Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons is so geneig om te verwag dat die lewe ons "regverdig" moet behandel. Die geheim van hierdie aardse lewe is nie om 'n goeie hand kaarte te ontvang nie maar defnitief om 'n slegte hand goed te kan speel. Maak die beste van wat jy het en wees dankbaar daarvoor!
1919: SA ONDERTEKEN VERDRAG VAN VERSAILLES
KULTUURDAGBOEK 28 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Vredesverdrag van Versailles is op hierdie dag deur die oorwonne Duitsland onderteken, en daarmee het die Eerste Wêreldoorlog amptelik tot 'n einde gekom.
Die Geallieerde Oorlogsopperraad bestaande uit die Verenigde State, Brittanje, Frankryk en Italië, het Japan as vyfde grootmoondheidslid bygevoeg, en hierdie vyf het die verdrag geformuleer wat ontsettende offers van Duitsland geverg het, onder meer die verlies van 25 000 vierkante myl grondgebied met 6 miljoen inwoners.
KULTUUR- DAGBOEK 28 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1795: Die burgers van Swellendam in die Kaap roep op hierdie dag 'n republiek uit met Hermanus Steyn as president.
2. 1919: Suid-Afrika onderteken die Vredes-verdrag van Versailles waarmee die Wêreldoorlog formeel beëindig word. Lees hieroor in hoofartikel.
3. 1948: Die Berlynse lugbrug kom in werking om alle moontlike hulp te verskaf aan die inwoners nadat die Sowjet-Unie Berlyn geblokkeer het om sodoende die Weste uit Duitsland te verdryf. Lees hieroor in hoofartikel.
1948: DIE BERLYNSE LUGBRUG
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 28 JUNIE
Slegs drie jaar nadat die Tweede Wêreldoorlog in Europa beëindig is, het die Westerse lande weer eens voor 'n krisis te staan gekom Die faktore wat hiertoe aanleiding gegee het, kan teruggevoer word na die vredesvoorwaardes wat op Duitsland afgedwing is.
Duitsland is in vier sektore verdeel, en die Sowjet-Unie, Brittanje, die VSA en Frankryk sou elk 'n deel beheer. Die hoofstad van Duitsland, Berlyn, wat in die Russiese sektor geval het, is ook in vier verdeel.
Aanvanklik het die Sowjet-Unie alle hulp aan die Westerse moondhede verleen maar namate die sektore onder die Weste se beheer ekonomies ontwikkel is, het die Sowjet-Unie Berlyn geblokkeer om sodoende die Weste uit Duitsland te verdryf. Die slagoffers van hierdie besluit was die Berlynse inwoners. Slegs steun van die Weste kon hulle red.
NOG VERRAAD VAN AFRIFORUM
Forum Nuus: AfriForum onderteken ooreenkoms met die Batlharo Ba Ga Motlhware.
AfriForum en die Batlharo Ba Ga Motlhware-kultuurgemeenskap het verlede week ’n wedersydse erkennings-en-samewerkingsooreenkoms onderteken.
Dié burgerregteorganisasie het ook die Batlharo gehelp om ’n lêhoenderprojek van stapel te stuur wat daarop gemik is om ’n winsgewende onderneming vir die gemeenskap in plek te stel.
Afriforum kry by Blankes tonne geld wat hulle inploeg in swart projekte. Kriel meen dat hulle daardeur respek aan swart gemeenskappe betoon wat dan weer respek vir die Afrikaners sal terug bring. Ken hy die denkwyse van 'n swarte? Respek? Daarby voeg Kriel dat dit sal verseker dat daar 'n erfenis vir ons nageslagte sal wees. Ons Afrikaners se nageslagte? Deur met die swart gemeenskappe te heul, Blankes se geld te verspil, so al ons nageslagte iets bekom?
Wat wel waar is, is dat die Geldmagte die breins van mense al so aangetas het dat hulle dink ander aan wie hulle hierdie snert verkondig, sal dit ook glo. Wanneer gaan die Afrikaner wakker word en besef wie regtig sy vyande is!!
SWART GEWELD IN SUID-AFRIKA
Met die dreigement van landswye geweld vir komende Dinsdag 30 Junie, hoef ons ook nie onder die huidige hiel en hel van 'n swart terroristebende te dink moorde op Blankes, Boeregesinne en plaasboere is 'n nuwe verskynsel nie. Die aanslag om van Blankes in Suid-Afrika ontslae te raak het verskerp maar die Swartes het nog deur alle tye probeer om die Blanke uit Suid-Afrika te dryf.
