Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God se verlossingsplan vir sy kinders is sekuur uitgewerk en uitgevoer deur die eeue en sal uiteindelik uitloop op die volkome geluksaligheid in die hiernamaals. Iewers in hierdie volmaakte plan pas hierdie nuwe jaar ook in.
DIE WERKING VAN DIE GEES
Hannes Ollewagen
Rigters 13:1-25
“En die Gees van die HERE het hom begin drywe in die laer van Dan tussen Sórea en Estáol.” (:25).
‘n Algemene fout wat mense maak, is om te dink dat Jesus Christus eers in die Nuwe Testament figureer. Hy wat Jesus Christus is, het nie eers begin leef toe Hy in Betlehem gebore is nie. Hierdie gebeurtenis was slegs sy verskyning in die vlees om onder ons te woon, maar Hy is van ewigheid af alreeds by God die Vader. “IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.” (Joh. 1:1). ‘n Deeglike bestudering van die Woord van God leer ook vir ons op verskeie plekke waar Hy alreeds in die Ou Testament aan mense verskyn het. Lees maar gerus met die nodige aandag in Génesis 18 van sy verskyning aan Abraham.
RASSEVERMENGING BAAR RASSEHAAT
Ds. A.E van den Berg
Rassevermenging is onnatuurlik en kunsmatig. Om dit op ʼn veelrassige bevolking af te dwing, het ernstige gevolge en maak rassehaat onafwendbaar. Dit veroorsaak dieselfde soort angs as wat tydens rassebotsings ervaar word en laat ʼn bloedspoor na. Die meer as 52 moorde per dag in Suid-Afrika getuig daarvan. Rassevermenging laat mense onveilig voel en solank as wat mense vir hul lewens vrees, sal hulle diegene wat hul bedreig, haat.
Dit gebeur as die verlede onophoudelik in ʼn vyandige rassepatroon vertolk word en politici se uitsprake met lagwekkende onkunde tot weersinswekkende dreigemente deurspek is. Dit jaag net rassespoke op!
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (24)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Drie jong Afrikaners betaal die hoogste tol
Een oggend het Marie Wilz met bedroewende tyding by my aangekom. Hendrik Erasmus is naby Warmbad in die Transvaal deur die polisie doodgeskiet. Ek het gevoel of die wêreld om my in duie stort.
Volgens 'n koerantberig van 25 Junie 1942, het sersant FA. Fourie tydens my verhoor onder andere getuig dat hy op 27 November 1941 na die plaas Buffelshoek, Waterberg, gegaan het. Hy het 'n lasbrief vir die inhegtenisneming van Karel Theron en Hendrik Erasmus gehad.
NUWEJAARS- BOODSKAP
Ds Andrè vd Berg
Koopbriewe
“So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Neem hierdie briewe, hierdie koopbrief, die verseëlde een sowel as hierdie oop brief, en sit hulle in ’n erdepot, dat hulle baie dae kan bly bestaan” (Jer.32:14).
Min dinge is so onaangenaam as onsekerheid. Dit belemmer jou gemoed. Dis soos met ʼn moeilike eksamen; jy gaan net-net gaan slaag of net-net druip. Jy weet nie. Of jy belê geld teen hoë risiko en jy weet nie of jy gaan verloor nie.
Die ergste onsekerheid is om onseker oor jou toekoms te wees. Dit ontneem mense van hoop soos met die Judeërs eeue gelede. Ek verplaas u na die jaar 587vC. Berigte stroom in dat Juda deur Babiloniërs ingeval is. Die bloedspoor wat hulle agterlaat, word al groter en hulle is op pad na Jerusalem!
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (23)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Magaliesberg word my tuiste
Ingehaak het ek en my tante tot by die polisiemotor gestap waaruit een van die speurders die geweer getrek en toe weer laat los het. In die motor het ek drie gewere, twee paar handboeie en 'n lang tou gewaar.
