NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Mense is gewoonlik só op aardse oorlewing ingestel. Dikwels kwel ons ons soveel dat ons sieleheil skade ly. Ons bou aan aardse skatte en koninkryke waar daar ingebreek en gesteel word. Baie van ons pogings is net 'n gejaag na wind, met geen ewigheidswaarde nie. Maak in hierdie nuwe jaar eerder vir jou hemelse skatte bymekaar; vertrou God en Hy sal vir jou die nodige dinge hier op aarde byvoeg.

DIE LEWE IS TE KORT ... (1)

... OM VERKEERD TE KIES

Margaret Foth

Lees reeks by Die lewe is te kort...

Om op een en veertigjarige ouderdom terug te gaan universiteit toe verg moed. Stel jou voor: 'n middeljarige, gesette huisvrou tussen die slanke jeugdiges met hul tanghare en blou klinknaelbroeke. Vyftien jaar lank was ek 'n huisvrou en moeder, en ek het maar alte goed besef: die afstand tussen my en die universiteit was nie in kilometers te meet nie. My "studies" het die afgelope jare dinge ingesluit soos: hoe om etes voor te berei terwyl honger en moeë kinders om my ore neul, hoe om 'n stukkende lampkap met gom reg te maak tien minute voor die gaste opdaag, waar om skoene te kry vir kinders met smal voete ... En nou terug kampus toe?

Maar ek wou 'n graad verwerf sodat ek Engels-onderwyseres kon word. Daar was dus geen ander genade nie: ek moes terug universiteit toe. My man en my kinders het my aangemoedig.

Toe ek die eerste oggend my opwagting daar maak, het my bene behoorlik gebewe. Maar ek het my vakke gekies en sonder te veel klereskeur as student ingeskryf. Ek het selfs parkeerplek gekry -'n prestasie.

My eerste klas is gelei deur'n professor uit Indië,'n geleerde man met 'n heerlike sin vir humor (hy het in elk geval baie gelag) en 'n uitspraak wat dit moeilik gemaak het om te verstaan wat hy sê. Ek het nie die helfte gevolg van wat in sy klasse aangaan nie. Ná die derde lesing kom hy met 'n aankondiging: ons gaan toets skryf. Dit het ek maar alte goed verstaan. Ore in die nek is ek terug huis toe om te begin voorberei - ek sal 'n A moet kry om nieaf te steek by my vriende nie en om vir myself te bewys dat ek nie te oud is vir die taak wat ek vir myself gestel het nie.

Die toets was vir my 'n  krisis. Om te studeer het maar broekskeur gegaan. Van my kinders was boonop in die bed met griep en oorpyn en ek het voor my siel geweet ek kan maar van 'n A vergeet. Ek was skoon siek. Wat het my besiel om die wilde perd op te saal? Moet ek nie maar liewer nou die spul los eerder as om die vernedering van 'n mislukking in die gesig te moet kyk nie?

Die hele pad universiteit toe het hierdie gedagtes in my kop gemaal, soos 'n rot in 'n kou. Ek het my motor geparkeer en die bult na die universiteit begin uitstap - slepende voete. Maar toe bly ek staan. Dit was of 'n skêr skielik oor my malende gedagtes geflits het: "Dit is mos nie lewensnoodsaaklik dat ek 'n A móet kry nie!" Die blokke het van my voete afgeval.

Ek het die kursus voltooi - sonder om 'n A te kry - maar met 'n nuwe insig besef: ek is vry om te kies, om die keuse te maak wat goed is vir my in my situasie.

Ek kon nie my dosente verander nie. Ek kon niks daaraan verander dat ek 'n graad moet hê as ek in die onderwys wil ingaan nie. Maar ek kon wel iets aan my selfbeeld doen. Ek is vry om te kies om 'n gesonde balans te kry tussen persoonlike behoeftes en die behoeftes van ander. Om lesings by te woon is 'n noodsaaklike tree op die pad na onderwys, en onderwys sal deel word van my lewenstaak. My gesin is ook deel van my lewenstaak en ek sal voortgaan om vir hulle te sorg - of hulle nou griep het of gesond is. Hul kom eerste, maar in my lewe is daar plek vir 'n beroep,  ook waar ek 'n bydrae tot die samelewing kan maak.

Ons kan kies

Wanneer 'n mens bang is vir die pad wat voor jou lê en voor moeilike toetse te staan kom, voel jy vasgekeer, sonder uitkomkans. Jy voel daar is vir jou geen ander keuse nie.

Eendag bel 'n vriendin my. Sy moet met my praat. En by my aangekom, bars die woorde in 'n stortvloed los: "My hart is tot niet - Jan het vanoggend sy goed gevat en geloop, wat moet ek doen? Ek kan nie op my eie regkom nie ... hoe kon hy my dit aangedoen het? Hy het my die vrou gemaak wat ek is en nou kom sê hy ek is oninteressant en ek kerm om sy ore, my lewe is verby. Ek kan geen besluite neem nie, Jan was altyd die een wat dit gedoen het."