Die Republiek van die Oranje-Vrystaat het sedert sy totstandkoming in 1854 met die Basoeto-vraagstuk geworstel. Die Tweede Basoeto-oorlog het op 9 Junie 1865 uitgebreek omdat die Basoeto's hul herhaaldelik skuldig gemaak het aan skending van die grense, veediefstalle en aanranding en moord op die burgers.
KULTUUR- DAGBOEK 27 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1865: Lees in hoofartikel oor die moord op die Pretoriusfamilie, Pieter Pretorius, jonger broer van Andries Pretorius, sy drie seuns, Jan, Albertus en Jacobus, en Andries Smit, aan die hange van die Drakensberge.
2. 1901: Kapt Jack Hindon, verkenner onder bevel van genl Ben Viljoen, blaas tdens die Tweede Vryheidsoorlog 'n Britse gepantserde trein by Uitkyk-stasie in Oos-Transvaal op.
3. 1987: Die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK), 'n konserwatief-behoudende kerk vir blanke Afrikaners in Suid-Afrika, word in die Skilpadsaal in Pretoria gestig nadat lede nie langer met die verraad om die satan te wil dien binne die NG Kerk kon saamgaan nie. Tans het die APK meer as 40 000 lidmate en 252 gemeentes landwyd en in Suidwes-Afrika.
GELEERDE VERRAAIER WAT SY EIE BLOED VERKOOP HET...
... VIR ‘N SITPLEK BY DIE ELITE: MAX DU PREEZ
Theunis Smith
Hy is ‘n afstammeling van Paul Kruger.
Hy is gebore in ‘n “konserwatiewe middelklas Afrikaner-gesin."
Hy het diep binne die Afrikaner-siel gewortel. En hy het sy hele lewe daaraan gewy om daardie siel te verneder, te beledig, en te probeer uitwis.
Max du Preez is nie net ‘n rubriekskrywer nie, hy is die meester-verraaier, die man wat sy eie volk verlaat het om sy eie gewete te sus en sy eie loopbaan te bevorder.
Du Preez is gebore op 3 Maart 1951 in Kroonstad. Albei sy oupas was Boeresoldate in die Anglo-Boereoorlog.
Hy is ‘n afstammeling van Paul Kruger, die president van die Transvaalse Republiek.
Hy het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.
Hy is nie ‘n buitestaander nie, hy is ‘n bloed-egte Afrikaner wat gekies het om sy eie mense te verraai.
1860: EERSTE SPOORLYN IN SA GEOPEN
KULTUURDAGBOEK 26 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag is die eerste spoorbaan in Suid-Afrika vir verkeer opgestel. Die lyntjie was 3 km lank en het van die Punt na Durban geloop. Dit was die werk van 'n private maatskappy, die Natal Railway Company.
'n Tweede spoorlyn, van Kaapstad na Wellington, is in 1863 in gebruik geneem. Dit was 91 km lank en is ook deur 'n private onderneming, die Cape Town Railway and Dock Company, opgerig.
Tot en met die ontdekking van diamante en goud was spoorwegontwikkeling traag en moeisaam.
KULTUUR- DAGBOEK 26 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1860: Eerste spoorlyn in SA open. Lees in hoofartikel hieroor.
2. 1892: Die Oranje-Vrystaat-Onderwysersvereniging OVOV) word op hierdie dag in Bloemfontein gestig omdat daar onder die Vrystaatse onderwysers 'n behoefte was aan 'n vereniging om hulle belange te behartig en vir hulle in die bres te tree, en finansiële steun te verleen indien nodig.
BYBEL OF GRONDWET?
Ds A.E. van den Berg
Daar word van Suid-Afrikaanse burgers verwag om die Grondwet van 1996 as die hoogste gesag te beskou en nie die Bybel soos voorheen nie. Dis die uitvloeisel van 'n denkrigting wat die mensdom sedert die Franse Revolusie meevoer nl. Humanisme. Dis 'n wêreldbeskouing wat menslike waardigheid en vryhede vooropstel en die Bybel ter syde stel.
