Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons maak so maklik geloftes teenoor die HERE. Soms is daardie geloftes onverskillig soos Jefta in Rigters 11. Hy het groot hartseer veroorsaak omdat hy nie deeglik gedink het wat hy die HERE belowe het nie. 'n Gelofte is so 'n ernstige saak dat ons baie seker moet wees hoe God daaroor oordeel sodat ons in ons gewete verseker is dat ons niks onbesonne aanpak nie – die breek van 'n gelofte teenoor God bring ernstige gevolge.
RUT (3)
Die mooi liefdesverhaal wat vir ons in die Bybel opgeteken is
Lees reeks by RUT
Dr JP Botha
Naomi terug in Betlehem
Binne ‘n ommesientjie is die twee vroue omring deur verskeie ou bekendes wat almal deurmekaar praat: “Is dit jy, Naomi? Vrou, waar was jy al die jare? Waar is Elimeleg en jou seuns? Kom jy weer by ons bly? Welkom terug na al die jare!”
Toe Naomi effens tot verhaal kom na al die vroue se uitbundige verwelkoming en groetery, probeer sy deur haar trane heen om hulle te antwoord: “Baie dankie, liewe vriendinne! Ja, dis ek; maar julle moenie my meer Naomi noem nie. Noem my Mara, want die Almagtige het my baie bitterheid aangedoen. Ek het vol hiervandaan weggetrek, maar die Here het my leeg laat terugkom. Waarom sou julle my Naomi noem, terwyl die Here teen my getuig het en die Almagtige my kwaad aangedoen het?
Maar die vroue het hulle nie aan Naomi se klagtes gesteur nie.
RUT (2)
Die mooi liefdesverhaal wat vir ons in die Bybel opgeteken is
Lees reeks by RUT
JP Botha
Elimeleg verlaat Betlehem en gaan na Moab
Na Elimeleg se terugkeer uit Moab het daar vir die huisgesin ‘n baie bedrywige tyd aangebreek. Afgesien van die karige getal besies wat nog nie die versengende droogte en hongersnood ten prooi geval het nie, was daar duisend en een dinge waarna omgesien moes word, ingepak moes word, weggemaak moes word, en opgelaai moes word voordat hulle van hul bure en hul geboortegrond afskeid geneem het.
Elimeleg het vir Maglon en Giljon verantwoordelik gemaak vir die trek van sy uitgedunde ou veekuddetjie. Die twee entoesiastiese seuns het hulle baie goed van hul taak gekwyt, sodat hulle met hul aankoms te Aroër geen bees verloor het nie. Hulle het maar suidwaarts, al langs die strand van die Dooi See gehou en af en toe los klompies Ammoniete gewaar, wat hulle egter nie aan die trekgeselskap gesteur het nie. Die Here het verhoed dat hul argwaan opgewek is en so nuuskierig sou word dat hulle ondersoek sou kom instel.
RUT
Die mooi liefdesverhaal wat vir ons in die Bybel opgeteken is
Lees reeks by RUT
JP Botha
In die greep van hongersnood
Elimeleg vee die lastige sweet uit sy brandende oë, onderwyl hy staan en kyk hoe ‘n slingerende ou brandmaer kalfie agter sy ma aan strompel en saam met sy ander paar veetjies deur die hek van die ou klipkraal na binne verdwyn. Toe hy nader stap om toe te sien dat die hek deeglik gesluit kom, dink hy daaraan dat dit eintlik onnodig is, want so ver hy kan onthou het daar gedurende die afgelope twee jaar hier in die velde van Betlehem geen enkele bees weggeraak nie. Diewe steel nie sulke ellendige goed wat besig is om van maerte te vrek nie.
By die hek wag sy twee opgeskote seuns vir hom. Giljon is twaalf en Maglon is veertien jaar oud. Die swaar van die bitter langdurige droogte wat besig is om die eens groene velde van Betlehem en die hele Judea in ‘n woestyn te verskroei en die hongersnood wat mens en dier nie kan ontvlug nie, het reeds al sy droewige merk op hulle jeugdige gesigte gemaak.
MAAK DOOD DIE WITMAN! SÊ SWART POLISIE
PRETORIA. – “As die swart Messias (Nelson Mandela) doodgaan, sal ons die wittes ’n les leer. Ons sal volksmoord teen hulle pleeg: Ek haat wittes.” Dié woorde van ’n polisieman op Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, se Facebook-blad, het hom ’n interne ondersoek op die hals gehaal.
