Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons eie Sagmoedige Neelsie het gesê dat ouderdom die vervaldag is van die uitstel wat aan die jeug gegee is. Gebruik dan jou jeug so dat jy die vervaldag nie berou nie.
SA SE QUERILLA-OORLOG IS HIER
Daar is mense wat nie glo wat Siener van Rensburg vir ons in die toekoms gesien het nie. Jammer vir hulle... So ook Johanna Brandt wat gesigte gesien het wat met Siener s’n ooreenstem. Een daarvan was die verskriklike geweld wat in Suid-Afrika sou uitbreek met brande wat groot dele van die land verwoes. Dit is baie jare wat regse partye en instansies die burgers van Suid-Afrika probeer voorberei het hierop. Ook hier by Gelofteland is tot vervelens toe daaroor gewaarsku. En eindelik staan dit voor ons deur.
Daar is ‘n uitdrukking wat lui dat as die hoofstroommedia oor iets ernstig waarsku, is dit waarskynlik reeds besig om te gebeur. Uiteindelik het die liberale Suid-Afrikaanse hoofstroommedia nie meer ‘n keuse gehad nie – nadat Australië asook Amerika hulle burgers in Suid-Afrika gemaan het om dringend ekstra water- en voedselvoorrade te berg, is die kat uit die sak gelaat: “Suid-Afrika is op die rand van ineenstorting te midde van rollende stroomonderbrekings en waarskuwings dat ’n algehele kragnetwerkonderbreking tot massa-opstande op die skaal van ’n burgeroorlog kan lei. Westerse ambassades, insluitend die Verenigde State en Australië, het hul burgers in die land aangeraai om 'n paar dae se kos en water op te slaan en op 'n hoë waaksaamheid te wees tydens langdurige stroomonderbrekings wat die land oorspoel.” So berig die media nou.
Ramaphosa het reeds op 9 Februarie 'n nasionale "ramptoestand" verklaar in reaksie op die rekord-elektrisiteitstekort van die staatsbeheerde kragmaatskappy Eskom se “beurtkrag”, wat in sommige gevalle tot 12 uur duur.
“Rollende stroomonderbrekings (beurtkrag) vind oral in Suid-Afrika plaas wat private wonings, besighede, munisipale beligting, verkeersligte en hotelle raak,” het Australië se departement van Buitelandse Sake en Handel vroeër vandeesmaand gesê.
HOF BESLIS TÉÉN GIFSPUIT
Uiteindelik goeie nuus! Die Amerikaanse Hooggeregshof het die universele dwang tot “inenting” teen die Covid-19-virus tot niet verklaar in 'n groot oorwinning vir die mense wat die inspuiting as dodelik beskou. Die regsgeding is aanhangig gemaak deur 'n groep wetenskaplikes onder leiding van senator Robert F. Kennedy Jr. Ná die uitspraak in die Amerikaanse Hooggeregshof mag Amerikaners nie meer gedwing word om “ingeënt” te word nie!
In die hof is besluit dat die Covid-19-entstof ten alle koste vermy moet word.
Die Amerikaners Bill Gates, Antoni Fauci en ook Big Pharma het 'n saak in die Amerikaanse Hooggeregshof verloor deur nie te kon bewys dat hul entstowwe die afgelope 32 jaar veilig was nie!
Kenney het dringend die aandag gevestig op belangrike kwessies rakende die Covid-19-inenting:
“Vir die eerste keer in die geskiedenis van alle inentings, het die hof sorgvuldige insig getoon deur te bevestig dat die sogenaamde volgende-generasie mRNS-entstowwe 100% bewys het dat hulle direk inmeng met die pasiënt se genetiese materiaal.
“Dit is nou 'n bewese feit dat die individu se genetiese materiaal verander word ná die Covid-19-inspuiting, dit wil sê die ingespuite persoon is geneties gemanipuleer.
GESLAGS- VERANDERING
Homoseksuele persone is biologies normaal, maar nie sielkundig nie. Hulle glo dat hulle lede van die teenoorgestelde geslag is en per ongeluk in ’n verkeerde liggaam gebore is. Die meeste van hulle bly hul lewe lank so. Enkeles ondergaan ’n geslagsverandering-operasie. Is dit sonde? Wat sê die Bybel?
