Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dankbaarheid is die enigste volkome onselfsugtige daad waartoe die mens in staat is. Dit ontstaan deur insig in die wêreld, ander mense, in jouself, in verhoudings met ander mense – veral dié verhoudings wat skeef geloop het en weer herstel het. Dankbaarheid is min of meer 'n lewenshouding waar jou eie beplanning laat vaar word ter wille van God se plan met jou lewe.
KULTUUR- DAGBOEK 24 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1712: Simon van der Stel, eerste Kaapse goewerneur (1691-1699), stigter van Stellenbosch, die wynplaas Groot Constantia, en die Drakensteindistrik, Hugenote-vriende, prospekteerder van Namakwalandse koper en Kaapse boomplanter, is 1712 in die Kaap oorlede.
2. 1798: Lees in hoofartikel meer oor Gerrit Maritz.
3. 1892: Theo Wassenaar, mediese dokter, politikus en Afrikaanse digter: lees meer in hoofartikel.
4. 2000: Die Demokratiese Party (DP), die Nuwe Nasionale Party (NNP) en die Federale Alliansie (FA) verenig op hierdie dag om die Demokratiese Alliansie (DA) te vorm.
GODDELIKE WAARSKUWINGS (4)
Hierdie reeks handel oor visioene van verskeie persone, hoofsaaklik oor Suid-Afrika.
Die Slag van Pretoria - visoene en drome hieroor
FR se droom in 1966
Swaar gewapende VN-soldate kom van oos, wes, noord en suid in Kerk- en Paul Krugerstrate afgemarsjeer. Die standbeeld van oom Paul word getref en net 'n stuk van sy een been bly oor. Soldate val links en regs van my. Ek hurk en skuil agter een van die standbeelde aan oom Paul se voet en kyk na die verwoesting van die middestad.
Dan roep iemand my oor 'n radiosender en sê die aanval by Wonderboomkop moet afgeslaan word. Die volgende oomblik bevind ek my nie meer op Kerkplein nie maar iewers hoog bo-op die Wonderboomrant noord van Sinoville.
1902: SALMON VAN AS DEUR BRITTE GEFUSILLEER... VERMOOR.
KULTUURDAGBOEK 23 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
So laag het ons Britse volksvyande gedaal dat hulle selfs nadat die Tweede Vryheidsoorlog verby was en die Boere gedwonge by Vereeniging moes instem tot 'vrede', nog van ons volksgenote terreggestel het. Dié dood was die prys wat 'n aantal Boerekrygers moes betaal vir hulle dapperheid toe hulle huis en haard moes beskerm tydens 'n oorlog op eie bodem wat die gulsige Brittanje hier op ons volk kom afdwing het.
Salmon Gerhardus van As is op 2 Mei 1878 gebore en op 23 Junie 1902 deur 'n Britse krygshof tereggestel nadat hy aan moord op kaptein Richard Miers skuldig bevind is. Dit was net ná die Vrede van Vereeniging op Heidelberg in Transvaal.
Veldkornet Van As, asook 'n sekere Cilliers en ene Muller is van die vrywarings in die akte van oorgawe uitgesluit omdat hulle elkeen by drie verskillende geleenthede drie ander mense in die Tweede Vryheidsoorlog om die lewe sou gebring het.
1890: INSTELLING VAN 'N TWEEDE VOLKSRAAD - ZAR
KULTUURDAGBOEK 23 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die instelling van 'n Eerste en Tweede Volksraad deur Wet Nr 4 van 1890 van die ZAR was 'n poging van pres Paul Kruger om 'n oplossing te vind vir die probleem van immigranteverteenwoordiging in die landsbestuur, sonder om die onafhanklikheid van die Republiek in gevaar te stel.
Die lede van die Tweede Volksraad moes dertig jaar oud wees, die twee onmiddellik voorafgaande jare stemgeregtigde burgers, lidmate van 'n Protestantse kerk wees, in die Republiek woon en daar eiendom besit het. Met uitsondering van landbou, naturellesake, spoorweë, die munt- en bankwese, die verlening van konsessies en die finansies, is alle sake van binnelandse belang aan die Tweede Volksraad toevertrou – dus veral ook dié van die goudvelde, sake waarby die immigrantebevolking belang gehad het.
1792: NEDERBURGH EN FRYKENIUS KOM IN KAAP AAN
KULTUURDAGBOEK 23 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Simon Hendrik Frykenius en Sebastiaan Cornelis Nederburgh, wat in 1791 aangestel is as kommissarisse-generaal oor die VOC se besittings, kom op hierdie dag in die Kaap aan omdat hulle opdrag ontvang het om vir die ontevrede burgers beter bestaansmoontlikhede te vind.
