Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Goeie leiers voel nie bedreig deur ervare ondergeskiktes nie – hulle versamel ervare mense rondom hulle.
MEDIA NOU BANG VIR VERVOLGING?
By die skakel hierbo kan u na ‘n kort video kyk waarin van die hoofstroommedia uitstip dat die hele covid-pandemie ‘n leuen was. Dit is ‘n wonderwerk op sy eie, want hulle was een en elk verbied om te berig oor die gevolge van die “sogenaamde virus en verskriklike pandemie” maar was tot nou nog nie openlik oor die skade wat die sg inenting doen nie. Dat daar van die hoofstroommedia se personeel is wat nou begin besef in hoe verskriklike misdaad hulle ingesleep is toe hulle deur geld omgekoop is om die waarheid oor die wêreldwye bevolkingsmoord te verswyg, is eintlik hartverskeurend. Maar onthou, dit is nie die geheel-mening nie, u sal gereeld nog die liberale nuus aanhoor en swye oor die gifspuit beleef!
KERNKRAG EN CHRISTENSKAP
Op 9 Augustus1945 het 'n totaal-Christelike B-29-bomwerperbemanning van Tinian-eiland in die Suid-Stille Oseaan opgestyg, met die seëninge van sy Katolieke en Protestantse kapelane. In die vliegtuig se ruim was die tweede van die enigste twee kernbomme wat ooit teen menslike teikens in oorlogstyd gebruik is. Die primêre teiken, Kokura, Japan, was vertroebel, so die vliegtuig, genaamd Bock's Car, was na die sekondêre teiken, Nagasaki, op pad.
St. Mary's Katedraal, geleë in Nagasaki City se Urakami River-distrik, was 'n massiewe struktuur en 'n landmerk wat maklik sigbaar is vanaf 31 000 voet uit die lug. Die katedraal was een van die landmerke waaroor die Bock's Car se bombardier vir weke voor die sending ingelig is. Die katedraal is kortliks deur 'n breuk in die wolke gesien toe die aanvalsopdrag gegee word. Die bom het 500 meter bokant die kerk in 'n versengende vuurbal so warm soos die son ontplof. Die legendariese Urakami-katedraal is totaal vernietig deur die Nagasaki-bom op 9 Augustus 1945.
DERDE WÊRELDOORLOG IS HIER
Die Geldmag is hard aan die werk om te sorg dat Rusland nie heelhuids uit die geveg met die Oekraïne kom nie en aangesien dit lyk asof Rusland nou wel gaan klaarspeel daar, is die sataniese plannetjies verder in plek gestel. Brittanje wat soos altyd bereid is om die vuil werk te doen, is aangesê om oorlog teen Rusland te gaan maak. Rusland het gewaarsku indien Brittanje inmeng, hy sy kernwapens sal gebruik. Dalk sien ons self nog hoe Siener van Rensburg se voorspelling waar word en Engeland tydens hierdie oorlog onder die water verdwyn. Siener het beduie hoe God Engeland gaan straf vir al die pyn en lyding wat hulle aan so baie lande, ook Suid-Afrika gedoen het deur middel van hulle magsug en grondsug deur baie eeue.
Kyk na die video by die skakel hierbo om te weet hoe die saak verloop.
VROUEDAE IN ONS GESKIEDENIS
Die Boerevroue het destyds hulle eie Vrouedae gehou.
Die eerste Vroue-optog oppad na 'n regering in Suid-Afrika was op 9 Augustus 1843. (vandag presies 179 jaar gelede)
Die Voortrekkers het Natal ingetrek nadat hulle grond van Dingaan gekoop het. Ná die Trekkers hulle in Natal gevestig het, het die Engelse 'n garnisoen soldate gestuur en Natal as Britse Kolonie verklaar. Die Trekkers se onafhanklikheid is toe tot niet.
Susanna Smith, vrou van Eerw. Erasmus Smit, die ‘predikant’ van die Trekkers en ander vroue het die Britse bevelvoerder gaan spreek. Hulle maak beswaar dat die grond wat die Trekkers met bloed gekoop het deur Brittanje as eiendom gevat is. Tydens hierdie gesprek het een van die vroue verklaar: "Ons sal eerder kaalvoet terug oor die Drakensberg loop as om onder Britse gesag te bly” . Die onderduimse Engelse het verklaar dat hulle die gebied beset het tot beskerming van die Trekkers. Die meeste Trekkers het weggetrek na die Vrystaat en Transvaal.
