Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Here, op grond van u liefde bid ek vir ons goddelose en liefdelose volk. Ek vra dat dit nie verby moet wees met ons en ons bestaan nie. Dankie dat ek dit mag vra want u trou en liefde is groter as ons geloof en ongeloof.
GELOFTELAND NUWEJAARSWENSE...
As individue, maak ons saam gesinne en eindelik 'n volk, want dis hoe God ons geskep het, en jy kan niks daaraan verander nie want God alleen het bepaal dat jy in jou gesin en in hierdie volk ingebore is - al hou jy dalk nie daarvan nie!! Laat ons as volk van Christus in Afrikaans dan vanaand HOM dank en lof aan Hom bring vir die jaar 2023 waarin Hy steeds genade oor ons uitgespreek het, onverdiend, want na regte moes Hy ons verdelg en vernietig het. Kom ons sien dus sy groot genade en beloftes oor ons, vir wat dit werklik is. Hy is dieselfde God wat by Bloedrivier sy getroue kinders ALMAL gespaar het. Hy sal as dieselfde God in 2024, die jaar wat baie ekstra uitdagings gaan inhou, ons ook spaar indien ons sy Bloed in gebed om ons gesinne, families, geliefdes en waar ookal ons woon, opreg afpleit. Pleit Hom dan om julle as geliefdes te beskerm deur sy Bloed, nie net aan jul kosyne nie maar om dit reg rondom julle wonings te trek, en onthou deurentyd Hy is ALMAGTIG, GENADIG, GETROU, EN SO VOL LIEFDE DAT HY JOU NIE SAL VERGEET NIE, ook in die woesteny van 'n waarskynlike burgeroorlog; die vyand sal by jou skuiling en verby al die opregte kinders van God gaan, terwyl Christus se bloed aan jou "kosyne" sal wees.
Gelofteland wens elke leser ‘n geseende 2024 want julle is ons vriende en familie, dus ook ons geliefdes.
JESUSLIEFDE
‘N NUWE VERBOND
Hannes Ollewagen
Jer. 31:1-40
“Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ’n nuwe verbond sal sluit; nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie – my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE. Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.” (:31-33).
Dit bly maar in die teologie ’n algemene gesig dat daar strominge is wat tot die uiterste gaan. Die een gaan in die rigting van ’n algehele verwerping van God se gebooie en gehoorsaamheid aan sy Woord. Die ander gaan weer in die teenoorgestelde rigting van ’n slaafse onderhouding van insettinge en gebooie terwyl daar geen plek vir die werk van Christus en die Heilige Gees gelaat word nie. Hierdie twee strominge het wel een ding in gemeen – nie langs een van hierdie weë sal die mens tot heiligmaking gebring word en met God die Vader deur Christus versoen word nie. Net so min as wat enige mens dit kan regkry om sy eie saligheid uit homself en versoening vir homself sonder Christus te bewerk, (“Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” - Joh. 14:6) net so min sal ’n mens wat sy rug op gehoorsaamheid aan God en die weg van heiligmaking keer met God versoen word. “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking, waarsonder niemand die Here sal sien nie;” (Heb. 12:14).
TREK JY SAAM?
Die Eerste Groot Trek en die gevolge daarvan vir ons geskiedenis is wyd bekend en ons volk voel oor die algemeen positief daaroor. Dit het onder andere uitgeloop op die vestiging van twee onafhanklike Boererepublieke in Suidelike Afrika, waarin die strewe verwesenlik is om soewerein te wees.
Die herstel van ons morele waardes is onlosmaaklik verbonde aan ons strewe na soewereiniteit, en kan nie daarsonder verwesenlik word nie. Soewereiniteit is eerder die gevolg van die herstel van morele waardes, en is onderhewig aan die hulp van ons Hemelse Vader.
Die Tweede Groot Trek sal met n Geestelike “trek” moet begin en sal profeties ook tot groot gebeure en wonderwerke lei om ons volk weer vry te kry. Die vyande van ons volk het tot op hede hoofsaaklik die Humanisme gebruik om ‘n misplaaste skuldkompleks in ons volksgenote se denke te vestig.
