Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As ons moedeloos raak oor ons land se ellendige toestand, of ons volk se nog ellendiger situasie, onthou dat die gebede van die regverdige tot groot krag is - God het 'n deel van ons volk hul knieë nie voor Baäl laat buig nie en hulle bid en Hy hoor hulle! Soos Hy aan Elia gesê het toe dié gekla het dat die hele volk ten gronde is: Hy het vir Hom 7 000 man uitgehou . Daar is nog Afrikaners en Christene wat opreg bid vir ons volk en land!
KULTUUR- DAGBOEK 3 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1967: Die FAK hou hulle eerste kongres oor skoolmusiek- en sang. Ná uitgebreide onderhandeling veral met die Transvaalse Onderwysdepartement en die Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste oor musiekonderrig hou die FAK deur middel van sy Musiekkomitee sy eerste Kongres oor Skoolmusiek- en sang van 3 – 5 Julie 1967 in Johannesburg. Onder groot belangstelling geniet die onderwerpe Doelstellings met Musiekbevordering; Musiekwaardering; Sang op hoërskoolvlak; Operettes, kunswedstryde en sangfeeste; en Instrumentale Musiek op skool, groot aandag. Die 2e kongres is gehou in Julie 1969 op Kroonstad, die derde in April 1972 op Stellenbosch en die vierde in April 1974 in Port Elizabeth. Hierdie kongresse het ongetwyfeld rigtinggewende invloed op Afrikaanse musiek en sang in Afrikaanse onderwysinrigtings uitgeoefen.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (16)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die grens na die Ivoorkus, in Frans die Côte d’Ivoire, was aanvanklik ‘n Franse protektoraat, later ‘n Franse kolonie en uiteindelik het hulle onafhanklikheid verkry in 1958.
Alhoewel dit deur twee intense burgeroorloë gegaan het, tot so onlangs as 2011, het dit uiteindelik gestabiliseer en is tans die land in Afrika met die hoogste groeisyfer van 7,4%. Die grootste uitvoerprodukte is koffie en kakao.
Wanneer die konvooi deur die grenspos is, wag daar ‘n klein dorpie, Dabélé, minder as twee kilometer vanaf die grens, op hulle. Dis op die oog af ‘n netjies-uitgelegde plekkie, met presies-getrekte kruis en dwarsstrate.
1909: SA AKADEMIE VIR WETENSKAP EN KUNS GESTIG
KULTUURDAGBOEK 2 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1908 is die vereniging Onze Taal in Bloemfontein gestig om te waak oor die belange van Hollands in die Vrystaat. Ds Willem Postma (dr O'kulis) het 'n leidende rol in hierdie vereniging gespeel en het dit sterk bepleit dat 'n sentrale organisasie daargestel behoort te word om samewerking tussen die twee strydende taalpartye – Hollands en Afrikaans – te bewerkstellig. 'n Taalkongres wat later tot April 1909 uitgestel is, was 'n noodsaaklikheid.
1888: OPENING VAN VOLKS- HOSPITAAL, PRETORIA
KULTUURDAGBOEK 2 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die tagtigerjare van die vorige eeu het dokters in Pretoria begin aandring op hospitaalgeriewe. In Februarie 1887 het 'n kommissie onder leiding van genl PJ Joubert met die regering oor 'n terrein onderhandel.
'n Ou huis naby die militêre kaserne in die huidige Potgieterstraat asook twaalf aangrensende erwe is afgestaan. Onder voorsitterskap van hoofregter JG Kotze is 'n permanente hospitaalkomitee in die lewe geroep.
In 1887 samel 'n aantal dames in Pretoria met 'n basaar 1 500 pond in vir die oprigting van die hospitaal. 'nTydelike hospitaal met vyftien beddens is op die aangewese terrein opgerig.
