Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Meeste mense dink die doel van die lewe is om gelukkig te wees. Hiermee mis hulle hul eie lewensdoel. Die doel van die lewe, en van jou lewe, is om 'n positiewe verskil te maak, om bruikbaar vir die saak van die HERE te wees, om produktief te wees.
DIE DERDE TEMPEL (7)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL
DINGE GEBEUR
1. Die Sanhedrin
1.1 ʼn Woestynraad
Die Sanhedrin (Grieks vir vergadering) is 3,500 jaar gelede tydens Israel se woestyntog in die lewe geroep. God het Moses 70 oudstes laat kies om hom by te staan (Num.11:16-17). Hierdie raad het alle godsdienstige en wetlike magte vertolk totdat Jerusalem in 586 vC verwoes is. Ná die ballingskap het Esra die Sanhedrin laat herleef om hom met die herbou van die tempel te help.
Die Sanhedrin was eeue lank die hoogste hof in Israel en het namens die volk oor godsdienstige sake beslis. Hulle het onder andere die reëls vir die tempeldiens bepaal en toegesien dat dit uitgevoer word. Die laaste aangetekende vergadering van die Sanhedrin was in 453 nC by Tiberias.
JOSEF (6)
Deur God gebruik om sy volk van ondergang te red
Dr JP Botha
Lees reeks by JOSEF
EK MAAK MYSELF BEKEND
Toe ek so staan en luister na Juda se hartroerende pleitredes om vergiffenis vir alles wat hulle jare gelede teenoor my misdryf het, het ek hulle almal meteens baie jammer gekry en gedink dat as die Here hulle al die sondes van destyds sal vergewe, waarom sal ek dan nie ook alles wat hulle aan my gedoen het, vergewe nie? Toe skiet my gemoed my heeltemal vol en omdat ek nie graag voor die Egiptenaars in trane wou uitbars nie, het ek hulle gevra om die vertrek te verlaat en deur my trane heen na my elf broers voor my gekyk en gesnik: "Ek is Josef. Leef Pa nog?"
Hulle het my stom aangekyk en was baie bang.
NUWEJAARS- WENSE
Ons span hier by Gelofteland wens elkeen van ons lesers 'n baie veilige, Godsbeskermde en vreugdevolle 2012 toe. Ons boodskap aan u is dat u God se verbond nie moet vergeet in hierdie jaar nie, dan sal Hy ons nie onbeskermd laat in 'n land waar daar tans baie woelinge en misdaad is nie. Ons vyande is besig om die Afrikaner in hierdie land te probeer vernietig en die aanslae sal in 2012 verskerp. Onsself is nie in staat om hierteen die hoof te bied nie maar ons Skepper en Redder sal op sy eie tyd 'n wonderwerk verrig om hierdie saak te verander. Ons mag nie mismoedig word oor al hierdie onregte teen ons nie maar moet ons oë omhoog rig in fokus met Hom. As daar een ding is wat vasstaan, is dit dat die God van Israel, en ook van die Afrikanervolk, geen behae daarin het om ons te sien ly nie.
DIE DERDE TEMPEL (6)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL
DIE ANTICHRIS
1. ‘n Werklike persoon
In 2 Thess.2:3,4 skryf Paulus dat daar aan die einde van die tyd weer ʼn tempel (in Jerusalem) sal wees: “Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van die sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat homself verhoog bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is”.
Oud-Israel het nie met dekades gewerk nie, maar met heptades - periodes van sewe jaar. Tydens die bou van die Derde Tempel sal die Antichris ʼn verdrag van sewe jaar met die Jode sluit. Dit sal heelwaarskynlik met die befondsing daarvan te doen hê. Na 42 maande sal hy die verdrag verbreek en die tempel ontheilig.
JOSEF (5)
Deur God gebruik om sy volk van ondergang te red
Dr JP Botha
Lees reeks by JOSEF
HULLE KOM WEER KORING KOOP
Intussen het die hongersnood verder as landswyd voortgeduur en die kos wat my broers hier in Egipte kom koop het, het begin opraak. My pa het toe noodgedwonge gevra dat my broers maar weer vir hulle 'n bietjie kos hier in Egipte moet kom koop.
