Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Sien ons in ons land vanaf 1994 meer volop hierdie gesig wat Dawid in Ps 73 van die goddeloses beskryf...: "...gesond en vet is hulle liggaam... die geweld bedek hulle soos 'n gewaad. Hulle oë puil uit van vet, die inbeeldinge van die hart loop oor. Hulle spot en spreek in boosheid verdrukking... hulle stel hul mond teen die hemel... kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!" En dit is nie die uitgeteerde, verdrukte Christen-Afrikanervolk wat hier bedoel word nie...
DIE EERSTE DISSIPELS
BYBELVERHALE VIR JONG KINDERS (11)
Reeks by Bybelverhale vir jong kinders
Jacqueline Sibley
Onthou jy nog vir Andreas? Hy was die vriend Johannes wat die dag by Jesus deurgebring Ons weet nie wat hulle met mekaar gesels het Maar ons weet dat Andreas die dag geniet het.
Daardie aand het Andreas na sy broer Simon gegaan en gesê: "Dit was 'n heerlike dag. Ek met Jesus gepraat. Hy is die Een wat God gesien het. Jy moet Hom ook leer ken." Toe het Andreas vir Simon na Jesus geneem.
Simon en Andreas was vissers. Elke dag het hulle op die meer uitgevaar in hulle skuit. Elke nag het hulle die groot visnette in die water gegooi. Elke nag het hulle geduldig gewag vir die vis om die nette in te swem. Elke nag het hulle die vis weer versigtig opgetrek. Partykeer was daar baie vis in die nette. Soms was daar niks.
BLANKE VOLKSMOORD DUUR VOORT
Ons hou nie daarvan nie maar soms plaas ons berigte oor die gruwelike moorde op blankes en boere – dalk net dat ons nie moet vergeet dat ons midde in 'n grootse poging tot volksmoord van die Afrikaner verkeer nie:
Die lyk van ’n 77-jarige boer is die naweek vasgebind aan ’n boom en met ’n koeëlwond in die voorkop op sy plaas naby Stella in Noordwes gevind. Hy is ook erg geslaan.
Sy bakkie, wat verlate langs die pad gestaan het, het Sondag 19:00 daartoe gelei dat mnr. Hendrik Johannes (Boet) Cilliers se lyk naby die huis op sy plaas, Erfdeel, gekry is.
Hy het sy hele lewe lank op die plaas gewoon. Dit is sowat 15km van Stella af op die pad na Mafikeng.
DIE AARDE HET GEBEWE! (11)
THELMA CILLIE
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit - 1969 in die Ceresgebied.
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)
DIE AAND van die 29ste September terwyl die wêreld so onheilspellend gedreun het, het Tobie sy vrou beveel om onder die bed in te kruip terwyl hy self die kinders sou probeer versorg. Terwyl hy sy weg voel-voel deur die donker huis probeer vind het, het vroutjie gesukkel om onder die lae bed in te kom. Sy het egter net daarin geslaag om haar kop onder in te kry — die agterstewe was nog buite. Met 'n oorverdowende geratel het al die ingeboude kaste agter haar ook nou oopgevlieg en die inhoud het onsag op haar rug te lande gekom. Asof dit nie genoeg was nie is 35 dosies met legkaarte ook nog deur die lug geslinger en hul inhoud deur die kamer gestrooi. Hierdie omstandighede het haar gedwing om haar onder die rommel uit te wikkel en ook maar haar weg al vallende, na buite te baan.
JESUS BY ‘N TROUE
BYBELVERHALE VIR JONG KINDERS (10)
Lees almal Bybelverhale vir jong kinders
Jacqueline Sibley
Was jy al ooit by 'n troue? Het jy al 'n bruid gesien in haar lang wit rok? Miskien het sy ook strooimei-sies gehad. Miskien was jy ook al by die onthaal ná die troue en het jy lekker gesmul aan al die Iekkernye. Mens is gewoonlik baie vrolik op 'n troue, nie waar nie?
Jesus het ook eenmaal na 'n troue gegaan. Hy het saam met sy ma en 'n paar vriende gegaan.
Kan jy onthou wat sy ma se naam was? Ja, haar naam was Maria. Maria, Jesus en sy vriende is toe saam na die huis van die man wat gaan trou. Die man wat trou, word die bruidegom genoem.
