Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Vasgevang in jou eie klein wêreld van nuttelose dinge? Stop dit! Net jy kan. Doen iets wat slegs tot eer van die HERE se naam strek, daar is so baie te doen; en sien hoe jou lewe betekenis en vreugde kry.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (29)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Mike Smith skryf in 2006:
Die ‘Urban Dictionary’ definieer 'n "Slow War" (stadige oorlog) as 'n oorlog wat eers sigbaar word wanneer die groter patroon mettertyd aan die lig kom. As mens die oënskynlik geïsoleerde gebeure van so 'n stadige oorlog in versnelde tyd sou kon afspeel, sou die ware aard daarvan sigbaar wees.
'n Stadige oorlog is die teenoorgestelde van 'n *Blitzkrieg*. Dit is 'n oorlog wat so stadig verloop dat 'n mens dit nouliks opmerk. Dit is 'n oorlog wat so stadig is dat diegene wat dit voer, kan ontken dat dit werklik plaasvind. Onder die "mis van oorlog" verdoesel hulle dit as "gewone misdaad". Die eindresultaat is egter dieselfde as by 'n *Blitzkrieg*: die totale vernietiging van die vyand.
1853: EERSTE ALGEMENE KERK- VERGADERING OP RUSTENBURG
KULTUURDAGBOEK 3 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag is die eerste Algemene Kerkvergadering van die onafhanklike Voortrekkerkerk op Rustenburg geopen. Hierdie vergadering met ouderling FG Wolmarans as voorsitter en ds Dirk van der Hoff as skriba, is gevorm deur al die kerkraadslede van die gemeentes Potchefstroom, Rustenburg en Soutpansberg. Lydenburg was nie teenwoordig nie. Byeengeroep deur die gesamentlike Krygsraad, moes die vergadering sy verhouding tot die NG Kerk van die Kaapkolonie bepaal. Met die koms van ds Van der Hoff na Transvaal, was dit 'n saak van dringende belang.
In Oktober 1852 het die Kaapse Sinode 'n voorstel om die Transvaalse gemeentes in sy kerklike organisasie op te neem, goedgekeur.
1881: KONVENSIE VAN PRETORIA ONDERTEKEN
KULTUURDAGBOEK 3 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Zuid-Afrikaanche Republiek is in April 1877 deur Brittanje geannekseer. Verskeie samesprekings is tussen die Boere en die Britte gehou om die saak te besleg – juis ook in Engeland, maar dit het niks opgelewer nie. Daarna het die Transvaalse Vryheidsoorlog van 1880 tot 1881, gevolg.
Hieruit het talle verdere onderhandlings gespruit wat tot die Konvensie van Pretoria in 1881 gelei het. Dit het bepaal dat van 8 Augustus af die ZAR weer in elke opsig selfbestuur sal geniet maar nie volle onafhanklikheid nie, want hy was aan die Britse soewereiniteit en sekere ander voorwaardes onderworpe.
GOD VRA BETROUBARE LEIERS
Het die kerk 'n sê oor politiek of moet sy haar liefs daar uithou? Die algemene gevoel by die meeste mense is dat sy haar uit die politiek moet hou. Dis die verkeerde ding om te doen; die kerk is dan God se spreekbuis! Is daar dan iewers ʼn lewensterrein waar God niks te sê het nie? Swyg die Bybel miskien oor politieke sake? Allermins! Die Bybel praat verrassend baie oor politiek en gee ook baie duidelike aanwysings oor hoe dit gedoen moet word. Die Bybel slaan geen lewensterrein oor nie, ook nie die politiek nie.
KULTUUR- DAGBOEK 2 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
1889: Lees in hoofartikel van die legendariese Ivan Lombard, onder andere eerste hoofsekretaris van die FAK toe hy reeds dieselfde pos in die Afrikaner-Broederbond beklee het (in die tyd toe die Broederbond nog werklik vir Afrikanerskap gestaan het).
FAUCI IN HOOGGEREGSHOF OOR COVIDBEDROG
https://www.youtube.com/watch?v=qANchcyF45w
Sien hierdie video om te verstaan waarvoor Covid ontwerp en uitgevoer is. Fauci is natuurlik nie die enigste rolspeler hierin nie - indien u meer oor die hele sage te wete wil kom, kliek "DIE VIRUS-KABAAL" links bo op Gelofteland vir talle artikels wat destyds die waarheid ontbloot het.
VADER VAN DIE NUWE WÊRELDORDE...
...en die 'noodsaak' van die Covid-pandemie 6 jr gelede
Indien u gereeld hier op Gelofteland lees weet u teen hierdie tyd baie van die Nuwe Wêreldorde wat met ‘n eenwêreldregering die hele wêreld wil regeer om die weg vir die koms van die antichris te baan.
