Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Geen mens kom weens sy goedheid in die hemel nie, slegs deur die bekering. Dis al hoe jou naam in die boek van die lewe geskryf kan staan; geen ander manier nie. Daarom is die oordeel van die teksvers hard en duidelik: “En as dit bevind is dat iemand se naam nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp”. Wees wys en bekeer jou terwyl jy een baie belangrike ding aan jou kant het – tyd!
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (4)
KLEINSKEER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
3 Suspects were arrested earlier today on the N12 road in Benoni area for truck hijacking, possession of unlicensed firearms, possession of hijacked vehicles and jamming devices.
Two Metro Police Officers are amongst thirteen suspects arrested on the N12 in Benoni
It is reported that members operationalised intelligence information about a truck hijacking on the N12.
*
BAIE ontleders en kommentators maak die punt dat korrupsie endemies aan die ANC is en dat die gevolge daarvan Suid-Afrika uiteindelik tot by die werklikheid van 'n mislukte staat sal bring.
Maar 'n ander scenario is besig om pos te vat en die elites in Luthulihuis is intens bewus daarvan.
RAMAPHOSA SE KABINET
Nuwe kabinet aangekondig
Die aankondiging van die Kabinet het as ‘n skok en teleurstelling vir menige blinkoog liberalis gekom. Dit het nogeens hul geloof in die edele barbaar ‘n knou gegee. Daardie hoop wat hul koester dat die steenkool net lank genoeg en hard genoeg gepoets moet word en siedaar – ‘n blink diamant verskyn, is weereens beskaam!
Geen verrassing!
Vir die konserwatiewe denker is dit egter glad nie verbasend dat Ramaphosa alle ooreengekome besluite verontagsaam en selfs op sy woord teruggegaan het nie. So is byvoorbeeld die ministerie van Handel en Nywerheid aan die DA beloof en toe skielik nie meer nie. Dis immers hoe Afrika-politiek werk. Die goue reël geld steeds: die Westerling moet hom glad nie daarby inlaat of hom daarmee laat besmet nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (3)
KLEINSKEER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
Three cops appeared in the Bloemfontein Magistrate's Court on Monday.
Three Free State police officers arrested for corruption and kidnapping will apply for bail next week.The Anti-Corruption Unit arrested the trio on August 17 for an incident that took place in December last year. Two sergeants and a constable, from Bloemspruit, Park Road, and the K9 Unit, are facing charges of corruption, extortion, kidnapping, and defeating the ends of justice.
"It is alleged that the three were on patrol duties on December 14, 2022, when they stopped a truck with a trailer on the N1 south, just outside of Bloemfontein“ said police spokesperson, Loraine Earle.
She said the cops demanded money from the owner of the truck in order not to arrest his son, but when they went to a mall in the south of Bloemfontein to draw money from an ATM, they were unsuccessful.
Crime intelligence cops arrested for R200,000 robbery, assault at restaurant.
Suspect on the run for murder caught after he hitched a ride with cops
Seven Stellies cops held over theft of money.
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (9)
Dr Gustav Norval
Geelkoorsentstof:
Ook hier was probleme: in die 1960’s was sowat 2 miljoen kinders in Senegal teen geelkoors geënt waarna 240 breinontsteking (ensefalitis) ontwikkel en 25 gesterf het. Tydens die 2e Wêreld Oorlog was Amerikaanse troepe teen geelkoors geënt en die gevolg was 28,000 gevalle van hepatitis, 100 sterftes en lewerskade by talle.
Die “super vaccine”:
Die farmafia is druk besig om ‘n sogenaamde “super bullet” te ontwerp wat lewenslange immuniteit moet verskaf teen alle denkbare kindersiektes onder die son. Hulle beplan sowaar om klein babas met DPT, OPV, Hepatitis-B en MMR alles is een skoot op een dag te gee! (Klink of hulle die mensdom baie vinnig wil uitroei – Red)
* Lymerix vir Lyme se siekte:
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (2)
KLEINSKEER, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
Farm attacks, in South Africa, are unique by nature and deserving of a unique counter-strategy.
