Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die duiwel versoek nie ongelowiges en sondaars wat alreeds aan hom behoort nie. En as jy 'n gelowige is kan Satan jou nie dwing om enigiets te doen nie. Hy kan net voorstelle maak.
GEDAGTE VIR DIE NAG
Die Bybel gee baie duidelike riglyne hoe ʼn volk polities gerig moet word. Die eerste vereiste is dat slegs gelowiges gekies moet word om ʼn volk te rig. ‘n Hart gewas in die bloed van Jesus Christus is vir ʼn volk baie meer werd as ʼn ongelowige kop vol akademiese kennis!
WEË VAN DIE HERE
LAAT ONS NA DIE WEË VAN DIE HERE VRA
Hannes Ollewagen
Jer. 10:1-16
“So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, … “(:2).
Geliefdes, laat u gedagtes saam met my ‘n paar dekades terug gaan. Dink terug aan die leefwyse van ons Afrikanervolk ‘n paar dekades vantevore. Dit was beslis nie ‘n volk sonder foute of sonde nie. Dit was beslis nie ‘n volmaakte volk nie. Maar dit was beslis nie ‘n verdorwe volk nie. Dit was ‘n volk wat nie aan die heidense weë gewoond was nie. Dit was ‘n volk wat na die weë van die HERE gevra het en daarin probeer wandel het.
Ter bevestiging van my standpunt wil ek vir u ‘n paar praktiese voorbeelde uitlig. Onder die Afrikanervolk was ‘n verskynsel van saamblyery heeltemal ongewoon. Dit was absoluut onaanvaarbaar omdat die Woord van die HERE duidelik is rondom die heilige instelling van die huwelik tussen ‘n man en vrou. En daarmee sê ek nie dat daar nie ‘n enkele Afrikanerfamilie was waarin hierdie verskynsel nie plaasgevind het nie. Ek sê egter met stelligheid dat dit nie aanvaarbaar was nie. En so kan u self dink aan ‘n verskynsel soos egskeiding. Die meeste van ons se oupa’s en ouma’s was nog ‘n geslag waarin egskeiding nie ‘n opsie was nie. Hulle kinders het egter aan hierdie verkeerde manier van handel gewoond geraak en vandag is meer as die helfte van laerskoolleerlinge kinders uit gebroke gesinne. Ja, geliefdes en dit was ‘n uitsondelike geval dat iemand op die Sabbat eerder sou besig wees met inkopies of een of ander vorm van vermaak as om met die Woord van die HERE besig te wees, nie waar nie?
GEDAGTE VIR DIE NAG
Al leef gelowiges ook hoe vroom, is hulle steeds sondaars. Deur die bekering word ons van slegs die bindende mag en uiteindelike oordeel van sonde verlos. Dit as sodanig waarborg ons hemelse erfenis wat ons as dankbare, verloste mense met ’n innige begeerte om nie te sondig nie, laat leef.
VSA STORT INEEN
Amerika is gewoonlik eerste met nuwe dinge en ook die grootste, doen alles in oortreffende trap, so spog hulle dikwels self daarmee deur middel van geykte uitdrukkings. Dit is ook nou van toepassing in die haglike toestand van versnellende inflasie en duisende mense wat hulself werkloos en haweloos bevind.
Hiervoor het die Biden-administrasie gesorg toe hulle begin het om vervoerkontrakteurs te verbied om produkte te lewer. Van die eerstes was kunsmis sodat boere nie verder kon plant nie, later ook vars produkte en ander noodsaaklike lewensmiddele tot die meeste kleinhandelaars se rakke feitlik leeg was.
Biden en sy bende is seker die Nuwe Wêreldorde se getrouste groep marionette wat geen steen onaangeroer laat nie om die NWO so gou moontlik aan bewind te help stel. Die wêreldbevolking moet mos uitgewis word tot ‘n maksimum van 500 miljoen en die giftige “inenting” is nie die enigste wyse waarop dit geskied nie; hongersnood en misdaad sal die proses ernstig versnel.
