Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dwase leiers probeer dikwels die ware toedrag van sake met onsinnige argumente en niksseggende redenasies om te keer. Benewens hul verstommende onbekookte optredes, wissel baie van hul uitsprake van lagwekkende onkunde tot weersinswekkende dreigemente.
SPORT EN POLITIEK- APARTHEID, NAT EN SAP
Gert Kotzé
Lees reeks by Sport en politiek
SPORT EN POLITIEK (5)
“Soos die Afrikaanse koerante van die Noorde, was Die Burger van Kaapstad destyds die mondstuk van die Afrikaners wat uit die geledere van die WP padgegee het omdat hulle geglo het die bond se bestuur het die spel in die politieke kookpot laat beland.”
Die sportpolitiek van die oorlogsjare het in feitlik die hele Kaapprovinsie tot blanke apartheid in rugby gelei. Dit was 'n venynige vete tussen Nat en Sap. Die belangrikste uitvloeisel daarvan was dat 'n nuwe afsonderlike rugbybond in die Westelike Provinsie gestig is. Die beheer daarvan was geheel en al in die hande van die Afrikaners van die Wes-Kaap.
Die Nat-Sap-twis was ook nie net tot die Westelike Provinsie beperk nie; die Afrikaners van die Oos-Kaap en Kimberley en omstreke het ook besluit om van die bestaande rugbybesture weg te breek.
VERRADERLIKE DA SAL SA VERNIETIG, NIE RED NIE!
Almal het teen hierdie tyd die Demokratiese Alliansie se verkiesingsborde op bome en pale langs die paaie raakgesien waarop hulle ‘uitroep’: “Red Suid-Afrika!” Dit is ‘n kragtige wekroep wat talle Afrikaners weer eens verwar oor ‘n stem vir die DA. Maar kom lees hier en vind uit wie hierdie verraderlike Party werklik is.
Op hulle webblad maak die DA oa die regte geluide deur die ANC te kritiseer; elke aantuiging is die waarheid maar dit verwar mense nog meer. Die DA skryf tereg: “Ons land is in 'n krisis. Ná net 30 jaar in die regering het die ANC staatsinstellings geërodeer deur kaderontplooiing, korrupsie en misdaad. Gevolglik het ons nie meer 'n betroubare kragtoevoer nie, misdaad is buite beheer, te veel kinders kan nie lees en skryf op die vereiste vlak nie, daar is watertekorte oor die hele land, ons hawens faal, en ons dorpe en stede is in verval. Hierdie probleme het Suid-Afrika se ekonomiese groeivooruitsigte en vermoë om werk te skep vernietig.” Elkeen van hierdie stellings is in die kol, ons almal weet dit, maar nou moet mens kyk WAARMEE die DA die land wil red!
SPORT EN POLITIEK – PETER HAIN
Gert Kotzé
Lees reeks by Sport en politiek
SPORT EN POLITIEK (2)
"Die jong Peter het sterk verbintenisse aangeknoop met onder andere Albert Luthuli, 'n later ingeperkte swart leier, en John Harris, die man was weens sy aandeel in die geskiedkundige stasiebomvoorval in Johannesburg ter dood veroordeel en later opgehang is. So sterk was die bande tussen die Hain en die man wat die stasiebom geplant het, dat Peter op 15-jarige ouderdom die rede by Harris se begrafnis voorgelees het."
In die venynigste aanslag wat by die uitgang van die jare sestig teen Suid-Afrikaanse sport losgebars het was Peter Hain een van die voorslaners.
Binne enkele jare nadat hy uit Pretoria in Londen aangekom het, het hy die hoofargitek geword van die ontwrigting van sporttoere na en van Suid-Afrika. Hy het homself trouens meermale in die openbaar daarop beroep dat hy die gang van Suid-Afrikaanse sport erg versteur het. Peter Hain het die aksies van talle anti-Suid-Afrikaanse groepe hoogs geslaagd op een terrein saamgetrek; hy het op die erkende gewildheid van Suid-Afrikaanse sport geteer deurdat hy dit as wapen opgeneem het vir sy hoofdoel; om die Nasionale bewind in die Republiek by te kom.
WIE IS DIE SKULDIGES?
