Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoop is nie om te sê die wêreld is goed en reg soos hy is nie. Dis nie om maar tevrede te wees met dinge wat verkeerd is nie. Hoop is om te bly glo dat God iets beters vir ons bedoel het – en óns moet daaraan meewerk.
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (3)
Michael Young van Goldfields in Brittanje het intussen gesoek na Afrikaners om met die ANC te onderhandel om hulle geldbelange in Suid Afrika te beskerm. Deur bemiddeling van die joernalis Fleur de Villiers ontmoet hy proff Willie Esterhuise en Sampie Terblanche. Op 31 Mei 1989 ontmoet Willie Esterhuyse en Thabo Mbeki in Londen. Die tweede besoek het prof Marinus Wiechers en Willem de Klerk (FW se broer) ingesluit. Ander interessante besoekers aan die ANC was prof Johan Maree (vergesel van sy eggenote Helen Zille; Koos van der Merwe (KP-Parlementslid); en Ebbe Dommisse van Die Burger.
Op 18 Januarie 1989 het PW Botha 'n ligte beroerte. Daar was reeds sprake van 'n vorige beroerte in 1985. 'n Bron binne die Broederbond vertel: "En toe slaan daai ou man remme aan. Ons het 'n paar jaar verloor – drie jaar, meer.
“In die laaste koukusvergadering voor hy uitgeskop is ten gunste van FW de Klerk, sê Botha: "[De Klerk], 'n moeilike tyd wag op jou. Ek kry jou jammer. Jy het magte losgemaak wat jou gaan vernietig!"
Onder die 53-jarige De Klerk het jong voormalige Ruiterwag-lede, nou Broederbond, soos Leon Wessels, Roelf Meyer en Theuns Eloff (Puk-rektor en toe De Klerkstigting) nou take gekry waarvoor hulle nie werklik opgewasse was nie.
ALLES VAN GOD IS HEILIG
Ds A.E. van den Berg
“… Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond” (Ex.3:5).
Die verhaal van Moses is een van die aangrypendste in die Bybel, veral as in gedagte gehou word dat hy 80 jaar oud was toe God hom geroep het om sy volk uit Egipte te lei. Daarbenewens was hy ’n voortvlugtige wat gevlug het omdat hy ’n Egiptenaar wat ’n volksgenoot mishandel het, doodgeslaan het.
Sy roeping begin aan die voet van Horeb, waar hy later die Tien Gebooie ontvang het. Op daardie stadium het Moses die vee van sy skoonvader opgepas toe God uit ’n brandende bos na hom geroep en gesê het: “Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond”.
Wat het dié grond heilig gemaak? Die teenwoordigheid van die heilige God! Heilig beteken opsy sit of afsonder. Moses het nie voor ʼn Egiptiese afgod gestaan nie, maar voor die heilige Skepper-God en dit het die spesifieke grond op daardie oomblik heilig gemaak. Voor die heilige God is alles heilig.
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (2)
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (1)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Teen laatmiddag hou drie voertuie voor die hek stil. Twee manne klim uit, loop na die hek toe en lui die klokkie. Nie ‘n lang, aanhoudende lui soos iemand wat op aandag, onmiddelik en duidelik aandring nie, maar soos ‘n gewone besoeker. Skeer staan op, herken die man by die hek en loop om te gaan oopmaak. Arno, Priester en John staan by die vensters, agter die gordyne en teen die muur, met wapens gereed. Hulle sien die hek oopgaan en dan hoe Skeer die man in uniform met die hand groet. Hy en nog ‘n offisier, met ‘n leer aktetas in sy hand, kom nader geloop.
“Julle kan maar uitkom. Die kommissaris wil julle in elk geval ontmoet.”
Nadat die formaliteite agter die rug is, maak die ander reg om te loop.
“Brigadier, ek sal dit waardeer as jou mense kan bly vir die gesprek,” sê hy in baie goeie Afrikaans. Leona kom nou ook in, met ‘n skinkbord koffie en tuisgebakte gemmerkoekies.
