar ek het hulle nie gehoor en derhalwe ook nie wakker geword nie.
Elfuur daardie oggend het die bestuurder my na sy kantoor ontbied en met soetsappige woorde probeer gerusstel, maar ek het my nie daaraan gesteur nie. "Ek hoop nie jy word opgehang of doodgeskiet nie, Leibbrandt," het hy met geveinsde aandoening gesê.
"Ek is bereid om te sterf," het ek geantwoord, omgedraai en by die deur uitgestap waar ek ingekom het.
DIE LANGSTE OORLOG
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Daar is al baie oorloë geveg, sommige kort soos Israel se sesdae-oorlog teen Egipte in 1967. Ander het jare geduur. Die oorlog van die Lam (Jesus) teen dié van die draak (Satan) duur al die langste en het reeds voor die skepping met ʼn opstand teen God se gesag begin:
“En daar het oorlog in die hemel gekom: Migael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.” (Openb.12:7,8).
Hierdie oorlog sal eers met die wederkoms van Christus eindig as die Lam die draak beslissend oorwin en hom en sy gesante in die hel werp. Intussen word hierdie oorlog teen die Lam vanuit talle oorde gevoer, self vanuit kerke!
WIE MAAK ONS GELD? (5)
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
M. Follick (1935) het in “Facing Facts”, in “Politieke Beskouing vir die Gewone Man”, bl. 102, voorspel “. . . Met die doel om aan Pole ’n hawe te gee, is nog ’n vergryp aan Duitsland volvoer: Danzig is van hom geneem en tot vrye stad verklaar. Van alles wat in Duitsland Duits is, is niks meer Duits as Danzig nie . . . vroeër of later sal die Poolse Korridor oorsaak wees van ’n toekomstige oorlog . . . en as Pole nie die Korridor aan Duitsland teruggee nie, moet hy hom klaarmaak vir ’n uiters rampspoedige oorlog met Duitsland, anargie en moontlik ’n terugkeer na die slawerny waaraan hy hom maar onlangs ontworstel het.”
As enigiemand in 1919 voorspel het dat binne 20 jaar die Britte, die kwaaiste kritici van Danzig en die Poolse Korridor, die Duitsers die oorlog sou aansê omdat hulle die reg van selfbeskikking vir die inwoners van Danzig en die Poolse Korridor eis, sou hy in ’n inrigting opgesluit gewees het. In 1919 het so ’n waansinnige, onregverdige en kriminele handeling ondenkbaar gelyk. Maar ons weet nou dat met ’n gevange Pers, leuenagtige politici en onbeperkte geldmag selfs die ondenkbare deur ons Superbankiers moontlik gemaak kan word.
DIE NADERENDE VOETSTAPPE VAN DIE ANTICHRIS
Ds A.E. vd Berg
1. Die Europese Unie
Ná die Tweede Wêreldoorlog het Europeërs ernstig na eenheid gestreef om die gruwelvorm van nasionalisme wat hulle beleef het te genees. Dit het Robert Schumann en ʼn paar vooraanstaande politici ʼn gesamentlike verklaring in Mei 1950 laat uitreik - die Schumannverklaring waarvolgens ʼn tussen-staatsorganisasie geskep sou word om Europa te herorganiseer.
ʼn Jaar later het die ESSG (Europese Steenkool en Staalgemeenskap) met die Verdrag van Parys tot stand gekom. Dis deur België, Frankryk, Italië, Nederland, Wes-Duitsland en Luxemburg onderteken wat in 1957 tot verdere samewerking met die ondertekening van die Verdrag van Rome gelei het.
Die Verdrag van Rome was die geboorte-uur van die Europese Unie (EU) wat Europa berekend in die rigting van strukturele eenheid begin dryf het. Die EU is ʼn internasionale organisasie van etlike lidlande wat onderlinge ekonomiese, politieke en geregtelike samewerkingsooreenkomste vir Europa beding.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (31)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Voor die Hooggeregshof
Die doodvonnis word oor my uitgespreek
Van hierdie geleentheid het ek gebruik gemaak om my voor te berei vir dag waarop ek, soos ek verwag het, tot die dood veroordeel sou word. Saans net voordat die ligte uitgedoof is, het ek aandagtig gelê en luister na stories van 'n sekere "held" van die Ossewabrandwag wat nie alleen sy goeie dade uitgebasuin het nie, maar ook luid verkondig het hoe hy in die hof optree. Gelukkig het hy sy heldhaftigheid afgesluit met die sing van populêre Afrikaanse liedjies.
