Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Moenie dink dat jou lewe ten einde loop wanneer jy terugslae kry nie – dis deur swaarkry wat ons leer verstaan wat genade is en word die lewe naderhand een wonder van genade te midde van gebeure rondom ons. Dis dan wanneer dinge vir ander soos rampe lyk maar jy sal weet dit is die genade van God.
DIE MITE VAN MILJOENE JARE...
... en dinosourusse
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Toe die moderne wetenskap ongeveer 200 jaar gelede aan die gang begin kom het, is duisende mense deur die mite van ʼn aarde wat miljoene jare oud is, meegevoer. Dit was die gevolg van ʼn tuin wat deur die ateïs Charles Darwin omgespit is om sy ongeloofsgemanipuleerde saad in te saai. Die wrange vrugte wat dit voortgebring het, word kortweg ewolusionisme genoem.
Volgens die Darwin-teorie het dinosourusse ongeveer 220 miljoen jaar gelede op die aarde begin verskyn en teen 65 miljoen jaar uitgesterf. Mense wat deur die verhale van dinosourusse meegevoer is, het vas geglo dat die aarde miljoene jare oud is. Dis ʼn leuen. Die Bybel gee ʼn duidelike tydsraamwerk van duisende jare se geskiedenis waarbinne die dinosourusse ook val:
“En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so. En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was” (Gen.1:24-25).
GORDELROOS AGV COVID-SPUIT
In 'n onlangse gevallestudie wat in die Journal of Cutaneous Immunology and Allergy gepubliseer is, word die aanhoudende voorkoms van post-covidspuit-gordelroos of te wel herpes zoster, bespreek. Dit is 'n infeksie wat in die vel veroorsaak word deur die varicella zoster-virus, geassosieer met die teenwoordigheid van die proteïen in die covid-inspuiting. Soos deur die navorsers verduidelik:
“Sedert die veldtog van inenting teen covid-19 begin het, is 'n wye verskeidenheid van nadelige effekte op die vel ná inenting wêreldwyd gedokumenteer. Varicella zoster virus (VZV) heraktivering was na bewering die mees algemene kutane reaksie na toediening van mRNS covid-19-entstowwe, veral BNT162b2.
“'n Pasiënt, wat vir maande lank veluitslag gehad het ná die BNT162b2-inenting, is ondersoek vir die VZV-virus asook enige teenwoordigheid van entstof-afgeleide piekproteïen. Opvallend was dat die entstof-gekodeerde piekproteïen van die covid-19-virus duidelik gesien is in die vesikulêre keratinosiete en endoteelselle in die dermis.”
HOE OM NIE DOOD TE GAAN NIE
Dr. Michael Greger
WAAROM DIE NUWE BOTTERGIER?
“Botter is terug”. "Beëindig die oorlog teen botter". "Botter: Die nuwe gesondheidskos"... Dit is oral in die media. Wat gaan aan met botter?
Reeds aan die einde van 2008 het die wêreldwye suiwelbedryf 'n vergadering in Mexikostad gehou en planne gemaak om "die negatiewe impak van melkvet deur reguleerders en mediese professionele persone te neutraliseer". Daarna het hulle wetenskaplikes gevind wat saam met hulle sou werk en instansies wat hulle van befondsing sou voorsien om "navorsing" uit te voer wat die publiek die verband tussen versadigde vet en siekte nie sou laat glo nie. En sedert die begin van 2009 het ons artikels gesien en mediaberigte gehoor wat gebaseer is op baie wankelrige wetenskap wat die voordele van versadigde diervette bevorder.
Vroeg in 2014 het navorsers data van verskeie van die swak navorsingswerke gekombineer, en 'n referaat is gepubliseer wat berig dat geen beduidende verband tussen versadigde vet en hartsiektes gevind is nie.
ONTHOU U VERANTWOORDELIK- HEID
Hannes Ollewagen
Matt. 6:19-34
“Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.” (:31-34).
Wanneer ons na die media kyk, word daar ‘n somber prentjie vir die volgende kalenderjaar geskep. Dit is die nasionale kragnetwerk wat dreig om in duie te stort. Rentekoerse lyk onheilspellend. Die styging in voedselpryse lyk onrusbarend. En wêreldwyd dreig ‘n ekonomiese resessie. So kan ons met die lys aangaan. Dit is dan natuurlik ook te verstane dat ons oor baie van hierdie dinge, en die impak wat dit op ons en ons geliefdes se lewens sal hê, bekommerd raak. Ons moet egter nie vergeet dat die Woord van die HERE ons ook in hierdie verband onderrig en leiding gee nie.
