Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die Handves van Menseregte is geen Skriftuurlike begronding nie. Dis in werklikheid skadelik omdat dit die staat van sy waarde en waardigheid stroop en tot ’n belangegroep met ’n skeidsregter-funksie verskraal ten einde burgerlike konflik te vermy of te ontlont. Gevolglik het gruwels soos homoseksualisme selfs vandag regte! Dink maar aan die onlangse saamtrek van meer as 20,000 homoseksuele in Knysna wat jaarliks as The Pink Day gevier word. Almal was met sg. Gay rights op loop!
1707: Hendrik Bibault: “IK BEN EEN AFRICAANDER”
KULTUURDAGBOEK 22 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die oorwinning oor Van der Stel het nie sonder uitbundige vreugde gepaard gegaan nie. Vier jong mans van Stellenbosch het te perd deur die strate van die dorp gejaag en onder die invloed van drank by die meule moles gemaak deur die graanbakke rond te gooi en die meulenaar uit te skel. Landdros Starrenburg, wat op die lawaai afgekom het, het twee van die jong mans met 'n rottang bygekom, waarop een, Hendrik Bibault, geskreeu het: “Ik wil niet loopen, k'ben een Africaander."
1877: TOTIUS GEBORE
KULTUURDAGBOEK 21 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jacob Daniel du Toit (Prof. J.D. du Toit) is meer bekend onder sy digtersnaam Totius — die naam wat sy studentevriend, B.J. Esser in 1901 in Amsterdam aan hom gegee het. Sy lewe, wat op hierdie dag in 1877 in die Paarl 'n aanvang geneem het, vind 76 jaar later 'n graf in Potchefstroom.
'n Buitengewoon vol lewe: skitterende student, Kaapse rebel saam met die Boeremagte, 'n predikant, 'n professor in Teologie, 'n Bybelvertaler, 'n volksman, kerkman, 'n Psalmberymer, 'n taalstryder, 'n digter... onder sy eie mense en oorsee geniet sy werk groot erkenning; nege doktorsgrade word aan hom toegeken! Dr. J.D. Kestell noem hom op 'n keer namens die volk: “Ons innige geliefde Totius."
1657: 1e TOEKENNING VAN GROND AAN VRYBURGERS IN KAAP
KULTUURDAGBOEK 21 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het die eerste “nege vrije luyden" grond aan die Kaap gekry. Die burgers kon hulle eie grond uitkies en is in twee kolonies gevestig, nl. Harmanskolonie en Stevenskolonie. Hulle moes die landbou op vasgestelde voorwaardes bevorder. Die Kompanjie sou aan die Vryburgers plaasgereedskap en trekosse voorsien, en verdere benodigdhede kon hulle op krediet van die Kompanjie koop.
Dit was hulle toegelaat om vrylik handel te dryf met die skepe vanaf die derde dag dat die bote die hawe binnegekom het.
1656: JAN V RIEBEECK SE SEUNTJIE STERF
KULTUURDAGBOEK 20 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Anthony, die babaseuntjie van Jan en Maria van Riebeeck, het slegs twee maande oud geword. Omdat daar gedurende hierdie tyd geen predikant aan die Kaap was nie, het hy gesterf sonder dat hy gedoop is.
Die sterftesyfer onder jong kinders was in die sewentiende eeu ontsettend hoog.
1937: TOTIUS IN BLOEMFONTEIN GEHULDIG
KULTUURDAGBOEK 20 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1937 besit die Afrikaanse volk reeds die Psalmboek in sy eie taal. Totius was die berymer. Ook met die Afrikaanse Bybel het hy die leeue-aandeel gehad. Kerk en volk is innig dankbaar, en die FAK neem die voortou om hierdie dank te bewys.
En so word 1937 die jaar van die Totiusfeeste met die hoogtepunt in die stadsaal van Bloemfontein op 20 Februarie. 'n Skare van 2 000 vul die saal van hoek tot kant, en vader J.D. Kestell voer namens die volk die woord. Aangrypend is Die Volksblad se berig:
BROKKIES UIT DIE BOEK: DARIUS PRINS – STAATSVYAND (7)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Cry havoc and release the dogs of war!” In die toneelspel: “Julius Caesar” (William Shakespeare) roep Julius hierdie opdrag uit. “Cry havoc” was ‘n militêre bevel waardeur soldate toegelaat word om te buit en te verniel, en die “dogs of war” is ‘n metafoor vir soldate, wapens en dui op die brutaliteit van konflik.
Aan die einde van meer as dertig jaar van ANC-regering staan die slagordes opgestel. Die afgelope jaar of twee het dinge vir die regerende party baie akuut geword, met interne struwelinge, ‘n lafhartige president en ‘n aantal moontlike opvolgers wat soos Oom Bartel destyds gesê het: “From badder to worserer” was.
