Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Lei ons HERE, groot en magtig, U alleen ons hulp en krag. As die nag se kleed ons sluier, bly ons steeds u heil verwag. Ons Bevryder, ons Bewaker, U die God wat ons bewaar!
KULTUUR- DAGBOEK 10 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1.Jacobus Johannes (Jim) Fouché word in 1968 in die Groote Kerk in Kaapstad ingehuldig as tweede staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika. Die inhuldiging het te midde van groot openbare belangstelling op 10 April plaasgevind. Tydens die plegtigheid waar die predikante JS Gericke, dr PSZ Coetzee en prof WD Maxell voorgegaan het, het mnr Fouché die ampseed voor hoofregter LC Steyn afgelê. Na afloop hiervan is die nuwe Staatspresident na die Parade waar hy deur die Eerste Minister, mnr BJ Vorster, aan tienduisende lede van alle bevolkingsgroepe voorgestel is. In sy toespraak het mnr Fouché gesê dat deur sy verkiesing erkenning gegee is aan die waarde van toegewyde diens van die gewone mens. Hy het ook daarvoor gepleit dat Suid-Afrika 'n beleid van leef en laat leef volg, en dat elke bevolkingsgroep die waarborg van selfbehoud moet hê.
2. 1854: Die grondwet van die Oranje-Vrystaat word geproklameer. Lees meer hieroor in hoofartikel.
HY LEEF!
Hannes Ollewagen
Luk. 24:1-12
“En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was: Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan.” (:5-7).
Dit is vir ons maklik om vanuit ons posisie te vra hoe hierdie mense dan by die graf na Christus gaan soek het? Hulle moes mos geweet het dat hulle Hom nie daar in die graf sou vind nie? Hy het immers vooraf vir hulle prontuit gestel dat Hy gekruisig sou word, maar ook dat Hy uit die dood sou opstaan.
1860: EMILY HOBHOUSE GEBORE
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 9 APRIL
Emily Hobhouse is op Liskeard in Cornwallis, Engeland gebore. As pastoriedogter het sy haar sieklike vader pligsgetrou versorg en 'n leidende aandeel in gemeentewerk geneem. Sodoende het sy die skadukant van die maatskaplike lewe leer ken en is die weg gebaan tot die opheffingswerk wat sy later in Suid-Afrika sou doen. Vir haar as oortuigde pasifis, het die oorlog teen die Boere-republieke haar van meet af aan teen die bors gestuit en het die Konsentrasiekampbeleid van die Britse militêre owerheid in Suid-Afrika haar met weersin vervul. Enersyds het sy haar verontwaardiging openlik in toesprake, brosjures en briewe aan die pers gelug, en andersyds het sy oorgegaan tot die stigting van 'n noodlenigingsfonds.
Met die karige bedrag van R600 op dié wyse geïn, is sy persoonlik na Suid-Afrika en het sy 'n aantal uitgebreide reise deur die oorloggeteisterde gebied onderneem ten einde eershandse inligting oor die toestand in die kampe in te win en terselfdertyd persoonlik noodlenigingswerk te doen. Op dié wyse word sy vir die Boervrou en –kind die verpersoonliking van ware menslikheid en mensliewendheid te midde van oorlogsmart en –onreg.
KULTUUR- DAGBOEK 9 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. David Pratt, 'n Natalse boer, skiet en tref dr Hendrik Verwoerd, Premier van Suid-Afrika, met twee skote uit 'n .22 outomatiese pistool in die kop toe lg die Randse Paasskou in 1960 open. Pratt, wat sielsiek verklaar is, sterf aan sy eie hand op 1 Oktober 1961.
2. Die Slag by Jammerbergdrif: genl de Wet en sy manskappe beleër die Britse garnisoen onder bevel van EH DDalgety sowat 5 km noordwes van Wepener in die Vrystaat, maar sonder welslae tydens die Tweede Vryheidsoorlog in 1900.
