Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
... Ek het dit teen die profete wat my woorde steel... wat leuenagtige drome profeteer, dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en grootpratery terwyl Ek hulle nie gestuur het nie... en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie... – Jeremia 23
DIE KERK IS 'N DIENAAR
Ds A.E. van den Berg
“En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees; net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ’n losprys vir baie” (Mt.20:27,28).
In Openb.2:6 het Jesus groot lof vir die gemeente in Efese: “Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat” maar in Openb.2:15 wys Hy die gemeente van Pergamus op 'n dwaalleer in hul midde: “So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat” Dan waarsku Jesus: “Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle (Nikolaïete) oorlog voer met die swaard van my mond” (:16).
Die Nikolaïete was die voorlopers van Roomse Katolisisme. Hierdie dwaling het later in die Roomse Kerk (RK) teelaarde gevind en die geloofslewe groot skade berokken. Die woord Nikolaïete kom van twee Griekse woorde: nikao “om te verower” en lao “lekedom”. Nikolaïete beteken dus die “veroweraars van die lekedom” – geestelike heersers oor geestelike minderes.
WAAROM SLIM MENSE VIR DIE COVID-LEUENS GEVAL HET
"As jy nie vir iets staan nie, val jy vir enigiets."
As daar een vraag is wat na 2020 die meeste gevra word, is dit waarom talle van ons slimste familie en vriende nie vroegtydig dwarsdeur die Covid-korrupsie kon sien nie. Die meeste families is hierdeur in twee geskeur en daardeur is nie net bande finaal gebreek nie maar ly talle van die ingespuites tans aan swak immuniteit, long-, hart- en breinsiektes, terwyl deur die wêreld miljoene geliefdes aan die dood afgestaan is as gevolg van die gifinspuitings. Dit noop mens vir ‘n verduideliking want hoogs intelligente mense is veronderstel om dwarsdeur ‘n verneukplan te sien en dit te probeer keer, maar dit het nie gebeur nie!
Deur die geskiedenis heen is erkenning gegee aan die bestaan van verskillende tipes intelligensie, bv. fisiese intelligensie en koördinasie of emosionele intelligensie – daarteenoor aanbid ons samelewing 'n baie spesifieke tipe intellektuele intelligensie...
Daar is opgemerk dat sommige baie slim mense net nie in staat is om korrekte interpretasies te maak nie, of dinge afgehandel te kry of bloot ‘n gelukkige lewe te lei nie. Dus is daar hoogs intelligente mense wat gereeld deur iets redelik en eenvoudig mislei word bloot omdat hulle dit net nie verstaan nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (11)
083 444 7672)
Unemployment, poverty, hunger, living conditions and poor service delivery come to a point where the masses cannot tolerate it anymore.
- Genl Roland de Vries
“If you are going through hell, keep going.”
- Winston S. Churchill
*
Die Kruger-miljoene of Kruger-ponde verwys na 'n skat wat na bewering teen die einde van die Tweede Vryheidsoorlog deur of in opdrag van pres. Paul Kruger versteek is. Besonderhede oor die grootte van die skat verskil aansienlik. Baie soektogte na die skat is onderneem maar sonder welslae. Die oorsprong van die storie is die feit dat die Boereregering goudontginning op 'n beperkte skaal voortgesit het voordat hulle die Rand verlaat het. Hierdie goudstawe is na die Pretoriase Munt geneem waarvandaan dit, sommige in halfgemunte vorm, later verwyder is. Die meeste daarvan is vir oorlogsuitgawes gebruik en sommige daarvan is moontlik in die veld begrawe. Die hoeveelheid goud betrokke is egter baie oordrewe.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (10)
083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse inligtingstuk)
Heightened corruption in government circles and increased theft of state moneys, such as state pension funds.
-Genl Roland de Vries
*
“Success is not final, failure is not fatal: it is the courage to continue that counts.”
