Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
'n Kind wat voel dat hy by die gesin hoort en gereken word, kan die hele wêreld waterpas in die oë kyk met die vermoë om lief te hê en ander te aanvaar omdat hy self aanvaar is en liefde ontvang het. Ontneem die ouer dit die kind, is daardie kind nie toegerus om die lewe aan te durf sonder groot probleme nie.
BELYDENIS VAN ONS SKULD
Hannes Ollewagen
Hand. 19:1-40
“En baie van die wat gelowig geword het, het belydenis kom doen en hulle dade bekend gemaak; en verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit vyftigduisend silwerstukke was. So het die woord van die Here met krag gegroei en sterk geword.” (:18&19).
’n Misdaad teen die Allerhoogste – teen God – dít is wat sonde is. Dit is geen nietigheid wat maar net in ons lewens ignoreer kan word nie. En allermins is dit iets wat ons moet probeer wegsteek. Daar is immers niks in die heelal wat God se oë nie kan sien nie. Die getuienis hiervan is vir ons duidelik uit Heb. 4:13. “En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.” En in Psalm 69:6 getuig Dawid spesifiek daarvan dat ’n mens se sonde ook nie vir God verborge is nie. “...o God, Ú weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie.”
AANSLAG OP DIE JEUG
Gustav Norval
In vandag se lewensomstandighede, waar ons almal blootgestel word aan baie verderflike invloede rondom ons, kan dit maklik gebeur dat kinders meegesleur word deur groepsdruk om hom- of haarself te bewys as aanvaarbaar vir groepsmentaliteit. Ouers moet te alle tye paraat wees om oor hul kinders te waak, aangesien die satan baie subtiel en onderduims is in sy aanslag op die onwetende jeug. Veral op die kinders van mense wat hulself beskou as Christene en ons kan verseker wees dat die satan hom veral sal toespits op die verbondsjeug.
Van die algemeenste aanvalstrategieë behels hedendaagse Hollywood-produksies, video-speletjies, popmusiek, tatoeëring, asook drank- en dwelmmisbruik om die blanke jeug te ontspoor. Hiermee poog die satan om jong mense te kondisioneer om onsensitief te word teen negatiewe dinge en om rebellie, aggressie, geweld, selfmoord, dwelms, permissiwiteit, ontug en okkulte praktyke as positiewe eienskappe te aanvaar as ‘n norm van ontvlugting van die harde realiteite. Selfmoord en geweld word aangebied as ‘n oplossing en word eksplisiet in sg. ”hard metal rock” lirieke aangewakker en tans sien ons dat tienerselfmoorde sedert die tagtiger jare verdriedubbel het. Sogenaamde “black metal rock” verheerlik satan in hul lirieke.
WETENSKAPLIKES SPEEL GOD
KIMERAS
Gustav Norval
“Wetenskaplikes is tans op ‘n gevaarlike ongekende biologiese terrein waar hulle soos kinders in ‘n landmynveld speel.”

Die term “kimera” (Engels “Chimera”) verwys na ou Griekse- en Egiptiese mitologiese figure wat deels mens en deels dier was, soos uitgebeeld in Egiptiese muurtekenings. Voorbeelde van kimeras is die sfinks (‘n leeu met ‘n menskop) en Sagittarius, ‘n perd met ‘n menslike bolyf.
AS SOUT HIER GESTROOI
Hannes Ollewagen
Matt. 5:13-16
“JULLE is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.” (:13).
Op 6 April 1654, 370 jaar gelede, lê Jan van Riebeeck ’n gelofte af. Dit is twee jaar nadat hy met sy reisgeselskap in die Kaap aangeland het. En in hierdie gelofte bring Hy die eer aan God toe wat hulle reisgeselskap veilig van Europa na die suidpunt van Afrika gebring het. Van Riebeeck se opdrag van die VOC was om ’n halfwegstasie aan die suidpunt van Afrika te vestig. Min het hy seker geweet dat God se plan hierin anders was. Dit laat mens dink aan die woorde van Jesaja 55:8&9. “Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.” Min het hy seker geweet dat God besluit het om hulle en hul nageslag hier aan die suidpunt van Afrika soos sout op hierdie vasteland te strooi.