MET RYPERD EN MAUSER (19)
Dr JP Botha
Lees reeks by Met Ryperd en Mauser
ROOIWAL
‘n Paar dae na hierdie onaangename nag aan die begin van April 1902, moes generaal De la Rey na Klerksdorp gaan om saam met ander lede van ons regering met die Engelse oor vredesvoorwaardes te gaan onderhandel. Toe hy by ons verbyry, sê ons aan hom: “Generaal, julle moet vrede maak.”
“Moet ek die land vir die Engelse gee?” vra hy.
“ Nooit nie!” roep almal eenparig uit.
Ons het toe ‘n paar dae daar rondgetrek om die Engelse in die war te bring oor waar ons ons bevind.
Op ‘n dag toe ons nog houtgerus teen die saals lê en gesels, hoor ons die fluitjie vir opsaal blaas. Dit was so naastenby twee-uur in die middag. “Nou waar nou heen?” het ons vir mekaar gevra.
Gewoonlik word aanvalsplanne, soos deur die offisiere besluit, nie rugbaar gemaak nie weens vrees vir verraad en ook omdat daar nog steeds by ons persone was wat gewoonlik gedurende sulke tye stilletjies van die toneel verdwyn het. Maar as hulle niks van ‘n voorgenome aanval weet nie, was daar kans vir ons adjudante om sulke halfhartiges se rydiere met ons horsswepe by die linie te hou.
NOG ‘N WEB SKUIF TWV VRYE SPRAAK
Vroeg vanoggend Maandag 8 Augustus, het Brighteon om 02:00 (VSA-tyd) begin om die Brighteon-stelsel na 'n nuwe hardeware-omgewing te migreer wat hulle aansienlik verhoogde skaalbaarheid en sensuurweerstand sal bied. In die VSA word elkeen wat waag om oor die waarheid van die dinge wat saakmaak, veral die gifinspuiting, te praat, nou ten dode aangeval en probeer hulle ander uitkoms soek om verder verslag te kan lewer. Brighteon is 'n webwerf waar uiters duidelik gepraat word oor wat leuens en wat waarheid is, dus sou hulle die aanvalle verwag het en moet daarom ‘n skuif met die werf doen. Hier volg die stigter, Mike Adams, se kort brief:
“Ons werk hard om jou reg om vryelik te praat te beskerm, en sodra hierdie stap voltooi is, sal jy sien dat baie nuwe kenmerke ontplooi is. Hierdie oorgang sal na verwagting tot ses ure neem, maar kan vir nog baie ure daarna foute veroorsaak.
“Belangrik, geen bestaande video's sal tydens hierdie oorgang verlore gaan nie. As jy egter besig is om 'n video op te laai wanneer hierdie oorgang begin, kan daardie oplaai dalk misluk en jy sal 'n nuwe poging moet begin nadat die oorgang voltooi is.
“Dankie vir jou geduld, en ons sien uit daarna om vir jou 'n verbeterde, meer robuuste hardeware-platform te bied om Brighteon.com vir die komende jare aan te bied..
“Dankie,
“- Mike Adams, stigter, Brighteon.com”
GELDMAG SLUIT PRIVAAT PERSONE SE BANKREKENINGS
Ons is basies in 'n stryd vir die oorlewing van die menslike ras, wat transhumanistiese tegnokrate van plan is om te vernietig en te vervang met hul eie maaksel – 'n "slawe ras" sonder selfbeskikking – en om hierdie bedreiging met enige hoop op sukses te bekamp, moet ons veg vir ons reg op vrye spraak, en inligting deel om diegene wat deur hierdie sosiale ingenieursprogram tot selfvoldaanheid gesus word, wakker te maak.
