Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God is jou geen verklaring verskuldig vir enigiets wat Hy jou vra om te doen nie. Begrip kan wag maar nie gehoorsaamheid nie. Onmiddellike gehoorsaamheid gaan jou meer van God leer as 'n hele leeftyd van Bybelstudie. Jy sal sommige bevele trouens nooit verstaan as jy hulle nie eerstens gehoorsaam nie want gehoorsaamheid sluit begrip oop.
BROKKIES UIT DIE BOEK: DARIUS PRINS – STAATSVYAND (2)
“Asseblief man! Bring ons nou by 1994 uit!”
“Ja, 27 April 1994. Die koeël is deur die kerk, wat in ‘n groot mate ‘n senior rol in die oorgang gespeel het. Wanneer ons nou terugkyk, lyk dit vir my asof ‘n klompie manne in beheer die Vrymesselaars bevele gee, wat dit aan een van hulle filiale, die Afrikaner Broederbond oorgedra het, aan die saamspelende dominees opdrag gegee het en die predikante en pastore dit aan die gemeentelede verkoop het, wat die stemme moes uitbring in die referendums.
“Hierna is stemreg aan miljoene swart en bruinmense gegee en enige swaap, behalwe die Nasionale Party en hulle aanhangers, kon sien dat die ANC aan bewind sou kom. Dit het uiteraard gebeur, met ‘n meerderheid van 62%. Die swartmense het hulle verbly in hulle ‘vryheid’ en die feit dat hulle nou aan blankes gelyk is, en mettertyd dieselfde werksgeleenthede, huise, karre en klere gaan kry. Hulle hoef nie meer ‘Baas’, ‘Miesies’, of ‘Kleinbaas’ te sê nie. Die swartmense vier fees en die blankes koop blikkieskos en ammunisie.
“Die oorgang was relatief vreedsaam en Mandela probeer oënskynlik ‘n soort reënboognasie skep, waar almal in broederlikheid en vrede saamleef om ‘n broederlike samelewing uit die verlede te skep. Onder die oppervlakte, was daar egter reeds moeilikheid aan die broei en Mandela skep bloot die grondslag vir die grootskaalse leegsuig van die hulpbronne. Smuts Ngonyama, as ek reg onthou, het gesê hulle het nie ‘gestruggle’ om arm te wees nie.
“‘n Soort regering van Nasionale Eenheid word op die been gebring, maar net soos die afgelope tyd, frustreer die ANC met hulle meerderheid die NP en kleiner partye sodanig, dat die NP uit die regering stap en met die DP die DA stig. FW het bedank, geskei en sy eks is vermoor. Pik se vrou sterf aan besering nadat sy ‘van die trappe geval het’.”
“2 Korintiërs ses vers veertien.”
“Hoe nou, Skeermes?”
“Dis in die Bybel. ‘Moenie saam met ongelowiges in dieselfde juk trek nie’. Dit gaan nie net oor die huwelik nie, maar enige verbintenis. Elke keer, in so ‘n vennootskap, sal die ongelowige die oorhand kry. Dit is waarom die Here ons waarsku.”
“Ons dwaal van die punt af, maar waarom sê jy so?”
“Want ons as Christene sal die ander wang draai, die minste wees, vrede probeer handhaaf, agteroor buig en probeer verhoudings bou, maar die ongelowige is nie aan dieselfde norms gebind nie.”
“Jy is volkome reg, Skeer. Kom ons gaan aan. Marthinus ‘Kortbroek’ van Schalkwyk neem by FW oor en hy ontbind die NP, kry ‘n sagte kussinkie as ambassadeur in Australië, as ek reg is. Die gepeupel onder die Afrikaners, dis nou ek en jy, betaal vir die gelag. Die een na die ander ‘regstellende’ wette word gepromulgeer. Cyril Ramaphosa spel duidelik uit wat hulle proses-plan is, met die vergelyking van die padda in die kookpot. Iemand het hom gevra hoe hulle van die Afrikaners ontslae gaan raak. Hoor nou wat ek sê: ‘Hoe gaan julle van die Afrikaners ontslae raak!’ Nie: ‘hoe gaan julle hulle akkommodeer nie’ of ‘saam met hulle leef nie’, nee. ‘Hoe gaan julle van hulle ontslae raak.’