― Winston S. Churchill
*
The most terrifying force of death, comes from the hands of men who wanted to be left alone. They try, so very hard, to mind their own business and provide for themselves and those they love. They resist every impulse to fight back, knowing the forced and permanent change of life that will come from it. They know, that the moment they fight back, their lives as they have lived them, are over.
The moment the men who wanted to be left alone are forced to fight back, it is a form of suicide. They are literally killing off who they used to be. Which is why, when forced to take up violence, these men who wanted to be left alone, fight with unholy vengeance against those who murdered their former lives.
MIDDE-OOSTE OP DRUMPEL VAN VOLSKAALSE OORLOG
Een jaar na Hamas se berugte aanval op Israel, lyk dit of die Midde-Ooste na sy ou toestand teruggekeer het: 'n broeiplek van akute konflik, met golwe van spanning. Waarnemers van buite kan net met afgryse toekyk, terwyl kenners hul skouers optrek. Dit is hoe dit was, dit is hoe dit sal wees. Hoe verskil die huidige krisis van voriges in die streek, vra jy dalk? Wel, sonder om voor te gee dat ons 'n diep begrip het, laat ons let op wat van buite opvallend is.
Beskermheer-kliënt-verhoudings is besig om te verander, beide tussen streeksmoondhede en groot eksterne rolspelers. Die mees voor die hand liggende is die status van die Verenigde State. Die huidige Withuis-administrasie het nie 'n duidelike en konsekwente lyn nie; dis net gate toestop en nuwe vure blus. Die VSA het nie op die oomblik hoëprofielgeleenthede in die Midde-Ooste nodig nie, sy prioriteite is anders. Kontakte met sleutelspelers is teenstrydig, en verhoudings met die Golf-monargieë, en nog meer met Iran, is wisselvallig. Maar Washington se optrede is gebaseer op 'n fundamentele teenstrydigheid wat nie opgelos kan word nie, en dit het met Israel te doen.
BROKKIES UIT DIE BOEK “MAX”
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Cornelle Maritz ervaar ‘n mengelmoes van gedagtes in haar normaalweg presiesgeordene gedagtegang. Soos enige ingenieur ‘n proses stap vir stap uitredeneer en verwerk, in werking stel en in die verloop daarvan die probleme wat opduik, die hoof te bied, so is sy uiters prosesmatig in haar denke. Maar nie vandag nie.
Sy drink stadig aan haar melkskommel, haar mooi mond getuit, soos sy aan die strooitjie suig. Die melkskommel is lekker dik, romerig, soet en net reg gegeur. Gewoonlik sou sy eerder ‘n cappucino of laté verkies, maar na soveel laat aande, soms deurnagte, waarin sy ‘n oormaat swart, sterk koffie gedrink het, rebelleer haar liggaam tans daarteen. Sy hoop sy het nog genoeg geld in haar bankrekening om vir die geroosterde kaas en hambroodjie, nou nog net half-geëet, en die lemmetjiegeur melkskommel te betaal en ‘n bekommerde frons verskyn op haar gesig.
SAAI VOLGENS DIE EIS VAN GEREGTIGHEID
Hannes Ollewagen
Hos. 10:1-15
“Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde; braak vir julle ’n braakland, want dit is tyd om die HERE te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën. Julle het goddeloosheid ingeploeë, julle het slegtigheid gemaai, die vrug van leuens geëet, omdat jy op jou weg vertrou het, op die menigte van jou helde.” (:12&13).
Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer die landbouers in ons omgewing alles in gereedheid bring vir die nuwe seisoen. Deeglike beplanning is gedoen om die implemente en werktuie na te gaan en te verseker dat die werk so effektief en moeiteloos as moontlik gedoen kan word. En dan is daar beplan watter gewasse verbou gaan word. Sodra daar genoegsame reën geval het, word daar met inspanning en ywer begin werk en daar word opnuut na die nuwe seisoen en die verwagte opbrengs daarvan uitgesien. En so word daar ook gedurig ná die aanplanting van gewasse gewerskaf om onkruid te bestry en bemesting toe te dien om die grootste moontlike oes te verseker.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (9)
083 444 7672)
The financial collapse of the state and its inability to pay out social grants to impoverished citizens.
