Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Sonder die Bybel as bril is die kennis van God vir ons baie wasig. Iemand met swak oë sukkel om te lees maar wanneer hy 'n bril opsit kan hy duidelik sien wat daar geskrywe staan. Net so verskerp die Skrif vir ons die beeld van die kennis van God, wat anders vir ons duister is.
IS ONS LEWENS VRUGTEVOL?
Hannes Ollewagen
Markus 4:1-20
“En hulle by wie in die dorings gesaai word – dit is hulle wat die woord hoor, en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar. En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is – hulle wat die woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig- en een sestig- en een honderdvoudig.” (:18-20).
Hierdie jaar staan alweer op sy kop. Asof in ’n oogwink is nog ’n jaar verby. Ek is seker dat ieder en elk van ons seker aan die einde van elke jaar begeer dat die komende jaar net effe rustiger kan wees. Daar is dan net soveel dinge wat ons nog graag wil doen, maar gewoon nie tyd voor vind nie. En hoe gepas is hierdie gelykenis van Christus dan nie juis in só ’n tyd nie. Christus vertel hier van ’n saaier wat uitgaan om te saai. En daar is ’n deel van die saad wat langs die pad val, daar is ’n deel wat op rotsagtige plek val, ’n ander deel wat tussen die dorings val. Daar is dan ook eindelik ’n deel van die saad wat in die goeie grond val en hierdie is ook die enigste wat vrug oplewer.
BLANKE SELFMOORD!
...OF BLANKE ONBAATSUGTIGHEID?
Die ergste maatskaplike werk is waar ons gevra word om lewens te red wat dit nie werd is nie! - Ralph Waldo Emerson
Die Blankedom is bekend vir sy onbaatsugtigheid. Weens sy hoofsaaklik Christelike inslag het die leuse "leef en laat leef" vastrapplek in die Blanke se denke gekry. Om aan andere te doen wat jy aan jouself gedoen wil hê, bestaan as amperse vanselfsprekende beginsel by feitlik alle Blankes. Die vraag vandag is egter of hierdie uitgangspunt nie juis die ondergang van die Blanke gaan beteken nie, en daarby, of dit enigsins nog met redelikheid toegepas word.
Wêreldwyd is Blankes besig om die aftog te blaas en word hulle onbaatsugtigheid of mededeelsaamheid eenvoudig met minagting begroet. Terwyl immigrante uit veral Afrika instroom in Europa word Europeërs verkwalik dat hulle nie meer doen om hierdie onwettige immigrante in hulle lande te verwelkom nie!
FILM OOR NAPOLEON
Napoleon-rolprent net nog ‘n aanslag op helde van weleer
Dr Danie Theron
Die rolprent oor Napoleon Bonaparte wat tans in Ster Kinekorteaters vertoon word is myns insiens uiters swak. Dit laat mens met absoluut geen boodskap nie selfs al was dit die kennelike doel van Scott Ridley om Napoleon as 'n swakkeling en ‘n lafaard uit te beeld. Joaquin Phoenix is baie swak in die hoofrol; dalk met opset. Hy laat my trouens herinner aan sy rol in die Gladiator. Daar het hy sy lafaard-rol met oortuiging vertolk.
Napoleon was dalk die grootste veldheer wat daar ooit was. In elk geval is hy minstens in dieselfde kategorie as Alexander die Grote.
WIE IS KONING IN JOU LEWE ?
Ds A.E. van den Berg
“En toe Jesus te Betlehem gebore is... het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom en gesê: Waar is die Koning van die Jode wat gebore is?...”(Mt.2:1,2).
Met Jesus se geboorte was Herodes die koning. Hy was nie ʼn Jood nie maar ʼn Edomiet (Esau se nageslag) wat vier jaar later in Jerigo oorlede is - 69 jaar oud. Omdat Herodes net op eie eer ingestel was, het hy verskeie groot bouprojekte soos die vergroting van die tempel geloods sodat mense hom nie sou vergeet nie. Ironies genoeg word hy eerder vir sy wreedheid met die slagting van seuntjies net ná Jesus se geboorte onthou.
