Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Beproewing is onvermydelik, maar om daaroor te bly sanik en in ellende te verval, is opsioneel. Daarom moet ons gedurig damwalle van moed om ons bou sodat ons die vloede van vrees buite kan hou.
VERKRY DIE EWIGE LEWE
Ds A.E. van den Berg
“Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie” (1Joh.5:12).
TV berigte is deesdae vol oorlogsberigte. Die verwoeste infrastrukture en menselyding ontroer enige mens. Wat sou gebeur indien ʼn bom hierdie gebou nou sou tref en ons is almal dood? Waarheen gaan ons siele? Na die ewige heerlikheid of na die ewige verderf?
Dit bring ons by die vraag: Wat laat sekere mense ewige heerlikheid en ander ewige droefheid na hul dood ervaar? Wat bepaal dit? Is dit dalk getroue kerkgang? As dit so is, is ons almal in die paradys. Ongelukkig werk dinge nie so nie. Om die ewige saligheid (paradys) te betree, moet jy ʼn toegangskaartjie hê, iets waarvan die teksvers praat – jy moet Jesus hê.
Hoe gebeur dit? Deur die bekering. Die bekering plaas jou in ʼn saligmakende verhouding met Jesus en verander onsekerheid oor die lewe ná die dood na sekerheid en ʼn vreugdevolle, ewige eindbestemming.
MENSLIKE BREIN WORD ONS SLAGVELD
"Die brein is en sal die 21ste eeu se slagveld wees. Einde van die storie."
Dit was die woorde waarmee DARPA-neuroloog en hoof van die neuro-etiekstudieprogram by Georgetown Universiteit, Washington DC, dr. James Giordano, sy toespraak by West Point NY Militêre Akademie begin het.
DARPA staan vir Defense Advanced Research Projects Agency, 'n Pentagon-denktenk.
Dr. Giordano het gepraat oor hoe gerigte energie ‘n wapen word. Individue se brein kan geteiken word deur mikrogolwe, die tipe soos 5G en binnekort 6G, waarvan jy antennas soos paddastoele oor die hele wêreld sien groei. Hulle vertel ons dit is om jou internet, en steeds meer gesofistikeerde rekenaars en slimfone vinniger te maak, met meer uitreikvermoë – en om digitalisering te help bevorder. Dit kan alles tot 'n mate ook waar wees, maar die werklike rede agter hierdie mikrogolftorings is om JOU, die individu, te teiken. Maar waarom?
KABAAL WIL ONS BREIN BEHEER
Op 9 Desember 2023 het die Europese Parlement 'n persverklaring gepubliseer, waarin verklaar is dat dit 'n politieke ooreenkoms met die Raad van die Europese Unie bereik het oor 'n wetsontwerp om te verseker dat Kunsmatige Intelligensie (KI) in Europa veilig is en fundamentele regte en demokrasie respekteer. Die toekomstige wetsontwerp is veronderstel om "KI-stelsels wat menslike gedrag manipuleer om hul vrye wil te omseil", te verbied.
Volgens die persverklaring het die afgevaardigdes ook "ooreengekom" oor "duidelike verpligtinge" met betrekking tot "KI-stelsels wat gebruik word om die uitslag van verkiesings en kiesersgedrag te beïnvloed" . Niemand het oor daardie kwessies uitgebrei nie. In 'n antwoord op die petisie van verskeie verteenwoordigers en lede van die wêreldmenseregte-organisasies, het die voorsitter van die Komitee vir Petisies van die Europese Parlement, Dolors Montserrat, die voorbereide dokument van die EP aangehaal:
VERGEWE MEKAAR!
Hannes Ollewagen
Matt. 18:15-35
“Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het; moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie? En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was. So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.” (:32-35).