Hulle het nuwe bronne van welvaart gesoek: woluitvoer en walvisvangs is aangemoedig en vryhandel met die skepe van die Kompanjie is toegelaat.
1943: STIGTING VAN DIE GENOOTSKAP VIR AFRIKAANSE VOLKSKUNDE
KULTUURDAGBOEK 22 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hoofsaaklik onder aansporing en leiding van dr Abel Coetzee as Direkteur van die Buro vir Taal- en Volkskundige Navorsing, Universiteit van die Witwatersrand, het 'n groep geesdriftiges in Johannesburg byeengekom om die Genootskap vir Afrikaanse Volkskunde te stig.
Die Genootskap se strewe was die algehele bevordering van kennis aangaande die Afrikaanse volkseie.
Dit het geskied deur die insameling van gegewens insake die oorgelewerde geestesgoedere en die stoflike kultuurbesit van ons volk, en ook navorsing op die gebied van die Afrikaanse volkskultuur.
Die eerste uitgawe van die Genootskap se kwartaalblad, die Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal, word in 1944 gedruk, en hierdie blad het nog tot in die tagtigerjare sonder onderbreking verskyn.
KULTUUR- DAGBOEK 22 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1905: Eugène Marias se gedig, Winternag, wat 'n waterskeiding in die Afirkaanse letterkunde was, verskyn op hierdie dag vir die eerste keer.
1943: Die Genootskap vir Afrikaanse Volkskunde word in Johannesburg gestig. Lees in hoofartikel hieroor.
1904: Lees in hoofartikel hoe Chinese in Transvaal ingevoer word.
DIE LEWE NA DIE DOOD (2)
Ds A.E. van den Berg
“Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe”.
(Joh.11:25)
As die Bybel van die mens as stof praat, dui dit op sy verganklike liggaam en sy krag en beperkte vermoëns. Omdat God nie aards is nie, is Hy onbeperk, onverganklik en almagtig. Hy het egter die mens as die kroon van sy skepping gemaak. Net die mens kan met God praat; geen ander van sy skeppings nie. Daarbenewens verskil die dier in nog ‘n opsig baie groot van die mens. Die dier se liggaam is sy volle bestaan, maar nie dié van die mens nie. Die mens se liggaam is slegs die buitekant van sy bestaan.
KULTUUR- DAGBOEK 21 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1742: Baron Imhof word op hierdie dag goewerneur aan die Kaap.
2. 1887: Die Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Spoorweg Maatskappij (N.Z.A.S.M.) word gestig.
3. 1971: Die Wêreldhof in Den Haag beslis in 1971 dat Suid-Afrika se administrasie van Suidwes-Afrika onwettig is.
4. 1921: Prof WRM Malherbe, eerste dekaan van die Regsfakulteit op Stellenbosch is op hierdie dag aangestel. Die eerste regskursus is die vorige jaar ingestel met adv HA Fagan as eerste dosent. Hierdie twee regsgeleerdes was die baanbrekers vir Afrikaans in die SA-regwese. Die eerste hofuitspraak in Afrikaans was op 27 Oktober 1932 in die Appèlhof in Bloemfontein deur Appèlregter FW Beyers in 'n patentregsaak. Die eerste gerapporteerde Hooggeregshofuitspraak was in Kaapstad op 21 Februarie 1937 deur die Engelssprekende regter RPB Davis, en eers tien jaar later het Transvaal gevolg.Die eerste Hofreëls in Afrikaans het eers in 1965 verskyn, en die eerste Engels-Afrikaanse regs-woordeboek in 1933.
1887: NEDERLANDS- ZUID- AFRIKAANSCHE SPOORWEG, EN MIDDELBERG
KULTUURDAGBOEK 21 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daar is reeds in 1884 met die oprigting van die Nederlands-Zuid-Afrikaansche Spoorweg Maatschappy (N.Z.A.S.M.) begin maar dit kom eers in 1887 met die hulp van Nederlandse en Duitse kapitaal tot stand en verkry 'n konsessie vir die bou van die Oosterspoor van Lourenco Marques na Pretoria.
Toe in 1890 met die bou van die spoorweg begin is word GAA Middelberg as direkteur aangewys om in Suid-Afrika teenwoordig te wees.
Gerrit Adriaan Arnold Middelberg is te Boskoop, Nederland, ook op hierdie dag in 1846, gebore.
1879: STIGTING VAN DIE AFRIKANERBOND
KULTUURDAGBOEK 20 JUNIE
Ds SJ du Toit, 'n predikant van die NG Kerk – lank voordat hierdie kerk deur die geldmag aangewend is om die Afrikanervolk te probeer uitwis - en leier van die Eerste Taalbeweging, het in Junie 1879 in 'n hoofartikel van Die Arikaanse Patriot, die stigting van 'n 'Afrikaner Bond' om die Afrikaners politiekbewus te maak, bepleit.