Suid-Afrika het na die afskaffing van afsonderlike ontwikkeling met hierdie wêreldbeskouing besield geraak en selfs 'n Handves van Menseregte in die grondwet opgeneem om die sg. waardigheid van die mens te beskerm.
1905: CULLINAN- DIAMANT ONTDEK
KULTUURDAGBOEK 25 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Cullinandiamant, die grootste diamant wat nog ooit gevind is, is deur Frederick Wells, 'n amptenaar van die Premier-Diamantmaatskappy, ontdek. Hy het 'n beloning van 2 000 pond gekry vir sy vonds wat 3 025 karaat geweeg het, 11 cm by 6 cm by 5 cm groot. Dit is genoem na sir Thomas Major Cullinan, stigter en voorsitter van die maatskappy.
Na veel oorweging is die steen deur die eienaars van die myn aan die Transvaalse regering vir 'n bedrag van 125 000 pond verkoop, waarvan 60% in elk geval aan die staat betaal moes word.
Op voorstel van die onnadenkende genl Louis Botha, Eerste Minister van Transvaal, is besluit om die diamant aan koning Edward VII van Engeland te skenk ter herinnering aan die toekenning van selfbestuur aan die voormalige kolonie – so het Botha nog een van sy talle oordeelsfoute in die guns van die Britte begaan.
KULTUUR- DAGBOEK 25 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1893: Natal kry selfregering.
2. 1915: Die 'Het Westen' in Bloemfontein, wat deesdae 'Die Volksblad' genoem word, begin op hierdie dag die Halfkroonfonds vir die betaling van genl Christiaan de Wet se boete van R2 000 wat aan hom opgelê is weens sy deelname aan die 1914-Rebellie – toe was dit nog 'n nasionalistiese koerant vir die volk.
3. 1905: Lees in hoofartikel oor die ontdekking van die Cullinandiamant.
WAT VRA DIE HERE VAN ONS?
Hannes Ollewagen
Miga 6:1-16
“Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” (:8).
Wat is meer nodig as die bespreking van teologiese sake? Seker dat ons aan kernwaarhede van die Woord herinner word. En is dit nie treffend hoedat juis dít by monde van die profeet Miga gebeur nie? In die woorde van vers 8 word die vereistes van God aan die mens duidelik en eenvoudig gestel – reg, liefde en ootmoed.
Hierdie hoofstuk begin waar God aan Miga die opdrag gee om die twis van die HERE met sy volk aan die volk oor te dra. God stel dit duidelik dat Hy nie tevrede is met die verhouding wat daar tussen Hom en sy volk bestaan nie:
1892: DR THEO WASSENAAR
KULTUURDAGBOEK 24 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Theodorus Wassenaar is op hierdie dag gebore op Hendrina, waar hy ook later sy eerste onderrig op die plaas ontvang het.
In 1909 gaan hy na Middelburg, en in 1910 ontvang hy 'n beurs vir verdere studie in Holland. Daar raak hy in Afrikaans geïnteresseerd en begin skryf.
In Oxford raak hy onder die invloed van Shelley, en later Perk, onder wie se invloed hy die sonnetvorm gebruik.
Hy kwalifiseer in Amsterdam as oogspesialis en was 'n tyd lang oogarts op Lydenburg en daarna professor in Fisiologie aan die Universiteit van Stellenbosch.
Sedert 1934 neem hy deel aan die politiek.
1798: GERRIT MARITZ
KULTUURDAGBOEK 24 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Gerhardus Marthinus Maritz (algemeen bekend as Gert of Gerrit) is in Maart 1797 in die Graaff-Reinetse distrik gebore en op hierdie dag is hy gedoop.
Die verskrikking, plundering en verwoesting deur die Kôsa- en Hottentotbendes wat hy as sewejarige seun in die Suurveld deurgemaak het, het 'n blywende indruk op hom gemaak.
In 1811 het sy vader as baaspadmaker en timmerman hom op Graaff-Reinet gevestig, en daar het die jeugdige Gert hom as wa-maker bekwaam en spoedig die voorste wa-maker op Graaff-Reinet geword. Sy wa-makery het 'n bloeiende onderneming, en hy een van die vermoëndste manne in die distrik geword.