Ons leer alreeds uit die lewens van Adam en Eva se kinders dat die mens in sy vleeslike aard daartoe geneig is om ’n ander onreg aan te doen. “En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan.” (Gén. 4:8). En ons dink ook aan Jakob wat vir Esau bedrieg het, Josef se broers wat hom verkoop het, Saul wat vir Dawid agtervolg en probeer doodmaak het en so kan ons met die lys aangaan. En omdat God nie met hierdie natuur van die mens onbekend is nie het Hy aan ons sy volmaakte wet en gebooie gegee om ons te leer om in die lewe reg te handel. Ten spyte van ons beste pogings om God te gehoorsaam, sal elke een van ons egter steeds in ons lewe God se gebooie oortree en teen ons naaste (en ook teen God in die proses) sondig. “...want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,” (Rom. 3:23).
NOG ‘N GATES-PLAN OM WÊRELDBEVOLKING TE VERMINDER
Briljant, dit moet mens toegee, is nog een van Bill Gates en sy bende se planne om mense te laat sterf om sodoende hulle uiteindelike doelwit van 500,000 oorlewendes op hierdie planeet te probeer bereik. Onder die vaandel van “lewens red” is vyf miljard geen-gemodifiseerde muskiete in 2023 in Brasilië losgelaat – soos gewoonlik gefinansier deur die Bill en Melinda Gates Stigting. Dit klink dalk soos die uitgangspunt vir 'n gruwelfliek, of 'n Bybelse plaag. Maar die VN se Wêreldmuskietprogram het werklik vyf miljard muskiete in Brasilië vrygelaat “in die hoop dat hulle sal help om lewens te red.”
Die vrystelling van 5 miljard manlike geen-geredigeerde muskiete was bedoel om die aantal muskiete in Brasilië te “VERMINDER”. Die onderliggende logika was dat hierdie muskiete met normale vroulike muskiete sou paar “met die oog daarop om verdere voortplanting te ondermyn en die aantal normale muskiete aansienlik te verminder.”
Wat egter nou gebeur het, is presies die teenoorgestelde. Die aantal muskiete het toegeneem! WAAROM?
BITTEREINDERS IN BED MET NEIL DE BEER
WAAROM ONS VYAND ONS BY DIE STEMBUS WIL KRY
Tydens 'n informele kuier van 'n groep jongmense by Majuba gedurende die pas afgelope Majuba-naweek, is die duistere verbintenis van Francois van der Merwe van die Bittereinder-organisasie en Neil de Beer aan die lig gebring. Die vraag moet gestel word: Waarom is die Bittereinders wat jong, konserwatiewe Afrikaners verteenwoordig, enigsins betrokke by die aartsliberalis en voormalige lid van die ANC, Neil de Beer en hul militêre vleuel Umkhonto weSizwe (MK)? Hierdie verraderlike vebintenis is deur Dirk Joubert, jeugleier van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging tydens hierdie gesprek uitgewys. Hier volg die Mediaverklaring wat deur die ANB uitgereik is oor hierdie gebeure:
Mediaverklaring deur ANB namens die ANB Jeug, oor Bittereinders se val en betrokkenheid by stemme-politiek:
‘n Man het die ANB teengestaan en uitgeroep dat die ANB altyd iets te sê het oor ander organisasies en dat die ANB ander organisasies en persone verdag wil maak. Die feit van die saak is egter dat wanneer feite en kommer bestaan, sal die ANB dit ontbloot en bekend maak. Solank ‘n party, organisasie of persoon homself by die waarheid hou, sal die ANB geen belang daarin hê om negatief oor so ‘n party, organisasie of persoon te berig nie, want dan staan hulle saam in dieselfde stryd vir vryheid. Enige party, organisasie of persoon wat homself dus nie by die waarheid skaar nie, is teen die Afrikaner se vryheidstryd.
DIE BYBEL EN DOODSTRAF
Ds A.E. van den Berg
“Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte…want hy is ’n dienaar van God, jou ten goede, maar as jy kwaad dien, vrees dan, want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ’n dienaar van God, ’n wreker om die een wat kwaad doen, te straf” (Rom.13:3,4).
