Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Weet jy dat jy jou hele lewe kan verander deur jou houding en gesindheid te verander? Probeer dit gerus in die positiewe sin!
AS ‘N VOLK DIE HERE VERGEET
Ds A.E. van den Berg
“Kan 'n jonkvrou haar versiersel vergeet, 'n bruid haar pronkgordel? Maar my volk het My vergeet, dae sonder getal.” (Jer.2:32).
“Vergeet 'n meisie haar juwele of 'n bruid haar trourok? Tog het my volk My jare gelede al vergeet” (NAV).
Elkeen van ons het al op een of ander stadium iets belangriks vergeet. Miskien ʼn verjaarsdag, huweliksherdenking of wat ook. Ons het dit vergeet. Een ding durf ons nooit vergeet nie; ons afhanklikheid van God. Dit het met ernstige gevolge met Israel in die tyd van Jeremia gebeur. Afhanklikheid van God is soos die naelstring van ʼn ongebore baba aan sy moeder. Jesus sê in sy eerste saligspreking: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel” (Mt.5:3). Vergeet alles, maar net nie jou afhanklikheid van God nie.
AFRIKA SE WAARDESTELSEL
Agter in die kapel van ‘n Suid-Afrikaanse tronk staan 'n fors swart man met uitdrukkinglose oë. Sy gesig is vol snywonde wat met uiters fyn steke toegewerk is, lank gelede – mediese kunswerke wat defnitief nie die werk van hospitale in Suid-Afrika was nie.
Die kapelaan vra hom of hy van Mosambiek af kom en hy antwoord bevestigend. Hy was eens lid was van Frelimo, die marxistiese terreurbeweging wat die land regeer. Die kapelaan wil weet wat maak hy hier in ‘n Suid Afrikaanse tronk.
“Nee, jy sien pastoor, die ding is so. Ons het mense by vulstasies in Suid Afrika geroof, en soms het ons hulle geskiet.”
“Waarmee?”
“Met AK-47′s’ antwoord hy. “Maar dis nie die fout hoekom ek hier is nie. Die fout is dat een van die mense wat ek geskiet het, gesterf het.”
‘n Marxistiese terroris uit Mosambiek funksioneer in Suid-Afrika deur plekke soos vulstasies met AK-47′s te beroof en onskuldige slagoffers sommer net te skiet. En dit is nie verkeerd of ‘n probleem volgens hom nie, maar normaal. Die fout hoekom hy gevang is, is nie vir terrorisme nie, maar omdat een van sy slagoffers gesterf het.
BASIESE BEGINSELS VAN SELFVERDEDIGING
deur Jeff Cooper
Voorwoord
In ons verwarde samelewing loop daar ongeveer een uit elke sestig persone rond met misdadige neigings, wat nie sal skroom om vreedsame, onskuldige mense aan te rand wanneer vir hulle 'n gunstige geleentheid daartoe opdaag nie. Ons gaan van die standpunt af uit dat waar sulke mense deur misdadigers en rowers aangeval word, besit hulle minstens die reg op selfverdediging, alhoewel dit selfs in sekere regskringe betwis word en die slagoffers van die aanrandings aangeraai word om maar te probeer om te ontsnap. Dit mag wetsgehoorsaam klink, maar baie slagoffers van aanvalle wat nie 'n poging aangewend het om weerstand te bied en hulself te verdedig nie, moes al met hul lewens daarvoor boet.
Die misdadiger kan alleen met sy aanval slaag as sy slagoffer 'n lafhard is. 'n Slagoffer wat met mening terugveg, stuur gewoonlik die boosdoener se planne in die war. Die persoon mag miskien nie heeltemal ongeskonde daarvan afkom nie, maar indien hy nie teruggeveg het nie, kon hy miskien nog ernstiger beserings opgedoen het of selfs sy lewe verloor het. Deur terug te veg, behou hy tog ook sy waardigheid en selfrespek.
HOE MOET ONS STAANDE BLY?