Dit is wat dokter Joseph Mercola van Amerika al vir 25 jr op sy webwerf doen: https://articles.mercola.com/ Maar, die aanslae op sy moedigheid begin nou groot afmetings aanneem. Selfs sy bankrekeninge is pas deur die Geldmag gesluit want hulle kan nie bekostig dat die waarheid so wyd versprei word nie. Lees dr Mercola se kort brief hieronder:
“Sedert die begin van die COVID-pandemie is die uitruil van idees basies verbode, en deur my siening oor die pandemie, COVID-behandeling en die eksperimentele COVID-inspuitings met lesers te deel, het ek 'n teiken van die Withuis, die politieke establishment en die globale kabaal geword.
SIEK MENSE BEGIN DINK!
Dit lyk asof die gifspuit werk: siek mense begin dink! Daar was in alle geval genoeg gevalle en mense wat net neerval nadat hulle ingespuit is om die waarheid te onderskryf en die leuen te openbaar. Ons praat hier van die leuen oor die sogenaamde inenting wat 'n onwettige eksperiment op die mensdom is onder die vaandel van entstof ter beskerming van mense se gesondheid. Intussen is dit in werklikheid baie meer as 'n eksperiment van die Wêreldgeldmag wat reguit gesê het hulle wil die wêreldbevolking uitroei tot daar net 500 miljoen oor is. Eers dan is hulle in staat om die mensdom ten volle te beheer, domineer is meer waar, sodat ons slawe is wat niks besit nie en gelukkig is daarmee. Indien u dit nie glo nie, die eerste bankrekenings van private individue in Amerika is reeds deur die Geldmag gesluit en kan die persone niks koop of verkoop nie...
Die video by die skakel hierbo sal u 'n redelike aanduiding gee van wat besig is om te gebeur.
Indien u die vorige video wil sien waar mense die dokters en aptekers wat inspuitings toegedien het, begin dreig, kliek op hierdie skakel:
STATEBONDSPELE OPEN MET AANBIDDING VAN LUCIFER
Dat ons in die eindtyd leef is ‘n feit soos die bul wat tydens die opening van die Statebondspele aanbid is. Vir ‘n konserwatiewe christen is dit ‘n skok om die toneel te aanskou. U kan die video by die skakel hierbo kyk.
Die Statebondspele, dikwels na verwys as die Vriendskaplike Spele, is 'n vierjaarlikse internasionale multi-sportbyeenkoms onder atlete van die Statebond van Nasies. Die geleentheid is vir die eerste keer in 1930 gehou en, met die uitsondering van 1942 en 1946, is dit sedertdien elke vier jaar gehou.
Hierdie jaar, 2022, vind dit in Birmingham, Engeland, van 28 Julie tot 8 Augustus plaas.
Die Statebond is 'n vrywillige vereniging van 54 onafhanklike lande, wat byna almal voorheen onder Britse bewind was. Die Republiek van Ierland asook Zimbabwe was egter so wys om reeds jare tevore as lede daarvan te bedank. Die oorsprong van die Statebond kom van Brittanje se voormalige Ryk.
MERK VAN DIE DIER
Ds A.E. vd Berg
“En hy maak dat almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ʼn merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word” (Openb.13:16).
God openbaar Hom in die Bybel as ʼn heilige Drie-eenheid. Satan boots dit met ʼn onheilige drie-eenheid na; hyself (die Satan), die Antichris (eerste dier) en die valse profeet (tweede dier). Soos wat Jesus na die mens uit ʼn vrou gebore is en na die aarde gekom het, sal die Antichris ook uit ʼn vrou gebore word en vir ʼn bepaalde tyd lank heerskappy op die aarde voer.
Die valse profeet is die hoof beliggaming van die valse kerk wat aan die einde van die tyd die wêreldgodsdiens word. Sy optrede sal deur ʼn magdom van wondertekens gekenmerk word en, soos ʼn Elia van ouds, selfs vuur uit die hemel laat neerdaal. Mense sal in verwondering die Antichris aanbid:
VREDE NOU WERKLIK VERBY
FW de Klerk en sy bende het voor 1994 se oorgawe gesê dat hulle nie 'n ander keuse het as om die land aan die ANC oor te gee nie as gevolg van die geweld en opstand deur die swart bevolking. Niks anders sou hulle tevrede stel nie, slegs om Suid-Afrika op 'n silwer skinkbord te ontvang kon weer vrede in die land bring. Dit terwyl daar ooglopend nog vrede was!