Iets meer as 130 mense is verlede Vrydagaand by die konsertlokaal noordwes van Moskou dood toe verskeie gewapende mans in die skare begin skiet en die saal aan die brand gesteek het. ’n Terreurgroep wat homself Islamitiese Staat Khorasan (ISIS-K) noem, het verantwoordelikheid aanvaar.
Rusland weet wie die Crocus-stadsaal-aanval uitgevoer het, maar hulle ondersoek nou oor wie die bevel gegee het, het president Vladimir Poetin Maandag gesê en daarop gewys dat die Oekraïne 'n moontlike skuldige is.
“Hierdie aanval is deur radikale Islamiete uitgevoer,” het Poetin in die openingstoespraak van 'n video-oproep met wetstoepassers gesê.
Die VSA en sy bondgenote probeer nou om hul gevolmagtigdes in Kiëf te beskerm, en beklemtoon dat Oekraïne niks met die terreuraanval te doen gehad het nie en dat die verantwoordelike party die Islamitiese Staat (IS, voorheen ISIS) was, het die Russiese president opgemerk.
“Ons weet wie die aanval uitgevoer het. Maar ons wil weet wie dit bestel het.”
SPORT EN POLITIEK - JOHANNES VAN DER WALT
Gert Kotzé
SPORT EN POLITIEK (1)
"Die taal van sport was Engels, selfs ook in rugby, waar die Afrikaner deur sy deelname in die meerderheid was. Eers met die verkiesing van dr Danie Craven as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad in 1956 in Kaapstad, het die administrasie van die land se nasionale spel geleidelik in die Afrikaanssprekende se hande begin kom."
INLEIDING
Die naam van die spel is politiek. So was dit nog altyd in Suid-Afrika.
Daarom is dit 'n geldige verweer van baie Suid-Afrikaners dat mense en instansies in die buiteland wat sport en sportboikotte as hefboom teen die Republiek inspan, met 'n politieke spel besig is. So was dit van vroegjare af en so is dit nou nog. Sedert die bewindsoorname van die Nasionale Party in 1948 het sport en politiek onafskeidbaar verweefd geraak. Sport moes hom onderwerp aan 'n nuwe staatsbestel waarin die beleid van apartheid deur alle vertakkinge van die Suid-Afrikaanse samelewing getrek is. Ons het politieke voorskrifte vir sport opgestel en ook van die buiteland verwag om daardie voorskrifte na te kom.
Die sport-politiek in Suid-Afrika loop al 'n lang pad. Daar was ten eerste 'n politieke sportstryd tussen Afrikaans- en Engelssprekendes.
DOBBELARY
In 1974 vereenselwig die kerkleier en latere politikus, dr. A.P. Treurnicht, hom met ‘n waarneming deur die destydse minister van finansies (Nic Diederichs?) “en nugtere sakelui” dat ‘n ongesonde dobbel-element op die land se aandelebeurs vaardig is. “Daar bestaan goeie rede vir so ‘n waarmening,” voeg dr. Treurnicht toe by.
Dit was beslis nie die eerste keer dat na dobbel as netelige aangeleentheid in die land verwys is nie.
Inderdaad is daar reeds so vroeg as in 1885 daarvan melding gemaak; die historikus Bun Booyens wat in sy boek, Nagmaal deur die jare, p. 42, verklaar:
“Reeds in die tagtigjare (van die negentiende eeu) het die ‘euwel’ sy verskyning op kerkbasaars gemaak wat deurentyd tot op die hede wenkbroue laat lig het: lotery. Dit blyk dat Engelse kerk- en skoolbasaars reeds teen daardie tyd die gebruik van ‘raffeling’ ingevoer en winsgewend gevind het. Toe dit egter teen 1885 by ons eie basaars in Kaapstad in gebruik gekom het, was kerkleiers onseker of dit strydig met die landswet is en of dit straks in verband gebring kon word met volskaalse dobbelary soos by Baden-Baden en Monte Carlo.
AS STUKKENDE MENSE GEHEG WORD
Ds A.E. van den Berg
“... wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u knegte en van u volk vergewe – want U leer hulle die goeie weg waarin hulle moet wandel...” (1 Kon.8:36).