"Kyk hier, tant Babs," het ek ergerlik uitgeroep. Ek het die geweer wat naaste aan die deur gelê het, gegryp en driftig na die eerste klip gestap met die doel om dit aan flenters te slaan. Speurderkonstabel Els het gesien wat my plan was en vinnig na my gestap. Hy het mooi gevra dat ek dit tog asseblief nie moet doen nie. Dit was nie die eerste keer dat ek deur mooi woorde getem is nie. Erg ontstoke het ek die geweer weggesmyt.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (22)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Die polisie skiet op my
Omstreeks nege-uur die oggend van 7 Oktober 1941 het ek vir die tweede keer slaags geraak met die polisie. Hierdie keer het agt speurders en een polisiesersant opgedaag om my in hegtenis te neem. Hoe die speurders so gou op my spoor gekom het, weet ek vandag nog nie.
Die pastorie van die Krokodildrif-gemeente was in die bosse sowat 250 tree van die pad tussen Pretoria en Brits geleë.
MISDAAD EN VREDE IN 2020
VREDE SLEGS MOONTLIK BY ONS VREDEVORS
Die geweld en wanorde wat die swart bedeling gebring het, het die Boerevolk wreed ontnugter. Die misdaadsyfer het in die eerste vyf jaar van swart bewind met 770 % gestyg! Waar die syfer tans in die begin van 2020 staan is onbekend maar kan ons aanvaar dat dit minstens vertiendubbel het. Dis alles te wyte aan die gewese Nasionale Party en huidige NG Kerk se aandrang om die ANC en sy onheilige bedmaats in 1990 te ontban. Dit was die begin van die einde van vrede vir ons!
Swart Afrika se onverskillige sug na onafhanklikheid het hom nie net van sy eertydse koloniale bewind bevry nie, maar ook van vrede . Die swart geweldsbedeling was vir baie van die verraderlike politici ‘n groot verleentheid waaraan hulle iets dringend moes doen. Veelrassige vredesdemonstrasies was die antwoord. Ontgogelde blankes moes glo dat vrede, soos kersvader, oppad was.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (21)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Ons pogings met die radiosender
Onderwyl ek en Hendrik Erasmus op sy vader se plaas 'n paar my! van Warmbad gewag het op Theron, Le Roux en Abrie, het oom Erasmus, vergesel van 'n sakeman, hulle opwagting daar gemaak met 'n telegram wat aan my geadresseer was. Die telegram het gewaarsku: "Kallie Theron gearresteer. Wees op hoede."
"Armsalige stomperds. Dit sit nie in hulle broek om Karel te vang nie. Die polisie het natuurlik hierdie telegram gestuur om uit te vind waar ek is. Kom, Hendrik, laat ons spore maak. So maklik laat ek my nie om die bos lei nie," het ek aan Erasmus gesê.
NUWEJAARS- WENSE 2020
Ons span hier by Gelofteland wens elkeen van ons lesers 'n veilige, Godsbeskermde en vreugdevolle 2020 toe. Ons boodskap aan u is dat u God se verbond nie moet vergeet in hierdie jaar nie, dan sal Hy ons nie onbeskermd laat in 'n land waar daar tans baie woelinge en misdaad is nie. Ons vyande is besig om die Afrikaner in hierdie land te probeer vernietig en die aanslae sal vinnig verskerp. Onsself is nie in staat om hierteen die hoof te bied nie maar ons Skepper en Redder sal op sy eie tyd 'n wonderwerk verrig om hierdie saak te verander. Intussen moet u doen wat u weet u christelike plig is want daarsonder durf u nie staat maak op die genade en wonderwerke wat ons Vader aan ons wil gee nie. Ons mag ook nie mismoedig word oor al die onregte huidiglik teen ons nie en moet ons, ons oë omhoog rig in fokus met Hom. As daar een ding is wat vasstaan, is dit dat die God van Israel, en ook van die Afrikanervolk en al sy kinders oral in die wêreld, geen behae daarin het om ons te sien ly nie.