KULTUUR- DAGBOEK 24 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1712: Simon van der Stel, eerste Kaapse goewerneur (1691-1699), stigter van Stellenbosch, die wynplaas Groot Constantia, en die Drakensteindistrik, Hugenote-vriende, prospekteerder van Namakwalandse koper en Kaapse boomplanter, is 1712 in die Kaap oorlede.
2. 1798: Lees in hoofartikel meer oor Gerrit Maritz.
3. 1892: Theo Wassenaar, mediese dokter, politikus en Afrikaanse digter: lees meer in hoofartikel.
4. 2000: Die Demokratiese Party (DP), die Nuwe Nasionale Party (NNP) en die Federale Alliansie (FA) verenig op hierdie dag om die Demokratiese Alliansie (DA) te vorm.
GODDELIKE WAARSKUWINGS (4)
Hierdie reeks handel oor visioene van verskeie persone, hoofsaaklik oor Suid-Afrika.
Die Slag van Pretoria - visoene en drome hieroor
FR se droom in 1966
Swaar gewapende VN-soldate kom van oos, wes, noord en suid in Kerk- en Paul Krugerstrate afgemarsjeer. Die standbeeld van oom Paul word getref en net 'n stuk van sy een been bly oor. Soldate val links en regs van my. Ek hurk en skuil agter een van die standbeelde aan oom Paul se voet en kyk na die verwoesting van die middestad.
Dan roep iemand my oor 'n radiosender en sê die aanval by Wonderboomkop moet afgeslaan word. Die volgende oomblik bevind ek my nie meer op Kerkplein nie maar iewers hoog bo-op die Wonderboomrant noord van Sinoville.
1902: SALMON VAN AS DEUR BRITTE GEFUSILLEER... VERMOOR.
KULTUURDAGBOEK 23 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
So laag het ons Britse volksvyande gedaal dat hulle selfs nadat die Tweede Vryheidsoorlog verby was en die Boere gedwonge by Vereeniging moes instem tot 'vrede', nog van ons volksgenote terreggestel het. Dié dood was die prys wat 'n aantal Boerekrygers moes betaal vir hulle dapperheid toe hulle huis en haard moes beskerm tydens 'n oorlog op eie bodem wat die gulsige Brittanje hier op ons volk kom afdwing het.
Salmon Gerhardus van As is op 2 Mei 1878 gebore en op 23 Junie 1902 deur 'n Britse krygshof tereggestel nadat hy aan moord op kaptein Richard Miers skuldig bevind is. Dit was net ná die Vrede van Vereeniging op Heidelberg in Transvaal.
Veldkornet Van As, asook 'n sekere Cilliers en ene Muller is van die vrywarings in die akte van oorgawe uitgesluit omdat hulle elkeen by drie verskillende geleenthede drie ander mense in die Tweede Vryheidsoorlog om die lewe sou gebring het.
1890: INSTELLING VAN 'N TWEEDE VOLKSRAAD - ZAR
KULTUURDAGBOEK 23 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die instelling van 'n Eerste en Tweede Volksraad deur Wet Nr 4 van 1890 van die ZAR was 'n poging van pres Paul Kruger om 'n oplossing te vind vir die probleem van immigranteverteenwoordiging in die landsbestuur, sonder om die onafhanklikheid van die Republiek in gevaar te stel.
Die lede van die Tweede Volksraad moes dertig jaar oud wees, die twee onmiddellik voorafgaande jare stemgeregtigde burgers, lidmate van 'n Protestantse kerk wees, in die Republiek woon en daar eiendom besit het. Met uitsondering van landbou, naturellesake, spoorweë, die munt- en bankwese, die verlening van konsessies en die finansies, is alle sake van binnelandse belang aan die Tweede Volksraad toevertrou – dus veral ook dié van die goudvelde, sake waarby die immigrantebevolking belang gehad het.
1792: NEDERBURGH EN FRYKENIUS KOM IN KAAP AAN
KULTUURDAGBOEK 23 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Simon Hendrik Frykenius en Sebastiaan Cornelis Nederburgh, wat in 1791 aangestel is as kommissarisse-generaal oor die VOC se besittings, kom op hierdie dag in die Kaap aan omdat hulle opdrag ontvang het om vir die ontevrede burgers beter bestaansmoontlikhede te vind.
Hulle het nuwe bronne van welvaart gesoek: woluitvoer en walvisvangs is aangemoedig en vryhandel met die skepe van die Kompanjie is toegelaat.