Waarom bid so baie mense maar niks gebeur nie? Bid hulle verkeerd? Dis baie moontlik want egte gebed begin by dit wat in jou hart aangaan. Wanneer jy bid, moet jy jou lewe voor God oopgooi. Dawid skryf: “Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ʼn weg is van smart, en lei my op die ewige weg!” (Ps.139:23,24).
In ons gelese gedeelte bid Salomo tydens die inwyding van die tempel en begin reg – by die kwellinge van sy eie hart. Jy kan nie vir die geestelike genesing van jou volk bid as jou eie hart siek is nie. Dan praat Salomo oor die sondes wat Israel hul willens en wetens op die hals gehaal het, geestelik afvallig geword en God se straf daarvoor ontvang het.
God ondersoek harte en tree dienooreenkomstig op: “Ek, die Here, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy wee...” (Jer.17:10). Salomo leer ons dat dit wat in mense se harte omgaan, ook hul volk se toekoms raak. Hierdie waarheid hoor ons al in Gen.6:5 waar God die mensdom straf oor “...die versinsels wat hy in sy hart bedink” en op agt na almal in die sondvloed laat omkom het.
MASSASKIETERY IN RUSIESE HOOFSTAD
Verskeie video's wat Vrydagaand op sosiale media geplaas is, wys die oomblik toe 'n massaskietery by 'n winkelsentrum en konsertlokaal in die Russiese hoofstad plaasgevind het.
Volgens voorlopige verslae deur ooggetuies het gemaskerde aanvallers met outomatiese gewere losgebrand en handgranate gebruik. Videomateriaal dui daarop dat minstens vyf gewapende mans betrokke was. Amptelike inligting oor die voorval is nog hangende.
Een video wys hoe mense in 'n stampvol konsertsaal – deel van die Crocus-stadsaalkompleks – rondmaal. Iemand skree “Maak die deur toe” net voor geweerskote gehoor word en dan begin die geskreeu.
Nog 'n video het die geluide van outomatiese geweervuur in die winkelsentrum vasgevang wat uit die verlate galerye weerklink.
Volgens voorlopige ramings deur Rusland se Federale Veiligheidsdiens (FSB) is minstens 40 mense in die aanval dood. Afsonderlik het die Ministerie van Gesondheid van die Moskou-streek 'n lys van 144 mense gedeel wat in die voorval beseer is.
OM HOM TE GEHOORSAAM
Hannes Ollewagen
Heb. 10:1-18
“Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ’n liggaam berei. Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie. Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom – in die boekrol is dit van My geskrywe – om u wil te doen, o God.”
Wanneer ons hierdie gedeelte lees kan ons vir ’n oomblik maklik die denkfout maak dat ons met ’n weerspreking uit God se Woord te make het. Sal God dit hier stel dat Hy geen behae in brandoffers en spysoffers het nie terwyl Hyself dit in die tyd van Moses as voorskrif gegee het? “Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: Julle moet daarvoor sorg om my offer, my spys vir my vuuroffers as lieflike geur vir My, op die bepaalde tyd aan My te bring.” (Núm. 28:2). Hierdie is beslis nie ’n weerspreking nie, maar eerder ’n skat wat ons help om die offerande aan God beter te verstaan. Ons het die voorbeeld van Christus se lewe wat dit vir ons uitlig. Christus het die volmaakte offer aan God gebring – Hy het homself in gehoorsaamheid aan God geoffer. “...en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.” (Fil. 2:8). Hy, die sondelose, het nie nodig gehad om enige offer tot versoening aan God te bring nie. Maar in gehoorsaamheid aan God het Hy Homself tot versoening van ons sondes geoffer. Hy kon met reg sê dat Hy gekom het om God se wil te doen, want Hy het Homself in absolute gehoorsaamheid aan God se wil onderwerp. En die welgevalle van God in hierdie gehoorsaamheid van sy Seun is vir ons uit die Woord baie duidelik. “Terwyl hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en daar sê 'n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!” (Matt. 17:5).
POETIN AS PRESIDENT HERKIES
Hiermee is Rusland se voorspoed verseker: Vladimir Poetin het 'n groot oorwinning in die presidensiële verkiesing behaal. Die inhuldiging van die verkose president is geskeduleer vir 7 Mei.