ʼn Eerbare regering skuld sy burgers ʼn goeie saambestaan. Daarvoor is wette nodig, ook die doodstraf. Die doodstraf is nie onmenslik soos wat liberaliste verkondig nie maar duidelik in lyn met God se Woord!
In Gen.9:6 gee God ʼn basiese uitspraak daaroor: “Hy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak”. God motiveer dit selfs; iets wat geen ander godsdiens doen nie.
Die mens is deur die wil van God geskape. Moord is dus ’n vergryp teen God. Hy het die mens aangestel om oor sy skepping te heers en sy heerlikheid te weerkaats: “Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword…. Hy wie sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het” (1 Joh.2:5,6).
Om die beeld van God te vertoon, het God aan die mens die gawe van die lewe gegee. Alleenlik Hy het die reg om dit weg te neem. Job sê: “… Die Here het gegee en die Here het geneem; die Naam van die Here sy geloof!” (Job.1:21). Geen mens durf dit wegneem nie.
SAL ONS BY HOM SKUIL?
Hannes Ollewagen
Nah. 1:1-15
“Die Here is goed, 'n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.” (:7).
Ons word in hierdie gedeelte deur die profeet Nahum aan twee kante van God bekend gestel. Die kant van God se toorn en wraak teenoor sy vyande en andersyds die barmhartigheid, lankmoedigheid en goedheid teenoor sy volk. Die een kant van God is so deel van sy wese as die ander kant. Ons kan nie, soos talle mense deesdae probeer doen, vir God besluit dat ons van sy liefdevolle kant hou, maar nie van die eienskappe van sy grimmigheid en woede nie.
U kan gerus die Woord van God deeglik gaan bestudeer. U sal vind dat God nêrens vir ons in sy Woord te kenne dat ons die vryheid het om te besluit wat die eienskappe in Hom waarvan ons hou en die eienskappe waarvan ons nie hou, is nie. Hy openbaar Homself wel aan ons deur die Skrif en bied ons daardeur die geleentheid om Hom te leer ken. En wanneer ons Hom na behore ken, sal ons ook verstaan dat ons aan die regte kant van God in ons lewens moet staan. ’n Ontkenning van sy grimmigheid en toorn gaan daardie eienskappe van Hom nie laat weggaan nie en nog minder gaan ons kommentaar of opinie hieroor enigiets daaraan verander.
VORSTER EN VD BERGH SE AANDEEL…
…AAN DIE MOORD OP DR HENDRIK FRENSCH VERWOERD
Sedert die Nasionale Party in 1948 aan bewind gekom het, is 'n republiek in die vooruitsig gestel. Net 'n jaar tevore het dr Verwoerd as redakteur van Die Transvaler die Britse koningsgesin se besoek aan Suid-Afrika geïgnoreer. Hy was lankal die Britse kroon vyandiggesind. Vroeg in die vyftigerjare het hy Minister van Naturellesake geword en in navolging van wat hy in Duitsland leer ken het, het dr Verwoerd beleidsrigtings ingestel wat hom die titel van apartheidsargitek van Suid-Afrika besorg het. In 1958 het hy Eerste Minister geword en die lang stryd om die republikeinse ideaal te verwesenlik, is op 31 Mei 1961 gewen.
Intussen is die hoof van die Franse spioenasiediens, genl Jacquer, in Mei 1961 deur die Suid-Afrikaanse veiligheidshoof, Hendrik van den Bergh, in Parys besoek. Kommunisme was die twee se onderwerp van bespreking toe hulle tydens 'n aandete oor 'n nuwe doeltreffende ondervragingsmetode gepraat het. Hipnose, het genl Jacquer gesê, kan verbasende resultate lewer. Mense kan geprogrammeer word om 'n verskeidenheid dade, ook moord, te pleeg. Hulle sal dormant bly totdat sekere kodewoorde, gewoonlik in 'n vol sin, hulle aktiveer. Ná hulle taak afgehandel is, kan die mense die gebeurtenis en hul rol daarin glad nie onthou nie. Van den Bergh het opregte belangstelling getoon maar wat die Fransman nie geweet het nie, is dat Van den Bergh reeds dié tegniek met sukses toegepas het.