Toe het Juda glo die woord geneem: "Pa, die man het ons ernstig gewaarsku: 'Ek wil julle nie weer sien as julle broer nie saamkom nie.' Daarom kan ons alleen weer gaan kos koop as pa vir Benjamin saam met ons laat gaan."
Juda het toe ernstig verder gepleit: "Stuur tog asseblief nou maar die seun saam met my, sodat ons kan gaan en bly lewe. Dis ter wille van ons almal se lewens, ook Pa s'n en dié van ons klein kindertjies. Ek sal persoonlik instaan vir Benjamin se veiligheid. As ek hom nie terugbring nie, sal ek vir altyd skuldig wees teenoor Pa. Ons kon nou al twee keer weg en terug gewees het as dit nie was dat Pa hom teruggehou het nie."
DIE DERDE TEMPEL (5)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL
DIE VERBONDSARK
1. Die allerheiligste voorwerp
Die verbondsark het bykans 500 jaar in die Tabernakel gestaan alvorens dit in die tempel geplaas is. Dit het egter na die verwoesting van die eerste tempel spoorloos verdwyn. Dit was vir Israel die allerheiligste voorwerp omdat dit God in hulle midde versinnebeeld het. Daarom het hulle dit selfs in tye van oorlog na die gevegsfront saamgeneem.
Tydens Israel se besitname van Kanaän was die verbondsark ʼn verskrikking vir die vyand. Argeoloë wat in 1930-36 opgrawings by Jerigo gedoen het, het die oorspronklike stadsmure gevind wat tydens Israel se optog met die verbondsark ineengestort het (Jos.6).
JOSEF (4)
Deur God gebruik om sy volk van ondergang te red
Dr JP Botha
Lees reeks by JOSEF
EK REGEER EGIPTE
Toe het my lewe vir goed van sleg na goed omgekeer. Farao sê: "Ek stel jou aan oor die hele Egipte." Hy het sy seëlring afgehaal en dit aan my vinger gesteek. Hy het vir my klere van fyn linne laat aantrek en die koninklike goue ketting om my nek gehang. Hy het die tweede beste wa vir my gegee. Oral waar ek gegaan het, moes hulle voor my uitroep: "Eer hom! Eer hom!" Farao het verder vir my gesê: "Ek is die koning, maar niemand sal in die ganse Egipte 'n vinger verroer of 'n voet versit sonder jou goedkeuring nie."
Farao het my ook nog 'n nuwe naam gegee: Sáfenat-Panéag. Toe ek later probeer vasstel wat hierdie nuwe naam van my nou eintlik beteken, het ek uitgekom by "Behouer van die lewe" en ook by: "God sê: Laat hy lewe." Miskien wou die farao my heeltemal ver-Egipties want hy het my ook 'n mooi jong meisie as vrou gegee. Sy was Asenat, die dogter van Poti-fera, die priester van On.
EVOLUSIE... WAT IS DIT EN KAN EK DIT GLO? (8)
Hanan Viljoen
Lees reeks by Evolusie - wat is dit en kan ek dit glo?
Seeskulpe bo in die berge!?
Ek het 'n tyd gelede 'n paar geologie boeke bekom waarin verskeie foto's van seediere se fossielopeenhopings verskyn. Hierdie opeenhopings bestaan hoofsaaklik uit fossiele van seediertjies en skulpe. Voorbeelde van hierdie skulp- en seedier- "begraafplase" het ek ook persoonlik bo in die Drakensberge naby Winterton gesien. Die feit dat die skulp- en seedierfossiele, wat op 'n stadium onder die seewater was, nou bo in die berge is sê vir ons dat dit saam met die aardkors boontoe 'opgedruk' moes gewees het. Wetenskaplikes glo dat hierdie fossiele wat bo in die berge is, saamgehang het met die plooiing of vouing van die aardkors wat deur die vloedwaters van Noag se vloed versag was. Dit is interessant om te weet dat seediere- en skulp-begraafplase ook by die pieke van Mount Everest in Tibet en China gevind word.