GELDMAG SOEK SA SE RYKDOMME
"'n Sterk Blanke onafhanklike regering in Suid-Afrika soos dié van dr HF Verwoerd, wat beskik het oor die grootste goudreserwes in die wêreld en naas die Sowjetunie die grootste reserwes van strategiese bodemrykdomme besit, het daardeur noodwendig 'n hoofhinderpaal vir die beplande wêrelddiktatuur geword en moes hy vermoor word sodat Johan Vorster, wat reeds deur die Geldmag onderrig was, kon saamwerk totdat ‘n swart regering sou oorneem wat dit uiteraard baie maklik vir die Geldmag sou maak om Suid-Afrika te dreineer van sy rykdomme."
Suid-Afrika en die Sowjetunie beskik oor die grootste voorrade aan minerale rykdom wat daar in die wêreld te vinde is. Die olierykdom van die Arabiere sou in die 2lste eeu vervang kon deur die minerale rykdom van die Suid-Afrikaanse subkontinent.
Suid-Afrika beskik oor die wêreld se grootste afsettings van platina, chroom, mangaan, vanadium, vloeispaat, andalusiet en groot hoeveelhede van antimoon, asbes, lood, diamante, ystererts, mika, steenkool, koper, nikkel, fosfa titaan, uranium, vermikuliet, sink en sirkonium.
Dr HF Verwoerd 1963
"As ons ooit sou moes veg vir ons voortbestaan en ons vaderland, laat geen mens en geen staat daaroor twyfel hê dat ons dit sal doen nie. Dit is ons land, ons erfenis, waarmee al ons verwagtings en ons verlangens diep verbonde is en waarin ons onder leiding van die Almagtige al die probleme sal oplos op ons eie manier tot almal se voordeel en geluk."
NUWEJAARSDAG
Soos ʼn boom by waterstrome
Ds A.E. van den Berg
“Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag. En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit” (Ps.1:1-3).
As ʼn nuwe jaar aanbreek besef jy dat die tyd vlieg. Moses skryf: “Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos 'n gedagte” (Ps.90:9).Dat tyd vlieg, is sleg. Die goeie is dat jy die loods is en moet soos Moses bid: “Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!”
God is ons vlieginstrukteur en wil ons leer om hierdie jaar reg te vlieg want elke mens gaan een of ander tyd ʼn Nuwejaar beleef waarvan hy nooit die Oujaar sal sien nie. En dit kan jy wees! Paulus sê: “Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is”" (Efes.5:15,16).
GOD EN WETENSKAP
Baie gelowiges beweer dat geloof in God en in die Bybel onversoenbaar is met wetenskap. Daar word ook beweer dat die Bybelse beskrywing van die skepping die behoefte aan wetenskaplike teorieë oor hoe en wanneer die wêreld ontstaan het, tot niet maak. Aan die ander kant bestaan die evolusieleer wat ontken dat God die mens geskape het. Al hierdie argumente is op onvolledige data gebaseer.
Wetenskaplikes moet nog die wetenskap wat God in die natuurlike wêreld ingebou het ontdek en ten volle verstaan. Ongelukkig vermaak hulle hulself met teorieë wat nie bewys kan word nie en meesal heeltemal in stryd is met wat die Bybel ons oor die skepping leer. Die evolusiesiening dat die mens van die aap afstam word nou selfs in gesondheidsgesprekke as die waarheid gesien. Erger nog, daarop word aannames gebou wat die mens se dieet en gesondheid glo moet bepaal. Dus word daar deesdae aanbevelings vir mense se lewensstyl tot beter gesondheid gemaak op grond van onvolledige skeppingsdata. Meesal is hierdie aanbevelings totaal in stryd met wat in die Woord van God aan ons verklaar word.
VERRAAIERS EN JOINERS
In enige volk se bestaan is oorlog onvermydelik. Soms is daardie stryd nie van militêre aard – soos wanneer konvensionele oorlog gevoer word nie – maar altyd is dit ‘n oorlewingstryd wat die voortbestaan van volke bepaal.
