Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God loop nie soos ’n stootskraper oor mense wat nie in hul spoor trap nie. In sy liefde om sondaars van ’n ewige dood te red, staan Hy selfs terug soos eeue later weer gebeur het toe Hy weereens teruggestaan het sodat Jesus mens kon word, nie net om verwerp nie maar ook gekruisig te word.
CHRISTENE SE OPGEWONDENHEID
Stephanus Hennig
Die doel van my skrywe is om die Christen wat nog in ons dag 'n brandende begeerte ondervind om God te dien, te help om die strategie van die vyand, van al die kinders van God, te ken.
Die aanval wat die vyand op die kinders van God uitvoer, is om die verstand te beheer, want as die mens se verstand beheer word, word die hele mens beheer. As ek dit in dié terme kan aanvoer, wil ek dit waag om te sê, dat die groot geveg van die duiwel, om die mens van God afvallig te maak, sielkundig van aard is.
Daarmee bedoel ek dat die aanval van die duiwel, op die skepsel van God, eerder op die gees as op die vlees gemik is.
Die werklike geveg is in die geesteryk - Efé.6:11,12.
Die vlees word dus net as 'n afsetmiddel gebruik om die werklike doel van afvalligheid in die gees te bewerk.
DIE GRUWEL VAN GESLAGSONTDANING
Ds. A.E van den Berg
Die Bybel is ʼn gesaghebbende bron van inligting en raad wat God beskik het om gelowiges te leer om tot sy eer te leef. Om tot sy eer te leef, is die gelowige mens se hoogste strewe. Niks is belangriker as dit nie: “Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!” (Ps.150:6). Om so te kan leef, moet die mens God se wil leer ken en sy verordeninge gehoorsaam.
Jesus sê vir sy dissipels: “As julle My liefhet, bewaar my gebooie” (Joh.14:15). Om God se gebooie te bewaar, moet ons die Bybel ken. Dis die enigste normatiewe maatstaf vir die lewe en leer mense om tussen reg en verkeerd te onderskei; ook op seksuele gebied. En dis belangrik.
God het op die sesde skeppingsdag die mens as man en vrou gemaak om sy beelddraers te wees (Gen.1-2). Die mens is die enigste van sy skeppings wat God se beeld dra; ʼn beeld wat in sy hele lewenssamestelling sigbaar is. Nie eens ʼn liggaamsgebrek kan dit verander nie. ʼn Ontmande het bv. destyds nie vroulik geword nie, maar steeds man gebly.
‘n GOD VAN VREDE
Hannes Ollewagen
Jesaja 53:1-12
“Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” (:5).
Luister tog mooi na die woorde uit hierdie vers. Die aandagtige aanhoor hiervan bring by ons die besef tuis dat ons as mense nie verstaan wat liefde is nie. Dit waarna ons uit ons teksgedeelte van vanoggend luister, is liefde. ‘n Liefde so sterk en groot dat Hy bereid was om ter wille van ons oortredinge deurboor te word. ‘n Liefde só sterk dat Hy ter wille van ons ongeregtighede verbrysel is. Hy was bereid om die smart, hoon, veragting, pyn en vernedering ter wille van ons te verdra! Maar as ons sê dat Hy dit ter wille van ons gedoen het, beteken dit wat? Beteken dit dat Hy hierdie pyn, marteling en vernedering ondergaan het sodat al ons sondes (hetsy daar by ons berou is of nie) net vanself vergewe is sodat ons die lewe (in ongebondheid en met roekeloosheid) kan “geniet”?
HEILIGHEID...
... ABSOLUTE STANDAARD VIR CHRISTENE
Stephanus Hennig
Deurgaans, in die Ou- en Nuwe Testament, is daar 'n unieke en uitverkore volk van God wat as "heiliges" bekend staan. In 1Kor. 1:2 openbaar Paulus hulle as mense wat deur Christus geheilig is. Aan hierdie eienskap word al die uitverkorenes van God geken.