Die Bybel spreek dit nie direk aan nie omdat geslagsverandering destyds ondenkbaar was. Dit beteken egter nie dat mense vandag self daaroor kan besluit nie. Die gebruik van hormone en kosmetiese snykunde om geslagtelike eienskappe te verander, is ’n gruwelike sonde wat deesdae oorhand toeneem.
’n Mens word of manlik of vroulik gebore. Die chromosoom-patroon word reeds met bevrugting vasgelê. Niemand kan daaraan verander nie. Daarom kan ’n man nooit kinders baar of ’n vrou aan prostaatkanker sterf nie.
Die heersende seksuele opstand is ’n simptoom van die herlewing van die ou dwaling van Gnostisisme. Gnostici het die liggaam as onbelangrik beskou. Slegs die rede was belangrik. Hulle het geglo dat die rede die geslag bepaal het en nie die liggaam nie. Daarom het homoseksualisme hoogty onder hulle gevier.
GOD, GRENSE EN SATAN
Ds A. E. Van den Berg
“So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee” (Rom.14:12)
In Junie 2002 het Israel begin om ʼn 700 km betonmuur met hoë grensdrade tussen hulle en die alom vyandige Palestynse gebied op te rig en het van toe af baie internasionale kritiek ontvang. Israel het haar egter nie van stryk laat bring nie en is die onderneming al feitlik 70% voltooi.
Die nodigheid van grense het al in talle akademiese kringe ʼn vraagstuk geword. Dis vir sekeres amper ‘n vloekwoord omdat dit kwansuis klanke van gedwonge skeiding, skending van menseregte en onregpleging eggo.
Ongeag wat mense ook al daaroor sê, is grense onontbeerlik vir enige ordelike samelewing. Dit verseker en bevorder sinvolle gemeenskapontwikkeling. Die Groot Muur van China is sprekende ʼn voorbeeld hiervan. Dit het ʼn gevorderde beskawing effektief teen eertydse barbaarse Mongoolse invalle beskerm.
DIE SKAPE VAN SY WEIDE
Hannes Ollewagen
Joh. 10:22-42
“My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, enhullevolg My.” (:27).
Wanneer ons van ‘n herder en skape praat, dink ons almal seker aan die baie bekende Psalm 23. Hierdie Psalm van Dawid wat soveel troos en berusting bring wanneer ons dit lees. Hierdie Psalm waarin dit duidelik is dat Dawid met oorgawe sy vertroue in God stel en ootmoedig God se leiding volg.
Hierdie Psalm hou veel meer betekenis en belofte in as net die belofte van goedheid en guns in die laaste twee verse waarop ons dalk altyd wil fokus. Hierdie goedheid en guns is ‘n natuurlike uitvloeisel wanneer ons oot moedig en met gehoorsaamheid God se leiding volg. Maar Dawid se fokus in hierdie Psalm is allermins nie primêr op die goedheid, voorspoed en guns wat Hy van God verwag asof God aan hom iets verskuldig sou wees nie. Dawid se fokus in hierdie Psalm is op die Hand van God wat hom met getrouheid langs die regte weg lei. Dawid stel soveel vertroue in die regte leiding van God dat hy selfs bereid is om met hierdie leiding van God, die goeie Herder, deur ‘n dal van doodskaduwee te gaan.
HOMO- SEKSUALISME
In Lev.18:22 en 20:13 verbied God homoseksuele dade en skryf selfs die gepaste straf vir oortreders voor – die doodstraf! “En as ʼn man met ʼn manspersoon gemeenskap het, soos ʼn mens met ʼn vrou het, het hulle al twee iets gruwelik gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word”. Die woord 'sekerlik' beteken sonder enige uitsondering.
