Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om iemand te troos is een van die belangrikste maniere van omgee. Die Christen hoef nooit sonder troos te lewe nie want God is altyd daar vir ons. Selfs te midde van ons grootste krisisse vertroos Hy ons deur sy Gees en deur die beloftes in sy Woord. Daarom is mense wat self swaargekry het, soveel beter toegerus om ander mense raak te sien wat troos nodig het. En as daar niemand is om jou te troos nie, onthou daar is heeltyd Iemand wat presies weet hoe om dit te doen.
ONS LOON IS IN SY HAND
Hannes Ollewagen
1 Sam. 26:1-25
“Die HERE tog vergeld aan elkeen sy regverdigheid en sy getrouheid – die HERE het u vandag in my hand gegee, maar ek wou nie my hand teen die gesalfde van die HERE uitsteek nie.” (:23).
In hierdie gedeelte (en ook ’n paar vorige hoofstukke) word die verskillende lewensbeskouïngs van twee mense duidelik. Koning Saul is hier aan die trek en opsoek na Dawid om hom te vermoor. En wat is die dryfveer agter sy optrede? Hy was nie besig om ’n opdrag van God uit te voer nie. Saul wou Dawid vermoor omdat hy ’n bedreiging vir sy koningskap ingehou het. Saul se woorde teenoor sy seun Jónatan het dit duidelik gemaak dat Saul nie die bedreiging vir sy mag doodluiters sou aanvaar nie. “Toe ontvlam die toorn van Saul teen Jónatan, en hy sê vir hom: Jou ontaarde, wederstrewige seun, weet ek nie dat jy die seun van Ísai verkies tot jou skande en tot skande van jou moeder se naaktheid nie? Want al die dae dat die seun van Ísai op die aarde lewe, sal jy en jou koningskap nie bevestig word nie; stuur dan nou en bring hom na my, want hy moet sterwe.” (1 Sam. 20:30&31).
1 APRIL 1882: REPUBLIEK LAND GO(O)SEN
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die bepalings van die Konvensie van Pretoria van Augustus 1881 het 'n deel van die Keategrond van Transvaal weggesny. Hier het toe oor 'n kort tydperk ernstige moeilikheid tussen talle inboorlingleiers ontstaan wat elkeen op kapteinskap en gebied aanspraak gemaak het. Op die koop toe het Brittanje die fout gemaak om vir byvoorbeeld Mankoroane as hoof van die Batlapin en vir Montsioa as hoof van die Barolong buite hulle eintlike gebiede te erken. Oor en weer het die Swartes toe hulp gesoek om hulle eie standpunt met geweld te help seëvier.
KULTUUR- DAGBOEK 1 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Die Nasionale Pers (Naspers) neem die Van Schaik-groep in 1987 oor en word alleeneienaar van die weekblad Rapport in 1999.
2. In sy wese was die stigting van die 'Midland Ladies Seminary' op 1 April 1867 die voorloper van onderwysers-opleiding in Graaff-Reinet. Die kollege het egter sy beslag gekry toe sentralisasie die totstandkoming van die Graaff-Reinetse Opleidingskool met ingang 1917 genoodsaak het.
3. 'n Groot ideaal van die NH Kerk is op die dag in 1917 verwesenlik toe hy sy eie predikante aan die Teologiese Fakulteit aan die destydse Transvaalse Universiteitskollege (van die Universiteit van Pretoria) kon begin oplei.
4.Die Republiek van Land Go(o)sen word in 1882 onder leiding van NC Gey van Pittius gestig.
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (5)
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
VRYHEID - en nasionalisme
"Afsonderlike nasionale vryheid en selfbeskikking vir elke volk in Suid-Afrika het glo die toekoms in ’n verkeerde rigting gestuur, maar die vraag of die nuwe formule van integrasie die toekoms in ’n regte rigting sou stuur, is nooit gevra of beantwoord nie. Dit is oorgelaat aan ’n verwarde en onsekere, oningeligte Blanke kieserskorps om te beslis of dit ’n formule vir vreedsame naasbestaan in die plurale samelewing, die bloudruk vir bestendigheid, ordentlike verandering en ontwikkeling is en of dit ’n resep vir rewolusie, ’n konsep vir chaos sou wees."
