Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Gewoontes en gebruike kan goed of sleg aangewend word. Moenie dat jou gewoontes en tradisies vir ander 'n struikelblok wees nie maar eerder dien as aanmoediging tot eer van die HERE se heilige Naam.
1838: RETIEF- DINGAAN- TRAKTAAT
KULTUURDAGBOEK 4 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Piet Retief het in November 1837 vir die eerste keer met Dingaan onderhandel oor 'n grondgebied in Natal vir die Voortrekkers. Hoewel Dingaan gewillig was om grond aan die Voortrekkers af te staan, het hy dit as voorwaarde gestel dat Retief die Zoeloes se beeste wat Sikonyela se mense geroof het, moet terugbring.
Nadat hierdie taak suksesvol afgehandel was het Retief en sowat sewentig blankes en dertig gekleurde agterryers op 3 Februarie 1838 weer by Dingaan se hoofkraal Umgungundluvu aangekom. By hom het Retief 'n traktaat, gedateer 4 Februarie, gehad waarvolgens Dingaan die gebied tussen die Tugela- en Umzimvuburivier aan die Voortrekkers sou afstaan.
BROKKIES UIT DIE BOEK: DARIUS PRINS – STAATSVYAND (3)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Die probleem het gekom toe ‘n paar onvoorsiene gebeure plaasgevind het. Die eerste was dat Joe Biden te vroeg sy varkies begin verloor het. Hy moes nog ‘n paar jaar kon vasbyt en die Demokrate kans gee om ‘n geskikte plaasvervanger groot te maak. Dis klink maklik, Amerika is uiteraard ‘n groot land, met baie betroubare en bekwame mense, maar hy maak toe die fout om Kamala Harris aan te wys as sy opvolgkandidaat. Op die oog af sou sy dit dalk kon doen, aangesien sy die regte profiel het – middeljarig, swart, liberaal en ‘n vrou. Sy het nie te veel bagasie nie en sy kon, soos Barak Obama, dalk net werk. Terloops, die Hebreeuse woord ‘barak’, beteken ‘bliksem’, maar die Amerikaners het nie ons verwysingsraamwerk daarvoor nie.
1848: TRANSGARIEP TOT BRITSE GEBIED VERKLAAR
KULTUURDAGBOEK 3 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die begin van die negentiende eeu was die streek tussen die Oranje- en Vaalrivier, Transgariep, met uitsondering van klein klompies Boesmanjagters, vir die allergrootste gedeelte onbewoon. Geleidelik het stamme soos die Korannas in die weste, die Griekwas in die suidweste en die Bantoe in die ooste die gebied binnegedring, terwyl die Barolong en ander kleiner stamme hul in die middel gevestig het. Sendelinge het hul onder hierdie inboorlinge begin vestig en aansprake op grondgebiede gesteun wat nooit op enige tydstip bewoon is nie.
Sedert die begin van die twintigerjare het Kaapse veeboere, vanweë droogtes en sprinkane, seisoenmigrasies na die onbewoonde suidelike dele van Transgariep onderneem, maar vanweë veeverliese met die heen-en-weer-trekkery oor die Grootrivier, het hulle hul teen die dertigerjare permanent in die gebied gevestig – en om praktiese redes hul steeds as troue Britse onderdane beskou.
1488: DIAS LAND IN MOSSELBAAI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Dias se karvele kon nie deur die sterk suidoostewind vaar nie, en met 'n roete-aanpassing het hulle om Kaappunt gevaar.
Dias se geselskap het òf by Visbaai òf Mosselbaai hul eerste tree op die suidkus van Afrika gegee. Hier het die eerste skermutseling tussen Westerling en die Hottentotte plaasgevind. Daarna het die twee skepe verder in 'n oostelike rigting gevaar tot by die Bahia da Lagoa (lagune), die baai wat nou Algoabaai heet. Hier wou Dias se matrose omdraai maar Dias het hulle oortuig om nog verder te vaar.
BROKKIES UIT DIE BOEK: DARIUS PRINS – STAATSVYAND (2)
“Asseblief man! Bring ons nou by 1994 uit!”
“Ja, 27 April 1994. Die koeël is deur die kerk, wat in ‘n groot mate ‘n senior rol in die oorgang gespeel het. Wanneer ons nou terugkyk, lyk dit vir my asof ‘n klompie manne in beheer die Vrymesselaars bevele gee, wat dit aan een van hulle filiale, die Afrikaner Broederbond oorgedra het, aan die saamspelende dominees opdrag gegee het en die predikante en pastore dit aan die gemeentelede verkoop het, wat die stemme moes uitbring in die referendums.
