Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Geluk is soos ‘n boemerang – dit keer altyd terug na diegene wat dit gee. As jy dus regtig in jou hart gelukkig is, moet jy dit met ander deel anders gaan dit verlore. Niks kelder geluk soos selfsug nie.
1903: LANDSOEKERS KOM AAN IN DAR-ES-SALAAM
KULTUURDAGBOEK 27 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ná die stigting van Duits-Oos-Afrika (Tanganjika) en Brits-Oos-Afrika (Kenia), is blanke emigrante uit Suid-Afrika ter wille van die ontwikkeling van die gebiede in Oos-Afrika verwelkom. Talle georganiseerde groepe het ná die Tweede Vryheidsoorlog na Oos-Afrika getrek.
In 1903 het die sogenaamde landsoekers-ekspedisie onder PC Joubert en sy broer. genl D Joubert, van Machadodorp vertrek op 'n verkenningstog, veral na Duits-Oos-Afrika. Hulle kom op 27 Januarie 1903 in Dar-es-Salaam, Tanganjika aan.
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND (14) SLOT
Die slegste ding wat in ‘n land kan gebeur is die uitbreek van ‘n burgeroorlog. Vriend word vyand en dikwels word vyande vriende. Eertydse broers, vriende en bure verskyn in jou visiere.
Almal, sonder uitsondering, word geraak, selfs hulle wat betyds padgee na veiliger plekke. Orde verval in wanorde. Daar is bloed en dood, kruitrook en die stank van verrottende wonde en lyke. Daar is ellende, hongersnood en wanhoop.
Elke dag bring nuwe gevare, nuwe vyande, nuwe probleme wat aangepak moet word. Daar is nie ‘n oorhoofse entiteit waar ‘n mens hulp kan gaan kry nie. Die bestes en sterkstes oorleef.
Mense se ware kleure kom onvermydelik te voorskyn. Die vorige leiers, veral politieke en selfaangestelde gemeenskapsleiers, staan wanhopig en besluiteloos in die situasie waar ander manne en vroue, wat vantevore maar deel van die burgery was, skielik ontpop as ware leiers. Baie mense gryp na leierskapgeleenthede, maar min is opgewasse vir die taak. Mense leer dat die grootmonde in ‘n krisis maar net dit is – grootmonde.
1896: WELLINGTON SE OPLEIDING- SKOOL BEGIN
KULTUURDAGBOEK 26 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Onderwyskollege op Wellington is nie alleen die oudste onderwyserskollege in Suid-Afrika nie maar ook die grootste in die Kaapprovinsie. Die Hugenote-seminarie waaruit die WOK gebore is, en waartoe dr Andrew Murray (1828 – 1917) ‘n besondere bydrae gelewer het, is op Maandag 19 Januarie 1874 geopen.
Hierdie inrigting het van die begin af ook onderwyseresse, en sedert 1887 ook kindertuinonderwyseresse, opgelei.
SIN VAN DIE LEWE
Ds A.E. van den Berg
“Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense” (Prediker12:13).
Baie mense glo dat die wêreld op selfvernietiging afstuur. Let op die toenemende natuurrampe, pessiektes, hongersnode, ens. So ook die geskiedenis – beskawings het gekom en gegaan. Dit maak van die moderne mens 'n onsekere mens. Hy leef in 'n wêreld wat lengte, maar nie diepte het nie. Ten spyte van die verligting wat kennis en tegnologie bring, bly die duisternis en onsekerheid toeneem.
Enkele jare gelede is 'n inboorlingstam in die hart van die Amasone ontdek wat nooit met die beskawing in kontak was nie. Benewens 'n filmspan wat hulle vanuit 'n helikopter gaan afneem het, het die Brasiliaanse owerheid verdere kontak met hulle verbied om hul eiesoortigheid te bewaar. 'n Kameraman het vertel dat van die inboorlinge selfs spiese na die helikopter gegooi het.
1901: LAASTE BEËDIGING VAN PRES MT STEYN
KULTUURDAGBOEK 25 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Volgens die Vrystaatse grondwet het pres Steyn se ampstermyn aan die begin van 1901 verstryk, en omdat die Volksraad vanweë die oorlog nie ‘n kandidaat kon aanwys nie, het die algemene krygsraad dit by Doornberg digby Allemanskraal, op hom geneem en is pres Steyn op hierdie dag vir ‘n verdere termyn deur die aanwesige burgers verkies en plegtig voor die huis van genl APJ Cronjé beëdig.
