Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Pyn is nie net sleg vir jou nie, dit laat mens baie dink oor baie aspekte van die saak, en denke gee 'n mens nuwe wysheid, en wysheid bring vrede. Verdra dus jou pyn met die wete dat daar 'n groter saak aan verbonde is.
S I M S O N (1)
Die unieke metodes wat die Rigter Simson aangewend het om Israel van Filistynse oorheersing te bevry.
Dr JP Botha
Lees reeks by SIMSON
ISRAEL EN AFGODEDIENS
Gedurende die tyd van die rigters is Israel verskeie kere verdruk deur die heidense volke wat nog oral in en rondom die land Kanaän gewoon het. By hierdie heidense volke het Israel geleer om afgode te aanbid. Dan het hulle vergeet om die Here te dien en het nie meer onthou hoe Hy hulle voorvaders uit hul Egiptiese slawerny verlos het nie. Dan het die Here toegelaat dat een van hierdie goddelose heidense stamme die land oorstroom en die volk in hul eie land verdruk.
BLANKE 'LANDBOU- LEIERS' SE VERRAAD
Kriewelkop
As planne en strategieë tot ekonomiese groei kon lei, sou Suid-Afrika waarskynlik een van die vinnigste groeiende lande ter wêreld gewees het. Maar soos uit die onlangse geskiedenis van die land sedert 1994 onder 'n swart kommunistiese regime met talle agendas blyk, lê die probleem daarin dat dié planne nooit in werking gestel word nie. Daarom gaan dit enige logika te bowe dat klaarblyklike Afrikaners soos mnr Neels Ferreira, voorsitter van Agri SA se bedryfskamer, kan wegkom met sy deursigtigheid dat daar van ANC-owerheidskant iets omtrent landbou vir blanke boere gedoen sal word. Geen van die jarelange beloftes wat gemaak is het nog nie gerealiseer nie want die grondgrypprogram is tog as teenoorgestelde proses lank reeds in werking. Zuma self het in sy parlementsopeningsrede gesê dat 2013 gekenmerk sal word as die jaar waarin 87% van grond in Suid-Afrika gegryp sal word vir swartes – opsigself 'n ernstige dreigement vir die vrede in die land. En dan kom paai verlooptes soos Ferreira blanke boere voortdurend sodat hulle tog nie in opstand moet kom nie.
TERUG NG KERK TOE?
Ds A van den Berg
Ek is al baie jare lank leraar van ’n stadsgemeente en het baie mense na die AP Kerk sien kom en gaan. Sommige het vir ’n jaar of twee gebly; ander selfs langer. Die meeste wat die AP Kerk verlaat het, is NG Kerk toe, selfs jong mense wat belydenis van geloof in die AP Kerk afgelê het.
Waarom gebeur dit? Omdat oppervlakkigheid die vloek van ons tyd geword het. Jongmense het ’n drang na die onmiddellike bevrediging van behoeftes. Ook op godsdienstige gebied. Daarom word hulle so maklik na die “gevoels” godsdienste weggelok en veroordeel daarna die AP Kerk se inkleding van eredienste as te dood.
Sardis het die naam gehad dat sy leef, maar was in God se oë dood (Openb.3:1). Wanneer is ’n kerk/gemeente dood?
DIE BELHAR- BELYDENIS (3)
Ds. André van den Berg
Lees reeks by DIE BELHARBELYDENIS
AGITATORS
IS BELHAR WERKLIK 'N GEREFORMEERDE BELYDENIS?
"Swart heerskappy laat die sogenaamde ellende van apartheid soos ‘n ligte bries teen ‘n siedende orkaan lyk!... ... ‘n Gereformeerde belydenis neem sy vertrekpunt vanaf die Skrif na ‘n bepaalde situasie. Die Belhar-belydenis keer die orde om en beweeg vanaf ‘n bepaalde situasie na die Skrif. Die opstellers wou apartheid bykom en het die Skrif bygesleep om gesag daaraan te gee."
4.1 In eie midde
Die rol wat Marxistiese agitators in die kerklike ontwrigting gespeel het, was bedenklik. Hierdie agitators het rassehaat as ‘n magtige instrument gebruik ten einde Suid-Afrika op sy knieë te dwing. Die nie-blanke kerke was uiteraard maklik om oor te haal.
Die Ligdraer, lyfblad van die NG Sendingkerk, het in sy uitgawe van 1 November 1982 erken dat agitators die apartheidsbeleid as ‘n wig tussen die Moeder-en Sendingkerk probeer inslaan het en sy spyt daaroor uitgespreek.
GOD GEBRUIK GEWONE MENSE! (3)
Terry Virgo
Lees reeks by God gebruik gewone mense!
“Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe" — Spreuke 4:18
As 'n mens die Here Jesus die eerste keer ontmoet, is jy soos iemand wat na 'n lang nag van algehele duisternis in die lig kom. Waar jy vroeër weinig of niks van die Here af geweet het nie, ken jy Hom skielik persoonlik.
Maar die spreukedigter sê vir ons dat hierdie eerste kennismaking soos "die lig van die môreglans" is — dit is bloot die eerste lig wat oor jou lewe val. En net soos die eerste strale van die son vervang word deur die vol lig van die dag, wil die Here ook hê dat dit so moet wees in die lewe van sy kinders. Ons moenie by die dagbreek vassteek nie, maar tot groter heerlikheid in God vorder.
DIE AARDE HET GEBEWE! (16)
THELMA CILLIE
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit - 1969 in die Ceresgebied.
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)
HANNES, ons buurman, glo dat ons nie naasteby soos hý geskrik het nie. Hy het geen elektrisiteit op sy plaas nie en maak gebruik van olielampe. Hy sê sy skrik was groter, omdat ons ligte doodgegaan het, terwyl hy in die lig van die olielamp alles waargeneem het. Hy het vir maande in sy motor geslaap, totdat sy opslaanhuis klaar opgesit was. “Nee," sê hy, “ek weet nie of ek ooit weer vertroue in 'n steenhuis sal hê nie. Julle moet darem weet die aand met die groot skudding het ek nog ewe rustig na die radio sit en luister en meteens begin die lamp oor die tafel gly. Ek gryp hom vas want ek besef as die lamp nog moet omval kan die huis dalk afbrand. En met die lamp in my hand, dans ek potsierlik op en af saam met die aarde!
HOEDSPRUIT KORT DRINKWATER
Alani Janeke
Hoedspruit en sy omliggende omgewing ondervind ses weke ná erge vloede steeds drinkwaterprobleme, sê die Hoedspruit-boerevereniging.
Mnr. Jurie van Vuuren, bestuurder, sê die suiweringswerke op die dorp het glo groot probleme met kapasiteit sedert die vloede. “Hulle kan nie ál die suiwering hanteer nie, die dorp sukkel baie.”
Hy sê die munisipaliteit gee daagliks aan elke huishouding ’n sekere hoeveelheid water waarmee hulle oor die weg moet kom. Tenks met water is uitgesit waar huishoudings op plase water kan gaan haal, maar dié tenks veroorsaak “ook maar ’n gemors”.
TWEE SINODES SE SKANDELIKE VERHALE
“Darem heerlik om soveel skuiwergate te laat om sodoende soveel moontlik lidmate gemaklik te laat in hulle sondige dwaalweë! En dit het twee goeie gevolge vir die gasheer in sy ‘diverse ruim huis’: Nie net is hul geldsake in beter orde met soveel bydraers nie maar slaag hulle ook in die doel van die bose magte om soveel moontlik siele te mislei om verlore te gaan.”
Op kerklike werf is die toneel die afgelope tyd deur twee sinodes oorheers. Die Ned. Geref. Kerk asook die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika het albei belangrike sinodes gedurende Oktober 2011 gehou. In altwee gevalle was die uitslag hoewel verwag steeds skokkend — afhangend, seker, vanuit watter gesigshoek 'n mens beoordeel. Dit is twee kerke in eie reg en hulle kan uiteraard na eie goeddunke handel, maar hulle sprake het 'n effek op die samelewing wat ons deel, en raak ons daarom ook.
DIE BELHAR- BELYDENIS (2)
Ds. André van den Berg
Lees reeks by DIE BELHARBELYDENIS
"Die Hollanders het uit die staanspoor besef dat hulle hoogstens naas die swartes kon bestaan, maar nie saam met hulle nie. Dis die basis van apartheid: Naasbestaan; nie saambestaan nie ".
2. DIE ONTSTAANSGESKIEDENIS
2.1 ‘n Verskuilde agenda
Die Belhar-belydenis het ontstaan as gevolg van ‘n verskuilde politieke agenda waarvan die Sendingkerk nie vooraf bewus was nie. Iemand wat kerklike vergaderings met behulp van ‘n verskuilde politieke agenda manipuleer, is soos ‘n pedofiel in ‘n kersvadermondering!
SA KOSPRYSE DUURDER AS BRITTANJE
Theuns Botha
Die prys van maalvleis en melk by twee supermarkte in Suid-Afrika was onderskeidelik 41% en 24% duurder as by soortgelyke supermarkte in Brittanje.
Dié inligting is deur dr. Pieter Prinsloo, voorsitter van die Oos-Kaapse Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), op ’n bestuursvergadering op Cradock verskaf. Hy het verwys na ’n opname wat mnr. Brendan Grundlingh, ’n navorser van SBG Securities, op ’n onlangse vakansie in Brittanje oor die prys van basiese kossoorte gedoen het.