WANDEL MET GOD (2)
Ds A van den Berg
Lees reeks by Wandel met God
Opreg met God
Die Bybel praat gereeld van mense wat met God gewandel het. Die eerste een wat vermeld word, is Henog, die vader van Metusalag: “En Henog het met God gewandel en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem” (Gen.5:24). Daarna volg Noag: “Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was ʼn regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel” (Gen.6:9). Abraham ontvang selfs ʼn opdrag om met God te wandel (Gen.17:1). Die opdrag om met God te wandel, kom, met geringe verandering, byna 100 keer in die Bybel voor!
DIE AARDE HET GEBEWE! (10)
THELMA CILLIE
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit - 1969 in die Ceresgebied.
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)
AAN DIE BEGIN van November het die burgemeester 'n vriendelike versoek aan die publiek gerig, om tog geen klappers te koop of te verkoop nie — met die oog op die 5de November (viering van ‘Guy Fawkes’). Die mense se senuwees was alreeds aan flarde en as die kinders nou nog sou begin klappers skiet, sou dit net wees om 'n mens nog verder te ontstel. Veral sommige van die ouer mense kon op hierdie stadium niks meer verduur nie. Die publiek het vriendelik gereageer op hierdie versoek en ons was almal dankbaar dat ons burgemeester op die mooi gedagte gekom het.
Die oggend van die 5de November het Lila vir die eerste keer teruggegaan na haar huis op die dorp. Sy het nou al haar moed bymekaar geskraap en sy en Sannie, haar buurvrou, sou nou maar voortaan in 'n tent slaap.
WANDEL MET GOD (1)
Ds A van den Berg
Lees reeks by Wandel met God
Maak vrede met God
“Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” Miga 6:8
Die Bybel maak dikwels melding van mense wat ʼn besondere verhouding met God gehad het omdat hulle baie na aan Hom geleef het. Hulle verhouding met die Here word as ʼn wandel met God beskryf. Wat was hulle geheim? Hoe kon hulle so naby aan God leef? Enersyds omdat die Heilige Gees kragtig in hulle gewerk het om God op ʼn baie besondere wyse te volg. Andersyds was dit ʼn wilsbesluit. Elkeen van hulle het bewustelik gekies om God so te volg.
God het ʼn behae in almal wat met Hom wandel. Daarom het Hy deur die eeue mense geroep om op ʼn baie besondere manier met Hom te wandel, veral in moeilike tye soos dié van Miga. Miga tree in ʼn tyd op toe Israel geestelik so veragter het, dat sy kwalik as die uitverkore volk geëien kon word en min van die heidendom verskil!
JOHANNES PRAAT VAN JESUS
BYBELVERHALE VIR JONG KINDERS (9)
Lees almal Bybelverhale vir jong kinders
Jacqueline Sibley
Julle kry seker dikwels kuiermense. Dan maak jou mammie heerlike eetgoed. Partykeer bak sy seker Iekker koekies om by die tee te eet. Sy rangskik ook blomme in 'n mooi vaas om die kamer op te vrolik. As 'n mens kuiermense kry, sorg jy dat alles reg is as hulle kom, nie waar nie?
Jou mammie vertel seker vir jou wie die kuiermense is wat kom. Sy vertel miskien vir jou dat dit ‘n ou vriend van jou pa is wat kom kuier. Miskien sê sy dit is 'n vrou wat jy nog nooit gesien het nie. Of miskien vertel jou ma dat dit iemand is wat haar geken het toe sy 'n klein dogtertjie was.
ANC VOEL VERE VIR BOERE OF HOF
NOU HOFTOE
Johan Norval
Vrystaat Landbou wag vir ‘n hofdatum om die Regering aan te kla van minagting van die hof omdat hy sy plig aan boere teen die grens met Lesotho versuim.
Ingevolge ’n skikking in Junie 2010 tussen Vrystaat Landbou en die Regering sal ’n nuwe grensheining opgerig en die grenspad herstel word en die polisie die grens patrolleer.
Heining vernietig
Dié ooreenkoms is ’n bevel van die hof gemaak. Vrystaat Landbou voer nou voor die Vrystaatse Hooggeregshof aan die Regering kom dit nie na nie. Die splinternuwe grensheining wat Vrystaatse boere aan die grens met Lesotho oprig, word feitlik oornag vernietig.