Dit was die skrywer Richard Weaver wat gesê het dat daar nie iets soos internasionale "wortels" met betrekking tot kultuur bestaan nie. Hy het hom sterk uitgespreek oor die beskerming van 'n volk se eie kultuurwaardes wat soos 'n heiligdom bewaar moet bly indien die volk nie verdring en vertrap, vermoor en totaal uitgewis wil word nie. Wanneer die reg van 'n volk op voorkeure in sy kultuurlewe van hom ontneem word soos dit nou met die Afrikanervolk gesteld is sodat daar nie meer een voorkeur vir 'n bepaalde beginsel bestaan nie, dan word dit 'n lewe sonder beginsels en dán verval 'n volk in 'n beginsellose pad na selfvernietiging. Geen wonder daar is onder ons volksgenote soveel gevalle van depressie, selfmoord, en veral volksverraad nie.
Daarby het ons volk volkome kulturele selfmoord gepleeg wat uiteindelik gelei het tot politieke selfmoord, en as ons nie gou omdraai nie, sal lei na volkome volksmoord. Die wisselwerking tussen politiek en kultuur is vir die onthalwe van 'n staande volk van die grootste belang: verwaarloos hy die een, verloor hy die ander baie gou. Ook beskerm die een die ander en wanneer die regte politieke leiding dáár is word 'n volk se kultuurbasis versterk en behou hy sy mag. So is alleen 'n volk wat vierkantig waghou oor sy kulturele sake, in staat om weer die politieke mag in sy land te bekom en te behou. Selfs sou hy die mag van selfbeskikking deur onverwagte genade bekom terwyl sy kulturele waardes in die drein afgespoel het soos nou, sal hy daardie politieke mag vinniger verloor as wat hy dit bekom het.
VALSE PROFETE IN DIE EINDTYD
Ds A.E. van den Berg
“Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”(Mt.7:22,23).
Die ware kerk van Christus word sedert haar ontstaan deur valse profete geteister; mense wat voorgee om dienaars van God te wees, maar lieg. Hulle is deur Satan geplant om die boodskap van verlossing in Jesus te verdraai sodat mense nie tot bekering kan kom nie en op die ou einde saam met Satan in die hel gewerp word.
Die Bybel waarsku teen ʼn toename van hulle net voor die wederkoms soos tans wêreldwyd waarneembaar is. Amerikaanse TV-predikers soos Joel Osteen ontvang bv. miljoene dollars met donasies wat hy van meer as 7 miljoen kykers in nagenoeg 100 lande ontvang!
AAN WIE IS HY IETS SKULDIG?
Hannes Ollewagen
Job 41:1-25
“Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne.” (:2)
Hierdie woorde is dalk iets wat ons samelewing met sy menstaliteit van “die wêreld skuld my” , meer gereeld moet hoor. Hierdie verwerplike houding is wêreldwyd onder veral die Westerse beskawing te bespeur. En dit is besig om samelewings te laat verrot. Ons kan dit ook hier naby aan ons sien. Dit is nie alleen die swart volke rondom ons wat hierdie mentaliteit het nie, maar ook onder ons eie volk is dit nie meer ‘n ongewone verskynsel nie.
Daar is myns insiens min gedeeltes wat hierdie verkeerde gedrag so kragtig en duidelik aanspreek as die lewensverhaal van Job. Hierdie man, Job, was ‘n vroom en Godvresende man. En hy was skatryk en baie voorspoedig. En God het toegelaat dat hierdie man van al sy besittings, sy kinders en selfs sy gesondheid gestroop word. Die natuurlike gevolg was dat Job gevra het waarom al hierdie dinge hom oorkom. En dit was nie noodwendig ‘n verkeerde ding om te doen nie, want selfondersoek is nie alleen nodig vir ‘n mens nie, maar noodsaaklik. Job het egter mettertyd sy eie vrome en regverdige lewe met die verkeerde lewe van die goddelose vergelyk en volgens sy oordeel was dit nie reg dat hierdie mense in hul goddeloosheid voorspoedig is terwyl hy in sy Godvresendheid soveel teëspoed moes ervaar nie. En hierin het Job vir God vertoorn.
MAG DIE GODDELOSES NIE MEER WEES NIE!
Wat 'n wonderbaarlike God het ons nie! Dat Hy telkens weer sy volk Israel gered het na elke terugval in die gruwelikste sondes. Soos Ps 106:43 sê: "Hy het hulle baiekeer gered, maar hulle was wederstrewig in hulle voorneme". Ps 106 vertel ook vir ons die twee redes waarom Hy hulle telkens weer uitgered het: Eerstens het Hy hulle verlos om sy Naam ontwil, om sy mag bekend te maak; tweedens het Hy hulle jammer gekry, hulle smekinge aangehoor en berou gekry oor hulle swaarkry.