Die hoof van die CEC, Ella Pamfilova, het Donderdag onthul dat meer as 76,2 miljoen Russiese kiesers vir Poetin gestem het, wat hom 87,28% van die stemme gee.
Intussen het Poetin se teenstanders in die wedloop, die Kommunistiese Party-kandidaat Nikolay Kharitonov, Vladislav Davankov van die New People-party en Leonid Slutsky van die Liberale Demokrate, onderskeidelik 4,31%, 3,85% en 3,2% ontvang.
Rusland het 'n totaal van 112 miljoen stemgeregtigde kiesers uit 'n totale bevolking van 146,2 miljoen mense, volgens amptelike data. Die laaste syfer neem egter nie die vier voormalige Oekraïense gebiede wat in die herfs van 2022 by Rusland aangesluit het, in ag nie.
WAARSKUWING !
Die Weskaapse Onderwys Departement het pas die land se eerste riglyne vir geslagsidentiteit en seksuele oriëntasie vir skole opgestel. Hieronder word verstaan dat skoolkinders nou onderrig gaan word oor wat elke “gender” behels. Dit word hartlik ondersteun deur die Demokratiese Alliansie (DA).
Dat dit so kort voor die verkiesing plaasvind laat mens wonder of die DA glo hy stemme daarmee kan trek. Dit is ‘n hartseer dag dat Suid-Afrika die pad van die VSA in hierdie verband volg. In Amerika is sowat 56 sogenaamde geslagte (“genders”) wat totale chaos dikteer. Die satan se hand word so duidelik daarin gesien wanneer onmin en verwarring by jong kinders geskep word. Daar is nie net meer homoseksuele en lesbiese verhoudings nie. Kinders gaan skooltoe as ‘n kat of ‘n hond, gedra hulle daarvolgens en die onderwyser het geen gesag daaroor nie.
Die tragiese toestand strek ook tot volwassenes daar. Een so ‘n voorbeeld is toe ‘n voornemende koper ‘n verkoopsman as “meneer” aangespreek het. Die “meneer” was glo nie meer ‘n meneer nie maar iets anders, het die koper aangekla en hy is volgens die land se wetgewing swaar tronkstraf opgelê. Sulke voorvalle vind daagliks plaas. Dit is die pad wat nou vir Suid-Afrika wag. Ouers en onderwysers het geen gesag oor hulle kinders se soort “gender” nie en absolute bandeloosheid is die gevolg daarvan.
DAG- EN NAG-EWENING EN PAASFEES
RONDOM 21 MAART OP DIE DAG VAN DAG- EN NAG-EWENING IS DIT PRESIES EWE LANK DWARSOOR DIE WÊRELD
WAT HET DIT MET PAASFEES TE MAKE?
’n Dag- en nag-ewening, soms net ’n nagewening genoem (Latyn: aequinoctium, "gelyke nag"), is wanneer die son loodreg bo die ewenaar skyn. Daar is twee nagewenings elke jaar, op of rondom 21 Maart en 22 September. Omdat hulle in die Suidelike Halfrond onderskeidelik die begin van die herfs en lente aandui, word hulle ook soms die herfs-nagewening en lente-nagewening genoem. In die Noordelike Halfrond werk dit andersom: die Maart-ewening is die begin van die lente en die September-ewening die begin van die herfs.
Met die dag- en nag-ewenings is die lengte van die dag en nag oral op die aarde ewe lank en kom die son presies in die ooste op.
’n Uitsondering hierop is by die Noord- en Suidpool: daar kom die son met een ewening op en sak hy met die volgende ewening..
Nou sal jy wonder wat op aarde het die ewenings met Paasfees te make. Daar is 'n interessante verbintenis.
DIE DONKER EEU VAN SANITASIE
Prof Turton
Beurtkrag is steeds met ons. Dit is nie meer 'n onbekende gebied nie maar kom ons praat bietjie daaroor. 'n Paar jaar gelede het ek geskryf oor 'n verbysterende feit waarin min mense op daardie stadium belang gestel het. Daardie eenvoudige feit was dat Eskom, ons nasionale energienutsmaatskappy, op bystandkragopwekkers werk.