WIE WAS BOSS? (6)
DIE SMIT-MOORDE (SLOT)
"Ek is Deon Preuyt van BOSS," sê 'n man en wys sy identiteitskaart aan 'n lid van die uniformtak by die hek waar hy voorgekeer word.
"Wie wil jy sien?"
"Wie is in bevel?"
"Dis kolonel Verwey, CE Smit en kaptein Nicholson."
Maar uiteindelik is Preuyt toe saam met speurder Glen Edwards na Robert Smit se kantoor waar hulle die ondersoek voortgesit het. Afgesonder van die groot lessenaar en 'n paar gemakstoele, het die ruim kantoor die gewone grys staatskabinette, 'n tweede tafel en stoele en 'n muurhorlosie gehuisves. Teen die agterste muur was geraamde sertifikate en toekennings. Aan die symure was NP-plakkate. Anders as in die studeerkamer van Smit se huurhuis was die boeke, dokumente en lêers op hierdie lessenaar netjies gerangskik. Alles het in orde gelyk.
WIE WAS BOSS ?(5)
DIE SMIT-MOORDE (3)
Robert Smit het in die verkiesing vir Springs gestaan en daarom 'n tydelike kantoor in Springs gehad. Die NP het 'n huis in Wezdalaan gehuur tot ná die stemdag waar Robert en Jeanne-Cora tydelik ingetrek het terwyl hulle kinders in Pretoria gebly het met familielede wat by hulle kom bly het vir hierdie tyd. Jeanne-Cora het Robert op alle moontlike maniere ondersteun, ook om voltooide dokumente en verslae te tik want sy was die enigste mens wat hy met vertroulike inligting kon vertrou.
Robert het vir die eerste maal begin vrees vir die gevolge van die lywige verslag wat hy moes opstel in opdrag van Vorster. Soos wat die verslag vorm aangeneem het, het die feite 'n realiteit geword. Skielik het die lewelose bladsye verander in prominente politici, eggenotes, pa's en mans wat alles kon verloor, selfs lank tronktoe gestuur kon word. Die onthullings sou die NP-regering in algehele chaos dompel en sy oorlewingskrag tot die uiterste beproef. Smit het begin vrees nie net vir sy eie veiligheid nie maar ook vir dié van sy vrou.
By sy huurhuis het die deurklokkie gelui. Jeanne-Cora het na die muurhorlosie gekyk en besef dat die besoeker te vroeg is.
IETS OM AAN TE DINK (1)
Gesindheid
Denke is die beheerkamer van ʼn mens se optrede waar mooi of slegte gesindhede gekweek word. Slegte gesindhede veroorsaak swak menseverhoudings. Hoe jy teenoor mense optree, bepaal hul gesindheid teenoor jou. Gevolglik kan jou gesindheid jou beste vriend of gevaarlikste vyand wees.
Met ’n positiewe gesindheid bereik ʼn mens altyd baie meer in die lewe. Negatiewe gesindhede en emosionele bagasie veroorsaak gedurig swak menseverhoudings.
Ons gesindheid teenoor mense weerspieël ons gedagtewêreld. Moenie vergeet dat ʼn mooi gesig verrimpel en ʼn liggaam verval met die tyd, maar ʼn mooi gesindheid bly vir altyd mooi!
WIE WAS BOSS? (4)
DIE SMIT-MOORDE (2)
Terwyl Robert Smit oppad terug van Switserland is skakel Hendrik van den Bergh vir Eschel Rhoodie in Amerika en vra dat hy op die eerste vlug na Johannesburg klim, waartoe Rhoodie dadelik instem.
Intussen het Smit die Vrydag tuis opgedaag en met sy motorbestuurder gereël om hom die volgende oggend om agtuur te kom oplaai om na John Vorster te gaan. By Vorster is daar met die deur in die huis geval.
