Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wanneer iemand deur die kragtige werk van God uit die ou lewe na die nuwe oorgebring word, verander alles. Die versoening en redding wat Jesus gebring het, beteken dat die mense wat deur God nuut gemaak is, nou reeds deel in die orde van die nuwe wêreld wat finaal sal kom met die wederkoms van Christus. Die oue is dus verby, en die nuwe het reeds gekom. Dit is die boodskap van versoening wat die wêreld moet ingaan.
ONTHOU!
As ons moedeloos raak oor ons land se ellendige toestand, of ons volk se nog ellendiger situasie, onthou dat die gebede van die regverdige tot groot krag is - God het 'n deel van ons volk hul knieë nie voor Baäl laat buig nie en hulle bid en Hy hoor hulle! Soos Hy aan Elia gesê het toe dié gekla het dat die hele volk ten gronde is: Hy het vir Hom 7 000 man uitgehou. Daar is nog Afrikaners en Christene wat opreg bid vir ons volk en land!
MISLEIERS IN KERKLIKE GEWAAD
Ds A.E. van den Berg
“En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie...”(2 Thess. 2:11,12).
Openb.20:8 waarsku Johannes dat Satan net voor die wederkoms losgelaat gaan word: “...om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is”. Sodra dit gebeur, moet gelowiges weet dat Jesus oppad is. Dit gebeur alreeds.
Satansagente slaag daarin om mense te mislei deur die waarheid vir die leuen te verruil. Dit het al eeue gelede in die Tuin van Eden gebeur toe Eva oorreed is om van die verbode vrug te eet en in sonde verval het. Jesus sê van Satan: “…Hy was ’n mense-moordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie…omdat hy ’n leuenaar is en die vader daarvan” (Joh.8:44).
Satan is die baas van die dwaalleerindustrie met duisende wat vir hom werk; ook in kerke. Die ergste is dat dwaalleraars nie altyd besef waarmee hulle besig is nie. Jesus sê vir die kerklui van sy tyd: “Julle dwaal omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie” (Mt.22:29). Die groot probleem by kerkmense is hul gebrekkige Bybelkennis. Dit maak mense die prooi van Satan maak en dit help hom om mense van die waarheid af weg te hou.
DIE DAPPER KOOS vd MERWES!
Daar word dikwels oor die naam Koos van der Merwe grappies gemaak, kortes en langes. Maar daar is ook ‘n ernstige en ware gebeure oor ‘n regte Koos van der Merwe. Omdat een grappie en die ware verhaal soveel ooreenkoms toon wil ons beide hier vertel.
Een van die langer grappies het gegaan oor die onblusbare groot vuur in Amerika –almal het al probeer, maar onsuksesvol. Toe besluit Koos van der Merwe van Suid-Afrika, hy ook gaan probeer om die verskriklike vuur te blus en kort voor lank is hy op ‘n spesiale vliegtuig met sy Jeep agter in die romp van die vliegtuig saam met ‘n hele spul geswore vuurslaners.
JEUGDAG, SHARPEVILLE, CATO MANOR...
www.gelofteland.org
Dit is goed om die waarheid oor hierdie herdenkingsdae te lees want in die hoofstroom van ons liberale media sal dit nie gevind word nie. Agter elkeen van hierdie gebeurtenisse is barbarisme aan die orde van die dag, en nie komende van die destydse polisie soos dit in die media uitgemaak word nie maar onder die swart massas wat meestal gedryf word deur drank en dwelms met 'n gees van boosheid en vernietiging.
Die sestiger- en sewentigerjare het 'n paar uitstaande gevalle van swart oproere opgelewer en dis goed om die aanloop vanaf 1960 in perspektief met vandag se viering van die sogenaamde jeugdag in herinnering te bring. Die lyn regdeur word gekenmerk aan die wanorde, barbaarsheid, vernielsug en moord uit die midde van die swart massas, terwyl die polisie deurentyd die skuld vir die gevolge van die oproere gekry het. Die roeringe in die midde van die swartes self was die groot oorsaak vir baie van die oproere wat voor die blankes se deur gelê is, soos die splitsing wat in 1960 binne die ANC plaasgevind het.
NEE VIR ‘GAY PRIDE’ – JA VIR VOLKSTROTS!
Die doel van hierdie artikel is nie om oplossings te bied nie maar om te verduidelik waarom die Blanke en in die besonder die Afrikaner in hierdie land, so laag gedaal het dat hy vandag verteenwoordig is by die GAY PRIDE-byeenkoms in Kaapstad. Dat sy huidige toestand, wat ‘n lang lys veragtelike dinge insluit waaronder aborsie, Sabatsontheiliging en losse sedes, direk toegeskryf kan word aan die verlies van selfrespek en volkstrots, is iets wat ons eers moet verstaan voordat daar herstel kan plaasvind.
