Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is nie klein en groot sondes in die sin dat sommige minder sondig as die ander is nie. Alle sondes is ewe sondig. Sekere sondes het wel ernstiger gevolge en verdien daarom groter veroordeling. In die gelykenis van die waaksame dienskneg in Luk.12 sê Jesus: “En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word…” (:47,48).
LAAT ONS VOLKSTROTS HERLEEF!
Ds A.E. van den Berg
Ons volk leef op die snypunt van twee kulture wat mekaar grootliks uitsny. Daarom het daar toe nie 'n beter toekoms op die puinhope van apartheid verrys soos verkondig is nie maar eerder 'n treurspel van onstabiliteit, wanbestuur en 'n toename in misdaad wat ons land eerder na 'n skrikbewind as 'n demokrasie laat lyk.
Dinge het begin skeefloop toe Suid-Afrika in 1996 haar Christengrondwet prysgegee het en formeel 'n grondwetlike wêreldstaat geword het. Daarna het ons land die spoor so byster geraak dat dit tot op hede nie weer op die hooflyn kon kom nie. Wat het dit veroorsaak? Die misplaaste optredes van verraderlike blanke politici en kerkleiers, mense wie se gevoelens in die hoogste versnelling beland het sonder dat hul verstand in rat gekom het.
Suid-Afrika het 'n bedenklike geskiedenis van verraad. In baie gevalle was die verraaiers mense wat hul as godsdienstig voorgedoen en agter die skild van eerlose kerklui geskuil het. Ons volksgenote se gewetens is vanaf kansels en politieke podiums geïntimideer om die skuld vir swak rasse se agterlikheid te aanvaar en as 'n tipe van boetedoening in 'n beswyming van berou te gaan. Baie van hierdie misleiers se verraderlike onderrokke het so ver onder hul togas uitgesteek, dat dit soos sirkus-tente gelyk het wat agterna gesleep is!
'n Kerk is soos 'n liggaam; as die brein geskaad word, lei alle ander liggaamsfunksies ook daaronder. Hoe verder kerke van Bybelse waarhede af wegbeweeg, hoe slegter is die gevolge. Die NG Kerk se Sinodes het bv. te kere aangegaan asof hulle God se regsafdeling is. Die gevolg was dat hulle spoedig in die politiekery waarin hulle hulself toegespin het, verstrengel geraak het.
Ongelukkig is niemand so blind soos die een wat nie wil sien nie. Baie van ons volksgenote het die argitekte van die sg. nuwe Suid-Afrika oor die gevolge van hul optredes gewaarsku. Dis as valse alarms afgemaak. Die gevolg was dat kerke hul profetiese visie verloor het en lidmate hierdie kerke by die duisende verlaat het.
Die vermenging van onreg met huigelary het talle kerkleiers in die dryfsand van hul eie toedoen laat versink. Ongelukkig verrig mense geen boosheid so gelate as wanneer dit uit misplaaste godsdienstige oortuigings gedoen word nie. Gevolglik is kerkverraad myns insiens die kernhoofstuk in die tragiese verhaal van 'n eens trotse volk wat haar vryheid sonder slag of stoot prys gegee het. Duisende volksgenote het hul volkstrots prysgegee en politieke korrektheid as 'n tipe van nuwe evangelie omarm. Dit het alle moontlikheid van beter rasse-verhoudings na sy peetjie gestuur!
Politieke korrektheid is 'n vyand van die nugtere denke. Dis jare gelede in Moskou van stapel gestuur om mense in 'n eensydigheid in te dwing, Dit het bv. tot regstellende wetgewing gelei wat talle roof-wette geskep het; wette wat armes nie ryk maak nie, maar armoede verdeel. Regstellende wetgewing slaan geensins misdaad hok nie, maar lê eerder wetsgehoorsame burgers aan bande en verstop die pyplyn van enige land se voorspoed.
Die droom van 'n beter bedeling aan die suidpunt van Afrika het om die as van vernuwing gedraai. Dit het die indruk van vooruitgang geskep maar eerder 'n ontwrigting veroorsaak. Lelike dinge is al in die naam van vernuwing gedoen sonder dat daar iets goed van gekom het. So het ons bv. ons eenselwigheid vir 'n kunsmatige eendersheid prysgegee en pluk sedertdien die wrange vrugte daarvan.