Unlike many other types of crime, farm attacks often involve a level of brutality and violence that is above and beyond what might typically be associated with robbery or theft. This isn’t just a case of taking property; it’s often an act of terror, with victims subjected to heinous acts of violence. This sadistic nature sets farm attacks apart from many other crimes and calls for a unique and robust response.
Farms are not just homes; they are vital cogs in the country’s economic machinery.
*
3 Police Sergents arrested for a farm attack. SAPS are attacking farmers imagine that.
*
Political parties have slammed the police for rising crime levels in the country, saying the criminals were in control of the streets, leaving communities living in fear.
*
GEHOORSAAMHEID...
... ʼn BEWYS VAN LIEFDE VIR GOD
Ds A.E. van den Berg
“Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar. Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie”(1 Joh. 5:2,3).
Mense sê baie maklik dat hulle God liefhet. Maar is dit waar? Hoe weet ʼn mens of jou liefde vir God eg is en of jy maar net so sê? Die Bybel gee ʼn baie duidelike antwoord: Liefde vir God word gemeet aan gehoorsaamheid aan God se opdragte in die Bybel. Wie daaraan gehoor gee, het God werklik lief. Dis soos ʼn kind wat sy ouers uit liefde gehoorsaam.
Gehoorsaamheid aan God kom nie uit ons eie nie. Dis ʼn keuse wat jy maak as die Heilige Gees jou tot bekering roep. ʼn Mens gee of aan God se Woord gehoor of hy volg sy eie kop en dra die gevolge daarvan. Om bloot te sê dat jy God liefhet sê basies niks as jou lewe nie met God se wil ooreenstem nie. En sy wil is vir ons in die Bybel opgeteken. Daarbenewens dwing God niemand om Hom te gehoorsaam nie. Dis iets wat uit die hart kom.
WEERSTAAN DIE DUIWEL
Hannes Ollewagen
Matt. 4:1-11
“Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.” (:10 &11).
Ons sien uit ons gelese gedeelte dat Christus duidelik kon insien waarmee die satan besig was. Hy het geweet dat die versoeker se motief om Hom te besoek nie vir een oomblik was omdat hy oor Jesus besorg was nie, maar om Hom in sy tyd van beproewing teen God te probeer aanhits. Die satan wou hierdie geleentheid gebruik om Christus te laat sondig.
Die satan se eerste poging om Christus te versoek, is waar Hy Christus se toestand van nood probeer gebruik om Hom te laat sondig. “En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.” (Matt. 4:2&3). En uit Christus se antwoord is dit duidelik dat sy oog op God eerder as op die omstandighede rondom Hom gerig is. “Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.” En met hierdie gesonde en regte fokus weer Christus die versoeking van die satan af.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (1)
KLEINSKEER, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
Three independent sources with ties to the police, the Hawks and the State Security Agency told us about the quiet break-in. Sources explained that it was one of five events that took place around the time of the 2021 unrest that were probably aimed at laying the groundwork for a future insurrection. The 2021 looting, says the security sector source, was a “dry run”, and the thefts that took place during the riots were a part of gathering supplies and event number two was all about the guns: two containers of AK-47-type rifles not destined for South Africa went missing during the chaos that ensued at the Durban harbour when Transnet suffered a cyberattack, sources say. A source with ties to state intelligence explained that the rifles utilised 7.62mm rounds similar to those used in the Russian AK-47 and its Chinese knock-off, the AK-56. Those guns are yet to be found, but, said an intelligence specialist with ties to the public and private security sector who also confirmed the theft, “I’m telling you: those guns are in KZN.”
HY IS GOD OOR DIE HELE AARDE
Hannes Ollewagen
Ex. 9:13-35
“Toe sê Moses vir hom: So gou as ek die stad uitgaan, sal ek my hande tot die HERE uitbrei: die donder sal ophou en die hael sal nie meer wees nie; sodat u kan weet dat die aarde aan die HERE behoort.” (:29).