Wat het die volk Israel dan gesondig? Van die ergste wat in Ps 106 genoem word is dat hulle met die heidene vermeng het in so ‘n mate dat hulle dieselfde afgode as die heidene begin dien het en as gevolg daarvan talle sondes gepleeg het. Die toorn van die HERE het hieroor ontvlam teen sy volk, en Hy het 'n afsku in hulle gekry. Daarom het Hy hulle in die hand van die heidene oorgegee en, sê Ps 106 "...hulle haters het oor hulle geheers, en hulle vyande het hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig."
PRAAT DAN ENGELS…
… AS JY NIE GOEIE AFRIKAANS WIL PRAAT NIE
Ons hoor deesdae al meer hoe ons mooi taal verniel word. Mens hoor bykans nooit meer een sin wat nie vol Engelse en verdraaide Afrikaanse woorde is nie – dit by oud en jonk, en almal Afrikaners! Maar hiervoor is daar 'n spesifieke rede – ons volksvyande sit vierkantig hieragter: verdeeldheid in ons volk het dikwels in ons geskiedenis ook ons taal op meer as een manier skade aangedoen. So is die teenoorgestelde ook waar: wanneer volksnasionalisme aan die orde van die dag was, het dit Afrikaans op meer as een manier bevoordeel. En tans toon ons allesbehalwe 'n passievolle nasionalisme en trots op wat ons eie is.
In ons geskiedenis is talle voorbeelde van tye van verdeeldheid onder volksgenote wat tot die verwaarlosing van Afrikaans gelei het. Een daarvan is "De goddelose inval van Duits-Zuidwest", soos genl CF Beyers dit op 29 Oktober 1914 genoem het toe die Botha-regering met die Suidwes-veldtog begin het. Baie Afrikaners was net so omgekrap oor hierdie besluit wat die regering op 10 Augustus 1914 geneem het om die Britte ter wille te wees. Die ontevredenheid was verstaanbaar want dit was maar twaalf jaar ná die Vrede van Vereeniging. Die ellende wat die Britte aan Afrikaners op eie bodem kom aanrig het in die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 tot 1902 was selfs in ander lande met groot afsku bespreek, soos in Holland waar die Gereformeerde leier, Abraham Kuyper, se woorde was: "Met afschuw herinnerden zij zich wat Engeland de Afrikaner Boeren hadden aangedaan."
VÓÓR ONS 'N OORLOG INGAAN...
AANLOOP TOT DIE EERSTE VRYHEIDSOORLOG
Ons almal weet van die Eerste Vryheidsoorlog wat geëindig het met die slag van Majuba. Maar wat het die oorlog vooraf gegaan? En hoe vergelyk daardie tyd se gebeure met 1994 se gebeure?
Toe MW Pretorius bedank uit die Presidentsamp in 1871, het die volk die begeerte gehad om 'n geleerde man as President te kry, want hy moet die Britse argumente op 'n slim manier kan teëstaan. So word Ds. Francois Burgers verkies as President. Maar Burgers was 'n sterk voorstander van liberale godsdiens, vryheid van die individu en internasionale eenheid. Hy begin dadelik met sy "hervormingsbeleid", om die ZAR aanvaarbaar te maak vir die wêreld.
Klink dit nie bekend nie? John Vorster het "Klein Apartheid" om dieselfde rede afgeskaf, om Suid-Afrika aanvaarbaar te maak vir die wêreld. Paul Kruger, 'n Godsman, is oorgesien as moontlike President, want die volk wou die ZAR 'n welgestelde, vooruitstrewende staat maak. Paul Kruger het deur Burgers se wêreldse maniertjies gesien, en hy het geen geheim daarvan gemaak dat Burgers die ondergang van die jong Republiek gaan bewerkstelling nie. Paul Kruger bedank uit die Uitvoerende Raad (landsregering) in 1873 as Kommandant-generaal. Hy het eerder bedank as om deel van Burgers se hervormingsbeleid te word en so die vertroue wat die volk in hom gestel het, te skaad.
