Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense is soos getinte ruite. As die son skyn, glinster almal. Maar as dit donker word, verraai net ʼn lig wat binne brand, dat daar lewe in die huis is.
WANDEL MET GOD (6) (SLOT)
Ds A van den Berg
Lees reeks by Wandel met God
Die beste ding om te doen
“En nou Israel, wat eis die Here jou God van jou as net om die Here jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die Here jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel, om te hou die gebooie van die Here en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan? (Deut.10:12,13).
Om met God te wandel, gee aan die lewe sin. Die teksverse noem die wortel en die vrug daarvan. Die wortel is die eerbied en liefde vir God. Geen mens sal Hom volg as hy nie eerbied en liefde vir Hom het nie. Dis die wortel (begin) van wandel met God – eerbied en liefde. Die vrug daarvan is dat dit met jou goed sal gaan. Jy sal nie altyd sonskyn in jou lewe hê nie. Jy sal ook onweer ervaar. Maar in sulke tye versterk God jou om jou las blymoedig te dra want Hy is by jou. “As jy deur die water gaan, is Ek by jou....” (Jes.43:2).
SO KAN 3e WÊRELDOORLOG LYK
Daar was deur baie jare reeds talle sogenaamde sieners in die verlede wat geroem het oor hulle visioene. Maar min van hulle was Christene en maar min van hulle het so in die kol soos Siener van Rensburg en Johanna Brandt voorspel wat met Suid-Afrika baie jare later as hulle eie leeftyd, sou gebeur. Daar is genoeg rede om te glo dit is omdat die Here daardie vooruitskouinge aan hulle gewys het – as kinders van die Here kon hulle daardie beelde nie gefabriseer het nie.
So was daar nog ‘n persoon in die vorige eeu waarvan min mense bewus is maar wie baie interessante voorspellings oor wêreldtoestande in toekomstige tyd gemaak het,veral oor die uitbreek en verloop van die Derde Wêreldoorlog. En meer spesifiek moet ons hier Siener van Rensburg se voorspelling uitlig waar hyself in 'n visioen Engeland onder die water sien verdwyn het, “want", het Siener gesê, "God gaan Engeland op hierdie manier straf vir al die verskriklike dinge wat hulle aan talle lande, en ook aan die Afrikanervolk gedoen het.”
DIE AARDE HET GEBEWE! (14)
THELMA CILLIE
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit - 1969 in die Ceresgebied.
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)
MY ganse lewe deur het ek nog nooit van my huis en meubels 'n afgod gemaak nie; maar alles wat ek besit, het ek graag na die beste van my vermoë goed versorg, want ons het dit stuk-stuk aangekoop, soos die meeste mense maar, en elke ou stukkie hoe gering ook al, het ek op 'n besondere manier lief.
'n Paar maande voor die aardbewing is ons huis nuut uitgeverf en gedeeltelik geplak. Ons het ook volvloer tapyte in al ons slaapkamers gelê, en sommige gordyne het ek vervang met nuwes wat ek self gemaak het — keurig, soos ek daarvan hou. Ek was tevrede toe dit alles klaar was — dit was myne, en ek het lank uitgesien daarna om, wanneer ek van my bed afklim, die sagte pool onder my voete te voel. Ek was opreg dankbaar dat alles in my huis nou weer so skoon en netjies was.
En nou? Na hierdie ramp?
MATTEUS DIE SKELM
BYBELVERHALE VIR JONG KINDERS (13)
Reeks by Bybelverhale vir jong kinders
Jacqueline Sibley
Daar was eenmaal 'n baie ryk man. Sy naam was Matteus. (Party mense het hom ook Levi genoem. Hy het in 'n groot huis gewoon en pragtige klere gedra. Hy was lief om lekker te eet. Hy het baie bediendes gehad om hom te help.
Matteus het geld ingesamel vir die koning. Elke môre het by sy groot huis verlaat en die pad gevat wat naby die see verbyloop. Daar het by 'n kantoor gehad. Hy het by 'n tafel gaan sit en mense wat daar verbyloop, moes betaal.
Daar het allerhande soorte mense verbygeloop. Eendag kom daar 'n man verby in 'n donkiewa. Matteus sê vir hom: "Jy moet belasting aan die koning betaal vir die wa en die donkie. Dit sal drie silwerstukke wees."