-Genl Roland de Vries
Courage is the ladder on which all other virtues mount. He who is not courageous enough to take risks will accomplish nothing in life. Only those who will risk going too far can possibly find out how far one can go.
-Winston Churchill
*
Daar is ‘n ervaring van erge frustrasie wanneer ‘n mens nugter en eerlik na ‘n situasie kyk, kan sien dat dit gevaar en verval inhou en jy kan niks daaraan doen nie. Dit voel amper asof jy staan en ‘n stormwind met uitgestrekte arms probeer keer, wetende dat die wind groot verwoesting gaan saai.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (8)
083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse inligtingstuk)
The jailing of prominent political leaders, as it happened with Zuma, which initiated the outbreak of the July-August 2021 insurrection.
-Genl Roland de Vries
*
Mozambique: #ISIS released several photos of militants in Mozambique on the first day of #Ramadan.
Militants are armed with RPG-7 / Type 69 RPG Launchers with PG-7V/T69-1 HEAT rockets, Zastava M84 / Type 80 machine guns, Chinese Type 56-1/-2 rifles and a Type 2 AK-47 rifle.
*
WASHINGTON — Today, the U.S. Department of the Treasury’s Office of Foreign Assets Control (OFAC) designated four members of an Islamic State of Iraq and Syria (ISIS) cell operating in South Africa who have provided technical, financial, or material support to the terrorist group. Treasury also designated eight companies owned, controlled, or directed by the individuals in this ISIS cell. ISIS continues to expand its terrorist network across the continent, as evidenced by the July 2022 United Nations Security Council report that highlighted the emerging importance of the country for funds transfers from ISIS leadership to ISIS affiliates across Africa. Treasury remains committed to exposing and disrupting terrorist financing on the African continent.
WAAROM KERKTOE GAAN?
Ds A.E. van den Berg
“En soos Hy gewoond was, gaan Hy op die Sabbatdag in die sinagoge (Luk.4:16).
“En laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim nie” (Hebr.10:25).
In die Twaalf Artikels bely gelowiges dat hulle in die gemeenskap van die gelowiges glo. God wil dat gelowiges Hom nie net as enkelinge dien nie maar ook gesamentlik. Dis hoe kerke ontstaan het - plekke waar mense op bepaalde tye bymekaar gekom het om God te aanbid en as 'n geestelike familie te geniet.
Exodus vertel van die oprigting van so ʼn vergaderplek; die tabernakel (tent van samekoms genoem) waar mense byeen gekom het en God op ʼn besondere manier daar teenwoordig was. God het behae in plekke vir geloofsamekomste: “En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie” (Lev.26:11). Daar is ook ʼn goddelike belofte aan kerkgang: “Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is ek in hulle midde” (Mt.18:20).
DĺT IS GOD SE WIL
Hannes Ollewagen
1 Thes. 4:1-12
“Want dit is die wil van God: julle heiligmaking;...” (:3).
Daar is menige gedeeltes uit die Woord van God wat ons met inspanning moet bestudeer en lank moet bepeins alvorens ons dit verstaan. Daar is ook ander gedeeltes uit God se Woord wat ons deur die werking van die Heilige Gees skielik verstaan nadat ons dit al soveel kere vantevore gelees het en bykans nie eers opgemerk het nie. En dan is daar ook die gedeeltes uit die Woord van God wat so duidelik en prontuit gestel word dat ons dit nie kan misverstaan nie. So ’n gedeelte is juis ons teksvers van vandag – “Want dit is die wil van God: julle heiligmaking;”. Wat is die wil van God? Ons heiligmaking. Is dit vir God belangrik dat ons heilig moet wees? Ja. Ons kan dit vanuit verskillende hoeke benader, maar die boodskap is dieselfde en baie duidelik.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (7)
083 444 7672)
The huge increase in serious crime – and the escalation thereof vertically (in intensity) and horizontally (geographically), such as were the case with the Senekal and Groblersdal incidents, where a single politically-inspired criminal incident had the potential to spark violence in an instant with a serious spill-over effect to other areas in our country.