GELD, MAG EN SEKS…
…ONS GEESTELIKE ROLSTOELE
Timothy Keller se publikasie 'Counterfeit Gods: The Empty Promises of Money, Sex and Power, and the Only Hope that Matters' ontbloot die dwaling waar ons die goeie dinge in ons lewe neem en dit die heel belangrikste dinge in ons lewe maak. As individue stap die meeste van ons op hierdie dwaalpad; saam ís ons die volk wat hierdie pad stap; en is een gevolg daarvan presies dít wat ons in 1994 gekry het – die straf op ons afgodediens. En ons kan maar voortgaan om die Swartes en die Kommuniste te skel – die meeste daarvan verdien hulle – maar dit gaan geen snars verander aan ons situasie voordat ons die werklike oorsake van ons knegskap herken, en dit met oortuiging beveg nie.
Waarom sukkel die Afrikanervolk so om na die kern van die waarheid in die Woord van God terug te keer? Natuurlik is herkenning en erkenning van die dwaalpaaie waarop ons stap, en die terugkeer na gehoorsaamheid en nederigheid nooit maklik nie, veral wanneer satan die waarheid oor ons afgode so versluier dat ons dink ons doen die regte ding; daar is mos niks mee verkeerd nie want ons moet geld hê om van te leef, en ons moet mag uitoefen oor baie dinge in ons lewe, en 'n seksuele verhouding met my huweliksmaat is dan 'n wonderlike geskenk God self – hoe kan hierdie dinge afgode word?
Dr Alwyn Swanepoel skryf in 'n artikel dat afgode eintlik baie ligsensitief is omdat hulle so graag in die donker kamers van ons harte floreer – daardie kamers wat ons nie volkome aan God oorgee nie. En hierdie afgode is baie skelm, want hulle lyk baie goed en reg en gaan staan nie in die plek van God nie, maar naas God. Dis dan wanneer ons nie besef dat dit reeds 'n afgod vir ons geword het nie – ons dien mos nog vir God, sy plekkie is mos gereserveer. Maar dis die ruimte reg langs Hom wat die probleem geword het. 'n Goeie voorbeeld is die Christelike geloof wat sedert 1994 onder hierdie Godlose regime in ons staatskole gelyk gestel is aan alle ander gelowe, asof ons Drie-enige God vergelyk kan word met al die ander afgode wat deur ander volke aanbid word!
NUWEJAAR- VOORNEMENS
Aan die begin van elke nuwe jaar neem baie mense hulle mooi dinge voor. Ongelukkig word sulke nuwejaarsvoornemens gou verbreek omdat dit nie lewendig gehou word nie. Dis soos ’n kind wat gebore word, maar nie gevoed word nie. As ’n goeie voorneme nie gevoed word nie, sterf dit. So ook geestelike voornemens. Een van die mooiste voornemens in die Bybel staan in Jos.24:15: “….maar ek en my huis, ons sal die Here dien”.
Geestelike voornemens is voortrefliker omdat ander voornemens in die mens se eie krag onderneem word. Met geestelike voornemens vra ons God om hulp en slaag derhalwe makliker daarin.
Een van die beste voornemens is om van alle psigiese en emosionele rommel in ons lewe ontslae te raak en vir onsself te sê: “Ek sleep dit nie verder saam met my nie”. Dis nie maklik om daarvan ontslae te raak nie, maar wel die moeite werd. Ons het uiteraard net een lewe op aarde en sal eendag daarvan rekenskap moet gee.