3. Emily Hobhouse, Britse pasifis en maatskaplike werker onder Afrikanervroue en –kinders in konsentrasiekampe tydens die Tweede Vryheidsoorlog, is in 1860 op die dorpie St Ives, naby Liskeard in Cornwallis (Brittanje) gebore. Sy besoek op haar 41e verjaardag in 1901 die konsentrasiekamp by Mafikeng in Transvaal. Lees meer in hoofartikel.
BROKKIES UIT DIE BOEK: EINDSPEL (2)
“Weet iemand wat van Len geword het?”
“Len Groenewald?”
“Ja, die einste. Is daar ‘n ander Len hier rond?”
“Ja, Len Potgieter. Maar hy is nog hier rond – ek het hom vanoggend nog gesien.”
“So, waar is die ander Len? Dis nie soos hy om sommer te verdwyn nie. Ek dink ek gaan hom soek.”
Skeermes ry na Len se woonstel toe in die sekuriteits-kompleks. Wanneer hy daar aankom, loop hy homself byna vas in ‘n hele aantal polisiemanne, almal met Taakmag-uniforms aan. Hy herken ook nie een van hulle nie en dit gee vir hom meer duidelikheid waarom hy nie enige inligting hieroor het nie.
1848: BOERE VERSET HULLE TEEN SIR HARRY SMITH
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 8 APRIL 1848
Nadat die Kaapse goewerneur, sir Harry Smith, op 3 Februarie 1848 wederregtelik en teen die sin van die meeste blanke inwoners, die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier, tot Britse grondgebied, te wel die Oranjerivier-Soewereiniteit, verklaar het, het veral die republikeinsgesinde immigrante noord van die Vetrivier besluit om hulle teen hierdie daad te verset. Hiervoor het hulle die hulp van Andries Pretorius, die bekende Voortrekkerleier, ingeroep, wat toe aan die Magaliesberg geboer het. Dit was hy wat aan Smith gesê het: "Hier vlug ons van die Britse gesag en waarheen ons wil, neem u alles in besit, waar moet ons heen? U sal daardeur die Emigrante-Boere tot twee weë dwing, nl om hul wettig gekoopte land te verdedig, of dieper die wildernis in te gaan."
KULTUUR- DAGBOEK 8 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Die Demokratiese Party word in 1989 dmv 'n samesmelting van die Progressiewe Federale Party onder leiding van Dennis Worrall en die Nasionale Demokratiese Beweging onder leiding van Wynand Malan gestig. Dit lei later tot die Demokratiese Alliansie.
2. Ds Petrus van der Spuy, eerste Suid-Afrikaans-gebore predikant in die land, lei 'n dankdiens in 1752 by geleentheid van die eerste eeufeesviering van die vollksplanting aan die Kaap. Kanonskote word die middag afgevuur en goew Rijk Tulbach onthaal die aand Kompanjie-amptenare en Kaapse burgers in die Kasteel.
BROKKIES UIT DIE BOEK: EINDSPEL (1)
Daar is ‘n ou gesegde wat lui: “alle paaie lei na Rome”. Nie na die stad nie, maar inderwaarheid na die Rooms-Katolieke Kerk. Dit het mettertyd ‘n spreekwoord geword, met ‘n geheel ander betekenis. Soms werk dit maar net so dat meer as een mens of groep mense die gedagte kry dat dit op ‘n sekere plek veilig gaan wees.
In hierdie geval het dit beteken dat “Rome” eerder die voet van die Drakensberge is, waar dit uiteindelik doodloop naby Tzaneen, tussen Pietersburg en die Noordelike Limpopo-vlakte. Die plaaslike naam vir die plek is die “Wolkberge”.
GOD GEBRUIK GEWONE MENSE! (2)
Terry Virgo
Lees reeks by God gebruik gewone mense!
WIE IS HIERDIE FILISTYN?