Mensegemeenskappe verander voortdurend en om baie redes. Maar al is ’n gemeenskap voortdurend genoodsaak om allerlei invloede te verwerk en allerlei aanpassings te maak, hoef sy identiteit nog nie in gedrang te kom nie.
MENS IS HOOFOORSAAK
Die belangrikste rede vir verandering in sy gemeenskap is die mens self. Sy nuwe denkbeelde, sy keuses, sy beslissings, ja sy hele lewens- en wêreldbeskouing en sy handelinge bring keerpunte in die geskiedenis; bring bakengebeurtenisse soos ’n Franse Rewolusie, soos ’n Groot Trek, ’n Eerste Vryheidsoorlog en so meer.
ERF IN NOORDKAAP TE KOOP

Hierdie erf is geleë in Rietfontein net buite Philipstown, in die middel van 'n snelgroeiende Afrikanergemeenskap.
Dit is + - 90 km van Orania
Erfgrootte is + - 2000m²
Daar is weiregte op die gesamentlike meent en al die rondom geleë erwe het goeie ondergrondse water.
Vir persoonlike navrae, kontak die eienaar Hendrik Pretorius by 081 327 2170
KULTUUR- DAGBOEK 31 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1965: PE SE UNIVERSITEIT OPEN
Die Universiteit van Port Elizabeth is op 31 Maart amptelik geopen met 320 studente, 10 professore, 8 senior lektore en 7 lektore, en met prof Ernst Marais as eerste rektor, in geboue in die middestad. In 1970 is begin bou aan die nuwe kampus by Somerstrand langs die see en in 1974 is die eerste geboue betrek. Dit was die eerste tweetalige universiteit in Suid-Afrika, en in elke vakkomitee is die helfte van die kursusse in Afrikaans en die ander helfte in Engels aangebied. In die vroeër oorwegend Engelse hawested was dit 'n besondere Afrikaanse deurbraak.
2. 1900: OORWINNING BY SANNASPOS
Na die verowering van Bloemfontein het lord Roberts 'n Britse mag onder bevel van genl RG Broadwood besluit om na Bloemfontein terug te keer.
DIE SONDE VAN DWAASHEID
Hannes Ollewagen
Mark. 7:1-23
“Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.” (:21-23).
Dit is opvallend dat saam met hierdie gruwels van egbreuk, hoerery, moord, diewery, bedrog en dergelike dinge ook die sonde van dwaasheid gevoeg word. Dwaasheid is dus duidelik iets waarvan God ’n afsku het. En as ons vir ’n oomblik mooi hieroor dink, sal ons dit verstaan.
DIE BYBEL EN EWIGE LOON (1)
Anita Joubert
Een van die mees treffende boeke oor hierdie onderwerp wat ek nog ooit gelees het, is dié van ‘n baie bekende Amerikaanse skrywer, John Bevere, Driven by Eternity. Sy standpunt is dat elke mens met die begrip van ewigheid in ons harte gebore word. Niemand van ons wil graag daaraan dink dat die lewe hier op aarde al is wat daar is nie en dat ons nie na ons dood nog gaan voortbestaan nie. In Jesaja 43:13 sê die Here: “Nou en vir altyd is Ek God. Niks kan by My weggevat word nie. Wat Ek doen, kan niemand verander nie.” (Die Boodskap)
Hy is dus die God van gister, vandag en more, en is van altyd af al daar en gaan tot in alle ewigheid nog steeds daar wees. Ek het een keer ‘n onvergeetlike illustrasie in die vorm van ‘n video gesien. ‘n Man het met ‘n stuk tou in sy hand gestaan, maar mens kon nie die einde daarvan sien nie.