“Hierna is stemreg aan miljoene swart en bruinmense gegee en enige swaap, behalwe die Nasionale Party en hulle aanhangers, kon sien dat die ANC aan bewind sou kom. Dit het uiteraard gebeur, met ‘n meerderheid van 62%. Die swartmense het hulle verbly in hulle ‘vryheid’ en die feit dat hulle nou aan blankes gelyk is, en mettertyd dieselfde werksgeleenthede, huise, karre en klere gaan kry. Hulle hoef nie meer ‘Baas’, ‘Miesies’, of ‘Kleinbaas’ te sê nie. Die swartmense vier fees en die blankes koop blikkieskos en ammunisie.
1937: DIE BRANDWAG VERSKYN
KULTUURDAGBOEK 2 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Met die verskyning van Die Brandwag in 1937 (eers as 'n tydskrifbylae by die dagblad Die Vaderland, en vanaf September daardie jaar as selfstandige tydskrif) herleef die strewe van die eerste Afrikaanse weekblad van hoë gehalte in die Noorde. Dit het ook onder dieselfde naam, van 1910 tot 1922, die eerste pioniersbydraes in die ontwakende jong taal Afrikaans gepubliseer.
Hierdie nuwe Brandwag, begin met mnr OE Schwellnus as redakteur, het spoedig, ook onder redakteurskap van mnr AM van Schoor, gebloei tot een van die twee grootste weektydskrifte in Afirkaans. Dit het bestaan tot September 1965 toe dit as tydskrifbylae by die Sondagblad Dagbreek en Landstem in gelyf is.
DIE NOOD AAN GODVRESENDE LEIERS
‘N BOODSKAP AAN ALLE BLANKE AFRIKANERS
Ds A.E. van den Berg
“Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel die aan oor hulle...” (Ex.18:21)
Het die kerk 'n sê oor politiek of moet dit daar uitbly? Baie mense dink dat die kerk uit die politiek moet bly. Dis die verkeerdste ding om te doen – die kerk is dan God se spreekbuis. Is daar ooit iewers 'n lewensterrein waar God niks te sê het nie? Swyg die Bybel miskien oor politieke sake? Allermins! Die Bybel praat verrassend baie oor politiek en gee duidelike aanwysings oor hoe dit bedryf moet word. God se Woord slaan geen lewensterrein oor nie; ook nie die politiek nie.
Politiek is nie 'n vuil ding soos wat baie mense beweer nie. Dis eerder 'n heilige saak omdat dit die sinvolle ordening van menslike gemeenskappe is sodat mense in vrede en geregtigheid kan woon en werk. Paulus skryf: “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (1 Kor.14:40). Dit geld ook vir die politiek.
1891: ONZE TAAL GESTIG
KULTUURDAGBOEK 1 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hierdie Rederykerskamer is gestig met die doel om "die welsprekendheid van die Hollandsche taal" te beoefen en "de bevordering van gezellige verkeer in kleine kring".
Op 18 Maart 1891 is die eerste uitvoering van hierdie vereniging se ideale met voordrag van gedigte en musiek gelewer. Veral die invloed van D Balfoort en sy eggenote het 'n groot rol in die lewering van pragtige musiek en sang gespeel. Dit was net so 'n geslote vereniging soos die gewone Rederykerskamer van later jare. Die vergaderplek is deurgaans aangegee as die Good Templars Hall.
EK HET GESTERF ! (13)
Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf
deur Anita Joubert
Jesus het in my oë gekyk en gesê: “My volgelinge dink die verassing van die liggame van die mense vir wie julle lief is, is sommer net ʼn keuse van die tyd en kultuur waarin julle leef.”
Ek het nooit kon dink dat Jesus Christus op ʼn dag self vir my hierdie vraag sou vra nie. Hy het gesê: “ Kom ek wys vir jou wat in die geesteswêreld gebeur.”
Sy woorde het my geruk, want in al die jare wat ek getrou kerkdienste bygewoon het, het ek nog nooit enige prediker hoor sê dat verassing iets met die siel, die liggaamlike opstanding of ʼn mens se ewige bestemming te make het nie.