Dit was alles te wyte aan ʼn besoek van drie wyse manne uit die Ooste se vraag na waar die koning van die Jode gebore is. Was Herodes dan nie die koning nie? Hy was ontsteld omdat niemand hom oor so ʼn geboorte ingelig het nie. Niemand van die godsdiensleiers het iets geweet nie, slegs heidense sterrekykers.
CHRISTIAAN RUDOLPH DE WET VERTEL…
Toe die oorlog in 1914 tussen Engeland en Duitsland uitbreek, het ons dit as die aangewese geleentheid gesien om ons verlore onafhanklikheid te herwin op 'n tydstip wanneer Engeland al sy aandag in die oorlog aan sy vyande sou bestee. Ag, hoe maklik sou ons nie daarin geslaag het nie, maar ... min het ons geweet dat ons toe nie meer bondgenote gehad het in die persone van ons Eerste Minister en sy Minister van Verdediging nie. Generaal Louis Botha en generaal Jan Smuts, bittereinders van die Tweede Vryheidsoorlog, wat saam met my en al die ander die heroïese stryd teen Groot-Brittanje vir die behoud van ons onafhanklikheid gevoer het, het hulle Boereharte vir Engelse harte verruil en Suid-Afrika as bondgenoot van Engeland in die stryd laat toetree.
Die rebellie wat toe as protes daarteen plaasgevind het, was feitlik uit die staanspoor tot mislukking gedoem. Ek moes uiteindelik, met nog net ses man by my, aan Botha se troepe oorgee.
DIE GROEN BEDROGSPUL
Hoe elektriese voertuie die omgewing benadeel in plaas van dit red
In 2032 sal Indië 'n miljard ton steenkool benodig, deels om elektriese voertuie (EV's) in stedelike gebiede te laai deur middel van krag wat deur termiese aanlegte opgewek word.
Vyf Indiese stede, insluitend die hoofstad, Nieu-Delhi, is konsekwent in die wêreld se top tien van die ergste lugbesoedelde stede. Voertuiguitlaatgasse is beduidende bydraers; Delhi alleen het ongeveer vier miljoen motors – geen wonder dat die regering van Indië EV's op groot skaal bevorder nie. Terwyl Indië se teiken 'n 30% markaandeel van EV's teen 2030 is, is die aandeel tans slegs 1,1%.
Ongeveer 27,4 miljoen EV's het vanaf Julie 2023 op Indiese paaie gery, volgens die 'Vahan4'-portaal van die Ministerie van Pad, Vervoer en Hoofweë. Om sy doelwit teen 2070 te bereik om kweekhuisgasvrystellings (GHG) te verminder, brei Indië sy EV-mark uit. Die hoop in Nieu-Delhi is byvoorbeeld dat 'n toename in die aantal groennommerplaatvoertuie 'n dag sal inlui dat die lug weer asemhaalbaar sal word.
ONS MOET SY WOORD GEHOORSAAM
Hannes Ollewagen
Deut. 18:15-22
“'n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.” (:18&19).
In die gelese gedeelte gee God aan sy volk, deur Moses, ’n kosbare belofte wat ook aan ’n opdrag gekoppel is. Hy beloof aan die volk ’n Profeet en beveel hulle om na Hom te luister. Ons moet onthou dat ’n profeet nie alleen wonderwerke doen en ’n buitengewone insig (deur God gegee) in die toekoms het nie. ’n Profeet is ’n dienskneg van God en ook ’n boodskapper van God. ’n Profeet moet ook die volk in die wil en weë van die HERE onderrig. Dink maar aan Moses se lewe. God het deur hom baie wonderwerke verrig en aan hom baie sake wat nog in die verre toekoms gelê het, geopenbaar. Maar God het ook deur hom aan die volk sy wil en weë bekend gemaak. “En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om God te raadpleeg. As hulle ’n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspreek tussen die partye en die insettinge van God en sy wette bekend maak.” (Ex. 18:15&16).
ISRAEL, DIE MEDIA EN APARTHEID
Dit val op hoe dikwels die beskuldiging teen Israel geslinger word dat dit ’n apartheidstaat sou wees en dat sy politiek ooreenstem met die beleid wat in Suid-Afrika gevolg is in die era van afsonderlike ontwikkeling. Daarmee word die nega-tiewe beeld wat oor dekades sedert 1948 oor Suid-Afrika opgewek is direk op Israel geprojekteer, en benut die media sodoende die negatiewe emosionele kapitaal daarvan. Uiteraard is die hele poging vals, wanneer dit maar net vlugtig ontleed word. Selfs die ANC en die Arabiese joernaliste gebruik hierdie taal. Kom ons kyk na enkele teenstrydighede in hierdie verband.