Die NWO se planne is gebaseer op tegnokrasie, dit wil sê, “The Great Reset” en die “Vierde Industriële Revolusie”. Tegnokrasie is die spreekwoordelike bedryfstelsel vir die "superklas", 'n gesentraliseerde globale elite wat daaraan werk om die eksklusiewe eienaarskap van al die bates ter wêreld te verseker, en die res van ons tot skuldige slawe te reduseer.
Die NWO spoor terug na Cecil John Rhodes, 'n Britse sakeman en stigter van De Beers Consolidated Mining. By sy dood in 1902 het hy 'n enorme fortuin nagelaat vir die skepping van 'n aantal openbare stigtings, 'n geheime vereniging en 'n nuwe wêreldregering gebaseer op die Britse ryk. Hierdie NWO – omlyn in Rhodes se 1877-manifes, "Belydenis van Geloof" – sou wees: “... vanuit sy middelpunt regeer deur ’n Anglo-Amerikaanse elite wat hul beheer sou uitoefen deur heimlik saam te werk met die wêreld se politieke, ekonomiese, wetenskaplike en kulturele leiers”.
KULTUUR- DAGBOEK 1 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1859: Oos-Londen in die Kaap word op hierdie dag as die hawe van Brits-Kaffraria verklaar.
2. 1931: Lees in hoofartikel oor die eerste uitgawe van Die Handhawer, tweeweeklikse blad van Die Handhawersbond, 'n Afrikanerorganisasie vir Afrikaner-volksvereniging.
3. 1936: Lees in hoofartikel oor die Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) wat op hierdie dag by wyse van die Uitsaaiwet (Wet 22 van 1936) ingestel word. Dit het beslag gegee aan die instelling van die SAUK se televisiediens in Mei 1975.
4. 1959: Die Nasionale Bouvereniging, die tweede Afrikaanse bouvereniging, was die resultaat van Volkskas en Sanlam om die Afrikaner se aandeel ook op ekonomiese gebied te versterk. Op 1 April 1970 het dit met Saambou (Permanente) Bouvereniging ge-amalgeer om Saambou-Nasionale Bouvereniging te vorm, 'n Afrikaanse vereniging wat in 1979 meer as 550 takkantore en agentskappe gehad het.
1936: SAUK KOM TOT STAND
KULTUURDAGBOEK 1 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die SAUK het tot stand gekom met die aanvaarding van die Uitsaaiwet (Wet 22 van 1936) op 1 Augustus 1936. Volgens die oorspronklike bewoording van die wet was die oogmerke van die Korporasie:
"a. om 'n uitsaaidiens binne die Unie voort te sit; en
b. om, onderhewig aan die goedkeuring van die Goewerneur-generaal, 'n televisiediens binne die Unie voort te sit, sowel as enige onderneming wat ondergeskik is aan die bedoelde uitsaai- of televisiediens."
Voorts is bepaal:
1931: DIE HANDHAWER VERSKYN
KULTUURDAGBOEK 1 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Handhawersbond is in 1929 in Johannesburg met die leuse "Opsaal" gestig en was op die patroon van die kommandostelsel georganiseer.
Vanaf 1 Augustus 1931 het die afdeling Rand-Sentraal van die Bond 'n eie tweeweeklikse blad, Die Handhawer, gepubliseer. Die doelstellings van die Handhawersbond was om deur georganiseerde optrede "die Hollands-Afrikaanssprekende Afrikaner op te wek tot sterker self- en volksbewussyn; die gees van oppervlakkigheid ten opsigte van staatkundige en kultuurvraagstukke te bestry; besieling op te wek in belang van die handhawing van die Afrikaner-eiegoed;
1885: DS ML DE VILLIERS, KOMPONIS VAN DIE STEM VAN SA
KULTUURDAGBOEK 31 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Marthinus Lourens de Villiers is op hierdie dag in die Paarl gebore. Hy was die oudste seun van Dirk de Villiers, wat self 45 jaar lank orrelis op Wellington was en saam met sy vrou Tina, aan die hoof van hulle eie Musiekinstituut gestaan het.
Marthinus het min formele onderrig van sy ouers ontvang maar het gou in 'n bruikbare pianis, violis, orrelis en klarinetspeler ontwikkel.
Na matriek studeer hy drie jaar lank aan die Hugenote Kollege in Wellington, en behaal die BA-graad in 1904, 'n jaar na die eerste publikasie van een van sy komposisies: ' 'n Mars vir klavier'.