EK HET GESTERF ! (11)
Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf
deur Anita Joubert
Ek was ʼn lesbiër, en toe ek voor Jesus staan, het ek besef dat Hy alles van my weet – al my verkeerde keuses, diepste vrese en weggesteekte pyn. Hy het geweet van my hartseer, my woede – en tog het Hy my liefgehad.
Ek het nooit geglo dat die stories oor nabydood-ervarings die waarheid is nie. Ek het altyd gedink dit is waandenkbeelde van mense wat probeer aandag soek. Wat egter met my gebeur het, is die waarheid en het my lewe vir ewig verander.
My naam is Stephanie en ek het grootgeword in Guatemala. Totdat ek 34 jaar oud was, was ek absoluut seker wie ek was en wou wees. Ek was altyd prakties, onafhanklik en sterk. Van ʼn baie jong ouderdom af het ek geleer, dat om op ander mense staat te maak, ʼn fout is. Ek het my moeder gesien swaarkry toe ek ʼn kind was, omdat my vader haar verlaat het. Sy het altyd gesê dat mans sleg en niks werd is nie, en daardie woorde is in my ingeprent as die absolute waarheid.
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND (13)
Amos Burger, oftewel Rambo Bob, het die flits van die eerste ontploffing gesien teen die skemerdonker en sekondes later die veraf gerommel daarvan. Hy hou die plek dop en ‘n uur of wat later is daar weer een.
“Wat sien jy, oom Amos?”
“Daar was ‘n groot ontploffing na ons noord-weste. Nie vreeslik ver van hier af nie. Ek het die sekondes getel vanaf die flits tot by die knal, en ek skat dis so vyf na sewe kilometer van ons af.”
“Wat dink Oom moet ons doen?”
1968: RAU OPEN
KULTUURDAGBOEK 24 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Randse Afrikaanse Universiteit het tot stand gekom ingevolge Wet nr. 51 van 1966, waarin die RAU omskryf is as Afrikaans in gees en karakter, en dat die beginsels vervat in die aanhef van die Grondwet van die Republiek aan die RAU gehandhaaf sal word. Die universiteit is op 24 Februarie 1968 amptelik geopen.
Sy eerste kanselier, dr. N. Diederichs, is ingehuldig, nadat die eerste 741 studente hulle op 3 Februarie begin inskryf het en die eerste lesings op 13 Februarie aangebied is.
1866: NHK POTCHEFSTROOM INGEWY
KULTUURDAGBOEK 24 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag is die teenswoordige kerkgebou van die Ned. Hervormde gemeente Potchefstroom deur ds. Dirk van der Hoff ingewy. Die hoeksteen was al op 20 Oktober 1859 gelê, maar binnelandse onrus het die voltooiing van die gebou vertraag.
Die plegtige inwyding is destyds ook bygewoon deur die President en die hele Volksraad, wat selfs sy sitting opgeskort het om die feesviering te kan bywoon. In die kerkgebou is 'n pragtige geelhoutpreekstoel wat in Natal gemaak is, terwyl die huidige orrel in 1891 in die kerkgebou geplaas is. Die banke, plafon en beligting dateer ook uit hierdie tyd. In 1965 is hierdie kruiskerk, die oudste kerkgebou in Transvaal, tot 'n historiese monument verklaar. So word hierdie pragtige voorbeeld van ons vroeë kerkboukuns bewaar.
1959: DIE WONDER VAN TAALFEES
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het 'n uniale konferensie van die FAK in Johannesburg waar 150 mense teenwoordig was, die reëlings vir die landwye viering van Afrikaanse Taalfeeste beklink. Die uitvoerende Komitee het op 31 Julie 1958 'n dringende voorstel bespreek “Dr. M.S.du Buissan (sekretaris van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns) versoek dat die FAK in 1959 Taalfeeste reël, in aansluiting by die feesvieringe, ter herdenking van die vyftigjarige bestaan van die S.A. Akademie". Die saak is op 2 Oktober 1958 by die FAK-kongres weer te berde gebring en die dagbestuur van die FAK het volmag ontvang om die feesreëlings te tref. 'n Reëlingskomitee met onderkomitees is gestig; programraamwerke is opgestel en omsendbriewe is landwyd uitgestuur.
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND (12)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die vreemde konvooi van omboude Jeeps, Land Rovers, ligte vierwieldryf vragmotors, sleepwaens en veld-woonwaens tou stadig agter mekaar aan deur die berg.
Dit was ‘n uitputtende klompie kilometers, deur die sand, oor hoë bergtoppe, deur driwwe en sandspruite. Maar die mees uitputtende was die klippe. Vir menige kilometer is die smal plaaspaaie besaai met klippe, wat wissel van gholfbal-grootte, tot so groot as ‘n gewone bad.