Kapt. Dennis Adriao, nasionale polisiewoordvoerder, het bevestig lt.genl. Khomotso Phahlane, hoof van die forensiese laboratoriumdienste en misdaadgeskiedenissentrum, het opdrag gegee dat ’n interne ondersoek teen Juda Dagane gedoen moet word.
Op sy Facebook-blad sê Dagane dat hy ’n forensiese analis en ondersoeker in die polisie is.
Volgens Adriao is Dagane ’n klerk in die polisie se forensiese departement in Gauteng.
EVOLUSIE... WAT IS DIT EN KAN EK DIT GLO? (6)
Hanan Viljoen
Lees reeks by Evolusie - wat is dit en kan ek dit glo?
Die 'ou aarde'- en die 'jong aarde'-benadering
Teenoor die 'ou aarde'-benadering van die duisende miljoene jare van Evolusie, staan die 'jong aarde'-benadering van Bybelgelowiges. Daar is ook baie gelowige wetenskaplikes wat hierdie oortuiging deel. Hulle glo dat God die aarde ongeveer sesduisend jaar gelede in ses dae geskep het. Daar is ook baie sterk wetenskaplike feite wat daarop dui dat ons aarde redelik jonk is. Of anders gestel, dat ons aarde nie miljarde jare oud kan wees soos wat evolusioniste beweer nie. Ek noem 'n paar van hierdie wetenskaplike feite hier:
- Modder op die seebodem
As die aarde reeds ongeveer vyf miljard jaar oud was soos evolusioniste beweer, sou die see nou tot oorlopens toe vol modder gewees het. Elke jaar word ongeveer 20 tot 25 biljoen ton grond deur verspoeling en winderosie na die see geneem.
GOUE STRATE HET NIE STOF NIE (7 - SLOT)
Ds.Andrè van den Berg
Die regte perspektief
Dis belangrik dat ons die dood sal verstaan. Baie mense is so bang vir die dood dat hulle amper nie geleef kry nie. Die dood kan vir mense net een van twee dinge beteken. Dis of ‘n toestand van algehele onbewustheid of een waar daar mense in ‘n geheel nuwe wêreld ingestap word. Wie lg.glo, moet die dood as ‘n wins beskou. Dis ‘n ontmoeting waarna jy kan uitsien, maar ook ‘n afskeid wat jy nie mag verhaas nie.
Die dood is vir elke mens‘n pynlike verlies. Daarom is ons hartseer as ‘n geliefde sterf. Jesus het dan self oor die dood van ‘n vriend gehuil. Maar wanneer ons aan ‘n gelowige dink wat in sy nuwe woning tuisgekom het, kan daar selfs ‘n glimlag deur ons trane breek. Die dood is niks anders as ‘n oorgang na ‘n ander wêreld net soos vriende wat die see oorsteek in mekaar se gedagtes bly voortleef al is hulle ver.
SO WORD MOORD OP BLANKES TOEGESMEER
Vier swart senior polisie-amptenare het vlugtig in die hof verskyn vir korrupsie en manipulering van misdaadstatistiek in Tzaneen. Naledzani Julia Sivhula, 48, Matome Jonathan Matsapola, 51, Nelson Mulaudzi, 50, en Mahlodi William Ramokgobedi, 49, het in die Pietersburg magistraatshof verskyn.
Ondersoeke na die ware syfers vir misdaadstatistiek vir Tzaneen het begin toe die gegewe syfers alles 'n gekookte spul geblyk het.LAASTE 220 BLANKE BOERE UIT ZIM VERDRYF
Harare – Zimbabwe se Zanu PF-party is van plan om die oorblywende plase in blanke boere se besit ook oor te neem om sogenaamde grondlose Zimbabwiërs daarop te hervestig.
President Robert Mugabe van Zimbabwe sê egter onomwonde hulle het planne om die oorblywende wit boere van hul plase te verwyder! Die voorgestelde onteiening van nog 198 plase is in `n verslag bekend gemaak tydens die ZANU-PF partykongres.
GOUE STRATE HET NIE STOF NIE (6)
Ds.Andrè van den Berg
Die ewige verdoemenis
Baie mense glo nie in ‘n hel wat werklik sal brand nie. Dis glo ‘n simboliese vuur en steur hulle gevolglik nie daaraan nie. As iemand my ‘n simboliese hou oor die kop sou gee, sal dit my mos nie pla nie. Nee, die hel is nie simbolies nie, maar ‘n waaragtige poel van vuur wat vir ewig brand. Gaan kyk maar gerus: Mense wat die bestaan van die hel ontken, leef almal in vrees vir die oordeel!