WEES WAKKER VIR VALSE PROFETE
Izak Loots
“En baie valse profete sal opstaan en baie mense verlei.” [Matt. 24:11]
“Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wiehy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is. En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves! Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen. [1 Pet. 5: 8 – 11]
In hierdie tye waarin ons leef is daar so baie valse profete en geestelike leiers wat valse hoop vir Suid-Afrikaners wil gee oor Suid-Afrika se toekoms. Toestande versleg by die dag in Suid-Afrika.
COVID-“ENTSTOF” LEI TOT KANKER
Dr Gustav Norval
Ook vars in die navorsings-wêreld, is die bevinding rondom die sogenaamde p53 geen, ‘n geen wat in elke sel se DNS-molekules voorkom. Die funksie daarvan is om die tempo van selverdeling te beheer. ‘n Fout in die geen of besering daarvan soos deur sekere chemikalieë, virusse en bestraling kan die p53 so verander (muteer) dat dit sy funksie versteur en dan begin die selle onbeheersd verdeel sodat kanker ontstaan. Daar is navorsing wat daarop dui dat COVID-entstof inmeng met die p53- geen en dit kan muteer sodat selverdeling buite beheer raak en daar dus ‘n moontlikheid bestaan dat dit kan lei tot kankervorming. Navorsers skryf: “...we observe certain links that show there are ways cancer can have an easier path to establishing itself as a result of COVID-19 mRNA vaccination” en dat kankers in remissie weer opvlam na inenting.
Uit:
Google P53 gene function
WWW: Yerevan Medical State Univ.: Mechanisms that could increase cancer vulnerability in COVID-19 mRNA vaccine recipients
Angues & Bustos: Navigating unchartered waters- could certain COVID-19 vaccines promote malignancies, e-pub, Sept 2022.
ANTWOORD TEEN ALTZHEIMERSIEKTE
Dr Gustav Norval
In die mediese navoringswêreld is daar altyd iets nuuts wat ontdek word. Daar is twee belangrike verwikkelinge wat ek wil uitlig. Ten eerste blyk dit dat Alzheimer se siekte voorkom kan word deur vitamines 6, 9 en (veral) Vitamine B12 aanvullings te gebruik. Dit verlig ook die simptome van die toestand by mense wat dit reeds het, m.a.w. daar is ‘n verbetering in die korttermyn geheue. Volgens Lauer (sien bron hieronder) kry jy verligting van simptome binne 6 maande se aanvullings. Party ouetehuise pas die behandelingsmetode op mense met dimensie, reeds toe. Vir die van ons wat wil weet hoe dit werk:
Ons kry ‘n voedingstof genoem sisteïen in wanneer ons plant- of dierprodukte eet. In die afwesigheid van, of in teenwoordigheid van lae bloedvlakke van die drie bogenoemde vitamines, word die sisteïen omgeskakel na ‘n stof genaamd homosisteïen, omrede die vitamines normaalweg die omskakeling verhoed. In die verband is Vitamine B12 die belangrikste. Die oormaat homosisteïen in die bloed word dan om bloedvate in die brein gedeponeer wat die opname van suurstof in die brein beperk en dit lei tot breinverstorings.
DIE NUWE RUSLAND
Toe president Vladimir Poetin in Februarie 2022 Rusland se militêre operasie in die Oekraïne van stapel gestuur het, het hy spesifieke, maar beperkte doelwitte in gedagte gehad. Dit het in wese gegaan oor die versekering van Rusland se veiligheid teen NAVO.
Die drastiese, uitgebreide en goed gekoördineerde Westerse reaksie op Moskou se skuiwe – die torpedering van die Russies-Oekraïnse vredesooreenkoms en die toenemende eskalasie van die VSA-geleide blok se betrokkenheid by die konflik, insluitend sy rol in dodelike aanvalle binne Rusland – het egter het die land se houding teenoor sy voormalige vennote fundamenteel verander.