Niks wat voorheen gebeur het en ook vorentoe sal gebeur is sonder ons Vader se wete nie; Hy bly in beheer van alles in ons lewens en Hy laat selfs sekere slegte dinge toe wat selfs baie pynlik vir ons is, dinge wat ons weer dwing om ons oë op Hom te vestig, en die afgelope jare reeds verandering in ons volk teweeg gebring het. Nou is die tyd naby dat daar groot dinge in Suid-Afrika sal gebeur en is die nuwe jaar 2020 dalk die jaar waarin die Afrikanervolk deur die laaste smeltkroes sal gaan voordat hy weer gereinig sal wees van al die afdwalinge waarna hy deur die genade van Bo weer in hierdie mooi land herstel sal word.
Laat ons dan in hierdie nuwe jaar opstaan uit hierdie strafgerig oor ons, ons verbond met Hom herbevestig, en aan Hom toon dat ons bereid is om met ons hele hart 'n volk vir Hom te wees want as ons harte reg ingestel is, sal ons hele saak, insluitende ons volkskap en die herstel van ons pragtige land, reggestel word. Moet asseblief nie dat iemand u wysmaak dat die huidige toestand in hierdie godgegewe land onomkeerbaar is nie – dit strek aan ongeloof by Hom. By God is NIKS onmoontlik nie; Hy sál op die regte tyd ons van hierdie juk verlos en ons weer as volk in ons eie land herstel.
Mag 2020 die jaar wees waarin elke volksgenoot sy hele hart aan God oorgee, en met oortuiging, moed en volkome geloof die pad met Hom stap sodat ons gereed sal wees wanneer Hy hierdie land mooi land kom reinig, ons verlos, vergewe, en self kom regeer!
DIT IS WEER OUJAARSDAG
Ds A.E. vd Berg
Oujaarsdiens
“En toe hulle by Mísië kom, het hulle probeer om na Bithínië te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie”(Hand.16:7).
Ons leef net eenmaal op die aarde en nooit weer nie. Daarom moet ons alles wat eerbaar is doen om sin daaraan te gee. Wat ons nie doen nie, is ons vir altyd kwyt. Daarom is dit goed om vooruitsigte te hê. God wil dat ons hoog mik en sukses behaal. By geleentheid neem ʼn Amerikaanse onderwyseres haar klas na die Withuis en vra hulle daarna om ʼn opstel oor hul ervaring te skryf. Een seun begin dit met: “Dankie vir die geleentheid om gister my toekomstige ampswoning te kon besoek”. Hy het sommer baie hoog gemik!
Ons kan die nuwe jaar nie sonder sinvolle voornemens aanpak nie. Dit kan ʼn jaar van groot veranderings in ons land wees. Op politieke gebied moet daar ʼn waterskeiding kom. Totdat God se Woord gehoorsaam word, gaan die kerklike verwarring voortduur. Op kulturele gebied sal vrysinnige volksgenote hulself nog verder vasdraai en die volksvyand sal dit wat eerbaar is, nog verder afbreek. Gedagtes hieraan, laat baie mense wat glo dat hulle pionne op die skaakbord van die noodlot is, nie juis na die nuwe jaar en toekoms uitsien nie.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (20)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
My ontmoeting met die hoof van die O.B.
By ons aankoms in Bloemfontein het ek 'n berig ontvang dat die Kommandant-generaal van die Ossewabrandwag hom bereid verklaar het om my te woord te staan. Die ontmoeting sou die aand om negeuur tussen Pretoria en Silverton by 'n ou kareeboom plaasvind. Ek het saam met dr. Hans van Rensburg en sy adjudant, Heimer Anderson, in 'n motor geklim. Heimer was saam met my leerling aan die Grey-Kollegeskool in Bloemfontein en hy het gou vasgestel dat ek werklik Robey Leibbrandt was. Gewapende manne van die O.B. het oral om die motor gestaan. Teen wie en teen wat hulle die Kommandant-generaal wou beskerm, weet nugter alleen. Al was dit net 'n skyn-sirkusvertoning, het ek tog belangrik gevoel — dit nogal sonder manel en pluiskeil.
DIE VRUG VAN ONS LIPPE
Hannes Ollewagen
Jak. 3:1-12
“Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie. ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?” (:10&12).