Volksgenote wat bande met volksvreemde vennootskappe smee, seile in verraderlike winde ontplooi en die toekoms van die land aan die vyand se agenda oorlaat, is aan hoogverraad skuldig. Die ywer vir 'n reënboognasie spreek boekdele hiervan. Dit was 'n noodlottige proefneming en het vir talle mense net te bedompig in die parskuip van 'n kunsmatige saambestaan geword.
Dit laat my baie aan die bekende roman dink wat oor 'n geesdriftige dr. Victor Frankenstein handel wat met sy onortodokse proefnemings lewe probeer skep het. Die eindproduk was 'n monster vir wie hy vir sy eie lewe moes vlug. Talle verraaiers het soos hierdie man nie die duiwels van hul eie skeppings raakgesien nie en buiteland toe gevlug!
Die reënboognasie was 'n totale mislukking. Dit was 'n politieke dwangbuis waarin yster en klei nie wou meng nie en het soos die beeld in die profeet Daniël se droom onmiddellik verbrokkel. Die reënboognasie is niks anders as 'n oorlogsverklaring teen die werklikheid van die lewe nie.
Dit het 'n goed-georganiseerde land soos Suid-Afrika in 'n rowersnes omskep en van 'n eerste- na 'n derde wêreld laat tuimel.
Verraderlike kerke het mense vas laat glo dat rasbewustheid sonde is en dat verandering uiters noodsaaklik was. Lidmate is tot vernuwing opgeroep sonder 'n duidelike omskrywing van wat presies met verandering bedoel is. Al wat saak gemaak het, was dat die bande wat ons volk jare lank saamgebind het, verbreek moes word. Daarvoor is kerke subtiel binnegesypel om 'n engel met 'n duiwel te vervang!
Baie van die leraars het soos verhoogkunstenaars te kere gegaan en mense met kwinkslae en verhoogtoertjies vermaak. Selfs die liturgie is tot oppervlakkige sêgoed verdun. Hoe dunner die Bybelse korrektheid van hul preke was, hoe geredeliker is dit in die blink papier van vernuwing toegedraai.
Die geskiedenis leer dat mense nie uit die geskiedenis leer nie. Ook nie ons eie volk nie. In Afrika het elke paradys wat van eienaar verwissel het, 'n eietydse hel en 'n eindelose herhaling van die verkeerde manier van leef geword. Vryheid sonder verantwoordelikheid is doodsake!
Die gevolg van hierdie wyd verkondigde vernuwing was 'n geweldgeteisterde samelewing met duisende slagoffers wat die prooi van barbaarse optredes geword het. Dit gebeur as wolwe losgelaat en skape doodgebyt word!
Niks vertroebel rasse-verhoudings soos versteende wraaksug nie. Afrika is vrot daarvan. Mense met gebalde vuiste dink nie logies nie. Die ontwrigting wat ons sedert 1994 teister was toe al die tyd nie die groeipyne van 'n nuwe bedeling wat spoedig sou verdwyn nie maar eerder die leefwyse van 'n wraaksugtige gepeupel wat van wet en orde ontslae geraak het.
Baie van ons volksgenote was so deur die gifgas van liberalisme bedwelm, dat hulle nie na waarskuwings wou luister nie. Salomo sê mos:“Die weg van ’n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad” (Spr.12:15). Verraaiers het selfs dit wat ons eerbare voorsate in die geloof verrig het bewustelik met hul agterstewe omgestamp. So het Geloftedag bv. Versoeningsdag geword..
Diegene wat hul vir die stereotipe geskiedenis van Afrika blind gehou het, is spoedig deur die stormwind van hul eie onverskilligheid weggewaai. Ja, geen donkerte is so skadelik soos blinde onverskilligheid nie. Dit los geen probleme op nie, maar herrangskik dit eerder!