WANDEL SOOS HY
Hannes Ollewagen
1 Joh. 2:3-17
“Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.” (:6)
Hierdie gedeelte uit die Woord van God herinner ons aan die groot verantwoordelikheid wat op ons as God se kinders rus. Die gawe van geloof en van redding wat ons van Hom ontvang kom ook saam met ‘n verantwoordelikheid. ‘n Verantwoordelikheid om ‘n lewe volgens die voorbeeld van Christus na te streef.
Ons almal weet dat, ten spyte van ons beste pogings, niemand van ons hier op aarde aan die heiligheid van Christus gelyk kan word nie. Niemand kan sondeloos leef soos wat Hy dit gedoen het nie. Ons sal steeds sondig. Ons is steeds met swakheid bevange, maar ons kan dit nie as ‘n gerieflike verskoning gebruik om die verantwoordelikheid soos in ons Skrifgedeelte uitgelig te probeer ontwyk nie.
Wanneer ons lank genoeg hierdie verskoning gebruik, sal ons later nie meer berou toon oor ons sondes wat in swakheid begaan is nie, maar dit eerder begin herhaal.
DIE KERK SE DOEL
Ds A.E. van den Berg
Het die kerk nog enige betekenis?
“Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God” (1 Kor.1:18).
“Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word?” (Mt.5:13).
Kerkgang het vandag so ontstellend afgeneem, dat ʼn mens wonder of die kerk nog enigsins ʼn rol in ʼn gemeenskap te vervul het. Diegene wat hul kerkgang gestaak het, sê gou dat God nie net in kerke gevind word nie. Hy is orals en is ook in die natuur, huise op TV’s en radio-uitsendings te vinde. Om God te ontmoet, kan jy net sowel buite in die natuur gaan loop of in jou huis bly. Dit gaan geen verskil maak nie.
Nee, alhoewel God alomteenwoordig is, roep Hy sy kinders tot gesamentlike aanbidding op: “...en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom” (Hebr.10:25). Ons bely in die Twaalf Artikels dat ons glo aan die gemeenskap van die gelowiges.
RAMAPHOSA NIE WELKOM BY G7
AS JOU VEL DIK IS, IS DIT DIK...
Daar is sekere mense wat met dik velle gebore is. En niks kan dit verander nie. ‘n Sekere wetenskaplike proffessor het jare gelede hierdie feit selfs op ‘n tasbare manier bewys. Nou het ons dit pas weer gesien toe Ramaphosa gedink het hy gaan nog ‘n keer genooi word om die G7-beraad in Japan by te woon.
Ramaphosa het volkome gereed gesit dat die beraaddatum moet aanbreek; sy span het lankal die datum in sy ‘besige’ skedule ingeskryf. Selfs joernaliste is reeds genooi om dié belangrike president by die beraad te gaan afneem. Maar toe val die bom dat daar hierdie keer nie ‘n uitnodiging vir Ramaphosa gekom het nie. Anders as Kanada, Frankryk, die VK en Duitsland, wat Cyril Ramaphosa as 'n eregas by hul G7-beraad in onderskeidelik 2018, 2019, 2021 en 2022 gehuisves het, het Japan hom nie na volgende maand se G7-beraad in Hiroshima genooi nie.
DIE KWESSIE VAN AFRIKANERSKAP
Vandag is daar gedurig ongegronde bewerings dat slegs die mense wat in 1836-1838 getrek het regtig deel is van ons Afrikaner- of Boerevolk. Die ANB het dit al van te vore veroordeel as onnodige of kwaadwillige skeurmakery.
Die Voortrekkers het die Kaap verlaat omdat hulle onderdruk was deur die Engelse regering en ook in gedurige gevaar verkeer het vanweë die Xhosas se aanvalle op die grens. Maar baie Afrikaners wat in die Kaap agtergebly het, het nie hulle karakter verloor en in die Engelse opgegaan nie. Hulle was op die tydstip wat Transvaal geannekseer is besig met ‘n stryd om die Kaap te bevry van die Engelse oorheersing. Hulle het oorloë gevoer teen die swartes aan die oosgrens in die 1870’s. Hulle het ‘n stryd teen verengelsing van hulle skole gehad.
GAAN U IN SATAN SE OES EINDIG…
…OF IN GOD SE OES?