O, hoe verskriklik sal dit nie wees om getroue kerkgangers eendag in die hel te sien brand nie! Hoe verskriklik sal dit nie wees as ouers hulle kinders of kinders hulle ouers daar sal sien nie! Ek kan my geen groter droefheid indink as ‘n persoon wat die hel met sy vader se gebede op sy voetstappe en sy moeder se trane op sy kop instap nie!
VRA DIE KAT!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Koos se vrou het 'n pragtige en slim kat as troeteldier maar Koos kan hom nie verdra nie. Op 'n dag besluit hy om van die kat ontslae te raak maar hy wil darem nou nie so wreed raak en die dier se nek omdraai nie. Na 'n gewik en weeg neem hy 'n besluit: hy sal môre-oggend die kat so twee kilometer ver gaan aflaai.
So besluit, so gemaak, en hy wag die oggend tot sy vrou werktoe is, laai die kat in sy motor en ry twee kilometer deur die ergste verkeer tot waar dit stiller is. Daar gooi hy die kat summier uit sy voertuig.
Koos ry reguit huistoe maar daar sit die kat op die stoep hom en aankyk toe hy uit sy motor klim. Nee a, besluit hy, twak hiermee, voor sy vrou vandag huistoe kom sal die verpestelike kat weg wees.
EVOLUSIE... WAT IS DIT EN KAN EK DIT GLO? (5)
Hanan Viljoen
Lees reeks by Evolusie - wat is dit en kan ek dit glo?
Wat van kristalle, lewende dinge, voortplanting en ontwikkeling?
Ons weet dat iets soos kristalle op " 'n manier" self ontstaan. 'n Voorbeeld hiervan is soutkristalle.. Wanneer 'n mens 'n soutkristal onder 'n mikroskoop plaas, kan jy die kristalvormige of hoekige struktuur daarvan sien. Dit geld ook vir sekere kristalvormige klippe wat ons in die natuur kry.
Die vraag ontstaan hoe hierdie spesifiek gevormde strukture kan gebeur? Die antwoord is dat God in die atome van die stof waaruit kristalle gemaak is, rigtinggewende en herhalende kragte geplaas het wat die kristalvorming veroorsaak. In die geval van proteïne, dws die boustof waaruit organismes gemaak is, is dit nie voortdurende en herhalende kragte wat werk nie maar hoogs gespesifiseerde en fyn beplande inligting of bou-instruksies wat die plan vir 'n nuwe organisme deeltjie vir deeltjie voorsien.
GOUE STRATE HET NIE STOF NIE (5)
Ds.Andrè van den Berg
DRIE VRAE OOR DIE HIERNAMAALS
‘n Onveranderbare situasie
Kan ‘n mens jou situasie in die hiernamaals verander soos wat die Jehowagetuies bv.leer? Kyk weer na die gelykenis. Dit belig ook die oorsaak van die man se verwerping en die guns wat aan Lasarus betoon word. Die verskil tussen ryk en arm is tydelik van aard. Die dood wis hierdie grens onmiddellik uit. Wat na die dood volg, kan nie verander word nie.
Ons sien die onherroeplikheid van die man se toestand al te duidelik in sy versoek aan Abraham as hy vra dat Lasarus sy broers moet gaan waarsku sodat hulle nie ook in die plek van pyn beland nie. Die onherroeplike, ellendige toestand van die man is die gevolg van sy ongehoorsaamheid aan God. Hy was ryk, maar sonder God. Daar was geen plek vir God in sy weelde, feeste en lewenswyse nie. Daarvoor was sy program net te vol. Ja, so vol dat daar kwalik plek vir sy naaste was nie. Ons hiernamaalse situasie kan nie omgekeer word nie!
'REGSTELENDE' AKSIE HELP SWARTES NOU HEMELTOE
ANC: "We require equal rights for all Christians.
We are tired of the racist white man trying to keep us out of heaven."
Kriewelkop
'n Kostelike berig in News24 (onder aangeheg) met die opskrif "ANC propose quota system for Mighty Men conferences" verdien seker 'n glimlag op Gelofteland.
Die ANC en sy spreekbuise meen dat minder swartes as blankes hemeltoe gaan (ek wonder wie het dit vir hulle vertel) en dit is alweer die rassistiese witman en sy apartheid se skuld. En nou gaan hulle gevorderde "affirmative action" toepas.
