Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Soos wat jy tot jou eie verbasing pêrels mag vind tussen die afgesakte plankton op die seebodem, so vind jy soms kosbare vertroosting deur gebed tussen al die swart slyk van lewensprobleme wat jou dikwels wil versmoor.
KULTUUR- DAGBOEK 16 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1982: Pres CR Swart het as vyfjarige tydens die Tweede Vryheidsoorlog die smarte van die konsentrasiekamp in Winburg beleef. Later het hy as advokaat in die Bloemfonteinse Hooggeregshof (1919-1948) opgetree. Hy was ook 'n joernalis en as politikus het hy die eerste staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika geword (1961-1968). Hy was ook lid van die stigtingskomitee van die FAK, erelid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, kansellier van die Universiteit van die OVS en kinderverhaalskrywer. Die hoërskool, Staatspresident CR Swart in Pretoria, is na hom vernoem en hy het daarom talle kere vir die kinders gaan "kuier" wanneer die leerlinge dan sommer 'n hele klompie vakperiodes oorgeslaan het, almal na die saal gegaan het en vasgenael gesit en luister het na sy baie interessante vertellinge.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (22)
Die dorp is in ‘n hele paar dele verdeel, nog lank voordat die aanval plaasgevind het. Omdat die meeste mense die ou Transvaalse Oos-Rand geken het, is dit volgens daardie omgewing se name ingedeel. Vanaf die groot sirkel aan die suidekant, oos en wes, is bekend as Withok. Net noord daarvan aan die oostekant, is Springs, wes is Boksburg in die industrieë, die industriële gebied aan die westekant is Germiston, die middedorp Kempton, oos van die N1 Benoni, tot by die Levubupad en die laaste gedeelte, ook waar die kamp is, Bapsfontein. Die roepseine is Whiskey Een, Sierra Een, Bravo Twee en Drie (dis effens verwarrend) en so aan.
Jac, ‘n ou eks-sammajoor van die lugmag, tree die manne en vroue aan. Nicodemus wag dat almal op parade is en sien dan iets vreemd.
“Martie, wat maak jy hier?”
Martie, die kostannie, het haar voorskoot verruil vir bosdrag en sy het ‘n ou, maar oënskynlik diensbare .303 oor haar regterskouer en ‘n R5 in haar hande. Sy lyk vasberade en doelgerig.
1932: HULDEBLYK AAN CJ LANGENHOVEN
KULTUURDAGBOEK 15 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hierdie dag, 15 Julie, was in 1932 'n Vrydag, toe Langenhoven die oggend, drie weke voor sy 59e verjaardag, oorlede is in sy kamer in Arbeidsgenot, sy woning in Oudtshoorn. Hierdie woning is deur mev Langenhoven in haar testament beskikbaar gestel as 'Volkshuis' en is vir openbare besoek oopgestel sedert 21 April 1955 tydens 'n formele geleentheid deur Sy Eksellensie dr EG Jansen, destydse Goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika.
Cornelis Jakob (Zetuin) Langenhoven is op die middernag van 12-13 Augustus 1873 gebore in Hoeko, Ladismith, Kaap. 'n Paar dae na sy geboorte is sy moeder oorlede. Sy vader se broer was getroud met sy moeder se suster; hulle het hom aangeneem en as hulle eie kind grootgemaak. Vir sy eie vader het hy gesê "Anderpa"; sy oom en tante was "Pappie" en "Mammie".
1914: VERSKYNING VAN 'ONS MOEDERTAAL'
KULTUURDAGBOEK 15 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
'Ons Moedertaal' was 'n suiwer Afrikaanse maandblad wat die Stellenbosch se tak van die Afrikaanse Taalvereniging (ATV) gepubliseer het.
Jong geleerdes, soos dr BB Keet, dr Tobie Muller en prof JJ Smith, het dit gebruik om die Afrikaanste taal en kultuur te bevorder, soos om te pleit vir 'n Afrikaanse Bybelvertaling en die erkenning van Afrikaans naas Nederlands as amptelike taal.