DIE BELHAR- BELYDENIS (1)
Ds. André van den Berg
Lees reeks by DIE BELHARBELYDENIS
INLEIDING:
Op 26 September 1986 is ‘n jammerlike besluite geneem toe die eertydse NG Sendingkerk die Belharbelydenis tydens ‘n Sinodesitting as volwaardige belydenisskrif aanvaar het. Allan Boesak was nie net die moderator van daardie Sinode nie, maar ook die hoofopsteller van hierdie belydenis; ‘n man wat kort daarna in die tronk beland het weens die diefstal van buitelandse skenkings vir opheffingswerk onder die sogenaamde slagoffers van apartheid.
VERWOERD SE BOEKIE NOG NIE VOL?
VERWOERD HET WISKUNDE GLO BEMOEILIK OMDAT SWARTES ‘N BEDREIGING WAS – SÊ MUCHUNU
ANC HET WISKUNDE BELAGLIK VERGEMAKLIK OMDAT BLANKES ‘N BEDREIGING IS – SÊ ONS...
Kriewelkop
"Dit was Verwoerd wie hierdie twee vakke moedswillig so moeilik gemaak het in sy doelbewuste beplanning om die swart volke ‘n agterstand te gee, en dit net omdat hy deur hulle bedreig gevoel het.”
‘n Kort tydjie gelede was dit die rassistiese blankes se skuld dat daar so min swart mense hemel toe gaan, het ‘n ANC-woordvoerder in alle erns beweer. Daarom sou hulle voortaan sorg dat indien Angus Buchan weer samekomste reël, die eerste 70% van kaartjieverkope gedwonge aan swartes verkoop sou word. Ek het toe die vraag gevra: wie op aarde het vir die ANC gesê dat daar min swartes in die hemel kom? Of was dit juis nie ‘n aardse stelling nie... Nietemin, of dit ‘n mens was of ‘n ander wese wat hierdie nuus aan hulle oorgedra het, kon niemand tot nou toe my vraag beantwoord nie.
Nou is dit weer Verwoerd en sy afsonderlike ontwikkeling se skuld dat die Wiskunde en Wetenskap so moeilik was. En ek sê ‘wás’, want die ANC het reeds gesorg dat dit nie meer ís nie, en hulle gaan verder sorg dat dit die heel maklikste vakke op skool word.
ANC DRINK NOU ALLEEN
Jan Bezuidenhout
Die staat se inkomste uit aksyns en BTW was die afgelope jaar sowat R3,9 miljard, terwyl wynboere sowat R3,6 miljard verdien het, aldus mnr. Rico Basson, uitvoerende direkteur van Vinpro, in sy kommentaar oor die Begroting.
Hy sê Suid-Afrika se wyn- en brandewynprodusente sal nóg verder op hul knieë gedwing word deur die nuutste verhogings in aksynsbelasting wat deur die ANC se minister van Finansies aangekondig is – veral die buitensporige verhoging op brandewyn.
Die gekombineerde uitwerking van die verhogings sal vir talle ʼn finale nekslag wees, en ongetwyfeld met arbeidsverliese gepaard gaan, sê Basson.
LANDBOU TELEURGESTELD MET BEGROTING
MEDIAVERKLARING
TLU-SA
In ’n tyd dat daar internasionale kommer is oor voedselsekerheid en voedselpryse, word dit betreur dat landbou afgeskeep word in die begroting en dat boere eenvoudig in die groot ekonomiese massa verdwyn terwyl ’n ander speelveld ter sprake is vir die landbou.
TLU SA se President, mnr.
GOD GEBRUIK GEWONE MENSE! (2)
Terry Virgo
Lees reeks by God gebruik gewone mense!
WIE IS HIERDIE FILISTYN?
Goliat het oorgenoeg rede gehad om to glo dat hulle die Israeliete maklik en vinnig sou verslaan, veral aangesien hulle alreeds' ‘n oorwinning oor die Moabiete behaal het. Maar daar was iets wat Gol iat nie geweet het nie en waarmee hy dus nie rekening gehou het nie. Die Israeliete was nie net 'n klein volkie nie — hulle was Gcod se verbondsvolk!
Perspektief is belangrik
Dawid het dit egter wel deeglik besef. Hy was een van God se verbondskinders en het self as kind die teken van die verbond, die besnydenis, ontvang.
Ek kan my voorstel hoe Goliat elke more gevoel het as hy homself die spieël sien. Hy was inderdaad 'n reus van 'n man - selfs sy wapens moes spesiaal vir hom aangepas word.
DIE AARDE HET GEBEWE! (15)
THELMA CILLIE
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit - 1969 in die Ceresgebied.