“Brigadier Hugo, ek kom agter dat julle baie wonde oopkrap. Ek het verskeie oproepe van mense in hoë poste gekry, wat my gevra het om julle te kom stopsit.”
‘n Gevoel van totale verslaentheid kom oor die groep. As alles hier staak, dan is die dood van Stef en Mac verniet, dan is al die baklei en soek na antwoorde onsinnig.
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (5)
Dr Gustav Norval
MMR-entstof
Gegee: op 15 maande, 4-6 jaar en dan weer op 11-12 jaar.
In 1960 was 77 Down sindroom kleuters in Engeland deur Dr. Aldius en Professor Butler as proefkonyne vir ‘n entstof teen masels gebruik (google: “Down’s Babies Used in Vaccine Experiments”). ‘n Entstof teen masels het daarna in 1963 op die mark verskyn en toe op groot skaal op 36,000 Britse kinders beproef. In 1988 is die maselentstof saam met pampoentjies- en Duitse masels-entstowwe in die MMR-entstof (Merck & Co.) saamgevoeg. Die entstof bevat neomisien, sorbitol, gelatien en lewendige-maar-verswakte-virusse gekweek op kuiken- en mensfetusweefsel, en is gerig teen die kindersiektes masels, pampoentjies en Duitse masels (Rubella). Vandaar die naam MMR of Measels-Mumps-Rubella.
HY KEN SY EIE
Hannes Ollewagen
2 Tim. 2:14-26
“Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.” (:19).
Ons kyk vandag na hierdie twee sake waarvan Paulus in sy brief aan Timótheüs skryf. Hierdie twee sake wat deelvorm van die vaste fondament van ons geloof. Dit is ten eerste die wonderlike herinnering en versekering dat God ons ken en ten tweede dat ons van die ongeregtigheid afstand moet doen en naby aan Hom moet leef.
Hoe kosbaar is hierdie waarheid en versekering uit God se Woord nie – die versekering wat Hy ons gee dat Hy diegene ken wat syne is. En dit is so nodig in die wêreld waarin ons leef om aan hierdie kosbare waarheid herinner te word. Ja, ’n wêreld waar soveel mense net soos nog ’n nommer voel. ’n Wêreld wat so met indiviualisme besmet is dat mense voel dat hulle net geken word wanneer ander ’n voordeel uit hul kan trek.
OMGEKOOPTE OU SA REGERING VERANTWOORDELIK VIR DR HF VERWOERD SE MOORD
Hierdie uittreksel is geneem uit die boek RAUTEM geskryf deur dr. Philip Venter. Hy is ‘n bekende skrywer van veelvuldige boeke wat ons binnekort hier op Gelofteland bekend sal stel. Sy kontaknommer is: 083 444 7672 en sy boeke kan dan direk by hom bestel word.
Met hartlike dank aan dr. Philip Venter
Tsafendas is nooit verhoor nie omdat die hooggeregshof in ′n spesiale ondersoek bevind het dat hy as skisofreen nie vir sy dade aanspreeklik gehou kon word nie en ingevolge wetgewing nie verhoor kon word nie. Hy is lewenslank in tronkselle en die Sterkfontein-gestig opgesluit, waar niemand hom te woord kon staan nie, en hy is op 7 Oktober 1999 daar dood. Hy is op die hospitaalterrein in ′n ongemerkte graf begrawe.
In teenstelling daarmee het groot getalle veroordeelde terroriste wat veelvuldige moorde op onskuldige Suid-Afrikaanse burgerlikes gepleeg het, voor die voet amnestie gekry en is uit die tronke vrygelaat. Verskeie van hulle is vir hul bloeddorstigheid en genadeloosheid beloon met hoë poste in die staatsdiens, selfs as offisiere in die polisiediens. Vir Tsafendas, egter, was daar geen amnestie nie. Hy moes sy geheime saam graf toe neem.
ALLES GAAN OOR GELD!
Het u geweet die ANC is vir R150-miljoen verkoop?