Alvorens God begin het om Egipteland met plae te tref, het Hy Moses gewaarsku dat Farao sy hart sal verhard. “Maar Farao sal na julle nie luister nie; en Ek sal my hand op Egipte lê en my leërskare, my volk, die kinders van Israel, deur groot strafgerigte uit Egipteland uitlei.” (Ex. 7:4). En dit sou gebeur sodat God sy grootheid en heerlikheid kon openbaar. Ja, nie net eenmaal of twee maal nie, maar op ’n aanhoudende grondslag het God Egipte met hierdie buitengewone plae besoek. En hierdie openbaring van God deur hierdie buitengewone plae sou herhaaldelik en op verskillende wyse plaasvind sodat die mens nie kan sê dat hierdie gebeure, hierdie plae, “toevallig” is nie. En so het Moses telkens die volgende plaag wat God sou stuur vooraf aangekondig ter bevestiging dat hierdie gebeure nie toevallig plaasvind nie, maar op God se besluit en bevel. En hierdie sou bevestig dat God werklik bestaan en leef en daarbenewens was dit ’n teken van sy onmeetbare krag.
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (17)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Wat probeer jy sê?”
“Wat ek sê is dat die onderhandelaars by KODESA hulle geld al jare vantevore gekry het. Dink ‘n bietjie terug na daardie onderhandelings. Waarom was die ANC onder leiding van Cyril Ramaphosa so vol selfvertroue? Elke dag het hulle die doelpale verder en verder verskuif. Die regering het elke keer toegegee en as dit nie vinnig genoeg gebeur nie, dan loop die ANC uit. Roelf, Theuns en kie hol dan soos hondjies agter hulle aan om hulle te pleit om terug te keer. Waarom het hulle nie die ANC na die warmplek gestuur nie? Dis ook nie asof Ramaphosa ‘n briljante onderhandelaar is nie – hy het geweet dat die ander span reeds hulle geld gekry het. Uiteindelik het die ANC veel meer gekry as wat hulle verwag het en die blanke Suid-Afrikaners niks nie. Die weermag-generaals is wel al in 1989 afgedank, maar Suid-Afrika het steeds die magtigste weermag in Afrika gehad, met baie senior offisiere wat gereed gestaan het om in te tree. Die ANC het nooit ‘n skoot met ‘n wapen gevuur in die oorlog nie, en tog sou hulle later verklaar hulle het die oorlog gewen. Hulle bondgenote moes dit doen. Waarom was die onderhandelings verby voordat dit begin het? Waarom was FW de Klerk nooit self daar nie?”
“Nou wag ons in spanning.”
VIR DIE VOËLS
GUSTAV NORVAL
Behalwe vir ‘n paar uitsonderings, kan die meeste voëls vlieg. Dit word moontlik gemaak deur ’n aantal spesiale aanpassings wat ons Skepper in die klas diere ingebou het. Ten eerste is daar die ballonagtige lugsakke in die romp, wat elk aan die longe verbind is. Hulle stoor lug en help om die gewig van die voël te verminder. Daar is 9 lugsakke (3 in die nek, twee pare in die borskas en een paar in die buik) en die sakke in die nek besit vingeragtige uitstulpings, waarvan twee ook in die vlerkbeendere instrek.

Verder het voëls sterk borsspiere om die vlerke te beweeg en ook ‘n relatief ligte geraamte. Die beendere bestaan uit dun, tog sterk strukture
en sommige is hol (pyl) en sonder murg.
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (16)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Reeds tydens die Anglo-Boereroorlog wou Brittanje die Afrikaner geheel en al vernietig en was daar wel ‘n volksmoordplan op die tafel. Ook die verkragtings op Boerevroue wat jare lank verswyg is, was deel van Brittanje se plan om Afrikaners as ‘n volk en ‘n mededingende groep in Suid-Afrika geheel en al te elimineer.
Hoe gaan Brittanje baat by ‘n Malema-oorname en algemene ekonomiese chaos in die land? Soos wat blankes en opgeleide mense uit die land vlug, sal dit ‘n vraag na “konsultante” en kundiges skep wat almal ten duurste van Engeland ingevlieg sal word. Die Britse hulporganisasies soos Oxfam wat oral in Afrika bedrywig is, sal hier voedsel aan die bevolking kom verskaf en sodoende ook beheer verkry.