-Genl Roland de Vries
*
In Februarie begin al die wurms wat die regerende party uit die blik gelaat het, aan sy karkas vreet. Swak regering, ongebreidelde korrupsie, ‘n verknogdheid aan Kommunisme en sy boetie wat makliker op die Westerse oor val, Sosialisme, neig hom daartoe om bande te hersmee met China, Rusland en natuurlik die Moslemlande.
Die verhouding tussen die ANC en die Weste kry ‘n groot knou wanneer die minister van Buitelandse Sake, Naledi Pandor, haar en die regerende party se steun aan Hamas uitspreek, wanneer die Lady R, ’n Russiese vragskip onder sanksie, aandoen by Simonstad, waar dit artillerie-ammunisie vir Rusland laai, en heel moontlik AK-variante wapens en ammunisie aflaai vir gebruik deur die SA Spesmagte se geheime operasies.
Wanneer die ANC (met ongeveer 2 miljard belastinggeld) vir Israel aankla by die Internasionale Strafhof, voel die VSA dat hulle ook daarby betrek word en hulle besluit om die RSA te verwyder van die AGOA-ooreenkoms en begin ook met die implementering van ander strafmaatreëls. Dit het reuse negatiewe, ekonomiese gevolge vir Suid-Afrika.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (6)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die storie volg onder die inligtingstuk in Afrikaans
When numerous high profile ANC members are convicted of criminal charges (refer to the Zondo Commission State Capture Report and ongoing corruption, which is rife in governmental circles).
-Genl Roland de Vries
*
If the government cuts the black economic empowerment premiums it pays on procurement contracts that wastefully inflate the cost of projects, goods and services, it can plough the R150 billion savings into the economy, allowing it to reduce value added tax (VAT) to just 11.5%, new research suggests.
It says this will improve corruption control to an estimated R150 billion, of which R100 billion could be used to pay for a VAT cut from 15% to 11.5%, with either a further VAT cut to follow or a general fuel levy cut of about R2.20 per litre.
The IRR report cites research which shows that the South African state has ballooned in size and spending, and the government is paying inflated prices for BEE contracts, while taxes have increased and the value it offers to citizens has declined.
“The operating hypothesis is that the most acute direct cause of this negative outlook is unemployment, particularly black unemployment, which has roughly doubled in the BEE era since 2008.”
According to Statistics South Africa, black unemployment has almost doubled on the official definition from roughly 3.6 million to seven million. Using the expanded definition, including discouraged work seekers, black unemployment almost doubled from 5.4 million to 10.7 million between 2009 and 2022.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (5)
083 444 7672)
The illegal expropriation of land by the government and land invasions by criminals (Zimbabwe style land grabs).
-Genl Roland de Vries
*
“BEE procurement alienates investment, inhibits maintenance and infrastructure development, weakens fiscal resilience, thereby decreasing economic growth, which in turn harms employment prospects especially of poor black people who lacked marketable qualifications.”
– Gabriel Crouse
*
Apartheid word gedefinieer as segregasie as gevolg van ras, velkleur of ander merkbare ondeskeid. Segregasie beteken om apart te sit, behandel of af te sonder. (Afsonderlike ontwikkeling – RED.)
Onder Apartheid was daar 58 wette teen Swartmense, Kleurlinge, Indiërs en ander Asiate. Tans is daar 116 segregasie of diskriminerende wette teen Blankes. Dit beteken dat daar aan die begin van 2024 meer apartheidswette onder die ANC is as onder die NP. Die logiese gevolgtrekking is dat Suid-Afrika tans ‘n groter apartheidstaat is, as wat die geval was vanaf 1948 tot 1994.
