Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons hoef nie die hele wêreld op ons skouers te dra nie. Jesus sê sy juk is sag en sy las is lig: Jesus se 'juk' is die redding van die mensdom; sy 'las' is om mense te oortuig van sy Liefde en Genade, en Hy nooi ons uit om dit saam met Hom te dra; los jou eie sware las en neem Jesus se uitnoding aan.
BLOED,SWEET EN TRANE
Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Natal, die Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word. Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente, sendelinge van die London Missionary Society en London-gebaseerde anti-Boergesinde filantropiese societies soos die Aborigenes Protection society in samewerking met Dingaan en Umzilikaats beplan en uitgevoer was. Ou Voortrekker dagboeke en skrywers soos Preller en Bird bevestig dat hulle daarvan bewus was.
Die boek verskaf name van die trekkers in die verskeie trekgroepe, name van mans, vroue en kinders wat by Bloukrans en Weenen vermoor was, asook wie aan die verskeie gevegte by Vegkop, Italeni, Veglaer, Bloedrivier, Ulundi en Kongella geveg of gesterf het. Daar is ook heelwat foto’s van die trekkers wat by Bloedrivier geveg het. Mense wat belangstel om die boek te koop, kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (2)
GOD LEI DEUR TEKENS, MAAR WEES VERSIGTIG!
J.A. Loubser
" Dit het beslis nie om Gideon se eie belang gegaan nie. In hierdie opsig verskil dit baie van die tekens wat mense vandag soek."
Wanneer mense leiding soek, is hulle dikwels op die uitkyk vir tekens as aanduiding van die regte of verkeerde besluite.
God lei mense deur tekens aan hulle te gee. Dit is immers 'n integrale deel van die Ou Testament se boodskap. Die tekens word soms gegee op versoek (soos in die geval van Moses se kiere, en Gideon se wol) of God gee dit vanself (soos Noag se reënboog en die bloed op die deurkosyne met die eerste pasga). Die Goddelike tekens bevestig enersyds die woorde van die profete, maar dit maak andersyds ook die boodskap sigbaar.
Ook Gideon, van wie ons in Rigters 6 lees, het 'n teken gesoek – en gekry. Dit was te verwagte dat die varsgeskeerde wol wat hy die nag buite op die harde dorsvloer gelaat het laaste droog sou word in die sonlig. Dit het egter eerste droog geword – presies soos Gideon van God gevra het! Hy kon nie anders as om dit as 'n teken van Bo te sien nie.
ONS KOERSLOSE VOLK
Prof JJ Pienaar
Die Afrikanervolk was nog nooit so verward, so onseker van homself, so koersloos, so oningelig, so verdeeld en so roepingsverduister as vandag nie. So 'n verwarde en verdeelde huis (huis beteken ook volk, vgl Eségiël 43:10) kan nie stand hou nie en dit is presies wat vandag met ons volk gebeur. Die toestand van verdeeldheid gaan van kwaad tot erger en ons volk wil nie hoor wat die Woord van die Here vir ons sê nie:
"Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie."
Matt 12:25. Só belangrik word hierdie waarskuwing geag dat Markus (3:25) en Lukas (11:17) dit herhaal.
Kyk ons byvoorbeeld na die vorige parlementêre verkiesing dan word bogenoemde aanklag teen ons volk as waar bewys. Baie sogenaamde Afrikaners het hulle met die Demokratiese Alliansie vereenselwig. Tussen die DA en die ANC is daar geen beginselverskille nie – ons heil lê beslis nie by die DA nie, hulle is uitgesproke globaliste.
In daardie verkiesing is daar weer 'n kloof geslaan tussen stemmers en nie-stemmers. Dit is nie vir die doel van hierdie beredenering nodig om hierdie verskille verder op die spits te dryf en die reedsbestaande wonde nog bloediger te maak nie. Ook hierdie verskeurdheid, so glo ons, gaan in die nabye toekoms oorbrug word.
Dan is daar werklikwaar sogenaamde Afrikaners wat vir ander partye soos oa COPE en die ACDP gestem het. 'n Duidelike bewys van die identiteitsverduistering wat daar bestaan.