MALEMA KAN SELF AAN PICK N PAY VOORSIEN...
Kriewelkop
Onthou toe onse Julias gesê het die boere moet van hulle plase af want ons het hulle nie nodig nie, Pick n Pay is mos vol kos!? Dalk het hy intussen agtergekom dis die boere wat Pick n Pay voorsien. Maar wat, ons hoef nie te bekommer nie, Suid-Afrika se voedselprobleme is opgelos! Malema gaan boer! Ons weet nog nie met wat nie maar hy begin nou die plase een vir een self inpalm. Al wat ons weet is dat dit met MI6 se geldjie is...
‘n Plaas van 139 ha wat sowat R4 miljoen gekos het, is die nuutste toevoeging tot Julius Malema se eiendomsportefeulje.
DIE DERDE TEMPEL (4)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL
TEMPELVOORWERPE
1. Die opdrag
Die heilige voorwerpe wat vir die Tabernakel gemaak is, is ook later in die Eerste Tempel gebruik. Dit was afbeeldings van hemelse dinge:
“Hulle wat ʼn afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses ʼn goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê: Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jy op die berg getoon is” (Hebr.8:5).
2. Koemran
2.1 Die Koperrol
Wat na die verwoesting van die tempel van die heilige voorwerpe geword het, is nie seker nie. Tydens die Romeinse beleg van Jerusalem het lede van die Esseners en Selote, twee Joods-nasionale godsdiensgroepe, die tempel met mag en mening verdedig. Toe die skrif egter aan die muur kom, het hulle van die heilige voorwerpe uit die tempel verwyder en naby die Dooiesee begrawe om dit uit Romeinse hande te hou.
JOSEF (3)
Deur God gebruik om sy volk van ondergang te red
Dr JP Botha
Lees reeks by JOSEF
IN DIE TRONK
Toe haar man die aand huis toe kom, wys sy hom die kledingstuk en beweer dat "daardie Hebreeuse slaaf wat jy hier ingebring het, het probeer om van my 'n gek te maak." Toe Potifar al die valse beskuldings teen my hoor, was hy briesend. Hy het my met geweld laat gryp en in die tronk gegooi waar die koning se gevangenes aangehou word.
Teen hierdie tyd het ek al baie vas geglo en besef dat die Here my wispelturige lewe beheer en gewonder wat alles in die tronk met my gaan gebeur. Ek het begin om diensies aan die ander gevangenes te bewys en vir die bewaarder gehelp om hulle te versorg. Toe word die bewaarder my baie goedgesind en stel my oor die ander gevangenes aan en oor alles wat in die tronk moes gebeur.
DIE DERDE TEMPEL (3)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL
DIE TEMPELS
1. Die Eerste Tempel
1.1 Die tabernakel
Die Tabernakel was die eerste van Israel se drie heiligdomme. Dis tydens die woestyntog gemaak. Benewens die bepaalde struktuur, het God aan Moses duidelike aanduidings vir die ontwerp van ʼn verskeidenheid van goue, silwer en brons voorwerpe vir godsdienstige gebruik gegee. Toe Salomo die tempel laat bou het, het hy bykomstige gebruiksvoorwerpe laat maak omdat die tempel baie groter as die Tabernakel was.
1.2 Die bouplan
Die Bybel en Joodse geskiedskrywing gee ʼn duidelike beskrywing van die tempel; selfs die mate. Tanach is die naam wat die Rabbynse Judaïsme vir die Ou Testament gebruik.
JOSEF (2)
Deur God gebruik om sy volk van ondergang te red
Dr JP Botha
Lees reeks by JOSEF
EK WORD 'N SLAAF
Ons het in die vallei van Hebron gestaan toe my pa my die opdrag gegee het. Ek het nie omgegee om te gaan nie, alhoewel Sigem maar ver van Hebron af is. Toe ek daar aankom, het ek na hulle en die troppe vee begin soek. Naderhand ontmoet ek 'n man wat vir my sê hy het hulle hier in Sigem gesien, maar hulle het vir hom gesê hulle gaan na Dotan toe, want die weiding is daar baie beter. So het ek toe ook in die pad geval en hulle uiteindelik daar gekry.