Die geskiedenis leer dat uiteenlopende rasse hoogstens naas mekaar maar nooit saam kan bestaan nie. Die eerste koloniste aan die Kaap was bv. duisende seemyle van mense geskei met wie hulle 'n erfenis gedeel het. Toe hulle hier met die plaaslike bevolking kennis maak, het hulle baie gou besef dat hulle in die gees ligjare van hulle geskei was. Agter die anderse velkleur het onaanvaarbare inhoude geskuil.
Gevolglik kon die koloniste geen geestelike of kulturele aanklank by die plaaslike bevolking vind nie. Dit was nie weens 'n gevoel van meerderwaardigheid of 'n ander pigmentasie nie, maar eerder ontnugterende ervarings met hulle. Hulle andersheid het die koloniste duidelik laat besef dat blankes tot 'n eiesoortige hoër ontwikkelde ras behoort. Ander rasse sou nooit in hul wêreld tuiskom nie. Gevolglik het geweld, wreedheid, plundering en doodslag die koloniste genoodsaak om vir hulself 'n veilig afstand in 'n onveilige wêreld aan die suidpunt van Afrika te skep.
Niks verongeluk goeie rasse-verhouding soos diefstal nie. Dit was een van dr. Albert Schweizer se probleme in Afrika nl. om swartes te laat verstaan dat sy goed syne en nie hulle s'n was nie. Diefstal het destyds ook vir die regering 'n diplomatieke turksvy aan die Kaap geword. Enersyds moes die Britse owerheid teen die rowers optree maar andersyds ook ruilhandel met hulle bevorder.
Toe die Britse owerheid vir swart veediewe begin opkom het, het veediefstal oorhand toeneem. Die regering se onwillige hantering van die swart leeglêer-probleem het rassespanning vererger. Ironies genoeg was hulle wat die blanke boere nie wou beskerm nie self nie by magte om hulself teen die rowers te beskerm nie!
Omdat booswigte plaashuise afgebrand, vee geroof en vroue en kinders vermoor het, het die boere later geen ander uitweg gesien as om noordwaarts na veiligheid te trek nie. Die aanvanklike 20% wat getrek het, is Voortrekkers genoem. Daarna het nog baie meer mense hul wysheid ingesien en ook getrek.
Die Voortrekkers het 'n sug van verligting geslaak om van 'n vyandige owerheid vry te kom en hul taal, gebruike, karakter en godsdiens en alles wat vir hulle kosbaar was, voort te sit. Dit het die Britse owerheid met 'n probleem laat sit – daar was nie genoeg boere om die binneland teen plunderaars te beskerm nie. Traktate met swart kapteins was nie die papier werd waarop dit geskryf was nie. Hulle het gou geleer dat mense wat deur geweld leef, slegs met geweld in toom gehou kan word!
Dinge wat goeie rasseverhoudinge sedert die volksplanting gekelder het, kelder dit nog steeds. Al verskil is dat dit verfyn, gewettig en van versagtende benamings soos regstellende optrede, swart bemagtiging en die herverdeling van rykdom en onteiening sonder vergoeding voorsien is. Die kernprobleem is en bly nog steeds diefstal. Geen ras kan 'n ander een beroof en goeie verhoudings verwag nie.
Die enigste oplossing in 'n land waar rasse-waardes so groot van mekaar verskil, is die toepassing van veelrassigheid. Om ongelyke rasse gelyk te wil dwing, skep net groter ongelykheid. Geen wet kan rasse gelyk skaaf nie. Die natuur wen altyd. Ongelukkig verdrink dwase eerder in hul ideologiese waansinnigheid as om tot hul sinne te kom!
Ironies genoeg was diegene wat die politieke stofwolk opgeskop het van die eerstes wat gekla het dat hulle nie kon sien nie. Ja, dwase is soms so seker van hulself maar so blind vir die waarheid. Hulle herhaal foute maar verwag telkens 'n ander uitslag. Dit laat my aan vlermuise in die dierewêreld dink wat hul onderstebo wêrelde geniet.
Kunsmatige gelykmaking lei onvermydelik tot meer misdaad soos wat die misdaadsyfers in ons land van getuig. Al lyk rasgelykheid vir sommige mense na 'n reg, is dit nog nooit as 'n feit bewys nie. Dit bevorder geen rasse-harmonie nie maar eerder haat. Minderes wil altyd gelykmaking op meerderes afgedwing; van bo na onder. Wie bo is, moet soos hulle wat onder is, word en nie andersom nie.