Uiteraard moet daar dan uitgeklim word, die groot klippe verwyder word en in drie gevalle moes die sandsteen rotse met die agterkante van byle en swaar hamers stukkend geslaan word, voordat dit beweeg kon word.
Uiteindelik beweeg dit teen ‘n baie skuins helling van die bergkruin af, in ‘n amper nimmereindigende, kronkelrige paadjie. Dan is hulle by ‘n oop plaashek. Die opstal is nie afgebrand nie, maar staan ruitloos en leegoog. Die dakplate is alles verwyder en selfs die dakkappe weggedra.
1895: VOLKSKAS- OPRIGTER: JJ BOSMAN
KULTUURDAGBOEK 23 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Joseph Jacobus Bosman is op hierdie dag op Naawpoort, distrik Rustenburg, gebore. Teen die einde van die Tweede Vryheidsoorlog bevin hy hom saam met sy moeder entwee ouer broers in die Potchefstroomse Konsentrasiekamp. Op 19-jarige ouderdom aanvaar die jong Bosman 'n betrekking in Johannesburg waar hy as assistentboekhouer in 'n handelsonderneming hom binne enkele jare tot rekenmeester opwerk.
Later tree hy in diens by 'n rekenmeesters- en ouditeursfirma waar hy waardevolle ondervinding opgedoen het van maatskappy-administrasie.
EK HET GESTERF ! (10)
Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf deur Anita Joubert
Ek het voor Jesus gestaan. Sy oë het gebrand van hartseer, maar terselfdertyd met liefde. “Daniël, Ek moet vir jou wys wat gebeur wanneer twee mense saamwoon as een, sonder ʼn huweliksverbond.”
My naam is Daniël. Ek is 34 jaar oud en vir die grootste deel van my volwasse lewe, het ek gedink dat ek presies net soos al die ander jongmense lewe. Ek het grootgeword in ʼn Christenhuis en my ouers was getroue kerkgangers. My vader was ʼn stil man wat baie lang ure in die konstruksiebedryf gewerk het. My moeder was ʼn gelowige vrou. Sy het voor elke maaltyd gebid en Skrifgedeeltes gefluister terwyl sy die wasgoed opgevou het.
Sy het haar bes gedoen om my in die weë van die Here groot te maak, maar soos so baie jongmense het ek rusteloos geword. Ek wou onafhanklikheid en vryheid hê en my eie reëls maak.
VREDE MET GOD
Hannes Ollewagen
Joh. 16:1-33
“Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.” (:33).
Is dit nie ironies dat ten spyte van al die komitees oor die wêreld heen wat hulle kwansuis vir vrede beywer ons juis in ’n wêreld leef waarin daar baie min vrede te sien is nie? En ook hier ter plaatse. Daar is vreeslike beloftes en allerhande praatjies gemaak oor die vrede wat kwansuis in Suid-Afrika sou neerdaal as ons net in 1994 oor alle grense heen mense bymekaar sou dwing. Nou, enige mens wat dink vrede iets is wat jy op mense kan afdwing, gee juis hierdeur sy onkunde t.o.v. wat vrede is duidelik te kenne. Vrede is die gevolg van goeie verhoudinge en derhalwe is ’n voorvereiste vir vrede dat daar ’n vreedsame bestaan tussen partye gevoer moet word – iets wat nie moontlik is waar mense kunsmatig in ’n sekere situasie ingedwing word nie. En iets wat ewenseens nie moontlik is sonder die liefde van God nie.
1837: RETIEFMANIFES
KULTUURDAGBOEK 22 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag in 1837 is een van die waardevolste dokumente in ons land se geskiedenis voltooi. Dit is die Retiefmanifes wat namens die emigranteboere in Hollands geskryf is, en waarin die leuens aangaande die Groot Trek, en die oorsake van en doel met die Trek vir die buitewêreld uiteengesit word. Dit is volledig in die Graham's Town Journal van 2 Februarie 1837 in Engels weergegee nadat uitdruklik om sodanige publisiteit gevra is. Al sou Piet Retief slegs hierdie skryfdaad verrig het, sou hy nog steeds histories hoog aangeslaan gewees het. Dit is immers 'n eietydse dokument wat deur 'n baie betrokke en geloofwaardige getuienis opgestel is.