1966: ALGEMENE VERKIESING
Lees volledig by Kultuurdagboek
Tot in hierdie jaar het interne sake in ons politiek die gemoed van die kieser op die stemdag die meeste beïnvloed. Op hierdie dag het buitelandse aangeleenthede egter meer as ooit vroeër ook 'n uitwerking gehad. Botter-en-brood-sake het geen rol gespeel nie. Die Afrikaner, en vir haas die eerste keer ook die nie-Afrikaanse kieser, het besef dat premier Verwoerd na binne die orde handhaaf, en dat hy in sy buitelandse betrokkenheid binnenslands polities sterk gesteun moet word, ten einde ons vaderland se internasionale staatkundige posisie te help bevestig.
Die swart state van Afrika, ons groter skakeling met Europa en nie hoofsaaklik net met die Verenigde Koninkryk nie, die Rhodesiese eensydige onafhanklikheidsverklaring van 1965 en die gevorderde selfsbestuur wat aan die Transkei toegeken is, het alles ons interne politiek geraak. Die begaafde Hendrik Frensch Verwoerd, bekend as volksgetrou, het met hierdie laaste verkiesing van hom presies bewys dat vriend en vyand agting het vir iemand wat sy kultuurerfenisse bewaar en bevestig, ongeag ander terreine van samewerking. Vandaar die landwye verbystering toe juis hierdie man, en wel by sy werkbank in die Volksraad op 6 September 1966 vermoor is.
KULTUUR- DAGBOEK 30 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
'n Noodtoestand word in 1960 in Suid-Afrika afgekondig. Dit volg twee maande nadat nege polisiemanne by Cato Manor in Natal deur 'n swart skare wreed opgekap en vermoor is, en nege dae ná 'n optog deur die PAC in Sharpeville in Transvaal oor paswette, waar 69 swartes deur die polisie doodgeskiet is uit selfverdediging toe hulle die polisiestasie wou aanval en omdat die gebeure by Cato Manor nog vars in die geheue was. Die gebeure lei tot Suid-Afrika se onttrekking uit die Statebond in 1961.
GEBED SORG VIR GEESTELIKE FIKSHEID
Ds A.E. van den Berg
“Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het” (1 Tim,4:8).
In die gelese gedeelte vermaan Paulus 'n jong Timotheus om geestelik fiks te wees. Timotheus was ’n Griek en vir die Grieke was liggaamlike oefening baie belangrik. Gevolglik het Griekeland talle oefensale gehad en was Athene dan ook die plek waar die Olimpiese Spele sy oorsprong gehad het.
KULTUUR- DAGBOEK 29 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Louis Hendri Meurant (Klaas Waarzegger), skrywer van die eerste boek in Afrikaans, is in 1893 oorlede.
2. Eugène Nielen Marais, joernalis, vrederegter, advokaat, digter, skrywer, mediese, natuur- en dierekenner, sterf op hierdie dag in 1936 in Hartbeespoort, Transvaal.
3. Dr Gerard Leendert Pieter Moerdijk, Suid-Afrikaanse argitek, (oa die Voortrekkermonument in Pretoria), is in 1958 in Nylstroom, Transvaal, oorlede. Sy ouers was immigrante uit Holland en hy is as 10jarige saam met sy gesin in die Standertonse konsentrasiekamp aangehou tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hy is deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met 'n erelidmaatskap en deur die Universiteit van Pretoria met 'n eredoktersgraad.
KULTUUR- DAGBOEK 28 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Siegfried Charles Ferdinand Mynhardt, Suid-Afrikaanse verhoog- en filmakteur, is in 1996 op 90jarige ouderdom oorlede.
2. Dr Abraham Fauré, NG-predikant te Graaff-Reinet en Kaapstad, en stigter van De Kerkbode in 1849, is in 1875 te Leuwen Rust, Tuine in Kaapstad, oorlede.