Let maar net op wat in ons land gebeur – wie beweeg, word belas en wie nie beweeg nie word gesubsidieer. Reuse maatskaplike voordele vir luiaards en hoë belastings vir ywerige burgers is beslis nie 'n resep vir voorspoed nie maar vir gruwelike onreg!
Ons volk het al baie terugslae beleef. Die verlies aan volkstrots is sekerlik een van die ergste wat dringend herstel moet word. Ons sal as volk sterker voorkeure vir dit wat ons eie is, moet begin uitoefen en hoë mure van morele, politieke en ekonomiese aard om ons oprig.
Dit beteken egter nie dat alle skakeling met ander rasse vermy moet word nie. Goeie grense maak goeie bure. Ongelukkig is die grensheining aan die suidpunt van Afrika verwyder voordat mense die tragiese gevolge daarvan beleef het. Dit kon verhoed gewees het. Salomo waarsku : “Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.... Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue” (Spr.14:12,16).
Ons volk is nederig genoeg om te weet dat ons nie noodwendig beter as ander volke is nie, maar ook slim genoeg om te weet dat alle rasse nie gelyk is nie. Ons gun elke ras 'n plek in die son MAAR op hulle eie koste; nie ons s'n nie. Elke ras moet sy eie heil uitwerk en nie van ander rasse verwag om dit vir hulle te doen nie.
Wie eerbied vir homself het, aan sy eie ras voorkeur gee en onder sy eie mense wil woon omdat hulle sy waardes vertolk, moet nooit van rassehaat beskuldig word nie. Daar is 'n groot verskil tussen rassehaat en rasvoorkeur. Ons Boerevolk se rasvoorkeur steek sommige mense dwars in die krop. Maar wat daarvan? As hulle nie van ons hou nie, is dit hulle saak. Ons is mos nie daar om hul tevrede te stel nie!
Wie op hul volk trots is, brand hul nooit in die vuur van volksliefde uit nie. Al wat uitbrand, is dit wat nadelig vir die volk is. Daarom moet ons die regte dinge vir ons volk doen. En dis net moontlik as ons weet wat die regte dinge is. Daarvoor moet ons opreg in God glo en die waarheid van sy Woord liefhê.
Ek glo dat God ons Boerevolk vir 'n heersersrol aan die suidpunt van Afrika bestem het; nie omdat ons beter as ander volke is nie maar omdat ons anders is. Daarom is dit noodsaaklik dat ons ons volkstrots moet herwin, want as goeie mense die stryd gewonne gee, bly net die slegtes oor. Gevolglik durf ons nie oor onreg in ons land swyg nie. As ons dit gaan nalaat, sal ons eendag vir ons nasate om verskoning vir ons lafhartigheid moet vra!
Suid-Afrika het 'n dringende behoefte aan edelmoedige volksgenote. Edelheid is die porseleinklei waarvan mense met inbors gemaak word. Dit spreek 'n taal wat blindes kan sien en dowes kan hoor. Dit kweek leiers met innerlike lig en onkreukbare karakters wat vir Suid-Afrika baie meer as al sy minerale rykdomme werd is.
Moeilike omstandighede het al dikwels mense vir buitengewone omstandighede voorberei. God seën ook 'n volk wat Hom eer met sterk leiers. Sarel Cilliers was een van hulle. Niks is roemryker as iemand wat met God se hulp sy volk van verderf red nie. Let op 'n Dawid van ouds. Omdat hy God se krag geken het, was dit vir hom nie nodig om met Goliat s'n rekening te hou nie.
Skep moed, liewe volksgenote. Ons is wel in 'n oorlewingstryd gewikkel, maar moenie moed verloor nie. Dinge moet soms eers uitmekaar val voordat 'n verlangde ommekeer kom. Onthou dat geen winter vir altyd duur en geen lente sy beurt oorslaan nie. Daar is geen hopelose situasies nie; slegs mense wat hoop opgegee het. Moenie een van hulle wees nie!