TLU VERSAG BLANKE MOORDSYFER IN DEN HAAG
Internasionale gemeenskap neem kennis van SA Plaasmoorde
TLU SA ontvang tans toenemend navrae vanaf internasionale instellings oor plaasmoorde in Suid-Afrika.
Dit is hoofsaaklik te danke aan ’n besoek wat TLU SA se Assistent-Hoofbestuurder: Kommunikasie, mnr. Henk van de Graaf, aan Europa gebring het. Van de Graaf is sopas terug van ’n weeklange inligtingsbesoek aan Europa, waarin hoofsaaklik klem gelê is op plaasmoorde in Suid-Afrika. Die hoogtepunt van sy toer was ’n besoek aan die Europese Parlement waar hy die hoofspreker was by ’n openbare vergadering van Europese Parlementslede.
In sy toespraak het Van de Graaf daarop gewys dat toestande in Suid-Afrika selfs slegter is as in Zimbabwe. In Suid-Afrika is glo tot dusver 1 554 boere vermoor, teenoor die 24 in Zimbabwe. (Webmeester verskil ten sterkste met dié syfer; sedert 1994 is daar meer as 3 000 boere op plase in Suid-Afrika vermoor).
DIE BELHARLEUEN EN GENL J VD MERWE
DIE BELYDENIS VAN BELHAR:
MEMORANDUM OPGESTEL DEUR GENL. JOHAN VAN DER MERWE IN OORLEGPLEGING MET OUD-LEDE VAN DIE SA POLISIEMAG EN ANDER GELOWIGES
1. Die Algemene Sinode van die NG Kerk het in 2011 besluit om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse deel van die NG Kerk se belydenisgrondslag te maak en dit aan die Moderamen opgedra om die nodige kerkordelike prosesse hiervoor in werking te stel. Die Moderamen het uit hoofde van die opdrag te kenne gegee dat dit hulle verantwoordelikheid is om dit te doen met die heel beste inligting, studiemateriaal en gespreksgeleenthede. Ek het in die lig daarvan hierdie memorandum in oorlegpleging met oud-lede van die Suid-Afrikaanse Polisiemag en die hulp van ander gelowiges opgestel. Die doel is dat die memorandum as feitegrondslag vir die Moderamen uit die hoek van oud-lede van die SA Polisiemag moet dien.
BOERE-REPUBLIKEINE
Piet Rudolph
Vanaand is die staatsrede van die president van die ANC waarin hy die parlement gaan vermaak met soetsappighede,strooi en ellelange niksseggende relase. Sy gehoor in Suid-Afrika sal bestaan uit sy Bolsjewistiese handeklappers en verloopte hensoppers wat hulleself opdis as die 'amptelike opposisie.'
As daar oomblikke van helderheid sal wees, sal dit kortstondig wees.
Soos die wêreld daarbuite, sal daar binne die grense van Suid-Afrika, ook diegene wees wat hulle blind hou vir die eise van die Witman, in die algemeen en die Boerevolk, in besonder. Ons word vertrap en vermoor. Ons word na die kantlyn uitgeskuif en gepamperlang dat ons deel van die demokrasie is en alle regte en voorregte geniet. Spookasem vir 'n kind!!
ESTER (2)
Dr J P Botha
Lees reeks by ESTER
DIE SOEKTOG NA MOOI MEISIES
Toe my onredelike woede uiteindelik tot bedaring kom, het ek die liewe koningin Vasti oneindig begin mis. My persoonlike amptenare het dit opgemerk en sê toe vir my: “Laat ons na mooi meisies vir die koning soek.”
Hulle vra toe ek moet agente aanstel om in al die provinsies van my koninkryk mooi meisies te werf vir my harem hier in Susan. Hegai, die hoofharem-opsigter moet dan toesien dat hulle skoonheidsbehandeling ontvang. Die meisie wat vir my die mooiste is, moet dan in Vasti se plek koningin gemaak word. Dit was nou sommer ‘n baie goeie idee na my smaak en ek het hulle aan die gang gesit om mooi meisies te soek.
WANDEL MET GOD (5)
Ds A van den Berg
Lees reeks by Wandel met God
Glo dat God voorsien
“...want ek het geleer om vergenoegd te wees met die omstandighede waarin ek is”
(Fil.4:11).