Johannes in sy evangelie en sendbriewe, lê sterk klem op die liefde as standaard van uitkenning onder christene. Maar liefde is die totale karakter van God en in ooreenstemming daarmee sal ons in hierdie wêreld uitgeken word as dissipels van Christus. Ons moet van hierdie karakter wees anders is ons verklaring vals, naamlik "dat dit nie ons is nie, maar Christus wat in ons leef."
Aan die liefde word ons geken as kinders van God; want liefde is die totale vrug van die Heilige Gees - Gal. 5:22.
Maar heiligheid is die standaard van die liefde; dit is die openbaring van ware liefde.
AMERIKAANSE STERFTES AGV GIFSPUIT
Alhoewel dit duidelik is dat die eksperimentele COVID-inspuitings 'n aansienlike aantal mense laat sterf het, bly die totale dodetal goed weggesteek danksy Amerikaanse gesondheidsagentskappe wat data verduister, wegsteek en manipuleer.
Dit gesê, die mees onlangse opname – gepubliseer in die eweknie-geëvalueerde joernaal BMC Infectious Diseases – plaas die dodetal vir Amerikaners iewers tussen 217,330 en 332,608 in 2021 alleen. Soos opgemerk deur Steve Kirsch:
"[Ons het] minstens 217 000 Amerikaners doodgemaak en 33 miljoen ernstig beseer ... in net die eerste jaar, en die CDC en FDA wil jou nog meer gee ... Aangesien sterftes as gevolg van die entstof in 2022 hoër was, sou die meeste kenners skat die sterftesyfer deur alle oorsake weens die COVID-entstowwe is in die omgewing van 500 000 tot 600 000. Die wêreldwye lewenskoste van hierdie entstowwe is dus in die orde van 10 tot 12 miljoen mense … Hierdie [data] stem ooreen met die syfers wat ek al lankal genoem het. Dit is nie toevallig nie.”
Opname: Waarom het sommiges die inspuiting wou kry en ander nie?
Die skrywer was nuuskierig oor waarom 31% van die Amerikaanse bevolking die inspuiting geweier het of nie die primêre reeks teen November 2022 voltooi het nie, toe reeds byna twee jaar in 'n wydgeadverteerde "inenting"-veldtog.
VERWOESTENDE AARDBEWINGS HIERDIE EEU
In die lig van die verskriklike aardbewing wat gister groot verwoesting in Turkye en Sirië aangerig het, kyk ons in hierdie artikel kortliks na die kragtigste aardbewings die afgelope jare.
Die aardbewing wat Turkye gister, Maandag 6 Februarie 2023 getref het, het sover ‘n duisend sterftes en meer as 5 000 beseerdes gelaat. Dis is verreweg die mees vernietigende aardbewing wat die land in dekades gesien het. Die ramp was egter nie tot Turkye beperk nie, aangesien Sirië bevestig het dat honderde daar dood en baie beseer is. Net jammer dat berigte sover nie die Richterskaalsyfer insluit nie.
Kom ons kyk na die mees tragiese aardbewings wat tot dusver hierdie eeu gesien is:
2004: Indiese Oseaan-gruwels
WÊRELDHEERSERS VAN DIE DUISTERNIS
Ds A.E. van den Berg
“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug”(Efes.6:12).
Ons kyk almal teen die wêreld rondom ons vas omdat dit al is wat ons sien. Dis egter nie die enigste wêreld nie. Die Bybel sê dat daar nog een is; onsigbaar en die plek vanwaar Satan van meet af aan met ʼn leër van bose geeste ʼn geestelike oorlog teen gelowiges voer.
Dis ʼn uitgerekte oorlog maar waarvan die finale uitslag reeds bekend is –Jesus gaan oorwin. Satan en sy bose geeste weet dit en vrees die dag van afrekening.“En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid” (Openb.20:10).