Maar die ontmoeting was bitter onaangenaam. Toe ek nog 'n hele entjie van hulle af was, het ek al gehoor hulle skree: "Kyk, hier kom daardie dromer!" Ek maak toe uit van hulle deurmekaar-geskree toe ek naderkom, dat hulle van plan is om my in 'n diep put te gooi en dan vir my pa te gaan vertel dat 'n wilde dier my opgevreet het.
KOOS VAN DER MERWE
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
Koos en sy ouers het in die Vereniging-distrik gewoon. Dit was die jaar 1953 en hy was vyftien jaar oud en in standerd agt.
Koos was op 'n dag in Augustus per fiets op die pad toe hy sien hoe 'n verwoestende veldbrand vyf beeste in 'n kamp vaskeer. Die hitte was so erg dat hulle benoud en amper histeries was. Koos het van sy fiets afgespring en dwarsdeur die vlamme na die beeste gehardloop met die idee dat hy hulle terug deur die vuur sou jaag, maar daarvoor was hulle nie te vinde nie. Toe begin Koos om een van die beeste se stert so styf op te wen dat die pyn te veel vir die arme dier was.
DIE DERDE TEMPEL (2)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL
DIE TEMPELBERG
1. Die ligging
Die Tempelberg is ʼn heuwel in Jerusalem waarvan die hoogste punt 740 meter bo seevlak is. Omdat dit vir Jode sowel as Islamiete belangrik is, is dit een van die mees betwiste stukke grond ter wêreld. Dis na bewering reeds so vroeg as 4000 vC bewoon en is in die Ou Testament die berg Moria genoem. Die Islamiete noem dit die Edele Heiligdom.
Volgens Joodse oorlewering was dit die begin van alles op aarde. God het glo die stof waarvan Adam gemaak is, daar gekry. Dis die plek waar God sy Naam sou laat geld. Daarom het gelowiges sy Teenwoordigheid in beide die tempels wat daarop gestaan het aangevoel.
In die Bybelse tyd was die Tempelberg die hoogste punt in Jerusalem. Daarna het die ligging verander en het die stad baie groter geword. Die oudste deel wat as die Stad van Dawid bekend was, was suid van die huidige Tempelberg en heelwat laer as die huidige Jerusalem geleë.
JOSEF (1)
Deur God gebruik om sy volk van ondergang te red
Dr JP Botha
Lees reeks by JOSEF
EK IS DIE KLIKBEK
Ek is Josef. Ek wil hê dat julle wat hierdie boek gaan lees waarin ek my lewensverhaal wil vertel, van die begin af moet weet met watter Josef julle hier gaan kennis maak, want toe ek as jong seun op my pa se plaas, daar in Hebron groot geword het, het my broers my aanhoudend uitgeskel vir 'n lae en gemene "Klikbek", as ek vir my pa Jakob vertel van die baie lelike dinge wat hulle agter sy rug aangevang het.
Hierdie broers van my – ons was twaalf in getal – was almal seuns van my liewe vader Jakob, maar ons was vier vroue se kinders: Die seuns van Lea was Ruben, Simeon, Levi, Juda, Issaskar en Sebulon. Die seuns van Ragel was ek (Josef) en Benjamin. Die seuns van Bilha (Ragel se slavin) was Dan en Naftali. Die seuns van Silpa (Lea se slavin) was Gad en Aser.
HULLE HET MY GEHAAT
Toe ek nog 'n jong seun in die huis van my vader Jakob was, het hy baie rondgetrek.
DIE DERDE TEMPEL (1)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL
Inleiding
Om te weet waarheen die mensdom oppad is, moet ʼn mens verstaan hoe hulle daar gekom het. Die huidige wêreldsituasie is die gevolg van duisende jare se geskiedenis wat by Israel begin het en weer daar gaan eindig. Israel was van meet af aan deel van God se groot plan met die mensdom. Daarom is die einde van die wêreld onlosmaaklik met die lot van Israel verweef.