Het u al by die see gestaan en gewonder hoe lyk dit onder die see, veral waar die see baie diep is? Dit moet groot, geheimsinnig en selfs angswekkend wees! Ons weet nie regtig hoe dit daar lyk nie. Ons staan maar net op die kant om die grootheid van God se handewerk met water te bewonder. In Ps.77:20 sê Asaf: “U weg was in die see en u paaie in groot waters...”
Net so staan ons ook op die kant van die lewe om God se onpeilbare liefde vir die mens, sy sorg en trou te bewonder. “Sy weë is altyd voorspoedig; hoog daarbo u gerigte...” (Ps.10:5). Elkeen wat met God wandel, weet dat God se weë foutloos is en dat Hy in die behoeftes van sy kinders voorsien. God is aan die werk in ons lewe, al sien ons Hom nie altyd raak nie. Luister wat sê Job aan sy vriende:
HELP ASSEBLIEF OM SWART MOORDENAARS IN TRONK TE HOU
In November 2011 het daar nog 'n gruwelike plaasaanval deur barbaarse swartes plaasgevind toe hulle oom Piet en tannie Rita Botes op hulle plaas in Davel aangeval en wreedaardig verniel het. Daar is drie aanvallers gevang en hulle borgaansoek kom nou op 17 Februarie 2012 voor. Soos ons die ondemokratiese regstelsel ken sal 'n swart landros hulle dit in 'n oogknip toestaan, iets wat verhoed behoort te word want ons weet as hulle daaruit stap hulle volgende slagoffers baie gou daarna sal ly.
'n Man met die naam Gerhard by die adres, Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. is besig om petisielyste bymekaar te maak om die borgaansoek in die hof teen te staan. Hy het reeds honderde name en vra niks meer as u naam ter ondersteuning van hierdie saak nie. Stuur dus asb 'n e-pos na sy adres met net u naam en dalk van u vriende en familie se name daarop. As elkeen van ons nie 'n bydrae lewer om hierdie wrede moordenaars in die tronk te hou nie, mag een van ons dalk die volgende slagoffer wees.
HOË MOORDSYFER BEVESTIG VOLKSMOORD OP AFRIKANERS
Mediaverklaring
Herstigte Nasionale Party
Die bekendmaking deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings dat die moordsyfer in Suid-Afrika hoër is as die padsterftes, is baie betekenisvol. Wat verder skok, is die feit dat Suid-Afrika die enigste land in die wêreld is waar dit die geval is.
Die feit dat die moordsyfer in Suid-Afrika naas twee ander lande die hoogste ter wêreld is, het ’n bepaalde politieke betekenis.
Die HNP en verskeie Afrikaner-organisasies het meer as dikwels daarop gewys dat die moorde op Blankes, en veral die Afrikaner, polities gemotiveerd is. Slagspreuke soos kill the farmer kill the Boer en Gee my my masjiengeweer hits moordbendes aan om Blankes, en veral plaasboere, te vermoor. Daar is dikwels daarop gewys dat die moorde op Afrikaners niks anders is as ’n volksmoord nie.
ESTER (1)
Dr J P Botha
Lees reeks by ESTER
VOORWOORD
By die nagaan van verskillende bronne oor ESTER, het ek ruim gebruik gemaak van die Bybel se Nuwe Lewende Vertaling, omdat die opstellers hiervan die verhaal op ‘n sprankelende wyse weergegee het.
DIE REUSE FEESMAAL
Ek is die Persiese koning wat gedurende die jare 485 en 465 vC in Susan regeer het. Hierdie stad was eers Elam, van die Elamiete, maar ons het hom van hulle verower en toe ek sien watter oulike plek dit was, het ek my regering van die Persiese ryk hier gevestig. Ek het die mooi Hebreeuse naam van Ahasveros aangeneem, want van my Griekse naam, Xerxes, het ek nie veel gehou nie.
Om koning te wees van so ‘n magtige ryk was ‘n groot prestasie en ‘n groot eer. Ek wou graag my posisie bestendig en dit vier en het toe in my derde regeringsjaar die grootste feesgeleentheid gehou wat daar nog ooit in Persië plaasgevind het. Dit was ‘n onthaal vir al my hoë amptenare en die ander vooraanstaande persone in my diens. Al die leëroffisiere van Persië en Medië, die vernaamste mense en die goewerneurs van die 127 provinsies was daar. Dit het 180 dae lank aangehou. Ek het met al die prag en praal en rykdom van my koninkryk gespog.