Die Bond het die vereniging onder een beherende liggaam van alle persone wat Suid-Afrika as hulle tuisland aanvaar, beoog.
Sy tweede oogmerk was 'n verenigde Suid-Afrika onder Britse kusbeskerming maar met 'n eie vlag en 'n eie regeringsvorm wat uiteindelik op 'n Suid-Afrikaanse republiek moes uitloop.
Ds Du Toit het die Afrikanerbond op 20 Junie 1879 in die Paarl in die lewe geroep om aan hierdie oogmerke gevolg te gee. Die seëvierende Vryheidsoorlog in Transvaal het geesdrif vir die oogmerke van die Bond hoog laat vlam.
GODDELIKE WAARSKUWINGS (3)
Hierdie reeks handel oor visioene van verskeie persone, hoofsaaklik oor Suid-Afrika.
Die profesiekongresse onder leiding van Zunata Kay
'n Groep toegewyde gelowiges onder leiding van Zunata Kay, het in 1999 in Transvaal 'n aantal profesiekongresse gehou waartydens aandag geskenk is aan die visioene van Johanna Brandt, Rick Joyner, Siener van Rensburg, profesieë in die Bybel, en 'n paar ander.
Daar is spesifiek gesoek na raakpunte uit bogenoemde bronne om sodoende 'n rooster of 'tydlyn' op te stel oor moontlike gebeure; die verslag sluit die volgende in:
1978: GOUDSTAD ONDERWYS- KOLLEGE-RAAD EN –SENAAT GEKONSTITUEER
KULTUURDAGBOEK 19 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die lesings vir heeltydse studente aan die Goudstadse Onderwyskollege het op 17 Februarie 1961 begin nadat die eerste student, mej MY Marais, op 3 Desember 1960 vir toelating goedgekeur en die eerste na-uurse lesings op 6 Februarie 1961 aangebied is.
Op 1 Desember 1960 is die naam Goudstadse Onderwyskollege aanvaar. Die kollege het tot stand gekom ná 'n lang stryd om die vestiging van tersiêre onderwys vir die Afrikaner in Johannesburg, en nadat die kollege aanvanklik tydelik elders gehuisves was, het lesings op 13 Oktober 1971 in die nuwe lesinggebou begin.
1912: LOUIS BOTHA KLA OOR KERKE POLITICI TE NA KOM
KULTUURDAGBOEK 19 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die historikus en redakteur, Gustav Preller, het 'n besondere verhouding met premier Louis Botha gehad. Die twee manne het dikwels in mekaar se oor gefluister. Preller het meer keer vir Botha van geskiedkundige inligting vir toesprake voorsien, en Botha het hom gevra om deur middel van die pers die hartklop van die volk te help bepaal.
In 'n brief onder hierdie datum bekla hy sy lot teenoor Preller omdat die Sinode van die Nederduits Hervormde, of die Gereformeerde Kerk in Transvaal, onder ds HS Bosman as Moderator, die politieke voormanne bespreek het.
Botha het beweer dat sy eie Kerk hom en die leiers beledig, beskinder en beklad het (nie sonder oorsaak...): "Ander kerke weer organiseer teen 'n mens. Dit lyk asof ek nie meer die vertroue geniet nie. Maar met vriende en met die kerk gaan ek nie baklei nie. Dan tree ek eerder uit. Ek laat my selfs van predikante nie langer trap nie." skryf genl Botha in die brief aan Preller. Waar 'n rokie trek...
1890: KMDT-GENL S SCHOEMAN
KULTUURDAGBOEK 19 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Stephanus Schoeman, seker een van die kleurrykste figure uit die vroeë Transvaalse geskiedenis, is op 15 Maart 1810 in die Kango naby Oudshoorn gebore, en op hierdie dag in 1890 in Pretoria oorlede.
As 'n jong man het hy aan die Groot Trek deelgeneem. Vroeg in 1847 het hy hom op Potchefstroom gevestig waar hy as heemraad gekies is. Van 1851 tot 1855 was hy kommandant van Potchefstroom.
Ná die dood van kmdt-genl Piet Potgieter in 1854 is Schoeman tot kommandant-generaal van Soutpansberg verkies, 'n amp wat hy van 1855 tot 1858 beklee het. Kort ná aanvaarding van die nuwe grondwet is MW Pretorius as president en S Schoeman as kommandant-generaal van die ZAR, in stryd met die grondwet deur die Volksraad en nie deur die volk nie, verkies. Schoeman het gevolglik geweier om die amp van kommandant-generaal te aanvaar
KULTUUR- DAGBOEK 19 JUNIE
> >>
1. 1860: Lees in hoofartikel oor kmdt-genl Stephanus Schoeman, eerste kommandant-generaal en waarnemende president van die ZAR (1860 – 1862) gedurende pres MW Pretorius se vierde jaar as staatshoof van die OVS.