“En dit is hoe? Deur meer en meer wette teen die blankes te maak, sodat ons net òf wegtrek of moed opgee?”
“Ja, aan die een kant. Aan die ander kant is terrorisme, wat in werklikheid nog voortduur vanaf die 1960’s. Moenie die stasiebom en die ander soos, by McGoos en die Wimpy’s vergeet nie. Die landmyne by Messina en natuurlik die onluste in die lokasies. Later was die teiken grootliks plaasboere, maar dit sluit nie die dorp en stadsmense uit nie. Ja, die hoeveelheid plaasmoorde in vergelyking met die algehele ernstige misdade is maar gering, maar kyk hoe gebeur dit. Dis nie veel anders as die moorde in die destydse Kenia nie, met die Mau-Maus en Kikuyu’s. Dit gaan nie, soos so baie beweer, tot ‘n einde kom wanneer die ekonomie herstel nie. Daar is te veel wreedheid, wat marteling, verkragting en langdurige seermaak insluit. Wat is die ergste wat jy ‘n man kan aandoen? Deur jou vrou en jou dogters voor jou te verkrag. So, die stadige kook van die padda aan die een kant, maar terselfdertyd die absolute toepassing van sadistiese terreur.”
“Die sagmaak of sagkook-proses, is dit uitsluitlik die raswette teen ons? Nee, dis nie al nie, maar kom ons gaan kyk wat die uitwerking daarvan is. Hierdie wette word amptelik deurgevoer as regstellende aksie, transformasie, BEE en ander, en die rede daarvoor is dat ‘equality’ nie kan plaasvind voordat daar ‘equity’ is nie. Met ander woorde om die swartman op gelyke val met die blanke te plaas, moet hy ‘n voorsprong gegee word – iets wat die blanke al vanaf die koms van Van Riebeeck gehad het. Hulle noem dit ‘redress of the past’.”
“Na jou mening, Arno, gaan dit kan gebeur?”
“Wat gebeur?”
“Dat die swartmens en blanke gelyk word.”
“Nie soos die hele saak aangepak is nie. Daar sou ‘n kans wees om die gaping te verklein indien daar behoorlike opvoeding en onderrig plaasgevind het. Een van die eerste dinge wat hulle aan die skole gedoen het, was om die onderwyskolleges te sluit en die tekort uit die voortspruitende gevolg was die tekort aan onderwysers. Hierdie tekort is aangevul deur onopgeleide mense, wat self nie matriek kon deurkom nie. Jy kan ook niks aan hierdie onderpresterende onderwysers doen nie, want dan loop jy jouself vas in die vakbond, SADTU. So, jy gaan aan met die transformasie wette totdat die agterstand van die verlede ingehaal is, maar terselfdertyd bring jy die standaard van onderrig af, en dit kan nooit gebeur nie. ‘n Verdere gevolg is natuurlik dat as jy ‘n bevolking dom maak, kan hulle nie deur jou planne sien nie.”
*
Na meer as vyftien minute is daar nog geen reaksie nie. Niemand kom uit die huis nie, nie ‘n gordyn word gelig sodat iemand skelm kan uitloer nie, ‘n hond blaf nie iewers agter ‘n toe deur of venster nie, niks.
Teleurgesteld probeer Darius ‘n alternatief soek. Miskien moet hy maar ‘n ander huis gaan soek waar mense tuis is. Mettertyd sal hy by die regte plek kom. Hy klim weer terug in die Jeep, maar voordat hy nog die kar aan die loop kan kry, kom ‘n bakkie aangery. Dis ‘n dertig-jaar oue Toyota Hi-Lux enkelkajuit 4X4. Heinie en Sannietjie hou in die straat stil. Heinie draai die kantruit af en hang half by die bakkie uit.
“Hey, Ouboet! Ek het gesê die huis wat kotter-kleur is, nie kapoen nie! Die een langsaan!”
Hy wys met ‘n dik voorvinger, gelerig gevlek van baie pakkies Gunston, Benson&Hedges en die afgelope tyd, wat ook al uit Zimbabwe gesmokkel kan word, na die tweede huis langsaan. Hy ry self daarheen en lê lank op die toeter. Na ‘n minuut gaan die deur van ‘n mooi roomkleurige huis oop en ‘n man in sy middel veertigs kom uitgestap. Hy is netjies aangetrek, met ‘n langbroek en hemp en skoon, blink kantoorskoene, asof hy op pad is werk toe. Darius verwonder hom aan Heinie se kleurkennis, maar hy is seker dat nie enige van die skakerings verf op Pantone se kleurkaart voorkom nie.