My naam is Daniël, en ek het grootgeword in ʼn fatsoenlike Christenfamilie in die Amerikaanse platteland. My vader was ʼn skrynwerker, my moeder ʼn verpleegster en ek is grootgemaak in die gebruik om Sondae kerktoe te gaan, te bid voor ek gaan slaap en ons het die bekendste Bybeltekste in die Sondagskool gememoriseer. Ek het in God geglo, ja, maar as ek eerlik moet wees, was my geloof oppervlakkig.
1938: NEDERLAND EN SUID-AFRIKA
KULTUURDAGBOEK 31 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In hierdie Eeufeesjaar van die Afrikaner toe hy die Groot Trek herdenk het, is kroonprinses Beatrix van die Nederlande gebore. Die Afrikanervolk het in sy eie jubeling saam met die Nederlandse vorstehuis gejuig, want oor en weer is besef dat daar altyd bindinge tussen ons as Dietse eenhede sal bestaan. Dit was immers koningin Wilhelmina, ouma van Beatrix, wat in Oktober 1900 aan Paul Kruger die Gelderland beskikbaar gestel het om hom na Europa uit Britse vyandshande te vervoer. Dit was Nederlanders wat in die Engelse Oorlog aan Boerekant geveg, ons saak in Europa bepleit en noodhulp aan ons Konsentrasiekampvolk verleen het.
1922: AVBOB GESTIG
KULTUURDAGBOEK 31 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Afrikaanse Verbond Begrafnisondememing Beperk, die bekende begrafnisonderneming en versekeringsaak, word gestig uit 'n vereniging bekend as die Afrikaanse Verbond, wat reeds in 1918 in Bloemfontein 'n voorsorgfonds vir sy lede daargestel het, en word so nie net een van die Afrikaanse pioniersake-ondernemings in die Oranje-Vrystaat nie, maar geniet spoedig erkenning dwarsdeur die land, waar AVBOB gehelp het aan die bou van Afrikaner sake-individualisme.
1841: GROOTE KERK, KAAPSTAD
KULTUURDAGBOEK 31 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Toe daar in 1835 ernstig aan die vervanging van die dak van die Kaapse kerkgebou uit 1704 gedink moet word, blyk dit dat die ou fondamente die beplande hoër mure en nuwe dak nie sal kan dra nie. Gevolglik word die historiese ou gebou, buiten die toring, tot groot ontevredenheid van 'n deel van die gemeente gesloop en word die latere Groote Kerk, grotendeels onder die leiding van die bekende boumeester-argitek Herman Schütte, op die plek van die oue opgerig.
1888: Dr. D.B. BOSMAN, GRONDLEGGER VAN WETENSKAPLIKE BESTUDERING VAN AFRIKAANS
KULTUURDAGBOEK 30 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daniel Brink Bosman is op hierdie dag in die distrik Boshof gebore. Sy skoolloopbaan op Boshof is deur die Tweede Vryheidsoorlog onderbreek. Gedurende die oorlog het hy 'n tyd lank saam met sy vader, wat weens doofheid nie op kommando kon gaan nie, gevlug. Ná die oorlog het hy op Franschhoek en Boshof skoolgegaan en in 1908 op Boshof gematrikuleer. Hy het sy studie aan die Grey-Universiteitskollege (die latere Universiteit van die OVS) voortgesit, waar hy in 1911 die graad MA behaal het.
Op aanbeveling van pres. M.T. Steyn, is 'n Herman Coster-studiebeurs aan hom toegeken, en in 1912 is hy na Nederland om am die Rijksuniversiteit in Groningen verder te gaan studeer.
1824:HOLLANDSE TAAL IN HOWE BELET
KULTUURDAGBOEK 30 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Lord Charles Somerset, die Kaapse goewerneur, se taalproklamasie het op 5 Julie 1822 verskyn. Hiervolgens sou Engels vanaf 1 Januarie 1827 die enigste voertaal in alle geregshowe wees. Dit was deel van die Britse bewindhebbers se beleid om die Afrikaner deur middel van die Engelse taal te verengels. Somerset het op 30 Januarie 1824 'n verdere proldamasie uitgevaardig, waarin verklaar word dat Engels reeds vanaf 1 Maart van daardie jaar die enigste voertaal in die regspleging van die distrik Albanië sou wees.