In Mei 1916 verenig 'Ons Moedertaal' met 'De Huisgenoot'.
Later word dit 'Die Huisgenoot', 'n weekblad wat vandag nog gelees word. Ongelukkig het dit reeds vanaf die negentigerjare 'n tydskrif geword wat nie meer die Afrikanervolk se belange dien nie maar die kommunistiese regime net so terwille is as wat die meeste dagblaaie en weekblaaie in daardie tyd geword het.
1867: ONTRUIMING VAN SCHOEMANSDAL
KULTUURDAGBOEK 15 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Schoemansdal was die noordlikste dorpie in die ou ZAR, geleë langs die Soutpansberge, ongeveer 15 km wes van die teenswoordige Louis Trichardt. Dit is in 1848 deur kommandant AH Potgieter aangelê, wat ook daar oorlede en begrawe is.
Die dorp wat in 1855 reeds deur byna 2 000 blanke inwoners in 278 huise bewoon is, het ook 'n kerkgebou, 'n skool en 'n pastorie gehad.
Schoemansdal, so in 1855 genoem na kmdt.-genl. S Schoeman, het spoedig 'n welvarende sentrum geword vanweë die ivoorhandel en die handelsverbinding wat deur Joao Albasini met Mosambiek onderhou is.
WAAR IS JULLE GELOOF?
Hannes Ollewagen
Luk. 8:22-25
“En hulle het na Hom gegaan en Hom wakker gemaak en gesê: Meester, Meester, ons vergaan! Hy staan toe op en bestraf die wind en die watergolwe, en hulle het bedaar en daar het ’n stilte gekom. En Hy sê vir hulle: Waar is julle geloof? Maar hulle was bang en verwonderd en het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat Hy selfs die winde en die water gebied en hulle Hom gehoorsaam is!” (:24&25).
Die uitroep van Jesus se dissipels: “Meester, ons vergaan!”. Dit is soos ’n verklaring, asof ’n uitgemaakte saak. Daar is geen waarskynlikheid tot die teendeel of enige verdere hoop nie. Die aankondiging – ons vergaan. En dan is dit Jesus se reaksie wat ’n verontwaardiging aandui: “Waar is julle geloof?” Julle besluit sondermeer, sonder om My eers om hulp te vra, dat die onheil vas en seker is. Glo julle dan nie dat Ek julle kan help nie? Julle tree so op asof Ek nie in jul midde is nie?
KULTUUR- DAGBOEK 14 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1893: Lees in hoofartikel oor Adv JG Strijdom;
2. 1904: Pres Stephanus Johannes Paulus Kruger, krygsman, staatsman, volksleier en laaste staatspresident (1883 – 1902) van die Zuid-Afrikaansche Republiek, is op hierdie dag in Clarens in Switserland oorlede. Twee weke voor sy dood skryf hy: "Gebore onder de Engelsche vlag, wens ik niet daaronder te sterven". Hy is op 16 Desember 1904 in die Heldeakker in Pretoria te ruste gelê.
3. 1888: Pres Jan Brand (Johannes Henricus), advokaat, professor in die Regte by die Suid-Afrikaanse Kollege, en vyf maal herkose vierde staatspresident (1863 – 1888) van die Oranje- Vrijstaat, is op hierdie dag oorlede. Uit sy huwelik met Johanna Sibella Zastron is agt seuns en drie dogters gebore.
4. 1934: Dr PG du Plessis, (Pieter Georg), dosent, lektor in Afrikaans en Nederlands (Universiteit Witwatersrand), redakteur (Standpunt, Die Transvaler, Hoofstad), skrywer, draaiboekskrywer, dramaturg en bekende TV-persoonlikheid, is op hierdie dag op Boshof in die Vrystaat gebore. Hy is twee maal met die Hertzogprys bekroon vir sy eerste twee dramas, Die nag van Legio, en Siener in die Suburbs.