3. Tielman Roos, vroeër meer volledige berig oor hom geplaas in kultuurdagboekinskrywings, is op hierdie dag in 1935 oorlede.
KULTUUR- DAGBOEK 27 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 'n Verdiepingbus van Hoërskool Vorentoe oppad skooltoe bars op hierdie dag in 1985 deur 'n draadheining en stort in die Westdene-dam in Johannesburg, 'n ramp waartydens 42 skoolkinders sterf.
2. Genl Piet Joubert, Voortrekker wat die Groot Trek meemaak in die Retief-trekgeselskap, boer, ZAR-volksraadslid, krygsman, een van die Driemanskap van die Suid-Afrikaansche Republiek saam met Paul Kruger en MW Pretorius, vise-president en kommandant-generaal (ZAR), en opperbevelhebber tydens die Tweede Vryheidsoorlog in veldslae by Laingsnek, Skuinshoogte en Majuba, sterf in 1900 in Pretoria. Hy is op Rustfontein, distrik Wakkerstroom, begrawe.
1916: STUDENTE VIER HELDEDAG
HELDEDAGWORD IN KAAPSTAD GEVIER
KULTUURDAGBOEK 27 MAART
Op dié dag berig De Burger onder 'n groot banieropskrif "Heldedag te Kaapstad – Jong Suid-Afrika op mars". De Burger skryf dat Blanke studente en leerling op Saterdag 25 Maart 1916 in hul duisendtalle in Kaapstad by die stasie vergader en in 'n optog met Adderley- en Darlingstraat langs na die stadhuis gestap het om Heldedag te vier. Vooraan die optog was 'n groot banier met die woorde "Jong Zuid-Afrika – Wij zullen handhaven". Agter op die banier was geskryf "Eer uw helde". (Ook maar lank geneem om te berig destyds... )
Dit was 'n pragtige, treffende skouspel toe die jong mense die stadhuis volpak. Die byeenkoms is gereël deur die Studenten – Werda-Komitee wat Afrikanerstudente in Kaapland verteenwoordig het. Die komitee is in 1912 gestig om "te waken over de taalbelangen van Jong Zuid-Afrika".
KULTUUR- DAGBOEK 26 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hans Dons – Johannes Henricus de Lange, Voortrekker, jagter, verkenner en dapper krygsman wat homself onderskei het by die Slag van Bloedrivier en 11 dae later die Karl Landmankommando van 300 man, uit 'n ander Zoeloe-hinderlaag gered het, word in 1861 in Ladysmith tereggestel vir die dood op 'n anderrassige persoon wat naby Newcastle in Natal geskiet is. In Ladysmith waar die vonnis voltrek is, wou niemand tou aan die laksman verkoop nie, en is hy met 'n tou van gras gevleg, wat die eerste keer gebreek het, deur die Britte terreggestel. Hy is op die plaas Driefontein te ruste gelê waar daar op 31 Mei 1955 'n gedenkteken ter nagedagtenis aan hom onthul is.
Wellington in die Kaap, wat aanvanklik bekend gestaan het as Limietvallei en later as Wagenmakersvallei of Val du Charron, word in 1840 na die Britse Hertog van Welling vernoem. Waens is gewoonlik hier versien voor Bainskloof daarmee aangepak is.
Sir Arnold Theiler, veearts wat veel lyding en dood in Suid-Afrika verhoed het met sy entstof teen pokke en runderpes, en stigter van die Onderstepoort Veeartseny-navorsingsinstituut by Pretoria, is in 1867 in Frick, Canton Aargau in Switserland gebore. Hy emmigreer na Suid-Afrika in 1891. Sy seun Max sit sy werk voort en is met die Nobelprys vir Fisiologie en Medisyne in 1951 vereer.