Die ontsondiging van homoseksualisme is ʼn skandvlek op ʼn volk. "Geregtigheid verhoog ʼn volk, maar die sonde is ʼn skandvlek vir die nasies” (Spr.14:34). Waar dit in die verlede uit die openbare oog gehou is, word dit vandag skaamteloos op die voorgrond gedryf. Homoseksuele saamtrekke en -huwelike het alledaags geword.
Die eeu-oue Bybelse maatstaf word vandag met ʼn eietydse kultuurmaatstaf vervang en homoseksualisme as ʼn wisselvorm van seksualiteit goedgepraat. Van die kerk tot by die openbare media en van die onderwys tot by die regbank duur die stryd om hierdie bose alternatief algemeen aanvaar te kry.
Homoseksualisme is en sal altyd sonde bly ongeag wat mense sê of doen. Al die Afrikaanse kerke het dit tot so ’n paar jaar gelede as ʼn gruwel in God se oë beskou en verwerp. In 1986 spel die NG Kerk haar amptelike beleid daaroor as volg uit: “Homoseksuele praktyke en ʼn homoseksuele verhouding moet afgewys word as in stryd met die wil van God, soos deur die Heilige Skrif geopenbaar”. Agtien jaar later sing die selfde kerk in haar kruipende onderdanigheid aan ’n heiden-regering ʼn geheel ander deuntjie!
KORRUPSIE
Waar ons pas tydens 'n onderhoud met Andre de Ruyter gehoor het hoe Eskom elke maand sowat 'n miljard rand steel en Eskom letterlik eiehandig afbreek, dit terwyl die land feitlik sonder krag sit, kan ons gerus na meer van die misdade kyk.
Misdaadstatistieke toon dat Suid-Afrika een van die gewelddadigste lande ter wêreld is. Jare gelede was dit een van die veiligste en beleggingvriendelikste lande in die wêreld. Wat het hierdie verval veroorsaak? Dwase politieke besluite en grootskaalse korrupsie.
Korrupsie is een van die grootste, vernietigende magte want alles wat daardeur aangeraak word, verval onvermydelik. As korrupsie by ʼn land se voordeur inkom, loop voorspoed by die agterdeur uit. Die geskiedenis van Afrika is ʼn eindelose tablo van die tragiese gevolge van korrupsie. Laasgenoemde is ʼn resep vir die dood!
Naas moord is korrupsie die tweede ergste misdaad in Afrika.
Die Afrika-Unie het onlangs bereken dat Afrika-leiers jaarliks meer as $148 miljoen steel en dat meer as 25% van Afrika se bruto binnelandse inkomste jaarliks weens korrupsie verlore gaan.
Global Financial Integrity het bereken dat Afrika minstens $900 miljard sedert 1970 verloor het. Dis meer as die totale ontwikkelingshulp wat Afrika gedurende hierdie tyd van die buiteland ontvang het. Die Wêreldbank het in 2012 berig dat 40% van Afrika se privaatrykdom in die buiteland bewaar word.
REGSTELLENDE AKSIE
Booswigte kruip dikwels agter eerbare maskers weg en gebruik selfs mooi woorde om lelike dinge mee te verberg. Een hiervan is regstellende aksie - een van die heel grootste onregte wat ons land ooit aangedoen is. Desondanks word dit as ’n regstelling van sogenaamde onregte van die verlede voorgehou. Dis ʼn leuen. Dit stel niks reg nie, maar skep eerder onreg in die hede!
Regstellende aksie verwoes volksgenote se toekoms. Nagenoeg twee en 'n half miljoen blankes het sedert dit van stapel gestuur is, alreeds Suid-Afrika verlaat. Handelsondernemings word genoodsaak om hierdie onreg toe te pas uit vrees vir dwangmaatreëls wat hulle op die kantlyn kan laat beland. Dit vervang die Bybelse maatstaf van verdienste met ʼn gekamoefleerde onreg wat geen morele of Bybelse verdienste het nie.
Baie mense het geglo dat regstellende aksie ’n rasse-oorlog sou verhoed en ʼn versoening tussen rasse bewerkstellig. Die teenoorgestelde het gebeur. Dit het rassehaat tot ongekende hoogtes aangevuur.