"Die meeste dinge is so helder soos daglig maar daar is nog 'n paar kwessies wat bevestig moet word," het Smit aan Vorster gesê.
"Met ander woorde, daar is nog bietjie speurwerk wat gedoen moet word?"
WIE WAS BOSS? (3)
DIE SMIT-MOORDE (1)
Dit was 'n lang dag vir Robert Smit in die NP-kantoor in Springs. Die Eerste Minister, John Vorster het daarby nog 'n verrassingsbesoek aan die kantoor gebring. Smit was besig met 'n aardskuddende verslag wat Saterdag gereed moes wees, 'n taak wat hy aanvanklik as 'n uitdaging beskou het. Hy dink weer terug aan daardie dag toe Vorster hom geskakel en gevra het om hom te kom sien. Die ekonoom het dadelik ingestem om die volgende oggend daar te wees – min wetende van die taak wat Vorster hom wil gee en wat presies nog alles op hom wag...
Oppad na Vorster daardie oggend het Smit nog sit en dink aan die slinkse maniere wat hy in die departement van finansies al moes help bedink om produkte van militêre belang in die buiteland in die hande te kry. 'n Bank is altyd gebruik om die groot bedrae geld na die buiteland oor te plaas. Weens die 'sensitiewe' aard van die transaksies was die 'koper' en die 'verkoper' meesal die enigste twee wat geweet het wat die werklike waarde van die goedere was. Smit was in baie gevalle die tussenganger tussen die departement van finansies en die ander rolspelers. Die evaluering, monitering en ouditering van die buitengewone transaksies was enige bankier se nagmerrie. Sommige transies het mense soos PW Botha, Connie Mulder, Eschel Rhoodie en Hendrik van den Berg betrek. Smit se vaardighede is soms tot die uiterste beproef om op die hoogte van die 'verbeeldingryke' transaksies te bly.
WANDEL MET GOD ONDER ALLE OMSTANDIGHEDE
DS A.E.VAN DEN BERG
“En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem” (Gen.5:24).
Ek stap graag deur begraafplase, lees van die grafskrifte en wonder hoe die betrokke persoon dood is. In Sept.1995 was ek bevoorreg om in een van die oudste grafte in die wêreld te staan; dié van Toetankamon in die vallei van die konings in Egipte. Dis meer as 3200 jaar oud. Toetankamon was slegs 9 toe hy Farao geword het en is op 19 oorlede. Wat sy graf so besonders maak, was dat dit eeue lank ongeskonde bewaar gebly het.
Ek verplaas u in die gees na 1922 in Egipte. Die argeoloog Howard Carter soek toe al vir meer as 10 jaar na die graf van Toetankamon in die vallei van die konings. Net toe hy wou tou opgooi, ontdek hy dit met die gebalsemde liggaam van die jongman met waardevolle skatte – edelgesteentes, goud, meubels ens.
WIE WAS “BOSS”? (2)
DIE DOOD VAN STEVE BIKO
Om die ontbyttafel in 'n hotel in Port Elizabeth het Van den Bergh en sy twee agente gehoor hoe 'n radio-omroeper luisteraars by die eerste nuusbulletin op 6 September verwelkom.
"Ek moes geweet het!" het Sharp gesê en na die lang man gekyk.
"Wat?"
"Dat jy alles met 'n doel doen."
"Wat wil jy eintlik sê?" het die ander agent, Snyman, gevra.
"Dis nie toevallig dat ons juis vandag in Port Elizabeth is nie."
"Ek is bly jy begin leer," het Van den Bergh met een van sy seldsame glimlagge gesê.
Sharp het onthou 6 September was die herdenking van die sluipmoord op dr Verwoerd. Van den Bergh het sy datums met sorg gekies.