GETALLE IN DIE BYBEL
Gustav Norval
Getal 2 en veelvulde daarvan
Twee word een (man en vrou), Yashua en sy bruid, die ou- en die nuwe aarde, die ou hemel en die nuwe, die ou Jerusalem en die nuwe Jerusalem, lig en duisternis, goed en kwaad, 2 tablette waarop die wet geskrywe staan, 2 testamente, tweede koms van Yashua, 2 getuies, vroeë en die laat reëns, Abraham, Isak en Josef het elk 2 seuns gehad.
Getal 22: 22 hoofstukke in Openbaring, 22 letters in die Hebreeuse alphabet, die woord “Wysheid” kom 220 x in die Bybel voor.
Getal 2000: die ark moes 2000 el vooruit gedra word en Hosea 6:2 en Lukas 13: 32 verwys waarskynlik beide na ‘n 2000 jaar periode tussen die eerste en tweede koms van Yashua.
Getal 3 en veelvulde daarvan
Die Drie-eenheid, 3 seuns van Noag, 3 aardsengele, 3 items in die ark (Hebr 9:4), Jona se 3 dae in die buik van die vis, Daniël het 3x per dag gebid, Yashua is 3x versoek in die woestyn, YHSH het 3 maal in die tuin van Getsemané gebid voor sy kruisiging, 3 hoofdissipels (Petrus, Johannes, Jakobus), 3 tale op die vloekpaal (Joh 19:20), opstanding op die derde dag, Petrus verloën Yashua 3 keer, Yashua die weg-waarheid-lewe (Joh 14:6), 3 hemele (2 Kor 12:2), Lasarus was 3 dae dood, in 3 dae die tempel weer opbou (Joh 13:19), 3 vloekpale op Golgota en 3 uur duisternis, die 3 komponente van Adamiete (liggaam, siel en gees), 3 getuies in hemel en op aarde (1 Joh 7:8), die 3 dimensies van die skepping, elk met sy 3 onderdele:
NOG "DEATHVAX™" GEVOLGE
Ons het nog lank nie die einde van die COVID-19 ellendes gesien nie. Baie van die simptome van daardie gifinspuitings begin nou eers name kry. En intussen lag die sataniese Internasionale Geldmag heerlik oor al die ontdekkings wat nou eers deur die “useless eaters” gemaak word.
Van die duisende newe-effekte wat Pfizer gelys het in sy vertroulike verslag van nadelige gevolge, wat by die Amerikaanse voedsel- en dwelmadministrasie ingedien is, het die GCoVS gefokus op 13 AESI's, siektes wat in drie primêre kategorieë val: neurologies, hematologies (bloedverwant) en kardiovaskulêre toestande.
Voorts blyk dit uit toenemende data dat demensie een van die ernstiger newe-effekte van die COVID-mRNS-inspuiting is, en erger nog, hierdie voorheen onoordraagbare siekte kan nou "aansteeklik" wees deur middel van prions.
Wat is prions?
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (1)
'N BELOFTE VAN LEIDING
J.A. Loubser
"Gewoonlik is 'n mens blind vir jou eie sluheid. 'n Mens kan byvoorbaat aanvaar dat daar in jou godsdiensbeoefening sekere bewuste en onbewuste motiewe aanwesig is waaragter jou eie belange en eie ambisies verskuil word."
Elkeen van ons kom een of ander tyd in ons lewe by vurke in ons lewenspad waar ons kritieke besluite moet neem wat ons toekoms ingrypend kan beïnvloed. Dit is veral dan dat 'n gelowige opnuut die groot vraag vra: Kan God my leiding gee in hierdie beslissing? Moontlik het jy op hierdie tydstip van jou lewe 'n besondere behoefte om meer te leer oor die leiding van die Heilige Gees. Ons gaan in die volgende veertien aflewerings in hierdie reeks uitvind hoe God my lei, ook hoe Hy volke lei, en hoe ek kan weet wat die wil van God vir my en my volk is in hierdie spesifieke situasie waarin ons ons nou bevind.