HALFDOOD VLIEËNIERS MAG NOU VLIEG
Die Federale Lugvaartowerheid (FAA) het in die geheim die kriteria vir EKG-afwykings by vlieëniers aansienlik “uitgebrei”, maar nie om dowe neute nie. Die geldmag het die FAA beetgekry om hierdie “uitbreidings” te doen. Om 7 miljard mense op die aarde te bereik en te vermoor moet daar van elke moontlike geleentheid gebruik gemaak word. En is die lugrederye nie ‘n wonderlike geleentheid nie! Daar vlieg elke dag miljoene mense na en van verskillende plekke, en hoe meer vlieëniers gedwing word om die gifspuit te neem, hoe groter die moontlikheid dat miljoene mense in vliegtuigongelukke kan sterf.
EKG staan vir elektrokardiogram, waarna in die algemeen verwys word as 'n 'hartfilm'.
Die sogenaamde uitbreiding behels dat vlieëniers met hartskade nou toegelaat word om te vlieg, wat natuurlik hul passasiers en vlugpersoneel in ernstige gevaar stel. En die vlieëniers vlieg want dit bring die inkomste waarmee hulle gesinne versorg word.
Die FAA het verlede Oktober stilletjies die groot wysiging gemaak, kort nadat die entstof verpligtend geword het.
MENSEREGTE
Wetgewers, owerhede en teoloë praat dikwels op nasionale en internasionale vlak oor menseregte. Dit het as’t ware die taal van die internasionale gemeenskap geword, ’n taal wat almal verstaan, selfs oor godsdiensgrense heen. Christen, Boeddhis en Moslem praat almal van menseregte.
Vir baie het dit as’t ware ’n nuwe godsdiens geword. Dit word aanvaar dat almal vandag regte het, selfs mense wat gruwels soos homoseksualisme bedryf. Dit laat gelowiges ongemaklik met menseregte voel. Het mense regte?
Is dit nie selfsugtig om op regte aanspraak te maak gesien in die lig dat gelowiges hulself eerder moet verloën nie? “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” (Mt.16:24).
Wat sê die Bybel oor menseregte? Dis nie ’n Bybelse begrip nie, maar ’n regsbegrip. In die Bybel is daar geen woord wat regstreeks met regte vertaal kan word nie. Die woord wat die naaste daaraan kom, is regsaak.
POLITIEKE KORREKTHEID
Die waarheid het talle karikature. Politieke korrektheid is een van die skadelikste. Dis ʼn sosiale euwel wat veld begin wen het toe Kommunisme in Oos Europa ineen begin stort het. Politieke korrektheid breek stabiele volke se trotse geskiedenis as ʼn vergoeding vir sogenaamde onregte van die verlede af. Ironies genoeg het dit nog nêrens ter wêreld enige gewaande onreg herstel nie, maar dit eerder aangevuur!
Politieke korrektheid het in 1923 in die Frankfurt Skool van Denke (Duitsland) as ʼn nuwe denkpatroon ontstaan.
Die skool sou aanvanklik die Instituut van Marxisme genoem word, maar toe die Instituut van Sosiale Navorsing genoem ten einde die bose wortels van Marxisme te probeer verbloem.
Die doel van die instituut was om die Weste se vertroue in enkelinge se vermoë om hul eie politieke heil uit te werk, bewustelik te ondermyn. Kommunisme glo dat enkelinge geen sinvolle politiek kan bedryf nie, slegs groepe. Daarom ondergrawe hulle die regte van enkelinge en hits die Westerse wêreld aan om hulself te vernietig.
HANG JOU SPIEËL?
Ds Andrè van den Berg
“Want as iemand ʼn hoorder van die Woord is en nie ʼn dader nie, dié is soos ʼn man wat sy natuurlike gesig in ʼn spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het” Jak.1:23,24
Om in die hemel te kom, moet jy jou tot Jesus Christus bekeer. Daar is geen ander manier nie. Bekering is die toegangskaartjie. Jesus sê: “... Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6). Om hemel toe te gaan, moet jy in ʼn persoonlike verhouding met Jesus verkeer as jy jou laaste asem uitblaas.