Alhoewel sy dit op daardie oomblik nie kon raaksien nie, was daar tog verskillende moontlikhede vir haar oop. Aan haar man en haar verlede kon sy niks verander nie, al wou sy ook hoe graag. Sy kon niks daaraan doen dat sy uit die huis moes trek waarvoor sy so lief was nie. Maar wat sy ook al doen, sou 'n keuse wees. Sy sal moet kies of sy in woede of bitterheid gaan bly tob en of sy gaan leer om te vergewe en haar eie vermoëns en tyd sinvol te gebruik.

Ek onthou van nog 'n keuse wat ek moes doen. Aandete in ons huis het met verloop van tyd in 'n tweestryd tussen ons en die kinders ontaard. En ons as ouers was besig om die stryd te verloor. Koskook was nog nooit my geliefkoosde werk nie - en vir geeneen van die kinders was tafeldek'n aangename onderbreking wanneer hulle hul eie dinge wou doen nie. Teen die tyd dat ons aan tafel gekom het, was ons dus almal geïrriteerd - en baie dikwels het dit op rusies uitgeloop. Eendag het ek besef ek begin etenstye vrees. "Wag 'n bietjie," het ek gedink, "daar moet tog 'n oplossing vir die probleem wees." Ek het besluit om ete in die eetkamer te bedien en nie sommer gerieflikheidshalwe in die kombuis nie. Soms sal ons selfs ons beste tafeldoek en eetgerei gebruik en by kerslig eet. Die meisies sal daarvan hou om die tafel "mooi" te laat lyk en ons maniere kan ook verander om by so 'n deftige geleentheid te pas.

En dit het gehelp. Ons gesindhede was anders en ons het positief op die aangenamer atmosfeer gereageer. Natuurlik het die nuwigheid daarvan later afgeskaaf maar tog is die ou gewoontes verbreek.

Soms kies ons sonder dat ons bewus is daarvan. Ons staan elke dag dieselfde tyd op, skakel TV op dieselfde tyd aan, koop ons kruideniersware by dieselfde winkel - sonder dat ons besef ons doen dit omdat ons so besluit het. 'n Mens kan nou nie lank oor elke besluit tob nie, maar jy kan darem so nou en dan 'n bietjie stilstaan om jouself of te vra waar jou keuses jou heen lei.

As ons daaroor begin nadink, moet ons besef dat die keuses wat ons vandag doen, eendag ons kinders en kleinkinders se lewe sal raak. Om 'n voorbeeld te noem: ek het eers na hartelus ligte aangeskakel en die warmwatersilinder so gestel soos ek wou. Noudat ek besef elektrisiteit word vervaardig deur die verbranding van onvervangbare bronne - elektrisiteitsrekening word al hoe hoër - besluit ek doelbus oor hoe ek krag meer ekonomies kan gebruik. Ek wil nie eendag 'n "uitgebrande" wêreld aan my agterkleinkinders nalaat nie.

En die belangrikste: die besluit wat ek vandag neem, vorm my en bepaal hoe ek gaan ontwikkel. Die boeke en koerante wat ek lees, of nie lees nie, beïnvloed my denke. Die hospitaalbesoeke wat ek by my vriende aflê, of nie aflê nie, bepaal my gesindheid. Die ontspanning wat ek gekies het, die gesindheid waarop ek vir die werk besluit het ... die kleinste, skynbaar onbenulligste besluit wat ek neem of keuse wat ek doen, of nie doen nie, is bepalend in en op my lewe. Ek word wat ek kies!

Riglyne

Deur die jare het ek vir my sekere riglyne opgestel wat moet help om 'n besluit te neem. Ek noem drie: 1. Wat voorsien in my behoefte?
2. Wat is tot nut vir diegene ek verantwoordelik is?
3. Wat bevorder die beginsels en waardes waaraan ek as Christen glo?

Miskien moet ek verduidelik waarom my eie behoeftes eerste genoem word. Ek besluit nie om selfsugtig te wees nie maar ek besef dit is belangrik dat daar 'n gesonde balans wees tussen my persoonlike welsyn en die eise wat ander aan my stel. Ek kan nie die verantwoordelikheid vir my welsyn op ander afskuif nie. Hier is een voorbeeld: As daar 'n ernstige voedseltekort is, help dit nie die ma ly honger ter wille van diekinders nie. As sy hulle regtig wil help, moet sy sorg dat sy so fiks en aktief moontlik bly. As sy dit nie doen nie, sal kinders beslis honger ly. Ek het ook al moeders gesien wat emosioneel of geestelik verhonger omdat hulle meen dat hulle alles vir hul gesinne moet opoffer. Hulle het maar min om op terug te val as hulle kinders hul die dag werklik nodig het.