Toe die hoofbewaarder een aand beswaar maak teen die harde geselsery van die gevangenes, het ek hom laggend vertel dat die akoestiek van die tronk maar bra sleg is. Soos wel te verwagte, het van die O.B.-held se optrede in hof niks tereggekom nie.
Of hierdie persoon deur die speurders aangesê is om my te probeer besiel om saam met hom my verlede uit te lap, weet ek nie; tog was dit opvallend dat daar voorheen nooit oor en weer gesels is nie.
WIE MAAK ONS GELD? (4)
FRIEDRICH JOSEF IRSIGLER
Lees reeks by Wie maak ons geld?
In die vorige aflewering het ons na verskillende sette gekyk om ons arm, hardwerkend en ellendig te hou en ons so te kondisioneer vir ’n Marxistiese Wêrelddiktatuur. Nou kyk ons na die mag wat die koloniale magte oor Kommunisme kon uitoefen.
Die tweede groot hindernis teen die verspreiding van wêreldwye Kommunisme was die koloniale magte. Hulle het vrede, orde en beskawing gevestig waar daar voorheen verwoestende oorloë en barbaarheid was. Lenin se plan om hulle te vernietig was die insypeling van opgeleide terroriste in die kolonies om onrus, stakings en opstand te stook. Maar die Bankiers het ’n veel beter plan gehad: laat die twee struikelblokke in die weg van verdere Kommunistiese uitbreiding mekaar beveg en uitroei. Niemand sou ’n subtieler en vindingryker plan kon bedink nie. Hulle doel is om ’n Marxistiese wêrelddiktatuur te vestig waar alles en almal aan die staat behoort, d.w.s. aan hulle, die regerende klas. Hulle verwag geen teenstand van die gekleurde rasse nie want hulle is aan diktatuur gewoond. Hierdie Bankiers vrees egter met reg die Blankes wat hulself van die adel en die geestelikheid bevry het en nie sal rus voor hulle hul finansiële kettings ook afgelê het nie.
VOORVADERGEESTE
Ds A.E. vd Berg
“Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan — wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat ’n gees van ’n afgestorwene vra of ’n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie” (Deutr.18:10,11).
Toe die Christendom in Afrika gevestig is, het twee geesteswêrelde onmiddellik met mekaar in botsing gekom - die lig van Christus met die duisternis van Satan. Afrika is berug vir sy verknogtheid aan die heidendom en huisves van die agterlikste mense met die rampspoedigste regerings ter wêreld.
Tydens die ANC se eeufeesviering ʼn paar jaar gelede in Bloemfontein, is Suid-Afrika onbeskaamd aan bose geeste (voorvadergeeste) opgedra. Terwyl tromme en dreunsang die lug gevul het, het die president die tradisionele reiniging-seremonie met ’n rituele offer waargeneem. ’n Bul is aan ’n boom vasgemaak en ten aanskoue van jillende feesgangers op barbaarse wyse met ’n spies doodgesteek. Geen beskaafde landsleier sou ’n nasionale geleentheid soos hierdie met so ʼn baarbaarse skouspel geopen het nie!
DEUR SONDE VERBLIND
Hannes Ollewagen
Rigters 16:1-31
“Toe sê sy: Die Filistyne op jou, Simson! En toe hy uit sy slaap wakker word, sê hy: Ek sal vry uitgaan soos die vorige kere en my losruk. Want hy het nie geweet dat die HERE van hom gewyk het nie.Daarop het die Filistyne hom gegryp en sy oë uitgesteek en hom afgebring na Gasa en met koperkettings gebind; en hy moes maal in die gevangenis.” (:20&21).
Daar is die bekende spreekwoord wat lui – “Die liefde is blind”. Die meeste van ons dink sekerlik aan hierdie spreekwoord wanneer ons hierdie bekende gedeelte van Simson & Delíla uit God se Woord lees. Hoe blind is hierdie man nie?! Hy moes mos kon agterkom dat die vrou besig was om hom te ondermyn! Hy moes mos gesien het dat sy hom skade gaan berokken. Ek bedoel – om elke keer aan haar te kenne te gee waardeur jou krag belemmer sou word en dan presies daardeur verstrik te wees, is mos meer as genoeg rede om by jou agterdog te wek. Inteendeel, jy moet basies blind wees om nie te kan agterkom dat hierdie vrou besig is om jou om die bos te lei of te bedrieg nie. Dit is tog vir almal wat hierdie gedeelte lees sommer glashelder.