Drie eeue se ontwikkeling in Suid-Afrika
Die vestigingspatroon van volke (en dus ook die rasse) in Suid-Afrika het oor ’n tydperk van 300 jaar ’n bepaalde neerslag gevind in min of meer duidelik afsonderlike gebiede, met hartlande vir die swart stamme/volke en ’n bepaalde gebied wat deur blankes beset is op ’n verskillende wyse as wat Jode in Israel hul gebied bekom het. Die gebiede waar blankes hulself in Suid-Afrika gevestig het was grootliks onbewoon of baie yl bewoon deur inheemse volke. Baie van die blankes se gebiede is deur ooreenkomste met swart volke gereël.
BLOEDSONDES
Ds A.E. van den Berg
Bestaan daar iets soos bloedsondes?
“ ...... die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees” (Eseg.18:20).
Talle mense glo dat daar so ʼn iets soos bloedsondes is. Dis oorgeërfde sondes wat kinders vir die sondes van hul voorouers aanspreeklik hou. Nee, God dra nie sondestraf van die een geslag na die volgende een oor nie. “Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie” (1 Kor.13:4,5),
Waar kom mense aan die idee van bloedsondes? Hulle grond dit nie op die Bybel nie, maar eie ervarings. Meer as 2,500 jaar gelede was daar al vrae oor bloedsondes en in Eseg.18 opgeteken met God wat self tot die debat toetree om dit af te wys.
Die Jode het bloedsondes as God se straf op ergerlike sondes beskou waarvoor nasate moes boet. Dit was onwaar. Mense kan miskien hul ouers verwyt vir dinge wat in hul lewe skeef loop, maar dis nie bloedsondes nie.
NAVORSING WYS NUWE KANKERS IS AGV GIFSPUIT
As die Illuminati (internasionale geldmag) gedink het hulle briljante metode om die wêreldbevolking van ongeveer 7 miljard tot 500,000 miljoen uit te wis, (letterlik te vermoor) ‘n geheim en misterie sou bly, het hulle hulself deeglik misgis. Dit het duidelik geword aan die feit dat die tipe siektes wat hulle deur die gifinspuiting wou laat plaasvind, nie siektes is wat normaalweg by jongmense en kinders aangetref word nie. Toe die dodesyfers van kinders van rondom 15-40 jaar oud, skielik die hoogte inskiet kort ná die Covid-19-inspuitings begin toegedien is, was dit duidelik dat iets baie ernstig met die prentjie verkeerd is. Indien slegs ouer mense aan hierdie siektes gesterf het, sou dit langer geneem het vóór reggeaarde dokters en wetenskaplikes begin ondersoek instel het.
Een van die mense wat dit sy erns gemaak het om die waarheid oor dié siektes se oorsprong te ontdek, is Edward Dowd, 'n voormalige Wall Street-verskansingsfondsbestuurder en skrywer van " 'Cause Unknown': The Epidemic of Sudden Deaths in 2021 and 2022." Dowd het ook ‘n verslag van 45 bladsye oor hierdie onderwerp opgestel en heelwat onkoloë daarmee ontstel. Hierdie verslag het baie dekades se sterftedata skerp omgekeer.
WAAROM VSA ISRAEL GEBRUIK (3)
Strategiese Waterweë: Die Ben Gurion-kanaalprojek
Die VSA soek oorheersing oor strategiese internasionale waterweë
Die Ben Gurion-kanaalprojek was aanvanklik 'n "geheime" (geklassifiseerde) Amerikaanse projek wat in 1963 geformuleer is deur die Lawrence Livermore National Laboratory LLNG, 'n strategiese dinkskrum (met fokus op kernstraling) in kontrak met die Amerikaanse departement van energie. Die LLNG-projek is geformuleer in reaksie op die nasionalisering van die Suez-kanaal in Julie 1956 deur president Gamal Abdel Nasser (1956-1970). Die bedoeling daarvan was om die Suez-kanaal te omseil.