Daar is ‘n verskil tussen selfrespek en volkstrots alhoewel dit sterk geïntegreerd saamwerk om ‘n volk te maak of breek. Selfrespek wys meer na die respek wat ‘n persoon vir homself koester terwyl volkstrots duidelik staan vir individue wat almal saam trots daarop is om aan dieselfde volk te behoort. Maar indien selfrespek by die individu ontbreek, kan daar nie sprake van volkstrots by hom wees nie.
Ten spyte van die verset teen apartheid was daar vroeër altyd respek vir die integriteit van die Afrikaner. Dit het egter drasties verander. Trouens, talle Wit Afrikaanstaliges wil selfs nie "Afrikaners" genoem word nie – jy tas hulle eer aan as jy hulle so noem.
HOMOSEKSUELE HUWELIKE
Homoseksualisme en VIGS neem wêreldwyd toe. In 2000 is die Pienk Loerie fees vir die eerste keer in Suid-Afrika gehou. Dit was die eerste homoseksuele fees op Afrika-bodem en is sedertdien jaarliks herhaal. Hierdie skande-fees word deur duisende volwassenes asook kinders bygewoon.
’n Onlangse opname oor die aanvaarding van homoseksualiteit het skokkende statistiek aan die lig gebring.
In Spanje was 91% van die ondervraagdes ten gunste van die aanvaarding van homoseksualisme, in Duitsland 87%, in Frankryk 86%, in Brittanje 81% en in die VSA 60%.
Homoseksuele huwelike neem skrikwekkend toe. Dit getuig van opstand teen God se heilige instelling en ’n toename in die heidendom. Op 14 November 2006 is huwelike van dieselfde geslag ook in Suid-Afrika goedgekeur. Wie homoseksualisme goedpraat, het uiteraard geen morele reg om huwelike van dieselfde geslag te veroordeel nie. Dis dieselfde gruwel!
HERLEEF SODOM EN GOMORRA?
Ds A.E. van den Berg
Genesis 1 en 2 beskryf die verhaal van die skepping en God se wil vir die mens. Nadat die eerste mensepaar in die tuin van Eden geplaas is, het dinge tot en met die sondeval reg verloop en is God se wil gehoorsaam. Ná die sondeval het die mens aan God ongehoorsaam geword en ʼn nuwe meester gekies – Satan.
Satan lê sedertdien struikelblokke op die mens se weg om hom te laat struikel. Verwarde geslagsbewustheid is een daarvan. God het mense se geslagtelikheid aan die begin van die menseskepping vasgestel en onderskeid tussen man en vrou getref. Jesus herhaal God se wil: “... Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef...” (Mt.19:4,5).
Daarom is heteroseksualiteit God se bloudruk vir die huwelik en alles wat daarvan afwyk, nie God se wil nie. Dit maak van homoseksualiteit ʼn gruwel en poog om God se skeppingsorde om te keer en ʼn gruwel wat selfs gemeenskappe besmet. Homoseksualisme het bv. Sodom en Gomorra so besmet, dat God die twee stede met vuur en swael verwoes het.
MISLEIDING VAN DIE VOLKERE (3) (SLOT)
Klaus Dieter Vaqué
Lees reeks by Misleiding van die volkere
Die sistematiese vernietiging van die Christendom as hoekpilaar en draende krag van ons Westerse beskawing word beskou as voorvereiste vir die daarstelling van 'n nuwe wêreldorde wat afpyl op sinkretisme (godsdiensvermenging) en die skepping van 'n wêreldkerk waarin alle godsdienste van die wêreld hulle plek sal vind. Daarom is dit ook goed te verstane dat die "dialoog-gewilligheid" in die afgelope jare altyd meer dikwels gelei het tot ekumeniese gesprekke met Jode, Moslems, Hindoes, Boeddhiste en ander, insluitend Vrymesselaars en Kommuniste. Opmerkenswaardig is in hierdie verband ook die huidige Pous se uitnodiging na die sinkretistiese gebed in Assisi.