As Afrikanervolk is ons geensins onbekend met hierdie verskynsel nie. Ons het inderdaad in 1994 reeds vir ‘n derde maal ons vryheid verloor. Daar is ‘n voortdurende aanslag – veral vanuit Brittanje - om die Afrikanervolk se reg om oor homself te regeer van hom te ontneem.
In al hierdie oorlogstryd wat gevoer word, hetsy dit van militêre of politieke aard is, is daar die ewige verskynsel van “joiners”, pasifiste en verraaiers. Hierdie verraderlike verskynsel vind mens in enige stryd en wel vanweë ‘n verskeidenheid redes. Persone wat hul hieraan skuldig maak is gewoonlik:
- selfsugtige, egosentriese individue wat altyd eiebelang voor volksbelang plaas
- lafaards – hulle sien nie kans vir die opofferings wat die stryd eis nie – ons het hulle altyd die meide genoem
- mense wat hulleself ver verwyderd van die kern van ‘n volk bevind; hulle beweeg gewoonlik op die buitenste periferie van die volk waarin hulle gebore is se konsentriese kringe, vanwaar hulle hulself maklik afskil van die volk. Hulle verloën hul volkskap vanweë ‘n gebrek aan ‘n gevoel van nasionalisme
STRYD IS LEWE (4)
JA Marais
Lees volledig by Stryd is lewe
AS DIE WAGTERS SLAAP
Dit is bedroewend as die wagters slaap. Maar dit is doodsgevaarlik as die wagters die rug op die vyand gedraai het en die volk binne die mure bespied en betakel terwyl die vyand deur die hekke kruip.
Ek wens iemand wil ‘n doktorstesis skryf oor die eredoktorsgrade wat die afgelope jare deur Afrikaanse universiteite toegeken is. Sommer so uit my geheue sal ek die name van ‘n halfdosyn of wat geldpraktisyns kan noem wat oornag “Dr” voor hulle naam gekry het.
As dit nou maar ‘n onopsigtelike gebeurtenis in die gewone loop van sake was, sou dit nog nie veel aandag getrek het nie. Maar telkens wanneer een van die toekennings gemaak word, word daaraan ‘n groot rugbaarheid gegee, asof dit vir die betrokke universiteit ‘n groot eer en prestasie is om so ‘n eredoktorsgraad toe te ken. Koerante verkondig die nuus asof die hele samelewing deel in die roem van die universiteit waaraan so ‘n eer te beurt geval het.
STRYD IS LEWE (3)
JA Marais
Lees volledig by Stryd is lewe
'n Bloedlose verowering
Dit is ‘n nuwe idioom waarin die stryd vandag gevoer word, 'n idioom waarteen ons ons eie idioom sal moet slyp totdat dit 'n blink swaard is.
Die toestand waarin ons vandag verkeer, kan seker op verskillende maniere beskryf word, maar hoe jy ook al daarna kyk, dit is ‘n proses van bloedlose verowering waarmee ons te doen het. Oor hoe ver die proses gevorder het, kan wel geredeneer word, rnaar dat dit wel ver gevorder het, moet ons ook aanvaar.
Nou kan u dadelik vir my vra, as u saamstem dat daar 'n proses van verowering aan die gang is, wie die veroweraar is, want dit is tog net so 'n wesenlike deel van die hele saak. Daaroor moet 'n mens ook volkome duidelikheid kry.
DIE GAWES WAT ONS ONTVANG
Hannes Ollewagen
Ex. 31:1-11
“Kyk, Ek het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep; en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk, om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper,en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk. En kyk, Ek het hom Ohóliab bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:” (:2-6).
Ons lees hier van die opdrag wat God aan Moses gegee het om die tent van samekoms en die daarby behorende items te maak. Maar uit hierdie opdrag en gedeelte word die waarheid van Rom. 11:36 onderstreep. “Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” Saam met die opdrag wat God aan Moses gee, skenk Hy hom ook die manne met die nodige verstand, kennis, bekwaamheid en vaardigheid om die werk te verrig. En hierdie manne wat hierdie verstand, kennis, bekwaamheid en vaardigheid besit, het dit ook nie uit hulself nie – dit is ‘n gawe van God. Jakobus 1:17 vat dit vir ons mooi saam. “Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.”