1893: ADV JG STRYDOM
KULTUURDAGBOEK 14 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die datum 14 Julie is in die geskiedenis van Suid-Afrika van diep insnydende betekenis. Op 14 Julie 1888 is pres Jan Brand van die Vrystaatse republiek oorlede. Op 14 Julie 1904 is pres Paul Kruger van die Transvaalse republiek oorlede as balling in Switersland toe dit gelyk het of daar vir die Afrikanervolk geen toekoms meer is nie. In daardie stadium was daar in die Klein-Karoo egter reeds 'n jong seun wat voortbestem was om een van die vernaamste politieke leiers van die Afrikaanse volk te word.
Hy was Johannes Gerhardus Strijdom, gebore in hierdie dag op Klipfontein in die distrik Willowmore. Hy het reeds op die laerskool geopenbaar dat hy met groot talente geseën is, en daarom het sy ouers hom na die hoërskool op Franschoek gestuur waar hy gematrikuleer het. Van daar is hy na die Victoria-kollege in Stellenbosch waar hy die BA-graad behaal het.
KULTUUR- DAGBOEK 13 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1974: Die Britse Setlaarsfamiliegroep-monument is in 1969 geskep deur die beeldhouer Ivan M Barberton, en maak deel uit van die sg 'lewendige monument' in Grahamstad wat op hierdie dag in 1974 ingewy is. Die standbeeld herdenk die 3 500 Britte wat hulle in Maart 1830 en Mei 1821 hier kom vestig het asook die ongeveer 2 000 wat daarna gevolg het. Setlaars met vanne soos o.a. Collins, Jackson, Brown, Morris, Austin, White, Duncan, Green, Wright en Smith het hul hoofsaaklik in die Oos-Kaapse omgewings van Bathurst, Port Elizabeth, Somerset, Cathcart, Cradock, Alice, Caledon en George gevestig.
LEWE NA DIE DOOD (5)
Ds A.E. van den Berg
“Kyk,die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God” (Open.21:3).
Jare gelede was 'n padkaart noodsaaklik om 'n onbekende bestemming te bereik. Vandag word 'n GPS daarvoor gebruik en waarsku selfs teen verkeerde paaie. Die Bybel is God se GPS. Dit dui nie net vir mense die pad na die ewige geluksaligheid aan nie, maar waarsku ook teen verkeerde paaie in die lewe, en daar is baie. Salomo skryf: “Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.. Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby” (Spreuke.4:14.15).
Wie by God se GPS hou, se reis eindig nie na die dood nie maar gaan verby tot by die Nuwe Jerusalem. Dis egter nie 'n maklike reis nie. Ons is en bly sondaars en is so geneig om verkeerde paaie te neem. Sekere paaie lyk soms goed maar laat mense die pad na die Nuwe Jerusalem byster raak. Salomo sê: “Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood” (Spreuke 14:12).
1979: FAK HALFEEUFEES- KONGRES
KULTUURDAGBOEK 12 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Tussen 10 en 12 Julie het die FAK sy vyftigjarige bestaan luisterryk in Bloemfontein herdenk. Vroeër en later in die jaar is natuurlik ook allerlei ander programme en publikasies as deel van die halfeeufeesverrigtinge aangebied. So was daar 'n sakeleiersdinee en landwyd is plaaslike verjaardagfeeste van uiteenlopende inslag gereël.
'n Gedenkuitgawe van Handhaaf, 'n nuwe FAK-Sangbundel, en 'n geskiedeniswerk met die titel Vyftig Jaar Volksdiens, is gepubliseer.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (21)
Nadat Sudan in ‘n onverklaarde burgeroorlog homself begewe het, is daar binne drie dae geen kos of water in die hoofstad, Khartoum, nie. Oraloor klap skote en selfs grofgeskut ruk die geboue. Honderde rebelle, regeringsoldate en burgerlikes is reeds dood en gewond. Duisende mense stroom uit na ander stede, op soek na ‘n heenkome. Dit is ‘n redelike algemene gesig in post-koloniale Afrika.