ONS VIER JESUS SE GEBOORTE, NIE SY GEBOORTEDAG NIE
Is 25 Desember werklik die geboortedag van Jesus of kom dit uit die heidendom soos sommige kritici beweer? Die antwoord op beide die vrae is nee; 25 Desember is nie die werklike geboortedag van Jesus nie. Dit kom egter nie uit die heidendom soos sommiges glo nie. Wat wel waar is, is dat 25 Desember sedert die vierde eeu nC die Christelike kerk se feesdag is waarop Jesus se geboorte gevier word. Let wel: sy geboorte en nie sy geboortedag nie! Daar is ‘n groot verskil om ‘n gebeure te vier of ‘n dag te vier. Die dag waarop mens ‘n gebeure vier is minder belangrik as die gebeure self. As ons dan nie die presiese dag van Jesus se geboorte weet nie, dan kies ons maar ‘n dag om dit wat belangrik is te doen. Want as ons nie Jesus se geboorte erken nie, kan ons ook nie sy tydperk op aarde tot by sy kruisiging erken nie. En as ons sy kruisiging net soos sy geboorte ontken, dan het ons geen deel aan Hom en die ewige lewe hierna nie en is so 'n siel verlore.
ONS BEHOORT AAN DIE HERE
Hannes Ollewagen
1 Kor. 10:23-33
“Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.” (:26).
Paulus herhaal hierdie waarheid in vers 28. En dit is nie alleen deur die mond van Paulus wat die HERE ons hieraan herinner nie. Hy het alreeds deur Moses hierdie boodskap aan sy volk gebring. “Kyk, aan die Here jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.” (Deut. 10:14). En in Psalm 89:12 lees ons weer van Etan se getuienis hiervan. “Aan U behoort die hemel, aan U ook die aarde; die wêreld en sy volheid — Ú het dit gegrond.”
Wanneer ons ook in Psalm 24:1 van Dawid se getuienis van hierdie saak lees, is dit opvallend dat Dawid ook spesifiek melding daarvan maak dat ook die inwoners van die aarde aan God behoort. “...Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;”. Hy meld dus spesifiek dat dit nie alleen die aarde is nie, maar ook die mens op die aarde wat aan God behoort. En hierdie is ’n belangrike waarheid waaraan ons as God se kinders herinner moet word. In ’n wêreld wat God die rug keer en Hom nie in erkentenis hou nie is dit maklik om van hierdie belangrike waarheid te vergeet. En ons sien dit ook gebeur in die alledaagse lewe van mense – ook by kerkmense.
ONS LAND SÁL HERSTEL
Daar is talle Christene in hierdie land wat besef dat net 'n wonderwerk weer orde ná die chaos van die kommunistiese rewolusie sal bring. Terwyl sommige nog dink hulle sal in eie krag oorleef en plannetjies maak weet ons dat dit alleen God se genade in die vorm van 'n wonderwerk sal wees wat ons Gelofteland weer sal herstel tot 'n veilige hawe waar ons in vrede ons Vader kan dien. Onwillekeurig ontstaan die vraag dan hoe gebeur 'n wonderwerk.
In die Bybel vind wonderwerke op verskeie manier plaas.
Eerstens kan 'n wonderwerk al die bekende natuurwette oortref. Die skeppingsdaad was sekerlik dié wonderwerk wat alle natuurwette oortref het.
Ook vervang 'n wonderwerk die natuurwette, soos toe Elia teen die beginsels van die swaartekragwet opgevaar het na die hemel.
Natuurwette word ook opgeskort soos toe Christus op die water geloop het.
'N OORLOG TOT DIE LEWE
Die grootste probleem waarmee die Blankes vandag in Suid Afrika te doen het, is waarskynlik die aanslag wat gemaak word om ons moedeloos te stem sodat ons ons aan die stryd sal ontrek soos talle volksgenote wel gedoen het. In die Afrikanervolk se bestaan was stryd, uit sy aard en omstandighede, ʼn wesenlike bestanddeel van sy hele geskiedenis. Die Blankes is swaar beproef in hierdie jare van stryd. Ons is beroof van ons lewensstandaard. Ons is beroof van ons sosiale sekuriteit en die politieke mag wat ons in hierdie land gehad het. Die res word stapsgewys van ons weggeneem soos ook ons eiendom wat sonder vergoeding gesteel word.