1936: DIE VADERLAND, EERSTE AFRIKAANSE DAGBLAD, VERSKYN
KULTUURDAGBOEK 2 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Vaderland verskyn op hierdie dag as die heel eerste Afrikaanse dagblad in Johannesburg. Daarmee word finaal die fondament gelê vir die verrysing van die Afrikaanse Pers in Transvaal ná al die moeisame en mislukte pogings in meer as twee dekades wat dit voorafgegaan het.
Dit het begin met Die Week op 23 Februarie 1912. Dit is opgevolg deur Het Volk, en toe Ons Vaderland, onderskeidelik 'n halfweeklikse blad, en 'n dagblad.
KULTUUR- DAGBOEK 2 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Lees in hoofartikels:
1. 1888: Opening van die Volkshospitaal in Pretoria;
2. 1901: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns word gestig;
3. 1936: Die Vaderland as eerste Afrikaanse dagblad verskyn.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (15)
Wanindrukke, gebrek aan kommunikasie en verkeerde aannames het al in die verlede baie slegte gevolge gehad en dit sal sekerlik ook so wees tot daar nie meer mense is nie.
Bella en die ander vroue het koffie gemaak en dit aan die manne gaan uitdeel. Net sodra Bella aan Werner syne gee, struikel sy effens oor ‘n ongelykte. Werner gryp na haar hand om te keer dat sy nie val of die warm koffie oor hom of haar uitstort nie. Op daardie oomblik kyk Max op, sien dat Werner haar hand vashou, kom tot ‘n verkeerde gevolgtrekking en alhoewel hy niks sê nie, is die skok daarvan so groot, dat dit voel asof iemand hom in die maag geskop het. Hy voel die hartseer en teleurstelling sò intens, asof dit iets is wat vanaf sy solar plexus af uitbeweeg na sy arms en bene toe.
1948: SA ORRELBOUERS (EDMS) BPK GESTIG
KULTUURDAGBOEK 1 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Van selfstandige orrelbou in Suid-Afrika was daar tot 1948 haas geen sprake nie en was ons op kerklike en sekulêre gebied aangewese op ingevoerde Engelse en Amerikaanse orrels.
In 1948, die jaar toe daar ook duidelike belangstelling van die Afrikaanse kerke vir die orrelkultuur in Suid-Afrika uitgegaan het, het die groot orrelkultuurbloei in die geskiedenis van Suid-Afrika begin toe mnr W van Loon die Suid-Afrikaanse Orrelbouers (Edms) Beperk, (SAOB) gestig het.
Aanvanklik was dit slegs 'n klein, nederige onderneming in Strubenstraat, Pretoria.
1936: EERSTE BYEENKOMS VAN ANK
KULTUURDAGBOEK 1 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daar was 'n dringende behoef om alle Afrikaanse volksbedrywighede in een kragtige en oorkoepelende liggaam saam te snoer. Indien daar so 'n organisasie sou wees, kon die Afrikanerbelange op 'n veel beter en geordende wyse gedien word. Met hierdie doel voor oë het verteenwoordigers van landwye Afrikaanse organisasies onder beskerming van die FAK in Bloemfontein vergader.
1914: JL VAN SCHAIK (EDMS) BPK GESTIG
KULTUURDAGBOEK 1 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die firma JL van Schaik (Edms) Beperk is op hierdie dag deur mnr JL van Schaik in Pretoria opgerig. Aanvanklik slegs 'n boekhandelaar, besef hy gou die groot behoefte aan goeie Afrikaanse boeke en word hy 'n uitgewer, en voor 1920 verskyn die eerste boeke.
Jong Afrikaanse skrywers is deur hierdie organisasie aangemoedig om hulle manuskripte voor te lê.
Ook op die gebied van die opvoedkunde verskyn 'n reeks boeke in Afrikaans vir die laer- en hoërskole. Woordeboeke word uitgegee, wat die voorlopers word van standaardwerke op die gebied.
In 1960 ontvang mnr Van Schaik 'n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir die waardevolle diens wat hy aan Afrikaans bewys het.