Retief beweer hierin dat allerlei berigte versprei is om die Trekkers by vriend en vyand in onguns te bring. Sy Manifes moet die beeld van die Voortrekkers herstel en almal laat besef dat die Christengelowige nie sommer sy band met sy geboortegrond breek as daar nie besonder oortuigende redes daarvoor bestaan nie. Die Manifes moet ook lig werp op die voornemens ten opsigte van inboorlingstamme. Hy skryf dan verder min of meer soos volg:
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND (11)
)
As jy ‘n klompie Afrikaanse mense in ‘n plek neersit, is hulle eerste behoefte om die plek skoon te maak. Voordat die voertuie klaar uitgepak is, sal die vroue al hulle lappe en skoonmaakmiddels begin soek.
Daar is darem ‘n boorgat en genoeg water in die opgaartenks, maar dis ‘n lang en harde dag se werk en die tannies is maar net half tevrede met die plek voordat hulle gaan slaap.
Die mans moes die hoop bottels, plastieksakke, Kentucky-kartonne en hope polistireenbakke, waar daar pap en pootjies, pap en bredie, pap en marogo en in baie gevalle slegs papoorskiet rondgelê het, ontslae raak. . Die oumanne en hulle gades is gewalg oor die toestand van die plek. Na drie dae se onophoudelike skoonmaak is die plek darem nou “effens leefbaar”.
1918: SANTAM KRY NAAM
KULTUURDAGBOEK 21 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 'n vergadering van 5 Desember 1917 in die ou Royal Hotel in Kaapstad beplan sewe manne die Afrikaner se daadwerklike toetrede tot die ekonomiese stryd en word daar besluit om 'n Afrikaanse maatskappy te stig wat alle vorme van trustwerk en versekering kan hanteer. Die betrokkenes was mnr CG Fichardt (voorsitter), WA Hofmeyr, CR Louw, PA Malan, FH Dormehl, AFJ Bennning en A MacDonald (sekretaris).
'n Voorlopige direksie word gekies en hulle aanvaar op 21 Januarie 1918 die naam Suid-Afrikaanse Nasionale Trust- en Assuransiemaatskappij Beperk (SANTAM).
'n Week later verskyn 'n gedrukte prospektus, en 200 000 aandele van R2 elk word aangebied.
1831: GENL PJ JOUBERT
KULTUURDAGBOEK 20 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Petrus Jacobus Joubert is op hierdie dag in 1831 op Damaskus naby Prins Albert gebore en was naas Paul Kruger die gewidste figuur in die Zuid-Afrikaansche (Transvaalse) Republiek. As kind het hy Retief se trekgeselskap met die Voortrekkers vergesel maar op 16-jarige leeftyd het hy na Transvaal getrek en hom, ná sy huwelik met Hendrina Johanna Susanna Botha op 2 April 1851, op Rusfontein in die distrik Wakkerstroom gevestig.
In die openbare lewe het hy vinnig opgang gemaak. In 1855 was hy veldkornet, in 1865 Volksraadslid ('n amp waartoe hy reeds in 1860 verkies is maar nie kon aanvaar nie omdat hy nog nie 30 jaar oud was nie); in 1873 voorsitter van die Volksraad en in 1875 selfs waarnemende staatspresident tydens pres TF Burgers se afwesigheid in Europa.
EK HET GESTERF ! (9)
Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf deur Anita Joubert
Jesus was bedroef en hartseer toe ek voor Hom staan. “My mense verstaan nie dat hulle deur tattoeëermerke hulself verbind aan die koninkryk van die duisternis nie.”
My naam is Dylan en ek is 32 jaar oud. Op die middag van 8 Augustus 2025, terwyl ek besig was met liggaamsbou-oefeninge, het my lewe radikaal verander. Ek is ʼn motorwerktuigkundige en tot op daardie dag, was my lewe doodgewoon. Ek het nog altyd van die reuk van ghries gehou en die gevoel wanneer ek iets herstel het wat stukkend was, was vir my baie bevredigend.
My vrou, Lisa, is die wonderlikste mens wat ek ken. Ons het ʼn pragtige dogtertjie met die naam Chloé. Sy het sulke groot, bruin oë wat dwarsdeur ʼn mens kan kyk.
1563: HEIDELBERGSE KATEGISMUS
KULTUURDAGBOEK 19 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie datum verskyn die eerste uitgawe van die Heidelbergse Kategismus. Die Kategismus het sy amptelike vorm gekry toe dit in die Kerkorde vir die Palts, wat die Keurvors op 15 November 1563 uitgevaardig het, opgeneem is.
Die vrae wat daarin voorkom is die eerste keer in die Latynse vertaling, wat reeds voor 3 April 1563 verskyn het, genommer. 'n Kort begrip is met die oog op die skoolkinders in 1576 uitgegee.