Iemand het eenkeer gesê dat die lewe twee basiese reëls het. Die eerste is om nooit moed op te gee nie en die tweede om nooit die eerste reël te vergeet nie. Onthou dat dieselfde kookwater wat aartappels sag maak, weer eiers hard maak.
Ons volk se toekoms hang nie van slegte omstandighede af nie maar van die geestelik stoffasie waarvan eerbare volksgenote gemaak is. Doen dus wat jy vir jou volk kan doen. Al is dit nie maklik nie, is dit altyd die regte ding om te doen. Loop maar die tweede myl saam met hulle. Op hierdie pad is daar nie slaggate of verkeersknope nie.
Ons volk is lank genoeg deur die sweer van liberale verrotting geteister. Hierdie bose afgrondspiraal moet nou einde kry. En dis waar ek en jy inkom. Ons moet soos profete vir ons volk optree want as ons dit nie doen nie, word ons die argitekte van hul lot. Neem die verantwoordelikheid om vir jou nasate ’n goeie voorgeslag te wees.
Moenie moed opgee nie. Moed is nie noodwendig om die krag te hê om aan te hou nie, maar om aan te hou as jy nie meer krag het nie en God jou, soos vir die profeet Elia van ouds, van die nodige krag voorsien om aan te gaan. Al druk die juk van verraderlike volksgenote ook hoe seer op ons; God sal op sy tyd uitkoms gee.
Ek bid dat God ons volk 'n spoedige ommekeer sal laat beleef en ons trots wat deur verraaiers fyngetrap is, sal herwin. God gee vir Juda die wenresep vir 'n ommekeer: “ Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel.” (Jer.6:16).
Verraad het ons hard maar nie platgeslaan nie. Kom ons hou ons oë op God en ons voete op die grond. Hoe hewiger die stryd, hoe groter teenstand moet ons verwag. Sonder teenstand is daar geen stryd nie en sonder stryd is daar geen oorwinning nie. Wees soos teesakkies waarvan die krag eers in kookwater duidelik word.
'n Sterk volk doen sterk dinge. Luister wat sê Nehemia vir sy volk na hul terugkeer uit ballingskap en teenstand van volksvyande ervaar het:“... Julle moet nie bang wees vir hulle nie; dink aan die grote en gedugte Here, en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vroue en julle huise“ (Neh 4:14).
Die herlewing van ons volkstrots kan egter nie sonder die nodige geesdrif geskied nie. Ons lei uiteraard nie enkel lewens nie maar is vir 'n hegte gemeenskapslewe aan die suidpunt van Afrika bestem. Ons moet soos 'n bondel stokke wees wat saamgebind is; as die een aan die brand gesteek word, steek dit die res ook aan.
Groot dinge gebeur nie deur stil te staan nie. Die enigste ding wat iets suksesvol deursit, is ’n hoenderhen. Moet dus nie huiwer om iets groots vir jou volk te doen nie. Onthou dat die Titanic deur professionele mense en die ark deur amateurs gebou is. Wat is fout met jou?
Ons hunker na 'n bedeling waar God geëer en volksgenote teen onreg beskerm word, ja, die dag dat Suid-Afrika die beste land ter die wêreld sal wees om in te woon. En dis nie onmoontlik nie. Daar is niks met ons land verkeerd wat nie met dit wat wel daarin is reggemaak kan word nie. Ons moet net die mites van die tyd as leuens ontbloot. Ons is dit aan mekaar verskuldig en as verpligtend teenoor mekaar beskou: “ Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is... laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos ’n standhoudende stroom” (Amos 5:15,24)..
Die oplossing is voor die hand – keer terug na die ou weë met sy eerbied vir God en sy Woord. Dis die kroonrat waarom die herlewing van ons volkstrots moet draai. As die kop genees is, word die liggaam ook gesond.
Die oud-Italiaanse veggeneraal Garibaldi het by geleentheid vir sy strydgenote gesê: “Ek kan julle nie vergoed of kos gee nie. Al wat ek julle kan bied, is honger, dors, stryd en die dood. Volg my net as julle jul volk met jul hart en nie met jul lewe liefhet nie!” Kom liewe volksgenote, kom ons werk en wen saam!