Alle verkiesings is korrup en beteken niks. Soos regter Kriegler voorheen gesê het, as mens in ʼn bordeel werk, kan jy nie kuis bly nie, menende die geweldige omkopery en onregmatighede binne alle verkiesings. So was daar weer met betrekking tot die afgelope verkiesing ʼn geheime ooreenkoms gesluit tussen die geldmag en die ANC.
Rupert en die Oppenheimers het R150-miljoen aan die ANC gegee om 6-miljoen stemme aan die DA te verkoop, sodat daar ‘n ANC-DA-koalisie sal ontstaan. Dit is nadat die R100-miljoen skenking aan 'n klein veelpartygroep nie daarin geslaag het om selfs 100 000 stemme gesamentlik te kry nie. Rise Mzansi, Action SA, BOSA en die res van die Oppenheimer-partye het ondanks die groot skenkings sleg verloor in die verkiesings. In die koalisie sal Ramaphosa president van Suid-Afrika wees. Die DA-leier, John Steenhuisen, adjunkpresident.
VOORTEKENS VIR DIE WEDERKOMS
Gustav Norval
Een kwart van die Bybel het te doen met profesie en die meeste hiervan handel oor die laaste dae. Ons is op pad na die groot verdrukking en slegs die verstandiges sal verstaan wanneer sekere voortekens dit aandui (Dan 12:10). Ons moet waak en bid om waardig geag te word om al die dinge wat kom te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan (Luk 21:36). Waarop moet ons bedag wees voor die wederkoms?
- Oorloë, geweld, wetteloosheid (Matt 24:6,7, Open 6:7,8) en dit terwyl die regerings “vrede, vrede” skree (1 Thes 5:3) en die 20ste eeu gekenmerk was deur twee wêreldoorloë, veelvuldige streeksoorloë, revolusies, opstande en terroriste-oorloë in Afrika, Asië, Suid-Amerika, Midde Ooste en ander lande.
- Ontaarding van die mens. Hul liefde sal verkoel (Matt 24:12), hulle sal wees soos 2 Tim 3:1-5 aandui: brutaal, verraaiers, krimineel, liefhebbers van genot, ens.
- Droogtes en hongersnood (Matt 24:7). Droogtes en groot brande wat die wêreld beleef loop hand-aan-hand, terwyl droogtes en voedseltekorte politieke stabiliteit bedreig. Die Almagtige sluit die reënsluise omdat sy volk teen Hom sondig (1 Kon 8:35) en voedselrantsoenering vir die eindtyd word in Open 6:5-6 geprofeteer.
DIE DODERYK
Ds A.E. van den Berg
“En ek het ʼn groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit... En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ʼn ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke”(Open 20:11,12).
Baie mense weet nie werklik wat met die siel na hul dood gebeur nie. Die meeste mense glo dat as jy mooi geleef het, jy hemel toe gaan en as jy sleg geleef het, hel toe. Dis ʼn dodelike misverstand! Die Bybel sê dat daar vir gelowiges ʼn plek van heerlikheid na hul dood is nl. die paradys. Luister na die misdadiger langs Jesus op Golgota: “En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees” (Luk.23:42,43).
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (4)
Dr Gustav Norval
DPT-entstof
Dit word geggee op 2 maande, dan weer op 4 maande, 6 maande, 15-18 maande en weer op 4-6 jaar.