Die feit dat daar ʼn noue verband tussen die politieke stryd en die wapenstryd is, moet ʼn mens laat besef dat in elke geslag van ʼn volk se lewe die moontlikheid bestaan dat die politieke stryd in ʼn militêre stryd omgesit kan word. So bevestig die hele gang van die Afrikanervolk se geskiedenis dat ons volk gedurig op die rand verkeer het van ʼn omsetting van die politieke stryd in ʼn militêre stryd. Ons moet ook besef dat oorlog iets is waarmee ʼn volk elke dag moet lewe, en as ʼn volk hom laat bangpraat vir oorlog, dan word ʼn land bloedloos verower soos Suid-Afrika in 1994 verower is en is dit ʼn groter vernedering as wat ʼn nederlaag in ʼn oorlog ooit sou wees.
DIE WERKLIKE RASSEHATERS!
SWARTES SIEN “VERSOENING” AS ‘N SWAKHEID WAT OM SLAE VRA
Vir die ANC-regime is daar skynbaar geen groter oortreding as rassisme nie en skyn selfs erger as moord, roof of verkragting te wees. Gevolglik neem baie blankes 'n apologetiese houding in van: "Noem my enigiets anders, maar asseblief net nie 'n rassis nie! " Intussen neem swart rassehaat epidemiese afmetinge in ons land aan en is die duidelikste in die werksopset te sien soos pas weer gebeur het.
Weer eens seëvier rassisme in sy ergste vorm. Dis die tweede gyselaarsdrama in net ‘n paar maande by die Gold One se Springs-myn waar swart werkers die blanke werkers vir dae lank aangehou en gemartel het. Hulle is pers en stukkend geslaan en gedwing om hulle klere uit te trek terwyl hulle uitgeskel is vir “boere”. Die blanke myners sê hulle is agv hulle ras geteiken en as pionne gebruik in die magstryd tussen vakbondleiers en die mynbase. Hulle moes 350m onder die grond luister na die sataniese planne van die swartes dat daar “genoeg blankes is om dood te maak, dan sal die mynbase luister…” Stakers het paletplanke met spykers aan mekaar vasgekap, daarmee en met pikstele en pype die blanke werkers op hulle boude, bene, arms en rue geslaan. Brandblussers is in hulle gesigte uitgespuit en is hulle gedwing om al bloeiende slagspreuke soos Viva en Amcu te skree.
IN GOD SE OË
Hannes Ollewagen
1 Sam. 16:1-13
“Maar die Here sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan.” (:7).
Die mens het maar die begeerte om deur sy samelewing aanvaar te word. En hierdie begeerte na aanvaarding speel seker ’n groter rol in die menslike gedrag as wat ons dalk besef. Ja, hierdie begeerte is so groot dat ons dikwels sal voorgee of dinge sal doen gewoon om ander mense te probeer beïndruk. Dit kan baie gevaarlik wees aangesien dit menigmaal daartoe lei dat ons só hard probeer om ander mense te beïndruk dat ons God in die proses teleurstel en selfs verloën.
Daar word deesdae bykans op ’n daaglikse basis berig van iemand wat hul rieme styfgeloop het nadat hulle miljoene van ander gesteel het. En dit is dan diegene wat uitgevang is waaroor berig word. Dink maar hoeveel ander is daar waarvan ons nie eers hoor nie! En is hierdie nie ’n sprekende voorbeeld van hierdie verskynsel nie? Mense raak só behep daarmee om diegene rondom hulle met hul sukses en finansiële vooruitgang te probeer beïndruk dat hulle eindelik God se insettinge heeltemal minag en hulle aan ander se besittings vergryp. Hierdie verkeerdheid word uitdruklik in Spr. 21:4 aangespreek. “Hoogheid van oë en trotsheid van hart — die glans van die goddelose is sonde.” Die wat groot rykdom op aarde op oneerlike wyse bekom, sal God nie vir ’n oomblik beïndruk nie.