Die Ben Gurion-kanaalprojek word tans beskou as 'n middel om die kanale van internasionale maritieme handel te beheer tot nadeel van die mense van die Midde-Ooste. Dit poog ook om China se maritieme kommoditeitshandel te destabiliseer.
In die konteks van die breër VSA-geleide Midde-Ooste-oorlog, is die Ben Gurion-kanaalprojek deel van Amerika se militêre agenda. Dit stem ooreen met Netanyahu se “Plan om Palestina van die kaart af te vee”.
ONS DOEL
Hannes Ollewagen
1 Pet. 2:1-10
“Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,” (:9).
Dit is bykans ondenkbaar dat die einde van hierdie jaar alweer in sig is. Asof in ’n oogwink is dit verby. “Die dae van ons jare – daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.” (Ps. 90:10). Dit is dalk ook ’n goeie tyd om te besin oor dit wat ons met hierdie kosbare tyd van ons maak. En ewe belangrik is dit om te besin oor dit wat ons veronderstel is om met hierdie kosbare gawe naamlik tyd te doen.
BEPROEWING IS GOED VIR JOU
Ds A.E. van den berg
“Ag, dit louter vreugde my broeders, wanneer julle in allerhande versoekings val… sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees…” (Jak.1:2,4).
Aan die ooskus van Amerika is daar ’n plek, Cape Cod, waar beroepsvissers ’n geurige tipe van salm vang. Fynproewers bestempel hierdie salm as die beste ter wêreld. Dis dan ook een van die gunsteling geregte op die spyskaart van die Withuis. Nogtans was daar een probleem – kokke kon die salm nooit dieselfde laat smaak as by die kus nie. Dit was baie lekkerder by die kus.
Iemand kry toe ’n blink dog baie duur plan – in plaas van die salm bevrore Washington toe te vervoer, is die visse lewendig in vragmotors met seewater tenks agterop van Cape Cod na die hoofstad vervoer. Maar wat ’n teleurstelling – die smaak het nie verbeter nie! Waar kon die fout lê?
DIE VERNIETIGING VAN JERUSALEM
Dr Danie Theron
“… en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.”
(Lukas 21:24)
Die profesie oor die vernietiging van Jerusalem word in die Bybel in besonderhede beskryf. Ons lees daarvan in talle Ou Testamentiese boeke (dus deur God voorspel), en dan in besonderhede in drie van die Evangelies (deur Jesus voorspel). Die vierde Evangelis, Johannes, beskryf dit in Openbaring.
Dit is ‘n gebeurtenis wat die Christen aangryp, veral as die gebeure, soos deur die Joodse geskiedskrywer (Flavius) Josefusin “War of the Jews” opgeteken, gelees word. Dis eers by die lees van presies wat in 70 n.C. gebeur het dat mens opnuut besef Jesus het, soos elke keer as Hy gepraat het, geen rede vir twyfel gelaat nie. Hy het bedoel wat Hy gesê het. Dit was ‘n inderdaad ‘n algehele verwoesting.
WAAROM VSA ISRAEL MISBRUIK (2)
Israel waarvan Jerusalem die hoofstad is, is voortdurend in oorlog. Waarom? Glog tog maar vir Jesus wanneer Hy huilend die stad op 'n donkie inry en sê: "As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek. Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande 'n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie." - Luk 19.
Kom ons kyk eers na watter lande die meeste aardgas het. Rusland, Iran en Qatar besit 54,1 persent van die wêreld se reserwes vloeibare aardgas.
-Rusland 24,3%,
-Iran 17,3%,
-Qatar, 12,5 % (in vennootskap met Iran)
versus
-5.3% vir die VSA
Ons sien dus wat die VSA graag by Rusland en Iran sou wou kry.
EK IS DIE HERE
Vandag stap die moderne mens rond met wat hulle dink "cool" en modern is naamlik liggame propvol tatoeëring. Wat hulle klaarblyklik nie besef nie is dat dit 'n stokou heidense gewoonte was wat reeds in die Bybel aangespreek is. Maar dit is duidelik dat almal wat hulself so ontsier het daarmee, nie kennis van die Bybel dra nie. Wat nog erger kan wees, is dat diegene wat wel weet dat tatoeëring deur God verbied is, Hom ooglopend uitlag en die rug op Hom gedraai het. Indien u werklik nie geweet het dat dit 'n sonde is om jou vel so te laat bekrap nie, gaan op jou knieë en pleit omvergifnis; die Here sal jou vergewe as jy opreg jammer is. Lees hier wat die Here in sy Woord daaroor sê:
Lev. 19:28:"Julle mag ook ter wille van 'n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die Here."
