Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die dag as u weer kan lag sal genesing van u gees en u liggaam vinnig intree. Humor dra mense deur die woestyn van die lewe en sorg dat hulle nie ten gronde gaan van louter pyn en lyding nie.
1940: FEDERALE VOLKS- BELEGGINGS BPK (FVB) GEREGISTREER
KULTUURDAGBOEK 7 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
"'n Volk red homself" was die wekroep wat wyle Vader Kestell laat in die dertigerjare tot die Afrikaanssprekendes gerig het. Hierdie wekroep is gebore uit die nood van die Afrikaner, voorspruitende uit droogtes en die depressie-jare.
Daar is tot in daardie stadium in 'n groot mate aanvaar dat die Afrikaner nie geskik is vir die handel en nywerheid nie. Toe kom die eerste Ekonomiese Volkskongres van 1939, wat deur die FAK georganiseer is, waar die toetrede van die Afrikaner tot die handel en nywerheid bepleit is. Ingevolge 'n besluit van die kongres word Federale Volksbeleggings Beperk op 8 Julie 1940 finaal geregistreer.
KULTUUR- DAGBOEK 7 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1501: Joas da Nova, Portugese seevaarder, vind 'n skoen met briewe daarin wat 'n ander Portugese seevaarder in 1500 aan 'n melkhoutboom (later bekend as die Poskantoorboom) by Mosselbaai in die Suid-Kaap gehang het. Meer hieroor in hoofartikel.
2. 1901: Pres MT Steyn en die regering van die Republiek van die Oranje-Vrijstaat kom in Fouriesburg, die laaste hoofsetel van die Republiek, aan.
3. 1940: Federale Volksbeleggings Bpk word geregistreer. Lees daaroor in hoofartikel.
1501: OUDSTE "POSKANTOOR" IN SA
KULTUURDAGBOEK 7 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Joas da Nova was 'n Portugese seevaarder oppad na Indië toe hy op hierdie dag in 1501 briewe en dokumente in 'n skoen wat aan 'n groot melkhoutboom naby die huidige Mosselbaai gehang het, gevind het. Die briewe is deur een van die bevelvoerders van die boot van Pedro Alvares Gabral in die jaar 1500 in daardie skoen aan die historiese boom geplaas om daardeur boodskappe en inligting aan verbygaande skepe oor te dra.
Die Portugese het toe reeds om die suidpunt van Afrika geseil nadat Bartholomeu Dias en Vasco da Gama die seeweg na die Ooste vasgestel het.
Die melkhoutboom moet derhalwe as die oudste poskantoor in Suid-Afrika beskou word. Dit staan klaarblyklik vandag nog daar en is seker meer as 'n duisend jaar oud want dit was toe reeds 'n groot boom.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (18)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die kamp word te klein. Dis seker te verwagte, want al is daar geen amptelike kommunikasie meer oor nie, vertel mense vir ander, wat dit weer oor sal vertel. Net soos kos en water, is ‘n veilige skuilplek van uiterste belang en mense sal van ver af daarheen stroom. Natuurlik is daar ook ander plekke, soos dié in en naby Upington, maar nie almal kan daarheen reis nie en ook daar is die fasiliteite maar beperk.
“Dooms, ons kan nie nog meer mense huisves nie. Daar is eenvoudig nie meer plek nie, kos word te min en die jagters en boere kan nie meer byhou nie. Ons toiletgeriewe is beperk, en ons kry mense wat nie hier hoort nie en moeilikheid maak, soos met die Swardt-outjie van eergister. Ons kan eenvoudig nie almal se agtergrond nagaan nie en nie elke liegstorie klink na een nie.”
1865: PRETORIA RIFLE CORPS GESTIG
KULTUURDAGBOEK 6 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Pretoria Rifle Corps onder leiding van Stephanus Schoeman, wat met die rang van kaptein die eerste hoof daarvan was, is as 'n vrywilligerkorps gestig.