Kyk na die video by die skakel hieronder en besluit self of FW verskuilde agendas gehad het aangesien hier nou geen vrede meer is nie maar net geweld en misdaad. En indien u nie weet nie, FW het R45 miljoen rand en 'n gedeelde Nobelprys (met Mandela) van die Geldmag ontvang vir die weggee van ons land aan die ANC. Ja, dieselfde Geldmag wat nou met al hulle leuens oor pandemies en sg inentings besig is om die hele wêreld oor te neem. Daar was ook nooit 'n verkiesing of 'n mandaat van die Suid-Afrikaanse bevolking nie, die land is onwettig weggegee. Die referendum van 1992 het nie gegaan oor die feit dat FW die land mag weggee nie maar oor die saak of Mandela uit die tronk gelaat mag word en daar besprekings met hom mag plaasvind al dan nie. Dus "regeer" die ANC onwettig!
Maar wat Seekoei Ramaphosa nie besef nie, is dat hierdie swart oproere tot 'n burgeroorlog gaan lei waartydens die Boere hulself gereed gaan maak vir oorlog. Wanneer dit alles verby is, sal Seekoei nie meer aan bewind wees nie en sal Suid-Afrika die geleentheid kry om hulself teen die Geldmag te beskerm.
DAAR IS GEENEEN SOOS HY
Hannes Ollewagen
Jer. 10:1-16
“So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie. Want die insetting van die volke is nietigheid;…” (:2&3).
Geliefdes, hoe nodig is hierdie duidelike vermaning uit die Woord van die HERE nie vir ons vandag nie : “Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie.” Ja, hoe maklik gebeur so iets nie. Ons sien dit in ons eie geledere. Onder ‘n heidense regime waar daar nie ‘n liefde vir geregtigheid is nie en waar die straf oor ‘n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, floreer goddeloosheid. En so word die kaf ook van die koring geskei. Ons sien hoedat mense uit ‘n eens gelowige en Godvresende familie aan hierdie goddeloosheid gewoond raak. Dit is so algemeen rondom mense dat mense hiermee genoeë neem. Ja, so gemaklik raak sommige van ons volksgenote dat hulle selfs aan hierdie goddelose manier van leef begin deelneem.
SJINA TOT OORLOG GEDWING
Nancy Polosi, "Speaker" van die huis van Verteenwoordigers in die VSA, is hierdie week afgevaardig om Amerika se steun persoonlik aan Taiwan oor te dra. Dit het Sjina geweldig ontstel, in so mate dat hulle gisteraand ses militêre zones rondom Taiwan opgerig het om gereed te maak vir oorlog indien nodig.
Sjina beskou Taiwan steeds as deel van Sjina en sal met alle wapentuig veg om dit weer met hulle te verenig, word daar beweer. Maar daar is meer hieragter. Die VSA maak misbruik van hierdie situasie deur Polosi na Sjina te stuur om hulle steun te verseker, met die wete dat dit Sjina die harnas sal injaag. Klink dit nie bekend nie? Tipies Biden-administrasie soos hulle met Oekraîne gedoen het; gee hulle steun daar en dwing Rusland só om die Oekraîne binne te val.
Intussen koester Sjina al jare lank die gedagte om die VSA totaal in te neem en nou lyk dit asof hulle gouer die geleentheid gaan kry as hulle aanvanklike beplanning vir 2035. Daarom maak dit sin as Sjina Taiwan aanval; Amerika sal dan sy woord gestand moet doen en Taiwan kom help veg, en dit sal Sjina die geleentheid gee om die oorlog teen die VSA te begin.
Die video by die skakel hieronder is 'n nuusbulletin met beeldmateriaal oor die situasie daar:
https://lovinglifetv.com/could-pelosis-visit-to-taiwan-lead-to-a-new-war-in-the-south-china-sea/
STUDIE- HANDLEIDING – JAKOBUS 5:12
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Jakobus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Jakobus 5:12 Moenie ʼn eed aflê nie
Jakobus gebruik hier Jesus se lering tydens die Bergpredikasie in Matteus 5:33-37. In die antieke wêreld was daar die swak praktyk om baie maklik en vinnig ’n eed af te lê sonder om enige waarde daaraan te heg. Leuens en bedrog was aan die orde van die dag, en so ’n eed het absoluut niks beteken nie.