WAAROM ONS KERSFEES OP 25 DESEMBER VIER
Is 25 Desember werklik die geboortedag van Jesus of kom dit uit die heidendom soos sommige kritici beweer? Die antwoord op beide die vrae is nee; 25 Desember is nie die werklike geboortedag van Jesus nie. Dit kom egter nie uit die heidendom nie. Wat wel waar is, is dat 25 Desember sedert die vierde eeu nC die Christelike kerk se feesdag is waarop Jesus se geboorte gevier word. Let wel: sy geboorte en nie sy geboortedag nie!
Dat Jesus se geboorte op of naby aan 25 Desember geskied het, is ’n baie sterk moontlikheid. Die vroeë kerk het aan die hand van ou Joodse geskrifte die tyd van Sagaria se diensbeurt in die tempel uitgewerk. Dit was glo in September van daardie jaar. In daardie tyd het ’n engel aan hom verskyn en van Johannes (die Doper) se komende geboorte verwittig. Werk dit ’n bietjie uit - Elizabeth was ses maande swanger toe ’n engel Maria oor Jesus se komende geboorte ingelig het. Dit was dus in Maart. Die kerk het hierdie datum op 25 Maart bereken. Die geboorte van Jesus was nege maande later – 25 Desember.
KERSDAG 2022
Ds A.E. van den Berg
“Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die Here My gesalf het om ’n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart; om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis” (Jes.61:1)
Dis vandag Kersfees, ʼn anderse dag as ander Christelike feesdae omdat dit uitsluitlik van vreugde spreek. Tydens Lydenstyd raak ons bedroef as ons aan Jesus se lyding dink, maar Kersfees is vreugde. ’n Mens sou graag van die Kersfees-gees in flesse wou opvang, bewaar en maandeliks een oopmaak.
Dis goed om tydens Kersfees opgewonde soos ’n kind te wees, want ons Verlosser het immers as kind na die aarde gekom. Kersfees moet egter in ’n mens se hart wees. Wie dit nie in sy hart het nie, soek tevergeefs daarna in geskenkpapier toegedraai. Kersfees is ’n hartsaak.
STRYD IS LEWE (2)
JA Marais
Lees volledig by Stryd is lewe
Wie is die bang mense?
Die nasionalisme het nie plek vir papbroeke en vroompraters nie. Wie sy vertolkers wil wees, moet reguit loop, moet duidelik praat, moet bereid wees tot onvriendskap met sy vyand en moet sy man kan staan selfs wanneer hy alleen staan.
Wie is die bang mense in die politiek? Die vraag het glo een aand by die Pretoriase Parlementêre Debatsvereniging opgeduik en tot enkele interessante opmerkings gelei.
Die aanklag van bevreesdheid vir die wêreld daarbuite en vir die toekoms word van toeka se dae of met gereelde tussenposes teen die behoudende Nasionale Afrikanerdom ingebring. Dit is pres. Kruger met venyn aangevryf; dit is met brutaliteit op die rekening van genl. Hertzog geplaas; met growwe beterweterigheid is dit dr. Malan ten kwade gedui; dit is met kille hooghartigheid adv. Strijdom verwyt, en dit met 'n hele vermakerigheid teen dr. Verwoerd ingebring.
STRYD IS LEWE (1)
JA Marais
Lees volledig by Stryd is lewe
Nasie en ras
Die Afrikanervolk het nie net die reg om te diskrimineer ten einde te beskerm wat hy het en wat hy is nie — Vaderland, Afrikanerskap, Christenskap, Witmanskap — maar ook die plig teenoor dié wat vooruitgegaan en 'n Blank Suid-Afrika nagelaat het, en ook vir dié wat later sal kom.
Die mens word nie as enkeling gebore nie, maar as lid van ‘n volk, en sy gebondenheid aan die volk is nie 'n kwessie van keuse nie. As lid van 'n gesin en 'n familie is hy, deur bloedverwantskap, ras, tradisie, sentiment, gebruike, taal, godsdiens en geskiedenis, onvoorwaardelik ingebind in 'n verlede en 'n toekomsverwagting wat hy met al die lede van sy volk deel. Dit bepaal sy identiteit. En hierop rus sy voorkeur om te assosieer met dié wat soos hy is.
CHRISTUS HET ONS LOSGEKOOP!
Hannes Ollewagen
Gal. 3:1-29
“Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word — want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang — “ (:13).