Die afgelope twee jaar het niks minder nie as 'n rewolusie in Moskou se buitelandse beleid opgelewer, meer radikaal en verreikend as enigiets wat verwag is op die vooraand van die Oekraïne-ingryping. Oor die afgelope 25 maande het dit vinnig in sterkte toegeneem. Rusland se internasionale rol, sy posisie in die wêreld, sy doelwitte en metodes om dit te bereik, sy basiese wêreldbeskouing – alles is besig om te verander.
NOG ‘N TEGNIEK WAT ONS KOS VERWOES
Moderne tegnokrate het lankal baie maniere gevind om ons kos te verwoes – soos vinnige verhitting van melk tot 240 grade, mikrogolfbestraling met radioaktiewe materiale, spuitdroging by hoë temperature, ekstrudering by hoë temperature en met ‘n oorvloed versteekte suiker ons gesondheid vernietig.
Nou het nog 'n nuwe tegnologie op die toneel gekom: ultrahoë druk toegepas op 'n verskeidenheid kosse vir mense, troeteldiere en babas: HPP = Hoëdrukverwerking. Voorbeelde van hoëdruk-verwerkte produkte wat vandag kommersieel in die VSA beskikbaar is, sluit in vrugte-“smoothies”, gereed-om-te-eet-etes met vleis en groente, oesters, slaaisous, hummus, ham, hoenderrepies, vrugtesap, salsa en vrugtepuree vir babas.
Hoëdrukverwerking (HPP) word gedefinieer as "...'n nie-termiese voedsel- en drankverwerkingstegniek gebaseer op die toepassing van hoë vlakke van hidrostatiese druk wat deur water oorgedra word, met veelvuldige voordele vir voedsel- en drankmaatskappye."
ANC-VERKIESING IN MEI IS ONWETTIG!
Die komende verkiesing in Mei is net so onwettig soos dat die ANC in die Parlement sit. Hulle het nie hierdie land deur 'n wettige stemproses verkry nie. Dit is deur De Klerk en sy bende op 'n skinkbord aan hulle gegee ná die referendum in 1992 wat geen stemproses was nie. Dus kan geen stem wat nou in Meimaand uitgebring word, enigiets aan die toestand verander nie en is dit net nog 'n bedrogspul, tyd- en geldmors-lopie.
Die ANC sou in 1990 die terroriste-oorlog met moeite kon voortsit ná die ineenstorting van kommunistiese regerings in Oos-Europa en die ekonomiese verval in sogenaamde Frontliniestate in Afrika. Die logiese verloop van die terroriste-oorlog in Suider-Afrika moes wees dat van Suid-Afrika se kant die stryd teen die terroriste op alle fronte verhewig sou word om die oorlog beslissend te wen. Dog, die teendeel is deur die Suid-Afrikaanse Regering gedoen.
In 1994 het die Nasionale Party-regering van FW de Klerk die mag aan die ANC oorhandig sonder dat hulle 'n mandaat daarvoor gehad het. Sy misrabele beloning van die Wêreldgeldmagte was R34 miljoen en 'n gedeelde Nobelprys.
Die vraag op die referendum-kiesstrokie was of die kiesers toestem dat FW met die ANC mog onderhandel. Daarvoor moes die kieser slegs Ja of Nee antwoord. Die vraag was NIÉ of FW Mandela uit die tronk mog vrylaat en ons land aan die ANC oorgee nie. Hiermee het FW die kiesers sowel as die meerheid van sy parlementslede mislei.
WAT IS WARE AFRIKANERSKAP?
Dit is in tye soos hierdie wanneer Afrikanerskap en Afrikanernasionalisme weer skerp omlyn moet word. Dit is dwingend noodsaaklik dat gevra word:
Wie is die Afrikaner?
Net so belangrik is dit om te vra: Het ons nie te lank gewag om die definisie van Afrikanerskap en ons nasieskap duidelik te stel nie? Is daar nie in die verlede toegelaat dat Afrikanerskap en ons nasieskap te veel kon omsluit ter wille van die vrede nie, en dat ons daardeur ons grense vir verswakking oopgestel het nie?