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (15)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
The Afrikaner Broederbond continued to act in secret, infiltrating and gaining control of the few organisations, such as the South African Agricultural Union (SAAU), which had political power and were opposed to a further escalation of Apartheid policies.
Members of political parties right of the National party were not welcome and 200 members were expelled by 1972.
In 1983 when the Conservative Party was founded with Andries Treurnicht as leader, all Broederbond members who belonged to the newly formed party were no longer welcome in the Bond. Treurnicht, C.W.H. Boshoff and HJ Klopper previous chairmen left the organization. Other members like General Lang Hendrik van den Bergh, left too.
ONS VIER PRAGTIGE SEISOENE
Voor ons te ver van 21 Junie af wegbeweeg, kan ons gerus weer dink oor die vier mooi seisoene wat ons hemelse Vader aan ons gegee het ter wille van praktiese diens aan mens en dier.
Dit was eergister 21 Junie 2024 en Winter-sonnestilstand. Dit word so genoem want dit is die kortste dag en die langste nag in die jaar. Gister, op 22 Junie het die dae stadigaan elkeen effens langer begin word en die nagte effens korter, wat so sal aanhou tot op 22 September. Daardie dag noem ons Lente-dag-en-nag-ewening want op daardie dag is die dag en die nag weer ewe lank.
Daarvandaan word die dae nog verder elke dag effens langer en die nagte effens korter. Dit gebeur tot op 21 Desember wanneer die dag op sy langste is en die nag op sy kortste. Ons noem daardie dag Somer-sonnestilstand.
Daarvandaan word die dae stadigaan weer al hoe korter en die nagte al hoe langer totdat hulle weer ewe lank is op 22 Maart, genoem Herfs-dag-en-nag-ewening.
Dit is ons vier pragtige seisoene se aanvangstye wat deur die fynste beplanning so tot werking gebring is – ‘n wonderwerk wat net die Skepper van hemel en aarde kon verrig.
BEPROEF ALLE DINGE
Ds A.E. van den Berg
“Beproef alle dinge; behou die goeie” (1 Thess.5:21)
Die OT leer ons dat God reguit houe met krom stokke slaan. Die NT leer ons om reguit tree op krom paaie te gee. Wie tot bekering kom, wil geestelik groei, die Bybel beter leer ken om sy geestelike vuur hoog laat brand.
Geloof is egter nie ’n voorafvervaardigde huis wat in ’n kits staangemaak word nie. Dis ’n groeiproses soos ’n baba wat geleidelik sterker word. Ongelukkig kwyn baie mense se geestelike vuur na ’n tyd omdat vreemde dinge hul belangstelling prikkel en in dwaalleer hul heil probeer vind.
Kan so ʼn iets voorkom word? Paulus gee etlike riglyne. Stel jou eerstens oop vir die werking van die Heilige Gees- “Blus die Gees nie uit nie” (:19). Daarna sê hy: “...verag die profesieë nie” Ken dus jou Bybel goed en waak teen leuens!
JAPAN IN OPSTAND TEEN GLOBALISTE
Verlede week het groot getalle Japannese burgers die strate ingevaar in betoog oor die misdade teen die mensdom wat deur globalistiese organisasies die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) tydens die sogenaamde pandemie van Covid-19 gepleeg is.
Kazuhiro Haraguchi, gebore op 2 Julie 1959, is 'n Japannese politikus van die Grondwetlike Demokratiese Party van Japan en 'n lid van die Huis van Verteenwoordigers in die Dieet (nasionale wetgewer).
Tydens 'n openingstoespraak by die betogings het Haraguchi 'n kragtige en emosionele verskoning gelewer vir die groot aantal sterftes wat nou plaasvind as gevolg van die dodelike mRNS-ontplooiing.
Haraguchi het begin deur die hartseer en verlies aan te spreek wat gevoel is deur gesinne wat geliefdes verloor het wat gedwing is om die COVID-“inenting” te neem. Met 'n diep gevoel van opregtheid het hy sy medelye betuig en verantwoordelikheid aanvaar vir die tekortkominge van die maghebbers. “Ek vra om verskoning aan julle almal. So baie het gesterf, en hulle moes nie,” het hy gesê.