REGSE VERRAAD – DEEL 6
Politieke mag bepaal ALLES
‘n Volk kan homself alleen betuig deur middel van sy politieke mag. Op watter wyse hy homself ookal wil uitdruk, geskied dit aan die hand van die feit dat hy deur middel van sy politieke mag wetgewing neerlê wat hom by vermoë stel om homself te laat geld. Verkies hy byvoorbeeld dat onderrig in sy skoolstelsel op Christelik-Nasionale beginsel plaasvind, fundeer hy daardie beginsel in wetgewing waartoe hy in staat gestel word deur die uitvoer van sy politieke magsvermoë. Die aard van sy militêre vermoë soos die grootte van sy Weermag en die fondse daarvoor begroot, sy gesondheidsdienste of die uitbouing van sy Nasionale Parke – al hierdie funksies word deur hom bepaal wanneer hy oor die politieke mag daartoe beskik. Die teendeel daarvan – soos ongelukkig tans deur die Afrikanervolk getuig kan word – is die totale verlies aan inspraak of seggenskap.
‘n Volk pleeg selfmoord deur mag af te staan
Die weggee van politieke mag, onder watter valse voorwendsel ookal is selfmoord. Politeke leiers wat hulle volgelinge daartoe verbind om mag af te staan of selfs geheel oor te dra, is skuldig aan verraad. So ‘n stap kan op GEEN wyse geregverdig word nie en kan NOOIT enige voordeel vir daardie volk inhou nie. Politieke mag verseker die voortbestaan en vooruitgang van ‘n volk. Deur hom dit te ontneem, selfs gedeeltelik, word ‘n onreg teen so ‘n volk gepleeg.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE BITTER EINDE”
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die Tweede Vryheidsoorlog, ook bekend as die Suid-Afrikaanse Oorlog, of te wel die Anglo-Boereoorlog, het vanaf Oktober 1899 tot Mei 1902 geduur. In hierdie oorlog het die twee Boererepublieke, die Zuid-Afrikaansche Republiek (ou Transvaal) en die Republiek van die Oranje-Vrystaat, te staan gekom teen die Britse Ryk. Die hele gebied waarop hierdie oorlog plaasgevind het vorm vandag deel van die Republiek van Suid-Afrika.
Oor die sowat twee en 'n half jaar wat die oorlog geduur het, het dit Brittanje nagenoeg 200 miljoen pond, 448 435 Britse- en Rykssoldate en sowat 20 000 Britse lewens gekos om 'n "Boererebellie" te bemeester.
Aan die kant van die Boererepublieke was die koste van die oorlog baie hoog. Elke republiek se ekonomie is totaal en al vernietig deur die Verskroeideaardebeleid wat deur die Britse generaals toegepas is. Toe die Boere by die Vrede van Vereeniging hul wapens neerlê, het baie as hoofrede vir hul oorgawe die lyding van hul vroue en kinders aangevoer.
SO SPREEK DIE HERE
Hannes Ollewagen
Jer. 23:9-40
“Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat hulle eie tong gebruik en sê: Die HERE spreek! Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die HERE, en dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die HERE.” (:31&32).
Hierdie woorde uit Jeremia laat my dadelik aan ’n verskynsel in ons dae onder ons volk dink waaroor ons dalk rede tot groot kommer behoort te hê. Die verskynsel van mense wat sommer links-en-regs die stelling sal maak – “Die HERE het vir my gesê . . .”. En wat onrusbarend is, is dat dit wat op voorafgaande frase volg selde met gesonde lering uit die Woord van God ooreenstem. Ek dink byvoorbeeld aan so ’n geleentheid in 2017 waar ene Buchan die besluit geneem het dat dit nóú tyd is vir God om in hierdie land se lot in te gryp en dit te verander. God het aldus hierdie man vir hom ’n opdrag gegee om ’n miljoen mense byeen te bring vir ’n byeenkoms waar hulle God skynbaar deur getalle sou oorhaal om hierdie land met sy grondwet – wat God verloën – se lot te verander. In retrospek lyk hierdie eerder na ’n grootpratery as ’n profesie aangesien ons 7 jaar later nog nie sien dat God gehoor aan hierdie opdrag van Buchan gegee het nie. En ek twyfel dat Hy sal – aangesien geen mens vir God voorskryf nie. Lewer hierdie uitkoms nie ’n duidelike getuienis teenoor Buchan nie? “Die profeet wat profeteer van vrede – as die woord van die profeet uitkom, sal die profeet bekend word wat die HERE waarlik gestuur het.” (Jer. 28:9).