Waar begin so ʼn verhouding? By jou berouvolle erkenning dat jy ʼn sondaar is, dat jy jouself nie kan red nie en derhalwe ʼn Redder nodig het. So ʼn verhouding is nie staties nie, maar groei soos ʼn liefdesverhouding tussen man en vrou.
GENESING VIR ‘N SIEK HART
Hannes Ollewagen
Hoséa 6:1-11
“Want Ek het 'n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.” (:6).
In die tyd van Hoséa roep hierdie profeet uit tot sy volk wat op daardie stadium in ‘n ellendige toestand verkeer. Hy roep sy volk daartoe op om tot die HERE terug te keer. “KOM en laat ons terugkeer tot die Here; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.” (:1). En dan bied die profeet ook aan die volk raad oor wat dit beteken om tot God terug te keer asook die wyse waarop dit gedoen kan word. “En laat ons ken — laat ons dit najaag om die Here te ken;...” (:3).
Ons lees verder in hierdie gedeelte dat God dan ook ‘n geweldige behae daarin het dat ons Hom ken. “Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.” (:6). Ons word natuurlik daarom op verskeie plekke in die Woord van die HERE daartoe gemaan om ons kennis van Hom te vermeerder. Dit is nie alleen Hoséa wat die volk hiertoe aangespoor het nie. Ons sien waar Petrus jare later dieselfde doen. “En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis,” (2 Pet. 1:5). “Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. ...”. (2 Pet. 3:18).
3e WÊRELDOORLOG IS HIER
‘n Ongekende maar verwagte situasie het in Rusland ontstaan. Alle Russiese TV- en radio-stasies is aangesê om alles te laat vaar en 'n toespraak deur president Vladimir Poetin op 21 Februarie uit te saai. TV- en radio-stasies is ook aangesê om te verwag dat die toespraak ongeveer 'n uur sal duur en dat alle stasies in Rusland die toespraak regstreeks moet dra.
Verskeie bronne glo dat dit waarskynlik die aankondiging van die formele uitbreek van die Derde Wêreldoorlog sal wees.
Daarby spog die Oekraïne se Minister van Buitelandse Sake, Kuleba, dat daar op 23 en 24 Februarie iets gaan plaasvind wat die hele wêreld gaan raak en dat Rusland niks daarvan gaan hou nie.
Uit Rusland is ook gehoor dat hulle geen moontlikheid sien om met die Europeërs oor enige kwessies saam te werk nie.
Volgens Covert Intel wat ook oor die Noorse Intelligensiedienste berig het, het Rusland vir die eerste keer sedert die Koue Oorlog nou taktiese kernwapens na hul Noordelike Vloot oorlogskepe begin ontplooi.
DIE MENSGEMAAKTE VIRUS EN SY GIFSPUIT
Stadig maar seker begin die nagevolge van die mensgemaakte Covid-virus en sy versterkende gifspuit al duideliker blyk, ten spyte daarvan dat desperate pogings deur die Joodsbeheerde media aangewend word om hierdie inligting te onderdruk.
Die Covid-gifspuit is nie ‘n vaksien nie. Dit is ongetoetste mediese tegnologie waardeur die pasiënt se gene opdrag gegee word deur die boodskapper-RNS (m-RNA) wat hom ingespuit word om ‘n proteïen te produseer wat dieselfde is as die aar-proteïen/uitsteeksel (“spike protein”) wat op die mensgemaakte Covid-virus voorkom. Hierdie word dan as ‘n vreemde proteïen deur die liggaam herken, waarna ‘n imuunrespons ontwikkel.
Die gifspuit is dus ‘n versterker van die Covid-virus, want die gevaarlike deel van die virus, die aar-proteïen/uitsteeksel, word nou deur die liggaam self vervaardig ná die spuit, asof die persoon met die virus self geïnfekteer is.