Niemand het gereageer nie, so ek het stil geword en aanbeweeg, maar ek het nooit opgehou om aan hierdie eenvoudige verrassende feit te dink nie. Waarom werk ons nasionale kragvoorsiener op bystandkragopwekkers?
Die antwoord is kompleks, maar een element van daardie antwoord is diesel. Jy sien, 'n winsgewende kontrak is aan 'n polities verbonde persoon gegee om diesel te verskaf. Daardie diesel was nie die goedkoopste nie, want die verskaffer het nooit die diesel vervaardig nie. Hulle het dit bloot by 'n regte dieselverskaffer gekoop wat weens die reëls nie toegelaat is om die spel te betree nie.
SATAN, DIE NABOOTSER
Satan boots die huwelik, instelling van God, na met homoseksualisme
In hierdie dae word homoseksualisme tot walging en verveling in ons kele afgedruk. Elke tydskrif, elke TV-program en elke organisasie het dit die hoofonderwerp van die tyd gemaak. Dat daar ‘n groter mag hieragter is, kan mens nie betwyfel nie. Die satan gebruik sy gewillige instrumente om hierdie saak te dryf tot verval van gemeenskappe en volke sodat hulle God nie meer sal gehoorsaam en dien nie.
Maar wie vandag homoseksualisme voorstaan, sê met net ander woorde dat God òf nie bestaan nie, òf nonsens praat waar hy in Lev.18:22 en 20:13 homoseksuele dade verbied:
“En as ʼn man met ʼn manspersoon gemeenskap het, soos ʼn mens met ʼn vrou het, het hulle al twee iets gruwelik gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word”.
BLY GETROU AAN JOU LEER
Ds A.E. vd Berg
“Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het” (2 Tim.3:14)
By geleentheid loop ʼn hond met ʼn been in sy bek oor ʼn bruggie. Toe hy die weerkaatsing van sy gelaat in die water sien, lyk die been in die water groter as die een in sy bek. Hy los dit toe vir die een in die water. So gaan dit ook met mense wat iets kosbaar het en dit vir iets wat nie bestaan nie, los.
Baie mense wat in Gereformeerde kerkverbande grootgeword het, belydenis van geloof afgelê en God beloof het om aan die leer van die kerk gerou te bly, het gelieg toe hulle dit vir iets wat oënskynlik beter gelyk het, laat vaar het. Ek praat van dwaalleer.
Dwaalleer is so oud soos die kerk self. ʼn Toename daarvan is egter een van die tekens van die eindtyd. Paulus noem dit die afval. Hierdie afval is die laaste fase net voordat die Antichris bekend gemaak word en die kerk gaan beheer: “Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die seun van die sonde geopenbaar word....” (2 Tess.4:3). Dwaalleer is seker die kragtigste instrument in sy hand!
WIE IS DIE INTELLEKTUELE PROSTITUTE?
Die afgelope paar jaar het ons deeglik kennis gemaak met die ergste vorm van leuens en die wêreldwye verspreiding daarvan. Die Wêreldgeldmag het met die satan, vader van die leuen, daarin geslaag om met nogal deursigtige leuens oor die korona-virus, die hele wêreldbevolking op hol te jaag. En hulle is nog nie klaar daarmee nie want die suksesse sover sal hulle noop om dit baie verder te neem. Hulle sataniese smagting na mag en geld kan net nie ophou nie maar hulle sukses hang hoofsaaklik af van ‘n paar ander instansies waarvan die media een van die grootste aandeelhouers is.
Ons praat dikwels oor die hoofstroommedia, die pers wat sekerlik die heel grootste aandeel aan die verwording van die wêreld het en van vroegste tye af dit gehad het. Sonder die media sou die Geldmag, die Kommunisme, die Evolusieleër en elke ander dwaling wat deur die satan aarde toe gebring is, geen kans op verspreiding van hierdie aard gehad het nie.
DIE LEUEN OOR KLIMAATSVERANDERING
In 2017 het die Verenigde Nasies ‘n konferensie oor globale verwarming gehou onder die vaandel van die International Panel on Climate Change (IPCC) in Suid-Korea. Die groot vraagstuk was hoe om die globale temperatuurstyging stop te sit. Die media blaas natuurlik paniek aan met berigte in hierdie verband.