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)
EK HET vanoggend in die dorp gaan tee drink. Nie te lank nie of die gesprek gaan maar weer terug na die aardbewing. Dit kan eintlik nie anders nie, want ons ontwrigte leefwyse herinner ons voortdurend daaraan.
My gasvrou vertel my toe van Oom Jan en Tant Hanna. Toe die skudding van 5 November hulle oorval het, het oomJan met 'n glas water in die hand gestaan. Hy het sy vrou aangejaag met die aantrekkery, sodat hulle ook saam met vriende kon uitry na Bangbroeklaagte. Die oom is later moeg van die wag en ongeduldig skiet hy die glas water weg, net toe sy ou vrou uiteindelik aankom. Tant Hanna kon kwalik loop — kompleet of sy die een voet nie voor die ander kon plaas nie — maar uiteindelik sit hulle tog veilig in die motor, en daar trek hulle! Toe hulle nou by hulle bestemming aankom, begin die tannie ondersoek instel waarom sy dan tog so snaaks styf en stram beweeg. By nadere ondersoek vind sy tot haar ontstellende verleentheid dat sy altwee haar bene in die een pyp van haar belangrikste onderdingetjie het!
KÁN SWARTES TOT 2013 HOU VÓÓR UHURU?
Kriewelkop
Jacob Zuma, ANC-president, het in sy Partlementsrede gesê dat die jaar 2013 die kenmerk sal dra van die 'Natives Land Act of 1913' waarin 87 persent van die blankes se grond weggegryp sal word: "By African people Zuma was referring to black South Africans, not Coloureds or whites. The clear implication of his statement was that the entire land mass of South Africa had once belonged to black Africans and the Land Act had deprived this group of 87% of this area." – Joernalis James Myburgh se verduideliking.
Pieter Mulder het Zuma daarop gewys dat die hele Suid-Afrika nie in die verlede deur swart mense bewoon is nie, dat daar genoeg bewys is dat daar geen swartes in die Weskaap en Noordwes-Kaap was nie, wat minstens 40% van die land se oppervlakte uitmaak. Hy het Zuma daarvan beskuldig dat hy rassistiese kwotas gebaseer op nasionale demografie in die Weskaap wil uitoefen, en dat die ANC dit sonder meer ook in die res van die land sal doen.
SLEGS SOMMIGE VARKE SE PES ONDER BEHEER...
Varkpes in Transvaal byna onder beheer
Alani Janeke
Die uitbreking van varkpes in Transvaal en Oos-Transvaal Mpumalanga is glo byna iets van die verlede met sowat 250 varke wat reeds uitgeslag is, sê die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie.
Mnr. Simon Streicher, hoof-uitvoerende beampte, sê sowat 500 varke in totaal moet weens die siekte van kant gemaak en die eienaars moet vergoed word.
Die siekte is op ses plase in Transvaal en agt plase in Oos-Transvaal gediagnoseer. Streicher sê tans “lyk dinge goed” met geen nuwe gevalle wat nog gevind is nie. “Die veeartseny-beamptes het deeglik en ver gaan soek.”
LAND STORT SPORADIES INEEN
SUUR MYNWATER WORD KRISIS
Bron: Nuus24
Die besoedeling van Carolina se drinkwater deur suur mynwater is slegs die begin van ’n kettingreaksie waarteen lankal gewaarsku is.
“Dit is slegs die begin van ’n kettingreaksie. Ek wil nie sinies klink nie, maar dis nou te laat, die staat sal dit nie self kan stuit nie,” aldus mnr. Koot Claasen, landbouvoorsitter in Oos-Transvaal.
Claassen sê ná die voorval meen hy dat suur mynwater al hoe meer op verskillende plekke gaan begin uitsyfer. “Ons waarsku al baie jare lank dat die Regering iets moet doen, want rehabilitasie word nie reg gedoen nie, maar niemand slaan ag daarop nie. ’n Mens weet nie of die staat nou regtig iets gaan of kan doen nie.” (Eintlik weet mens baie goed...)
MIN VEE-ARTSE KOMMER- WEKKEND
Isabel Stoltz
Die Vleisbedryfsforum wag op terugvoer van die staat oor die nakoming van beloftes oor sy hantering van dieregesondheid voor die forum oor die verdere hantering van die kwessie sal besluit, sê mnr. Dave Ford, voorsitter.
Die tekort aan staatsveeartse was een van die belangrikste punte op die sakelys by ’n werksessie tussen die bedryf en die Departement van Landbou se direktoraat vir dieregesondheid.
Die kwessie is op die spits gedryf toe die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) daarop gewys het dat 37% van staatsvee-artsposte vakant is, asook 15% van die administratiewe poste in die veeartsenydiens en 26% van dié diens se grensbeheerposte.