Enige redelike mens kan die tendense dophou, analiseer en tot ‘n gevolgtrekking kom: nadat die kolonialiste, hetsy Franse, Duitsers, Portugese of Engelse vertrek, is daar ‘n kort en gewoonlik bondige en gelokaliseerde grype na die magsvakuum wat hulle gelaat het. Die daaropvolgende vrede is geforseer en word gefinansier deur die eks-koloniale lande, oënskynlik totdat die naturelle die land kan normaliseer en produktief bestuur. Laasgenoemde gebeur egter nooit, nie in een enkele geval nie. Selfs in lande soos Angola, Nambië, Swaziland, Lesotho en Botswana sal hongersnood gedy as die buiteland nie hulp voorsien nie.
1917: KONGRES VAN HELPMEKAAR OP MIDDELBURG, KAAP
KULTUURDAGBOEK 11 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ná die Rebellie van 1914 moes die rebellieskuld en –boetes, wat in Transvaal en veral in die Vrystaat enorme bedrae beloop het, terugbetaal word. Aanvanklik het elke kommando sy eie skuld probeer betaal maar selfs ná duisende onselfsugtige bydraes was die skuld nog meer as honderd duisend pond. By 'n bespreking tussen JH van Barneveld, dr DF Malan en adv HS van Zijl is daar besef dat 'n groot poging aangewend moet word om die agterstallige bedrae te verhaal.
Die Helpmekaarvereniging, wat gestig is om rebelleskuld te help vereffen, het hierin 'n groot rol gespeel. Op 11 en 12 Julie 1917 is 'n Helpmekaarkongres op Middelburg in die Kaap onder voorsitterskap van adv HS van Zijl gehou, waarop die toenmalige stand van geldsake blootgelê is.
Die feite was skokkend. Al die geld wat reeds in Kaapland ingesamel is was nie eers genoeg om die rente op die verskuldigde bedrae te betaal nie.
KULTUUR- DAGBOEK 11 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1899: Die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek neem die besluit dat immigrante ná sewe jaar stemgeregtig is.
2. 1900: De la Rey en sy burgers verslaan op hierdie dag die Britse magte by Die Slag van Silkaatsnek naby Hartebeespoort en Brits.
3. 1901: Die regering van die OVS wyk uit na Reitz in die Vrystaat waar die Britse magte onder bevel van genl Broadbent hul in die vroeë oggendure van hierdie nag in 1901 verras en gevangeneem. Pres Steyn slaag daarin om met behulp van sy agterryer, Ruiter, te ontsnap.
4. 1917: Lees in hoofartikel oor die Kongres van die Helpmekaar op Middelburg in die Kaap.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (20)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Juan Mentz sit vir meer as ‘n halfuur en dink. Wanneer hy dit doen, word sy kop seer en hy moet konsentreer om te ontspan, wat ook maak dat hy hoofpyn kry. Hy kyk na die geweer en die pistool, asof die goed vir hom vreemdelinge is. Stadig kyk hy na sy omgewing en probeer dink waar hy is en wat maak hy daar.
As hy aan sy kop vat, is daar ‘n bloederige seerplek. Waar kom dit vandaan? Dis asof iets vaagweg by hom registreer oor mense wat kwaad is, maar hy kan die gedagte nie heeltemal vasvat nie.
‘n Ent van hom af is die uitgebrande wrak van ‘n bakkie. Daar langsaan lê ‘n spieël wat gebreek is, maar steeds ‘n heel genoeg stuk het wat hy kan gebruik om die wond teen sy kop te kan sien.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (19)
“Dis iets soos ‘n kombinasie van Ebola, Marburg en Slenkdalkoors, gemeng met Miltsiekte - Antraks. En dis geneties gemanipuleerd om net sekere rasse te teiken.”
*
Deur die eeue het tallose manne en vroue so gelê, gestaan of gesit en wag.