DOEN WAT REG IS
Hannes Ollewagen
Génesis 13:1-18
“Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland. En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die ander geskei.” (:10&11).
Ons lees hier van twee manne wat voor dieselfde keuse te staan kom. En twee manne wat die keuse heeltemal verskillend benader. Abram bied aan Lot die keuse om ‘n deel van die land te kies terwyl Lot nie huiwer om vir homself die beste deel toe te eien nie. Lot se fokus is op sy eie voordeel – hy soek dit wat vir homself goed sal wees ongeag of dit reg sou wees of nie. Gesien in die lig daarvan dat Abram tog sy meerdere was sou dit die regte ding gewees het om aan Abram die eerste keuse te bied. En tog lees ons nie dat Abram met Lot oor hierdie saak stry of hom hiervoor verwyt nie, maar dit blyk dat hy bloot hierby berus.
WAAROM VSA ISRAEL MISBRUIK (1)
Ons staan in solidariteit met Palestina. Veral omdat die Amerikaanse militêre en intelligensie-apparaat sterk agter Israel se volksmoord gerig teen die mense van Palestina staan. Die doel van hierdie artikel is om die waarheid te openbaar aangaande Washington se verraderlike rol, wat deel is van 'n noukeurig beplande militêre agenda gerig teen Palestina en die breër Midde-Ooste.
Die VSA-geleide oorlog teen die mense van Palestina en die Midde-Ooste is 'n kriminele onderneming. Die Sionistiese lobby is stewig in lyn met die Amerikaanse buitelandse beleid, en omgekeerd. Dit teiken diegene wat teen oorlog gekant is, wat 'n wapenstilstand vra. Dit oefen invloed uit ten gunste van die optrede van die Amerikaanse militêre agenda ter ondersteuning van Israel.
Die Amerikaanse militêre intelligensie-instelling in samewerking met kragtige finansiële belange, gaan voort met hulle volksmoordvoorneme-plan in samewerking met Israel, om "Palestina van die kaart af te vee".
RED NOU ‘N LAND MET SULKES!
DIE ANC SE ROOFKULTUUR
Let maar net op hoe deurspek die ANC-regering se optredes van hierdie kultuur teen ons blanke volk is! Wat is dit anders as roof wanneer ons volk deur middel van swart ekonomiese bemagtiging doelbewus verarm word? Kyk hoe lyk ons straathoeke van blanke mans en vroue, selfs kinders wat daar bedel. Vóór die ANC hierdie land onwettig bekom het, was dit nie ‘n bekende gesig nie. Swart bemagtiging is niks anders as gewettigde roof nie; dit verskil in beginsel niks van transito-roof nie.
Dit pla die swart kultuur skynbaar nie dat een stam geweld gebruik ten einde ‘n ander stam se besittings te bekom nie. Dis, om die waarheid te sê, een van die hoofredes waarom Afrika gedurig geweld en stamoorloë die hoof moes bied. Swartes glo dat jy jou rykdom alleenlik kan vermeerder deur jou buurman se veekrale te beroof. Ons Westerlinge glo weer dat rykdom deur verstandelike vermoëns en harde werk verkry word.
VERGIFNIS BIED BEVRYDING
Ds A.E. van den Berg
“Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het” (Efes.4:32)
Liggaamlike pyn demp die lewe. Geestespyn nog erger. Vir fisiese pyn is daar geneesmiddels en soms duur. Is daar iets vir geestespyn? Die Bybel sê daar is, boonop gratis maar word nie maklik gebruik nie.
Wat veroorsaak geestespyn? Die oorsprong van enige pyn moet eers vasgestel word alvorens dit behandel kan word. Een van die groot oorsake van geestespyn, is onvergewensgesindheid – ʼn wilsbesluit: Ek sal so-en-so nie vergewe nie, veral as dit iemand na aan jou is. Mense vergewe mos vyande makliker as vriende!