'Regstelende' aksie van die "onreg" teenoor die arme swartetjies hier op Suid-Afrikaanse bodem is nou nie meer genoeg nie, dit moet hulle nou ook help om in die hemel te kom. Klaarblyklik kan mens, dis nou as jy die voorreg het om swart te wees, in die Nuwe Suid-Afrika jou ewige lewe in die hemel self bewerkstellig, voorvadergeeste ten spyt. Solank Angus Buchan van Mighty Men-faam die eerste 70% toegangskaartjies van sy byeenkomste aan swartes verkoop, want die ANC is nou moeg daarvan dat die witman die swarte uit die hemel probeer hou.
Ons Bybel – daai Bybel wat hulle so dikwels verontagsaam – en ons kerke – die wat ons met blankes se geld vir hulle gebou het tel blykbaar nie – het ons glo 'n voorsprong gegee om hemeltoe te gaan.
GOUE STRATE HET NIE STOF NIE (4)
Ds.Andrè van den Berg
Ons binnekant
In skerpe teenstelling met ons liggaam is ons binnekant, ons siel, onsterflik. Dis die deel van jou wat die dood vryspring. Net jou buitekant sterf; nie jou binnekant nie. Die ou Griekse filosowe het die liggaam as die tronk van die siel gesien en die dood as ‘n bevryder daarvan. Nee, dis darem te negatief!
In Rom.8:38,39 jubel Paulus as hy sê dat die dood ons nie eens van die liefde van God kan skei nie. Na ons dood bly ons nog steeds in God se veilige sorg. Vir gelowiges is die dood derhalwe geen nare oordeel nie, maar ‘n nuwe begin by God.
Voor die sondeval was die brug tussen God en mens oop. Sonde het dit egter vernietig. In die volheid van die tyd het God sy Seun na die aarde gestuur om dit te herstel en deur sy dood en opstanding het Jesus vir ons die Brugbouer tussen lewe en dood geword. Jy kan nie anders by God uitkom as oor die brug van die dood nie.
SOLANK NUWE WET OOK VIR BLANKES GELD
Hiermee het die wetgewer verseker 'n verskuilde agenda...
Volgens die Mediese Navorsingsraad kan die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens geweld teen vroue en kinders vererger. Luidens ’n berig in Die Burger (7 Desember 2011) sê dr. Naeemah Abrahams, ’n navorser verbonde aan die raad, die wysigings moet tot elke prys teengestaan word.
Van die wysigings behels dat die ouderdom vir ’n persoon aan wie ’n lisensie toegestaan mag word, verlaag moet word. Verder stel dit voor dat die aantal vuurwapens per persoon verhoog moet word.
Vuurwapen nie misdadiger
Intussen sê mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se landelike veiligheidskomitee, as daar na dié wetgewing gekyk word, moet dit altyd in gedagte gehou word “dis nie die vuurwapen wat die misdaad gepleeg het nie.”
EVOLUSIE... WAT IS DIT EN KAN EK DIT GLO? (4)
Hanan Viljoen
Lees reeks by Evolusie - wat is dit en kan ek dit glo?
Kennis deur wat ons sien
Daar is nog 'n verdere manier waarop ons kennis oor God se skeppingswerk kan kry. Dit is deur noukeurig na die skepping rondom ons te kyk.
In Psalm 19: 2-5 staan daar digterlik geskrywe:
"Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee. Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hul stem. Tog gaan daarvan 'n boodskap uit oor die hele wêreld en hulle talle bereik die uithoeke van die aarde."
In Romeine 1: 20 staan daar geskryf:
"Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie."
Die laaste vers wat jy pas hierbo gelees het leer ons iets baie belangrik. Dit is, dat as ons na die skepping kyk waarvan ons deel is, ons kan sien dat 'n Oneindige, Grote, Wonderlike, Wyse en baie Magtige God, hierdie skepping moes geskep het! Alles wat bestaan, kon nie maar vanself en per toeval ontstaan het nie. So 'n moontlikheid is algeheel uitgesluit en onlogies.
NOG 'N PLAAS GESTEEL
Die pad wat Suid-Afrika vinniger as Zim hardloop...
’n Bejaarde vrou van Bulawayo het Dinsdag (6 Desember 2011) toegekyk terwyl besetters die laaste deel van haar plaas ingeneem het.