1856: VRYSTAATSE ONAFHANKLIK- HEIDSDAG TOT FEESDAG VERKLAAR
KULTUURDAGBOEK 19 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Aangesien die onafhanklikheid van die Vrystaatse Republiek in 'n sekere sin op die inwoners van die gebied afgedwing is en 'n gedeelte daarteen geprotesteer het, was daar met die ondertekening van die Bloemfontein-konvensie op 1854 naas 'n klompie kanonskote nie van feesvieringe sprake nie. Ook die Republiek se eerste verjaarsdag het ongemerk verbygegaan, maar op 19 Februarie is besluit dat al die aanstaande “Zaterdag, de 23ste Februaij, gevierd zal worden als een publieke feestdag, ter herinnering van den vrijdom van onzen Vrijstaat en dat het in vervolg jaarliks zal worden gehouden." Ondanks dié besluit, is geen besondere feesprogram afgehandel nie, want selfs die Volksraad het op daardie dag met sy gewone werksaamhede voortgegaan. Eers die volgende jaar sou 23 Februarie as feesdag tot sy reg kom.
1730: JAN DE LA FONTAINE WORD GOEWERNEUR VAN KAAP
KULTUURDAGBOEK 19 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Kaapse koloniste het op hierdie dag met blydskap verneem dat Jan de la Fontaine die nuwe goewerneur aan die Kaap sou wees nadat hy reeds 20 jaar getroue diens aan die Kompanjie gelewer het. Hy het die agting en liefde sowel van die burgers as van die amptenare aan die Kaap geniet.
BROKKIES UIT DIE BOEK: DARIUS PRINS – STAATSVYAND (6)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die grootste vyand van die georganiseerde staat is onafhanklike denke.
Daar is min ander geleentheid as wanneer ‘n mens so diep in jou gedagtes kan insak wanneer jy ver ry. Darius hou die pad dop, wat nou in lang ente verlate is, behalwe vir die voertuie agter hom, natuurlik. Hy sal onwillekeurig kort-kort na die meters kyk – die oliedruk, hitte, ammeter, spoed en so af en toe na die toere of rewolusies. Daar is genoeg om te doen sodat jy nie aan die slaap raak nie, maar min genoeg dat jou gedagtes die loop kan neem.
1902: KMDT GIDEON SCHEEPERS TERREGGESTEL
KULTUURDAGBOEK 18 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op die ouderdom van sestien het Gideon Jacobus Scheepers tot die Transvaalse Artillerie in Pretoria toegetree. Vanaf 1894 dus sou hy in militêre kringe beweeg. Hy was skrander, fier, bekwaam en baie gewild. Die manne het hom Die Springbok van die Hoëveld begin noem.
Scheepers is opgelei as heliograaf deur luit. Paul C. Paff, en sy skoolonderrig het onder maj. Thomas Kroon voortgegaan. Heliografie is 'n metode van kommunikasie met sonligflitse, en Gideon was spoedig so behendig in die stuur en lees van boodskappe, soms oor groot afstande, en hy soveel aandag getrek het dat maj. Richard Albrecht van die Vrystaat-Artillerie vir pres. Kruger gevra het of hy Scheepers kan leen om sy jong manne op te lei.
WEES IN ALLES DANKBAAR
Hannes Ollewagen
1 Thes. 5:12-28
“Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.” (:18).
As gelowiges in Christus behoort ons primêre fokus te wees om die wil van God te doen. Maar hoe sal ons die wil van God ken? Hy openbaar dit aan ons deur sy Woord. Dit is vir ons duidelik uit Heb. 1:1&2 sowel as Joh. 1:1-3. “NADAT God dikwels en op verskeie wyses in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as Erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.” “IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.”
1838: BLOUKRANS- MOORDE
KULTUURDAGBOEK 17 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Voortrekkers in Natal het in Februarie 1838 op Piet Retief se terugkeer van Dingaan of gewag. Retief het 'n ooreenkoms om grondgebied finaal gaan beklink. Maritz se mense het langs die Boesmansrivier naby die huidige Estcourt gestaan. Retief se mense was by Moordspruit, Bloukransrivier en Doornkop (vandag naby Chieveley), saamgetrek; andere by Malanspruit.
Hulle was onbewus van die moord op Retief-hulle op 6 Februarie, dog Maritz het onrustig geraak en die groepe op 'n Zoeloe-aanval probeer voorberei. Maar in die oggenddonker is die families Liebenberg, Rossouw en Bezuidenhout uitgewis.