As ek myself die vraag stel: Wie is die Afrikaner? dan is daar een mens wat daarvoor kwalifiseer. Dit is die man wat hom as Afrikaner beskou omdat hy aan die geskiedenis van die Afrikaner verbind is, omdat hy aan die Afrikaner se geloof gebind is, omdat hy gebind wil wees aan die Afrikaner deur tradisies van die Afrikaner, omdat hy gelei wil word deur die ideale van die Afrikaner.
Jy is Afrikaner omdat jy jouself as Afrikaner beskou en nie omdat ‘n Afrikaner hom as Afrikaner beskou nie. Nasieskap en Afrikanerskap is soos ‘n broederskap: jy behoort daaraan of jy behoort nie daaraan nie. Dit is iets absoluuts. Jy kan nie ten dele daaraan behoort en ten dele nie.
J A Marais
BOEKADVERTENSIE: VRYHEIDSVEGTERS
Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Allermins was dit 'n regverdige aanval van 'n groot moondheid op 'n klein byna weerlose en vreedsame volk, 'n oorlog wat uiteindelik ontaard het in 'n toestand van ellende, verwoesting, gruwels en skokkende barbaarse wreedheid. Die Britse opposisie het dit "methods of barbarism" genoem, soos wat mens sou verwag hoe oorlog baie eeue gelede deur Mongole, Turke, Romeine en Herodes se sodate uitgevoer was.
Lewens was goedkoop en nie eens die diere was ontsien nie. Die boek vertel die verhaal van sommige van die gevegte en die persoonlike ervarings en aandeel van 'n aantal oudstryders wat daarin betrokke was. Sedert die vredesluiting van 1902 moes die joiners se name onbekend bly twv Louis Botha se versoeningsbeleid met die vyand. In hierdie boek word die name van joiners ontbloot, mense wat nie geskroom het om onskuldige bloed te vergiet vir 'n paar pennies per dag nie.
Bestel die boek direk by skrywer: Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

ESéGIëL 38

EJG Norval
Volgens die 1933 vertaling van Eségiël 38:2 sien ons dat Gog van die land Magog, ‘n vors van Ros, Meseg en Tubal genoem word. Volgens ou kaarte is Magog die landstreek tussen die Swartsee en Kaspiese see, d.w.s. Wes-Rusland. Geskiedenisskrywers (sien bronnelys) beweer daar is genoegsame bewyse uit ou geskrifte dat die naam “Ros” die huidige Rusland verteenwoordig en dat Magog die land is waar Meseg (wat in sommige bronne beskou word as Moskou) en Tubal (Tobolsk-stad in Siberië) geleë is. Volgens Eseg 38 vers 4 trek Gog en sy leërmag op teen die stamme van Israel tesame met die Perse (Iran), Kus (Afrika) en Put (Libia), Gomer (Turkye), Togarma (Moslems van die Midde-Ooste) teen die Europese lande.
ANARGIE, POLITIEKE HOOFDIS VAN VERKIESING
Medewerker
Anargie is gewoonlik die hoofbestanddeel van die voorverkiesings-, verkiesings- en na-verkiesingstyd (veral in lande met swart ‘leiers’- Red).
‘n Opperste ironie is die verkondiging aan elke boom, lamppaal, tak en bushuisie in die land deur die Demokratiese Alliansie (DA) van ‘n politiek-profetiese uitspraak deur mnr. Jaap Marais dat die politieke bestel in die land sál val. Want die DA se hoofalarmkreet oor waarom sy hulp by wyse van die verkiesing ingeroep moet word is “Red Suid-Afrika”.
Hierdie voorspelling deur mnr. Marais is sekerlik meermale gedoen maar een aangeteken deur ‘n behoudende waarnemer se datum word deur daardie waarnemer as 30 Junie 2000 aangedui.
Die ironie op die ironie van die DA se doen-en-late in die aanloop tot die verkiesing in Mei vanjaar is dat die DA (en sy partypolitieke voorgangers, dink maar aan die Progressiewe Federale Party), angstige geweerdraers vir die rewolusionêre ANC in die aanloop tot Blanke oorgawe aan die kommuniste was; ‘n groter hansie-my-kneg vir ‘n rewolusionêre kommunis kon jy nog nooit kry as ‘n verloopte kerkleier, student, dosent, koerantman en sommer gewone linkse ploerte in enige Westerse samelewing te vinde nie.