Die DPT-entstof (SmithKlineBeecham Co.) bestaan uit ‘n mengsel van kinkhoes- (pertussis), witseerkeel- (difteria) en tetanustoksoiëd antigene (DPT= Diptheria-Pertussis-Tetanus) in ‘n mengsel van aluminiumfosfaat, natriumchloried, natriumhidroksied, formalien, soutsuur, skaaprooibloedselle, gliserol, varkpankreas-proteïen en timerosal. Die kinkhoesentstof was in die 1950’s op Britse kleuters getoets en ten spyte van die feit dat 42 babas epilepsie ontwikkel het, was DPT goedgekeur en op groot skaal vervaardig en toegedien. Die kinkhoeskomponent van die eerste DPT-entstof het dooie bakterieë bevat wat verantwoordelik was vir heelwat probleme soos onomkeerbare breinskade en selfs dood (Pediatrics:vol.1{4} 1948), erge neurologiese komplikasies, verstandelike vertraging, selfs verlamming by kinders (Lancet:Maart 1950), asook erge konvulsies (spasmas en sametrekkings) (Jnl. of Pediatrics:47, 1955) en “infantile myoclonic seizures” (Jnl. of Pediatrics:50, 1957). Volgens die NS:Febr.1987 het die eerste kinkhoesentstof (vervaardig deur die Wellcome Foundation) gelei tot gevalle van neurologiese skade soos die geval toe 14-maand-oue Johnnie Kinnear in 1971 teen kinkhoes geënt was: hy het skielik erge onomkeerbare breinskade opgedoen en is ‘n koolkop, inkontinent en kan nie praat nie. Hy moet gevoer, gebad en aangetrek word.
VREES GOD!
Hannes Ollewagen
Spr. 1:7-19
“DIE vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.” (:7).
Ons is almal bekend daarmee dat koning Salomo ’n besonderse wyse man was. “So het koning Salomo dan groter geword as al die konings van die aarde, in rykdom en wysheid.” (1 Kon. 10:23). En deur sy mond het God ook aan sy volk ontsettend baie lewenswysheid geleer. Die eerste ding waarvan ons in Spreuke lees, is wat die grondslag van kennis is. Die vertrekpunt, die fondasie van kennis en wysheid is ’n vrees vir God. “Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis;...” Dit word vir ons ook in Spr. 9:10 bevestig. “Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.”
DIE LYDENSWEG
Gustav Norval
Paulus skryf in Hebr. 10:32 as volg: “maar onthou die vorige dae waarin julle toe julle verlig geword het, ‘n groot lydingsworsteling deurgestaan het”. Daarmee bedoel Paulus dat lyding ‘n bekeerling se voorland is. Lusifer en sy gevalle engele teiken diegene wat in geloofsgehoorsaamheid wandel en hoe groter gevaar ‘n bekeerde vir die bose inhou, des te feller die fisieke en geestelike aanslag wat ons kan verwag. Paulus het die satan se fisieke aanslag ervaar soos hy in 2 Kor. 12 noem, en dit is so dat die bose magte ook bekeerdes se denke telepaties teiken deur allerlei bose gedagtes oor te sein. Die satan hardloop soos ‘n brullende leeu rond om gelowiges te probeer verslind (1 Petr. 5:8). Die Woord leer dat ons nie verontrus moet word tydens verdrukking nie, aangesien ons as gelowiges hiervoor bestem is (1 Tes. 3:3).
Ons moet ly t.w.v. die Evangelie (2 Tim. 1:8) en ons moet deur verdrukking worstel soos ‘n goeie krygsman van ons Messiah (2 Tes.2:3). Die Woord leer ons verder dat almal wat Godvrugtig wil lewe, vervolg sal word (2 Tim. 3:12 ; 2 Tim. 3:5) en dat ons deur baie verdrukkinge moet gaan om in die koninkryk in te kom (Hand. 14:22). Daar wag nog die groot verdrukking aan die eindtyd, waardeur gelowiges moet worstel om waardig bevind te word vir ons Vader se koninkryk (1 Tes. 1:5).
BLY WEG VAN STEMBUS!!
Met die verkiesing wat vandag plaasvind is spanninge besig om op te bou.
Ten eerste is die spanning in Swart geledere duidelik tasbaar, veral in Natal – waar voormalige bondgenote wat almal eens saamgetrek was in die ANC nou mekaar se kele wil afsny. Dit herinner sterk aan die woorde van wyle meneer Jaap Marais wat voorspel het dat die bestel nie sal staande bly nie, dat daar ‘n ineenstorting sal plaasvind wat met geweld gepaard sal gaan en dat dit sal begin as Swart-op-Swart geweld. Die politieke geweld daar in Natal is besig om kommerwekkende afmetings aan te neem soos wat leiers en ondersteuners van die ANC, EFF en die voormalige ANC-president, Jacob Zuma (nou by MK) mekaar die stryd aansê. Dit sal na alle verwagting in intensiteit toeneem soos ons die verkiesing nader.