Goliat het oorgenoeg rede gehad om to glo dat hulle die Israeliete maklik en vinnig sou verslaan, veral aangesien hulle alreeds' ‘n oorwinning oor die Moabiete behaal het. Maar daar was iets wat Goliat nie geweet het nie en waarmee hy dus nie rekening gehou het nie. Die Israeliete was nie net 'n klein volkie nie — hulle was God se verbondsvolk!
Perspektief is belangrik
Dawid het dit egter wel deeglik besef. Hy was een van God se verbondskinders en het self as kind die teken van die verbond, die besnydenis, ontvang.
Ek kan my voorstel hoe Goliat elke more gevoel het as hy homself die spieël sien. Hy was inderdaad 'n reus van 'n man - selfs sy wapens moes spesiaal vir hom aangepas word. Dit is dus geen wonder nie dat hy die Israeliete elke dag met soveel moed en minagting aangedurf het.
1861: "NUWE KERK" IN PIETERMARITZ- BURG INGEWY
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 7 APRIL
Op dié dag is die "Nuwe Kerk" van die Nederduitse Gereformeerde gemeente Pietermaritzburg in 'n gees van nederige, diepe dankbaarheid ingewy. Dit is gebou op die halwe erf van Langmarkstraat 34. Ds P Huet was toe predikant van die gemeente, en verskeie hooggeplaastes soos die luitenant-goewerneur, die hoofregter en die sekretaris van naturellesake, het saam met die gemeente die inwydingsplegtigheid bygewoon.
Dit was die tweede kerkgebou van die gemeente en is opgerig onmiddellik langs die eerste, die ou Geloftekerk, wat later die Voortrekkermuseum geword het. Die twee geboue het min of meer dieselfde getal sitplekke gehad maar die nuwe gebou het nodig geword omdat, soos dr HE Faure – predikant van die gemeente in 1855 – op 18 Julie van daardie jaar aan die regering verklaar het, "the one at present in use is altogether in 'n state of dilapidation."
KULTUUR- DAGBOEK 7 APRIL
1. Die Hugenotemonument in Franschoek in die Kaap word in 1948 ingewy. Dit herdenk die koms van nagenoeg 200 Franse Hugenote-setlaars tussen 1688 en 1700 oa A de Villiers, J Malan, Piere Jourdan en G Leroux.
2. Joao de Nova, adelike Galisiese ontdekker in diens van Portugal, land in Mosselbaai in 1501 en laat 'n klip met 'n inskripsie agter wat vandag in die sorg van die Suid-Afrikaanse Museum is.
3. 1861: Die "Nuwe Kerk" in Pietermaritzburg word ingewy. Lees hieroor in hoofartikel.
1652: AANKOMS VAN JAN VAN RIEBEECK
...EN DIE GELOFTE VAN 1654
Die middag om 14:30 van 5 April 1652 word Tafelbaai gewaar deur die opperstuurman van die Drommedaris, een van die drie skepe waarmee kommandeur Jan van Riebeeck op 6 April 1652 aan Tafelbaai land om 'n verversingspos vir die VOC te stig. Die ander twee skepe was die Goede Hoop en die Reijger, wat hulle om vieruur die oggend by die Drommedaris aan die Kaapse kus aangesluit het.
Die skepe het op 6 April naby die kus bly lê terwyl Adam Hulster, die boekhouer, en die onderstuurman, Aernt van Leveren, per sloep vertrek het om Tafelbaai te verken. Twee uur voor sononder het hulle berig dat daar geen skepe in die baai is nie en kon die Drommedaris en die Goede Hoop die baai binnevaar en by die "versse'-rivier anker gooi.
6 APRIL SO BINDEND SOOS 16 DESEMBER
Waarom gaan dit tans so sleg met ons as volk hier aan die suidpunt van Afrika? Is dit nie omdat ons nie meer ons geloftes betaal nie? Ons volk word vermoor en verdruk deur 'n swart owerheid wat ons van die aardbol wil afvee. Ons het bedelaars in ons eie land geword. Is dit die goeie hoedanighede van die huidige regering wat hulle in beheer oor ons geplaas het, of is dit ons swak hoedanighede wat ons onder ‘n strafgerig van ons hemelse Vader geplaas het? Verdien ons nie dit wat oor ons gekom het nie?