ONS GOD IS 'N JALOERSE GOD
Ons God is 'n jaloerse God, ook oor sy volk. Waar sy kinders hulle nou orals aan die vyand oorgee en blykbaar niks meer met Hom te doen wil hê nie, word Hy jaloers en sal hulle met groot geweld as sy eiendom terugneem. Dít kan nie anders as om groot verskrikking en uitwissing van menige mee te bring nie. Ons moet besef dat dit 'n onuitspreeklike omvang sal moet aanneem om te herstel wat die sonde reeds vernietig het. Genesing en reiniging van ons land Suid-Afrika kan nie plaasvind sonder 'n groot "emmer bloed wat sal omval" nie, soos Siener van Rensburg dit beskryf het. Dit sal so groot en geweldig moet wees dat die hele wêreld daarvan kennis sal neem. Daar sal deur elke tong bely moet word dat God 'n wonderwerk in Suid-Afrika verrig het, iets wat slegs Hy kan doen sodat sy Naam weer in ere herstel sal word.
God waarsku dikwels sy kinders oor die dinge wat kom; Hy alleen ken die tyd vir alles, en wil elkeen 'n geleentheid gee om ten beste voor te berei vir wat wag, in ons gemoedere asook in ons praktiese lewens. Daarom kan u gerus weer lees wat Johanna Brandt in haar visioene gesien het, baie dieselfde as Siener van Rensburg. 'n Mens kan byna nie die omvang van soveel geweld inneem nie en daarom verkies baie mense om dit glad nie te glo nie. Maar soos uit die Woord, word die Here se kinders vandag nog gewaarsku - die vraag is of hulle wil luister en betyds voorberei na liggaam en gees.
Oor 'n bloedbad wat in Suid-Afrika sou plaasvind het die Boodskapper aan Johanna Brandt gesê:
WAT BINNEKORT GEBEUR
Dit is tog interessant hoe Siener van Rensburg dinge wat nou besig is om te gebeur, gesien het. Siener het dikwels van die smeltkroes gepraat – wanneer hier groot chaos en geweld uitbreek. Ons weet dat wanneer Eskom finaal ineenstort dit net ‘n dag of twee sal wees voor massas honger swartes begin plunder en alles wat hulle kan afbrand. Dit is die geleentheid waarvoor die Geldmag gewag het. Soos 'n lid van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) geantwoord het op 'n vraag van 'n Suid-Afrikaanse joernalis wat tydens 'n NAVO-Veiligheidskomiteevergadering gevra het of die VN betrokke sal wees as onbeheerbare anargie in Suid-Afrika uitbreek:
"Nee, want die VN is self so onstabiel dat hulle nie in staat is om 'n krisissituasie te stabiliseer nie. Wanneer Suid-Afrika in chaos verval stuur ons onmiddellik 'n NAVO-taakmag in om die situasie te stabiliseer en dan beheer van die land oor te neem met 'n interim-regering, en julle Blankes sal maar daarmee vrede moet maak, óf die gevolge dra..."
Volgens 'n dokument wat in 2002 gesirkuleer is, het die Afrikaner Broederbond (vanaf 1994 genoem Afrikanerbond) in 1994 reeds oor 'n volledige geheime plan beskik om weer beheer van die land te neem. Sodra die land in swart chaos is met talle strukture afgebrand, sal 'n sterk VN-taakmag dus in samewerking met Amerikaanse magte, die orde kom “herstel” en dan die beheer in die hande van die Afrikanerbond plaas.
Uit die aard van die saak sal die verraderlike Afrikanerbondregering by die Eenwêreldregering ingeskakel wees wat die volk sy Christelike geloof sal kos.
STAAN VAS IN DIE STRYD
Dit is so dat ons waarskynlik in een van die gevaarlikste tye van die stryd lewe omdat dit nie soseer die planne van ons vyande is waarvoor ons bevrees is nie, maar die gevaar dat ons eie kleinmoedigheid ons gaan dwing om die stryd gewonne te gee.
Die grootste enkele probleem waarmee die Blankes vandag in Suid Afrika te doen het, is waarskynlik die aanslag wat gemaak word om ons moedeloos te stem sodat ons ons aan die stryd ontrek.