AS GOD TOT DIE STRYD TOETREE
Ds A.E. van den Berg
“En toe Gídeon aankom, vertel 'n man aan 'n ander juis 'n droom en sê: Kyk, ek het 'n droom gehad: Daar rol 'n hard gebakte garsbrood in die laer van die Midianiete en kom tot by die tent en slaan dit dat dit omval en keer dit onderstebo, en toe lê die tent daar!” (Rigt.7:13).
Die boek Rigters vertel merkwaardige verhale van hoe God in sy volk se lewens ingegryp en hulle oor Satan se magte laat triomfeer het. In ʼn noodtoestand is mense bang vir dit wat moontlik met hulle kan gebeur. Gideon was ook bang. Toe God hom roep om sy volk van ʼn vyand te verlos, het hy die een verskoning na die ander gehad om nie te gaan nie. Miskien het Gideon gehoop dat God eerder iemand anders sou stuur. God het nie. Gideon was sy werktuig om Israel van die dreigende Satansmag te verlos.
Israel was gereeld deur vyande gepla, veral die Filistyne. In die tyd van Gideon was dit die Mideaniete. Hulle was talryker en meer gedug as enige ander vyand. Hulle sou Israel verpletter het as God nie tot hul redding gekom het nie.
MAAK DIE DEUR TOE!
Gelofterede 2023
Ds. A.E van den Berg
Geen dwaasheid te groot dat dit nie as evangelie geglo kan word nie. Nadat massaproduksie tot die standaardisering van handelsgoedere gelei het, is daar geglo dat die mensdom ook gestandaardiseer kon word. Dis gelykheid genoem en ʼn misgissing wat tot vandag toe nog wêreldwye ontwrigting en rassespanning veroorsaak.
Mense is nie gelyk nie maar eerder ongelyk; ʼn feit wat nie geminag durf word nie al haat sommige mekaar daarvoor. Elke skeppingsoort het ʼn ingebore behoefte aan afsondering waarsonder dit nie kan oorleef nie. ʼn Spreeu paar bv. nie met ʼn duif of ʼn buffel met ʼn renoster nie. Soort soek soort; die natuur se ysterwet. Afwykings hiervan vind slegs by hoë uitsondering plaas. Selfs dan kom die natuur daarteen in opstand en is die muil bv. onvrugbaar.
Geen wetgewing kan ongelyke mense nie gelyk dwing nie. Dit loop altyd op chaos en verbittering uit. Mense vereenselwig hul altyd met hul eie soort en skei hul t.w.v. eie voortbestaan van andersoortiges af. In die diereryk word indringers selfs instinkmatig verjaag.
DAG VAN DANKBARE VEROOTMOEDIGING
Ons staan soos die HERE wil more op Geloftedag voor Hom. Geloftedag – die Afrikanervolk, óns volk se aangewese dag van verootmoediging. 'n Volk wat volgens die Raadsplan van God met 'n besondere roeping aan die suidpunt van Donker Afrika geplant is – deur God bekwaam gemaak is om hierdie barre, wilde, dorre, harde landstreek ooreenkomstig Genesis 1-2 te onderwerp, te heers oor alles wat op en in en om hom bestaan, sy grond te bewerk sodat ook hierdie landstreek tot bloei kon kom tot lof van die HERE en geroepe uit die Reformasie om die Woord hier te saai en tot vrug te laat kom. Drie eeue lank het die Afrikanervolk hierdie tweeledige roeping uitgevoer. Ten spyte van Satan se verbete stryd om dit te verhoed, is daar danksy die Almag van God talle gelowiges in die land.
GELOFTEDAG SE EISE AAN DIE AFRIKANER
Dr Danie Theron
“Ons geskiedenis is gemaak deur mense wat bereid was tot stryd”. – Jaap Marais, Geloftedag, 16 Desember 1976
Elke jaar rondom Geloftedag en by die lees en herlees van die geskiedenis, ontdek mens ‘n nuwe dimensie aan hierdie dramatiese gebeurtenis in ons geskiedenis. En jaarliks besef mens die geweldige impak wat dit op ons het, of minstens behoort te hȇ.