1888: DR NJ VAN DER MERWE - KULTUURLEIER
KULTUURDAGBOEK 17 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Nicolaas Johannes van der Merwe is op hierdie dag op Senekal gebore en op 11 Augustus 1940 in Bloemfontein oorlede. Hy het in die Konsentrasiekamp op Norvalspont as kind besondere ondervindinge meegemaak wat beskrywe is in sy boek Die Burgemeester van Sannahspos (1929).
Hy behaal sy BA aan UKOVS en voltooi sy teologiese studie am die Teologiese Kweekskool, Stellenbosch. Hier was hy 'n studenteleier. Hy volg Tobie Muller op as leier van die Afrikaanse Taalvereniging en speel 'n belangrike rol om die studente van Stellenbosch bewus te maak van hulle taal.
1890: ORDE VAN NEDERLANDSE LEEU AAN PRES KRUGER TOEGEKEN
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie datum is aan Paul Kruger by Nederlandse koninklike besluit, nr. 11, die onderskeiding toegeken van Ridder Grootkruis in die Orde van die Nederlandse Leeu. Die toekenning is op 29 September 1851 deur koning Willem I van Nederland ingestel.
Dit is aan Kruger met die oog op die Nederlandse koning, Willem III, se verjaardag op 19 Februarie 1890 toegeken.
1877: VREDES- TRAKTAAT MET SEKOEKOENIE I
KULTUURDAGBOEK 16 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die oorlogsverklaring van die Boere in Mei 1876 teen Sekoekoenie I, opperhoof van die Pedi-stam in Noord-Transvaal, is deur Sekoekoenie en die Britse regering tot hul voordeel uitgebuit. Sekoekoenie het hom hierdeur aan die wêreld voorgedoen as die onskuldige slagoffer van 'n aggressor wat daarop uit is om sy gebied met geweld of te neem.
Die Britse regering het aan die ander kant in die oorlogsverklaring 'n voorwendsel gevind om die anneksasie van Transvaal deur te dryf en as rede aangevoer die kwansuise onvermoë van die Republikeinse regering om die swartes in Transvaal te hanteer.
1854: J.D. CILLIERS DIE DIGTER
KULTUURDAGBOEK 16 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Daniel Cilliers is op hierdie dag op 'n plaas naby Wellington gebore en het vroeg kennis gemaak met Die Patriot en sy strewe om Afrikaans erken te kry. In Die Patriot het die meeste van sy gedigte onder die skuilname Kleinjan Wat Versies Maak, Neef Jan (Wat Versies Maak), Jan die Versiemaker Junior verskyn.
In 1886 is by na die goudveld. Hy vestig hom en sy gesin mettertyd op Potchefstroom waar hy op 28 Mei 1922 oorlede is.
SOEK GOD NOU!
https://www.youtube.com/watch?v=1XlWc82Pr7g
By die skakel hierbo sal u die passievolle boodskap hoor oor waarom dit nou noodsaaklik is om God te soek, met u hele hart - die tyd raak min!
DIE MISLEIDENDE GODSDIENS
Ds A.E. van den Berg
“Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie” (Mat.23:13).
Die mens het van meet af aan 'n behoefte om iets/iemand groter as hyself te aanbid. Dis hoe godsdiens ontstaan het. Die Christen-godsdiens het die Westerse beskawing vir baie eeue lank positief beïnvloed. Ongelukkig het dinge teen die laaste helfte van die vorige eeu begin verander. Kerkbesoek het begin kwyn, mense het hul lidmaatskap opgesê en talle gemeentes het tot niet gegaan.
1743: POLITIEKE RAAD RIG KERKE OP IN KAAP
KULTUURDAGBOEK 15 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Baron van Imhoff, besoekende goewerneur-generaal van Oos-Indië, het as voorsitter opgetree by die vergadering van die Politieke Raad op hierdie dag. Hy het sy kommer uitgespreek oor die onkunde op godsdienstige gebied wat hy op sy kort reis in die binneland teengekom het.
Talle mense het reeds meer as drie dagreise van die kerke van Stellenbosch en Drakenstein gewoon, sodat meer kerke en beter onderwys op die platteland 'n dringende vereiste geword het.
1976: 1e STUDENTE REGISTREER VIR NAGRAADSE DIPLOMA IN MUSEUMKUNDE BY UP
KULTUURDAGBOEK 15 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Raad van die Universiteit van Pretoria en die Departement Nasionale Opvoeding het die instelling van 'n nagraads diplomakursus in Museumkunde aan die Universiteit goedgekeur met ingang van 1976. Dit was die verwesenliking van 'n ideaal wat lank reeds deur kultuurleiers gekoester is.