“Yes, Henk! Het jy tyd? My nuwe vriend hier – wat is jou naam nou weer, Ouboet?”
“Darius Prins.”
“Ja, dis reg. My vriend Darius wil die een en andere by jou hoor. Kan jy so maak?”
Henk huiwer ‘n oomblik en kom dan tot ‘n besluit.
“Ja, kom in.”
Heinie wys vir hom ‘n regterduim en hy loop nader om die hek oop te sluit.
“Bring jou kar in. Buitekant sal hulle sy wiele afhê, voordat jy jou oog kan knip.”
Henk is ‘n aangename man, medium lank en skraal. Hy het ‘n terughoudende houding, maar Darius hou sommer dadelik van hom.
“Mag ek my wapens saambring?”
“Jy mag. Nee, jy moet.”
“Koffie, Darius? Of moet ek vir jou ‘Oom’ sê?”
“Nee. Darius is reg. En koffie sal heerlik wees.”
Henk verdwyn in die kombuis en na ‘n paar minute kom hy uitgeloop met ‘n skinkbord waarop drie stomende bekers is, ‘n melkbeker met ‘n outydse doilie op en ‘n suikerbakkie. Aan die een kant is redelik varsgebakte skons, ‘n bakkie room en aarbeikonfyt, drie kleinbordjies, messe en teelepels. Darius voel amper asof hy weer op huisbesoek van destyds is, met die gasheer wat voorberei het vir sy koms.
“Bly jy alleen?”
“Nee, ek roep my vroutjie, Lida. Lida-lief, ons het ‘n besoeker!”
‘n Jong, aantreklike vrou, met ‘n somersrok en geborselde, lang bruin hare kom ingeloop. Sy steek ‘n slanke, netjies-versorgde hand na hom uit.
“Ek is Lida. Aangename kennis.”
Darius is vir ‘n oomblik uit die veld geslaan. Kan dit wees dat hierdie twee mense nie weet wat hier buite aangaan nie? Hoe is dit dat hulle leef asof dit in die vroeë 1990’s is en nie drie dekades later nie?
Henk sit die skinkbord op die middeltafeltjie neer.
“Help jouself, Darius.”
Nadat elkeen ‘n beker koffie geneem het en ‘n bordjie eetgoed, vat Darius ‘n happie uit die skon. Dis absoluut heerlik en onwillekeurig kyk hy na die groot bord of daar nog baie is.
Henk sien sy blik na die gestapelde skonbroodjies en glimlag.
“Ek sien jy is honger en my vrou is ‘n bo-baas kok. Jy wonder ook seker waarom ons aangetrek is en maak asof ons nog in ‘n normale samelewing tuishoort? Ja, ons weet maar terdeë wat daar buite aangaan, maar ons het besluit ons gaan ons nie laat inhok in ‘n chaotiese lewenstyl nie. Maar waarmee kan ek jou help?”
“Lang storie kort. Ek wil weet waarom die buiteland en ons regering, die blankes wil weghê. Dit gaan nie net oor die strategiese ligging van die Kaapse seeroete nie, al is dit ook ‘n faktor. Die goud en uraan is seker ook. Maar ek dink daar is iets anders.”
“Soos?”
“Een of ander metaal, element, mineraal of iets wat vir die buiteland uiters belangrik is.”
“Aah. Ek dink ek weet waarvan jy praat. Jy weet Foskor, die kernmyn van ons dorp word tans deur Chinese besit? En die ander myn deur Rusland, of te wel Russe?”
“Ek weet vaagweg so-iets.”
“En dat daar afgevaardigdes van Libië, Iran en die VSA ook ‘n jaar of drie gelede hier was. Daar was ‘n nie-amptelike, geslote vergadering en ek was self nie daar nie, maar een van my vriende, Bertie Lotz, was daar. Harde woorde het blykbaar geval en daar was dreigemente van ernstige aard. Moet ek vir hom vra om hierheen te kom? Ons is in radio-verbinding met mekaar en nog ‘n paar ander ouens.”
“Ja, as jy nie omgee nie. Asseblief.”