In die parkeerterrein van die Sanlam-gebou in Port Elizabeth het Snyman die drie mans ingewag. Die twee groot agente van Pretoria het onderlangs gebrom, maar nie hul name gegee nie. Snyman het op 'n haar soos Rudolf Hess, een van Hitler se adjudante, gelyk. Snyman het gesien die twee mans het skouersakke gedra en geweet dit bevat hul toerusting.
"Niemand weet van jul besoek nie, nie eens die kolonel nie." het hy gesê."
"Goed, hou dit so."
WEET U WIE WAS “BOSS”? (1)
Op 11 November 1969, drie jaar na die moord op dr HF Verwoerd, het 'n dapper politikus, dr Albert Hertzog, in 'n koerantonderhoud geen doekies omgedraai oor wat hy van die nuwe intelligensie-instelling, BOSS, dink nie:
"Dit is een van die gevaarlikste stukke wetgewing nog in die wetboek," het hy gesê. "Die gewone publiek word ernstig bedreig met 'n organisasie so stil en so magtig soos BOSS wat in die agtergrond skuilhou." Hy het geen twyfel gelaat in die gemoed van Suid-Afrika nie: Hendrik van den Bergh het effektief beheer verkry oor alle insameling van intelligensie in die land en sy posisie het 'n stempel van wettigheid op alle spioenasiebedrywighede geplaas. Gevra om kommentaar, het Van den Bergh gesê BOSS is met een doel voor oë gestig en dit is om die staat en sy burgers te beskerm. Hy was bereid om enigiets te doen om daardie doel te bereik.
Die ontstaan van BOSS was Van den Bergh se breinkind wat in samewerking met Vorster en PW Botha (en nooit ooit onder dr Verwoerd sou gebeur nie) dié organisasie die lig laat sien het. Hierdie drie name bymekaar behoort reeds ‘n mens se hare te laat rys!
TURBOBREINKANKER AGV COVID-19-MANDAAT IN DIE VSA
Hier volg die getuienis van ‘n jong Amerikaanse blanke vrou wie se lewe dramaties aan die verander is as gevolg van die verpligte Covid-19-gifinspuitings. Haar skrywe is vergesel van laasgeneemde breinfoto's waar die gewas so groot soos 'n tennisbal vertoon.
Daar het reeds 20 miljoen plus mense aan daardie inspuitings gesterf maar vir enkeles is daar nog hoop. Mag dit vir elkeen wat hierdie briefie lees ‘n aansporing wees om die komende, verpligte dodelike inspuitings wat in die volgende jaar op ons wag, met alle mag teen te staan.
"Ek is Leann, 'n 35-jarige vrou wat onlangs gediagnoseer is met 'n baie groot gewas op die linker frontale en pariëtale lobbe in my brein. Die gewas omsluit die sagittale sinus en rus op die liggaam van die corpus callosum en het sy eie kopieerbundel kollaterale are geskep. Ek kan tans nie meer baie werk nie en sal daarna dae se werk mis weens die komende afsprake ter voorbereiding van die operasie.
"Ek is 'n onlangse gegradueerde van NMCC (2021-genote van kunste) en UMFK (2023-bachelors in wetenskap), waar ek 'n 3.89 GPA by beide skole verdien het, konsekwent op die dekaan se lys was met spesiale eerbewyse, en erkenning en toekennings ontvang het. Ek het as die topstudent in my studies by albei skole gegradueer. Ek werk ook tans nog deeltyds vir 5 ure, 2 dae per week as 'n tutor by NMCC. Voor hierdie diagnose het ek 'n loopbaan by die Aroostook Geestesgesondheidsentrum gevolg om 'n ‘dwelmmisbruik- en geestesgesondheidsberader’ vir die Residensiële Behandelingsfasiliteit in ons area te word; hierdie planne is egter nou in die agtergrond in die lig van my onlangse diagnose en behoefte aan noodbreinchirurgie.