Dit kan gebeur dat 'n mens jouself as 'n Christen beskou en nog steeds onbewus is van die persoonlike leiding van die Here. Jy kan alreeds baie jare as gelowige probeer leef en nog steeds vind dat die dinge waaroor ons hier gesels vreemd is. Moontlik het jy wel enkele kere in jou lewe ervaar dat die Here baie naby jou is. As mens vir die meeste gelowiges vra, sal hulle erken dat daar die een of ander goddelike plan met hulle lewens was. As hulle terugkyk op die verloop van hulle lewenspad sal hulle toegee dat dit beplan is buite hulle eie vermoëns.
WAT IS DIE MENS?
Hannes Ollewagen
Heb. 2:1-18
“...maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek?U het hom 'n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.” (:6&7).
Die skrywer herinner ons aan die bekende Psalm 8 waarin koning Dawid van dieselfde saak spreek. “...wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom ’n weinig minder gemaak as ’n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:” (:5-7). Dit is vir ons uit hierdie gedeeltes duidelik dat God aan die mens ’n besonderse plek in sy skepping gegee het. God het die mens as heerser oor die werk van sy Hande aangestel. “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.” (Gén. 1:26). Wat ’n groot verantwoordelikheid is nie op die mens gelê nie!
SA SE SMELTKROES
Dit is interessant hoe Siener van Rensburg dinge wat nou besig is om te gebeur, gesien het. Siener het dikwels van die smeltkroes gepraat – wanneer hier groot chaos en geweld uitbreek. Ons besef dat die komende verkiesing groot anargie kan veroorsaak. Die ANC het die hulp van Rusland gevra en die Russiese taakmag WAGNER het reeds in Suid-Afrika aangekom. Die vrees wat die ANC koester is nie ongegrond nie – daar was reeds talle dreigemente van opposisiepartye dat hulle die verkiesing sal ontwrig.
DIE AFRIKANER-VERKLARING - DIE ANB SE REAKSIE
Die liberaliste kla oor sy mislukte NSA, wil nie erken dat hy dit oor homself gebring het nie, maar wil steeds die Afrikanervolk daarin gevange hou met sy sogenaamde Afrikaner verklaring. Daarin wil hy die skyn wek dat die Afrikaner se toekoms slegs as ‘n kultuurgroep in ‘n gemengde goddelose samelewing bestaan. Die Afrikaner Nasionalitiese Beweging roep egter die Afrikanervolk op tot nugtere toetrede tot die weg tot ware vryheid om God te dien binne ons volksverband in ons vaderland. Verwerp hierdie bestel wat met verraad uit eie kring op ons afgedwing is. Hierdie hele land is óns land. Daarom verwerp ons die totale bestel en neem ons nié aan sy verkiesings deel nie.
Tog interessant hoedat die liberaliste nou, dertig jaar na die oorgawe van mag, ontgogel is deur die harde werklikheid. Die werklikheid van Swart oor Wit dominansie. Die ontnugtering noudat hul onrealistiese verwagtinge van vrede, gelykberegtiging en rasse-harmonie ná die weggee van die politieke mag, maar net nie wil realiseer nie – ten spyte van die verloop van drie lange dekades. Hulle drome van die utopie van die Nuwe Suid-Afrika lê aan skerwe.
PENTAGON STUUR NUWE MILITÊRE VOORRADE NA DIE OEKRAÏNE
Soos wat mens kan verwag, stook Biden die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne onverpoosd. Pas is daar nog ‘n yslike aflewering gereed waarvan die pakket 'n groot verskeidenheid ammunisie en hardeware bevat.
Die Amerikaanse departement van verdediging het 'n nuwe hulppakket van $1 miljard vir Kiëf belowe. Die aankondiging kom kort nadat president Joe Biden Woensdag 'n wetsontwerp op buitelandse hulp onderteken het wat lank reeds gestaak is, wat $61 miljard vir die Oekraïne insluit.
Die "beduidende nuwe veiligheidsbystand"-pakket dek Oekraïne se "kritieke veiligheids- en verdedigingsbehoeftes," het die Pentagon in 'n verklaring gesê. Die komende aflewering sluit 'n verskeidenheid ammunisie in, naamlik 155 mm en 105 mm artillerie skulpe, sowel as 60 mm mortier rondtes, projektiele vir HIMARS-familie veelvuldige vuurpyllanseerders, sowel as verskeie skouer-gemonteerde anti-tenks lanseerders en handwapen ammunisie.
