Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Gebruik jou tyd reg. Soos Job met groot ontsag aan God sê in Job 14:4: "Die mens se dae is vasgestel, U het die getal van sy jare bepaal, U het dit neergelê, en hy kan dit nie oorskry nie."
NOG 'N BLANKE BOER VERMOOR
‘n BLANKE boer van Buffelshoek in Potchefstroom is vroeg Maandagoggend op 20 Februarie op sy plaas, Frischgewaagd vermoor.
Die 49-jarige boer en sy 45-jarige vrou was besig om die koeie te melk toe vyf vreemde gewapende swartes hulle oorval het.
Die melkstal is sowat 70m van die plaashuis geleë. Beide die boer en sy vrou is deur die moordenaars na die huis geneem, en op pad na die huis het ‘n struweling tussen die boer en die swart barbare ontstaan. Die boer is in die agterkop geskiet, en het tussen die huis en die stal gesterf.
LANDBOUWATER VIR MYNBOU?
Isabel Stoltz
Dit lyk asof die Regering al hoe meer neig om die mynbou te bevorder ten koste van die landbou – wat hy as die grootste waterverbruiker uitsonder.Uit ’n verslag van die Departement van Waterwese en Omgewingsake wat vir geïntegreerde waterhulpbronbeplanning opgestel is, blyk dit asof die staat landbouwater aan die mynbou wil toewys. Luidens die verslag kan die staat kos vanaf buurlande koop “omdat Suid-Afrika die ekonomiese krag het om baie kos te koop”.
WEES KONSEKWENT!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Julius Malema het op 2011-11-10 in sy dissiplinêre verhoor gesê: "Ek wil hê die mense van Suid-Afrika moet my behandel net soos hulle Nelson Mandela behandel het". Evita Bezuidenhout het toe dadelik gereageer: "Wat 'n fantastiese idee! Kom ons begin met 27 jaar in die tronk."
GOD GEBRUIK GEWONE MENSE! (1)
Terry Virgo
Lees reeks by God gebruik gewone mense!
Dawid: 'n man na God se hart
"Ek het Dawid, die seun van Isai, gevind, 'n man na my hart, wat al my welbehae sal doen."— Handelinge 13:22
Die geskiedenis van Dawid en Goliat is seker een van die opwindendste verhale in die hele Bybel. Selfs mense wat weinig of niks van die Christendom of van Christenskap af weet nie, ken die verhaal van die onverskrokke jong, lsraeliet wat die reus van Filistea verslaan het.
Dis'n drarnatiese verhaal. 'n Jong man verskyn onverwags, byna uit die niet, op die toneel waar 'n hele leer lamgelê word deur 'n enkele vyandelike soldaat. Met'n vreesloosheid wat aan dwase onverskilligheid grens, daag hy die vyand uit en stap hom dan met die primitiefste wapen van die tyd tegemoet. En so verslaan hy met daardie einste wapen die veteraan van die slagveld en verander sy volk se neerlaag in 'n klinkende oorwinning.
Dis 'n mooi storie, nie waar nie? Maar wat leer dit vir ons? Kom ons gaan kyk na die historiese agtergrond, sodat ons die gebeure beter kan verstaan.
OLIE KAN $130 PER VAT OORSTEEK
Alani Janeke
Die olieprys gaan die volgende twee jaar hoog bly en dit kan die prys van $130 per vat oorsteek, meen Barclay’s Capital.
Sudakshina Unnikrishnan, die vise-president van kommoditeitsnavorsing by dié bankgroep, sê dié verskynsel kan ‘n invloed op kommoditeitspryse hê, veral wat die etanolmark betref.
“Ons verwag die olieprys gaan in 2012 en 2013 hoog bly, wat tot ‘n groter fokus op etanol gaan lei, ten spyte van die ongunstige publisiteit wat dit die afgelope tyd kry,” aldus Unnikrishnan. Dié neiging kan veral ‘n invloed hê op die internasionale voorraad van suiker, mielies en sojabone.
SA EKONOMIESE INEENSTORTING IN VOLLE SWANG!
FILM OOR BLANKE RAS- UITWISSING EN AFRIKANER- VOLKSMOORD
ELKE VOLWASSE BLANKE BEHOORT NA HIERDIE UITTREKSEL TE KYK
http://youtu.be/onSPdJwJJh4
Die film by die skakel hierbo is 'n 10 minuut-lange uittreksel uit die dokumentêr deur regiseur Rian van der Walt, 'War of the Flea', wat in 2011 vervaardig is.