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (4)
083 444 7672)
Die kerkdiens op Breedepoort was halfpad aan die gang toe die rowers toeslaan. Vier van hulle het die kerk aan die voorkant binnegekom, twee elkeen aan die sydeure, en een uit die konsistoriedeur. Hulle is elkeen gewapen met vol-outomatiese gewere uit die ou Oosbloksisteem en is ingeoefen genoeg om al nege gelyktydig die kerk binne te kom, skote in die plafon van die gebou af te trek en die verskrikte mense te beveel om te sit, hulle beursies, ringe, horlosies en ander waardevolle items te oorhandig. Daarvoor sal die kollektesakkies ideaal wees. Die leier van die groep grynslag as hy die opdrag gee.
‘n Skoot gaan af en hierdie man se gesig vertrek in skok as hy besef iets het hom in die borsgedeelte getref. Die leraar het sy eie wapen getrek en sonder waarskuwing die man geskiet. As daar vandag bloed gaan vloei in hierdie kerk, sal dit nie sonder die rowers s’n wees nie. Die rowerleier kyk met ‘n uitdrukking van uiterse skok na die predikant. Van wanneer af dra ‘n prediker ‘n vuurwapen?
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (3)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(2) Political assassinations of prominent political leaders, due to the culture of lawlessness and violence in the ANC and similar organisations and the current practice to continue with hard political intimidation and even assassinations.
-Genl Roland de Vries
*
Abdul Ibn Jusaf is in sy laat dertigs, sterk en fiks, alhoewel hy nie lank of groot gebou is nie. Hy het ’n vol baard, soos dit hoort, swart en swaar, wat pas by sy deurdringende swart oë. Hy het nie ‘n grondlengte kleed aan, of soos dit genoem word, ‘n “thobe” nie, maar ‘n netjiese kamoefleeruniform, meer geskik teen ‘n woestynagtergrond as die ruie plantegroei van Cabo Delgado in Mosambiek. Hy dra geen medalje of kenteken nie, behalwe vir sy naam in Arabiese skrif bokant sy regter hempsak en die rangkenteken van majoor op sy skouers.
“Hoekom? Dis maklik – Islam is ‘n godsdiens vir manne en krygers, nie soos die Christendom wat vir swakkelinge is nie.”
“Hoekom sê jy so?”
BLOEDDRUKFOEFIES (DEEL 1)
Dr Joseph Mercola
‘n Talentvolle mediese praktisyn en mentor het my een maal lank gelede vertel dat die mediese paradigma op die neem van bloeddruk konsentreer omdat dit makliker is om te meet as die gesonde vloei van bloed (bloedperfusie).
Soos ek meer vertroud geraak het met die mediese veld, het ek 'n ander konsekwente patroon begin opmerk, naamlik dat statien-medisyne die mark oorgeneem het omdat dit lyk asof dit cholesterol effektief kan verlaag. Kort voor lank is byna almal vertel dat hulle van 'n hartaanval sou sterf tensy hulle 'n statien begin neem ten spyte van die newe-effekte daarvan. Daarby het dit nie veel waarde nie bv. as u dit vir vyf jaar neem, kan u lewe ten beste 3-4 dae verleng word en dikwels veroorsaak dit ernstige newe-effekte vir ongeveer 20% van gebruikers . Aangesien so baie mense ernstig benadeel is deur die groot statien-bedrogspul, het al hoe meer persone daaroor uitgesproke geword. In vandag se artikel sal ek probeer wys hoe iets soortgelyks met bloeddrukbestuur gebeur het.
Om hierdie middels breedweg aan te beveel, blyk gewetenloos te wees; hierdie onregverdigbare riglyne is 'n produk van slim farmaseutiese bemarking en doelgerigte omkopery van openbare amptenare.