DIEN HOM MET ’N VOLKOME HART
Hannes Ollewagen
2 Kron. 16:1-14
“En in dié tyd het die siener Hanáni na Asa, die koning van Juda, gekom en aan hom gesê: Omdat u op die koning van Aram gesteun en nie op die HERE u God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak. Was die Kusiete en die Líbiërs nie ’n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op die HERE gesteun het; want die HERE – sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.” (:7-9).
Die HERE stuur die siener na koning Asa om hom oor ’n saak aan te spreek. Hy moet die boodskap aan die koning bring dat God oor ’n spesifieke saak ontevrede is. En waaroor God ontevrede is, is die feit dat koning Asa sy vertroue nie volkome op God stel nie. Toe Bénhaded teen Juda opgetrek het, het koning Asa hom nie tot God om hulp gewend nie.
WAAR KOM DEESDAE SE ‘TURBO-KANKERS’ VANDAAN?
Vooraanstaande dokters beklemtoon 'n geheimsinnige wêreldwye toename in kankergevalle onder pasiënte onder die ouderdom van 50. Dié ontwikkeling volg op die onlangse aankondiging deur Brittanje se prinses Catherine wat self nou met die siekte gediagnoseer is.
Die oorsaak van die wêreldwye toename, wat na bewering alarm onder wetenskaplikes veroorsaak het, word heftig gedebatteer. Maar terwyl verbeterde diagnostiese metodes, genetiese aanleg, lewenstyl en nog onbekende omgewingsfaktore almal as moontlike redes voorgestel is, word die rolle van sommige ander moontlike invloede in wese geïgnoreer.
Ter illustrasie van die omvang van die probleem, het die jaarlikse kankervoorkomssyfer onder Britse individue tussen 25 en 49 jaar na bewering 162,4 gevalle per 100 000 mense bereik. Dit verteenwoordig 'n toename van 22 persent teenoor die syfer in die 1990's.
Op wêreldvlak het 'n studie wat verlede jaar in die BMJ Oncology-joernaal gepubliseer is, aan die lig gebring dat daar tussen 1990 en 2019 'n toename van 79 persent was in die voorkoms van vroeë-aanvangskanker en 'n 27 persent hoër aantal in vroeë-aanvang kankersterftes.
Kankers wat voorheen gesien is as meer algemeen in ouer hoër ouderdomsgroepe, word toenemend by jonger volwassenes gediagnoseer. Voorbeelde sluit in bors-, kolorektale-, slukderm-, maag- en pankreaskanker.
PROBLEME
GELOFTELAND ONDERVIND TANS PROBLEME OM OP DIE LUG TE BLY. ONS WEET STEEDS NIE OF DIT ALWEER BY ONS INTERNETVERSKAFFER VOX IS OF DALK WEER 'N KEER 'N KAPING DEUR SATAN SE INSTRUMENTE IS NIE. WEES ASB GEDULDIG, DAAR WORD HARD GEWERK OM DIE SAAK REG TE STEL. ONS IS IN DIE 15 JAAR VAN ONS BESTAAN 'N PAAR KEER HIER DEUR MAAR ONS SAL WEER DIE SATAN LAAT WYK WANT DIE HERE WORD OP HIERDIE WEBBLAD EERSTE GESTEL. DANKIE VIR U ONDERSTEUNING.
MIDDE-OOSTE: DIE VOLLE GEBEURE
Gegewe die leuens en feiteverdraaiing wat gereeld deel uitmaak van wat in die Midde-Ooste gebeur, is dit nodig om ‘n paar daarvan reg te stel.
Die storie dat Israel nog onlangs in oorlog met Sirië of Iran was is ‘n kwaadwillige leuen. Iran het Israel nog nooit voor April aangeval nie en Sirië het Israel laas in 1973, meer as 50 jaar gelede, beveg. Israel het egter gereeld Iranse amptenare en wetenskaplikes vermoor en hy bombardeer Sirië sedert 2017 gereeld, wat die tempo verhoog het tot weeklikse en soms selfs daaglikse aanvalle oor die afgelope ses maande wat parallel met die Gasa-gevegte loop.