FRANKRYK: NUWE WET TEEN BURGERS WAT HUL UITSPREEK TEEN DIE COVID-19-SAGE
3 JAAR TRONKSTRAF EN €45 000 BOETE
Op 14 Februarie 2024 het Frankryk se Assemblée Nationale 'n omstrede wetsontwerp aanvaar "om die stryd teen sektariese drif" (in Frans dérive sectaire) te versterk. Dit herinner mens aan die denkverbod oor die leuen dat 6 miljoen Jode destyds in gaskamers vermoor is – as daar wetgewing teen die noem van ‘n saak ingestel word kan mens maar weet dat daar baie leuens is wat daarmee weggesteek moet word. Hierdeur het dit weer eens duidelik geword hoeveel misdaad daar vir die gewone burger weggesteek word met betrekking tot die Covid-sage. Nie almal het die Pfizer-verslag wat die hele kabaal ontbloot, gelees nie.
Die konsepwet was 'n inisiatief van die Franse regering van Emmanuel Macron wat deur die Minister van Binnelandse Sake in die naam van Eerste Minister Elizabeth Borne aan die Senaat voorgelê sal word.
Hierdie wetsontwerp ter versterking van die “stryd teen sektariese buitensporighede”, wat in die Raad van Ministers beraadslaag is ooreenkomstig die mening van die Raad van State, sal aan die Senaat voorgelê word deur die Minister van Binnelandse Sake en Oorsee, wat verantwoordelik sal wees vir die uiteensetting van die redes en ondersteuning van die bespreking.
Die konsepwet is vir die eerste keer op 13 Februarie 2024 gedebatteer.
VREES GOD
Ds A.E. van den Berg
“En die gemeentes deur die hele Judea en Galilea en Samaria het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder” (Hand.9:31).
Die bekering van Paulus het die Joodse Kerk van destyds tot in sy fondamente geskud. Dat ’n vervolger van die Christendom omswaai en ’n verkondiger van Christus geword het, was vir hulle ’n groot verleentheid. Ja, die verhaal van Paulus se bekering gryp gelowiges na 2000 jaar nog steeds aan en word daar vandag van ʼn skielike geestelike ommekeer as ’n Saulus-bekering gepraat.
Om Jesus destyds te volg, kon lewensgevaarlik wees. Kyk wat met Stefanus gebeur het! Wie Iemand wil volg wat deur die wêreld gekruisig is, moet verwag om self gekruisig te word. Na Paulus se bekering was sy lewe in gevaar. In Hand.9:24 het die Jode beplan om Hom dood te maak. Wat vir die Joodse kerk ’n ergernis was, was egter vir die Christendom ’n wins: “En hy het dadelik Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy die Seun van God is” (Hand.9:20).
Paulus was nie bang om te getuig nie omdat hy ’n besondere gawe gehad het nie, wel weens vrede in sy hart. “En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus” (Fil.4:7),
Hierdie vrede is net moontlik as gelowiges in die vrees van die Here wandel. Ons lees dikwels in die Bybel van die vrees van die Here. Wat beteken dit? God lei gelowiges om in ooreenstemming van God se Woord en Hom voor oë te leef. Anders gestel, om in die vrees van die Here te wandel. Ons lees in Gen.5 van Henog wat met God gewandel het. “En die gemeentes .... het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here...”
Die werkwoord ‘wandel’ dui op ’n bewustelike handeling en gebeur nie vanself soos asemhaling nie. Dis ʼn besluit: Ek gaan in die vrees van die Here wandel. Vrees en bewing is woorde wat nie altyd gewild is as daar oor God gepraat word nie. Mense verkies eerder om van God se liefde, lankmoedigheid en genade te praat. Miskien is dit ’n teenreaksie op sommige charismatiese predikers wat oor niks anders as vuur, swawel en die hel preek nie!
Gelowiges moet die regte begrip van vrees en bewing mbt God hê. Die gebrek daaraan is miskien een van die redes waarom mense onverskillig teenoor God is – hulle weet nie Wie of hoe om te vrees nie. Jesus sê: “En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel” (Mt.10:28).