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (3)
>
>>>
Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener
Die regverdige minderheid
(In alle tale en geslagte)
En Jesus sê vir hulle: “ Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie. Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder”. (Lukas 12:52-53).
In die wêreld-smeltkroes waarin ons tans verkeer, en op die vooraand van ’n politieke omwenteling in ons eie land, wat nie meer gekeer kan word nie, wil ons met hierdie publikasie probeer om ’n beknopte, maar tog ook betroubare oorsig te gee van feite in verband met verwikkelinge in die land en wêreld, asook die verwagte gebeurtenisse wat hierop kan volg.
GEDAGTE VIR DIE NAG
Alle mense moet sterf. Maar natuurlike oorsake klink meer aanvaarbaar as onnatuurlike oorsake. Die Afrikanervolk kan net so onnatuurlik uitsterf as waarvan Jesus in Luk 13 waarsku dat die res van die volk net so sal sterf soos dié wat reeds vermoor is as die volk hulle nie wil bekeer nie– dit is die voorwaarde. Die oproep tot bekering wat op dowe ore val maak 'n mens bang. Bid dat ons volk vandag sal terugkeer na ons God sodat ons nie almal onnatuurlik hoef te sterf nie!
DIE METAPOLITIEK
Dr Mike du Toit
Die metapolitiek berus op twee belangrike uitgangspunte.
Uitgangspunt 1
Die eerste uitgangspunt sluit aan by die idee van Antonio Gramsci dat politieke mag op kulturele mag berus. Waar die Klassieke Marxisme die politieke struktuur gesien het as die gevolg van die ekonomiese situasie van ‘n gemeenskap, daar het Gramsci die politieke struktuur gesien as die gevolg van die kulturele waardes en omstandighede van ‘n gemeenskap, waarvan die ekonomie maar een faset is. Politieke mag berus dus op kulturele mag. Om politieke mag te bekom of te behou, moet ons dus eers kulturele mag bekom. Dit beteken dat ons kulturele magsentrums moet skep of bestaande kulturele magsentrums moet infiltreer en tot ons voordeel ontwikkel. Indien dit gebeur dat ons die politieke mag eerste bekom, sal ons dit in elk geval op die lang duur net kan behou deur metapolitieke optrede; met ander woorde deur die magsoorname ideologies, intellektueel, kultureel en moreel te regverdig en te begrond.
Ter wille van helderheid oor wat metapolitiek behels, kan twee voorbeelde uit die geskiedenis voorgehou word.
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (2)
Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener
Die Smeltkroes
Vroeg in Desember 1916 het ’n engel-Boodskapper mev. Johanna Brandt by haar moeder se sterfbed besoek met ’n onheilspellende profesie oor rampe en ellende wat op die bevolking van Suid-Afrika wag, en wat in vervulling sou gaan wanneer daar ’n bloedige oorlog in Europa en die Midde-Ooste woed. Sy is ook deur die engel beveel om nie net haar volksgenote nie, maar ook elke swart stam in Suid-Afrika, elke arbeider, elke huisbediende te waarsku dat wanneer die eerste beroeringe van God se strafgerig plaasvind, hulle (die swartes) hul in geen geval daarmee moet inmeng nie. “Hulle moet weet dat dit die Hand van die Heer is wat oor Suid-Afrika gaan, en dat daar ’n sware oordeel oor hulle sal kom as hulle dink om uit die algemene verwarring wat in die land sal heers, voordeel te trek. Wee die inboorlinge as hulle dink om te moor en te plunder en te verkrag, as die Hand van die Regter oor die witmense gaan!”
GROET SOLANK VIR ESKOM!
Hier is die bewys van die Ramaphosa-bende se komplot met ESKOM. Hy en ander swart superrykes het ‘n maatskappy gestig, die African Rainbow Energy & Power, sodat wanneer Eskom ineenstort, nee, nie ineenstort nie maar van binne genoegsaam gesaboteer is deur hierdie selfde rykes, hulle dan die kragverskaffing sal oorneem in die naam van "skoon enrgie". Joe Biden bevestig in die video by die skakel hieronder hoe die VSA en 'n hele paar ander lande nou met Ramaphosa 'n kontrak geteken het vir energieverskaffing. Nou wonder 'n mens of die Ramaphosabende net aan die buiteland krag wil verskaf en daardeur nog ryker kan word omdat die rand niks beteken nie maar die dollar wel nog waarde het; of gaan Suid-Afrikaners ook uit daardie sonkragnetwerk voordeel trek? Indien wel sal dit sekerlik teen die hoogste prys ooit beskikbaar gestel word!