Die groot Rockefeller-Stigtings in Amerika lei nie net veelbelowende "Nuwe-Wêreld-teoloë" uit die hele wêreld op in hulle Union Theological Seminary te New York waar hulle met die "God-is-dood"-filosofie ("lank lewe die sinkretisme!") besmet word nie, maar hulle het ook aan die wêreld die grootste aborsie-kliniek geskenk, waarvan die doel (1976) was om, saam met ander klinieke in Amerika, jaarliks tot een miljoen ongebore babas te vermoor, soos die destydse president van die Rockefeller-Stigting, John H. Knowles, dit met ietwat meer menslike woorde bekend gemaak het. Kan 'n mens dit "Rocky" en sy genote kwalik neem dat hulle die 6de gebod nie ernstig opneem nie, maar in plaas daarvan meer waarde heg aan geboortebeperking en bevolkingskontrole?
GOED IS DIE HERE ...
...VIR DIE WAT HOM SOEK
Hannes Ollewagen
Klaagl. 3:1-66
“Tet. Goed is die Here vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek.” (:25).
Die getuienis van die profeet Jeremia in Klaagliedere 3:25 word ook vir ons elders in God se Woordbevestig. Dit is die profeet Esra wat dan ook as volg getuig het. “…Die hand van onse God is ten goede oor almal wat Hom soek, maar sy krag en sy toorn oor almal wat Hom verlaat.” (:22).
Ons vind dan ook hierdie opdrag om die HERE te soek op verskeie plekke in God se Woord. Luister na die woorde uit 1 Kron. 22:19. “Rig nou julle hart en julle siel daarop om die HERE julle God te soek, …”. Dit is derhalwe ‘n belangrike saak wat ons nie net agterweë moet laat nie. Maar tog is dit iets wat myns insiens in die meeste van ons volksgenote se lewens nie ‘n prioriteit geniet nie. Ek kan aan baie mense dink wat kerkdienste van een of ander aard bywoon. En ek kan aan baie mense dink wat van Jesus praat en derhalwe van Hom weet. Maar ek kan aan weinig mense dink wat in hul lewens besig is om die HERE te soek.
Ons kan dan seker vra of iemand wat na ‘n kerk gaan nie besig is om God te soek nie?
EENDRAG MAAK MAG!
VERKLARING 9 Junie 2023
Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging veroordeel die vlaag plaasaanvalle en moorde ten sterkste. Ons veroordeel die geweldsmisdade wat teen ons as blankes gepleeg word, ongeag of dit op plase of in dorpe en stede gebeur. Ons hoor die dreigemente deur swart ekstremistiese leiers, soos Malema, Mbeki en andere, van ‘n leierlose rewolusie wat met geweld gepaard sal gaan. Die rewolusie, wat eers teen die Witman en dan teen die swart elite sal losbars, het reeds begin. Die swart ekstremiste gebruik die ekonomiese verval en armoede om die rewolusie te regverdig, en wil voorgee dat dit 'n spontane optrede van die armes en werkloses sal wees.
Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging veroordeel die ANC se ideologiese, asook ekonomiese aanslag teen die Witman, hoofsaaklik teen die Afrikanervolk. Ons verwerp ten sterkste wetgewing soos BEE en swart bevoordeling in die werksplek, nuwe kwotas, die waterwetgewing ens. Ons besef dat die gewelddadige aanslag op ons lewens, en die wetgewende aanslag hand aan hand gaan. Ons, as die Afrikaner Nasionalistiese Beweging, beskou dit as een en die selfde aanslag om die Afrikanervolk totaal en al uit te wis en te vernietig.
MISLEIDING VAN DIE VOLKERE (2)
Klaus Dieter Vaqué
Lees reeks by Misleiding van die volkere
Geen eeu in die geskiedenis van die mensdom was nog ooit so gekenmerk deur leuens en bedrog soos die twintigste eeu nie, 'n eeu wat nou ten einde snel, en beplan is om te lei tot die begin van 'n "nuwe wêreldorde" waarvan die meeste mense nog nie die vaagste benul het nie. 'n "New Age", 'n nuwe tydsgewrig gaan volgens die beplanning van die samesweerders aanbreek, 'n era wat sy ontstaan vind in 'n eeu van onvoorstelbare menslike lyding; 'n sataniese tydsgewrig wie se god die "vader van die leuen" sal wees; 'n tydsgewrig wat "die bewoners van die aarde verlei," soos die Bybel dit uitdruk in Openbaring 13, vers 14.
Wie in Suid-Afrika lewe en die totale aanval op hierdie land meemaak, gewaar hier waarskynlik duideliker as op enige ander plek in die wêreld die gekoördineerde aanslag van die geheime magte van duskant en van anderkant die ystergordyn. Dit mag wees dat hulle hier minder moeite doen om die samewerking tussen Oos en Wes geheim te hou omdat Suid-Afrika se mond propagandisties so gesnoer is dat die land — in elk geval van amptelike kant — byna nie effektief kan terugslaan nie. Of dit mag ook wees dat die toenadering of sogenaamde "glasnost"-politiek ("propaganda") van die Sowjetunie met die Verenigde State intussen al so ver gevorder het dat hulle die wêreldbevolking so stadigaan wil voorberei vir die beplande samesmelting tot 'n wêreldregering.