KULTUUR- DAGBOEK 1 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Lees in hoofartikels:
1. 1914: JL van Schaik (Edms) Bpk gestig;
2. 1936: Eerste byeenkoms van die Afrikaanse Nasionale Kultuurraad (ANK);
3. 1948: Suid-Afrikaanse Orrelbouers (Edms) Bpk gestig.
‘N BARMHARTIGE GOD
Hannes Ollewagen
Matt. 20:29-34
“En daar het twee blindes langs die pad gesit; en toe hulle hoor dat Jesus verbygaan, roep hulle uit en sê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid! En die skare het hulle bestraf, dat hulle moes stilbly; maar hulle het al harder geroep en gesê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid! Toe gaan Jesus staan en roep hulle en sê: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen? Hulle antwoord Hom: Here, dat ons oë geopen mag word. En Jesus het innig jammer vir hulle gevoel en hulle oë aangeraak, en dadelik het hulle oë gesien, en hulle het Hom gevolg.” (:30-34).
Uitsigloos met min hoop vir ’n beter toekoms sit hierdie mense langs die pad. Daar is niemand wat aan hulle toestand iets kan verander nie – ten minste menslik gesproke. En dan bereik die nuus hulle ore dat Jesus by hulle verbygaan. Hulle het klaarblyklik al baie van Hom gehoor. Dan weerklink hulle wekroep na Hom: Wees ons barmhartig, Here!
1854: EERSTE PARLEMENT- SITTING IN KAAPSTAD
KULTUURDAGBOEK 30 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag is die eerste verkose Parlement van die land in Kaapstad deur lt.-goew Charles Henry Darling geopen. Tot dusver was Kaapland 'n kroonkolonie onder Britse gesag en met weinig eie mag. Tussen 1834 en 1853 het 'n Wetgewende Raad sukkelend voortgegaan. Sedert 1846 is egter daadwerklik gepoog om groter selfbestuur te bekom. Allerlei irrelevante voorvalle en eise het die saak bevorder of benadeel maar in Maart 1853 het Engeland finaal die beoogde konstitusie bekragtig.
Van 1 Julie 1853 af tot 1910 is die Wet met beperkte verandering toegepas. Die Wetgewende Vergadering, oftewel Laerhuis, het uit 46 verkose lede wat vir vyf jaar verkies is, bestaan. Alle manlike, mondige Britse onderdane – ongeag ras, kleur of geloof – wat aan sekere geringe ekonomiese bepalings voldoen het, was stemgeregtig.
1936: JAN SPIES SE NALATENSKAP
KULTUURDAGBOEK 30 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Almal wat Jan Spies geken het, weet ook nie alles van hom nie. Hier is nog so bietjie nuus oor hom:
Hy is op hierdie dag gebore op die plaas Sekretarispan, in die Rehoboth-distrik in Suidwes-Afrika.
Dr Johannes Petrus Spies was as lektor by die Randse Afrikaanse Universiteit werksaam; ook was hy die koerantredakteur van 'Die Republikein'; en hy was 'n Afrikaanse skrywer van werke soos onder andere 'n 'Poort deur die Koue'.
Hy was ook 'n radio-omroeper van 'Monitor'; en hy was 'n bekende televisiepersoonlikheid in programme soos onder andere 'Spies en Plessis', en 'Met permissie....'
Hy was ook 'n digter van onder andere 'Voetvolk 1960 – 1970'; 'n humoris, en 'n bobaas-storieverteller. Gelofteland het ook van sy kortvertellinge geplaas onder die afdeling Ons Taal.
Hy het onverwags in 'n motorongeluk gesterf, datum nie aan ons bekend.
Van sy gedigte is deur die sangeres Arina de Wit getoonset en in 2008 bekend gestel.
KULTUUR- DAGBOEK 30 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1872: Pres Thomas Francois Burgers word op hierdie dag as staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek ingehuldig.
2. 1921: Die Suid-Afrikaanse Reserwebank word geopen.