Wanneer ons Lukas 16:17 lees kan dit voorkom asof daar ‘n weerspreking in die Woord van God is. “Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.” Terwyl dit uit hierdie gedeelte duidelik is dat nie die geringste van die wet van God sou verval nie word daar weer in Galasiërs 3 gestel dat Christus ons van die vloek van die wet vrygemaak het. En wat meer is, is dat ons in Gal. 5:4 die volgende lees: “Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.” Dit klink dan amper uit laasgenoemde asof dit verkeerd sou wees om die wet van God te onderhou? En dit in teenstelling met Christus se stelling in Lukas 16 wat vir ons bevestig dat die wet van God nooit irrelevant sal raak nie.
KORTNUUS
Weet u dat Nieu-Seeland pas nuwe wetgewing uitgebring het wat hulle owerheid toelaat om kinders van ouers weg te neem wat nie die gifinspuiting wou neem nie? Watter onmenslike ding om te doen! Daarmee bevestig die globaliste weer ‘n keer hoe ernstig hulle met hul duiwelsplanne is.
In Brittanje gaan dit nie veel beter nie; een van die provinsies, Oxfordshire, het besluit om hulle inwoners in sones toe te sluit kwansuis as gevolg van klimaatsveranderingredes. Dit weet ons, is ‘n verskoning vir ‘n kriminele daad. Oxfordshire County Council sê hulle doen dit om “die planeet te red van aardverwarming”! Verbeel jou dit! Hulle beplan ook om elektroniese hekke op sleutelplekke te plaas sodat inwoners binne hulle eie woongebiede moet bly.
DEMONIESE BESETTING
Wat sê die Bybel oor om demonies besete te wees? Kan mense vandag nog besete wees met bose geeste, en indien wel wat is die simptome?
Die Bybel gee voorbeelde van mense wat met bose geeste besete was, of wat beinvloed was deur bose geeste. Van hierdie voorbeelde is dit moontlik om die simptome van demoniese invloed te bepaal en ons kan ook sien hoe bose geeste mense kan beset. Hier is ‘n paar Bybelverse: Matteus 9:32-33; 12:22; 17:18; Markus 5:1-20; 7:26-30; Lukas 4:33-36; 22:3; Handelinge 16:16-18. In sommige van hierdie verse sien ons dat demoniese besetting fisiese siektes veroorsaak soos byvoorbeeld die onvermoë om te praat, epileptiese simptome, blindheid ens. In ander gevalle veroorsaak dit dat mense euwel doen soos byvoorbeeld in die geval van Judas. In Handelinge 16:16-18 voorsien die bose gees die slavin die vermoë om dinge te weet wat sy nie behoort te weet nie. Die man van Gadarenes wat besete was met baie bose geeste (legioen) het bomenslike krag gehad en het kaal tussen grafstene gebly. Koning Saul was ook deur ‘n bose gees gepla toe hy teen God gerebelleer het (1 Sameul 16:14-15; 18:10-11; 19:9-10) en dit het hom depresief gemaak met ‘n begeerte om Dawid dood te maak.
HOE HET JESUS GELYK?
Ds A.E. van den Berg
“ .... Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie”(Jes.53:2).
Het jy al gewonder hoe Jesus gelyk het? Kunstenaars het deur die eeue slegs uitbeeldings van Hom gemaak omdat niemand weet hoe Hy op die aarde gelyk het nie. Het Hy lang hare gehad en ʼn lang wit kleed gedra soos wat dikwels uitgebeeld word|? Het Hy ʼn baard gedra of anders as die Jode van sy tyd gelyk? Niemand weet nie.
Een van die oudstes voorstellings van Jesus is ʼn mosaïek in ʼn kerk in Rome wat uit 410nC dateer. Dit het egter eeue geneem om ʼn standaard uitbeelding van Jesus te vestig. Die meeste van hierdie voorstellings toon etniese eienskappe van die kultuur waarin dit geskep is. ʼn Ethiopiese voorstelling van Jesus toon Hom bv. as ʼn donkerkleurige aan.
Die voorstelling van Jesus met ʼn vol baard en lang hare het teen 300 nC vorm begin aanneem en was teen die sesde eeu ʼn redelike standaard voorstelling. Die heel oudste afbeelding van Jesus kom egter uit Sirië en dateer uit 235nC. Dit beeld Jesus weer as ʼn jong baardlose persoon met aristokratiese gelaatstrekke.