Wat is die vrees van die Here dan? In die Hebreeus beteken om God te vrees, dat jy ontsag vir Hom het. Wie God vrees, is bang om Hom kwaad te maak of aanstoot te gee. “...want as ons opsetlik sondig, nadat ons kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, maar ’n verskriklike veragting van oordeel en ’n vuurgloed…” (Hebr.10:26,27).
As daar een boek in die Bybel is wat vir ons vertel hoe die vrees van die Here in die alledaagse lewe lyk, is dit Spreuke.
“Die vrees van die Here is die beginsel van die kennis…” (1:7).
“Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is…” (8:3).
“Die vrees van die Here vermeerder die dae…” (10:27).
“In die vrees van die Here lê sterk sekerheid…(14:26).
“Die vrees van die Here is ’n fontein van die lewe…” (14:27).
“…deur die vrees van die Here wyk ’n mens af van die kwaad “ (16:6).
“Die vrees van die Here is tot die lewe; en versadig bring ’n mens die nag deur, sonder om deur ’n onheil besoek te word” (19:23).
“Die loon van nederigheid is die vrees van die Here, is rykdom en eer en die lewe” (22:4).
Wie God nie vrees nie, verloor baie in die lewe. Hy sluit homself van die skatte van God se wysheid en kennis uit. Sonde lyk vir hom lekker en hy raak vuil soos die verlore seun tussen die varke. Sommige beland deur eie toedoen vroeg in ’n graf. Dink maar net aan die skerp toenemende dwelmverslawings.
’n Mens wat God nie vrees nie, het geen sekerheid van ʼn ewige lewe na die dood nie. Watter angs en spanning moet so ’n mens nie in leef nie! Wie God nie vrees nie, het geen berou en derhalwe geen behoefte aan ʼn geestelike ommeswaai nie. Hy leef soos ʼn grotdiertjie en besef nie hoe groot sy donkerte is nie!
Gelowiges wat God wil behaag, moet Hom vrees. Sonder die vrees van die Here is dit onmoontlik. “Maar die goedertierenheid van die Here is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees en sy geregtigheid vir kindskinders, vir die wat sy verbond hou en aan sy bevel dink om dié te doen” (Ps.103:17,18).
Die vrees van die Here is iets wat veral deur Bybelkennis ontwikkel. Rom.10:17 sê dat geloof kom deur die Woord van God te hoor. So ook die vrees van die Here. In Deut.31 word die Israeliete aangesê om elke sewe jaar bymekaar te kom om na die Woord van die Here te kom luister. Waarom? “….dat hulle kan leer om die Here te vrees” (vers 12). Die vrees vir die Here ontstaan net deur ’n deeglike kennis van die Woord van God.
Wat is ’n deeglike kennis van die Woord van God? – wanneer dit deeglik gelees word en nie net gunsteling-gedeeltes voor slapenstyd nie. Sommige mense lees net gedeeltes wat oor God se liefde, genade en lankmoedigheid handel en ontwikkel dan nie die vrees vir die Here nie. Ander ontwikkel weer ’n vrees vir oordeel, vuur en swawel uit die hel, en verstaan gevolglik niks van God se liefde nie.
Ons moet God se Woord reg verstaan en nie met wanbegrippe op loop gaan nie. Dit lei maklik tot dwaalleer waardeur duisende volkgenote al platgetrek is. “Want wie kan in die hemel met die Here vergelyk word?....’n God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is” (Ps.89:7,8).
“Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring” (2 Kor.7:1)
Ons het in die begin gelees dat die eerste gemeentes deur ’n vrees vir die Here gekenmerk is. Daarom het God het hulle geseën en die gemeentes laat groei.. Niks verhinder God om ʼn nuwe, opregte vrees en eerbied vir Hom onder die laaste gelowiges te laat posvat en die geskiedenis van die Christendom so af te sluit nie. Dit moet by elke opregte gelowige begin. Hoe lyk dit met jou?