Dit bevat skokkende inligting oor die poging tot ras-uitwissing en volksmoord wat tans onder die ANC-regime op die blankes van Suid-Afrika en in die besonder die Afrikanervolk, (die mees gehate volk as gevolg van sy Christelike karakter en nasionalistiese herkoms) uitgevoer word.
Die blankes is 'n minderheidsgroep en die Afrikanervolk is nog minder, tans nie meer as twee miljoen in die land oor nie, waarvan sowat 38 000 blanke boere in die verlede die kern van voedselproduksie in die land was, maar waarvan, sedert die ANC die land (onwettig sonder enige verkiesing by die verraderlike Nasionale Party) op 'n skinkbord gekry het, reeds ver oor die 3 000 boere vermoor is.
WATERSKAARSTE IN NOORD-KAAP?
Alani Janeke
Kommer heers tans oor die watervoorraad in die Noord-Kaap en die impak van verhoogde mynbedrywighede daarop, sê Agri Noord-Kaap.
Mnr. Johan van Rensburg, hoof uitvoerende beampte, sê soos wat sake tans aangaan, kan watertekorte in sekere dele ontstaan.
“Ons is nie seker wat om nou te doen nie. Besluite moet geneem word om ’n strategie op te stel vir ’n duidelike pad vorentoe,” verduidelik Van Rensburg. Hy sê volgens inligting word die distrikte Kuruman, Postmasburg, Olifantshoek, Kathu en Hotazel veral deur mynbedrywighede geraak.
ROMEO EN JULIET (2) (SLOT)
Bernard Miles
Lees reeks by Shakespeare in Afrikaans
Mercurio en Benvolio kon natuurlik nie hulle monde hou nie. Hulle vertel in die dorp rond dat hulle saam met Romeo die dansparty in die huis van die familie Capulet bygewoon het en dat niemand hulle herken het nie. Hulle vertel selfs hoe Romeo met Juliet gedans het, terwyl hy haar styf vashou en diep in haar oë staar soos 'n minnaar. Dit was nie lank nie of Tybalt hoor daarvan. Hy is Juliet se neef en hy word so kwaad toe hy hoor hoe Romeo se vriende met die storie loop en spog dat hy dadelik sy swaard gaan haal en vir Romeo in die strate gaan soek.
Intussen weet Mercutio en Benvolio nog nie dat Romeo en Juliet daardie oggend getroud is nie. Hulle nooi vir Romeo om 'n glasie wyn saam met hulle by die herberg te kom drink. Mercurio is opgewek en laat vir Romeo en Benvolio skaterlag met sy nabootsing van die ou man Capulet , die gaste en die ou oppaster. Toe verskyn Tybalt meteens in die deur van die herberg. Hy is woedend. Sy swaard is reeds uit sy skede en hy daag Romeo tot 'n tweegeveg uit.
MALEMA EN SY BLANKE PROKUREURS: WIE POS WIE...
Mediaverklaring
Blanke prokureurs: onttrek aan Malema se saak
Herstigte Nasionale Party
Die HNP het kennis geneem van die uitlatings van Julius Malema oor sy wit regsverteenwoordigers en blanke ondersoekbeamptes wat sy sake hanteer en ondersoek.
Malema het gesê elke keer as hy in ’n vergadering met sy drie wit prokureurs sit, is hy baie geïrriteerd. Hy meen die regbank word deur die wit minderheid beheer.
Die saak is baie eenvoudig. Malema het regsverteenwoordigers nodig omdat hy ’n oortreding begaan het en het kundiges nodig om dié sake te hanteer. Hy het waarskynlik self sy regsverteenwoordigers gekies. Hy sou, met groot finansiële steun tot sy beskikking, waarskynlik die beste regsverteenwoordigers aangestel het om sy verdediging te behartig.
VALENTYN OP 14 FEBRUARIE 269 vC TERREGGESTEL
VALENTYNSDAG EN SIMBOLE
Ds A vd Berg
"Valentynsdag is in wese heidens. Dit kan op geen manier op godsdienstige wyse gevier word nie en word selfs deur ander godsdienste verbied. In Indië word ’n hindoe wat Valentynsdag vier, vervolg. So ook moslems in Saudi-Arabië."
Skrif: Efes.5:22-33
Valentynsdag is ’n nuwe gestalte van ’n ou Romeinse fees; die fees van Lupercalis. Dis jaarliks op 14 Februarie gevier. Die Roomse Kerk het dit later ter ere van Valentyn, ’n Roomse martelaar, Valentynsdag genoem. Valentyn was ’n priester wat in die geheim huwelike voltrek het nadat dit deur keiser Claudius verbied is omdat te veel jongmans militêre diensplig ontduik het deur te trou. Destyds kon slegs ongetroude mans by die weermag aansluit.
