NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons wat net ten dele ken, ons roem soms in onsself! Ons praat storterend, ons begryp en vertolk aweregs, ons redeneer onlogies soos kinders, ons sien in 'n spieël verwronge beelde; nie eens op ons insigte of vertolkings mag ons ooit roem nie – slegs in Christus!

ONS IS SLEGS HUURDERS

Ds A.E. van den Berg

“Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel ..... want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees” (Mat.6:19-21).                                            

Ons besit almal iets tasbaar – huise, motors, meubels ens. Maar eintlik besit ons dit nie. Die Bybel sê dat alles op die aarde 'n gawe van God is: “Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan” (Ps.24:1). Ons huur slegs ons besittings van Hom en besit dus niks wat ons nie van Hom ontvang het nie. God het as te ware 'n huurkontrak met ons gesluit wat met ons dood verstryk. Dan moet ons teruggee. Ons kan niks met ons na die hiernamaals saamvat nie.

Dit word vertel van 'n skatryk boer wat gelowig was. Hy bid en vra die Here of hy nie iets van sy rykdom eendag saam met hom hiernamaals toe kan vat nie. Die Here stem toe in – alles wat hy in 'n rugsak kon dra, kon hy vat.

Hy het dit vol goudstawe gepak. Toe hy sterf en by die poorte van die ewigheid kom, het Petrus hom voorgekeer: “Jy kan nie met bagasie ingaan nie!” sê hy. Die man vertel hom toe van die ooreenkoms met die Here waarna Petrus vir hom sê: “Goed dan, laat ek sien wat in die rugsak is” Toe hy dit oopmaak, sê Petrus : “Nou maar waarom het jy plaveistene saamgebring?”

Die Bybel sê dat die strate van die nuwe Jerusalem van goud is. Die kruks van dié verhaal is dat ons niks aards saam met ons die ewigheid kan invat nie. Daarom Jesus se opdrag in die teksverse – moenie aardse skatte versamel nie. Na jou dood gaan dit vir jou niks in die sak bring nie, nie eens goudstawe nie!

Rykdom is soos kraalmis – slegs van waarde as dit versprei word. Die vroeë gelowiges het dit gedoen. By geleentheid het dit so sleg met die gelowiges in Judea gegaan dat die gelowiges in Macedonië geld ingesamel en vir Paulus gegee het om vir hulle saam te neem.   Dis hoe 'n mens vir die saak van die Here gee – uit dankbaarheid. Wie nie uit dankbaarheid gee nie, moet liefs niks gee nie; God pers niks van niemand af nie!

In 2 Kor.8:5 sê Paulus iets baie mooi van dié Macedoniese gelowiges – voordat hulle die insameling gehou het, het hulle leiding van die Here afgebid om hul oor die grootte van die gawe te lei. En so het die skadu van die kruis van Jesus as te ware oor hul stoflike vermoëns geval!

Nadat Jesus in Saggeus se lewe gekom het, beloof hy om die helfte van sy goed vir armes te gee en dit wat hy afgepers het, vierdubbel terug te gee (Luk.19:8). Wat 'n ommekeer het daar nie in die ryk man se lewe gekom nie! Dis egter nie sonde om welvarend te wees nie. Solank as wat rykdom eerbaar bekom en reg gebruik word, het die Bybel geen probleem daarmee nie. Abraham was 'n ryk man, Job selfs ryker en Salomo nog meer. En hulle was almal gelowiges.

In die Bergrede leer Jesus gelowiges om hul nie oor die toekoms te bekommer nie. Ongelowiges bekommer hul daaroor want hulle glo nie aan 'n versorgende God nie. Gelowiges is anders. By geleentheid bel 'n lidmaat my. Hy was besorg oor sy dogter wat die lotto speel. Wat moet hy vir haar sê? Op daardie oomblik gee die Here vir my 'n teks: “ Die Here is my Herder; niks sal my ontbreek nie” (Ps.23:1). God sien na sy skape om. Vandaar Jesus se opdrag: “ Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Mt.6:33). Hy gee aan sy kinders alle ware noodsaaklike dinge – en gratis!

Waarom gee ons dankoffers? As 'n blyk van dankbaarheid vir redding van ons siele. God verwag van ons offervaardigheid.   Churchill het gesê: “You make a living by what you get, you make a life by what you give”. Augustinus het weer gesê: “Ontvang dit wat God jou gee met vreugde. Gebruik daarvan wat jy benodig. Die res is syne”.

By geleentheid wou 'n arm egpaar vir mekaar 'n kersgeskenk gee. Die vrou het pragtige lang hare gehad. Die man besluit toe om sy sakhorlosie te verkoop om vir sy vrou 'n goeie borsel te koop.   Sy het weer haar hare laat afsny en verkoop om vir hom 'n mooi ketting vir sy sakhorlosie te koop. Hulle wou mekaar net gelukkig sien en hul kosbaarste gegee. Wat gee ons vir God en ons naaste?

Salomo skryf: “Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste; dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos” (Spr.3:9, 10). “Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die Here; en Hy sal hom sy weldaad vergelde” (19:17). “Wie sy oor toestop vir die geskreeu van die arme, hy sal self ook roep en nie verhoor word nie” (21:13).

Die maatstaf van ʼn dankoffer is nie hoeveel ons gee nie, maar ons gesindheid. By geleentheid het Jesus regoor die skatkis in die tempel gaan sit en kyk hoeveel mense vir die onderhouding van die erediens ingegooi. Van die ryk mense het baie geld ingegooi, maar nie uit dankbaarheid nie. Toe gooi ʼn arm maar dankbare weduwee min in en Jesus sê: “Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis ingegooi het. Want hulle het almal uit hulle oorvloed ingegooi, maar sy het uit haar gebrek ingegooi...” (Mark.12:43,44).

Waak teen geldgierigheid. Dis besig om ons volk te verteer. Dit het al miljoene mense se lewes verwoes en ook baie s’n voortydig geëis. Dis ʼn maalkolk wat jou maklik insuig en jou siel skaad: “Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie” (Hebr.13:5).  

ʼn Mens hoor dikwels van mense wat geld vervals, maar het jy al gesien hoe geld mense vervals? By geleentheid kla ʼn Jood by sy Rabbi oor sy vriend wat skielik ryk geword en van gesindheid verander het. Waar hy eers volksgenote in nood raakgesien en gehelp het, sien hy net homself raak. “Rabbi, hoe gebeur dit?” vra die man. Die Rabbi laat hom deur ʼn venster kyk. “Wat sien jy?” vra hy. “Ek sien mense” antwoord hy. Daarna laat die Rabbi hom in ʼn spieël kyk: “Wat sien jy?” vra hy. “Ek sien net myself” antwoord hy waarop die Rabbi sê: “Die venster en die spieël is beide van glas. Die spieël is net met ʼn laag silwer bedek. Wanneer daar silwer bykom, sien baie mense ander nie meer raak nie; net hulself!”

Toe ʼn multi-miljoenêr by geleentheid sterf, vra ʼn begrafnisganger vir een van die familielede: “Hoeveel het hy nagelaat?” Waarop die man antwoord: “Alles!” Ons neem niks na ons dood saam nie, ons laat alles na!

“Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees” (Mt.6:19-21).

Mag God ons as gelowiges leer om verantwoordelik met ons aardse besittings om te gaan want ons is slegs rentmeesters daarvan.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2088 gaste aanlyn