VERSKONING
Ons vra omverskoning vir die afgelope drie dae waarin geen artikels geplaas kon word nie - Eskom het die hele omgewing se krag afgeskakel en ons internet is steeds af. Tans het ons 'n noodmaatreël in gebruik maar vertrou dat ons normale internetfasiliteit gou sal herstel.
MISLEIDING VAN DIE VOLKERE (1)
Klaus Dieter Vaqué
Lees reeks by Misleiding van die volkere
"Vandag is die wêreldverhoog in gereedheid gebring vir die derde bedryf (die Derde Wêreldoorlog; - skrywer) wat die doel het om die proses te voltooi. Die geldmag en die rewolusionêre mag is klaar formeel gevestig en wel in duidelik afgebakende simboliese vorm; ('Kapitalisme of Kommunisme') en in presies gedefineerde vesting ('Amerika' of 'Rusland'). Die prentjie wat vir die massas gewys word om genoeg onrus by hulle te verwek, is dié van 'n vyandige en wanhopige konfrontasie ... Dit is die spektakel wat openlik vir die mense as wêreldtoneel voorgehou word. Maar wat daarvan as manne van dieselfde gesindheid, met dieselfde geheime doel voor oë in albei kampe baas is en hulle doelwitte probeer bereik deur die botsing van die massas?"
Douglas Reed in Behind the Scene.
DIE OPLOSSING VIR MISDAAD
Sedert Suid-Afrika sy Christen-grondwet met ’n godlose een vervang het, floreer misdaad in die land. Dit het binne die eerste vyf jaar van sg. demokrasie met 717% gestyg en is meer as 40 nuwe misdade aangeteken wat voorheen onbekend was. Die politieke klimaat het dit vir boosdoeners maklik gemaak om misdaad te pleeg. Daarom is niemand in die land meer seker van ʼn veilige aankoms of tuiskoms nie.
Die toename in misdaad is aan die verraderlike optrede van eertydse blanke politici en ontspoorde kerklui te wyte wat volksgenote verseker het dat die verfoeilike situasie wat sedert 1994 opgedis is, slegs die groeipyne van ʼn nuwe bedeling was wat spoedig sou verdwyn. Dit het nie verdwyn nie. Volgens kenners is die misdaadvlak in Suid-Afrika die hoogste ter wêreld benewens ʼn oorlogsgebied.
Misdaad neem egter ook wêreldwyd toe. Amerikaanse statistiek toon aan dat besighede jaarliks $10 biljoen weens werknemer-diefstal verloor. Meer as $4 biljoen per jaar word weens geldverduistering en $3 biljoen weens inbraak verloor. Daarbenewens word $2 biljoen aan winkeldiefstal en $1,3 biljoen weens brandstigting verloor.
WÊRELDOORLOG III (8)
DIE TEKENS VAN DIE NADERENDE SLAG VAN ARMAGEDDON
John White
Lees reeks by WÊRELDOORLOG III
DIE EKONOMIESE TEKENS
Jesus het nie gesê een van die tekens van sy wederkoms en van die einde van die tyd sal 'n universele hongersnood wees nie; Wat Hy wel gesê het, is dat daar "hongersnood" op "verskillende plekke" sal wees (Mattheus 24:7). Verder aan in dieselfde Skrifgedeelte lees ons Hy het gesê elders in die wêreld sal daar hele volke of groepe volke wees wat sal "eet en drink" asof daar geen môre gaan wees nie. Hulle sal inderdaad die standpunt inneem dat aangesien "my heer talm om te kom" hulle maar net sowel "saam met die dronkaards kan begin eet en drink", (Mattheus 24:48,49).'
Die feit dat hele kulture, voor Jesus se terugkeer na die aarde, vasgevang sal word in 'n kombinasie van 'n obsessie met rykdom, 'n plesiermalheid en 'n gebrek aan onthouding wat sal uitloop op vraatsug en dronkenskap, word in verskeie Skrifgedeeltes genoem.
Paulus het aan Timotheus geskryf:
"Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God" (2 Timotheus 3:1-- 4).
ONS NUWE LEIERS SAL WEES...