Met die hoogs vlambare en uiters onstabiele situasie in ons land is dit natuurlik raadsaam om die nodige voorbereidings te tref ten einde gereed te wees om huis en haard te beskerm. Daar is ‘n hoë moontlikheid dat geweld en selfs pandemonium rondom die verkiesing of kort daarna kan uitbars.
Tweedens is daar die groot stryd om die dwarstrekkerige, konserwatiewe Afrikaner by die stemmery betrek te kry. Hierdie groepering van beginselvaste Afrikaners is duidelik ‘n groot kopseer vir die magte in beheer. Dit maak die liberalis doodsbenoud dat so ‘n groot proporsie beginselvaste Afrikaners hul nie laat intrek en besmet met die klad van die mislukte bedeling wat hulle veroorsaak het nie.
Lees mens wat Flip Buys – ywerige medewerker aan die totstandkoming van die veelrassige NSA te sê het – dan begryp mens hul dilemma. Hulle is mede-verantwoordelik vir hierdie gemors. Maar dié wat dit van meet af aan teëgestaan en beveg het, en steeds nie daaraan deelneem nie is vir hulle doring in die vlees. Hulle is die gewete wat hul deurgaans herinner aan hul growwe oordeelsfoute en gewoon blatante verraad. Daarom ywer hulle vervaard om almal by die NSA se demokratiese proses te betrek sodat almal eindelik medepligtiges aan hul mislukte eksperiment sal wees.
Buys skryf:
‘N LlEFDESDRIEHOEK VAN DIE GROOT TREK
Te midde van al die ellende van 1838 was daar soms kans vir 'n bietjie skinder oor 'n liefdesgeskiedenis waarby die heldhaftige Marthinus Oosthuizen betrokke was. Dit is een van Suid-Afrika se groot liefdesverhale, soos oorvertel deur Theo Gerdener.
Oosthuizen was afkomstig uit die distrik Uitenhage. Sy ouers was veeboere en het ook rasegte honde en perde geteel. Toe hy vyftien was, het hy by 'n kerkdiens kennis gemaak met die veertienjarige Aletta Rudolph. Teen die tyd dat die Trek begin het, was hulle kêrel en nooi. Die Oosthuizens is in 1836 saam met die Maritz-trek, maar die Rudolphs het nog geen trekplanne gehad nie. Toe die twee jong mense afskeid neem, was dit blykbaar vir goed.
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (3)
Dr Gustav Norval
Teen die middel 1970’s was die farmafirmas bewus van die aapvirus-besmetting, maar hulle was ook onder die indruk dat die aapvirusse geen probleme vir die mens ingehou het nie. Die US Bureau of Biologics (BOB) het die polio-entstofvervaardiger Lederle, vervolgens toegelaat om soveel as 100 aap-virusse per milliliter in hul entstowwe toe te laat! Wat ‘n onnosele daad waarvoor miljoene mense later met hul lewens sou boet! In 1976 het ene McGrath van die BOB, Lederle se ou entstowwe met ‘n elektronmikroskoop ondersoek en aangetoon dat daar na raming tussen 1,000 en 100,000 virusse per milliliter polio-entstof teenwoordig was! Om alles te kroon, het party virusse soos die kankervormende Oncorna-retrovirusse gelyk!
BARBAARSE METODES
WAAROM DIE KAMPE VIR VROUE IN DIE ENGELSE OORLOG BEGIN IS
Onder die Britte wat die "verskroeide aarde-beleid" veroordeel het, was daar sir Henry Campbell Bannerman, leier van die Liberale Party. Hy het op 14 Junie 1901 in 'n toespraak enkele woorde gebruik wat histories geword het: "A phrase often used is that 'war is war', but when one comes to ask about it one is told that no war is going on, that it is not war. When is a war not a war? When it is carried on by methods of barbarism in South Africa."