In die Joodse gemeenskap is daar onderskeid getref tussen ’n eed wat in die naam van God afgelê is, en ’n eed waarin daar nie direkte vermelding van God gemaak is nie. So ’n eed in die naam van God, was bindend en moes nagekom word. ’n Eed waarin daar nie spesifiek van God melding gemaak is nie, is op allerlei slim maniere en redes omseil sodat dit nie bindend hoef te wees nie. Hierdie praktyk het dan van die aflê van ’n eed, ’n bespotting gemaak.
MET RYPERD EN MAUSER (18)
Dr JP Botha
(Lees reeks by Met Ryperd en Mauser)
BRAKSPRUIT
Die Engelse het intussen hul kamp rondom die werf op Brakspruit opgeslaan. In die huis was nog ‘n vrou met ‘n paar kindertjies wat toe geheel en al deur die vyand omring was.
Nadat die kommando’s van genl De la Rey en genl Liebenberg by ons magte aangesluit het, het ons planne beraam om die vyandelike kamp op Brakspruit te gaan oorrompel.
Ek was een van kmdt Van Tonder se adjudante en was dus teenwoordig toe generaal De la Rey aan Van Tonder kom bevele gee wat naastenby so gelui het: “Kommandant, laat jou manne bymekaarbring.”
NOG ‘N PANDEMIE!
Pasop: ABV-siekte (Alles Behalwe Vaksiene) maak nou oral mense dood!
Daar is 'n aaklige nuwe siekte wat mense nou oral laat sterf. Dit word ABV (Alles Behalwe Vaksiene) genoem, en jy sal hoor dat die korporatiewe media dit min of meer so noem wanneer hulle probeer om die gifinspuiting se stygende sterftes met allerhande ander verduidelikings, siektes en toestande te bedek.
Koue storte word nou geblameer vir hartaanvalle wat deur covid-inspuitings (en die daaropvolgende dodelike bloedklonte) veroorsaak word. Die Times in Indië berig dat koue storte jou skielik hartprobleme kan gee. Intussen sê Duitsland vir sy burgers om meer koue storte te neem weens die ineenstorting van energievoorrade uit Rusland. Die Guardian berig nou, "Duitse stede stel koue storte op en skakel ligte af te midde van die Russiese gaskrisis." Ironies né!
So, die einste koue storte wat volgens die Times in Indië jou kan doodmaak, word deur die regering in Duitsland voorgeskryf.
Wat tot die gekheid bydra, berig Wales Online dat skielike hartaanvalle en dood ook veroorsaak kan word tydens die oopmaak van hoë rekeninge, deur brandstofpryse en die besef van hoër tariewe wat jy die kragmaatskappy skuld.
So is daar ‘n gekkelys waaronder om te snork, om te slaap met die TV aan, solarstorms, ens, nou die oorsaak is van die vinnig stygende dodesyfer in die wêreld. Selfs uitsonderlinge lang mense sterf nou agv van hulle lengte – terwyl niemand wil praat oor die “inenting” wat hulle pas tevore gehad het nie.
Wat ‘n gekkeparadys!
PLOFBARE SITUASIE IN NATAL
Nog 'n ernstig saak wat die media vir die publiek verbloem het nou in die ope gekom. Daar is groot wrywing tussen die ANC met sy korrupte polisielede, en die Zoeloes en plattelandse swart bevolking in Natal. Die afgelope tyd is daar groot optogte en oproere veral in die Pietermaritzburg-omgewing.
Die saak strek vanaf 2003 toe die regering 5000 hektaar grond aan die bevolking daar gegee het met die idee om 'n trust te stig waaruit 'n paar hotelle, 'n woonbuurt en 'n wildtuin opgerig sou word. Soos die ANC met alles doen, het die saak so gedraai dat die amptelike oorhandiging van die akte eers in 2007 plaasgevind het. Nou is die polisie besig om die grond vir hulself toe te eien en die inwoners voel dat dit diefstal van hulle eiendom is.