ROMEO EN JULIET (1)
Bernard Miles
Lees reeks by Shakespeare in Afrikaans
DIT is die storie van 'n bitter twis tussen twee ryk en invloedryke families, en die leed en smart wat dit oor albei families gebring het.
Dit het meer as vyfhonderd jaar gelede gebeur in Verona 'n klein dorpie in die noorde van Italië. Die vanne van die twee families was Montague en Capulet, en die twis was so oud dat niemand meer kon onthou hoe dit begin het nie; miskien het 'n lid van die een familie iemand van die ander familie beledig, of dalk was dit net 'n skinderstorie wat begin is deur 'n buitestaander, glad nie familie van die Capulets of dieMontagues nie. En met die jare het die twis al hoe erger geword en elke geslag het dit aangehelp totdat die twee families in die openbaar en in die strate en selfs in die kerk getwis en baklei het.
VERSKERPTE POGING TOT VOLKSMOORD IN 2012
Dit is duidelik dat 2012 die jaar is waarin 'n verskerpte poging aangewend sal word om die witman finaal uit die land te kry. Minstens vyf plaasaanvalle waarin drie boere vermoor is, het die afgelope paar weke skokgolwe deur die land gestuur. Daar is glo reeds vanjaar meer aanvalle as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar, maar ’n tekort aan amptelike statistiek in dié verband maak dit moeilik dit te bewys.
“Die situasie is onaanvaarbaar,” sê mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA. Hy het boere gemaan om paraat te wees en hulself só te posisioneer dat hulle teen misdaad kan optree.
TOE JESUS TWAALF JAAR IS
BYBELVERHALE VIR JONG KINDERS (8)
Lees almal Bybelverhale vir jong kinders
Jacqueline Sibley
Ek hou bale van verjaarsdae, en jy? Hoeveel het jy al gehad? Dis alte lekker om jou presente en kaartjies oop te maak, nie waar nie? Weet jy dat Jesus ook verjaarsdae gehad het net soos jy? Elke jaar het Hy groter en groter geword.
Op Jesus se twaalfde verjaarsdag sê Josef vir Hom: "Nou is jy groot genoeg om saam met my en jou ma na die tempel te gaan." Jesus is baie bly daaroor. Hy was al in die Huis van God in Nasaret, maar Hy was nog net een maal in die tempel in Jerusalem. Maria en Josef het Hom soontoe geneem toe Hy nog 'n klein Babatjie was.
DIE AARDE HET GEBEWE! (9)
THELMA CILLIE
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit - 1969 in die Ceresgebied.
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)
DAAGLIKS HOOR ons nog staaltjies van hoe die mense in die rampgebied die nag van 29 September reageer het. So is daar die storie van Pollie, 'n vriendin, wat met 'n interessante boek in die bed geklim het nadat sy haar dogtertjie, Cornelie, wat die aand eienaardig genoeg, bang was, slaap gemaak het. Sy kon glad nie begryp waarom die kind nou juis bang was nie en het haar oor en oor verseker dat daar werklik niks is om voor te vrees nie. Haar man was na 'n raadsvergadering.
Nog verdiep in haar storie word sy later egter ru tot die werklikheid gedwing deur die ontsettende bewing en lawaai. Wat op aarde kon dit wees?
GIDEON SCHEEPERS WORD GEHULDIG
BEWAAR ‘N ERFENIS EN BEHOU ‘N TOEKOMS
DIE INLIGTING OOR DIE AFRIKANERVOLK SE GESKIEDENIS WAT TYDENS DIE NAWEEK SE 110-JARIGE HERDENKING VAN DIE TEREGSTELLING VAN GIDEON SCHEEPERS VERSKAF IS, HET ‘
BRAND DIE VIESLIKE BOEK!
Geagte leser,
U het op 23 Januarie op Gelofteland die mediaverklaring van die HNP by hierdie skakel, ALLE REGGEAARDE AFRIKANERS VERAFSKU BINCKES SE WRAAK-'ROMAN' gelees waarin hy hom ten sterkste uitspreek teen die inhoud van die boek deur Robin Binckes, Canvas under the Sky. In die boek skryf hy die vieslikste leuens oor die Voortrekkers en die Voortrekkervrou. Dit is 'n saak wat elke Afrikanervriend ten sterkste raak.