Is dit nie ook omdat ons wel nog die Gelofte van Bloedrivier probeer onderhou maar die res vergeet het nie ?
Wat het geword van Van Riebeeckdag wat ons vandag nog net soos Geloftedag op 16 Desember bind?
Wat van die herdenking van die Gelofte van Paardekraal wat bepaal dat ons as volk jaarliks by Paardekraal op 16 Desember bymekaar sal kom en die oorwinning van die ZAR oor die Britse anneksasie van 1877-1881, te gedenk?
En die eerbiediging van die ZAR Volksraadbesluit van 31 Mei 1882 waarin geproklameer is dat 27 Februarie jaarliks as ‘n dag van verootmoediging deurgebring sal word sodat die weldade van die Almagtige God in herinnering geroep word en die eer van die oorwinning aan Hom gegee word?
DIE OPSTANDING
Ds A.E. van den Berg
“Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het.” (Mat 28:6),
Ons dink vanoggend terug aan Jesus se opstanding uit die dood. Maar het hy werklik uit die dood opgestaan? Sommige ongelowiges maak dit af as 'n skokkende leuen wat aan die mensdom afgesmeer is. Gelowiges beskou dit weer as die mees fantastiese gebeure in die ganse geskiedenis. Jesus het op vier maniere by die mense van sy tyd bewondering afgedwing naamlik deur sy wonderwerke, prediking en profesieë wat in sy tyd vervul is. Die grootste van almal was sy opstanding uit die dood.
1952: VAN RIEBEECKSKOOL SE KOSHUIS INGEWY
KULTUURDAGBOEK
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Afrikaner het gelukkig vroeër altyd die hoogste premie geplaas op godsdiens en onderwys in sy persoonlike en volkslewe. Dit is wat van hom 'n vooruitstrewende en geseënde volk gemaak het, en die oorgee daarvan ná 1994 is wat van hom die sterwende volk gemaak het wat hy vandag is sodat een derde moes wegvlug uit hierdie land terwyl die oorblywende volksgenote stelselmatig uitgemoor word.
Met die vestiging van Afrikanergemeenskappe buite ons landsgrense is hierdie tradisie destyds in talle wêrelddele gehandhaaf. So ook in Oos-Afrika. In Tanganjika (later Tanzanië) het mnre Gert de Beer, JF van Wyk, HJC Pieterse en andere, groot pionierswerk op onderwysgebied in belang van die Afrikanerkind verrig.
In Nairobi, Kenia, was mnr PG Nel die eerste (en laaste) Afrikaansonderwyser aan die Engelse hoërskool in Nairobi (1950 – 1954). In 1948 het die NG Sinode van Suid-Afrika R30 000 vir 'n Afrikaanse skool en koshuis op Thomsons Falls bewillig.
KULTUUR- DAGBOEK 5 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
GRAAF G DE VILLEBOIS-MAREUIL SNEUWEL
1. 1900: Graaf Georges de Villebois-Mareuil, 'n Franse edelman, is op 17 Maart 1900 te Kroonstad tot veggeneraal van die Boere benoem deur presidente Kruger en Steyn. Sy opdrag was om 'n legioen te stig uit die vreemdelinge wat hulle aan die kant van die Boere-republieke geskaar het. Op 24 Maart het hy met ongeveer 125 Franse en Hollanders uit Kroonstad vertrek om na Modderrivier te gaan en die spoorlyn suid van Kimberley op te blaas. Hierdeur sou die lewensbelangrike verbindingslyn van die Britte van die Kaap na Transvaal, waarheen lord Roberts aan't opruk was, afgesny word.