VOLKSLIEFDE
Ds A.E. vd Berg
“Ek kan jou nie vergoed of kos gee nie. Al wat ek jou kan bied, is honger, dors, stryd en die dood. Volg my net as jy jou volk met jou hart en nie met jou eie lewe liefhet nie!” (Garibaldi)
Die geskiedenis getuig van mense wat weens hul geloof in Christus en liefde vir hul volk kragtige instrumente in God se hand was. ʼn Gelowige se eer is sy volk se eer en verdedig hy dit wat vir hom kosbaar is. Daarom is gelowiges se liefde vir God en hul volk te groot om enigsins eerbied vir verraaiers te hê en net te belangrik om hul toekoms aan volksvyandige agendas oor te laat.
Volksliefde beteken ʼn verknogtheid aan ʼn betrokke volk, maar nie noodwendig aan die regering van die dag nie. Dit hou die voordeel in dat dit wat so ʼn persoon vir sy land doen, hy ook vir homself doen. Dit kan met die liefde van ʼn man vir sy vrou vergelyk word – hy soek net die beste vir haar.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (30)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Voor die Hooggeregshof
Met die afsluiting van die voorlopige verhoor was my geselsery met die ander aangeklaagdes op 'n einde en ek is weer oorgelaat aan die willekeur van die gevangenis-owerheid. Dit was nie soveel die eensame opsluiting wat aan my senuwees getorring het nie, maar wel die gedagte dat ek sonder meer gestraf is. Hierdie onregverdige tirannie het my ingebore fyngevoeligheid tot hipersensitiwiteit verskerp en ek het eenvoudig verseg om my bakkie sop wat as middagmaal gedien het, van die sementvloer op te tel. "Ek is nie 'n hond wat van die grond af vreet nie," het ek gesnou. "My voedsel moet op 'n skinkbord bedien word."
"Ons sal aan hierdie versoek voldoen, maar dan maak jy in die vervolg self jou sel aan die kant," het 'n bewaardertjie my probeer troef.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (29)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Ek word in die tronk verhoor
Net soos ek die oorlogtydse bondgenote van Kommunistiese Rusland uitdaag om my vandag tereg te wys, het die naturellenagwag agter my sel in die tronk ook alles wat hy gehoor en gesien het, uitgedaag. Elke halfuur was dit foutlose herhaling van die vorige dialoog.
"Halt! Hoe ghouse der?"
Die hoofbewaarder se antwoord: "Friend!"
"Ettewanse, vrent!" (Advance Friend) het die naturel beveel. En dan, as die hoofbewaarder by hom kom, was dit weer "0lls-wel-l-l!"
Dit was "Alles is wel", van vroeg tot laat, totdat "0lls-Wel-l-l" van die dril gegaan het.
Een oggend het ek weer oudergewoonte my nekspiere gestaan en oefen toe die tronk se opperbewaarder sy opwagting daar maak. "Waarom oefen jy jou nekspiere so baie?" wou hy met 'n breë glimlag weet.
"Om die galgtoue van die galgkamer te breek," het ek onmiddellik geantwoord. Die opperbewaarder het so lekker gekry by die gedagte dat ek opgehang sou word dat hy met 'n vermakerige laggie oral aan sy liggaam lekker gekry het. Die gevolg was dat ek gereeld wanneer ek hom sien, my nekspiere begin oefen het.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (28)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
“Dit is deur die eeue heen bewys dat ander volke, net soos die jeug, geen woord of teorieë in die vorm van holklinkende toesprake of opgediste snert van koerantskrywers en politieke wiggelaars volg nie, maar slegs voorbeelde, hetsy goed of sleg.
“Suid-Afrika is egter 'n uitsondering op elke reël. Ons is te lui om selfstandig te dink, andere moet dit vir ons doen. Ons sien die gevaar, maar weier om dit te erken. Ons wil lewe, maar weier om te veg. Ons glo in God, maar ignoreer sy gebooie. Gelukkig kan dit nie van almal gesê word nie.
“Ontwaak, Suid-Afrika! Gord aan die swaard en laat ons veg. God help diegene wat bereid is om hulself te help. Organiseer, dissiplineer en bewapen elke weerbare man, vrou en kind. Laat ons Suid-Afrika in 'n vesting omskep wat vir die Kommunisme ondeurdringbaar is. Anders is ons gedoem.
“Ek smeek jou, Blank Suid-Afrika, aanvaar wat ek hier sê en moenie weer toelaat dat onbeproefde dwergleiertjies julle met lippetaal aan die slaap sus en aan die neus rondlei nie.
“Hierdie ding het in die verlede met driehonderdduisend lede van die Ossewabrandwag gebeur en dit gaan waaragtig weer gebeur. Na dese sal ons nie weer 'n kans kry nie ... die Kommuniste sal daarvoor sorg.