So word aangevoer dat ons ‘n katastrofe tegemoet gaan indien CO2 (koolstofdioksied) uitlate nie dringend verminder en selfs stopgesit word nie. Biljoene is reeds bestee aan konferensies, ondersoek en modelle om hierdie vraagstuk op te los. Maar wat is die waarheid?
Sekere “kundiges” het aangevoer dat globale verwarming met minstens 1,5 grade Celcius verminder sal moet word in die volgende 12 jaar. Teen 2050 mag daar geen CO2 uitlate meer wees nie. Dit beteken geen voertuie wat met brandstof-enjin aangedrewe is nie, geen steenkool-aanlegte nie, ensovoorts.
ONS LEWENSLIG
Hannes Ollewagen
Jes. 2:1-22
“Kom, huis van Jakob, en laat ons wandel in die lig van die Here!” (:5)
Hoe gepas is hierdie uitnodiging by monde van die profeet Jesaja nie ook vir ons volk vandag nie. Die profeet rig hierdie wekroep tot sy volk in ’n tyd waarin God se grimmigheid a.g.v. hul ongeregtigheid oor hul uitgestort word. Die volk Israel het in die tyd van Jesaja, soos ons eie volk vandag, in sy eiesinnigheid en navolging van sy afgode so ver van die Lig beweeg dat hulle in die duisternis verdwaal geraak het.
Hierdie verskynsel is in ons tyd ook baie duidelik waarneembaar. Ons kan self sien hoedat mense meer en meer sukkel om tussen reg en verkeerd te onderskei. Inteendeel, ons sien selfs al hoedat mense baie dinge wat ’n paar dekades gelede as heeltemal verkeerd en onaanvaarbaar beskou is vandag gewoon as heeltemal aanvaarbaar en selfs as “reg” beskou. Die rede hiervoor is eenvoudig – die afwesigheid van die ware Lig in die mens van ons tyd se lewe maak dat hulle nie meer kan sien nie. “Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.” (2 Kor. 4:3&4).
OPENBARING OOR KERNOORLOG
Die afgelope tyd word daar baie gepraat oor ‘n derde wêreldoorlog asook die besef dat dit ‘n kernoorlog sal wees. Te veel lande besit tans groot hoeveelhede kernwapens om te wil glo dat ‘n volgende oorlog nié ‘n kernoorlog sal wees nie.
Ons lees in die Bybel uit Openbaring 8 en 9 oor ‘n kernoorlog wat sal plaasvind. Die Bybel het heelwat te sê oor die einde van die wêreld en die voorspelling van ‘n oorlog in hoofstuk 8 en 9 toon groot ooreenkoms met hoe ‘n kernontploffing verloop. As voorbeeld lees ons in Openbaring 8 vers 10:
En die derde engel het geblaas, en *’n groot ster wat soos ’n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ’n derde van *die riviere en op die waterfonteine.
Die bom wat op Hirosjima gegooi is, het nie op die grond ontplof nie. Dit het 510 meter bokant die stad ontplof. Dit kan dus lyk soos ‘n groot brandende fakkel wat uit die hemel val. En waar dit val maak dit ‘n groot gat in die grond en die rook van die ontploffing wat opstyg vergelyk so reg met die beskrywing in Openbaring 9:
KULTUUR- DAGBOEK 11 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die dorp Somerset-Oos (Oos-Kaap) word in 1825 gestig.
Casparus Petrus Hoogenhout, Afrikaanse digter, skrywer, Afrikaanse taalstryder en medestigter van die GRA, is in 1843 in Amsterdam in Nederland gebore.
De Zuid Afrikaan publiseer in 1910 die Taalbond se jaarverslag, waarin hulde gebring word aan die nagedagtenis van JH Hofmeyr. Dit lei tot die die totstandkoming van die Onze Jan Taalbondpryse.
Siener - Nicolaas Pieter Johannes Janse van Rensburg, boer, heldersiende Christen en vertroueling van genls De la Rey, De Wet, Kemp en pres Steyn, is in 1926 op sy familieplaas Rietkuil naby Wolmaransstad in die Wes-Transvaal, oorlede.