Israel is baie anders as enige ander volk op aarde. Haar geskiedenis is geskryf alvorens dit gebeur het. Min volke steur hulle vandag aan die lot van Israel. Sommige draai selfs die rug op haar. Dit bied aan vyandelikes die geleentheid om geweld in Israel te ontketen.
Met die totstandkoming van Israel as staat, het die horlosie van die wêreld die laaste minute van tyd op aarde begin aftik. Dit word aan ʼn reeks gebeure gekenmerk wat besig is om in vervulling te gaan. Die bou van die Derde Tempel op die Tempelberg in Jerusalem is een daarvan.
EVOLUSIE... WAT IS DIT EN KAN EK DIT GLO? (7)
Hanan Viljoen
Lees reeks by Evolusie - wat is dit en kan ek dit glo?
Darwin se 'fossiele'
Daar was nog 'n ander probleem wat vir Darwin in sy teorie van 'spontane ontwikkeling' gesink het, naamlik sy fossiele-storie. Fossiele speel 'n baie belangrike rol in die hele saak van Evolusie. Ons met daarom eers daarby stilstaan.
Kom ons begin by die vraag oor wat 'n fossiel nou regtig is.
'n Fossiel is 'n versteende liggaam van byvoorbeel 'n dier, 'n insek of 'n vis wat skielik onder modder begrawe was. As gevolg van die modderomhulsel en die gevolgelike gebrek aan suurstof, ontbind en vergaan die liggaam nie soos gewoonlik binne 'n kort tydjie nie. Dit versteen of fossileer. Verstening vind dus plaas wanneer die modder waarmee die dier bedek is, hard word. Op hierdie manier bly die versteende liggaam van die dier dan bewaar en "gekis" in sy oorspronklike vorm. Juis hierdie versteende diere of fossiele waarvan daar talle voorbeelde oor die aarde gevind is, bewys vir ons dat diere sedert die vroegste tye nie "ge-evolueer" het nie. Hulle het steeds dieselfde diere gebly as wat hulle van die begin af was en vandag nog is.
MINDER MIELIES IN OOS-VRYSTAAT
Alani Janeke
Dele van die Oos-Vrystaat het vermoedelik die mielieplanttyd verpas met sowat 75% van aanplantings wat gerealiseer het, aldus Graan SA.
Mnr. Jannie de Villiers, hoof-uitvoerende beampte, sê talle boere kon nie hul mielie- en ook sojaboon-aanplantings binne die optimum planttyd in die streek in die grond kry nie.
Mnr. Chris Helm, ‘n lid van Graan SA en boer van Reitz, sê slegs tussen 75% en 80% van die beplande aanplantings is geplant. Die Oos-Vrystaat se optimum planttyd is tussen 15 Oktober en 15 November elke jaar. “Die droogte het groot probleme veroorsaak in ons planttyd. Die reën wat geval het, het net binne dié tydperk geval, maar vir sommige boere was dit reeds te laat.”
RUT (4) SLOT
Die mooi liefdesverhaal wat vir ons in die Bybel opgeteken is
Lees reeks by RUT
JP Botha
In die stadspoort
Boas het direk na die poort gegaan en daar gaan sit. Hier is gereeld ooreenkomste aangegaan en geskille besleg. Vandag is hier ook ‘n klompie nuuskieriges teenwoordig.
Boas sien die ander verlosser verbystap en roep na hom: “Kom hiernatoe, vriend, ek wil met jou praat.”
Toe hy by hulle gaan sit, roep Boas nog tien ander leiers uit die dorp en vra dat hulle as getuies moet optree. Hy sê vir die ander losser: “Naomi wat uit Moab teruggekom het, wil die landerye wat aan Elimeleg, ons bloedverwant behoort het, verkoop. As jy die landerye wil hê, moet jy jou hier as verlosser verklaar. As jy nie wil nie, moet ek dit nou weet, want ek is die volgende losser na jou.”
Die man sê: “Dis goed. Ek sal as losser optree.”
“Dan moet jy ook met die Moabitiese vrou, Rut, trou, sodat sy kinders kan hê en haar man se naam voortsit en die landerye in die fasmilie hou.”