AL WAT HUL VRA IS BIETJIE POTJIEKOS...
DWELMDOOD IN DIE KAKE VAN KROKODIL
Neo Genocide
Iewers in Rusland gil ‘n jong vroulike dwelmverslaafde van pyn nadat die dwelm genaamd Krokodil die vleis om haar voorarm verteer het. In Beaufort-Wes word busbestuurders met Khat gevang wat in Nigerië se Groot Rifvallei geproduseer word vir verbruik in Somalië. Dieselfde dag word ‘n Russiese mafiabaas in Kaapstad gearresteer weens afpersing van besigheidseienaars.
Wat gaan aan?
In Hillbrow vertel ‘n verslaafde hoedat sy in ‘n doodloopstraat is met dwelms en hoedat sy na ‘n aanvangstadium van prostitusie blootgestel is aan kliënte wat dwelms gebruik. Op die oomblik toets sy dwelms vir Nigeriese dwelmbase. Sy het selfmoord al verskeie kere oorweeg.
In Pretoria kom laai die polisie 'n jong Afrikanervrou en dwelmverslaafde op wat op straat bly, en gee haar vir Nigeriërs om te gebruik as prostituut.
SPOOKSTORIES: CJ LANGENHOVEN (2)
Reeks by Versamelde Werke van Langenhoven
DIE SPOOK VAN VERGELEË
Om van Oudtshoorn of op Prins Albert te kom, wat skuinsweg aan die noordekant van die Grootswartberge lê en aan die voet daarvan, kan jy reguit met die gruwelike steil Swartbergpas oorgaan, of jy kan sonder om swaar te klim 'n paar uur se ompad neem, die skilderagtige Meiringspoort deur. Anderkant kom jy die poort uit op Klaarstroom, en dan hou jy links al onder die berg langes oor 'n reeks heerlik-fraaie boereplase wat aan die riviertjies lê wat nes die tande van 'n kam uit een vir een van die bergklowe kom. Een van daardie klowe kom by 'n noue gangetjie uit sodat 'n mens in die riviertjie moet opry tussen honderde-voet hoë regop rotswande aan weerskante. Maar oor ‘n myl of so gaan die poort skielik oop, en binne in die hart van die gebergtes kom jy op 'n diep, byna donker vallei uit waar die son maar 'n paar uur in die dag tot onder skyn. Maar daar lê 'n boereplasie - ruimte vir meer as een is daar nie, en vir een grote ook nie — met bome en wingerd en,saailande en 'n wit boerewoning onder donker rietdak, nie groot nie.
DIE AARDE HET GEBEWE! (13)
THELMA CILLIE
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit - 1969 in die Ceresgebied.
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)
MENSE het die nag van die groot skudding die mees uiteenlopende gewaarwordings gehad. Baie mense het vreeslik benoud gevoel — so asof hulle verwurg word en geen asem kon kry nie. Presies so was dit ook met Eddie gesteld. Toe hy wakker word, het hy eers gedink dit is die bulhond wat op sy bors gespring het. Hy het met alle mag probeer om “die hond" van hom af te gooi, maar kon nie daarin slaag nie. Hy het tot die dood toe benoud gevoel en toe gedink dat hy 'n hartaanval het! Hy soek in die donker na sy botteltjie hartpille wat gereeld voor sy bed staan, maar onthou skielik dat hy vergeet het om die pille uit sy bakkie te haal.
WANDEL MET GOD (4)
Ds A van den Berg
Lees reeks by Wandel met God
Geen verdienste nie
“En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig!” (Luk.18:13)
Om met God te wandel, is geen geestelike verdienste nie, maar eerder groot genade. Baie min mense wandel werklik met Hom. Om met Hom te wandel, is geen ligtelike saak nie. By geleentheid vra Dawid, of om die skoonseun van die koning te wees, ʼn ligtelike saak is? Beslis nie! Dis ʼn gewigtige saak. So ook om met God te wandel. Dit hef jou hart en siel op. Dit maak van jou ʼn ander mens. Laat ons egter op ons hoede wees en die Satan geen vatkans gee nie: Dit kan tot geestelike hoogmoed lei!