U kan enige tyd die bewoording African Rainbow Energy & Power google, en u sal gewoonlik die volgende kry:
African Rainbow Energy & Power is controlled by billionaire businessman Patrice Motsepe who is the largest shareholder and its chairman, but the company is a privately-owned, separate entity from Motsepe's listed flagship mining house African Rainbow Minerals (ARM).
Een maal 'n skurk, altyd 'n skurk!
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (1)
>
>>>>
Elke mens koester inherent die behoefte om te weet wat vorentoe gaan gebeur. Uit die geskrifte van Johanna Brandt en Siener van Rensburg kry ons die geleentheid om in hulle insigte te deel. Wat interessant is, is die talle ooreenkomste in hulle uitsprake nadat die Here hulle met visioene toebedeel het. Dit is dus nodig dat ons, by die lees van Johanna Brandt se politieke vlugskrif, Die Smeltkroes, wat in 1918 verskyn het, en verskeie profetiese uitsprake oor die toekomstige tyd van benoudheid vir die blankes in Suid-Afrika bevat, ook sal kennis neem van Siener van Rensburg se visioene.
In Deuteronomium 19:15 en Matteus 18:16 lees ons “op die verklaring of uit die mond van twee of meer getuies sal ’n saak van krag wees” — m.a.w. wanneer twee mense oor ’n saak saamstem, staan dit bo alle twyfel vas. So kan selfs ’n verdagte misdadiger op grond van slegs twee getuies ter dood veroordeel word (Deut. 17:6). Siener van Rensburg en Johanna Brandt was beide kinders van die Here wat gebruik is om ons wat vandag in hierdie toestande waarvan hulle gepraat het leef, te waarsku maar ook gerus te stel oor die uiteinde daarvan.
GEDAGTE VIR DIE NAG
In hierdie moderne tyd dink ons dat die Bybel se betekenis soos al die ander dinge verander het, maar dit is die een saak wat so vas soos 'n rots staan: die Bybel het vandag nog presies dieselfde betekenis as al die eeue.
Met betrekking tot egskeiding sê Jesus vir sy dissipels: "Wat God saamgevoeg het mag geen mens skei nie". Ook dat die geskeide man en die vrou egbreuk pleeg wanneer hulle weer met iemand anders trou – lees Markus 10. Dit is nie dieselfde as wanneer een van die eggenote gesterf het nie.
Wie dínk ons ís ons om hierdie woorde van Jesus in die wind te strooi asof dit nie meer vandag op ons van toepassing is nie – wat maak óns geslagte so besonders dat óns los en vas mag trou en skei?
STUDIE- HANDLEIDING – 1 PETRUS 1:3-9
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Petrus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
1 Petrus 1:3-9 Die lewende hoop en die egte geloof
Dit neem ’n mens lank om die rykheid van hierdie gedeelte werklik te begryp, want daar is min gedeeltes in die Nuwe Testament waar daar meer van die groot fundamentele Christelike waarhede bymekaar kom, as hier. Dit begin met ’n lofprysing aan God, maar dit is ’n lofprysing met ’n verskil. Ons as Christene, anders die Jode, voeg altyd die woorde: “Vader van ons Here Jesus Christus,” by in ons lofprysing. Ons bid nie tot ’n onbekende God op ’n afstand nie, maar ons bid tot dié God na wie ons kan gaan, deur Jesus Christus, met kinderlike vertroue.
Hierdie gedeelte begin ook met die gedagte van ’n nuwe lewe deur God aan ons geskenk. Hierdie gedagte van wedergeboorte sien ons regdeur die Nuwe Testament:
SOUT VAN DIE AARDE
Ds A.E. van den Berg
“Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie”(Mt.5:13).