Die gebeure van 16 Desember kan egter nie in isolasie gesien word nie. Die hele 1838 is monumentaal! Die moorde by Blaauwkrans en Weenen het vir die Voortrekkers van 1838 die werklikheid van Afrika met ‘n bliksemstraal verlig. Dit het die Voortrekkers van daardie tyd gelouter en as ‘n eenheid saamgebind en begeester om daarna die Slag van Bloedrivier te beleef. Triomfantlik.
OPROEP TOT GELOFTE-ONDERHOUDING
As gevolg van ons as volk se versuim om ons geloftes te betaal word die werke van ons hande verwoes. Die afgelope jare van sogenaamde demokrasie het tot gevolg dat ons fisies en geestelik aangeval en gedood word. Derduisende Blankes is al gruwelik vermoor; ons handewerk verkrummel voor ons oë – ons paaie verval tot sinkgate; ons riviere is omskep in rioolslote; ondergrondse water word vergiftig deur onbeheerde mynbou-aktiwiteite; ons word kinderloos as gevolg van volksvreemde onderwys; ons kerke keer die een na die ander die rug op Skrifgefundeerde apartheid ten gunste van veelgodery; ons dorpe en stede is oorgeneem deur onbevoegde amptenare wat dit in bankrotskappe gedompel het, bedrog word tot op die hoogste vlak van regeringsinstansies aangetref, oopgevlek en oor die hoof gesien.
So kan mens aangaan en klaaglied op klaaglied aanhef. Die klagstaat kan egter nie voor die deur van die huidige regering gelê word nie. Hulle is nie toerekeningsvatbaar nie aangesien hulle soos die heidense nasies van ouds dien as instrument om ons te tugtig ter bekering van ons verkeerde weë en nalatighede.
GOD ‘HEELTEMAL WEGGELAAT’ UIT WEGSPRINGWET
‘n Mislukte grondwet sal noodwendig ‘n voldonge mislukte staat voortbring.
Dit is die gevolgtrekking as daar van vroegste kritiek teen die beoogde veranderings aan die land se grondwetlike bedeling kennis geneem word.
Een van die kritici was ‘n Christelike belange-organisasie, Signpost, onder leiding van Edward Cain – Cain wat sy kantoor in Arcadia, Pretoria gehad het en ‘n inligtingstuk, Signposts, uitgegee het waarin hy kritiek, veral wat die kommunistiese trekke van die nuwe grondwetlike bedeling vir die land wat toe besig was om vorm in die Wêreldhandelsentrum in Kempton Park aan te neem, uitgespreek het.
TUSSEN DIE TWEE TESTAMENTE
Ds A.E. van den Berg
“Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ’n vrou, gebore onder die wet” (Gal.4:4).
Het jy al gewonder wat in die tyd tussen die Ou- en Nuwe Testament in Israel gebeur het? Die OT eindig met Maleagi 4 en die daaropvolgende hoofstuk (Mt.1) . Dit plaas ons onmiddellik in die NT met ʼn tydsgaping van 400 jaar. Wat het in hierdie tyd in Palestina, soos Israel toe bekend gestaan het, gebeur?
Toe Maleagi geskryf is, was Israel ʼn verenigde volk en terug op eie bodem. Die Tienstammeryk van Israel is in 732vC na Assirië en die Tweestamme ryk van Juda in 607vC na Babel weggevoer. Toe die Perse later wêreldheersers geword het, is die Bondsvolk teen ongeveer 537vC toegelaat om na Palestina terug te keer en die tempel en stadsmure van Jerusalem te herbou.
DR VERWOERD OOR APARTHEID
Min mense kon ‘n saak so goed stel soos dr Hendrik Verwoerd. En dit was deurentyd so na aan die waarheid as kon kom. Hieronder volg ‘n lieflike waarheidstelling om aan mense wat nie die begrip ‘apartheid’ verstaan het nie, in praktyk uit te lê.