‘N ONGELUKKIGE MAN
BYBELVERHALE VIR JONG KINDERS (12)
Reeks by Bybelverhale vir jong kinders
Jacqueline Sibley
‘n Seuntjie met die naam Japie het masels. Ons weet nie waar Japie woon nie maar hy is baie siek. Hy het roof-kolle op sy hande, sy gesig, sy maag en sy hele lyf. Die dokter was by hom. Hy het vir hom medisyne gegee en gesê: "Drink dit en jy sal nou beter voel ". Was jy al so siek soos hierdie seuntjie?
Eenmaal, lank gelede, was daar 'n siek man. Ons ken nie sy naam nie, daarom noem ons hom maar mnr. Reuben. Mnr. Reuben het nie masels gehad nie, maar op sy lyf was ook kolle. Sy hande was so seer dat hy hulle nie kon gebruik nie. Hy het nie in die bed gebly soos die seuntjie op die prent nie. Hy het ook nie medisyne gekry om te drink nie.
DIE AARDE HET GEBEWE! (12)
THELMA CILLIE
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit - 1969 in die Ceresgebied.
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)
EK KAN nie nalaat om ook te vertel hoe dit daardie verskriklike nag van die aardbewing, by Belmont, een van die plaaslike hotelle toe gegaan het nie. Ek glo en weet dat elke hotel in die rampgebied hulle eie angswekkende ondervinding gehad het, maar ek skryf van Bettie en Faan van die Belmont, omdat ek hulle so goed ken.
Bettie was die aand besig om voorbereidings te tref vir 'n swierige silwerbruilof wat die volgende dag by hulle in die hotel gevier sou word. En soos ons Bettie ken, sou hierdie geleentheid ook in die fynste besonderhede be plan word — sy wou dit so graag baie mooi hê.
Nou ja, haar tafel was reeds gedek en sy het 'n lieflike ruiker van ses dosyn angeliere op die keurige gedekte tafel gesit — alles in wit en goud. Die lieflike vertrek het waarlik feestelik daaruit gesien. Dankbaar dat die voorbereidingswerk so ver was, het Bettie na 'n ander vertrek gegaan om kleiner ruikertjies te maak wat sy ook oral in die feesvertrek wou plaas — en toe tref die aardskok...
SPOOKSTORIES: CJ LANGENHOVEN (1)
Reeks by Versamelde Werke van Langenhoven
DIE WANDELENDE GERAAMTE
Hierdie slag is 'n persoonlike voorwoordjie nodig.
Dis 'n kort verhaaltjie hierdie, en daarvoor sal die leser waarskynlik dankbaar wees. Met behulp van kunstige stoplappery kon hy gerek geword het — die verhaal bedoel ek — tot viermaal sy lengte. Maar die doel met hierdie reeks vertelsels is nie om kunstig te wees nie (al was dit ook binne die skrywer se vermoë) : Die doel wat ek hiermee het is om sonder opsmuk op droogsaaklike wyse uit my versameling van wat eintlik nie "spookstories" in die gewone sin genoem kan word nie, een en ander oor te vertel, sover as wat moontlik is soos ek hulle self gehoor het.
Maar aangesien dit nie my eie ondervindings is waarvan ek hier getuig nie — ekself het nog nooit ‘n ontliggaamde gees gewaar geword nie — ontvang die leser die getuienis as hoorsê, en daarom vind ek dit wenslik om die getuies, wat ek voor my gehad het en die leser nie, elke slag met 'n inleidende woordjie aan hom bekend te stel.
WANDEL MET GOD (3)
Ds A van den Berg
Lees reeks by Wandel met God
God sien alles raak
“Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ʼn weg is van smart, en lei my op die ewige weg” (Ps.139 vers 23,24).
In die lied From a Distance sê die skrywer: “God is watching us from a distance” Dis baie waar. Niks ontglip sy oog nie. God weet van alles in ons lewe; ook die dinge wat ons met niemand deel nie. Hy ken ons soos ons is!
Geen Skrifgedeelte skets God se alomteenwoordigheid so treffend soos Ps.139 nie. Om met God te wandel, is om te weet dat Hy alles sien en daarmee rekening te hou. Ons kan nie, soos Adam en Eva uitgevind het, vir God probeer wegkruip nie.