Die woord Rifle dui nie op die Engelse begrip van 'n geweer nie maar op die Westley-Richards-doppie-agterlaaier van 1858 – 'n geweer wat gou in Transvaal bekend geword het en spoedig graag gebruik is.
Die doel met die Rifle Corps was om Pretoria en omgewing en ook die staat in die algemeen te beskerm. Daarby sou die lede aan kommando's en noodlydendes voorrade help voorsien.
1976: EERSTE KONFERENSIE VIR KULTUURRADE
KULTUURDAGBOEK 6 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Hoofbestuur van die FAK besluit op 7 November 1975 dat aangesien daar 'n sterk behoefte bestaan om verteenwoordigers van kultuurrade/skakelkomitees as groep saam te trek en om kultuurrade tot groter doeltreffendheid te lei, daar van 1976 af jaarlik 'n Konferensie vir Kultuurrade ten tye van die Algemene Vergadering gehou word.
Die aanvoeling van die Hoofbestuur het geblyk korrek te wees want die belangstelling van kultuurrade het van toe af met rasse skrede van jaar tot jaar toegeneem. Benewens praktiese aangeleenthede van gemeenskaplike belang, is daar jaarliks besin oor 'n gesamentlike jaartaak, byvoorbeeld die behoefte aan Afrikaanse kleuterskole, die werkende vrou en talle volks- en sosiale aangeleenthede wat by hierdie besprekings en beplannings gebaat het.
1939: FAK KONGRES OOR CNO
KULTUURDAGBOEK 6 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Sedert die stigting van die FAK in 1929 het die vereniging hom uitdruklik uitgespreek vir moedertaalonderwys. Op 'n FAK-kongres wat in Desember 1934 plaasgevind het, het die kultuurvereniging van Hartbeesfontein 'n beskrywingspunt ingedien met die versoek dat die FAK 'n kongres oor Christelik-nasionale onderwys moet hou.
Die Afrikaanse Nasionale Kultuurraad (ANK) het op sy vergadering in 1938 in Bloemfontein besluit om in 1939 'n volkskongres oor die toekoms van die Afrikaner in die handel te hou. Een van die hooftemas sou ook oor Christelik-nasionale onderwys gaan.
DIE LEWE NA DIE DOOD (4)
Ds A.E. van den Berg
“Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie”. (Romeine 8:38,39)
Baie mense glo dat daar nie werklik 'n hel met 'n ewige vuur is nie, Hulle beskou dit bloot simbolies. Wat glo jy? Simboliek of feitlikheid? Die hel is werklik 'n poel van ewige vuur. Hoe verskriklik sal dit nie wees om getroue kerkgangers eendag in die hel te sien nie! Hoe verskriklik vir ouers om hul kinders, of vir kinders om hul ouers daar te sien nie! Ek kan my aan geen groter droefheid indink as iemand wat die hel met sy vader se gebede op sy voetstappe en sy moeder se trane die ewige verderf betree nie.
KULTUUR- DAGBOEK 6 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1.1822: Lees in hoofartikel toe Engels die enigste amptelike taal geword het.
2. 1836: Lang Hans van Rensburg (Johannes Jacobus), leier van een van die twee groepe van die Groot Trek, asook sy trekgeselskap word by die Djindispruit (Mosambiek) deur 'n impi van Manukozi oorval en vermoor.
3. 1945: Meer in hoofartikel oor die FAK se Volkskongres oor maatskaplike beleid.
1945: FAK HOU VOLKSKONGRES OOR MAATSKAPLIKE BELEID
KULTUURDAGBOEK 5 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op maatskaplike vlak was daar vir die Afrikaner ná 1929 nog baie probleme om te oorbrug. Verwarring en onvermoë op hierdie sosio-ekonomiese terrein het immers ook kultuurarmoede beteken. Daarom het die FAK dit nodig geag om 'n volkskongres daaroor te reël – met die oog daarop om 'n maatskaplike beleid vir die Afrikaner te bepspreek.