Feitlik alle oorloë het oor grondgebied begin. Hierdie een sal nie 'n uitsondering wees nie en is tans 'n baie plofbare situasie wat maklik die sneller kan wees vir die verwagte burgeroorlog in Suid-Afrika. Kyk na die kort video by die skakel hieronder om te besef wat werklik aan die gebeur is, dit wat die media vir ons verswyg.
STUDIE- HANDLEIDING – JAKOBUS 5:7-11
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Jakobus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Jakobus 5:7-11 Volharding
Die vroeë kerk was oortuig daarvan dat Jesus se terugkoms baie naby was, en Jakobus bemoedig sy mense deur te sê dat hulle geduldig moet wag, net soos wat ’n boer geduldig wag vir sy oes. Hy weet dat die oes eers die vroeë reën, en dan ook die laat reën nodig het om ’n goeie oes op te lewer. Die reën was baie belangrik vir ’n boer in Palestina en ons lees dikwels daarvan in die Bybel. (Deut. 11:14; Jer. 5:24; Joël 2:23) Net so, soos wat ’n boer weet dat ’n oes op die regte tyd ’n goeie oes lewer, net so sal Jesus se terugkeer op die regte tyd, ’n goeie oes lewer. Vergelyk Jesus se gelykenis van die onkruid tussen die koring (Matt. 13:29). Terwyl hulle wag, moet hulle die tyd ten beste gebruik om hulle geloof te versterk. Paulus het graag sy lesers aangemoedig om die “tyd uit te koop” (Efes. 5:16; Kol. 4:5).
AFRIKANERS OF BOERE?
Wie is ons, Afrikaners of Boere?
Vir sommige mense is dit deesdae oënskynlik belangrik om te probeer bewys dat die Afrikaanssprekende Blanke bevolking van Suid-Afrika in werklikheid uit twee volkere, naamlik Afrikaners en Boere, bestaan. Vanuit ‘n volkekundige oogpunt is dit natuurlik heeltemal onwaar en in die huidige politieke tydstip van ons volk se geskiedenis totaal onvanpas.
Definisie van ‘n volk
Alvorens die aangeleentheid van naderby bekyk word, moet ons eers probeer bepaal wat ‘n volk is.
‘n Volk is ‘n groep mense wat van ander groepe mense onderskeibaar is op grond van gemeenskaplike faktore soos ras-identiteit, bloedverwantskap, taal, kultuur en geskiedenis.
Daar is ‘n groot verskil tussen die begrippe volk en nasie. ‘n Nasie is ‘n groep mense wat binne die grondgebied van ‘n bepaalde staat woonagtig is en dus onderworpe is aan die gesag van die betrokke regering. Daar is dus nie noodwendig gemeenskaplikheid van ras, taal, kultuur en geskiedenis nie. Daar is dus ‘n Suid-Afrikaanse nasie, maar nie ‘n Suid-Afrikaanse volk nie.
LEEF SINVOL
Ds A.E. van den Berg
Jy het net een lewe; leef sinvol
“Die vrees van die Here is ʼn fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk” (Spr.14:27).
Salomo was bekend vir die uitsonderlike wysheid wat hy van God ontvang het. Wysheid is die uitsonderlike vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei. Salomo kon deur mense se voorgee sien wat hom nie net in sy eie lewe gehelp het nie, maar ook dié van sy onderdane wat met probleme na hom gekom het.
Uit Spreuke en Prediker is dit duidelik dat hy baie van die kortstondigheid van die lewe bewus was en gevolglik die noodsaaklikheid om reg te leef. Vir hom was die sin van die lewe nie noodwendig om probleme op te los nie maar ʼn gawe van God wat geniet moes word. Sy lewe en sy geloof was nie twee dinge nie, maar een. Salomo was lief vir die Here en die Here lief vir Salomo.
God wil hê dat ons die lewe as ʼn gawe uit sy hand moet geniet. Ons doen die lewensreis net een maal en nie weer nie. Dis soos ʼn valskermsprong; jy moet dit die eerste keer regkry. Daar is nie ʼn tweede kans nie! Om reg te leef, is Bybelse leiding onontbeerlik. Daarom het God ons die Bybel gegee om reg te leef.“Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!”(Ps.90:12).