Die HNP gaan 'n eksemplaar van dié boek in die openbaar verbrand om ons afsku van wat Binckes skryf, te demontreer.
SA SE ONVERMOË MET HIDROBREKING
Amelia Genis
Suid-Afrika se onvermoë om die verskillende aspekte van hidrobreking te monitor, is dalk die grootste gevaar wat dié tegniek om skaliegas te ontgin vir die land kan inhou.
Dit was die mening van een van die sprekers Maandag by die Universiteit van Kaapstad se jaarlikse somerskool.
'Morsig'
Hoewel die skaliegas wat só ontgin word, ’n oplossing kan bied vir die toenemende vraag na energie, is so ’n aanleg redelik “morsig”, het prof. Maarten de Wit tydens ’n lesingreeks oor planne om skaliegas in die Karoo te soek, gesê.
DIE AARDE HET GEBEWE! (8)
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit - 1969 in die Ceresgebied.
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)
TEN SPYTE van die feit dat mense se besittings moes oopstaan of in tente wat tog nie kan sluit nie gebêre was, het ons, in teenstelling met ander lande waar diefstal en roof in sulke tye aan die orde van die dag is, baie min diefstalle gehad.Ons hier in die rampgebied glo vas dat die seën van die Heer rus op elke mens wat aan ons gedink het in hierdie dae —hetsy in hulle gebede of deur geld by te dra. Aan die inwoners van die rampgebied is ons weldoeners as persone onbekend en hulle sal seker altyd onbekend bly — maar in ons gedagtes leef hul voort as dierbare vriende -vriende wat in baie gevalle seker self ets moes verbeur het om dinge vir ons makliker te maak. Ons sê: Baie dankie, en ons weet elke mens word vergoed vir die weldade aan sy naaste betoon.
BRANDE SUID, VLOEDE NOORD
Alani Janeke
Die verskynsel van oorstromings in die noorde van die land terwyl brande in die suide woed, is nie ongewoon nie.
Mnr. Johan van den Berg, ’n klimatoloog van Santam Landbou, sê Suid-Afrika is bekend vir sy uiterste verskille in klimaat.
“Die brande in die Kaap is nie ongewoon nie. Dit is nou die droë tyd in die Kaap, wat tot veldbrande aanleiding gee. En die oormaat reën in die sentrale en noordelike dele is ook nie totaal ongewoon nie, hoewel dit nie gewoonlik gebeur dat ’n tropiese sikloonstelsel die land tref nie,” verduidelik Van den Berg.
ALLE REGGEAARDE AFRIKANERS VERAFSKU BINCKES SE WRAAK-'ROMAN'
Binckes se boek alles behalwe die waarheid
Die Herstigte Nasionale Party het met weersin kennis geneem van die boek van Robin Binckes, Canvas under the Sky, waarvan ’n artikel in Beeld op 21 Januarie 2012 verskyn het. In 'n tyd waarin dit mode geword het om die Afrikaner/Boer en sy geskiedenis deur onwaarhede en lasterlikhede te probeer aftakel, span hierdie hygroman die kroon.
Dit is glo "an epic historical blockbuster", maar enige ingeligte oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis sal besef dat dit alles behalwe 'n epos of helde-verhaal of geskiedenis is, maar loutere snert, waarin seks, dwelms en sogenaamde volkspele (wat hy nie eers reg spel nie) aan die orde van die dag is.
ONTHOU 27 FEBRUARIE!
As volk is ons onder verpligting om nie net die Paardekraalgelofte te herdenk nie, maar ook die Slag van Amajuba
Op 31 Mei 1882 het die regering van die ZAR die volgende proklamasie uitgereik:
“Volksraadbesluit art. 248, d.d. 31 Mei 1882. Den 27sten Februarij van elk jaar, de Gedenkdag van den Slag bij Amajuba, zal in ’t vervolg een publieke feestdag en een dag van verootmoediging voor den Heer zijn, voor de groote dingen op dien dag aan het volk gedaan.”
Hierdie onderneming hou direk verband met die Paardekraalgelofte.
Lees asseblief die volledige bewusmakingsbrief van die Geloftevolk Koördineringskomitee by hierdie skakel: Majubadag 2012