'n Besonder verwoestende aanval het op 29 Maart plaasgevind toe die Israeliese weermag massiewe aanvalle geloods het teen 'n wapenopbergingsplek in Sirië se noordelike provinsie Aleppo wat minstens 40 mense laat sterf het, die meeste van hulle Siriese soldate. Die lugaanvalle het 'n reeks ontploffings veroorsaak wat ook ses Libanese Hezbollah-vegters se dood veroorsaak het.
Maar drie dae later op 1 April is 'n baie skadelike en onuitgelokte aanval gerig teen die Iranse ambassade se konsulaat-generaal, wat in 'n luukse woonbuurt in Damaskus, Sirië se hoofstad, geleë was. Die gebou is heeltemal vernietig deur missiele wat afgevuur is van F-35 vegvliegtuie wat oor die Siriese grens van Israel gekruis het, wat Iranse diplomate sowel as brigadier-generaal Mohammad Reza Zahedi en Zahedi se adjunk, generaal Haji Rahimi, en ook brigadier-generaal Hossein Amirollah, laat sterf het, die hoof van algemene staf vir die al-Quds-mag in Sirië en Libanon. Sirië het daarna bevestig dat altesaam 13 mense in die aanval dood is, insluitend ses Siriërs en 'n Libanese Hezbollah-milisieman. Beide Iran en Hezbollah het wraak beloof.
ISRAEL HET NIE OP HOM LAAT WAG!
Soos verwag, het Israel toe vanoggend in die vroeë oggendure 'n reeks aanvalle op Iran uitgevoer. Die nuus kom minder as 'n week nadat die Islamitiese Republiek 'n spervuur van hommeltuie en missiele op Israel afgevuur het. Die Iranse nuusagentskap Mehr het berig dat verskeie ontploffings omstreeks 04:00 in die lug oor die sentrale stad Isfahan gehoor is.
IRNA-nuusagentskap het gesê dat lugverdediging in verskeie dele van Iran geaktiveer is, en dat Israel ook op militêre vliegvelde en 'n radarterrein in Sirië en Irak toegeslaan het.
Hossein Dalirian, woordvoerder van Iran se burgerlike ruimteprogram, het geskryf dat verskeie hommeltuie oor die stad Isfahan afgeskiet is. Iranse TV het later gesê dat drie hommeltuie oor die stad vernietig is.
Volgens Al Jazeera het Iran vlugte by verskeie lughawens opgeskort, insluitend Teheran en Isfahan.
GAAN ISRAEL REAGEER?
SAL DAAR 'N STREEKOORLOG WEES?
Die vraag bly oop.
Vanaf die nag van Saterdag 13 April het Iran vir die eerste keer Israel direk vanaf sy grondgebied met hommeltuie en missiele aangeval. In baie Israeliese stede het lugaanvalsirenes gelui, en ontploffings is tot in Jerusalem gehoor.
Die aanval was 'n reaksie op 'n Israeliese aanval op die Iranse konsulaat in Damaskus op 1 April, waarin verskeie Iranse offisiere, insluitend 'n hooggeplaaste generaal van die Iranse Revolusionêre Wagkorps (IRGC), gesterf het. Hierdie gebeure het die Midde-Ooste nader aan 'n volskaalse streekoorlog gedruk.
Onmiddellik na die aanval op Israel, het die VSA 'n versigtige benadering aangeneem. Volgens CNN het president Joe Biden tydens sy eerste telefoonoproep met Israeliese premier Benjamin Netanyahu verklaar dat sy land nie aan moontlike IDF-offensiewe operasies teen Iran sal deelneem nie. Maar ken ons Biden as ‘n man van sy woord?
BYBELSE AANSPREEKVORMS VIR GOD
Naamwoorde vir Vader YHWH in die Bybel
Gustav Norval
Elohim (God)
Eerste keer gebruik in Genesis 1:1 en kom 2599 keer in die Bybel voor.