Van 1905 tot 1907 gee hy onderwys op Wepener, waar hy die spil word waarom die dorp se musieklewe draai – hy stig 'n blaasorkes, gee les in verskeie musiekinstrumente, word orrelis van die NG Gemeente en bring 'n kerkkoor op die been vir wie hy koorstukke komponeer.
ONS HET GESONDIG
As daar tans 'n gedeelte in die Bybel is wat volkome op ons Afrikanervolk van toepassing is, is dit hierdie gedeelte uit II KRONIEKE 6:36-39 AFR53:
"As hulle teen U sondig — want daar is geen mens wat nie sondig nie — en U op hulle toornig is en hulle aan 'n vyand oorgee en hulle veroweraars hulle as gevangenes wegvoer na 'n land, ver of naby, en hulle dit ter harte neem in die land waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, en hulle hul bekeer en U smeek in die land van hulle gevangenskap en sê: Ons het gesondig, ons het verkeerd gehandel, en ons was goddeloos — en hulle hul tot U bekeer met hul hele hart en met hul hele siel in die land van hul gevangenskap, van die wat hulle weggevoer het, en hulle bid in die rigting van hulle land wat U aan hulle vaders gegee het, en van die stad wat U verkies het, en van die huis wat ek vir u Naam gebou het, wil dan uit die hemel, uit u vaste woonplek, hulle gebed en hulle smekinge hoor en aan hulle hul reg verskaf en u volk vergewe wat hulle teen U gesondig het."
Almagtige liefdevolle Vader in die hemel, vergewe asseblief ons volk vir al die afdwalinge, bring ons asseblief in opregte berou op ons knieë voor U, en kom reinig ons land van al die afgode en dwaalleringe sodat ons weer die volk vir U sal wees wat U wou hê. O Heer, verlos Suid-Afrika van die sataniese tirannie wat tans oor die hele wêreld spoel en kom regeer asseblief self hier sodat ons nooit weer hierdie pad hoef te stap nie en Suid-Afrika 'n veilige toevlugsoord vir al u kinders oor die wêreld sal wees. U alleen kan hierdie wonderwerk verrig. Dankie Vader dat U ons eerste liefgehad het en steeds liefhet; ons glo in U en u almag.
Amen.
1903: AFRIKAANS-NEDERLANDSE LITERATUUR AGV OORLOG 1899-1902
KULTUURDAGBOEK 30 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ditt is besonder opmerklik hoeveel literatuur in Afrikaans-Nederlands kort na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog verskyn het. Terwyl sommige boeke hoofsaaklik die klem op die gebeure van die oorlog laat val het, het andere weer die leiers van die oorlog beskryf. 'n Derde groep skrywers het weer die wyse waarop die oorlog die menslike lewe ontwrig het, aangetoon.
In De Zuid-Afrikaan van 30 Julie 1903 verskyn 'n aankondiging van boeke wat verteenwoordigend is van wat in die Afrikaans-Nederlands in daardie tyd verskyn het.
GAAN IN HIERDIE KRAG VAN JOU
Hannes Ollewagen
Rigt. 6:1-40
“Toe draai die HERE na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie? Maar hy vra Hom: Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie. Toe sê die HERE vir hom: Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan.” (:14-16).
Is dit nie Ek wat jou stuur nie? Hierdie is die krag waarin Gídeon sy volk moet gaan verlos – die krag van die Een wat Hom stuur. Hy hoef nie, tewens, hy moenie op sy eie krag of vermoë steun nie. Hy moet gehoorsaam aan God en in geloof in sy getrouheid, bystand, krag en leiding God se opdrag uitvoer. Hy moet die instrument wees waardeur God se krag kan werk – hy is nie die krag wat God nodig het om sy doel te bereik nie.
1845: OHRIGSTAD AANGELÊ
KULTUURDAGBOEK 29 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Toe Natal op 12 Mei 1843 deur Brittanje geannekseer is, was nie alleen die gebied vir die Trekkers verlore nie maar ook die seehawe en die moontlikheid om 'n geestelike en handelsverbinding met Holland aan te knoop.
Vir Andries Hendrik Potgieter was dit genoegsame motivering om in die rigting van Oos-Transvaal te trek, hoewel daardie streek ongesond en nie so geskik was vir boerdery as die omstreke van Potchefstroom nie. Maar daar sou hy immers buite die grense van die Britse invloedsfeer leef en in staat wees om lewensnoodsaaklike kontak met die Portugese hawens te maak.