Wat is die mens dat hy so versleg? Sy gees is ontvanglik vir goed en sleg maar soos die jare aanstap verduister die goed en bly daar net die sleg. Of is dit nuwe slegwees wat op hom toegesak het? Vandag se mens het nie meer die karakter van die mens in die vyftig- en sestigerjare nie; nie eens dié van die sewentigs of tagtigs nie. En die wat nou baie jonk is sal nie eers weet waarvan hier gepraat word nie want hulle het dit nooit geken nie.
Wat nie geken nie? Daar is lyste vol goeie maniere wat uit ‘n goeie karakter voortkom maar kom ons begin by die minste (is dit min?) Wanneer iemand ‘n brief ontvang, is dit opgevoed om ontvangs te erken. Vandag is ons so bevoorreg om hierdie ritueel in minute met digitale ontwikkeling af te handel – destyds was daar darem nog ‘n poskantoor waar mens ‘n brief gepos en die antwoord weer gaan afhaal het al het dit lank geneem maar daar was toe ook iets soos geduld – nog ‘n vreemdeling vir die mens van vandag. Om ontvangs van ‘n skrywe te erken is nie ‘n guns nie maar ‘n noodsaaklikheid.
SWART OPROER - WAT IS ONS PLAN?
Die ANB voorsitter van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB), Carel van der Grijp, gee raad wat om te doen as die swart massas begin saamdrom en afbreek.
Deur die jare in Suid-Afrika het daar ‘n stryd gewoed, tussen die wat “Een mens en een stem” en ‘n belofte van voorspoed gepropageer het, en die ander pool, diegene wat vasgestaan het daarby dat Blank Suid-Afrika aan die Afrikaner behoort. Dat die histories erkende gronde wat aan die Swartman behoort terug moet gaan na die swartman, maar ook dat alle gronde wat histories aan die witman behoort as vaderland van die Afrikaner erken word.
Daardie mense het dan ook die gevare uitgewys as “Een mens een stem” ooit in Suid-Afrika aanvaar sou word: Dat die witman van alles wat heilig is gestroop en fisies uitgemoor sal word. Deur bedrog is die Afrikaner uitgelewer. Die bedrog was deur ‘n strikvraag en ‘n belofte in die referendum van 1992 dat daar aan die kiesers ‘n kans gegun sou word om die onderhandelde ooreenkoms tussen ANC / NP goed of af te keur, min wetend dat dit deur middel van een mens een stem sou geskied…
LOOF DIE HERE!
HOE GOED IS DIT OM DIE HERE TE LOOF!
Hannes Ollewagen
Ps. 92:1-16
“Dit is goed om die Here te loof en tot eer van u Naam te psalmsing, o Allerhoogste, om in die môre u goedertierenheid te verkondig en u getrouheid in die nagte;” (:2&3).
“Hoe groot is u werke, o Here; baie diep is u gedagtes!” (:6).
Die Psalmdigter herinner ons in hierdie gedeelte aan ‘n belangrike saak. Ons word daaraan herinner dat dit nie alleen nodig is om God te loof nie, maar ook dat dit goed is om God te loof.
Ons leef in ‘n land met ‘n goddelose en mens-gerigte grondwet. Die fokus is deurgaans op die mens en daarom sal selfsug en eiewaan in só ‘n samelewing deurentyd toeneem. Die fokus is alleen op dit wat vir mý (volgens eie oordeel) goed is, dit wat vir mý lekker is, dit wat vir mý gerieflik is en dit wat ék wil en sal, ongeag wat die gevolge daarvan op die samelewing rondom my sal wees. Dit is natuurlik glad nie goed nie – nie vir myself of vir diegene rondom my nie.
DIE SINDROOM VAN NASIONALISME
C J Langenhoven het gesê die verskil tussen die persoon en die volk is dat die persoon terugkyk en ’n wiegie sien en vorentoe ’n graf. Maar by ’n volk is dit omgekeerd. Hy kyk terug en sien ’n graf en vorentoe sien hy ’n wiegie.
In ’n tyd soos die waarin ons nou leef, is daar baie verwarring en teenstrydighede. Daar word geknaag aan mense se geloof, getorring aan hulle opvattings, gepluk aan hulle beginsels.
Vir ons wat geloof het in die bestemming van die Afrikanervolk in Afrika is dit goed om in ’n tyd van onsekerhede te kyk na die grondslae van ons volksbestaan en die lewensbeskouing van waaruit ons gegroei het.