3. 1924: Genl JBM Hertzog word in die amp van Premier van die Unie van Suid-Afrika bevestig.
4. 1936: Lees oor Jan Spies in hoofartikel.
5. 1854: Die eerste parlementêre sitting in Kaapstad vind plaas – lees in hoofartikel meer hieroor.
1904: LAASTE BOODSKAP VAN PRES KRUGER
KULTUURDAGBOEK 29 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 29 Junie 1904 het pres Paul Kruger uit Clarens in Switserland sy laaste boodskap aan die verslane Boerevolk gestuur, gerig aan genl Louis Botha. Hier is dit vertaal aangebied soos wat dit destyds deur die FAK gedruk en in duisende landwyd versprei is:
Dit is vir my 'n groot voorreg om die ontvangs te kan erken van u kabelgram van die 23e Mei en van u brief van die 29e van daardie selfde maand, waardeur aan my die groete oorgebring word van die die kongres van 23-25 Mei, te Pretoria gehou.
KULTUUR- DAGBOEK 29 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1904: Pres Paul Kruger, laaste staatspresident van die ZAR (1883 – 1902), skryf vanuit Clarens in Switserland sy bekende laaste boodskap aan sy volk. Lees in hoofartikel hieroor.
DIE LEWE NA DIE DOOD (3)
Ds A.E. van den Berg
“Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan (Luk.16:31).
Alle gelowiges glo aan 'n lewe na die dood. Die vraag wat egter dikwels gevra word, is of ons mekaar in die na-doodse lewe sal herken? Ja, ons sal, maar met ‘n groot verskil – sonder enige aardse verhoudings. Verhoudings daar sal baie anders wees. Daar sal bv. geen huweliksverhoudings wees nie omdat gelowiges se aandag geheel op God gerig sal wees. Die Bybel lig ons egter nie volledig daaroor in nie omdat alles in die hiernamaals om Jesus en Hom alleen draai.
Die gelykenis van Lasarus en die ryk man sê wel dat ons van mekaar bewus sal wees. Hierdie gelykenis is 'n verhaal wat in twee bedrywe ontvou. In die eerste bedryf is daar twee spelers: ‘n ryk en ‘n arm man. In die tweede bedryf word hierdie rolle omgeruil – die ryk man word arm en beland in die verdoemenis terwyl die arm man geestelik ryk word en ewige saligheid geniet. Die doel van hierdie gelykenis is nie om inligting rakende die hiernamaals na mense deur te gee nie, maar om hoorders op aarde tot ‘n beslissing aan te spoor wat hul ewige woonplek gaan bepaal.
1919: SA ONDERTEKEN VERDRAG VAN VERSAILLES
KULTUURDAGBOEK 28 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Vredesverdrag van Versailles is op hierdie dag deur die oorwonne Duitsland onderteken, en daarmee het die Eerste Wêreldoorlog amptelik tot 'n einde gekom.
Die Geallieerde Oorlogsopperraad bestaande uit die Verenigde State, Brittanje, Frankryk en Italië, het Japan as vyfde grootmoondheidslid bygevoeg, en hierdie vyf het die verdrag geformuleer wat ontsettende offers van Duitsland geverg het, onder meer die verlies van 25 000 vierkante myl grondgebied met 6 miljoen inwoners.
KULTUUR- DAGBOEK 28 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1795: Die burgers van Swellendam in die Kaap roep op hierdie dag 'n republiek uit met Hermanus Steyn as president.
2. 1919: Suid-Afrika onderteken die Vredes-verdrag van Versailles waarmee die Wêreldoorlog formeel beëindig word. Lees hieroor in hoofartikel.
3. 1948: Die Berlynse lugbrug kom in werking om alle moontlike hulp te verskaf aan die inwoners nadat die Sowjet-Unie Berlyn geblokkeer het om sodoende die Weste uit Duitsland te verdryf. Lees hieroor in hoofartikel.