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (6)
Dr Willie Lubbe
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
VRYHEID - en Oranje
AS ONS MAAR NOU ’N PRESIDENT STEYN KON HÊ!
“Ek beloof julle ek sal my hand op geen papier sit waardeur ons onafhanklikheid sal vernietig word nie!” President M.T. Steyn
" En vanuit die Vrye Nederlandse Republiek van 1648 loop die Oranjelyn reguit deur na ons eie geskiedenis want uit hierdie Republiek is ons volksplanting onderneem. Witman, waar’s jou vryheid? Ons het koers gehou op die Oranje-vryheidslyn. Maar toe het die krink en die trutrek gekom, terug na die geknelde land van onvryheid en volksvreemde regering. 3 September 1984: Prysgawe ... Verloëning . .. Boeie. Waarheen nou?"
31 Mei 1961
Die rooiste dagbreek in die geskiedenis van die Boerevolk. Dag van vervulling. Vryheidsdag!
Suid-Afrika is ’n vrye Republiek in die statery van nasies. Bruisende geesdrif. Uitbundige vreugde. Die skare wat ’n stuifreëntjie trotseer, sing spontaan “Prys die Heer”. Dan die juigkrete: “Lank lewe die Republiek! Lank lewe die Republiek!”
Skrynend ironies ... 3 September 1984. Ons sou toe dit nooit geglo het nie ...
1905: ONDERWYSUNIE (SAOU) WORD GESTIG
KULTUURDAGBOEK 4 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
Gedurende die laaste dekades van die 19e eeu is daar aan die Kaap 'n taalstryd gevoer – aan die eenkant die stryd van die Afrikanervolk vir gelyke regte van die volkstaal met dié van Engels en aan die anderkant die stryd onder Afrikanertaalmanne oor wat die voertaal moet wees: Patriot-Afrikaans soos voorgestaan deur die Genootskap van Regte Afrikaners, of Nederlands.
In 1819 kom dr Kollewijn in Holland met die voorstel dat Nederlands vereenvoudig moet word en hier te lande vind die gedagte 'n ywerige dissipel in dr WJ Viljoen van die destydse Victoria Kollege en later Superintendent-Generaal van Onderwys in Kaapland. Op Dinsdag 4 April 1905, om 10:00, kom 56 persone byeen in die saal van die Hugenote-gebou in Kaapstad.
KULTUUR- DAGBOEK 4 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Kmdt Gideon Jacobus Scheepers, ZAR-staatsartillerie-heliografis en intrukteur by die OVS telegrafie-afdeling tydens die Tweede Vryheidsoorlog, is op hierdie dag in 1878 op die plaas Roodepoort naby Arnot in Transvaal gebore.
2. Prof Henry Allan Fagan, joernalis (Die Burger) kabinetsminister, professor in die regte aan die Universiteit van Stellenbosch, Afrikaanse dramaturg, vertaler en digter, en hoofregter van Suid-Afrika, is op hierdie dag in 1889 in Tulbagh in die Kaap gebore. Sy gedig, Huisie by die See, is getoonset en deur die Afrikaanse sangeres, Laurika Rauch gesig. Prof Fagan was die eerste regter wat sy ampseed in Afrikaans afgelêhet. Hy was ook die vertaler daarvan uit Engels.
3. Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) word in 1905 in Kaapstad gestig.
4. Die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) kom in 1913 tot stand. Dit word later die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).
GOD GEE SY EIE SEUN
Ds A.E. van den Berg
“En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie” (Gen22:12). .
“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Joh.3:16).
Geen geskenk is wonderliker as iets wat jy baie graag wou hê, nie kon bekostig nie, maar toe wel gekry het. As 'n jong seun wou ek baie graag 'n fiets hê. Maar as alleen kind en 'n moeder as alleen-sorg was daar net nie geld daarvoor nie. Aan die einde van my standerd ses jaar het my moeder toe vir my 'n fiets vir Kersfees op afbetaling gekoop. Dit was my wonderlikste geskenk.