In Jesus se tyd was sout klipsout wat van die Dooie See omgewing afkomstig was en het weens onsuiwerhede daarin dikwels ʼn slegte nasmaak gelaat. As dit nat geword en opgelos het, is van die onsuiwerhede vrygestel. Om dit dan weg te gooi, sou die grond waarop dit geval het onbruikbaar maak. Daarom is dit op paaie gegooi en deur mense vasgetrap om dit sodoende hard te maak.
Jesus gebruik die voorbeeld van die onmisbaarheid van sout om gelowiges en derhalwe ook die kerk op hul roeping in die wêreld te wys. Kos sonder sout is smaakloos. So ook die wêreld sonder gelowiges. Soos wat sout mense dors maak, moet gelowiges die wêreld dors vir die waarheid maak. Daarbenewens werk sout ook verrotting teen. So ook gelowiges se sondeverrotting.
Die ware kerk het net een bestanddeel – sout. Die valse kerk het net suiker. Leraars hou Jesus voor as die Een wat almal liefhet, alles vergeef en gruwels verdra. Hulle maak van soutkorrels suikerkorrels.
BRON VAN LEWENDE WATER
Hannes Ollewagen
1 Kor. 10:1-13
“… want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.” (:4).
Geliefdes, ons almal is wel bewus van die feit dat water vir elke lewende organisme in hierdie skepping ‘n onmisbare hulpbron is. Daarsonder sal ons lewens in ‘n baie kort tydjie heeltemal vergaan. En so was die volk Israel ook in hul reis deur die woestyn onderweg na die beloofde land baie bewus van die belangrikheid van water as ‘n hulpbron. Hulle het dan op ‘n stadium met Moses en Aäron getwis omdat daar vir hulle geen water was nie. En die HERE het aan Moses en Aäron bevel gegee om die rots aan te spreek sodat daar vir die volk water uit sou vloei. “ Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.” (Núm. 20:8).
STUDIE- HANDLEIDING – 1 PETRUS 1
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Petrus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Die eerste brief van Petrus
1 Petrus 1
1 Petrus 1:1-2 Inleidend
Dit gebeur dikwels in die Nuwe Testament dat die grootheid van ’n gedeelte nie met die eerste oogopslag sigbaar is nie. Die diepte van wat regtig gesê word, lê dikwels in die oortuigings wat agter die woorde skuil. So is dit ook in hierdie gedeelte. Dit is duidelik dat die brief geskryf is vir nie-Jode. Wat hier uitstaan, is dat woorde en begrippe wat voorheen oorspronklik net op Jode van toepassing was, die uitverkore volk, nou ook gebruik word om die nie-Jode te beskryf. Die nie-Jode het voorheen geglo dat hulle buite die genade van God is. Die Jode het geglo dat God net vir Israel, van al die nasies in die wêreld, lief was. Hulle het graag gesê dat die heidene bedoel is om brandstof vir die hel te wees.
ANC STEEL NOU OOK JOU RY-VERMOË
Dit is goed as lesers kennis neem van die ANC se nuutste korrupte werkswyse. Alle mense sal nie altyd alles hoor nie want alles het nie eerstehands op almal betrekking nie, maar wanneer ‘n bedryf soos die motorhandel en dan spesifiek die bande van voertuie ter sprake kom, betrek dit feitlik die meeste organisasies en individue in ons land en sal die meeste voertuigeienaars binnekort meer as moerig vir die arme kleinhandelaars wees wanneer nuwe bande aangeskaf moet word, veral as hulle nie weet dat hierdie probleem direk uit die ANC se geldsug spruit nie.
En hier kom die slegte van die toestand:
HAAR DOOD LAAT ONS KOUD
Dr Danie Theron
Die dood van Elizabeth, koningin van Brittanje, laat my koud. Wat my wel warm onder die kraag maak is die soetsappighede wat nou oor haar kwytgeraak word en die misplaaste lofbetuigings wat haar toegesing word; en dit komende van Afrikaners.