MAART – SEISOEN VAN OORLOG
Is dit toevallig dat Malema gesê het 20 Maart 2023 sal die dag wees waarop Eskom finaal afskakel, en dat hy en sy bende sal sorg dat alles in die land tot stilstand kom behalwe ambulanse en mediese personeel? Dit is meer waarskynlik dat hy deur sy geldmeesters voorgesê is om hierdie datum te kies. Waarom?
Die woord Maart is na Mars vernoem, die Romeinse god van oorlog. Dit lei die seisoen van oorlogvoering in. Die VSA kies met enkele uitsonderings, Maart as die maand waarin 'n oorlog teen 'n staat begin word. Dit hou waarskynlik verband met hulle leiers se bygeloof en aanhang van die okkulte. Hierdie oorloë word haarfyn beplan.
Ons weet dat Malema deur MI6 betaal word om chaos in Suid-Afrika te skep. Totale chaos is die toestand waarin die internasionale geldmag Suid-Afrika wil bring sodat hulle NAVO kan inbring om “orde” uit die chaos te kom skep deur die ANC te onttroon – omdat hulle nou nie meer nut het nie – en ‘n interrimregering in te stel wat sal bestaan uit ander onderdane van die geldmag. Ons weet ‘n paar van die FW de Klerk-regime soos Roelf Bokgal Meyer en sy bendelede sit gereed om weer die leisels te neem.
DIE LAASTE STRYD – SOLI DEO GLORIA!
Dit is die jaar 2023. Ons gaan binnekort in Suid-Afrika die stryd van ons lewe stry, een waarvan die Witman van vandag min weet – ‘n stryd wat gekenmerk sal word aan geweld van Swart op Swart sonder enige genade, ‘n stryd met byle, kapmesse, gesteelde vuurwapens en elke barbaarse moordwapen denkbaar, om uit te wis wat voorkom, uiteindelik Swart en Wit.
Die dag het aangebreek dat ons weer, in ons met-bloed-geskrewe-geskiedenis, verplig is om na die wapen te reik ten einde die stryd vir vryheid te hervat, en ons volksaak toe te vertrou aan die Voorsienigheid, wat ons volk wonderbaarlik deur eeue in Suid-Afrika gelei het. Die worstelstryd wat reeds eeue lank duur en begin het toe aan die Hollandse bevolking van Kaap die Goeie Hoop, ’n vreemde oorheerser opgedring is, spoed nou ten einde. Ons het gekom tot die laaste handeling vir die hele Suid-Afrika se gewigvolle drama; ons het by die tyd gekom waar beslis sal word of al die offers wat ons vaders en dié se vaders en selfs ons huidige geslag aan vryheid gebring het, tevergeefs was; of al die bloed van ons volk waarmee elke deel van Suid-Afrika as’t ware oorspoel is, tevergeefs gestort is. Die uur het aangebreek wanneer beslis sal word of Suid-Afrika ’n nuwe tydperk van sy geskiedenis met vryheid sal ingaan, en of ons volk soos die afgelope 27 jr verdruk en uitgedelg sal word in die stryd om vryheid, wat hy eens hoër geag het as alle aardse skatte. Sal Suid-Afrika verder oorheers word deur gewetenlose goudkonings wat handel in die naam van sport? Of sal die laaste steen van oorwinning nou op die gebou wat ons voorouers met soveel moeite en verdriet begin bou het, gesit word?
FINANSIËLE INEENSTORTING VERWAG
https://www.brighteon.com/7afd1f0b-c656-4c78-a1b4-6f3fd5928208
By hierdie skakel sal u 'n video vind wat alles verduidelik oor die ineenstorting van die dollar wat binnekort verwag word. Daar is 'n hele paar kundiges wat die toestand waarin die lande van die wêreld en veral Amerika verkeer, verduidelik. Dat hier 'n wêreldwye finansiële ineenstorting verwag word is duidelik. Luister na wat met die wêreld gaan gebeur wanneer 'n finansiële ineenstorting plaasvind.
AMPER TWAALFUUR!