Toe Valentyn betrap is dat hy huwelike voltrek is hy ter dood veroordeel. Terwyl hy op die voltrekking daarvan gewag het, het talle jong verliefdes hom glo besoek met briefies oor die verkieslikheid van liefde bo oorlog. Dit laat ’n mens aan die slagspreuk van die vervloë Hippie-kultuur dink: Make love, not war. Valentyn is op 14 Februarie 269nC tereggestel.
ESTER (5) (SLOT)
Dr J P Botha
Lees reeks by ESTER
HAMAN WORD ONTMASKER
Toe ek terugkom, kry ek Haman besig om op die bank waarop Ester sit, neer te val. Ek skreeu toe vir hom: “Wil jy nou ook nog die koningin in my paleis verkrag?”
Ek het bevel gegee en my amptenare het hom in hegtenis geneem.
Garbona, een van my amptenare, sê toe: “Haman het by sy huis ‘n paal laat inplant van 23 meter hoog, om vir Mordegai wat destyds die koning gered het, daaraan op te hang.”
Ek beveel: “Hang hom daaraan op!” Nadat hulle dit gedoen het, het my woede afgekoel.
Ek het alles wat Haman besit het aan koningin Ester gegee. Sy het ook vir my vertel hoe Mordegai aan haar verwant is.
52 RENOSTERS IN 40 DAE DOOD
Alani Janeke
Altesaam 52 renosters is tot dusver vanjaar al in Suid-Afrika se nasionale parke deur stropers doodgemaak, sê Sanparke.
Luidens ’n verklaring is die Krugerwildtuin en provinsiale parke in Limpopo die hardste getref met 26 en 13 renosters wat onderskeidelik in dié dele doodgemaak is.
KwaZulu-Natal en Noordwes staan derde en vierde in die ry, met onderskeidelik ses en vier renosters wat binne die eerste ses weke van 2012 in die provinsies doodgemaak is.
OLIEPRYSE KAN STYG
Alani Janeke
Onluste in Iran en Sirië kan oliepryse opjaag, hoewel ‘n 1c daling in die dieselprys in Maart 2012 verwag word, sê mnr. Tony Twine, senior ekonoom by die Econometrix-groep.
Twine sê soos wat sake tans staan kan die dieselprys volgende maand met 1c per liter daal, terwyl die petrolprys met 15c per liter kan styg.
“Maar wat ek nie van hou nie, is dat die onluste in Iran en Sirië tans in die agtergrond rondskuil en die olieprys beïnvloed. Ons sien dat die prys die afgelope week met $1 per dag styg,” vertel Twine.
Hoewel Sirië nie een van die wêreld se hoofverskaffers van olie is nie, beskik dié land oor een van die grootste pyplyntoevoere, wat voorrade kan beïnvloed.
ESTER (4)
Dr J P Botha
Lees reeks by ESTER
EK BEWYS EER AAN MORDEGAI
Haman is daardie dag in ‘n goeie bui en vrolik daar weg. Toe hy egter by die ingang van die paleis op Mordegai afkom en hy weer nie opstaan om aan hom eer te bewys nie of glad nie wys dat hy vir hom bang is nie, het hy woedend geword vir Mordegai, maar hy het hom egter beteuel.
By sy huis het hy sy vriende en sy vrou Seres nadergeroep. Hy het by hulle gespog oor hoe ryk hy is en oor hoe baie seuns hy het. Hy het uitgewei oor die koning wat hom so vereer het en hom bo al die ander amptenare en onderdane van die koning bevorder het. “ En dit is ook nie al nie,” het hy gesê. “Koningin Ester het vandag net vir my saam met die koning uitgenooi na die onthaal wat sy gegee het.
SPOOKSTORIES: CJ LANGENHOVEN (3)
Reeks by Versamelde Werke van Langenhoven
DIE VROU VOOR DIE HEK
Ek wens hierdie verhaal wou helfte soveel plesier aan die leser verskaf as aan die skrywer. En dit is nie uit selfvoldaanheid oor die werk nie - en dié is ook maar daar; daar is ander mense wat gelukkig minder menslik is - maar omdat hy herinneringe terugbring, groen en vars en lewend, uit my ver- vergange kinderjare.