“Sê nou ek boer met mielies en jy boer met beeste. As jou beeste in die nag kom en my mielies opvreet, is daar mos moeilikheid, groot moeilikheid. Die mielies is weg en die beeste word vet. Nou is ons kwaaivriende. Maar as ons nou ooreenkom om 'n heining tussenin te sit kan ek mos voortgaan met my mielieplantery en jy met jou beeste, want hulle kan nie meer in die nag oorkom nie. Dan gee ek jou van my mielies vir voer, en jy gee vir my melk en ek koop by jou vleis. Dan is ons goeie bure en almal is tevrede. So is apartheid: leef en laat leef. "
Satan het geweet as hy nie hierdie man laat vermoor nie, geen geldmag of liberalis ons Suid-Afrika met al sy ondergrondse rykdomme en sy christenvolk sou kon onderkry en oorneem nie. Daarom moes dr Hendrik Frensch Verwoerd op 6 September 1966 om 2:15 sterf.
Tans is Satan koning van die aarde, maar nie meer vir lank nie – die Here se koms is naby; die Woord van God getuig daarvan: ons mag die tekens sien, en dit wys vir ons dat Jesus se koms naby is. Sorg dat u gereed is daarvoor!
GELDMAG MAAK TRILJOENE MET GMS
Die ANC-regime is tans besig om met die geldmagte te onderhandel om slegs geneties gemodifiseerde saad (GMS) in Suid-Afrika toe te laat. Dit word onder 'n aantreklike vaandel van voorspoed en uitbreiding voorgehou maar waarvan die uiteinde presies die teenoorgestelde sal wees, soos talle boere in ander lande waaronder die VSA kan getuig.
Die geneties gemodifiseerde (GM) saadmark verwys na die bedryf wat betrokke is by die produksie, verspreiding en verkoop van geneties gemodifiseerde sade. Geneties gemodifiseerde sade word geskep deur die proses van genetiese ingenieurswese, waar spesifieke gene in die DNA van die saad ingevoeg of gemodifiseer word om gewenste eienskappe te verbeter. Dit is die lokval wat die Geldmag stel want watter boer wil nie graag sy oeseienskappe en opbrengste verbeter nie!
Hierdie gewysigde eienskappe kan inderdaad verbeterde weerstand teen plae, siektes en omgewingstoestande, verhoogde opbrengspotensiaal, verhoogde voedingsinhoud en verdraagsaamheid teen onkruiddoders insluit. Maar die doel van geneties gemodifiseerde sade is nie om landbou-uitdagings aan te spreek en oplossings te verskaf wat kan help om produktiwiteit te verhoog, oesverliese te verminder en algehele oeskwaliteit te verbeter nie, maar om tonne geld te maak. Dit gebeur wanneer die gemodifiseerde saad nie kan herproduseer nie en daar elke oesseisoen nuwe saad by die geldmaggedrewe organisasies aangekoop moet word.
Die mark vir geneties gemodifiseerde sade het natuurlik die afgelope paar jaar aansienlik gegroei. Die Geldmag beweer hierdie groei kan toegeskryf word aan verskeie faktore, insluitend die toenemende wêreldbevolking, wat gelei het tot 'n groter vraag na voedsel en landbouprodukte – komende van dieselfde magsugtige monde wat die wêreldbevolking feitlik totaal wil uitwis! Geneties gemodifiseerde sade bied glo die potensiaal om oesopbrengste te verhoog en in die groeiende voedselvraag te voorsien maar ook alle organiese groei te vernietig. Mag die twee stoele waarop hierdie maatskappye sit spoedig en skielik uitmekaar skuif!
Lys van topmaatskappye in die mark vir geneties gemodifiseerde saad is:
• Bayer CropScience.
• Monsanto
• BASF SE.
• Syngenta.
• DowDuPont.
• R. Simplot Co.
• JK Agri Genetics Ltd.
• Maharashtra Hybrid Seed Company (MAHYCO)
• Calyxt Inc. en vele ander