Elizabeth was niks van die Afrikaner nie. Op die beste was sy net nog ‘n geswore vyand van ons volk. Sy het haar, soos talle ander Britte, verheug in ons volk se verslawing sedert 1994. Sy kon nie ophou glimlag toe sy in Nelson Mandela se geselskap was nie, maar het in 70 jaar kwalik ‘n goeie woord vir die patriotiese nasionalistiese Afrikaner gehad. En daar is bepaalde redes daarvoor.
Sy was in talle opsigte ‘n blote rubberstempel vir die magte van geld se diaboliese agenda vir haar eie land en ook vir Suid-Afrika.
Soos ‘n skrywer tereg opmerk “… far from being the last vestige of an old order, dominated by hereditary landlords and legitimised by ideologies of duty and governmental restraint, the Monarchy is an ideal fig leaf for the coalition of corporate interests and cultural leftists and unaccountable bureaucracies that is our present ruling class.”
VERBAND TUSSEN OPENBARING EN VANDAG
'n Amerikaanse pastoor, Stan Johnson, en Mike Adams het 'n baie interessante gesprek gevoer oor die verband tussen die Bybelboek Openbaring en dit wat tans in die wêreld gebeur. Stan Johnson het 'n hele paar boeke geskryf oor wat Openbaring se profesieë vir diegene wat in die laaste tyd leef sal inhou. Die gespreksinhoud handel ook oor die oorlog tussen Rusland en Oekraïne wat deur Johnson beskryf word as die begin van die Derde Wêreldoorlog wat sal eskaleer tot die verwagte Armageddon aanbreek en Jesus kort daarna sy kinders sal kom haal.
Kyk gerus na die video by die skakel hieronder.
https://www.brighteon.com/98584495-0074-4cac-9dc1-085f1b7a21c4
QUO VADIS?
Waarheen is ons Afrikaanse kerke op pad?
Ds. A.E van den Berg
"Het ek nou jou vyand geword deur vir jou die waarheid te vertel?" (Gal.4:16)
Inleiding
Die vervolging van gelowiges word nie net van buite die kerk geloods nie, maar ook van binne deur kerke wat Satan ten prooi val. ʼn Sprekende voorbeeld hiervan is die Roomse Kerk wat deur die eeue miljoene mense wat nie met haar afgodiese leer saamgestem het nie, vervolg en doodgemaak het.
Net voor die wederkoms van Jesus gaan die vervolging van gelowiges wêreldwyd toeneem en meer gelowiges as ooit tevore die hoogste prys vir hul geloof betaal. Paulus noem dat hierdie tyd swaar tye gaan wees(2 Tim.3:9).Geloofsvervolging is eie aan die geloofslewe. Jesus sê:
“Hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat julle nie mag struikel nie” (Joh.16:1).
Die Bybel sê dat die swaar tye nie net aan onaangename gebeure gekenmerk sal word nie, maar ook aan die optrede van ʼn valse kerk en haar kerklui. Dit sal aan ʼn valse leer, valse leraars en skynheilige lidmate wat hoogstens gepoleer en gestryk is, maar nooit in die reinigende bloed van Jesus gewas is nie uitgeken word:
GEDAGTE VIR DIE NAG
Ons verkeer tans nog in ʼn gunstige bedeling en moet geestelike skatte bymekaar maak want daar kom binnekort ʼn tyd dat aardse skatte geen waarde sal hê nie behalwe vir diegene wat hul siele aan die satan verkoop en aan die Antichris onderdanig geword het. Ons verkeer nog in genadetyd. Maar wanneer dit verby is, is dit te laat:
“Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word” (Mt.24:21,22).
“Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Mt.7:14).
Hierdie stroom vloei al hoe sterker van Jesus af weg wat 'n aanduiding is dat ons die begin van die eindtyd beleef. Al die tekens dui daarop, oorloë, gerugte van oorloë, die openlike aanbidding van die satan. Het u geweet in New York is daar bo-op een van die hoë geboue 'n tempel van die satan? En ook hier in Suid-Afrika word hy reeds openlik aanbid. Hierdie is die laaste van die genadetyd, gebruik dit en vind die Here Jesus sodat u die ewige lewe kan verkry!