Dlit moet 'n veertig jaar wees, of miskien langer, wat die pad oor Huisrivier se Berg aangelê is. Voor dié tyd het 'n mens van Ladismith (Kaap) of na Calitzdorp nie 'n berg oor gery nie maar 'n bergpoort deur die Caledons-Kloof. Dikwels as kind het ek daardie poort deurgery; ek is seker ek sou baie van die draaie en driwwe en kranse vandag nog herken; en regtig, ek wens ek kon weer daardeur gaan, eenmaal vir oulaas. Maar ek twyfel of daar vandag 'n rybare pad bestaan. Op sy beste was meeste van die pad pure rivierbed; daar is geen ander plek nie, die poort is nou, buiten in die middel waar hy oopgaan om plek te maak vir 'n aanleggie en 'n plasie.
SA EKOSTELSELS SNEL VERNIETIG ONDER ANC
‘Natuur in SA verswak ergste’
Hierdie berig het in Beeld verskyn, so ongelooflik as wat dit mag klink vir 'n liberale koerant wat vir 18 jaar die ANC so ter wille was dat die waarheid meestal 'n lastigheid was - dieselfde waarheid wat nou nie meer verbloem kan word nie. Dit verdien om wyer gelees te word:
Suid-Afrika se natuurlike omgewing het die afgelope 20 jaar die vinnigste van alle lande ter wêreld agteruitgegaan onder beheer van die vernietigende selfverrykende terroris ANC plunderbende.
Dit is die bevinding van ’n span wetenskaplikes aan die Universiteit van Yale en Columbia, in samewerking met die Wêreld- Ekonomiese Forum, wat die stand van die natuurlike omgewing in 132 lande gemeet het.
Suid-Afrika is in die 128ste plek, net drie plekke beter as Irak, wat laaste geëindig het.
Die navorsers het bevind die Switsers het hul omgewing die afgelope twee dekades die beste bewaar en bestuur.
Sy lug- en watergehalte, biodiversiteit en die bestuur en bewaring van sy ekostelsels is die beste ter wêreld.
SAL NIKS HELP OM NET TE PRAAT OOR PLAASMOORDE NIE
MEDIAVERKLARING
Plaasmoorde moet ook prioriteitsmisdade wees
TLU SA is bly om te verneem dat veediefstal in die Vrystaat nou ‘n prioriteitsmisdaad verklaar is. Netso is TLU SA verheug om te verneem van al die maatreëls wat ingestel word om renosters teen stropers te beskerm.
Daar was egter weer ’n plaasmoord en in hierdie geval is die 71-jarige mev. Ingrid Niebuhr in haar huis op haar plaas in die Wakkerstroom-omgewing vermoor.
“So bly as wat ons is dat sekere misdade, wat met boerdery verband hou, prioriteitsmisdade verklaar word, so bekommerd is ons dat die regering en polisie nie die aandag aan plaasmoorde gee wat dit verdien nie.
BYBELVERHALE VIR JONG KINDERS (14) (SLOT)
Reeks by Bybelverhale vir jong kinders
Jacqueline Sibley
MATTEUS SE PARTYTJIE
Partytjies is groot pret, of hoe? Dan eet ons jellie en roomys en koek met versiersuiker. Ons speel heerlike speletjies met ballonne en soms dra ons ook snaakse papierhoede. Ek hou baie van partytjies, en jy?
Eendag het Matteus ook partytjie gehou. Dis 'n grootmensparty en al het hulle ook lekker eetgoed gehad, het hulle darem nie speletjies gespeel nie. Matteus het die party gehou sodat ou vriende vir Jesus, sy nuwe Vriend, kon ontmoet. Die mense wat genooi was, het nie baie vriende gehad nie. Matteus wou hê hulle moet dat Jesus ook hulle Vriend sal wees as hulle dit so wil hê.
ESTER (3)
Dr J P Botha
Lees reeks by ESTER
HAMAN HAAT MORDEGAI EN DIE JODE
Mordegai het egter geweier om dit te doen. Toe my ander dienaars wat in die poort van die paleis gewerk het, vir Mordegai vra, “Waarom oortree jy die opdrag van die koning?” het hy net vir hulle gesê: “Omdat ek ‘n Jood is.”
Haman was briesend. Toe hy boonop ook hoor dat Mordegai ‘n Jood was, het Haman se woede sommer teen al die Jode in my koninkryk ontbrand. Hy het toe na ‘n manier begin soek om nie net vir Mordegai nie, maar sommer al die Jode in Susan en die hele Persiese ryk om die lewe te bring. Hy wou ‘n presiese maand en datum vasstel wanneer hulle uitgeroei moes word en laat toe die lot werp – die Pur - en dit val toe op die dertiende dag van die twaalfde maand Adar.