Vroeër is vroue geleer dat hulle ander mense die besluite moet laat neem. Talle jongmeisies het uit huise gekom waar Pa altyd die beste geweet het (hy het in elk geval al die besluite geneem). Hulle begewe hulle in 'n huwelik waar die man die rol van besluitnemer voortsit. In haar "kêrel en nooi"-dae moes sy leer om te wag - vir die telefoon om te lui, vir 'n huweliksaansoek, vir iemand om haar gelukkig te maak. Ek glo ons moet persoonlik verantwoordelikheid aanvaar om toe te sien dat ons ontwikkel in die mense wat ons kan wees. Om op grond van my behoeftes besluite te neem en keuses te doen is om te erken dat God 'n doel met my as individu het en wil hê dat sy beeld in my al hoe duideliker moet word.

Ek kies ook om die mense te versorg teenoor wie ek 'n bepaalde verantwoordelikheid het - my man, my kinders, my ouers. Dit is nie 'n maklike, eenvoudige keuse nie. My ouers kan op die oomblik nog altyd onafhanklik lewe, maar ek weet binne die volgende tien jaar sal ons voor moeilike besluite te staan kom. Hulle sal versorging nodig hê. Moet ons hulle nou in 'n tehuis vir bejaardes sit, of 'n verpleegster huur, of 'n voltydse huishulp sodat hulle by ons kan kom inwoon?

Toe ek 'n kind was, het my oupa'n paar jaar by ons ingewoon. Ek onthou nog goed: hy het daar in 'n leunstoel gesit van waar hy ons kon dophou as ons buite speel. My ouers moes dikwels regter speel om te besluit tussen hul kinders of hul pa se weergawe van wat gebeur het. Die tyd het later aangebreek dat Oupa na 'n tehuis vir bejaardes moes gaan. Die skeiding het seergemaak, maar dit was 'n besluit wat die balans probeer kry het tussen oupa se behoeftes en dié van die kinders.

Ons neem elke dag besluite wat die lewe vir ons huismense òf vryer òf meer gebonde maak. As ek besluit ek gaan my kinders in hul werk aanmoedig, ek gaan belangstel in hul doen en late, ek gaan luister as hulle met my praat, ek gaan vir hulle liefde gee en hulle vermaan as dit nodig is, skep ek vir hulle die moontlikheid om gesond te ontwikkel. As ek kies om oorbeskermend teenoor hulle op te tree of hulle op 'n liefdelose manier te dissiplineer, of nie bereid is om tyd aan hulle of te staan nie, skep ek die moontlikheid dat hulle windskeef sal groei.

Die derde riglyn, naamlik om die Christelike beginsels te kies, staan nie los van die ander nie, maar vorm eintlik die grondslag vir al ons keuses. Ek glo Jesus het ons geleer “God is liefde". Daarom word mense altyd hoër geag as dinge; dit is nie ons beroep, of voorkoms of rykdom of geleerdheid wat van ons beminlike, aangename mense maak nie; ons waarde lê veel eerder daarin dat ons die moontlikheid het om die beeld van God in ons sigbaar te laat word.

Ons is so geneig om etikette om mense se nekke te hand; dié persoon behoort aan dié of daardie ras of geslag of ouderdomsgroep. En daarmee meen ons het ons het hom opgesom. So word ons blind vir die eindelose verskeidenheid wat ons lewens so heerlik kan verryk. Elke keer as ek met mense in aanraking kom, word ek voor 'n keuse gestel: Sal ek die ou gryskop ignoreer wat in 'n vergadering nog steeds sy sê wil sê ("hy weet tog nie meer waarom dit gaan nie”)? Sal ek my kinders toelaat om met kinders van 'n ander speel? Sal ek aanbied om vir die man in die rystoel die oop te hou?

Soms is 'n keuse eintlik voor-die-hand-liggend. Die grens tussen goed en kwaad lê soms duidelik afgemerk. Maar meer dikwels is die prentjie nie so helder nie. Verder kom ons voor 'n baie gewigtige besluit te staan wat tyd nodig het. In die meeste gevalle lyk die besluite egter maar baie onbenullig. Ons moet leer besef dat al die keuses wat ons doen, al ons besluite, waardebepalings weerspieël. Maak dit enige verskil as ek besluit om dié winter vir my 'n nuwe jas te koop? As ek by die ouer-onderwyservereniging aansluit? As ek besluit om werk toe te stap, of per motor te gaan, of per trein te reis? Wat is die implikasies daarvan as ek besluit om vir iemand geld te leen wat dit dringend nodig het maar dit nie sal kan terugbetaal nie? Hoe sal my besluite my lewe raak, die lewe van my huismense, of van die groter huisgesin van God, die kerk? As ons voor 'n keuse te staan kom, sal ons moet leer om onsself of te vra: Hoe kan my besluite ‘n weerspieëling wees van wat ek werklik as belangrik beskou?

Jesus het gepraat van die beloning wat húlle sal ontvang wat die hongeriges gevoed het, gevangenes besoek het, vir siekes gesorg het of 'n koppie koue water gegee het vir iemand wat dors het (Matt 25:31-46). Ons dien God in die mate dat ons besluit om onsself en wat ons het, met ander te deel. Jesus het dit bale duidelik gestel dat ons besluite wel deurslaggewende gevolge kan hê. Maar dit is ons wat moet besluit!

Die lewe is te kort... (2)

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3628 gaste aanlyn