Behalwe deur verwoesting het die Britte 'n tweede maatreël toegepas - dié keer teen die vegtendes. Hulle het begin met groot dryfjagte of drives (die Boere het dit soms "krale" genoem) om al die kommando's te probeer vang.
WAARHEID EN LEUEN
Ds A.E. van den Berg
“.... as die woord van die profeet uitkom, sal die profeet bekend word wat die Here waarlik gestuur het” (Jer.28:9).
Jare gelede was die kerk en die plaaslike teater op ʼn Amerikaanse plattelandse dorpie reg oor mekaar. Toe die tyd vir die Pinksterbidure aanbreek, het die leraar ʼn reeks opwekkingspreke voorberei om sy gemeente meer betrokke by die kerk te kry. Dienste is oral geadverteer – plakkate, strooibiljette ens. Die eerste aand was daar baie mense in die kerk, die volgende aand minder en toe nog minder totdat net drie die laaste aand opgedaag het. Wat was fout?
Daardie selfde week het ʼn vermaaklikheidskunstenaar ʼn paar opvoerings in die teater gehad en net een plakkaat opgesit. Daar was elke aand meer mense as die vorige aand en die teater was met die laaste vertoning stampvol. Toe die dominee die kunstenaar daarna raakloop, vra hy hom hoe hy dit met slegs een plakkaat reggekry het? Hy sê: “Jy verkondig net fiksie en kyk hoe stroom die mense na jou! Ek verkondig die waarheid en kyk na die swak opkomste!” . Die akteur se antwoord het hom uitgeboul: “Ek verkondig fiksie asof dit die waarheid is, maar jy verkondig die waarheid asof dit fiksie is”.
SA KERNWAPENS VOOR 1994 OORGAWE (1)
Die ou NP-leiers by monde van FW de Klerk en Pik Botha het by herhaling gesê hulle nie 'n ander keuse gehad het as om Suid-Afrika (sonder mandaat van die volk) aan 'n swart kommunistiese owerheid te oorhandig nie. Hulle verweer was dat Suid-Afrika onder geweldige druk van die buitewêreld was en dat Suid-Afrika onregeerbaar sou word deur al die binnelandse onrus en opstande van die swart volkere – onrus wat deur die buiteland gestook is in die hoop dat die land onregeerbaar sou word.
Dat Suid-Afrika weerloos gestaan het in hierdie situasies is só ver van die waarheid verwyder dat daar net een gevolgtrekking uit te make is: die verraderlike ou NP-leiers het vir totaal ander redes as vir die veiligheid van Suid-Afrika hierdie land weggegee. Suid-Afrika was op daardie tydstip een van die weerbaarste lande ter wêreld. In hierdie artikel en opvolgende aflewerings sal die leser homself vergewis van die leuens wat aan die burgers van Suid-Afrika opgedis is oor die sogenaamde weerloosheid van die land in die laaste jare vóór 1994. Vóór 1994, voor die kernwapens skadeloos gestel is, was Suid-Afrika só weerbaar soos nog nooit tevore nie. Dit laat mens nogal dink waarom die land deur verraad op sy knieë gebring moes word...
GELOOF, GELOOF, GELOOF!
Hannes Ollewagen
Joh. 3:1-21
“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (:16).
Hoe pragtig is hierdie baie bekende gedeelte uit God se Woord nie. En hoe hartseer is dit nie dat hierdie gedeelte ook waarskynlik een van die meer bekende gedeeltes uit God se Woord is omdat dit een van daardie verse is wat menigmaal deur dwaalleraars in hul kettery uit verband aangehaal word. Maar ons mag nie hierdie kosbare skat in God se Woord verswyg of verberg bloot omdat daar sommige is wat dit moedswillig verdraai nie. Dit is hulle skandelike en skaamtelose optrede en handeling met hierdie skat wat verwerplik is en nie die skat self nie.