GODDELIKE GETROUHEID
Hannes Ollewagen
Matt. 28:1-10
“Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het; en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê. En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel. En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom. En Jesus sê vir hulle: Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broeders dat hulle na Galiléa moet gaan; en daar sal hulle My sien.” (:6-10).
Hierdie gebeure ná die dood van Christus aan die vloekhout lewer weereens vir ons so ’n kragtige getuienis van die Goddelikheid van Christus. Dit is ten eerste ’n absolute merkwaardige gebeurtenis dat selfs die krag van die dood Hom nie gevange kon hou nie. Hierdie ongewone en wonderlike gebeurtenis waarvan Petrus ook beslis getuienis gelewer het. “Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.” (Hand. 2:24). Hierdie getuienis van die Goddelikheid van Christus wat ons herinner daaraan dat die Drie-enige God van die heelal inderdaad die enigste ware God is wat waardig is om deur die mens aanbid te word. Is daar enige afgod wat die mense vir hulself maak wat ooit die smarte van die dood kon oorwin? Sou Mammon (die geldgod) dit kon doen? Natuurlik nie! Daar is géén bedrag geld in die wêreld wat enige mens van die dood kan red nie. “Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie” (Ps. 49:8).
TWEE HUISE WORD EEN

EJG Norval
Die Boervolk van die Transvaal- en Vrystaat gedurende die 1800’s was oortuig daarvan dat hulle as uitverkorenes al die 12 stamme van Israel verteenwoordig. Ons sien dit in die Transvaal embleem met die 4 hoofde van Israel, naamlik die arend (Dan), die leeu ( Juda), die blanke Adamiet (Ruben) en die ossewa (die bees, Efraim). Die kleure word dan ook in die Vierkleur-vlag weerspieël: rooi (Juda), blou vir die blou lug (arend), wit (Adamiet) en groen (weiveld vir die bees). Die profetiese Woord vertel ons dat die twee huise van God se volk, d.w.s. Die Huis van Israel (10 stamme) en die Huis van Juda (twee stamme) aan die einde van hierdie aardse bestel een eenheid gaan vorm :
“In die dae sal die Huis van Juda gaan na die Huis van Israel en hulle sal saam uit die Noordland kom in die land wat Ek aan julle as erfenis gegee het (Jer 3:18)…. ‘n Kosbare land, ‘n allersierlike erfenis van die nasies“ (Jer 3:19).
Ons sien in hierdie twee tekse drie gebeure, naamlik: die twee stamme word een nasie, dit gebeur aan die einde van dae en die twee huise verhuis tesame uit die noorde na ‘n pragtige land in die suide. Een manier om na die profesie te kyk, is dat Ons Vader ‘n volk sou vestig, ‘n volk bestaande uit al twaalf stamme van Israel en dat die land wat Ons Vader aan die verenigde volk sou gee, hier in Suid Afrika is. Hier het immers ‘n volk onstaan wat geformeer is uit byna al die bestaande Europese volkere en wat as die Boervolk bekend staan.
WAT KOM DEUR DAAI NAALD? (2)
E J G Norval
Vrae oor enstowwe
Vervolgens gaan ons sommige entstowwe ondersoek en kyk of dit so wonderlik is as wat die firmas voorgee.
Kan entstof skade veroorsaak? Farmafirmas wat entstowwe maak gee toe dat gevalle van entstofskade wel hier en daar voorkom, maar volgens hulle is entstowwe oor die algemeen voordelig en kan entstowwe die uitbreek van epidemies voorkom. Die paar kinders wat deur entstowwe beskadig word, is volgens hulle ‘n geringe prys om te betaal om die bevolking as geheel teen ‘n spesiefieke siekte of siektes te beskerm. Die houding word weerspieël in die volgende uitlatings m.b.t. masel-entstof: “…if there is a risk, it will affect far fewer children than those ravaged by measles without the vaccine” en die volgende: “FDA workshop officials indicated they were justified in administering new and unproven vaccines by claiming it is unethical to withhold them.” Verder: “…those who believe that there is no such thing as society, only individuals, won’t be convinced it was worth taking a tiny risk of harming their individual child just to prevent a future general epidemic” (NS:Febr.2001).