2. 1901: JBM Hertzog word op hierdie dag tydens die Tweede Vryheidsoorlog deur pres MT Steyn van die OVS as generaal benoem.
3. 1912: Lees in hoofartikel oor Louis Botha se klagte dat kerke politici te na kom.
4. 1978: Goudstad Onderwyskollegeraad- en senaat gekonstitueer. Lees in hoofartikel meer hieroor.
1979: Mnr Marais Viljoen, President van die Senaat, (gebore op 19 Desember 1915) word op hierdie dag beëdig as vyfde staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika. Hy volg John Vorster wat bedank het omdat sy taak afgehandel was, in die amp op.
1795: Lees in hoofartikel oor die Opstand in Swellendam.
GODDELIKE WAARSKUWINGS (2)
Hierdie reeks handel oor visioene van verskeie persone, hoofsaaklik oor Suid-Afrika.
Hier volg nog gesigte van Kobus Strauss van Rustenburg:
9 Junie 1994
Ons bly in 'n huis of woonstel en ek sien mense buite rondstaan en beduie. Ek gaan uit en moet deur 'n ry bome aan die westekant van die pad na die tuinhekkie gaan. Ek sukkel om deur die laaste bome by die tuinhekkie te gaan, so al asof die takke my terughou. Ek kyk in die rigting waarheen die mense beduie en daar op die horison is donker onweerswolke en vyf orkane met hulle draaikolke tot teen die wolke. Een orkaan breek weg en kom na die dorp se kant toe en ek kan met die eerste rukwinde voel hoe hy met sy verwoestingswerk begin.
1795: OPSTAND IN SWELLENDAM
KULTUURDAGBOEK 18 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die beginsel van 'n eie Afrikaanse republikeinse strewe en vryheidsgevoel kan teruggevoer word tot die Kaapse Patriotte en die opstande te Graaff-Reinet en Swellendam.
Die Kompanjie was teen 1790 op die rantjie van bankrotskap en die ekonomiese posisie van die burgers was haglik. 'n Gees van verset het by die Swellendamse grensboere posgevat.
Op 17 en 18 Junie 1795 het 'n sestigtal gewapende burgers onder hul selfverkose "Nasionale Kommandant", PJ Delport, die drosdy van Swellendam beset en landdros AA Faure met sy assistente gedwing om hul ampte neer te lê.
KULTUUR- DAGBOEK 18 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1580: Sir Francis Drake het ongeveer op hierdie dag Kaappunt (Wes-Kaap) op sy wêreldreis omgeseil.
1979: Mnr Marais Viljoen, President van die Senaat, (gebore op 19 Desember 1915) word op hierdie dag beëdig as vyfde staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika. Hy volg John Vorster wat bedank het omdat sy taak afgehandel was, in die amp op.
1795: Lees in hoofartikel oor die Opstand in Swellendam.>
'n Dogtertjie kla by haar pa, 'Pappa, ek wens ek het 'n babasussie!' Pappa probeer snaaks wees: 'Maar Skat, jy het alreeds 'n sussie!' Verward vra die kind: 'Ek het?' 'Seker,' sê haar Pappa, 'Jy sien haar net nie, want elke keer as jy inkom by die voordeur, hardloop sy by die agterdeur uit!' Die dogtertjie dink 'n oomblik en dan verhelder haar gesiggie: 'O, sy maak net soos my ander Pappa!'
>>1924: ALGEMENE VERKIESING
KULTUURDAGBOEK 17 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Genl JC Smuts het ná die samesmelting met die Unionisteparty en die Volksraadverkiesing van 1921 as Eerste Minister en leier van die Verenigde Party al sterker teenstand gekry van die Nasionale Party onder leiding van genl JBM Hertzog en die Arbeidersparty onder leiding van kol FHP Creswell. Laasgenoemde twee partye het in 1923 'n ooreenkoms vir samewerking aangegaan (die Pakt).
Ná 'n nederlaag by 'n tussenverkiesing in April 1924 in Wakkerstroom bedank genl Smuts sonder om sy kabinet te raadpleeg en bepaal 'n algemene verkiesing vir 17 Junie. Dit word deur Pakt gewen met 'n meerderheid van 28 setels en genl Hertzog word Eerste Minister.
In sy kabinet van 10 lede dien twee van die Arbeidersparty.