GOD SE TEENWOORDIGHEID IN ONS LEWE
Hannes Ollewagen
Gén. 39:20-23
“...en die heer van Josef het hom laat vang en hom in die gevangenis gesit op die plek waar die gevangenes van die koning opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis. Maar die Here was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis. En die owerste van die gevangenis het almal wat in die gevangenis opgesluit was, aan Josef toevertrou; en alles wat daar te doen was, het hý gedoen. Die owerste van die gevangenis het glad nie na iets omgekyk wat aan hom toevertrou was nie, omdat die Here met hom was; en wat hy doen, het die Here voorspoedig laat wees.” (:20-23).
1940 HERENIGDE NASIONALE PARTY GESTIG
KULTUURDAGBOEK 29 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Nadat genl. Hertzog se neutraliteitsmosie op 4 September 1939 verwerp is en hy as Eerste Minister moes bedank, was die eenheidsdrang by die Nasionale Afrikaners baie sterk. Die Hertzog-groep en die Nasionaliste onder dr. D.F. Malan was aanvanklik haaks oor die republikeinse strewe en die naam van die nuwe party. Uiteindelik is besluit tot die naam die Herenigde Nasionale Party of Volksparty.
1936: VOORTREKKER- PERS GESTIG
KULTUURDAGBOEK 29 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die politieke woelingsjare van die Afrikaner, die jare dertig, is die behoefte aan 'n eie Nasionale dagblad in Transvaal baie sterk besef. Op 30 September 1935 het Nasionale leiers onder voorsitterskap van mnr. W.A. Hofmeyr op Stellenbosch besluit om 'n Transvaalse Nasionale dagblad te begin. Mnr. Pieter Neethling, bekend as die vader van die Voortrekkerpers, het die eerste £5 000 geskenk en daar is besluit om 'n maatskappy — Voortrekkerpers Bpk. — met 'n kapitaal van £150 000 op te rig.
BROKKIES UIT DIE BOEK: DARIUS PRINS – STAATSVYAND (1)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Ek wonder wat ons vriend, Darius, uitgerig gaan kry. Is hy op soek na inligting, of soek hy moeilikheid?”
“Ja, ek weet nie wat hy gaan doen nie. Ek het ‘n bietjie gedink oor die hele ding.”
“Watter ding, Arno?”
“Oor die vraag waarom die buiteland ons nie in vrede kan laat nie. Persoonlik dink ek dit het nie veel met ons grondstowwe te doen nie. Ja, lank in die verlede in, sou dit waar wees. Engeland het inderdaad ons goud nodig gehad om hulle militêre basisse te onderhou en om hulle ekspansionisme te finansier, maar ek dink nie dis meer die geval nie.”
Skeermes kyk voor hom en laer af, asof hy inspirasie by sy skoene se tone soek.
“Wat ook al, ek wens hulle wil net hulle tassies vat en loop. Ons kan heel gemaklik ons eie krisisse verwerk.”
1881: SLAG BY LAINGSNEK
KULTUURDAGBOEK 28 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die eerste skote van die Transvaalse Vryheidstryd het op 16 Desember 1880 geval. Die Boerekrygers was vasbeslote en doelgerig en het onmiddellike welslae behaal. Die Britse garnisoene is op verskeie plekke in Transvaal vasgekeer.
Sir George Colley, Britse bevelvoerder, het besluit om Transvaal sonder versterkings binne te val. Genl Piet Joubert het die inval verwag en 'n gunstige posisie by Laingsnek gekies om die inval af te wag. Tevergeefs het sir George Colley met 1 100 manskappe en ses veldkanonne probeer om die burgers uit hulle skuilings te verdryf. Uiteindelik moet die Britse mag die aftog blaas met 'n lewensverlies van 83 en 11 gewondes.
EK HET GESTERF ! (12)
Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf
deur Anita Joubert
Ek was ʼn toegewyde Jehova Getuie. Toe ek egter voor Jesus Christus staan, het ek probeer om weg te kyk, maar ek kon nie. Hy is dan God! Majestieus, koninklik, heilig! Só vol liefde en outoriteit dat my bors daarvan gepyn het.
Ek het nooit gedink dat ek ooit in my lewe oor my geloof so geskud sou word nie. Vanaf my vroegste kinderjare, vandat ek my verstand gekry het, was ons huisgesin, Jehova Getuies. My ouers was baie toegewyd daaraan en ek het hulle gevolg, sonder om vir ʼn oomblik te twyfel. Ons het byeenkomste bygewoon en van deur tot deur met boeke en traktaatjies geloop en vir mense gepreek, waar ons kon.