Vertel dit aan ‘n ouer wie se kind aan entstof-geïnduseerde skade ly. Vertel die storie aan aan iemand wat verlam is en gekerker in ‘n rolstoel sit of wat deur juppie-griep verander is in ‘n fisiese wrak.
HY IS NIE HIER NIE
Ds A.E. van den Berg
“En hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasarener wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie....” (Mark.16:6).
Om die Bybellande te besoek is ʼn onvergeetlike ervaring en soveel plekke om te besoek, dat jy bang is om te gaan slaap en iets mis. ʼn Besoek aan die Tuingraf naby die Damaskuspoort in Jerusalem is beslis die hoogtepunt. ʼn Mens sien die skedelkoppie Golgota digby en ʼn entjie verder die Tuingraf waar Jesus deur Josef van Arimathéa en Nikodemus met die goedkeuring van die Romeinse owerheid na die kruisiging neergelê is.
Toeriste kan binne die graf ingaan. Dis ʼn kamer en word deur ʼn deur toegehou. Buite op die deur staan die volgende woorde: HY IS NIE HIER NIE WANT HY HET OPGESTAAN. Dit bring trane in die oë.
WAT KOM DEUR DAAI NAALD? (1)
E J G Norval
IETS OOR DIE SKRYWER
Dr Gustav Norval is ‘n afgetrede patoloog met oa ‘n agtergrond van verskeie navorsingstukke by die Universiteit van Stellenbosch en ander instellings. Saam met ander medici het hulle navorsing ‘n hele aantal velde onder andere patologie, dermatologie, onkologie en mediese tegnologie gedek. Dr Norval het met in diepte navorsing ook talle boeke oor verskillende ander onderwerpe geskryf, met beklemtoning op die geskiedenis van ons volk waarin gebeure onbekend aan die publiek, uitgelig word. Ons plaas met groot waardering mettertyd ook van sy ander onderwerpe met sy toestemming hier op Gelofteland – Red.
Ene Dr. Kalokerinos het in die Int. Vaccine Newsletter (1995) die volgende”): “…the unofficial policy of the WHO and the unofficial policy of the ‘Save the children’s Fund’ is one of murder and genocide. You cannot immunize sick children, malnourished children, and expect to get away with it. You kill far more children than would have died from natural infection. Verder skryf hy: “…at the highest level of the medical cartel, vaccines are a top priority because they cause a weakening of the immune system. The medical cartel, at the highest level is not out to help people, it is out to harm them, to weaken them. To kill them”. Om kinders te vermoor. Hierdie is ‘n ernstige aantyging teen organisies wat inenting propageer en uitvoer en een wat ons van nader moet ondersoek om te sien wie se pote die inspuitings toedien.
ALLES IS NET GENADE
Ds A.E. vd Berg
“En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.
En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees”(Luk 23:42,43).
Goeie Vrydag word al eeue lank in die kerk herdenk. Die gebeure van daardie dag neem gelowiges in die gees na ʼn koppie buitekant Jerusalem waar Jesus gekruisig is. Wie hierdie dag Goeie Vrydag begin noem het, weet ons nie. Vir oningeligtes klink dit teenstrydig want wat kon goed op so ʼn wrede dag wees? Dit was ʼn dag van onreg en regsverkragting soos wat die bose stuk skaakspel tussen Pilatus, Herodes en die Joodse Raad gevorder het.
Dit was vir Jesus nie ʼn goeie dag nie, maar eerder een van angs, wreedheid, pyniging en gespottery. Ons hoor Jesus in die Tuin van Getsemane bid: “En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi, en neergekniel en gebid en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied! En toe Hy in 'n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val”(Luk.22:42-44).