“Ons soort demokrasie het die Kommuniste sterk en magtig gemaak. Ons het mekaar gehelp om die Nasionaal-Sosialistiese bolwerk te verpletter. Ons het doelbewus ons eie graf gegrawe. Ons het gesaai en ons gaan maai. Dis 'n verskriklike gedagte, maar ongelukkig is dit waar. Ontwaak, Blank Suid-Afrika! In Godsnaam, ontwaak!”
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (27)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
My behandeling en verhoor in die tronk
In die tronk het ek spoedig ontdek dat ek 'n uitsondering op elke reël te wees sover dit die voorgeskrewe behandeling van gevangenes betref. Ek is nooit toegelaat om saam met ander gevangenes te gaan oefen vir die halfuur wat my twee keer per dag vir ontspanning toegelaat is nie en talle ander dinge.
Dag en nag is ek deur wagte omsingel. Die skerp lig wat uit 'n gat uit die muur op my bed geskyn het terwyl ek verhoorafwagtend was, is nooit nag of dag afgeskakel nie. Ek is die eerste drie maande nie toegelaat om briewe te ontvang of te skryf nie. In daardie tydperk is ek ook nie toegelaat om enige kersboodskap te ontvang nie.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (26)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Dr. J.F.J. van Rensburg veroordeel homself
Op 6 Desember 1941 verskyn in Die Vaderland 'n verslag oor dr. Van Rensburg se toespraak in Bezuidenhoutvallei, Johannesburg. Hierdie koerant het gedurende die oorlogsjare die bedrywighede van die Ossewabrandwag breedvoerig gerapporteer. Die verslag lui:
"Seker twee-derdes van die mense in die leër is vandag Afrikaners wat om ekonomiese nood, uit avontuurlus of uit oortuiging in die Noorde is. Ons eer daardie seuns van ons. Daar is meer O.B.'s in die Noorde as wat baie van ons besef. Hulle ... daardie Afrikanerseuns, sal terugkeer na die boesem van hul volk en die O.B."
HEILIGE SPYKERS
Ds A.E. vd Berg
“En die gewig van die spykers was vyftig sikkels aan goud…..” (2 Kron.3:9).
God dink anders as mense: “Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie en julle weë is nie my weë nie” (Jes.55:8). Die verslag van die bou van die tempel getuig hiervan. Wie sou, indien jy ’n gebou moes oprig, die hoeveelheid spykers wat gebruik is, in die verslag vermeld? Dis nietigheid. Met God is dit anders. Alles wat met sy koninkryk te doen het, is vir Hom belangrik.
Daarom het die Heilige Gees die Kroniekskrywer gelei om in sy verslag oor die tempelbou ook die aantal spykers wat gebruik is te vermeld. Hierdie spykers was so belangrik in diens van God, dat hul waarde selfs in die gewig van goud bereken is - 50 sikkels se goud!
In die Bybel word spykers o.a. as beeldspraak vir diensbaarheid in God se koninkryk gebruik. Ten tye van Juda se geestelike afvalligheid, het God ’n gelowige met die naam Eljakim gebruik om geestelike stabiliteit te bring en sê van hom: “En Ek sal hom inslaan soos ’n pen in ’n vaste plek…” (Jes.22:23).
VLUG VIR DIE AFGODERY
Hannes Ollewagen
1 Kor. 10:14-22
“DAAROM, my geliefdes, vlug vir die afgodediens.” (:14).
Paulus gee aan die Korinthiërs ‘n opdrag om van afgodediens af weg te vlug. Ons vind ‘n soortgelyke vermaning in 1 Joh. 5:21 – “My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.”
Ons maak maklik die fout om te dink dat hierdie vermaninge maar aan die gemeentes van daardie tyd gerig was. Wanneer dít ons uitgangspunt is, sal ons onsself die vraag moet afvra wat van ons belydenis word dat die Skrif die Heilige en Lewende Woord van God is. Spreek elke woord en elke teksvers in God se Woord nie steeds vandag ook tot elke ware gelowige nie? Die Woord van God spreek inderdaad steeds tot elke gelowige wat die Gees van die waarheid ontvang het om hierdie Woord van God aan te neem. En daarom moet ons ag gee op elke vermaning uit God se Woord en dit ter harte neem!
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (25)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Johannes van der Walt sluit by my aan
Op 'n dag in Desember 1941 het ek en Suid-Afrika se wonderstoeier op 'n plek in Johannesburg ontmoet waar ons lank alleen gesels het. Daardie ontmoeting het my teruggevoer na 'n hawestad in Engeland waar ek Johannes van der Walt in Desember 1938 laas gesien het.