Ons almal is bekend met die woorde van Jesus Christus uit Matt. 7 wat stel dat ‘n mens wat waarlik tot geloof in God gekom het se dade, sy optrede, van hierdie saligmakende geloof sal getuig. Hy spreek Homself uit teen die valse profete wat voorgee om gelowig te wees terwyl hul dade van ongelowigheid spreek! “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.” (Matt. 7:15). Ons vergeet myns insiens heeltemal te maklik dat dieselfde reël vir die woorde van gelowiges geld. Ons doen dalk baie moeite in ons strewe om vrug te dra deur ons optrede en dade wat by die bekering pas.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (19)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Ek maak kennis met die Ossewa‑brandwag
Aangesien ek wyle "Sambok" Smith, die Assistent-Kommandant-generaal die Ossewabrandwag (O.B.) geken het toe by nog redakteur van Die Spand op Graaff-Reinet was, het ek besluit om hom te gaan opsoek. Hy het my wantrouig ontvang en by my die indruk geskep dat hy gedurig in vrees lewe. Hywou nie dadelik glo dat ek wel Robey Leibbrandt was en dat ek van Duitsland gekom het nie. Om dit vas te stel, het hy my versoek om met hom Duits praat. Nadat hy oortuig was dat alles in orde is, het hy skielik vermoed dat woning bespied word en dat 'n Regeringsagent my moontlik kon gesien het toe ek sy huis binnegegaan het. Hy het gevolglik die straat gedurig deur die venster laat dophou. Toe daar egter niks gebeur nie, het hy geruster geword en met my begin gesels.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (18)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Hulp van Namakwalanders
Uit louter blydskap gee ek die jong 'n paar stukkies druiwesuiker of Jodesuiker (soos hy later in die hof getuig het), 'n lang bruin sportbroek met 'n rek bo-in wat hy as 'n vrouensbroek beskryf het en 'n paar bruin skoene wat vir hom "te lank" was — so het hy altans in die hof getuig.
Die jong het so swak beduie waar sy baas se opstal is dat ek verkeerd geloop het. Intussen het ek kliphard gedink aan 'n storie om my teenwoordigheid in daardie verlate en afgesonderde streek te verklaar. As ek die landstreek geken het, sou ek 'n baie beter storie uitgedink het.
ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (17)
Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Terug na Namakwaland
Dieselfde dag is ek aan Hendrik Erasmus bekendgestel as Smit. Hendrik het my egter dadelik herken en was in sy noppies toe hy hoor dat hy my na Namakwaland moes vergesel.
DIE HEMELSE HUIS
J P Botha
Waar Jesus die poort ontsluit
Van die hemelse huis vir sy kroos,
Wink die Heiland vir sondaars, en luid
Klink sy stem vir verdwaaldes tot troos.
EK HET ‘N SIEL
Pieter Botha
O magtige skoonheid, en my hart, hoe klein –
Sag oor die perskeboorde sif die reën
in blink-rein silwerstrale, met die skyn
van ondergaande awendson geseën.
DONKER EN HELDER DAE
Pieter Botha
Donker dae as jou oë
wegdof op die rant,
is dit soos ‘n vuil gedagte
uit ‘n dronk verstand,
staar jou oog in dooie dampe
waar jou hart verdwaal,
waar ‘n goddelose onreinheid
op ons aarde daal.
NET EEN MAAL...
J P Botha
Kom drink met my ‘n kelkie wyn,
die soetheid van die muskadel,
voordat die pikswart skaduwees
van donker wolke oor ons snel!
Dan hoef ons weer vir niks te vrees;
dan sprei die son se goudligskyn
gedurig om ons waar ons swerf.
Kom drink, vergeet die werklikheid:
Daar daag ‘n dag dat elkeen sterf.
VRYHEIDSUG
J P Botha
O, dat die nagtegaal weer eens,
Suid-Afrika, jou velde sal besing;
‘n Luide jubeltoon weer opstyg tot jou lof,
‘n Ryker glans van liefde jou omring!