VOLSKAALSE OORLOG MET RUSLAND NOU ONVERMYDELIK
In 2013 het Victoria Nuland en senator John McCain van Amerika die Oekraïners opgesweep om die wettig verkose regering van Viktor Yanukovych omver te werp. Die goedgelowige Oekraïners het in die strik getrap. Die VSA het sy sin gekry toe hulle gesorg het dat die akteur Zelensky skielik die president word, wat ‘n grap! Die totale chaos en geweld wat vanaf 21 Februarie 2014 tussen die Kiëf-regering en die Russiese seperatiste in die Donbass-gebied losgebars het, het nou uiteindelik in ’n Derde Wêreldoorlog eskaleer. In die afgelope twee jaar is meer as ’n halfmiljoen Oekraïners gedood of gewond, en na skatting het reeds sowat 120 000 Russe ook in die slag gebly.
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (14)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die liberale pers - veral die ” Vrye Weekblad” wat deur Max Du Preez gedryf was en deur die PFP (Oppenheimer) gefinansier was - het ‘n haatveldtog en disinformasie propaganda smeerveldtog teen P.W Botha en “regse” blankes geloods. Pik Botha, het die NP “in lyn” gehou - hy was ‘n NWO agent - en Tienie Groenewald sowel as Piet Koornhof gewerf om saam te speel om Constant Viljoen en die weermag te “neutraliseer.” Vele top weermag generaals is onmiddellik hierna deur De Klerk in die pad gesteek om ‘n moontlike staatsgreep te verhoed. Die Nasionale Party as geheel, was ‘n Brise skepping en TOTAAL op die Britse salarislys. Die KP (frontorganisasie) is OOK deur Brittanje gestig as “toevlug” vir konserwatiewe blankes om blanke nasionalisme verder te verdeel vir die wat teen die NP regime gestaan het. Die enigste SUIWER blanke nasionalistiese party was dié van Jaap Marais. Die hele opset voor en na CODESA was ‘n TOTALE diaboliese sameswering tussen Amerika, Britanje- en die Suid-Afrikaanse Nasionale Party.
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (8)
Dr Gustav Norval
TB-entstof (BCG):
Die BCG-entstof teen tering (tuberkulose/TB), ‘n siekte wat soveel as een derde van die ganse mensdom besmet, het ook maar ‘n karige suksesrekord: dit beskerm slegs sommige babas en volwassenes teen tering, maar baie doen steeds die siekte op na hulle BCG ontvang het (NS:April 1994). Volgens die NS:Febr.2002 mag BCG baie lewens red, maar dit keer nie dat tering in sowat 80% van mense wat die entstof ontvang het, ontwikkel nie.
Griep-entstowwe:
VREDE!
Hannes Ollewagen
Rom. 12:9-21
“...as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.” (:18).
Vrede, so ’n kosbare toestand. En hoe maklik word hierdie begeerlike en kosbare toestand van vrede nie geskend nie! Terwyl die meeste mense op aarde sekerlik vrede begeer, is dit beslis nie die meerderheid wat dit bevorder en beskerm nie.
Kyk ons na die wêreld rondom ons, besef ons opnuut hoe relevant en nodig hierdie vermaning is wat God tot ons rig. En ewe duidelik word ons uit 2 Kor. 13:11 hiertoe gemaan. “Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.” Ons leef egter daarenteen in ’n tyd wat aan onrus, eerder as vrede, gekenmerk word. Daar is onrus tussen volkere, daar is onrus in ondernemings, daar is onrus in families en huisgesinne, daar is onrus in die kerke en in mense se huwelike. En Satan vuur hierdie onrus aan, want hy geniet die verwoesting wat dit in God se skepping aanrig. Hierdie sondige en onrustige aard van die mensdom en die verwoesting wat Satan hierdeur verrig, word vir ons so duidelik in Rom. 3:12-17 beskryf. “Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie. Hul keel is ’n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe. Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid. Haastig is hulle voete om bloed te vergiet. Verwoesting en ellende is in hulle paaie, en die weg van vrede ken hulle nie.”