In Suid-Afrika staan die jaar 2023 in die teken van al die ellende van ‘n volskaalse kommunistiese revolusie wat nou voltrek word. Die swart massas word gebruik om ons eertydse hoogsontwikkelde eerste-wêreldland tot in die grond af te breek. By die haat wat verskillende swart faksies teenoor mekaar openbaar, gaan dit gepaard met ‘n intense haat teen die witman in die land, veral teen die Afrikanerdom wie se voortbestaan hulle ten alle koste wil uitwis, omdat hy reeds eeue lank die vernaamste struikelblok vorm in die pad van die wêreldgeldmag wat nou besig is om Suid-Afrika volkome onderdanig te maak met Ramaphosa as instrument in die Kabbaliste se hande. Die wêreldgeldmag se eeue-lange ideaal in sy anti-Christelike strewe om ‘n een-wêreldregering tot stand te bring sluit Suid-Afrika, net soos die meeste lande met ondergrondse of ander rykdomme, in.
GEBOORTE VAN DIE AFRIKANERVOLK
In die begin het die Here die hemel en die aarde geskape. Daarna het Hy die mens gemaak en hom in sy eerste tuiste geplaas in die tuin van Eden, êrens in Klein-Asië. Ná die sondeval het die verderf en ongeregtigheid so toegeneem dat Hy dit nodig gevind het om die mens met die sondvloed feitlik van die aarde af te verdelg, met uitsondering van die Noag-gesin. Maar saam met Sem, Gam en Jafet se afstammelinge het die groot verderf maar spoedig weer in volle blom gestaan toe die mens in sy grootheidswaan homself wou herskep in ‘n reënboognasie, wat in staat moes wees om by die toring van Babel sy Skepper uit te daag.
Die almagtige God het hulle met taalverwarring uitmekaar gedryf en apartheid ingestel, sodat hulle in verskillende nasies kon ontwikkel, wat in afsondering van mekaar, die gegewe aarde kon bewoon.
STAATSGREEP, NOU?
Daar is sonder twyfel tans ‘n versnelde pas in ontwikkeling van politieke sake te bespeur. Dit is duidelik dat die huidige regime spartel om beheer te behou. Van alle kante breek onstabiliteit los – regeringslui is wantrouig teenoor mekaar, die ANC as party is erg verdeeld, die Swart bevolking raak opstandig en kriewelrig met hul regering, buitelandse beleggers verloor belangstelling in die NSA se sukkelende ekonomie met beurtkrag wat sake tienvoudig vereger.
Maar die grootste enkel bekommernis vir Ramaphosa moet sonder twyfel die geldmag wees. Hy is immers deur hulle grootgemaak – geskool en afgerig vir die pos wat hy tans beklee. Hy is daarom met hulle onderduimse planne en groot mag geensins onbekend nie. En, soos met Zuma die geval was, is die gety besig om ook vir Ramapôs verkeerd te draai. Diegene wat hom aan bewind geplaas het is kennelik besig om te oorweeg of die alternatief wat hulle sedert 1994 in die hoed hou, nou in werking gestel moet word. En Ramaphosa maak nie deel uit van daardie planne nie.
WAAK TEEN VERWAANDHEID
Hannes Ollewagen
2 Tim. 3:1-9
“MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.” (:1-5).
Ons lees in Paulus se briewe aan Timotheüs van ‘n karaktereienskap wat skerp aangespreek word. Hierdie eienskap is dan ook een wat ongelukkig nie alleen in die breë samelewing meer algemeen word nie, maar ook onder ons eie volk raak dit ‘n meer algemene verskynsel. Ja, verwaandheid is ongelukkig ‘n onkruid wat ook in ons volksakker wortelgeskiet het.