In Suid-Afrika is Afrikanernasionalisme ’n mag wat opgewek kan word en baie planne van vyande in die war kan stuur, want Afrikanernasionalisme is die skeppende, drywende mag wat hierdie land gemaak het tot die sterkste staat in Afrika.
LAAI REG AF
Moenie verkeerd aflaai nie!
Ds A.E. van den Berg
“En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang” (Mt.27:5).
Min Nuwe Testamentiese persone se optrede slaan jou so dronk soos dié van Judas. Hoe het hy by die dissipelkring beland? Waarom het Jesus as God alwetend dit nie verhoed nie? Hy het mos geweet dat Judas Hom sou verraai! Hy het, maar God se plan moes deur Judas werk. Dit verskoon egter nie sy verraad nie. Elke mens is vir sy eie keuses verantwoordelik. Judas moes kies en het verkeerd gekies.
Judas was egter nooit op die voorrand soos die ander dissipels is nie. Hy het ʼn lae profiel gehandhaaf. Ander dissipels nie. Dink aan Petrus met die belydenis: “U is die Christus, die Seun van die lewende God” (Mt.16:16).
Ons hoor ook duidelike geloofsuitsprake van Johannes, Jakobus en Thomas maar niks van Judas nie! Al wat ons van hom weet, is dat hy die beursie gedra het – die penningmeester van die kring. Hy was, soos later duidelik aan die lig gekom het, baie lief vir geld.
DIE AFRIKANERVOLK SE GELOOFSERFENIS
Hierdie artikel deur MJ Erasmus is geneem uit die Afrikaner Nasionalistiese beweging se Nuusbrief van Maart 2023.
Wanneer ons besin oor die geloofserfenis van ons Afrikanervolk is ons met een van die mees heilige onderwerpe besig wat daar maar kan wees. ‘n Vaste ingewortelde geloofsoortuiging en onwrikbare geloofsvertroue, in die Drie-enige God wat Homself in die Bybel, sy onfeilbare, gesagvolle en onveranderlike Woord, openbaar, was die grondslag waarop ons volk gebou is en die wortel waaruit ons volk gegroei het. Dít is die fondament van die Afrikanervolk. Dié geloofsfondament, wat so duidelik uit die wordingsgeskiedenis van ons volk aanwysbaar is, en wat so baie van ons dapper voorgeslagte en volkshelde hul lewens deur besiel het, het dié merkteken van die ware Boer/Afrikaner geword.
Die dankbare wete dat die HÉRE ons ‘n volk gemaak het, dat Hý aan ons ‘n vrye Vaderland en soete Moedertaal geskenk het, om te alle tye te koester en beskerm, het die basiese lewensopvatting van die deursnee Afrikaner geword. Die eer van God en ‘n opregte dankbaarheidslewe vir die genadige verlossing in Christus, het die rigtingwyser vir ons daaglikse lewens geword. Die suiwer geloofswortels, van geslag na geslag van ouers en grootouers aan kinders en kindskinders oorgedra, het die wese van ons Volksidentiteit geword.
DIE BYBEL OF DIE C14-TEORIE?
Ds A.E van den Berg
Die moderne mens het met verloop van tyd sy eertydse vaste vertroue in die Woord van God na die wetenskap en derhalwe menslike intellek verskuif. Dis geglo dat daar verby die era van godsdiens absolutisme gegroei is.
Willard Libby, vader van die koolstofdateringsteorie in 1952 (ook C14genoem), was een van hulle. Volgens hierdie teorie kan die ouderdom van materie wat koolstof bevat, oënskynlik korrek gedateer word. Ten spyte daarvan dat dit ʼn hipotese is, het hy ʼn Nobelprys vir sy “ontdekking”ontvang.
Sy teorie weerspreek die Bybelse verhaal van die skepping en stel dit as ʼn feit dat die aarde eerder miljoene jare oud is. Dis onsin. Luk.3:23-38 beskryf 77 geslagte van Adam tot by Christus wat ongeveer 4000 jaar oorspan. Jesus het ongeveer 2000 jaar gelede geleef. Gevolglik is Adam ongeveer 6000 jaar gelede geskape. In Jesus se eie woorde was Adam aan die begin van die skepping geskape (Mt.19:4; Mark.10:6) en is die skepping derhalwe niks ouer as 6000 jaar nie.