Die betrokkenheid van Suid-Afrika by die Tweede Wêreldoorlog en die gevolglike uitwerking daarvan op die volk op vele terreine het dit soveel te meer noodsaaklik gemaak.
1822: ENGELS WORD ENIGSTE AMPTELIKE TAAL
KULTUURDAGBOEK 5 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Brittanje het die Kaap in Januarie 1806 vir die tweede keer beset. In April 1814 het lord Charles Somerset goewerneur van die Kaap geword, en in Augustus 1814 is die Kaap formeel aan Engeland afgestaan.
Die Britse bewindhebbers het van meet af aan 'n verengelsingsbeleid teenoor die Afrikaners gevolg omdat hulle die Kaap 'n suiwer Britse kolonie wou maak. Daarom het Somerset sedert 1818 die tekort aan predikante in die gemeentes van die NG Kerk aangevul deur die aanstelling van predikante van die Skotse Presbiteriaanse Kerk.
Op onderwysgebied het Somerset 'n stelsel van vrye Engelse skole in die lewe geroep waar ingevoerde Engelse en Skotse onderwysers aan die Afrikaanse kind onderwys sou gee. Die uiteindelike oogmerk was die invoering van Engels as enigste amptelike taal van die Kolonie.
TRUMP VERSUS TRUMP...
...Die president wat geraas met mag verwar
Deur Laala Bechetoula
Laala Bechetoula is 'n onafhanklike Algeriese historikus.
Die geskiedenis sal Donald Trump dalk onthou vir 'n merkwaardige politieke uitvinding: 'n presidentskap wat in staat is om homself daagliks, in die openbaar en byna met trots teen te spreek.
By Trump is 'n ommeswaai nie 'n ongeluk nie. Dit is 'n metode. Teenstrydigheid is nie 'n swakheid nie. Dit is 'n wapen. Hy streef nie altyd na konsekwentheid nie; hy streef daarna om in die middelpunt van die aandag te staan.
Hy hoef nie elke oggend reg te wees nie. Hy moet net die oggend *wees*.
1845: JAN HENDRIK HOFMEYR, 'ONZE JAN...'
KULTUURDAGBOEK 4 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Hendrik Hofmeyr, (Onze Jan) is op hierdie dag in Kaasptad gebore. Hy word om gesondheidsredes deur sy grootouers grootgemaak.
Sy skoolopleiding ontvang hy in Nederlands. Op 17-jarige ouderdom neem hy die redakteurskap van 'De Volksvriend' oor en verenig dit later met De Zuid-Afrikaan onder laasgenoemde se naam.
In 1892 help hy 'Ons Land' stig. Hoewel hy nie 'n voorstander van Afrikaans was nie veg hy in sy artikels vir die kweek van kultuurtrots en patriotisme by die Afrikaners en vir die handhawing van die Hollands-Afrikaanse kultuurbande in die kerk en skool.
In 1878 stig hy 'Het Zuid-Afrikaansche Tijdschrift' om belangstelling vir die Nederlandse taal te wek.
Na sy toetrede tot die Parlement beywer hy hom vir die gelykte regte van Hollands en Engels.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (17)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Van alle lewende wesens op aarde, is die mens sekerlik die mees aanpasbare. Daar is geen klimaat op aarde, waar hy nie kan aanpas nie en waar dit té ekstreem raak, soos byvoorbeeld Antarktika, waar hy selfs tydelik kan oorleef. Daar is mense wat heel goed in tropiese oerwoude, soos die Amasone, leef en doelgerigte, gedetermineerde mense maak soms van woestyne lushowe, soos wat die Israeli’s met die Negeb doen. Vir eeue is daar Boeremense wat in die Kalahari en die Karoo hulle tuiste maak, ten spyte van die dorre klimaat. Net so sal mense in Mauritius en Mosambiek na siklone en gepaardgaande vloede herbou, sonder om handdoek in te gooi.