'N LESERSBRIEF OOR ONS DIEET-GESPREK
Ons het die afgelope Woensdag met die bekendmaking van die uitslag van persone wat 'n herbivoor-, 'n karnivoor- of 'n omnivoor-dieet verkies, ook ons lesers uitgenooi om verder met ons daaroor te gesels en ons in te lig oor waarom hulle hul spesifieke leefwyse verkies. Hier het ons dan ook vandag 'n interessante briefie ontvang wat ons nou plaas - Red.
Geagte Webmeester,
Ek vra om verskoning dat ek nie aan die opname deelgeneem het nie. Die menings omtrent die verskillende diëte was egter interessant.
My voorkeur-dieet uit die drie wat bespreek is, is die plantaardige dieet (herbivoor).
Ongeveer 10/12 jaar gelede het ek 'n pols gebreek en ná 'n beendigtheid-skandering is ek met osteoporose (toe nog net in die beginstadium) gediagnoseer. My geneesheer het aanbeveel om bv. rooivleis en 'n lang lys ander voedselsoorte sover as moontlik te vermy. (Vermoedelik oor die sure wat dit veroorsaak en die kalsuim uit die been onttrek).
Dit was nogal 'n skok omdat die degenerasie onomkeerbaar is en ek gedink het my gesondheid is goed.
Wel, ek het toe natuurlik 'n dieetkundige gaan spreek. Ongelukkig eet ek baie van die voedselsoorte wat wel aanbeveel word, nie graag nie. In my soeke na meer inligting oor hoe om verdere degenerasie van my skelet te voorkom, het ek 'n DVD van 'n professor (nou afgetree) in Menslike Fisiologie bekom wat handel oor die voordele van'n plantaardige dieet. Ek het ook 'n publikasie bekom wat inligting bevat oor navorsing van die Universiteit van Stellenbosch se Nutrition Information Centre (NICUS). Altwee inligtingsbronne het my oorreed om van 'n omnivoordieet na 'n vegan-dieet oor te skakel. Die aanpassing was alles behalwe maklik en het 'n aantal maande geneem. Ek volg dit egter nie regied nie. Wanneer ek byvoorbeeld saam met my familie kuier, pas ek aan.
Ek stap baie, en voel goed. Ek word vanjaar 75. Bloedruk en cholestrol is normaal sonder enige medikasie. Geen hoofpyne. Geen sooibrand nie. Alhoewel, geen van laasgenoemde twee was ooit 'n probleem nie. Ek neem wel medikasie teen verdere degenerasie van my skelet asook'n kalsium-aanvulling.
Dis my storie.
Driekie Wolhuter, Queenswood, Pretoria.
DIE KERNOORLOG NABY?
Duitsland se Minister van Buitelandse Sake, Annalena Baerbock, het aangekondig: "Ons veg 'n oorlog teen Rusland." Hulle sê dit openlik. Hulle sê letterlik VS/NAVO is in oorlog met Rusland.
Is dit hoe die Bundestag werk? Hoe is dit dat ministers oorlog kan verklaar sonder die ingeligte toestemming van die Duitse volk? En is Engels nou die voorkeurtaal van die Duitse regering? Of beoog Baerbock haar boodskap vir 'n groter gehoor as Duitsland se burokrate? Stel jou voor 'n Amerikaanse parlementslid wat op die vloer staan en met sy kollegas in Duits of Frans praat.
Maria Zakharova, woordvoerder van die Russiese ministerie van Buitelandse Sake se reaksie soos volg: “As ons dit by Merkel se onthullings voeg dat hulle die Oekraïne versterk en nie op die Minsk-ooreenkomste gereken het nie, dan praat ons van 'n oorlog teen Rusland wat vooraf beplan is. Moenie later sê dat ons nie hieroor gewaarsku het nie.”
Die Duitse mense moet regtig ontslae raak van hierdie neokoniese politici, net soos Amerika van hulle hele regering se psigopate ontslae moet raak. Die spul moet bymekaargemaak en verhoor word vir oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom. Hoe gouer hoe beter vir almal!!