...manne en vrou wie se harte in die bloed van Jesus gewas is
Mense wat hul as leiers voorgedoen het, het ons of verraai of hakskene gewys toe die poppe begin dans. Ons het ʼn bitter slegte ding oorgekom! Maar laat ons eerlik wees - ons het ʼn belangrike les geleer: Moet op prinse nie vertrou nie! Ons het geglo dat mense - politici en kerkleiers - ons uit die penarie sou red. Toe gebeur die teenoorgestelde. En dit het ons vryheid gekos.
“En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here: hulle het die Baäls gedien en die Here, die God van hulle vaders, verlaat… Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak, verwek die Here rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers” - Rig. 2:10,15,16
God gebruik soms onwaardige mense as kragtige instrumente in sy diens. Ja, Hy slaan reguit houe met krom stokke, soos in die tyd van die Rigters gebeur het. Ná die dood van Josua het Israel onverskillig teenoor hul verlede geword en geestelik verval. Op daardie stadium was al die mense wat saam met Moses uit Egipte getrek het, feitlik almal dood. Die wonder van God se ingryping, die volksbevryding en die gedagtes aan die grootse belewenis met God in die woestyn, het so goed as verdwyn!
DIEP IN DIE SKULD
Hannes Ollewagen
Rom. 13:8-14
“WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.” (:8).
Dit is ooglopend dat die wêreld op ‘n slegte plek is. En baie slim mense het baie slim stories oor wat die rede hiervoor kan wees. Die antwoord is myns insiens eintlik baie eenvoudig: ‘n gebrek aan liefde in die hart van die mens. Die HERE het hiedie toestand al lank vantevore in sy Woord aan ons voorspel en ook die rede vir die ontstaan van hierdie probleem duidelik uitgespel. “MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,” (2 Tim. 3:3).
WÊRELDOORLOG III (7)
DIE TEKENS VAN DIE NADERENDE SLAG VAN ARMAGEDDON
John White
Lees reeks by WÊRELDOORLOG III
DIE BIOLOGIESE TEKENS
Toe die dissipels Jesus uitvra oor die tekens van sy wederkoms en die einde van die tyd, het Hy met verwysing na die mens se gebruik van voedsel en drank gesê: "...daar sal hongersnode wees.. . op verskillende plekke" (Mattheus 24:7). In Openbaring 6:5,6 ('n teks wat in 'n hoofartikel deur die Toronto Star gebruik is om op die toename van hongersnood dwarsoor die wêreld te wys) lees ons: "En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien en kyk, daar was 'n swart perd; en hy wat daarop sit het 'n skaal in sy hand. En ek het 'n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: 'n Rantsoen koring vir 'n penning en drie rantsoene gars vir 'n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie".
Die swart perd is simbolies van hongersnood.
WÊRELDOORLOG III (6)
DIE TEKENS VAN DIE NADERENDE SLAG VAN ARMAGEDDON
John White
Lees reeks by WÊRELDOORLOG III
DIE EKOLOGIESE TEKENS
Die meeste van ons het tot en met die begin van die sewentigerjare nooit werklik bewustelik die woord ekologie gehoor nie. En toe skielik het dit gelyk asof ons die woord sien of hoor elke keer as ons 'n koerant optel of 'n radio aanskakel. Die woord is op groot kennisgewings langs die pad gedruk, het deel uitgemaak van die leerplanne in onderwysinrigtings van die kindertuin af tot by universiteite by die toekenning van doktorsgrade, en dit het voorgekom op die agendas van omtrent elke vergadering. Dit het gelyk asof alles en almal betrokke is by die "ekologiekrisis", tot omstreeks 1973 toe die hele begrip van die toneel verdwyn het en moes plek maak vir die "energiekrisis".
Terwyl die kwessie van ekologie die botoon gevoer het, het ons geleer dat dit 'n afdeling van die biologie is wat handel oor die verhouding van lewende organismes tot hulle omgewing en tot mekaar.
LEER OM GOED TE DOEN
Hannes Ollewagen
Jes. 1:1-31
“Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen, leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.” (:16&17).
Dit is ineteressant dat die HERE aan sy volk deur die mond van Jesaja twee opdragte gee in hierdie verse waaruit ons oordenking kom. Die HERE beveel sy volk enersyds om op te hou kwaaddoen. En andersyds word aan hulle nog ‘n opdrag gegee en dit is om goed te doen.
Hierdie opdrag laat my dink aan die vergelyking van Christus waarvan ons in Matt. 5:13 lees.
“JULLE is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? ...” Sout word gebruik om voedsel te preserveer, m.a.w. om te keer dat dit nie sleg word nie, maar dan het sout ook nog ‘n kosbare eienskap en dit is dat dit kos smaaklik maak.