KULTUUR- DAGBOEK 3 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1967: Die FAK hou hulle eerste kongres oor skoolmusiek- en sang. Ná uitgebreide onderhandeling veral met die Transvaalse Onderwysdepartement en die Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste oor musiekonderrig hou die FAK deur middel van sy Musiekkomitee sy eerste Kongres oor Skoolmusiek- en sang van 3 – 5 Julie 1967 in Johannesburg. Onder groot belangstelling geniet die onderwerpe Doelstellings met Musiekbevordering; Musiekwaardering; Sang op hoërskoolvlak; Operettes, kunswedstryde en sangfeeste; en Instrumentale Musiek op skool, groot aandag. Die 2e kongres is gehou in Julie 1969 op Kroonstad, die derde in April 1972 op Stellenbosch en die vierde in April 1974 in Port Elizabeth. Hierdie kongresse het ongetwyfeld rigtinggewende invloed op Afrikaanse musiek en sang in Afrikaanse onderwysinrigtings uitgeoefen.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (16)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die grens na die Ivoorkus, in Frans die Côte d’Ivoire, was aanvanklik ‘n Franse protektoraat, later ‘n Franse kolonie en uiteindelik het hulle onafhanklikheid verkry in 1958.
Alhoewel dit deur twee intense burgeroorloë gegaan het, tot so onlangs as 2011, het dit uiteindelik gestabiliseer en is tans die land in Afrika met die hoogste groeisyfer van 7,4%. Die grootste uitvoerprodukte is koffie en kakao.
Wanneer die konvooi deur die grenspos is, wag daar ‘n klein dorpie, Dabélé, minder as twee kilometer vanaf die grens, op hulle. Dis op die oog af ‘n netjies-uitgelegde plekkie, met presies-getrekte kruis en dwarsstrate.
1909: SA AKADEMIE VIR WETENSKAP EN KUNS GESTIG
KULTUURDAGBOEK 2 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1908 is die vereniging Onze Taal in Bloemfontein gestig om te waak oor die belange van Hollands in die Vrystaat. Ds Willem Postma (dr O'kulis) het 'n leidende rol in hierdie vereniging gespeel en het dit sterk bepleit dat 'n sentrale organisasie daargestel behoort te word om samewerking tussen die twee strydende taalpartye – Hollands en Afrikaans – te bewerkstellig. 'n Taalkongres wat later tot April 1909 uitgestel is, was 'n noodsaaklikheid.
1888: OPENING VAN VOLKS- HOSPITAAL, PRETORIA
KULTUURDAGBOEK 2 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die tagtigerjare van die vorige eeu het dokters in Pretoria begin aandring op hospitaalgeriewe. In Februarie 1887 het 'n kommissie onder leiding van genl PJ Joubert met die regering oor 'n terrein onderhandel.
'n Ou huis naby die militêre kaserne in die huidige Potgieterstraat asook twaalf aangrensende erwe is afgestaan. Onder voorsitterskap van hoofregter JG Kotze is 'n permanente hospitaalkomitee in die lewe geroep.
In 1887 samel 'n aantal dames in Pretoria met 'n basaar 1 500 pond in vir die oprigting van die hospitaal. 'nTydelike hospitaal met vyftien beddens is op die aangewese terrein opgerig.
1936: DIE VADERLAND, EERSTE AFRIKAANSE DAGBLAD, VERSKYN
KULTUURDAGBOEK 2 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Vaderland verskyn op hierdie dag as die heel eerste Afrikaanse dagblad in Johannesburg. Daarmee word finaal die fondament gelê vir die verrysing van die Afrikaanse Pers in Transvaal ná al die moeisame en mislukte pogings in meer as twee dekades wat dit voorafgegaan het.
Dit het begin met Die Week op 23 Februarie 1912. Dit is opgevolg deur Het Volk, en toe Ons Vaderland, onderskeidelik 'n halfweeklikse blad, en 'n dagblad.
KULTUUR- DAGBOEK 2 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Lees in hoofartikels:
1. 1888: Opening van die Volkshospitaal in Pretoria;
2. 1901: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns word gestig;
3. 1936: Die Vaderland as eerste Afrikaanse dagblad verskyn.