STILTE VOOR DIE STORM
Dit kom voor asof die sogenaamde pandemie wat reeds in 2020 begin het om die wêreld om te krap, nou bedaar het. Maar as mens dieper ondersoek instel lyk dit eerder nou na die stilte voor die storm.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het in die middel van 2022 begin met die opstel van 'n wêreldwye pandemieverdrag, wat hom die alleenmag sal gee om besluite te neem wat verband hou met globale biosekuriteit, insluitend maar nie beperk nie tot die implementering van 'n wêreldwye entstofpaspoort/digitale identiteit, verpligte inentings, reisbeperkings en gestandaardiseerde mediese sorg.
Dan kan hulle net jou bankrekening sluit wanneer jy iets doen waarvan hulle nie hou nie, soos om te protesteer teen die onreg wat op ons wag wanneer alle vryhede van ons weggeneem is. Inderdaad, in 2022 het die Kanadese regering beslag gelê op die bankrekeninge van mense wat geld aan die vragmotorkonvooi geskenk het, en dit was basies 'n voorskou van die soort mag wat die WGO sou hê.
MUSK, SCHWAB EN SOROS
Dit was deur jare altyd interessant hoe misdaad uitspeel sodat 'n klomp skurke uiteindelik teen mekaar werk wanneer dinge warm word, en gewoonlik agv geen vastigheid, geloof en vertroue, nie in mekaar nie, nog minder in hulle Skepper wat hulle gewoonlik ontken. Dit is dan wanneer die waarheid uitkom. Geniet hierdie video!!!
GELOFTELAND SE DIEET-STEMTELLING
Hierdie was ‘n baie klein navorsingstudie aangesien die meeste lesers klaarblyklik te skaam is om hulle persoonlike omstandighede bekend te maak. Ons het darem 32 antwoorde van dapper lesers gekry. Al is dit min, gee dit ons ‘n redelike duidelikheid dat mense vandag oor die algemeen voel dat groente, vrugte en vleis in hulle dieet welkom en selfs nodig is.
Weet ook dat ons sommige lesers persoonlik genader het om deel te neem; nie almal wou nie, dus volstaan ons by wat ons het. Ons hoef ook nie minderwaardig te voel oor die lae deelnemerstal nie; in Amerika het geregistreerde navorsingstudies soms uit tien tot ses-en-twintig kandidate bestaan; dus is 32 ‘n aanvaarbare getal om dit aanspreeklik te maak.
Die uitslag lyk soos volg:
OMNIVORE het gestem: 84%
KARNIVORE het gestem: 10%
HERBIVORE het gestem: 6%
NOTAS
ONTHOU GELOFTELAND HET GEVRA DAT STEMMERS EN LESERS DIE REDE VIR HUL BESLUITE SAL BYVOEG: natuurlik was daar min wat kommentaar gelewer het waarom hulle so ‘n lewenswyse volg.
RUSLAND VIR VREDE – WESTE SOEK OORLOG!
Ons hoor maar min deesdae van die voortdurende oorlog tussen Rusland en die Oekraïne. Maar ons weet ook dat di e swye net nog ‘n metode is waarmee die geldmag inligting weerhou ter wille van ‘n paar redes waaronder: nie onnodig alarm te maak oor al hulle wandade nie; asook rustige burgers te oorval in hulle slaap.
Die huidige situasie in die Oekraïne toon dat die konflik tussen Rusland en die Weste nie meer as 'n "basteroorlog" gedefinieer kan word nie, maar eerder besig is om 'n ware een te word, het die Russiese Minister van Buitelandse Sake, Sergey Lavrov, gesê.
Lavrov het tydens 'n perskonferensie ná 'n ontmoeting met sy Suid-Afrikaanse eweknie, Naledi Pandor, (glo dit as mens kan!) opgemerk dat hierdie "amper werklike" oorlog iets is wat die Weste "vir 'n lang tyd teen Rusland voorberei het." Ja, almal weet dat die VSA en sy bendelede soos die VK ea, vir jare lank beplan om Rusland met die aarde gelyk te maak.