Onwillekeurig het die meeste van hulle – dié wat nugterdenkend en helder van verstand is – min of meer dieselfde gedagtes gekoeser. Is hierdie die laaste geveg, of is dit een van nog baie wat gaan volg? Gaan ek en my makkers, familie, vriende ongeskonde hieruit kom? Hoe groot is die vyand werklik, is die noodlot aan hulle kant, of ons s’n? Was daar nie ‘n manier om hierdie te voorkom nie? Kan ons nie dit keer nie?
Nicodemus druk die R1 se veiligheidsknip versigtig oor na “R” met sy regterduim. Hoeveel maal het hy dit nie presies so gedoen hierdie afgelope jare nie? Hy maak homself weereens so gemaklik moontlik agter die ou geweer, in ag genome die ongelyktheid van die veld, die klippe en graspolle; elmboë stewig in ‘n driehoek onder die wapen, bene wyd, effens na links, tone kante toe, om ‘n sterk fondasie te skep.
1509: JOHANNES CALVYN
KULTUURDAGBOEK 10 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jean Cauvin, of dan Johannes Calvyn, is op hierdie dag in Noyon in Frankryk gebore. Hy studeer vanaf 1525 teologie in Parys, maar word in 1528 regstudent in Orleans en later in Bourges waar hy onder invloed van die Protestantisme en Franse Humanisme kom.
In 1533 word hy Protestants merendeels deur die lees van Luther se werk. Hy sien hierna sy roeping om die kerk te hervorm na die suiwer Bybelse model.
KULTUUR- DAGBOEK 10 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1509: Lees in hoofartikels oor Johannes Calvyn en meer oor Calvinisme.
2. 1797: Piet Uys (Petrus Lafras) is op hierdie dag op die plaas Potteberg, distrik Swellendam in die Wes-Kaap gebore. Hy en sy seun Dirkie, het saam in 1838 aan die hand van Zoeloes by die Slag van Italeni in Natal gesneuwel.
KULTUUR- DAGBOEK 9 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1856: Die Voortrekkerrepubliek Natalia word op hierdie dag tot 'n Britse kroonkolonie verklaar en kry 'n parlement.
2. 1915: Lees in hoofartikel oor die Duitse magte op Khorab wat hulself in Duits-Suidwes-Afrika oorgegee het aan die Suid-Afrikaanse magte onder bevel van genl Louis Botha tydens die Eerste Wêreldoorlog.
3. 1991: Suid-Afrika word op hierdie dag tot die Olimpiese beweging hertoegelaat. Dit kom ná 30 jaar van sport-isolasie as gevolg van die Suid-Afrikaanse apartheidsbeleid – ons was toé reeds, nog drie jaar vóór die ANC as terroristiese regime die land heeltemal oorgeneem het, so diep verraai en oorgelewer...
1915: OORGAWE VAN KOL VON FRANKE IN DUITS-SUIDWES- AFRIKA
KULTUURDAGBOEK 9 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Nadat Groot-Brittanje in 1914 oorlog teen Duitsland verklaar het, is die Unie van Suid-Afrika direk by die Eerste Wêreldoorlog betrek. Dit was die Unie-verdedigingsmag se taak om Duits-Suidwes-Afrika aan te val. Vier invalsmagte sou die inval onderneem: 'n suidelike mag onder kol JL van Deventer om Keetmanshoop te beset, 'n sentrale mag onder brig-genl Duncan McKenzie, wat van Lüderitzbucht na Aus en ooswaarts sou trek; 'n oostelike mag onder kol CAL Berrangé, wat van Kuruman na Keetmanshoop sou opruk, en 'n noordelike mag onder bevel van genl Louis Botha, wat van Swakopmund na Windhoek sou beweeg.
Windhoek vál op 12 Mei 1915, en die Duitse bevelvoerder, lt-kol Von Franke, wyk na Tsumeb uit. Nogtans word hy deur knyptangbewegings van die Unie-magte vasgetrek en tot oorgawe gedwing.