KULTUUR- DAGBOEK 29 JULIE
> >>
1. 1845: Lees in hoofartikel oor die aanlê van Ohrigstad. > >U kan ook heelwat meer te wete kom hieroor in die reeks Voortrekker-pioniers >
2. 1869: Die verdrag wat die grens tussen Transvaal en Mosambiek vasstel het uiteindelik na onderhandeling van etlike jare tussen Portugal en die Zuid-Afrikaansche Republliek op 29 Julie 1869 tot stand gekom. In hoofsaak was dit die erkenning van die kant van Transvaal van Delagoabaai as Portugese gebied in ruil vir handelskonsessies van Portugese kant.
U kan heelwat meer te wete kom hieroor in die reeks Voortrekker-pioniers
>>ONS SAL HERSTEL!
KRAGTIGE DENKE, GROOT DADE EN DIEPE GELOOF
Ps.68 staan daar geskrywe: In God sal ons kragtige dade doen en Hyself sal ons vyande vertrap.
Frikkie Strauss
Baie van die ja-stemmers van 1992 sal vandag sekerlik wens dat hulle die horlosie kon terugdraai na 17 Maart 1992. Dis egter nie moontlik nie. Ons moet nou vorentoe beweeg. In die proses is daar 'n aantal werklikhede wat ons in die oë moet kyk.
Die belangrikste daarvan is dat daar vir ons en ons kinders geen toekoms is binne die politieke bedeling wat in Maart 1992 geskep is nie. Enige pogings om ons lewens en ons belange binne hierdie bedeling te beskerm kan net van korte duur en weinig waarde wees. Ons moet onsself daaruit ontworstel en weer ‘n vrye volk in ons eie land onder ons eie regering word. Dit sal kragtige denke, groot dade en diepe geloof verg.
1902: DR JAN BOUWS
KULTUURDAGBOEK 28 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Bouws, Nederlands-Afrikaanse musiekwetenskaplike, musiekpedagoog, skrywer en komponis (onder andere 'Op my ou ramkietjie') is op hierdie dag in Purmerend, Nederland gebore. Na opleiding as onderwyser en gedurende sy lang onderwysloopbaan studeer hy in Amsterdam musiekwetenskap onder proff. Bernet Kempers, Smits van Waesberghe en andere, en begin vroeg reeds intens belangstel in die Afrikaner en veral sy musiekkultuur.
In 1946 verskyn in Brugge uit sy pen in Afrikaans, die eerste en tot nog toe enigste poging tot 'n omvattende musiekgeskiedenis van Suid-Afrika 'Musiek in Suid-Afrika'. Die huis van Jan en Juliana Bouws in Amsterdam was 'n toevlug en tuiste vir baie Afrikaanse studente in Nederland.
MANNE EN VROUE WIE SE HARTE...
...in die bloed van Jesus gewas is
"Mense wat hul as leiers voorgedoen het, het ons of verraai of hakskene gewys toe die poppe begin dans. Ons het ʼn bitter slegte ding oorgekom! Maar laat ons eerlik wees - ons het ʼn belangrike les geleer: Moet op prinse nie vertrou nie! Ons het geglo dat mense - politici en kerkleiers - ons uit die penarie sou red. Toe gebeur die teenoorgestelde. En dit het ons vryheid gekos."
“En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here: hulle het die Baäls gedien en die Here, die God van hulle vaders, verlaat… Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak, verwek die Here rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers” - Rig. 2:10,15,16
God gebruik soms onwaardige mense as kragtige instrumente in sy diens. Ja, Hy slaan reguit houe met krom stokke, soos in die tyd van die Rigters gebeur het. Ná die dood van Josua het Israel onverskillig teenoor hul verlede geword en geestelik verval. Op daardie stadium was al die mense wat saam met Moses uit Egipte getrek het, feitlik almal dood. Die wonder van God se ingryping, die volksbevryding en die gedagtes aan die grootse belewenis met God in die woestyn, het so goed as verdwyn!
1904: SA LANDBOU-UNIE
KULTUURDAGBOEK 27 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Suid-Afrikaanse Landbou-unie, ofte wel die Interkoloniale Landbou-unie van Suid-Afrika soos dit destyds geheet het, en waaroor ons ook gister berig het aangesien die stigting or die dae 25-29 Julie gestrek het, is tydens 'n konferensie in Pretoria gestig. Die besluit om 'n sentrale Suid-Afrikaanse Landbou-unie te stig wat verteenwoordigend van alle landbou-organisasies dwarsoor Suid-Afrika sou wees, sowel as 'n besluit in verband met die verteenwoordiging wat die verskillende destydse kolonies in die nasionale organisasie sou hê, is op 26 Julie geneem.
Die volgende oggend is die reëls vir die fuksionering van die organisasie oorweeg en goedgekeur, sodat die Suid-Afrikaanse Landbou-unie formeel op 27 Julie 1904 tot stand gekom het.