Luidens ’n berig in Beeld (7 Desember 2011) het besetters reeds sedert 2000 sowat driekwart van mev Rose Androliakos en haar man, Nicholas, se plaas van 10 000 ha naby Figtree "ingeneem" - maar die korrekte term sou 'steel' wees.
Die 79-jarige Androliakos en haar familie is verlede week gewaarsku dat hul plaas, Maredale, aan 'n swarte, ene Maclean Bala van die Lupane-universiteit en Tabane Ndlovu, sogenaamd ’n grootkop by Wankey Colliery, die plaaslike steenkoolaanleg, toegeken is.
Mnr. Mark Androliakos, Rose se seun, sê ondanks die 2009-ooreenskoms tussen dié land se politieke partye wat besetting onwettig verklaar, ontvang sommige boere tans briewe wat sê die regering het die plaas aan ’n spesifieke individu toegeken - gronddiefstal gaan nou in al sy felheid voort deur korrupsie, aanranding, intimidering, leuens, en alle vorme van barbarisme. Selfs die briewe aan die boere, wat die stempel van die minister van landbou en grondhervorming moet dra, word meestal deur swart junior amptenare uitgereik.
GOUE STRATE HET NIE STOF NIE (3)
Ds.Andrè van den Berg
Ons buitekant
Wanneer die Bybel van die mens as stof praat, verwys dit na sy verganklike liggaam. Verganklikheid beperk ons krag en vermoëns. God alleen is onbeperk en onverganklik omdat Hy nie ‘n liggaam het nie. God het die mens as kroon van sy Skepping gemaak. Behalwe dat die mens met God kan praat, verskil hy in nog ‘n opsig baie groot van die dier. Die dier se liggaam verteenwoordig sy volle bestaan, maar nie diè van die mens nie. Die mens se liggaam is slegs die buitekant van sy bestaan. So anders as die dier, het hy ook ‘n binnekant.
Net so min as wat ‘n ruimtevaarder sonder ‘n ruimtepak in die buitenste ruimte kan oorleef, kan ons op aarde sonder ‘n liggaam leef. Die ruimtepak verteenwoordig egter nie die ruimtevaarder se volle bestaan nie. Die ruimtepak is slegs sy buitekant. Die werklike ruimtevaarder is binne in die pak. So het die mens ook ‘n binne- en buitekant wat liggaam en siel genoem word.
PETROLPRYS DAAL, DIESEL STYG SKERP
Dieselprys styg weer skerp
Corli van der Merwe
Die opmars van die dieselprys duur voort met die aankondiging deur die Departement van Energie dat die dieselprys met 47c per liter gaan styg.
Die styging sal Woensdag (7 Desember 2011) in werking tree. Goeie nuus vir petrolverbruikers is dat die petrolprys terseldertyd met 11c per liter sal daal
Die prys van alle grade petrol sal Woensdag met 11 c per liter daal, het die Departement van Energie Vrydag gesê.
EERLIKE TEGNOLOGIE
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Ek koop verlede week 'n nuwe bakkie en was vreeslik opgewonde oor die nuwe tegnologie wat soveel verbeterde werkverrigting gee. Maar ek kon nie die radio aan die speel kry nie, daarvoor was my kennis van sulke nuwe tegnologie te min. Toe gaan ek gister terug na die handelaar en vra dat hulle my moet wys hoe die ding werk. Die verkoopman verduidelik toe dat die radio stemgeaktiveerd is. Mens praat net, en dan reageer dit! Hy demonstreer toe met:"Nelson!". Die radio antwoord: "Ricky of Willie?". Die verkoopsman sê toe: "Willie!", en dadelik kom 'On the Road Again' oor die luidsprekers. Die klank is pragtig en ek raak al meer opgewonde – dis eintlik maklik! Toe sê die verkoopman: "Ray Charles!", en oombliklik hoor ek 'Georgia On My Mind'. Ek ry vrolik daar weg en vir die volgende paar dae, elke keer as ek sê: "Bach!", hoor ek pragtige barokmusiek, en as ek sê, "Rolling Stones", dan luister ek heerlik na hulle liedjies. Maar die radio het sy gebreke. Gister druk 'n blouligbrigade my uit die pad met 'n getoet en vingerwysings tot albei voertuie met 'n stofwolk in die grond langs die pad tot stilstand kom. Die bestuurder van die ander motor spring uit, druk sy kop deur my motorruit en skree op my: "%^$&#!" Dadelik antwoord die radio: "Dames en here, die geskorste President van die ANC Jeugliga, Julius Malema..."