Yahweh (YHWH/ EK IS)
Eerste keer gemeld in Genesis 2:4 en word 6519 keer in die Bybel gebruik.
El Elyon
Gevind in Genesis 14:18 en daarna 52 keer in die Woord gevind, soms net as “Elyon” wat as God die Allerhoogste vertaal word (KJV gee dit aan as “God Most High.”)
Adonai
In Genesis 15:2 en daarna 434 keer in die Woord gevind. Betekenis: “Meester of Heer”
El Shaddai
in Genesis 17:1 en daarna 48 keer in die Bybel gevind. Betekenis: God Almagtig
WAT GAAN ISRAEL NOU DOEN?
In die nag van 14 April het Iran en sy gevolmagtigde magte 'n reeks hommeltuie en missiele op Israeliese grondgebied geloods. Die aanvalle het nie as 'n verrassing gekom nie. Teheran het gewaarsku dat hy sal reageer op die Israeliese lugaanval op Iran se konsulaat in Damaskus, Sirië, op 1 April, waarin verskeie hooggeplaaste offisiere van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps (IRGC), insluitend twee generaals, gesterf het. Die vergeldingsstaking is Operation True Promise genoem.
Daar is nog baie debat oor of Iran se vergeldingsaanval suksesvol was. Die meeste militêre kenners stem saam dat daar niks ongewoons aan Teheran se optrede was nie, behalwe dat dit Iran se eerste direkte aanval op Israel was. Uit 'n tegniese oogpunt was die strategie eenvoudig en korrek: Iran het eers die vyand se lugverdedigingstelsels met hommeltuie onderdruk en toe hipersoniese missiele gelanseer wat die Israeli's en Amerikaners nie kon onderskep nie.
NOG ‘N VERKIESINGS- BORDEEL
Met nog ‘n verkiesing ophande kom daar nou baie weersprekende sake op die lappe. Ons kan maar weet dat dit weer ‘n “bordeel sal wees waar niemand kuis kan bly nie”, soos Regter Kriegler by ‘n vorige verkiesing gesê het. Die leuens en korrupsie vier reeds hoogty en partye soos die DA en die MKP van oud-president Zuma is skerp onder die vergrootglas.
’n Reeks uitgelekte e-posse het aan die lig gebring hoe die Guptas sedert so ver terug as 2010 staatsbeheerde entiteite geplunder het, deels deur hul makkers in strategiese posisies in die regering en semi-staatsinstellings geplaas te kry. Die party se tesourier-generaal het aan die parlement gesê die Guptas het verskeie partye gefinansier, insluitend die DA.
Mmusi Maimane, DA-leier, het Donderdag gesê die party het al die geld wat hy van die Guptas ontvang het terugbetaal en sal onder geen omstandighede skenkings van die omstrede familie of hul medewerkers aanvaar nie.
“Ek het geen neiging om met die Guptas te handel nie en ek het dit baie duidelik gemaak,” het Maimane in antwoord op vrae by die Kaapstadse persklub gesê.
PROFESIEË IN DIE BYBEL
TIRUS

Gustav Norval
Die stad Tirus was deels op ‘n eiland en deels op die vasteland gebou. Die eiland was 20 kilometers noord van die huidige Israelistaat geleë en 700 meters van die Libanese vasteland. Die eilandstad was omring deur vestingmure tot by die see en daar was ‘n hawe waar handelskepe van Tarsis geland het met kosbare edelstene, goud, koperware, kunstige artikels, geweefde matte, purpur, wol, hout, linne ea. kosbare ingevoerde stowwe waarmee daar met die stede in die Midde-Ooste handel gedryf was (soos Eseg 27 beskryf). Op die eiland was tempels, handelshuise en die huise van ryk Foenisiese handelaars, een van die Kananietiese nasies in die streek.
Esegiël het die vernietiging van die stad geprofeteer, naamlik dat Nebukadneser die stad sou aanval om sy rykdomme te plunder (Eseg 26:7). Hy kon nie die eilandstad na ‘n jarelange beleg verower nie, maar hy het wel die inwoners in die landstad gedood (Eseg 26:8)