Ons is al ’n klompie dekades in hierdie stryd. Die Blankes is swaar beproef in hierdie klomp jare. Hulle is beroof van hul lewenstandaard. Hulle is beroof van hulle sosiale sekuriteit en die polieke mag wat hulle in hierdie land het. Dit word stapsgewys van hulle weggeneem.
Deur die aanhoudende prysstygings is ons mense verarm sodat jongmense nie meer ’n huis kan bekostig en ’n gesin kan hê nie. Hoë rentekoerse het veroorsaak dat mense hul huise en plase verloor het.Regstellende aksie het waarskynlik die grootste slag onder die Blankes geslaan.
Die oogmerk is klaarblyklik om ons so terneergedruk te maak dat ons nie meer bereid is om die polieke stryd te voer teen die magte wat verantwoordelik is vir hierdie toestand waarin ons vandag is nie.
Die nasionalisme roep ons op om met geeskrag en wilskrag en die besef van ons geroepenheid, met geloof aan die reg van ons saak, die stryd voort te sit.
Hier wag 'n baie moeilike tyd binnekort op Suid-Afrika, en spesifiek die Blankes. Mag u geestelik paraat wees vir hierdie stryd wat u hart sal laat stilstaan indien u God nie ken nie. Wees ook fisies paraat want wanneer Eskom finaal ineenstort en die honger swart massas op ons toesak, sal dit te laat wees om u wapens in orde en byderhand te kry. Slaap dan wakker!
TURKYE NOG ‘N SLAGOFFER VAN NAVO?
Die geweldige aardskudding van 7,8 op die Richterskaal wat Turkye die afgelope week op 6 Februarie grootliks verwoes het, het ook in ‘n mate Sirië getref. Dit is sowat 10 minute later deur ’n sterk naskok van 6,7 op die Richterskaal opgevolg. Die aardbewing was sowat 18 km diep gesentreer. Die aardbewing in Noord-Sirië het tot dusver minstens 1 200 sterftes en duisende beseerdes gelaat.
Uit die 85 miljoen inwoners van Turkye is 14 miljoen ernstig geraak. Die dodetal van die aardbewing is tot dusver meer as 5 400, en sowat 32 000 mense is beseer. Maar eers wanneer die meeste van die verwoesting en puin vir oorlewendes of lyke deursoek is, sal daar nader aan korrekte getalle bereken kan word.
Maar was dit ‘n natuurramp? Was dit nie dalk’n reuse-daad van terreur nie? Wat het Turkye gedoen om so 'n verwoestende reaksie te ontlok, en deur wie?
Daar is ‘n paar verdagtes met grondige redes. Was dit die VSA, of NAVO wat sover hul verhouding betref ook Washington en die Pentagon is?
’n Paar onlangse inisiatiewe deur Turkye – ’n sleutellid en swaargewig van NAVO vir haar strategiese geografiese ligging tussen oos en wes – het moontlik die woede van haar NAVO-bondgenote ontlok.
Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes en omstandighede wat tot so 'n tereurdaad kon lei:
OM DIE GELOOF TE VERLOOR
Ds A.E. van den Berg
“Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie” (Hebr.2:1).
Die Hebreërskrywer begin hoofstuk 2 met ʼn opdrag aan gelowiges om aan die waarheid geanker te bly. Dit gebeur soms dat gelowiges wegdryf sonder om dit agter te kom. Dit het met Simson gebeur: “En toe hy uit sy slaap wakker word, sê hy: Ek sal vry uitgaan soos die vorige kere en my losruk. Want hy het nie geweet dat die Here van hom gewyk het nie” (Rigt.16:20). Tragiese woorde!
Ware gelowiges vind dit nie moeilik om hul geloofsboot aan die waarheid te anker nie. God het immers sy Woord gegee sodat mense die waarheid van die leuen kan onderskei en verdedig. Paulus skryf: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid” (2 Tim.3:16).
Jesus sê vir gelowiges: “As julle My liefhet, bewaar my gebooie” (Joh.14:15).Bewaar beteken hier om die waarheid te verdedig en te beskerm.Wie die waarheid verlaat, verloor lewensrigting en ontspoor in die lewe.