HOOGVERRAAD IN CARACA – VENEZUELA
Timothy Alexander Guzman
Timothy Alexander Guzman van die webwerf Silent Crow News, is 'n navorsingsgenoot van die Sentrum vir Navorsing oor Globalisering (CRG).
Die Amerikaanse plan onder Operation Absolute Resolve was gebaseer op diegene wat besluit het om verraaiers van hul eie land te word. Maduro se vise-president, Delcy Rodriquez, was volgens verskeie berigte 'n direkte medewerker van Washington. The Guardian, 'n hoofstroommedia-uitlaat in die VK, het beweer dat Rodriquez voordat die operasie plaasgevind het, in geheime gesprekke met die Trump-regime en die monargie van die Persiese Golfstaat Katar was.
TRUMP SNELLER EKONOMIESE INEENSTORTING
Prof Michel Chossudovsky
KORTBERIG
Gebruik hierdie skakel na die GRTV-video: Donald Trump veroorsaak ekonomiese ineenstorting en die globalisering van oorlog - https://www.globalresearch.ca/grtv-video-donald-trump-triggers-economic-collapse-and-the-globalization-of-war/5919499?utm_source=substack&utm_medium=email
Daar is mislukkings in Amerika se ABM (anti-ballistiese missiel), die THAAD en Patriot-verdedigingstelsels in verhouding tot Trump se verwarde militêre agenda teen Iran.
Daar is ook 'n skaarste aan wapens.
Die VSA is eenvoudig nie in staat om "gelyktydige teateroorloë" te voer soos uiteengesit in die Projek van die Nuwe Amerikaanse Eeu (PNAC) nie, wat aan die begin van die Bush-administrasie Amerika se "Globale Oorlogvoeringsagenda" gedefinieer het.
Prof Chossudovsky vra: "Stuur die video aan. Versprei die woord na alle groot streke van die wêreld."
OP DIE VOORAAND VAN ARMAGEDDON...
...Geen omdraaikans nou nie
Mike Adams
KORTBERIG
Die situasie wat vandag in die Midde-Ooste ontwikkel, is ronduit katastrofies. Trump dreig om Iran se binnelandse energienetwerk van vanaand af te bombardeer, en Iran dreig om terug te slaan deur alle energie- en waterontsoutingsinfrastruktuur regoor die Golfstate uit te wis.
As dit gebeur, sal die hele wêreld in 'n dekade van hongersnood en ekonomiese ineenstorting gedompel word. Dit lyk eintlik na die plan sodat globaliste die "Groot Oorname" kan ontketen en bates ineen kan stort terwyl hulle mense in 'n digitale geldeenheidbeheernetwerk dwing.
Hierdie groot plan is reeds eeue lank die Wêreldgeldmag se ideaal wat heel moontlik nou in ons leeftyd bereik gaan word: EEN WÊRELDREGERING met die satan in beheer daarvan. Elke kind van die HERE sal hard moet werk aan sy geestesingesteldheid om as bittereinder vas te staan in die weë van God want daar wag 'n bitter moeilike tydperk waarin die versoeking om maar te val vir die merk van die antichris baie groot en 'n makliker uitweg gaan blyk te wees. Dis reeds laat, bid dan onophoudelik vir die krag en genade van Bo om sodoende die ewige lewe te kan beêrwe.
GEVAARLIKE KERK
'n Mamma kyk by die venster uit en sien vir Jannie kerk speel met hulle drie klein katjies. Hy maak hulle in 'n ry sit en preek vir hulle. Toe gaan sy aan met haar werk. 'n Rukkie later hoor sy 'n geraas in die agterplaas, en sien Jannie is besig om die katjies onder die water te druk, elkeen drie maal. Sy maak die venster oop en sê: "Jannie, hou dadelik op! Jy sal die katjies versuip!" Jannie kyk op en antwoord heeltemal tevrede: "Hulle moes daaraan gedink en gevra het watter kerk ek is voor hulle by my kerk aangesluit het!"